# History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                  DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1: WAAROM HET DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING BESLUIT OM
         GEMEENSKAPSGEBASEERDE PROGRAMME GEDURENDE DIE
         1970's IN TE STEL?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Noem enige DRIE Swartbewussynsorganisasies waarby Steve
                      Biko aktief betrokke was.                        (3 x 1)                  (3)

         1.1.2        Verduidelik die rolle wat dr. Mamphela Ramphele by die
                      Zanempilo-gesondheidskliniek gespeel het.        (2 x 2)                  (4)

         1.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op die invloed wat Steve Biko op die
                      Swartbewussynsbeweging gehad het.                     (2 x 2)             (4)

1.2      Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1        Wat, volgens die bewyse in die bron, was die doelstellings van die
                      filosofie van Swart Bewussyn?                              (2 x 1)        (2)

         1.2.2        Verduidelik die stelling 'die sentrum [Zanempilo] was nie slegs 'n
                      gesondheidsfasiliteit nie'.                                (2 x 2)        (4)

         1.2.3        Waarom, volgens die inligting in die bron, is die Solempilo-projek
                      beëindig?                                                  (1 x 2)        (2)

         1.2.4        Noem die DRIE projekte waaraan dr. Ramphele se Isutheng-
                      gemeenskapsgesondheidsprogram wou hê die gemeenskap van
                      Tzaneen moes deelneem.                            (3 x 1)                 (3)

1.3      Vergelyk Bron 1A met 1B. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun
         met betrekking tot swart gemeenskapsprojekte.                      (2 x 2)             (4)

1.4      Raadpleeg Bron 1C.

         1.4.1        Identifiseer die gemeenskapsprojek wat in die foto getoon word.
                                                                                 (1 x 1)        (1)

         1.4.2        Verduidelik op    watter maniere hierdie    gemeenskaps-
                      gesondheidsentrum na jou mening die filosofie van Swart
                      Bewussyn gesteun het.                             (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               4                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

1.5      Gebruik Bron 1D.

         1.5.1        Wat was die hoofdoelstellings        van   die   gemeenskaps-
                      ontwikkelingsprojekte?                                 (3 x 1)          (3)

         1.5.2        Lewer kommentaar op hoe die apartheidsregering probeer het om
                      swart Suid-Afrikaners te 'verdeel'.                    (2 x 2)          (4)

         1.5.3        Verduidelik die bruikbaarheid van die bewyse in die bron vir 'n
                      historikus wat swart Suid-Afrikaners se betrokkenheid by
                      gemeenskapsprojekte bestudeer.                          (2 x 2)         (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom die Swartbewussynsbeweging besluit het om gemeenskaps-
         gebaseerde programme in die 1970's in te stel.                                       (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         DIE PROSES VAN REPARASIE (VERGOEDING) HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Lees Bron 2A.

         2.1.1        Watter TWEE boodskappe oor die proses van reparasie het Dullah
                      Omar aan die Suid-Afrikaanse publiek oorgedra?         (2 x 1)               (2)

         2.1.2        Definieer die term reparasie in die konteks van die WVK.       (1 x 2)       (2)

         2.1.3        Noem enige TWEE aanbevelings wat die WVK voorgestel het met
                      betrekking tot die proses van reparasie.             (2 x 1)                 (2)

         2.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of
                      die WVK se aanbeveling vir 'n nasionale herdenkingsdag vir
                      gevalle helde en gebeurtenisse geïmplementeer is.             (2 x 2)        (4)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1        Waarom, volgens die inligting in die bron, was daar 'n toename in
                      mediadekking van die WVK?                                  (1 x 2)           (2)

         2.2.2        Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat slagoffers van
                      menseregteskendings 'aan die kortste ent getrek het'.  (1 x 1)               (1)

         2.2.3        Noem die DRIE internasionale organisasies wat die proses van
                      reparasie ondersteun het.                             (3 x 1)                (3)

         2.2.4        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bewyse in hierdie
                      bron vir 'n historikus wat die WVK se proses van reparasie navors.
                                                                                 (2 x 2)           (4)

2.3      Verwys na Bron 2A en 2B. Hoe verskil die inligting in Bron 2A van die bewyse
         in Bron 2B met betrekking tot die reparasieproses? Ondersteun jou antwoord
         met bewyse uit beide bronne.                                           (2 x 2)            (4)

2.4      Verwys na Bron 2C.

         2.4.1        Verduidelik die boodskappe wat die spotprent met betrekking tot
                      'REPARASIE' oordra.                                     (2 x 2)              (4)

         2.4.2        Gebruik die visuele leidrade in die spotprent en verduidelik hoe die
                      volgende uitgebeeld word:

