# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2020-afr-d/1a8d02c5-9e92-434a-b3b6-c4789ba614a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2020-afr-d/1a8d02c5-9e92-434a-b3b6-c4789ba614a8)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                          NOVEMBER 2020

                          GESKIEDENIS V2
                          (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                                   *IHISTA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ŉ addendum van 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        NASIONALISME IN SUID-AFRIKA: AFRIKANER
                     NASIONALISME

     VRAAG 2:        APARTHEID SUID-AFRIKA: 1940’s tot 1960’s

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 3:        NASIONALISME IN SUID- AFRIKA: SWART NASIONALISME

     VRAAG 4:        APARTHEID SUID-AFRIKA:1940’s tot 1960’s

2.   AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
     gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae.

4.   Beantwoord TWEE vrae soos volg:

     Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet
     ’n opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                   GESKIEDENIS V2                                            3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik
moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE IS AFRIKANER NASIONALISME IN DIE 1930’s TOT 1940’s IN
         SUID-AFRIKA BEVORDER?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Watter faktore, volgens die bron, het Afrikaner Nasionalisme
                 aangewakker?                                                 (2 x 1)          (2)

        1.1.2    Gebruik jou eie kennis om die bevolkingsgroep te noem wat van
                 gewone burgerregte in Suid-Afrika uitgesluit is.           (1 x 2)            (2)

        1.1.3    Lewer kommentaar op die betekenis van die volgende stelling: “Die
                 Afrikaner David maak die Britse Goliat dood”, met betrekking tot die
                 opkoms van Afrikaner Nasionalisme.                            (2 x 2)         (4)

        1.1.4    Noem die TWEE faktore wat deurslaggewend in die vorming van
                 Afrikaner Nasionalisme was.                             (2 x 1)               (2)

1.2     Bestudeer Bron 1B.

        1.2.1    Wat, volgens die bron, was die doel van die Afrikaner-
                 Broederbond?                                                  (1 x 2)         (2)

        1.2.2    Waarom, dink jy, is die Afrikaner-Broederbond as ’n uiters
                 eksklusiewe, geheime Afrikaner-organisasie beskou?             (2 x 2)        (4)

        1.2.3    Lewer kommentaar op waarom die Afrikaner-Broederbond nie ’n
                 anti-politieke organisasie gebly het nie.               (2 x 2)               (4)

        1.2.4    Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat nie alle
                 Afrikaanssprekende blankes lede van die Afrikaner Broederbond
                 kon word nie.                                          (2 x 1)                (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                    GESKIEDENIS V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

1.3   Lees Bron 1C.

      1.3.1    Verduidelik die konsep Afrikaner Nasionalisme in jou eie woorde.
                                                                            (1 x 2)       (2)

      1.3.2    Waarom dink jy was daar ’n sterk anti-imperialistiese (Britse)
               houding onder Afrikaners?                                      (2 x 2)     (4)

      1.3.3    Noem enige TWEE organisasies wat uitsluitlik vir Afrikaners geskep
               is.                                                           (2 x 1)      (2)

      1.3.4    Gebruik jou eie kennis om te verduidelik hoe die belange van
               Afrikaners deur die Nasionale Party bevorder is.             (2 x 2)       (4)

1.4   Raadpleeg Bron 1D.

       1.4.1   Watter boodskap word deur die plakkaat rakende die bevordering
               van Afrikaner Nasionalisme deur die Nasionale Party oorgedra?
                                                                          (2 x 2)         (4)

       1.4.2   Noem enige TWEE vreemde elemente waarteen kiesers gewaarsku
               word. (Gebruik visuele leidrade op die plakkaat om die vraag te
               beantwoord.)                                                 (2 x 1)       (2)

1.5   Vergelyk Bron 1C en Bron 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
      bewyse in Bron 1D ondersteun rakende die rol wat die Nasionale Party
      gespeel het om Afrikaner Nasionalisme te bevorder.                    (2 x 2)        (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
      paragraaf van ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) waarin jy
      verduidelik hoe Afrikaner Nasionalisme in die 1930’s tot 1940’s in Suid-Afrika
      bevorder is.                                                                        (6)
                                                                                         [50]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                   GESKIEDENIS V2                                           5

