# History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2018-addendum-afr/05117f58-9c4e-435f-973e-9a8dfbe825fc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2018-addendum-afr/05117f58-9c4e-435f-973e-9a8dfbe825fc)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                    GESKIEDENIS V2

                               FEBRUARIE/MAART 2018

                                       ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Addendum

VRAAG 1:             WAAROM    HET    DIE             APARTHEIDSREGIME                   DIE
                     SWARTBEWUSSYNSLEIER,            BANTU    STEPHEN                  BIKO,
                     AANGEHOU?

BRON 1A

Die bron hieronder fokus op die stigting en invloed van die Swartbewussynsbeweging
(SBB).

 Die Swartbewussynsbeweging was besig om 'n teenwoordigheid in die land te word.
 Nie net by tersiêre instellings nie, maar ook in die media, by skole, by
 gemeenskapsteaters en by gebeure wat die patroon van kalmte verbreek het wat op
 die verbanning van die ANC en PAC gevolg het. Maar die beweging het ook begin
 verliese lei, waarvan Onkgopotse Tiro moontlik die eerste een was toe hy uit die
 Turfloop Universiteit (Limpopo) geskors is.

 Nog 'n terugslag was in Desember 1972 met die tragiese dood van Mthuli Shezi, toe hy
 voor 'n aankomende trein gestoot is, nadat hy 'n swart vrou verdedig het wat deur 'n
 spoorwegamptenaar mishandel is. Hierdie insident toon die uitdagings waarmee
 SB-aktiviste gekonfronteer is in 'n poging om normale verhoudinge in 'n abnormale
 gemeenskap te probeer bewerkstellig.

 Die staat het in Maart 1973 begin opgetree en Drake Koka en Bokwe Mafuna
 (SB-leiers), wat by unieprojekte betrokke was, verban. Steve Biko en Barney Pityana is
 ook in dieselfde maand verban. Mosibudi Mangena is in Augustus 1973 tot vyf jaar
 tronkstraf gevonnis nadat hy na bewering twee polisiemanne gewerf het om by die
 wapenstryd aan te sluit. Tiro is in Januarie 1974 deur 'n pakketbom gedood nadat hy in
 Botswana in ballingskap was.

                                      [Uit http://www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko.
                                                           Toegang op 2 Desember 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              3                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder verduidelik hoe Bantu Stephen Biko en sy vriend, Peter Jones, op
19 Augustus 1977 naby King William's Town arresteer en aangehou is.

 Die Suid-Afrikaanse polisie het padblokkades opgestel om politieke aktiviste
 te arresteer. By die padblokkade buite Grahamstad het die polisie Steve Biko en
 Peter Jones gevra om uit te klim en om die kattebak oop te maak. Jones, wat bestuur
 het, het hul instruksies gevolg, maar het gesukkel om die kattebak oop te kry.
 Die motor se kattebak moes op 'n spesiale manier, wat slegs aan Rams Ramokgopa
 by Zanempilo bekend was, oopgemaak word.

 Terwyl Jones aan die kattebak geruk het, het die polisie hom aanhoudend daarvan
 beskuldig dat hy 'n terroris was wat op pad was om Biko te besoek, terwyl Biko stil in
 die passasiersitplek gesit het. Jones het probeer om nie 'n ophef van sy gesukkel met
 die kattebak te maak nie en het een van die polisiemanne genooi om te probeer.

 Na 'n ruk het die senior beampte, Kolonel Alf Oosthuizen, die eenheid opdrag gegee
 om die padblokkade op te pak en om Steve en Jones na die nabygeleë polisiestasie in
 Grahamstad te neem. Oosthuizen het saam met Steve in Ramokgopa se motor gery
 terwyl Jones saam met die ander beamptes gery het. Die polisie het die motor deeglik
 by die polisiestasie deursoek. Jones onthou dat 'hulle selfs die as in die asbak
 deursoek het. Dit was nou duidelik dat dit geen grap was nie'.

