# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum

> Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afr-d/87555bf6-9ec7-44d7-bbc5-8d6012385281
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Addendum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afr-d/87555bf6-9ec7-44d7-bbc5-8d6012385281)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

              GRAAD 11

         NOVEMBER 2020

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM
        (EKSEMPLAAR)

              *IHISTA4*

  Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2020)

VRAAG 1: HOE IS AFRIKANER NASIONALISME IN DIE 1930’s TOT 1940’s IN
         SUID-AFRIKA BEVORDER?

BRON 1A

Die bron hieronder beskryf die redes vir die opkoms van Afrikaner Nasionalisme.

Dit was haat (woede) oor die ongelyke verdeling van status, rykdom, politieke beheer en
die vrees vir kulturele absorpsie in ŉ Engels-georiënteerde samelewing, wat Afrikaner
Nasionalisme aangewakker het. Hul merkwaardige herstel van die nederlaag was ŉ
beslissende feit in die twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis, met verreikende
gevolge, nie net vir die samestelling en karakter van die blanke elite nie, maar ook vir
diegene wat van gewone burgerregte uitgesluit is.

Die verhaal van die wedergeboorte van Afrikanerdom vanuit die as van sy nederlaag in
1902 tot onbetwiste (sekere) bemeestering van Suid-Afrika is opvallend, wat deur
Afrikanerskrywers verromantiseer word as ŉ moderne weergawe van ŉ klein Afrikaner
David wat die Britse Goliat doodmaak.

Die trek na die stede, tesame met die Boere se nederlaag aan die hand van die Britte,
was die twee magte wat Afrikaner Nasionalisme deurslaggewend gevorm het. Met die
minerale rewolusie het industrialisasie die Boere ŉ stedelike proletariaat (werker)
gemaak in diens van ŉ buitelandse, kapitalistiese klas. Die feit dat Engelssprekendes
finansiering, handel en mynbou monopoliseer (gekontroleer) het, het Afrikaners oortuig
dat hul nasionale en klasvyand dieselfde is. Afrikaner Nasionalisme het daarom ŉ
drieledige stryd op kulturele, ekonomiese en politieke vlak van stapel gestuur.

      [Uit www.fanieosoppiejas.com/..//afrikaner-nationalism-the-factors. Toegang op 11 Februarie 2020
                                                                                              verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           3

BRON 1B

Die bron hieronder beskryf die bydrae van die Broederbond om Afrikaner Nasionalisme
te bevorder.

Die doel van die Afrikaner Broederbond is die bevordering van die politieke, kulturele en
ekonomiese belange van Afrikaners. Die Afrikaner-Broederbond is ŉ uiters eksklusiewe,
geheime Afrikaner nasionalistiese organisasie wat in ŉ simbiotiese (koöperatiewe)
verhouding met die Nasionale Party ŉ bepalende rol gespeel het in die politieke
ontwikkeling van Suid-Afrika.

Lidmaatskap van die Afrikaner Broederbond is beperk tot mans. Die Broederbond eis
hoë kulturele, familieverwante, godsdienstige, morele en politieke standaarde van sy
lede. Om te kwalifiseer, moet ŉ persoon aan die volgende vereistes voldoen: hy moet lid
van een van die tradisionele Afrikaanse kerke wees, moes ŉ Afrikanerskool bygewoon
het, moet getroud wees met ŉ Afrikaanssprekende vrou en hy moet die ‘regte’ party, die
Nasionale Party ondersteun. Definitiewe diskwalifikasies is om geskei te wees en
ongereelde kerkbywoning.

Alhoewel die grondwet van die Afrikaner Broederbond partypolitiek van sy aktiwiteite
uitsluit, het dit deur die jare duidelik geword dat die organisasie belangrike politieke
invloed het. Dit is toenemend gebruik as ŉ “dinkskrum” en daarna as ‘legitimator’ van
nuwe beleidsaanwysings wat deur die Nasionale Party onderneem is. Dit het talle
ondersteuningsorganisasies op die been gebring om Afrikaner-belange te verbreed en dit
sy besigheid gemaak om die ‘regte man’ aan te stel, te bevorder en te beskerm. ŉ
Belangrike strategie is die verkryging van beheer oor skoolkomitees, skoolrade, kerkrade
en raad van direkteure om sy doelstellings te bereik.

