# History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 Question Paper

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                           FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                     EN    'N     NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                  KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                     EN    'N     NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

6.       Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM.

VRAAG 1: HOE HET DIE STIGTING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-
         ORGANISASIE (SASO) DIE APARTHEIDSREGIME SE BELEID VAN
         BANTOE-ONDERWYS IN DIE 1970's UITGEDAAG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Raadpleeg Bron 1A.

         1.1.1        Waarom, volgens die bron, het swart studente van NUSAS
                      weggebreek?                                       (1 x 1)               (1)

         1.1.2        Biko het drie maniere voorgestel waarop 'swartes sake self moes
                      aanpak'. Noem die DRIE maniere.                           (3 x 1)       (3)

         1.1.3        Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.     (1 x 2)      (2)

         1.1.4        Waarom, dink jy, het Biko gesê dat swart Suid-Afrikaners hulself
                      van hul 'sielkundige kettings' moes bevry?                (2 x 2)       (4)

1.2      Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1        Watter boodskappe dra die spotprent oor SASO oor?          (2 x 2)      (4)

         1.2.2        Lewer kommentaar oor waarom SASO op die manier, soos in die
                      spotprent voorgestel, op 'wit' studente gereageer het. (2 x 2)          (4)

1.3      Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A en 1B mekaar ondersteun met
         betrekking tot die stigting van SASO.                          (2 x 2)               (4)

1.4      Lees deur Bron 1C.

         1.4.1        Watter TWEE bewyse in die bron dui daarop dat die invloed van
                      SASO nie net tot studente wat aan universiteite gestudeer het,
                      beperk was nie?                                         (2 x 1)         (2)

         1.4.2        Noem enige VIER plekke in Suid-Afrika waar SASO-takke gestig
                      is.                                                   (4 x 1)           (4)

         1.4.3        Verduidelik die rol wat 'vormingskole' in die politieke opvoeding
                      van swart kinders in die 1970's in 'n Suid-Afrikaanse konteks
                      gespeel het.                                               (2 x 2)      (4)

         1.4.4        Noem enige TWEE leiers wat by die 'vormingskole' gegradueer
                      het.                                                  (2 x 1)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.5      Verwys na Bron 1D.

         1.5.1        Gebruik die inligting in die foto en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die jeug van Soweto met protesaksie begin het.     (2 x 2)        (4)

         1.5.2        Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
                      wat die redes vir die studenteprotes in Soweto in 1976 bestudeer.
                                                                                  (2 x 2)      (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe SASO die apartheidsregime se beleid van Bantoe-onderwys in die 1970's
         uitgedaag het.                                                                        (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 2:         HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUID-
                 AFRIKANERS GEHELP OM DIE VERLEDE TE HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig?                   (1 x 1)     (1)

         2.1.2        Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die WVK binne 'n
                      spesifieke tydraamwerk moes werk.                     (1 x 1)              (1)

         2.1.3        Noem enige TWEE subkomitees wat gestig is om die WVK met sy
                      werk te help.                                        (2 x 1)               (2)

         2.1.4        Waarom, dink jy, is 'die wetlike onregverdighede van apartheid' uit
                      die werk van die WVK uitgesluit?                           (2 x 2)         (4)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1        Wat, volgens die plakkaat, was die DRIE misdade van die verlede?
                                                                                (3 x 1)          (3)

         2.2.2        Gebruik die inligting in die bron en noem waarom 'stilswye'
                      verkeerd was.                                       (1 x 2)                (2)

         2.2.3        Definieer die konsep versoening in jou eie woorde.             (1 x 2)     (2)

         2.2.4        Verduidelik of die inligting in die plakkaat die werk van die WVK op
                      'n effektiewe manier oordra.                                   (2 x 2)     (4)

2.3      Lees Bron 2C.

         2.3.1        Noem DRIE maniere waarop herstellende geregtigheid beide
                      slagoffers en oortreders moes help.               (3 x 1)                  (3)

         2.3.2        Tony Yengeni het versoek dat Jeffrey Benzien die metode wat hy
                      tydens ondervraging gebruik het, weer moes uitbeeld. Gee 'n rede
                      vir hierdie versoek.                                      (1 x 2)          (2)

         2.3.3        Verduidelik waarom Benzien ineengestort en gehuil het.         (2 x 2)     (4)

2.4      Verwys na die plakkaat in Bron 2B en die visuele bron in Bron 2C. Verduidelik
         hoe die inligting in die bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die
         metodes wat die apartheid-veiligheidsagente gebruik het om anti-apartheids-
         aktiviste te ondervra.                                                (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

2.5      Gebruik Bron 2D.

         2.5.1        Noem enige TWEE vorms van ondersteuning wat slagoffers van
                      die WVK-proses verlang het.                         (2 x 1)             (2)