 Hulle het Jones se beursie gevind wat, behalwe vir 'n bedrag van R43,00, sy
 identiteitsdokument bevat het. En toe skree Oosthuizen in Afrikaans: 'As jy Peter Cyril
 Jones is, dan wie is daai groot man?' Steve het besef hoe ongemaklik die situasie vir
 sy vriend was. Jones sou uit beginsel nie Steve se identiteit bekend maak nie en hy
 sou homself eerder aan marteling en gevangenisstraf onderwerp het. Die polisie sou
 wel later in elk geval uitvind. Steve het tussenbeide getree: 'Ek is Bantu Steve Biko.'

 En toe was daar stilte. 'Biko?' het Oosthuizen geantwoord en die B verkeerd
 uitgespreek. 'Nee, Bantu Steve Biko,' het Biko teruggeantwoord, terwyl hy die B's in sy
 naam nie uitgespreek het nie.

 Die twee mans is geskei. Jones is na die Algoa Polisiestasie geneem en Steve na die
 Walmer Polisiestasie, beide in Port Elizabeth, ongeveer 250 km van King William's
 Town af.

 Dit was die laaste keer dat ek my comrade lewendig of dood gesien het.

                                                       [Uit Biko, A Biography deur X Mangcu]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 4                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Addendum

BRON 1C

Die bron fokus op Jimmy Kruger se reaksie op die dood van Stephen Bantu Biko. Dit is
geneem uit 'n artikel met die titel Young Black Leader Dies in Detention in South Africa,
Raising Fears of New Unrest deur John Burns.

 In mnr. Kruger se aankondiging het hy gesê dat mnr. Biko op 18 Augustus 1977
 gearresteer is op grond van 'n artikel in die Wet op Terrorisme wat voorsiening maak
 vir onbepaalde aanhouding sonder verhoor. Die Minister van Justisie het gesê dat
 mnr. Biko gearresteer is omdat hy daarvan verdink is dat hy swartes in die
 Port Elizabeth-omgewing, 150 myl suid van King William's Town, tot onrus aangehits
 het en ook vir die opstel van dokumente wat 'geweld en brandstigting' deur swartes wat
 apartheid, die amptelike stelsel van rasse-oorheersing, omver wou werp.

 Die verklaring het gesê dat mnr. Biko in 'n tronk in Port Elizabeth aangehou is en daar
 of in die tronkhospitaal gebly het totdat hy die Sondagaand na 'n hospitaal in Pretoria,
 800 myl noordwes van daar, oorgeplaas sou word. Hy het 24 uur later gesterf.

 Die verklaring het gesê dat mnr. Biko aanhoudend geweier het om die kos en water te
 nuttig wat aan hom gegee is nadat hy een week voor sy dood met sy hongerstaking
 begin het. Dit het beweer dat die polisiedokters hom drie keer in die eerste vier dae van
 sy staking ondersoek het, maar daar is bevind dat hy 'geen fisiese probleem' gehad het
 nie.

 Die verklaring op Sondag het bygevoeg dat mnr. Biko teen die sewende dag van sy
 hongerstaking 'gelyk het of hy siek was' en hy is onmiddellik na Pretoria oorgeplaas,
 waar hy weer deur 'n polisiedokter ondersoek is en mediese behandeling gekry het. 'Hy
 het dieselfde nag gesterf,' het die verklaring gesê.

                        [Uit http://www.nytimes.com/learning/general/onthisday/big/0912.html#article.
                                                             Toegang op 10 Desember 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  5                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Addendum

BRON 1D

Die hoofopskrif in die koerant hieronder het op 7 Oktober 1977 in die Rand Daily Mail
verskyn. Die artikel is deur Helen Zille geskryf na haar ondersoek na die omstandighede
waaronder Stephen Bantu Biko vermoor was.

'n 'Mail'-spesiale
ondersoek

Die dokters wie Biko
in aanhouding
gesien het – 'n volledige
verslag in môre se
Inside Mail
                                                            [Uit Rand Daily Mail, 7 Oktober 1977]

                            DR. TUCKER                DR. LANG

Geen teken van hongerstaking – Biko-dokters

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   6                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Addendum

VRAAG 2:             WAAROM IS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEID-EN-
                     VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AS OMSTREDE BESKOU?