   [Uit omalley.nelsonmandela.org> omally> index.php> webwerf. Toegang op 20 Februarie 2020 verkry.]

‘legitimator’ – om amptelik/wettig te maak

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2020)

BRON 1C

Hierdie bron beskryf die rol wat die Nasionale Party gespeel het om Afrikaner
Nasionalisme te konsolideer.

Die hedendaagse Nasionale Party spruit uit die Gesuiwerde Nasionale Party (GNP).
Hierdie faksie van die oorspronklike Nasionale Party van 1914, is op diepgesetelde
Afrikaner-Nasionalisme gebou. Die geboorte van die NP was nie net die resultaat van ŉ
magstryd tussen Engels- en Afrikaanssprekende gemeenskappe nie, maar ook van ŉ
anti-imperialistiese houding onder Afrikaners. Die Afrikaner wou ŉ meer belangrike rol in
die samelewing en die regering speel. Hulle het ook ŉ duidelike doel gehad om Suid-
Afrikaanse swartes, kleurlinge en Indiërs fisies, sosiaal en polities te skei.

Die NP is toenemend deur Afrikaners gesien as die instelling wat hul groepbelang sou
bevorder. Die party is gekomplementeer deur kulturele, sosiale, ekonomiese en
godsdienstige organisasies wat uitsluitlik vir Afrikaners geskep is. Saam met die
Nasionale Pers, die Afrikaner-Broederbond, Sanlam, AVBOB, die Voortrekkers, FAK,
Helpmekaar, KWV en Volkskas, het die NP ŉ groeiende Afrikanermaggroep geword. Die
party het Afrikanerbelange op ŉ gekoördineerde manier georganiseer en is op elke
terrein van die Suid-Afrikaanse samelewing gevoel.

Die jaar 1938 was vir die GNP om ŉ ander rede belangrik. Dit was die Eeufees van die
Groot Trek en die Afrikaner-sentimente is as gevolg daarvan verhoog. Dit was ook tyd vir
Malan om sy rassebeleid ten gunste van Afrikanerdom te versterk en strewe na ŉ
herlewing (toenemende) van Afrikaner Nasionalisme. Van nou af sou gemengde
huwelike strafbaar wees, ras-gemengde woongebiede moes beëindig word en
ekonomiese en politieke segregasie tussen blankes en 'nie-blankes' moes
geïmplementeer word. Malan het ook beoog om sy land teen die buite/eksterne invloede
van kapitalisme en kommunisme te beskerm ...

    [Uit www.litnet.co.za.> Df-malan-and-the-rise-of-afrikaner-nationalism-by- . Toegang op 20 Februarie
                                                                                            2020 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          5

BRON 1D

Dit is ’n plakkaat wat deur die Nasionale Party ontwerp is om Afrikaners te motiveer
om tydens die 1938-verkiesing vir die party te stem.

                                                     [Uit New Africa History deur N.Frick et al]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2020)

VRAAG 2: HOE HET DIE WET OP DIE VERBOD OP GEMENGDE HUWELIKE
         (NR. 55 VAN 1949) DIE LEWENS VAN SUID-AFRIKANERS BEINVLOED?

BRON 2A

Hierdie bron verduidelik die beleid van apartheid wat in 1948 deur die Nasionale Party
geïmplementeer is.

Die jare van apartheid is ongetwyfeld een van die donkerste oomblikke in die geskiedenis
van Suid-Afrika. Die tydperk, wat vanaf 1948 tot 1994 strek, is gekenmerk deur
rasseskeiding, wit minderheidsregering en die verdrukking van die regte, bewegings en
vryheid van swartes. Die woord ‘apartheid’ beteken letterlik ‘afsonderlikheid’ of om ‘te
skei’.