                      (a) Regering                                                   (1 x 2)       (2)

                      (b) Slagoffers                                                (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 6                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

2.5      Raadpleeg Bron 2D.

         2.5.1        Wat, volgens die bron, was die WVK se grootste mislukking?
                                                                          (1 x 2)                  (2)

         2.5.2        Verduidelik waarom WVK-kommissaris Yasmin Sooka 'woedend
                      gereageer' het op die stelling dat daar baie 'toneelspelers' onder
                      die slagoffers was wat voor die WVK getuig het.            (2 x 2)           (4)

         2.5.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      verskille tussen herstellende geregtigheid en vergeldende
                      geregtigheid.                                                 (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die WVK die proses van reparasie hanteer het.                                         (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                7                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 3:         WAAROM IS SUID-AFRIKA SE LIDMAATSKAP VAN DIE BRICS-
                 GROEP AS OMSTREDE BESKOU?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Waarom, volgens die bron, is Suid-Afrika genooi om ŉ lid van die
                      BRICS-groep te word?                                      (2 x 1)         (2)

         3.1.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom China as die mees dominante lid van die BRICS-groep
                      beskou is.                                                 (2 x 2)        (4)

         3.1.3        Waarom, volgens die bron, het China Suid-Afrika as 'n 'aantreklike
                      land' beskou?                                              (2 x 1)        (2)

         3.1.4        Haal bewyse uit die bron aan wat daarop wys dat Suid-Afrika se
                      insluiting by BRICS as omstrede beskou is.             (1 x 2)            (2)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1        Noem enige DRIE lande wat die BRICS-beraad in New Delhi
                      bygewoon het.                                    (3 x 1)                  (3)

         3.2.2        Beskryf die gemoedstemming        van   die   BRICS-groep     soos
                      uitgebeeld in die spotprent.                                (1 x 2)       (2)

         3.2.3        Lewer kommentaar op die woorde in die spotprent: 'ONS HET
                      GEMEENSKAPLIKE TERREIN VIR 'N MULTI-POLÊRE WÊRELD
                      GEVIND' in die konteks van die BRICS-beraad wat in New Delhi
                      gehou is.                                            (2 x 2)              (4)

3.3      Gebruik Bron 3C.

         3.3.1        Waarom was O'Neill nie ten gunste van Suid-Afrika se lidmaatskap
                      van BRICS nie?                                            (2 x 2)         (4)

         3.3.2        Watter TWEE lande in die BRICS-groep het volgens die bron die
                      grootste ekonomieë in die wêreld?                     (2 x 1)             (2)

         3.3.3        Noem TWEE faktore wat moontlik daartoe bygedra het dat
                      Suid-Afrika se ekonomie buite 'Goldman Sachs se spektrum van
                      groeiende markte val'.                                 (2 x 1)            (2)

         3.3.4        Verduidelik of jy saamstem met O'Neill se siening dat Suid-Afrika
                      nie in die BRICS-groep hoort nie.                         (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

3.4      Lees Bron 3D.

         3.4.1        Lewer kommentaar op hoe Suid-Afrika se lidmaatskap van die
                      BRICS-groep as voordelig vir die ontwikkeling van Afrika beskou
                      kan word.                                                (2 x 2)           (4)

         3.4.2        Watter land was Afrika se grootste handelsvennoot?           (1 x 1)       (1)

         3.4.3        Verduidelik tot watter mate jy dink Afrika bevoordeel is deur die
                      handelsbetrekkinge met die BRICS-groep. Ondersteun jou
                      antwoord met relevante bewyse.                            (2 x 2)          (4)

         3.4.4        Beskryf die maniere waarop daar van die BRICS-groep verwag is
                      om tot vredesinisiatiewe in Afrika by te dra.          (1 x 2)             (2)

3.5      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom Suid-Afrika se lidmaatskap van die BRICS-groep as omstrede
         beskou is.                                                                              (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              9                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                 KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

PW Botha se strategieë om apartheid te verander en hervorm is met toenemende
verset begroet.

Assesseer die geldigheid van hierdie stelling in die konteks van die verskerpte interne
verset in die 1980's in Suid-Afrika.                                                         [50]

VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE              NA    SUID-AFRIKA      EN    DIE
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate die proses van onderhandeling die weg gebaan het vir
Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994.                                       [50]

VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
                 DIE GEBEURE VAN 1989

Die afbreek van die Berlynse Muur in 1989 was grootliks verantwoordelik vir die
politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het.

Bespreek hierdie stelling krities.                                                           [50]

                                                                             TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49) — History · QP · 2015 · Afr
- [Hist P2 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addendum-eng/b2bcc326-318a-41a5-b678-9d4ff222da43) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
