# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-add-september-2022-afrikaans/d73e5c2c-b7d9-4758-b986-07a9e0a20037
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-add-september-2022-afrikaans/d73e5c2c-b7d9-4758-b986-07a9e0a20037)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          NASIONALE
      SENIOR SERTIFIKAAT

            GRAAD 12

       SEPTEMBER 2022

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM

   Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 1:      HOE HET WIT SUID-AFRIKANERS DIE APARTHEIDSREGERING
               GEDURENDE DIE 1980’s UITGEDAAG?

 BRON 1A

 Die bron hieronder verduidelik die redes vir die instelling van die Einde-konskripsie-
 veldtog (ECC) in 1983.

 Die Einde-konskripsie-veldtog (ECC) was gestig in 1983, nadat Black Sash besluit het
 om in Julie daardie jaar ŉ organisasie vir gewetensbeswaarde mense (mense wat
 skuldig voel oor iets) te stig. Die belangrikste doelwit van die ECC is om die regte van
 gewetensbeswaardes te verbreed en om ŉ stelsel van alternatiewe (ander) militêre
 diens te skep, sonder die element van straf. Die ECC was gestig as ŉ koalisie
 (samesmelting), gelei deur die bestaande Gewetensbeswaarde Ondersteunings-
 groepe, bestaande uit menseregte-, godsdienstige-, studente- en vroue-organisasies
 wat teen konskripsie en militarisering gekant was en toegewyd was om vir ŉ
 regverdige vrede in ons land te werk.

 Die ECC se teenkanting teen konskripsie was gebaseer op die fundamentele geloof
 dat geen persoon teen sy wil gedwing kan word om die wapens op te neem en ŉ lewe
 te neem nie. Weens die stygende betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Weermag
 (SAW) in operasies teen die Suid-Afrikaanse weerstandsorganisasies binne en buite
 die land en in beskerming en instandhouding van die apartheidstelsel in die middel-
 tagtigs, het ŉ groeiende aantal jongmans teen nasionale diens gerebelleer. Meeste
 van hulle het uit Suid-Afrika gevlug om militêre diens te vermy, terwyl ŉ minderheid
 gearresteer was nadat hulle geweier het om militêre diens te ondergaan. Die ECC het
 so vinnig gegroei dat teen die einde van 1985 dit meer as 4 000 lede in sewe takke
 gehad het.

          [Uit https://omalley .nelsonmandela.org>index. php>. Toegang op 9 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)         GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          3

BRON 1B

Die plakkaat was ontwerp deur die ECC vir sy amptelike bekendstelling by die
Claremont-burgersentrum, Kaapstad, in Oktober 1984.

                             [Uit pri.org/file/ECCjpg-o. Toegang op 9 November 2021 verkry.]

          Opskrif: ONS DOEN ’N BEROEP VIR ̓N EINDE AAN KONSKRIPSIE

  JONGMANS WORD OPGEROEP                  JONGMANS WORD OPGEROEP
  OM DIE ONWETTIGE                        OM IN DIE IMPLEMENTERING EN
  BESETTING TE HANDHAAF VAN               VERDEDIGING VAN
  NAMIBIË EN OM ̓N                        APARTHEIDSBELEIDE TE HELP
  ONREGVERDIGE OORLOG
  TEEN DIE BUITELAND TE VOER

                                                   JONGMANS WAT WEIER OM TE
                                                   DIEN, STAAN VOOR DIE KEUSE
                                                   VAN ̓N LEWE IN BALLINGSKAP
                                                   OF ̓N MOONTLIKE 6 JAAR
                                                   TRONKSTRAF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 BRON 1C

 Hierdie bron verduidelik die redes waarom ŉ jong wit Suid-Afrikaner geweier het om in
 die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) te dien.

 Die eerste jongman om aangekla te word vir weiering om in die SAW te dien, was Anton
 Eberhard. Hy het sy aanvanklike diens in 1970 voltooi. Hy was weer opgeroep vir
 diensplig. Hy het geantwoord met ŉ brief aan sy kampkommandeur waarin hy geskryf
 het: “Ek gee erkenning aan die ontvangs van jou oproeppapiere, maar vir redes uit
 gewete (beginsels) is ek nie in staat om by te woon nie. Ek het baie oor die saak
 nagedink en is ten volle bewus van die gevolge vir weiering ... Dit is my oortuiging dat
 die huidige regering geen reg het om in beheer te bly nie en enige organisasie wat dit in
 staat stel om so te doen, kan nie ondersteun word nie.”

