# History Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

> Grade 10 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr-10-nov2020-qp-afrikaans/8d545b64-ee3c-4e44-ac0e-2870c4552d98
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/history) › [History Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr-10-nov2020-qp-afrikaans/8d545b64-ee3c-4e44-ac0e-2870c4552d98)

## About this document

History · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 10

                            NOVEMBER 2020

                 GESKIEDENIS (WEERGAWE 2)
                       (EKSEMPLAAR)

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750

      VRAAG 2:        KOLONIALE UITBREIDING NA 1750

      VRAAG 3:        SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN UNIEWORDING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        TRANSFORMASIE IN SUIDELIKE AFRIKA NA 1750: DIE
                      OPKOMS VAN DIE SOTHO-KONINKRYK ONDER KONING
                      MOSHOESHOE

      VRAAG 5:        KOLONIALE UITBREIDING NA 1750: SAMEWERKING EN
                      KONFLIK OP DIE HOËVELD

      VRAAG 6:        SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE: DIE NATURELLE
                      GRONDWET VAN 1913

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
             moet ’n opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag
             wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      toepas.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                    GESKIEDENIS V2                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
 afdeling nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan
 in die ADDENDUM gevind word.

 VRAAG 1:            HOE HET SHAKA OPGANG GEMAAK AS ‘N MAGTIGE
                     ZOELOE-LEIER?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1    Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Wanneer, volgens die bron, het Shaka die hoof van die Zoeloes
                 geword?                                                    (1 x 1)         (1)

        1.1.2    Waarom, volgens die bron, het Shaka besluit om die kort spies te
                 gebruik?                                                   (1 x 2)         (2)

        1.1.3    Noem hoe Shaka bewys het dat hy 'n briljante militêre organiseerder
                 was.                                                        (1 x 2)        (2)

        1.1.4    Gee ‘n konsep vir die ‘destabilisering van die streek wat gelei het
                 tot 'n groot golf migrasies deur ontwortelde stamme’.         (1 x 2)      (2)

        1.1.5    Hoe het die Zoeloe-nasie so vinnig onder Shaka se leierskap
                 gegroei?                                                   (1 x 2)         (2)

 1.2    Raadpleeg Bron 1B.

        1.2.1    Hoe, volgens die bron, het Shaka sy reputasie as die 'Swart
                 Napoleon' gekry?                                            (2 x 1)        (2)

        1.2.2    Identifiseer die wapens wat Shaka besluit het om nie meer te
                 gebruik nie.                                                (2 x 1)        (2)

        1.2.3    Met watter Europese leier is Shaka vergelyk?                  (1 x 1)      (1)

        1.2.4    Identifiseer TWEE items waarna Henry Francis en sy party gesoek
                 het.                                                      (2 x 1)          (2)

        1.2.5    Lewer kommentaar op die vriendskap tussen Shaka en Henry
                 Francis Fynn en sy geselskap (mense by hom).           (2 x 2)             (4)

        1.2.6    Watter land word deur die Union Jack verteenwoordig?          (1 x 1)      (1)

        1.2.7    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Shaka
                 daarin geslaag het om sy ryk te konsolideer.                (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 1.3    Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1   Wanneer, volgens die bron, is Shaka gebore?                   (1 x 1)     (1)

        1.3.2   Wat, volgens die bron, was die rede vir Senzangakhona om sy
                seun (Shaka) uit sy stam te verbied?                      (1 x 2)         (2)

        1.3.3   Haal ŉ bewys uit die bron aan wat Shaka se dapperheid toon.
                                                                          (1 x 2)         (2)

        1.3.4   Gee die name van Shaka se ouers.                              (2 x 1)     (2)

 1.4    Raadpleeg Bron 1D.

        1.4.1   Wat dink jy was die bedoeling van die kunstenaar toe hy hierdie
                prent geteken het?                                          (2 x 2)       (4)

        1.4.2   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe 'n Zoeloe-
                man vandag sou voel indien hy hierdie tekening sou sien.     (2 x 2)      (4)

 1.5    Vergelyk Bron 1C met Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
        getuienis in Bron 1D weerspreek met betrekking tot die militêre taktieke wat
        Shaka gebruik het om die Zoeloe-nasie op te bou.                      (2 x 2)     (4)

 1.6    Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
        van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy verduidelik hoe
        Shaka opgang gemaak het as ‘n magtige Zoeloeleier.                                (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                   GESKIEDENIS V2                                         5

 VRAAG 2:            WAT WAS DIE IMPAK VAN BRITSE KOLONIALISME OP DIE
                     BEVOLKING VAN DIE KAAPKOLONIE?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D beantwoord die vrae wat volg.