VRAAG 2:       HOE HET DIE WET OP DIE VERBOD OP GEMENGDE HUWELIKE
               WET (NR. 55 VAN 1949) DIE LEWENS VAN SUID-AFRIKANERS
               GEAFFEKTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

2.1    Lees Bron 2A.

       2.1.1    Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde.              (1 x 2)        (2)

       2.1.2    Volgens die bron, watter aspekte het swartes vanaf 1948 tot 1994
                beïnvloed?                                                   (3 x 1)          (3)

       2.1.3    Verduidelik waarom die jare van apartheid as van die donkerste
                oomblikke in die geskiedenis van Suid-Afrika gesien word.    (2 x 2)          (4)

       2.1.4    Noem die wet wat miljoene nie-blankes uit hul huise verwyder het.
                                                                             (1 x 2)          (2)

       2.1.5    Waarom, dink jy is die beleid van apartheid toegepas?          (2 x 2)        (4)

2.2    Bestudeer Bron 2B.

       2.2.1    Wat, volgens die bron, het die Wet op die Verbod op Gemengde
                Huwelike vir witmense beteken?                            (1 x 2)             (2)

       2.2.2    Lewer kommentaar op die redes waarom die apartheidsregering die
                Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike toegepas het.     (2 x 2)              (4)

       2.2.3    Wat was die straf vir mense wat die Ontugwet oortree het?      (3 x 1)        (3)

2.3    Lees Bron 2C.

       2.3.1    Wat was die bevolkingsgroep van Sherrin (mnr. Whiteley se vrou)?
                                                                            (1 x 1)           (1)

       2.3.2    Dink jy dat die ouers van Sherrin geregverdig was om na mnr.
                Whiteley as hul skoonseun te verwys? Motiveer jou antwoord.
                                                                               (2 x 2)        (4)

       2.3.3    Wat, volgens die bron, het mnr. Whiteley van Suid-Afrika gemis?
                                                                             (3 x 1)          (3)

2.4    Raadpleeg Bron 2D.

       2.4.1    Watter boodskap word in hierdie foto uitgebeeld met betrekking
                tot die wette wat op gemengderas-paartjies opgelê is?        (2 x 2)          (4)

       2.4.2    Verduidelik die prys wat mnr. Whiteley vir sy huwelik met Sherrin
                moes betaal.                                                  (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

2.5   Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
      bewyse in Bron 2C rakende die weerstand teen die Wet op Gemengde
      Huwelike ondersteun.                                                 (2 x 2)     (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
      paragraaf van omtrent SES reëls (omtrent 60 woorde) waarin jy verduidelik
      hoe die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike die lewens van Suid-
      Afrikaners beïnvloed het.                                                        (6)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 GESKIEDENIS V2                                           7

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag.

VRAAG 3: SWART NASIONALISME

Verduidelik tot watter mate Swart Nasionalisme vanaf 1902 tot 1953 in Suid-Afrika
versterk is.

Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse vanaf 1902 tot 1953.              [50]

VRAAG 4: WEERSTAND IN SUID- AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s

‘Swart Suid-Afrikaners het gewelddadig in opstand gekom teen hul diskriminasie
en onderdrukking in die 1950’s.’

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord deur na die verskillende
vorme van weerstand in die 1950’s te verwys.                                            [50]

                                                                        TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 QP ADDEN MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-adden-memo-nov2020-afr-d/f4ce5226-dfa5-4a4a-b5de-9f57509c6472) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afr-d/87555bf6-9ec7-44d7-bbc5-8d6012385281) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-eng-d/f786fed2-749c-40fb-8dd0-83047fe1f036) — History · Addendum · 2020 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afrikaans/50cf7d7d-7d85-41a3-af10-3803142fe9e5) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-english/8ca14f24-6806-4479-aa96-ef8f7afdac83) — History · Addendum · 2020 · Eng
- [HISTORY P2 GR11 QP ADEN MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-aden-memo-nov2020-eng-d/48366016-86d8-4631-a444-2f3d51c040a1) — History · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