 Sy baas, in reaksie wat die heersende wit houdings tipeer (demonstreer) het hom uit
 woede gevra: “So wie gaan verhoed dat ons dogters verkrag word?” ŉ Belangrike faktor
 in sy besluit was die feit dat ŉ vriend in die tyd van sy oproep gearresteer was. In ŉ
 onderhoud het hy verklaar: “Ek het bevriend geraak met Vusi en ŉ voorsmaak gekry in
 hoe die lewe was vir swart Suid-Afrikaners. Ek het geweet ek kon nie ŉ SAW-uniform
 aantrek nie.” Eberhard was gevonnis tot 12 maande in aanhoudingsbarakke
 (leërkampe), waarvan hy twee uitgedien het.

             [Uit https://core.ac.uk. >download>pdf 145042157.pdf. Toegang op 9 Augustus 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           5

 BRON 1D

 Die bron hieronder verduidelik die reaksie van die Nasionale Party regering teenoor die
 ECC in die 1980’s.

 Teen 1985 was die land aan die brand. Daardie jaar – kort na die sluipmoord van
 Matthew Goniwe en ander Cradock-leiers – het die ECC ŉ internasionale
 vredeskonferensie in Johannesburg gehou. In 1985 was dit in die Parlement
 aangekondig dat 7 589 konskripte gefaal het om aan te meld vir die Januarie nasionale
 oproep, in vergelyking met 1 596 vir die hele 1984. Teen daardie tyd het 7 000
 oorlogsteenstanders in Europa gewoon, maar baie ander het eenvoudig die oproep
 ontwyk deur die militêre polisie te ontduik of hul studies onbepaald te verleng.

 Namate die ECC in ondersteuning gegroei het, het die regering probeer om sy
 aktiwiteite te onderdruk. Dit het ŉ kwaai smeerveldtog teen die ECC gevoer in ŉ poging
 om te toon dat dit onpatrioties (nie goeie burgerskap) en gevaarlik was. Strooptogte
 was op ECC kantore uitgevoer en oor die 75 aktiviste was gearresteer, terwyl ander
 persoonlik geteister of aangeval was. Die destydse Minister van Verdediging, Magnus
 Malan het gesê: “Die ECC is ŉ direkte vyand van die SAW. Dit is skandelik dat die
 SAW, maar veral die land se jong mense, die trots van die nasie, onderwerp moet word
 aan die ECC se propaganda, agterdog-saaiende misinformasie (valse inligting). Hy het
 verklaar dat die ECC deel van die revolusionêre aanslag teen Suid-Afrika was.” Die
 P.W. Botha regering het ook die tydperk van gevangeskap van twee na ses jaar
 verleng vir weiering van militêre diens.

 In Augustus 1988 het die ECC die eerste wit organisasie in meer as 20 jaar geword om
 verban te word deur die apartheidsregime. In 1989 in reaksie op ŉ nasionale
 versetveldtog het die ECC dit self ‘ontban’. Gou was konskripsie van twee jaar na een
 jaar verkort en na 1990 effektief uitgefaseer en amptelik in 1993 beëindig. Die ECC het
 druk op die konskripsie-stelsel geplaas en aan die einde dit vir die staat onmoontlik
 gemaak om dit af te dwing.

      [Uit https://www.sahistory.org.za/article/end-conscription-campaighn-ECC. Toegang op 9 Augustus
                                                                                         2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 2:      HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
               DIE MOORD VAN AKTIVIS SIPHIWO MTIMKULU GEHANTEER?

 BRON 2A

 Die bron hieronder verduidelik die redes vir die Waarheid-en-Versoenings-kommissie
 (WVK) wat in 1995 gestig was.