         2.5.2        Lewer kommentaar op waarom 72 persent van wit respondente
                      gesê dat 'dit sleg was vir die land om 'n Waarheidskommissie te
                      gehad het'.                                              (2 x 2)        (4)

         2.5.3        Verduidelik die beperkinge van die gebruik van die inligting in
                      hierdie bron vir 'n geskiedkundige wat die WVK-proses bestudeer.
                                                                                 (2 x 2)      (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik of
         die WVK suksesvol was om Suid-Afrikaners te help om die verlede te
         hanteer.                                                                             (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

VRAAG 3:         HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN EKONOMIESE BELEIDE
                 SUID-AFRIKA NA 1996 BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Volgens die bron, wat was vir Suid-Afrika se ekonomiese en
                      maatskaplike chaos verantwoordelik?                  (1 x 1)              (1)

         3.1.2        Gee enige TWEE redes waarom die Internasionale Finansiële
                      Instellings besluit het om na 1989 by Suid-Afrika se ekonomie
                      betrokke te raak.                                       (2 x 1)           (2)

         3.1.3        Noem die TWEE Internasionale Finansiële Instellings wat na die
                      1990's voordeel getrek het uit die globalisering van Suid-Afrika se
                      ekonomie.                                                    (2 x 1)      (2)

         3.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die konsep
                      globalisering te definieer.                                 (1 x 2)       (2)

         3.1.5        Waarom, dink jy, het Suid-Afrika se nuut verkose demokratiese
                      regering besluit om die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram
                      (HOP) in te stel?                                      (2 x 2)            (4)

         3.1.6        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die Suid-Afrikaanse regering besluit het om afstand te
                      doen van die HOP en dit met GEAR te vervang.               (2 x 2)        (4)

3.2      Gebruik Bron 3B.

         3.2.1        Identifiseer die DRIE bondgenote wat in die spotprent uitgebeeld
                      word.                                                     (3 x 1)         (3)

         3.2.2        Verduidelik die boodskappe van die spotprent in die konteks van
                      die ANC se ekonomiese beleid.                            (2 x 2)          (4)

3.3      Verduidelik hoe Bron 3A en 3B mekaar ondersteun met betrekking tot die
         ANC se ekonomiese beleid na 1996.                              (2 x 2)                 (4)

3.4      Raadpleeg Bron 3C.

         3.4.1        Noem TWEE verpligtinge waartoe Suid-Afrika ingestem het toe dit
                      in 1994 'n ondertekenaar van die Algemene Ooreenkoms oor
                      Tariewe en Handel ('GATT') geword het.                  (2 x 1)           (2)

         3.4.2        Verduidelik hoe die vroue in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap na
                      die ondertekening van die 'GATT' geaffekteer is.        (2 x 2)           (4)

         3.4.3        Lewer kommentaar daarop of 'n geskiedkundige die inligting in
                      hierdie bron as bruikbaar sou beskou. Ondersteun jou antwoord
                      met relevante bewyse.                                   (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 8                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

3.5      Bestudeer Bron 3D.

         3.5.1        Wat was die indiensnemingsyfers in die klerebedryf in die
                      volgende jare:

                      (a)   1997                                                     (1 x 1)     (1)

                      (b)   2004                                                     (1 x 1)     (1)

         3.5.2        Watter gevolgtrekkings kan jy uit die statistiek in die grafiek maak
                      rakende die klere- en tekstielbedryf tussen 2002 en 2004?
                      Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse.                  (2 x 2)     (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
         die implementering van neoliberale ekonomiese beleid Suid-Afrika na 1996
         beïnvloed het.                                                                          (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

PW Botha se poging om die apartheidstelsel te hervorm was 'n droewige mislukking.

Assesseer die geldigheid van hierdie stelling in die konteks van verskerpte interne
weerstand teen Botha se regime in die 1980's.                                              [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                    NA    SUID-AFRIKA      EN    DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Nelson Mandela het geglo dat 'onderhandeling, nie oorlog nie, die weg na 'n oplossing
was' vir 'n demokratiese Suid-Afrika.

Evalueer hierdie stelling krities in die konteks van Suid-Afrika se onderhandelings-
prosesse wat van 1990 tot 1994 ontvou het.                                                 [50]

VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE

Bespreek tot watter mate Mikhail Gorbachev se hervormingsmaatreëls tot die
verbrokkeling van die Sowjetunie in 1992 aanleiding gegee het. Gebruik relevante
historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun.                                           [50]

                                                                           TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6) — History · QP · 2015 · Afr
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [History P1 Feb March 2015 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-addendum-afr/b38e6a73-d07b-46ef-932e-ece3ff449af6) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 SEPT2015 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-memo-afr/9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222) — History · Memo · 2015 · Afr
- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
