# History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2018-afr/28ba72e8-a615-437f-b669-52aee713ad26
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2018-afr/28ba72e8-a615-437f-b669-52aee713ad26)

## About this document

History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                           FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'n NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'n NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         toepas.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:              WAAROM HET DIE APARTHEIDSREGIME DIE SWART-
                      BEWUSSYNSLEIER, BANTU STEPHEN BIKO, AANGEHOU?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.     (1 x 2)        (2)

         1.1.2        Noem DRIE plekke in die bron waar die Swartbewussynsbeweging
                      gewild geword het.                                    (3 x 1)             (3)

         1.1.3        Hoe, volgens die bron, het Mthuli Shezi gesterf?            (1 x 2)       (2)

         1.1.4        Noem DRIE metodes wat die apartheidsregime gebruik het om
                      swart politieke aktiviste te teister.               (3 x 1)               (3)

         1.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe die apartheidsregime in 1973 teen die Swartbewussyns-
                      beweging opgetree het.                                     (2 x 2)        (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Waarom, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse polisie
                      padblokkades opgestel?                            (1 x 2)                 (2)

         1.2.2        Wat het Kolonel Oosthuizen aangespoor om Steve Biko en
                      Peter Jones na 'n polisiestasie in Grahamstown te neem? (1 x 2)           (2)

         1.2.3        Verduidelik waarom jy dink Biko besluit het om homself by die
                      polisiestasie te identifiseer.                         (1 x 2)            (2)

         1.2.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom die polisie besluit het om vir Biko en
                      Peter Jones van mekaar te skei.                       (2 x 2)             (4)

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Waarom, volgens die Minister van Justisie, is Biko gearresteer? ,
                                                                                (2 x 1)         (2)

         1.3.2        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
                      bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor hoe Biko vermoor is.
                                                                                 (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik waarom jy dink hierdie artikel op die voorblad van die
                      Rand Daily Mail gepubliseer is.                             (2 x 2)        (4)

         1.4.2        Lewer kommentaar op die koeranthoofopskrif 'Geen teken
                      van hongerstaking – Biko-dokters' in die konteks van hoe Biko
                      vermoor is.                                            (2 x 2)             (4)

1.5      Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C verskil van
         die inligting in Bron 1D ten opsigte van Steve Biko se dood.      (2 x 2)               (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom die apartheidsregime die Swartbewussynsleier, Bantu Stephen Biko,
         aangehou het.                                                                           (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                5                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 2: WAAROM IS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
         VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) AS OMSTREDE BESKOU?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig?                 (1 x 2)       (2)

         2.1.2        Noem DRIE subkomitees van die WVK waarna in die bron verwys
                      word.                                               (3 x 1)                (3)

         2.1.3        Definieer die   konsep    amnestie   in   die   konteks   van die
                      WVK-verhore.                                                (1 x 2)        (2)

         2.1.4        Waarom, dink jy, was anti-apartheidsaktiviste teen die toestaan
                      van amnestie aan oortreders gekant?                      (1 x 2)           (2)

         2.1.5        Wat, volgens die bron, was die TWEE voorvereistes waarvolgens
                      amnestie toegeken is?                                  (2 x 1)             (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Waarom, volgens die bron, is die Amnestiekomitee gestig? (1 x 2)           (2)

         2.2.2        Wat was Naomi Tutu se aanvanklike opinie oor die WVK se
                      amnestieproses?                                   (1 x 2)                  (2)

         2.2.3        Verduidelik waarom 72% van wit Suid-Afrikaners gevoel het dat die
                      WVK rasseverhoudinge versleg het.                         (2 x 2)          (4)

         2.2.4        Lewer kommentaar op of jy met Antjie Krog se standpunt
                      saamstem dat die WVK minder suksesvol was om 'Suid-Afrikaners
                      oor morele waarheid ... te oortuig'.                  (2 x 2)              (4)

2.3       Lees Bron 2C.

          2.3.1       Aan wie, volgens die bron, is algemene amnestie deur die WVK
                      toegestaan?                                            (1 x 1)             (1)

          2.3.2       Waarom, volgens die inligting in die bron, is die WVK se besluit
                      van 1997 as omstrede beskou?                             (1 x 2)           (2)

          2.3.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink waarnemers krities was oor
                      die WVK se besluit om amnestie aan lede van die ANC toe te
                      staan.                                                 (2 x 2)             (4)

          2.3.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom 'n historikus wat navorsing oor die amnestieproses van die
                      WVK doen die bron bruikbaar sou vind.                      (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