 Sedert April 1996, was die Waarheidskommissie se werk om na slagoffers se stories
 te luister, dikwels vertel deur oorlewende familielede en om amnestie te bied in ruil vir
 die waarheid van die oortreders van politieke misdade gedurende die era van die
 slegs-blanke regering. Die kommissie se rots van geloofwaardigheid was sy klein en
 biegvader, afgetrede aartsbiskop Desmond Tutu, wie ook die 1984 Nobelprys vir
 Vrede gewen het, vir sy pogings om ŉ einde aan apartheid te bring. Namate dit die
 finale fase van sy mandaat binnegaan het, wat onlangs uitgebrei is om die vloed van
 amnestie aansoeke te hanteer, het dit net so kontroversieel (omstrede) geword soos
 die misdade wat dit ondersoek het.

 Baie swartes het geglo dat die kommissie bevooroordeeld was ten gunste van wittes
 en baie wittes het geglo dat dit ten gunste die swartes was. Die uitgesaaide (wat op
 televisie verskyn) verhore was veronderstel om Oprah-styl vertel-alles sessies te
 wees wat nasionale rekonsiliasie en genesing bevorder. Baie slagoffers en hul
 families, het egter bitterlik gekla dat die amnestie-verhore ŉ wettige toutrekkery
 geword het.

 Sommige slagoffers het berusting gevind by die amnestie-verhore, terwyl ander
 ‘ongelukkig’ was omdat hulle geglo het dat sommige oortreders nooit die volle
 waarheid oor hul misdade ontbloot het nie.

       [Uit https://archive.macleans.ca>article>the-painful-truth Toegang op 1 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             7

 BRON 2B

 Hierdie bron fokus op die getuienis wat Siphiwo Mtimkulu se ma, Joyce Mtimkulu aan
 die WKV-verhore by die Eeufees-Saal (Centenary Hall) in New Brighton in Junie
 1996, gelewer het.

 Mtikmkulu was deel van ŉ nuwe vlaag van anti-apartheid aktivisme (betrokkenheid) in
 die 1970’s, gegrond in die ideale van swart bemagtiging en jeug-aktivisme. Toe die
 Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) in 1979 gevorm was, het Mtimkulu
 by die Port Elizabeth-tak aangesluit kort nadat hy uit die tronk vrygelaat was. Sy
 misdaad was die besit van verbanne literatuur (boeke, koerante, ens.). Mtimkulu se
 politieke aktiwiteite het hom gou bekend gemaak aan die Port Elizabeth se
 veiligheidspolisie. Teen daardie tyd was dit algemene kennis dat COSAS swaar
 geïnvesteer (betrokke) was in die vryheidstryd en geaffilieer (deel gevorm het) was
 aan politieke partye wat verban was, wat uit die buiteland werksaam was. Dit help om
 te verduidelik waarom die sekuriteitspolisie Mtimkulu se bewegings so noukeurig
 dopgehou het. Dit was slegs ŉ kwessie van tyd voordat sake tot ŉ punt gekom het –
 en in 1981 het dit tot ŉ konfrontasie gelei wat die verloop van Siphiwo se lewe sou
 beïnvloed (en onvermydelik, dit veels te vroeg sou beëindig).

 Monde Mditshwa, een van Siphiwo’s se vriende, het aan die WVK verduidelik hoe
 Siphiwo gevang was in wat sy finale verblyf in polisie-aanhouding sou wees. Siphiwo
 was in die arm geskiet, gearresteer en in aanhouding geneem (via die hospitaal).
 Mtimkulu was gevange gehou vir vyf maande en was op 20 Oktober 1981 vrygelaat.
 Hy het onmiddellik gekla van erge pyn in sy bene, voete en maag, sowel as om te
 praat oor die tipe marteling wat hy moes verduur terwyl hy in aanhouding was. Joyce
 Mtimkulu, Siphiwo se ma, het geluister en baie wat Siphiwo in 1981 gesê het,
 opgeneem en was in staat om haar seun se marteling aan die Menseregteskendings
 verhoor oor te vertel by die WVK, vyftien jaar later. Sy verduidelik dat Siphiwo
 gemartel was deur elektriese skokke, geslaan en byna doodversmoor was met ‘n nat
 handdoek.

 Soos die pyne erger geraak het, was hy na Livingstone hospitaal op 26 Oktober 1981
 geneem en oorgeplaas na Kaapstad se Groote Schuur hospitaal vir meer omvattende
 toetse. Toetse het gewys dat tallium (gif) in Simphiwo se liggaam aanwesig was, ‘n
 rare (skaars) en kleurlose chemiese middel wat moeilik is om te ontdek. Simphiwo
 was vergiftig.