 2.1    Lees Bron 2A.

        2.1.1    Wat, volgens die bron, was die voorvaderlike profesieë wat na
                 bewering (vermoedelik) deur die 'voorouers' aan Nongqawuse
                 gegee is?
                                                                              (2 x 1)      (2)

        2.1.2   Noem wat die verhouding tussen Mhlakaza en Nongqawuse was.
                                                                       (1 x 1)             (1)

        2.1.3   Lewer kommentaar op, ‘Sy het teruggekeer en die probleem in haar
                mond gedra’.                                             (2 x 2)           (4)

        2.1.4   Waar het Nongqawuse die 'voorouers' ontmoet?                  (1 x 1)      (1)

        2.1.5   Na watter nasie word in die bron verwys as 'die onskuldige nasie
                van Phalo’?                                                  (1 x 1)       (1)

        2.1.6   Noem of Nongqawuse se profesie waar geword het of nie.        (1 x 2)      (2)

 2.2    Raadpleeg Bron 2B.

        2.2.1   Watter wet, volgens die bron, is deur Ordonnansie 50 herroep
                (gekanselleer)?                                       (1 x 1)              (1)

        2.2.2   Identifiseer die positiewe gevolge van Ordonnansie 50 vir die
                Hottentotte.                                          (4 x 1)              (4)

        2.2.3   Lewer kommentaar op waarom jy dink die Britse owerhede besluit
                het om Ordonnansie 50 deur te voer.                      (2 x 2)           (4)

        2.2.4   Identifiseer die enigste tekortkoming van Ordonnansie 50.     (1 x 1)      (1)

 2.3    Gebruik Bron 2C.

        2.3.1   Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep Die Groot Trek te
                definieer.                                                  (1 x 2)        (2)

        2.3.2   Noem VIER klagtes, soos in die bron vervat, wat deur die Boere as
                redes aangevoer is waarom hul die Kaapkolonie verlaat het. (4 x 1)         (4)

        2.3.3   Wat is die ander naam wat aan Ordonnansie 50 gegee is?        (1 x 1)      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

       2.3.4   Wanneer het grondpryse toegeneem?                             (1 x 2)      (2)

       2.3.5   Lewer kommentaar op die redes waarom grond die oorsaak van
               konflik tussen die Boere en die Xhosas in die Kaap was. (2 x 2)            (4)

       2.3.6   Noem EEN trekleier wat ook ŉ slawe-eienaar was.               (1 x 1)      (1)

 2.4   Gebruik Bron 2D.

       2.4.1   Noem waarom die Groot Trek in 1938 herdenk is.                (1 x 1)      (1)

       2.4.2   Verduidelik die boodskap wat deur die tekening oorgedra word.
                                                                          (2 x 2)         (4)

 2.5   Hoe ondersteun Bron 2B en 2C mekaar aangaande die impak van Britse
       kolonialisme op die Afrikaners?                            (2 x 2)                 (4)

 2.6   Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
       van ongeveer SES reȅls (ongeveer 60 woorde) om die impak van Britse
       kolonialisme op die bevolking aan die Kaap te, verduidelik.                        (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                    GESKIEDENIS V2                                         7

  VRAAG 3:           WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
                     OORLOG (1899–1902) OP BEIDE SWART EN AFRIKANER
                     SUID-AFRIKANERS?

  Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

  3.1 Gebruik Bron 3A.

        3.1.1    Wat, volgens die bron, het die lewensbestaan van Swartes in
                 Transvaal en die Oranje-Vrystaat vernietig?                (1 x 1)       (1)

        3.1.2    Hoeveel Swart mans was, volgens die bron, gedwing om arbeiders
                 te wees?                                                (1 x 1)          (1)

        3.1.3    Naam die DRIE soorte Swart boere wat vanaf blanke boere na die
                 konsentrasiekamp geneem is.                             (3 x 1)          (3)

        3.1.4    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat almal na die
                 konsentrasiekampe geneem is.                             (1 x 2)         (2)

        3.1.5    Wat dink jy was die redes waarom Swart mans eerder vir die Britte
                 in stede van die Afrikaners wou werk?                     (2 x 2)        (4)

        3.1.6    Wanneer, volgens die bron, is afsonderlike konsentrasiekampe vir
                 Swartes opgerig?                                          (1 x 1)        (1)

  3.2 Lees Bron 3B.

        3.2.1    Identifiseer die mense wat gedwing is om in die kampe in te trek.
                                                                              (3 x 1)     (3)

        3.2.2    Watter ander land, benewens Suid-Afrika, het konsentrasiekampe
                 gebruik?                                                  (1 x 1)        (1)

        3.2.3    Waarom dink jy het die Britte die 'Verskroeide-aarde-beleid'
                 toegepas?                                                    (1 x 2)     (2)

        3.2.4    Haal bewyse uit die bron aan wat bewys dat die
                 konsentrasiekampe swak geadministreer is.                    (4 x 1)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