2.4       Bestudeer Bron 2D.

          2.4.1       Watter boodskappe word in die spotprent oorgedra ten opsigte van
                      algemene amnestie met verwysing na die volgende:

                      (a)   Nasionale Party (NP)                                (1 x 2)       (2)

                      (b)   African National Congress (ANC)                     (1 x 2)       (2)

          2.4.2       Lewer kommentaar op wat jy dink geïmpliseer is met die woorde in
                      die spraakborrel: 'STADIG NOU … EEN OF ANDER TYD SAL JY
                      DIT MOET PRYSGEE' in die konteks van die amnestieverhore wat
                      deur die WVK gehou is.                                   (2 x 2)        (4)

2.5      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom die amnestieproses van die Waarheids-en-versoeningskommissie as
         omstrede beskou is.                                                                  (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               7                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

VRAAG 3:         HOE   BUIT   MULTINASIONALE               MAATSKAPPYE           SOOS
                 McDONALD'S WERKERS UIT?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Noem DRIE maniere in die bron waarop globale (wêreldwye)
                      maatskappye toegelaat is om bedryf te word.      (3 x 1)                 (3)

         3.1.2        Definieer die konsep multinasionale maatskappye in die konteks
                      van globalisering.                                      (1 x 2)          (2)

         3.1.3        Waarom, volgens die bron, was dit vir multinasionale maatskappye
                      moontlik om hul maatskappye na ontwikkelende lande te verskuif?
                                                                                (2 x 1)        (2)

         3.1.4        Lewer kommentaar op hoe jy dink multinasionale maatskappye
                      Westerse lande bevoordeel het.                      (2 x 2)              (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Wat, volgens die bron, was McDonald's se enigste doel?    (1 x 1)        (1)

         3.2.2        Waarom het Greenpeace nie McDonald's se visie vir 'wêreldwye
                      oorheersing' ondersteun nie?                         (1 x 2)             (2)

         3.2.3        Hoe, volgens die bron, is klante deur kos wat hulle by McDonald's
                      gekoop het, geaffekteer? Gee TWEE voorbeelde.             (2 x 1)        (2)

         3.2.4        Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe McDonald's hulle werknemers uitgebuit het.          (2 x 2)          (4)

3.3      Gebruik Bron 3C.

         Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word ten opsigte
         van:
         3.3.1      McDonald's-werknemers                                  (1 x 2)             (2)

         3.3.2        McDonald's-klante                                          (1 x 2)       (2)

3.4      Bestudeer Bron 3B en Bron 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B en
         Bron 3C ten opsigte van die behandeling van werknemers by McDonald's-
         kosafsetpunte ooreenstem.                                           (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 8                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

3.5      Raadpleeg Bron 3D.

         3.5.1        Verduidelik hoe Greenpeace in Londen op McDonald's se
                      kosprodukte gereageer het.                     (2 x 2)                       (4)

         3.5.2        Lewer kommentaar op die strategieë wat McDonald's gebruik het
                      om sy kritici (teenstanders) stil te maak.            (2 x 2)                (4)

         3.5.3        Noem die TWEE respondente (gedaagdes) wat 'n lastersaak teen
                      McDonald's gemaak het.                                (2 x 1)                (2)

         3.5.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik tot
                      watter mate 'n historikus wat navorsing oor burgerlike organisasies
                      se reaksie op McDonald's doen hierdie bron bruikbaar sal vind.
                                                                                    (2 x 2)        (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          hoe multinasionale maatskappye, soos McDonald's, werknemers uitbuit.                     (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:              SUID-AFRIKA:
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Boikotte, disinvestering en sanksies deur die internasionale anti-apartheidsbewegings
was grootliks verantwoordelik vir die uiteindelike val van PW Botha se regime in die
1980's.

Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argumente met relevante bewyse.             [50]

VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die geweld en die onsekerheid wat Suid-Afrika gedurende die vroeë 1990's ervaar het,
het die pad na demokrasie amper onmoontlik gemaak.

Verduidelik tot watter mate jy met die stelling hierbo saamstem. Ondersteun jou
argumente met relevante bewyse.                                                               [50]

VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                    EN    'n     NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 was 'n draaipunt vir Suid-Afrika.

Bespreek hierdie stelling krities, met verwysing na hoe gebeure in die Sowjetunie
politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het, beïnvloed het.                    [50]

                                                                                 TOTAAL:      150

Copyright reserved

## Related documents

- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [History P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-english/4bdc06e1-2d0c-4870-ae86-fda2090131f4) — History · Addendum · 2018 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