BRON 2A

Die bron hieronder fokus op die stigting van die Waarheids-en-versoeningskommissie in
1995.

 Die hoofdoelwit van die WVK was om 'n beeld, so volledig moontlik, te kry oor growwe
 menseregteskendings tussen Maart 1960, die maand van die Sharpeville-slagting en die
 daaropvolgende begin van die gewapende bevrydingstryd en 10 Mei 1994, die datum
 van Nelson Mandela se inhuldiging as die eerste demokraties verkose Staatspresident
 van Suid-Afrika.

 Die Waarheids-en-versoeningskommissie word deur drie subkomitees bygestaan: die
 Menseregteskendingskomitee, die Amnestiekomitee en die           Vergoeding-en-
 Rehabilitasiekomitee.

 Die 1993 Tussentydse Grondwet het spesifiek vir 'n amnestieproses voorsiening
 gemaak, maar het nie voorgeskryf wat dit sou behels nie. Alhoewel die onderneming om
 oortreders te vrywaar 'n bitter pil was, veral vir diegene in die anti-apartheidsbeweging,
 het die meeste kommentators saamgestem dat die momentum na verandering
 daarsonder fundamenteel ondermyn sou word.

 Amnestie sou toegestaan word waar aansoekers alle relevante feite volledig onthul het
 en slegs vir handelinge 'geassosieer met 'n politieke oogmerk gepleeg in die verloop van
 die konflikte van die verlede'.
      [Uit Common Past, Divided Truth: The Truth and Reconciliation Commission in South Africa – Public
                                                                             Opinion deur G Theissen]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               7                                  DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Addendum

BRON 2B

Die bron hieronder evalueer die werk van die Amnestiekomitee van die Waarheids-en-
versoeningskommissie.

 Die Amnestiekomitee was een van drie komitees wat deur die WVK daargestel is om
 aandag te gee aan politieke misdade wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is. Dit het
 ongeveer 7 050 amnestie-aansoeke ontvang.

 Nie almal het met hierdie unieke model van geregtigheid saamgestem nie. Naomi Tutu,
 dogter van Aartsbiskop Desmond Tutu, het gesê dat sy aanvanklik teen amnestie gekant
 was omdat sy gedink het 'dat dit die maklike uitweg was' en 'dat dit gelyk het asof ons
 mense 'n present gee'. Sy het die besorgdheid van baie Suid-Afrikaners uitgespreek, dat
 dit 'n gevoel was dat die mense letterlik met moord wegkom'. Baie Afrikaners het gedink
 dat dit afbrekend kon wees, dat haat in die land lewendig gehou sou word eerder as om
 vorentoe te beweeg en om van die verlede af weg te beweeg. Inteendeel, in 'n opname
 in 1998 het 72% blankes gevoel dat die WVK rasseverhoudinge versleg het.

 Volgens Antjie Krog is dit moeilik om die sukses van die WVK in Suid-Afrika te bepaal.
 Sy het gesê: 'As jy die WVK slegs as 'n middel beskou om amnestie te gee, dan het dit
 redelik geslaag … As die WVK as 'n liggaam beskou word om die waarheid vas te stel,
 het dit ook redelik gevaar om die feitlike waarheid vas te stel, om te bepaal 'wat gebeur
 het'. Dit was baie minder suksesvol om Suid-Afrikaners oor die morele waarheid van die
 vraag 'Wie is verantwoordelik?' te oortuig. Indien die idee agter die WVK-proses in Suid-
 Afrika was om te voorkom dat menseregteskendings ooit weer plaasvind, dan het die
 kommissie misluk … . Die grootste vraag is egter of die WVK-proses versoening
 bewerkstellig het. Min mense glo dat dit geslaag het.

                            [Uit https://mrdivis.files.wordpress.com/2014/06/08/trcs-past-and-present/
                                                                Toegang op 16 Desember 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               8                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Addendum

BRON 2C

Die bron hieronder verduidelik die Waarheids-en-versoeningskommissie se besluit om
amnestie aan lede van die African National Congress (ANC) te gee. Die Suid-Afrikaanse
Persvereniging (SAPV) het die persverklaring hieronder op 2 Desember 1977 gedoen.