Dit is in die vroeë 1940’s as ŉ politieke slagspreuk van die Nasionale Party gebruik. Dit
kan u egter interesseer om te weet dat die beleid self strek vanaf die begin van die
blanke nedersetting in Suid-Afrika wat al in 1652 begin het. Dit het egter na die algemene
verkiesing van 1948 ŉ amptelike regeringstruktuur geword.

Die beleid het die burgers en inwoners van die land in vier rassegroepe geklassifiseer:
wit, bruin, swart en Indiër. Daarna het dinge net slegter geword. Meer as 3,5 miljoen
Suid-Afrikaners is uit hul huise gesit en is met geweld na gesegregeerde woonbuurte
verskuif. Regeringssegregasie was ook van toepassing op onderwys, verhoudings,
natuurlike ontspanningsgeriewe soos strande, mediese sorg en verskeie ander dienste.

                      [Uit https://buzzsouthafrica.com/apartheid/ Toegang op 28 September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             7

BRON 2B

Die bron hieronder verduidelik die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike, wat een
van die eerste stukke apartheidswetgewing was wat in werking gestel is nadat die
Nasionale Party aan bewind gekom het.

Die wet verbied huwelike tussen ‘Europeërs en nie-Europeërs’, wat in die taal van die tyd
beteken het dat witmense nie met ander rasse kon trou nie. Dit het ook 'n kriminele
oortreding geword vir ŉ huweliksbeampte om ŉ veelrassige huwelikseremonie te
onderneem. Die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike het egter nie ander
sogenaamde gemengde huwelike tussen nie-blanke mense verhinder nie. Terwyl dit
inderdaad ‘gemengde’ huwelike was, het die wet hulle nie as veelrassige beskou nie.

ŉ Vrou wat met ŉ man van ŉ ander ras getrou het, is as sy ras geklassifiseer. Haar man
van keuse het haar ras gedefinieer. Die uitsondering hierop was as ŉ blanke man met ŉ
vrou van ŉ ander ras trou, is hy as haar ras geklassifiseer.

Ten spyte van die skuiwergate (leemtes) wat ontstaan het as gevolg van bestaande
gemengde huwelike en nie-blanke huwelike, is die Verbod op Gemengde Huwelike en die
Ontugwet streng toegepas. Nietemin het intieme en romantiese verhoudings tussen
blankes en nie-blankes steeds ontwikkel. Die feit dat veelrassige verhoudings so taboe
(verbode) was het dit, aantreklik gemaak en het mense veelrassige-verhoudings
aangeknoop as 'n vorm van rebellie of vir die opwinding wat dit gebied het.

Veelrassige verhoudings het met ernstige risiko's gepaard gegaan. Die polisie het mense
agtervolg wat daarvan verdink was dat hulle in veelrassige verhoudings betrokke was.
Hulle het snags die huise oorval. Diegene wat hulle aan die Ontugwet skuldig gemaak het,
het boetes, tronkstraf en sosiale sensuur in die gesig gestaar.
 [Uit https://www.thoughtco.com> ...> History and Culture> African History. Toegang op 28 September 2019
                                                                                                 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2020)

BRON 2C

Hierdie bron verduidelik die ervarings van Ian Whiteley en sy vrou Sherrin onder die Wet
op die Verbod op Gemengde Huwelike.

Ian Whiteley wat toevallig wit is, was getroud met Sherrin, van Indiese herkoms. Hulle het
mekaar in Pietersburg ontmoet toe hy dertig was en sy 17 jaar oud was. Spoedig en
ondanks die wet wat dit vir hulle onmoontlik gemaak het om te trou en die gevaar dat
hulle ontdek sou word, het hulle minnaars geword. Sherrin se ouers het aan die witman
as hul skoonseun gedink, maar onvermydelik het die klop aan die deur gekom wat 'n
polisie-klopjag aangedui het. Dit was gelei is deur een van sy ou skoolvriende wat
verduidelik het, ‘dat hy net sy werk doen’.