    3.3 Verwys na Bron 3C.

         3.3.1   Verduidelik die boodskap wat deur die foto oorgedra word. Gebruik
                 die visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun.
                                                                              (2 x 2)     (4)

         3.3.2   Verduidelik waarom jy dink die vrou probeer het om haar trane van
                 haar metgeselle weg te steek.                              (1 x 2)       (2)

         3.3.3   Wat het op die jong Boervrou in die konsentrasiekamp gewag?
                                                                          (1 x 2)         (2)

    3.4 Raadpleeg Bron 3D.

         3.4.1   Wie, volgens die bron, was die hoofbevelvoerder van die Britse
                 magte?                                                     (1 x 1)       (1)

         3.4.2   Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep Guerrilla-oorlog
                 te definieer.                                              (1 x 2)       (2)

         3.4.3   Wat, volgens Rees-Mogg was die redes vir die stigting van die
                 kampe?                                                     (3 x 1)       (3)

         3.4.4   Lewer kommentaar oor of die rol wat Emily Hobhouse gespeel het
                 om die omstandighede in die kampe oop te vlek, suksesvol was
                 om meer sterftes in die kampe te voorkom.                (2 x 2)         (4)

    3.5 Vergelyk Bron 3B en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die
        getuienis in Bron 3D ondersteun aangaande die impak van die Suid-
        Afrikaanse oorlog op beide Swart en Afrikaner gemeenskappe.          (2 x 2)      (4)

    3.6 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
        van ongeveer SES reȅls (sowat 60 woorde) om die gevolge van die Suid-
        Afrikaanse Oorlog op beide die Afrikaner en Swart Suid-Afrikaners te
        verduidelik.                                                                      (6)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 GESKIEDENIS V2                                        9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as twee vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet sowat DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:             TRANSFORMASIE IN SUIDER-AFRIKA NA 1750 – DIE
                     OPKOMS VAN DIE SOTHO-KONINKRYK ONDER KONING
                     MOSHOESHOE

‘Daar is na Moshoeshoe verwys as ŉ militêre strateeg, diplomaat, versoener,
nasiebouer en onderhandelaar.'

Bepaal die geldigheid van hierdie stelling deur te verwys na die rol wat Moshoeshoe
gespeel het om die Basotho-koninkryk te verenig.                                       [50]

VRAAG 5:             KOLONIALE UITBREIDING NA 1750 – SAMEWERKING EN
                     KONFLIK OP DIE HOËVELD

‘Verduidelik tot watter mate die Koloniale Uitbreiding na 1750 gelei het tot
samewerking en konflik op die Hoëveld tussen die Boere, Britte en die Basotho.’

Ondersteun jou argument deur relevante bewyse te gebruik.                              [50]

VRAAG 6:             SUID-AFRIKAANSE OORLOG EN DIE UNIE – DIE
                     NATURELLE GRONDWET VAN 1913

‘Die Grondwet van 1913 het ŉ negatiewe uitwerking op die lewens van Swart Suid-
Afrikaners gehad.’

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die maatskaplike en ekonomiese
toestande van Swart Suid-Afrikaners ná 1913. Staaf jou antwoord met relevante
historiese bewyse.                                                                     [50]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR10 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-addendum-nov2020-afrikaans/183daafa-93ca-4aa1-a687-f1211be0f3be) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/e617055c-4711-4539-8400-a28a784f20f4) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR 10 NOV2020 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr-10-nov2020-memo-afrikaans/bb5e6e0c-b600-4321-b92b-3bb58ac61341) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY QP GR10 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-qp-gr10-nov2017-afrikaans/f2ffcf94-0d93-450b-a325-010a14bf632b) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY GR 10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-gr-10-memo-nov2018-afrikaans/0ca849a7-4395-4c79-839b-864d8e9192a8) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY GR10 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-memo-afrikaans/c30978ce-c343-42bd-aa3d-4f7ddbfdd118) — History · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 10 History

- [Gr 10 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-his-atp-2023-24/77b69460-c4e9-4807-8d15-fdb95c83ebd3) — ATP
- [EC History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/e50c532b-d70e-4ae5-b45d-e752d9219b14) — QP + Memo · 2025
- [LP MW History Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-mw-history-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1ff6ebbe-b71c-4580-84c5-7daa68b46aeb) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 History Term 1 Controlled Test 2023 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-history-term-1-controlled-test-2023-addendum/ef7a2e5a-0d94-49a0-a5e3-6f048454417c) — Addendum · 2023
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-eng-d/4b18c1a7-4e17-451a-8471-e72686b424f2) — Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY GR10 ADDENDUM NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-gr10-addendum-nov2019-afr-d/aa0f2bce-a6ce-4476-9f83-da3703070805) — Addendum · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