 KAAPSTAD: 2 Desember 1997 – SAPV

 WVK BLY STIL OOR OMSTREDE AMNESTIEBESLUITE

 Die Waarheids-en-versoeningskommissie se Amnestiekomitee het Dinsdag geweier om
 redes te gee vir sy omstrede besluit om algemene amnestie aan 37 African National
 Congress-lede, insluitend Adjunk-president Thabo Mbeki, toe te staan.

 Die weiering volg op herhaalde pogings die afgelope twee dae deur onder andere die
 Suid-Afrikaanse Persvereniging om duidelikheid by komiteelede oor hulle besluit, wat
 wyd gekritiseer word, te kry.

 Baie van die ANC-aansoekers, onder andere 'n aantal kabinetsministers, is amnestie
 toegestaan op grond van hulle gesamentlike aanvaarding van verantwoordelikheid vir
 handelinge soos uiteengesit in die party se aansoek aan die WVK.

 Waarnemers het egter die manier waarop die ANC-lede vir amnestie gekwalifiseer het
 bevraagteken omdat hulle nie oor enige oortreding of weglating waarvoor hulle krimineel
 vervolg kon word of siviel verantwoordelik gehou kon word, gebieg het nie.

 Koerantartikels het 'n beroep op die komitee gedoen om te verduidelik hoe hulle besluit
 het om amnestie aan die ANC-lede asook aan die WVK-voorsitter, Aartsbiskop
 Desmond Tutu se seun, Trevor, te gee.

 Die amnestiekomitee het dit egter Dinsdag duidelik gemaak dat dit nie bereid was om by
 'n openbare debat betrokke te raak nie.

 Komiteevoorsitter, Regter Hassen Mall, het by die komitee se besluit gebly om amnestie
 op grond van gesamentlike verantwoordelikheid aan die ANC-lede toe te staan, het die
 komitee se uitvoerende sekretaris, Martin Coetzee, die SAPV meegedeel.

                           [Uit http://www.justice.gov.za/trc/media%5C1997%5C9712/s971202c.htm.
                                                               Toegang op 23 November 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                          9                                   DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                 NSS – Addendum

BRON 2D

Die spotprent deur Zapiro het op 19 Maart 1998 in die Mail and Guardian verskyn.
Dit beeld die kwessie van algehele amnestie uit.

                                                                WVK
   NP                       ANC
                                                                STADIG NOU …
   GEE HIER!                ALGEMENE AMNESTIE
                                                                EEN OF ANDER TYD SAL
   EK WIL DIT DOEN!
                                                                JY DIT MOET PRYSGEE.

                                    [Uit http://truth.wwl.wits.ac.za/files/3_2/3129-1-4-001art.jpg.
                                                           Toegang op 5 Desember 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    10                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS – Addendum

VRAAG 3: HOE BUIT MULTINASIONALE MAATSKAPPYE, SOOS McDONALD'S,
         WERKERS UIT?

BRON 3A

Die bron hieronder fokus op hoe multinasionale korporasies ('MNCs') sake doen. Dit is
'n artikel geskryf deur J Skrocki met die titel Broken Promises: Globalisation and
BP Oil.

In 'n wêreld wat gedurig verander en onderling verbind is, is daar geleenthede vir
wêreldwye korporasies om deur manipulasie (misbruik) en uitbuiting te werk. Hulle het
die mag om dit te doen, en die geskiedenis bewys dat kortpaaie neem maatskappye in
staat stel om wins te maksimeer. Die wêreldhandelstelsel stel baie lande in staat om
goedere in te voer waartoe hulle andersins nie toegang sou hê nie. As gevolg van die
vinnig globaliserende mark verskuif multinasionale korporasies egter hulle
maatskappye na ontwikkelende lande in die buiteland. Dit stel hulle in staat om
voordeel uit goedkoop arbeid te trek en om hulle produkte teen 'n laer markprys te
verkoop. In werklikheid het 'n multinasionale korporasie dan sy hoofkwartier in een
land, maar doen besigheid in meer as een land. Multinasionale korporasies doen op
die volgende maniere besigheid: alleenbemarking ('franchising'), takke, filiale
(dogtermaatskappye), gesamentlike ondernemings …