Uiteindelik is hulle vrygespreek op ŉ aanklag van onsedelikheid weens ŉ gebrek aan
bewyse, maar eers nadat mnr. Whiteley drie maande tronkstraf opgelê is. Hulle het na
Botswana gevlug, waar hulle uiteindelik kon trou. Hulle het uiteindelik na Noorweë
verhuis en weens sy liefde vir rugby, na Liverpool verhuis. Die hele tyd het hy die
onmoontlike droom dat hulle as man en vrou sou terugkeer om in Suid-Afrika te woon,
lewendig gehou, en die Suid-Afrikaanse eerste ministers (premiers) met sy beroep oorval.
'Ons het nie van Europa gehou nie; ons is Suid-Afrikaners. Ek het my biltong, pap en
wors gemis. ”

Uiteindelik is hulle toegelaat om na Suid-Afrika terug te keer. Dorpe soos Pietersburg het
vir gemengde paartjies weinig gebied in terme van geriewe. Die rolprent teater het ŉ klein
verdeelde afskorting op die balkon vir die Indiërs gehad, waar Mnr Whiteley, wat belowe
het om nêrens heen te gaan waar sy vrou nie kon gaan nie, kon sit. Die enigste
teleurstelling van mnr. Whiteley is dat sy tienjarige seun, Raymond, wat belofte in rugby
getoon het toe hulle in Liverpool gewoon het, nie kon speel nie, want dit was slegs die wit
skoolseuns wat die enigste jong rugbyspelers in die dorp was. Mnr. Whiteley, ŉ
voormalige rugbyspeler, se hoop was om die hindernisse af te breek of om die sport
onder Indiërs te bevorder, sodat sy seun in ŉ wedstryd kan speel.

      [Uit https://www.nytimes.com/1982/11/29/world/love-f Inds-a-way-past-south-africa-s-race-laws.html.
                                                                 Toegang op 28 September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           9

BRON 2D

Dit is ’n foto van mnr. en mev. Whiteley, ’n veelrassige egpaar wat die wet op die
Verbod op Gemengde Huwelike veronagsaam het.

                                                      [Uit The New York Times, Nov. 29, 1982]
                                                             [

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                    (EC/NOVEMBER 2020)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is geneem uit:

Frick, N. et al New Africa History , 2006, New Africa Books (Edms) Bpk.

Getty Images

https://www.nytimes.com/1982/11/29/world/love-f Inds-a-way-past-south-africa-s-race-
laws.htm

https://www.thoughtco.com >...> History and Culture> African History

https://buzzsouthafrica.com/apartheid/

https;//www.history.com/topics/middle-east/six-day-war

https://link.springer.com >chapter

King, J. Dr by Conflict in the Middle East, 1993, Wayland Publishers Ltd

omalley.nelsonmandela.org>omally>index.php>site

The New York Times, 29 November 1982

www.fanieosoppiejas.com/.../afrikaner-nationalism-the-factors

www.litnet.co.za.>df-malan-and-the-rise-of-afrikaner-nationalism-by-..

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 QP ADDEN MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-adden-memo-nov2020-afr-d/f4ce5226-dfa5-4a4a-b5de-9f57509c6472) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-eng-d/f786fed2-749c-40fb-8dd0-83047fe1f036) — History · Addendum · 2020 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afrikaans/50cf7d7d-7d85-41a3-af10-3803142fe9e5) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-english/8ca14f24-6806-4479-aa96-ef8f7afdac83) — History · Addendum · 2020 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 QP ADEN MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-aden-memo-nov2020-eng-d/48366016-86d8-4631-a444-2f3d51c040a1) — History · Memo · 2020 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2020-eng-d/5364d050-1ad0-478a-b0d0-b022d834da20) — History · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