'n Mens kan aanvoer dat baie van die pilare van die Westerse samelewing ook die
fondasies van multinasionale korporasies voorstel. Die verbruikers-(handels-)ideale
van ontwikkelde nasies wat hierdie multinasionale korporasies oplewer, dui aan dat
ekonomiese sukses voorkeur geniet. Die Westerse samelewing neem aan die
produksie-, verbruiks- en opruimingsiklusse deel, wat almal verteenwoordigend van
sekere dele van die materiële ekonomie is. Multinasionale korporasies gryp in om aan
die hoë aanvraag te voldoen deur produkte teen die laags moontlike pryse te verkoop.

 [Uit http://aese.psu.edu/students/research/ced-urj/news/2014/broken-promises-globalization-and-bp-oil.
                                                                  Toegang 12 Desember 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               11                                  DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Addendum

BRON 3B

Die bron hieronder is die standpunt van die omgewingsorganisasie, Greenpeace.
Dit fokus op McDonald's se sakepraktyk in die wêreldmark.

Soos alle multinasionale maatskappye, stel McDonald's net in geld belang en om wins
te maak uit wie en uit wat hulle ook al kan. McDonald's se jaarverslae praat van
'Wêreldoorheersing' – hulle doelwit is om meer en meer winkels oor die wêreld heen
oop te maak, maar hulle voortdurende wêreldwye uitbreiding beteken groter
eenvormigheid, minder keuses en die ondermyning van plaaslike gemeenskappe.

McDonald's adverteer hul kos as 'voedsaam', maar in werklikheid is dit gemorskos wat
'n hoë vet-, suiker- en soutinhoud en min vesel en vitamiene het. Hierdie soort dieet
vergroot die risiko van hartsiektes, kanker, diabetes en ander siektes. Hulle kos bevat
ook baie chemikalieë, waarvan sommige swak gesondheid en hiperaktiwiteit by kinders
kan veroorsaak. Moet ook nie vergeet dat vleis die grootste oorsaak van
voedselvergiftiging is nie. McDonald's was in 1991 in die Verenigde Koningryk (VK) die
oorsaak van 'n groot uitbraak van voedselvergifting waartydens mense ernstige
nierversaking gekry het.

Werkers in die kitskosbedryf kry swak salarisse. McDonald's betaal nie oortydtariewe
nie selfs al werk die werkers baie lang ure. Druk vir hoër wins en laer loonkoste lei tot
'n personeeltekort, wat beteken dat personeel harder en vinniger moet werk. As gevolg
hiervan is ongelukke (veral brandwonde) algemeen. Die meeste van die werknemers is
mense wat min werksgeleenthede het en gedwing word om hierdie uitbuiting te
aanvaar, en boonop is hulle verplig om ook nog 'te glimlag'! Geen wonder dat die
personeelomset by McDonald's hoog is nie, wat dit bykans onmoontlik vir werknemers
maak om by werkersunies aan te sluit wat vir beter voorwaardes kan beding; iets wat
McDonald's, wat nog altyd teen unies gekant was, baie goed pas.

                              [Uit http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html.
                                                            Toegang op 24 November 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                12                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Addendum

BRON 3C

Die spotprent toon werknemers (links) by McDonald's wat staak vir hoër lone, en
oorgewig klante (regs). M Lester het op 31 Augustus 2013 die spotprent met die titel
'McDonald's Health Care' vir die New York Daily News geteken.

                        [Uit http://www.nydailynews.com/opinion/bramhall-cartoons-august-2d3-gallery-
                                                              Toegang verkry op 15 November 2016.]

      ONS                HOËR                   EK GEE NIE OM                McDonald's-
     STAAK               LONE                    OM MEER TE                    klante
                                                    BETAAL
                                                SOLANK DIT VIR
                                                'N GOEIE DOEL
                                                     IS NIE

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              13                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Addendum

BRON 3D

Die bron fokus op hoe burgerregte-aktiviste in die middel 1980's teen die multinasionale
kosafsetpunt, McDonald's, in opstand gekom het. Die titel is Wat is Verkeerd met
McDonald's?

 'n Groot aantal mense en organisasies kritiseer McDonald's oor 'n groot verskeidenheid
 kwessies. Londen Greenpeace het in die middel 1980's baie van daardie stukkies kritiek
 saamgevoeg en gevra vir 'n jaarlikse Wêreldprotesdag teen McDonald's. Dit vind jaarliks
 op 16 Oktober plaas, met protesoptogte en betogings regoor die wêreld. McDonald's,
 wat jaarliks 'n fortuin op advertensies spandeer, probeer om die wêreldwye kritiek stil te
 maak deur met geregtelike optrede te dreig teen diegene wat uitpraat. Baie mense is
 geforseer om te onttrek omdat hulle te min geld het om 'n saak te beveg. Maar Helen
 Steel en Dave Morris, twee ondersteuners van Londen Greenpeace het hulleself in 'n
 groot lastersaak in die Verenigde Koninkryk (VK) se Hooggeregshof verdedig. Geen
 regshulp is beskikbaar nie, dus moet hulle hulleself verteenwoordig. McDonald's was
 betrokke by 'n groot toesmeerdery en het geweier om groot hoeveelhede relevante
 dokumente beskikbaar te stel. Die aangeklaagdes is ook die reg tot 'n jurie geweier.
 Ongeag die feit dat alles teen hulle gekant was, het Helen en Dave die bordjies verhang
 en die waarheid blootgelê deur McDonald's se besigheidpraktyke openbaar te maak.
 Verset teen die $30 biljoen-'n-jaar-kitskosreus groei steeds. Dit is belangrik om op staan
 teen intimidasie (dreigemente) en om vryheid van spraak te verdedig.

 Saam kan ons terugveg teen die instansies en die mense in magsposisies wat ons
 lewens en ons planeet oorheers, en ons kan 'n beter samelewing sonder uitbuiting skep.
 Werknemers kan en moet saamstaan om vir hul regte en menswaardigheid te veg.
 Mense word al hoe meer bewus van die behoefte om ernstig oor die kos wat ons en ons
 kinders eet, te dink. Mense in arm lande organiseer hulleself om op te staan teen
 multinasionale (maatskappye) en banke wat die wêreldekonomie domineer. Omgewings-
 en diereregteverset en veldtogte is orals aan die toeneem. Waarom nie saamstaan in die
 stryd vir 'n beter wêreld nie? Praat met vriende en familie, bure en werk vriende oor
 hierdie kwessies.

                                [Uit http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html.
                                                              Toegang op 24 November 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               14                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

http://www.justice.gov.za/trc/media%5C1997%5C9712/s971202c.htm

http://www.nytimes.com/learning/general/onthisday/big/0912.html#article

http://www.sahistory.org.za/people/stephen-bantu-biko

http://aese.psu.edu/students/research/ced-urj/news/2014/broken-promises-globalization-
and-bp-oil.

http://truth.wwl.wits.ac.za/files/3_2/3129-1-4-001art.jpg

http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html.

http://www.nydailynews.com/opinion/bramhall-cartoons-august-2d3-gallery

http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html.

Krog A. 1998. Country Of My Skull (Broadway Books)

Mangcu X. 2012. Biko, A Biography (N.B. Publishers, South Africa)

Rand Daily Mail, 7 October 1977

Theissen, G. 1999. Common Past, Divided Truth: The Truth and Reconciliation
Commission in South Africa – Public Opinion

The Citizen, 15 May 2017

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-english/4bdc06e1-2d0c-4870-ae86-fda2090131f4) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 Addendum Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-addendum-preparatory-2018-question-paper/7d3ebf3d-fe24-4127-a6be-851505c1e893) — History · Addendum · 2018
- [History P2 Nov 2018 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-addendum-afr/fa6444a8-b449-46d6-992a-b81bfd0a7ad3) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