       [Uit:sabcnew.com./sabcnews/life-and-times-of-a-youth-activist-the-murder-of-siphiwo-mthimkhulu
                                                              Toegang op 1 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 BRON 2C

 Die foto toon Siphiwo Mtimkulu wie ontslaan word uit Groote Schuur-hospitaal in 1982
 nadat hy behandel was vir tallium-vergiftiging, wat deur die veiligheidspolisie aan hom
 gegee was terwyl hy in detensie (aanhouding) was. Die fotograaf is onbekend.

 [Uit journals.openedition.org/etudesafricaines/22209?long=en. Toegang op 1 November 2021 verkry.]

    [DIE PLAKKAAT LEES: ‘VERGIFTIGING VAN MENSE
    GAAN ONS NIE STOP NIE’]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           9

 BRON 2D

 Die bron hieronder verduidelik die getuienis wat op 26 Januarie 1997 by die WVK in
 Port Elizabeth deur ŉ polisie-generaal gelewer is oor hoe hy die bedwelmde aktivis
 Siphiwo Mtimkulu tereggestel het.

 Afgetrede sekuriteitspolisie, generaal Nic van Rensburg, het erken dat hy Oos-
 Kaapse studente-leier Siphiwo Mtimkulu in 1982 tereggestel het nadat hy hom met
 gedokterde koffie bedwelm het, en oor die moord by die Harms-kommissie van
 Ondersoek gelieg het. By getuienis voor die Amnestiekomitee, het Van Rensburg ook
 erken dat hy gelieg het in ŉ aansoek aan die Kaapse Hooggeregshof om Mtimkulu se
 ma tydelik die stilswye op te lê (haar te laat stil bly). In die valse verklaring wat hy aan
 die Harms-kommissie in 1990 gemaak het, het hy persoonlike betrokkenheid aan
 Mtimkulu se dood ontken.

 Vir die eerste keer het Van Rensburg openlik aan die komitee vertel van sy rol in die
 ontvoering en moord van Mtimkulu en sy mede-aktivis, Topsy Madaka. Hy soek
 amnestie vir die moord, tesame met drie voormalige sekuriteitspolisiemanne. Toe hy
 vroeër getuig het, het Van Rensburg Mtikulu en Madaka as ‘twee groot ramkatte
 (gevaarlike mense) in die rewolusionêre stryd’ beskryf. Na hul ontvoering buite ŉ Port
 Elizabeth hotel, op 14 April 1982, was die aktiviste geneem na ŉ ongebruikte
 polisiestasie naby Cradock waar hulle ondervra en toe gedokterde drankies ingegee
 is, het hy gesê. Nadat die aktiviste albei geskiet was, is hul liggame op ŉ hopie hout
 geplaas en aan die brand gesteek. Die volgende oggend het hulle die oorblyfsels
 bymekaargeskraap en dit in die Visrivier gegooi. Dieselfde dag het hulle die aktiviste
 se motor na die Lesotho-grens bestuur om die indruk te skep dat hulle die land verlaat
 het. “Ek is jammer oor wat ek gedoen het,” het Van Rensburg gesê.

 In 2000 is amnestie aan die moordenaars van Mtimkulu en Madaka toegestaan. Die
 kommissie het bevind dat hulle die volle waarheid oor die storie van die dood van die
 twee aktiviste openbaar het.

 In 2007, tien jaar na die verhore plaasgevind het, het die Taakspan vir Vermiste
 Persone, die oorblyfsels van Mtimkulu en Madaka by Post Chalmers, die afgeleë
 terrein in die Oos-Kaap gevind waar hulle vermoor was.

          [Uit justice.gov.za/trc/media1997/9701/s970924c.htm. Toegang op 1 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP ONDER-ONTWIKKELENDE
         NASIES GEHAD?

BRON 3A

Hierdie is ŉ uittreksel uit ŉ toespraak deur Horst Kohler, die besturende direkteur van die
IMF, wat op 28 Januarie 2002 by die Amerikaanse konferensie in Washington DC oor die
voornemens van globalisering gelewer is.

Globalisering is die proses waardeur ŉ toenemende vrye vloei van idees, mense,
goedere, dienste en kapitaal lei tot die integrasie (ineenvloeiing) van ekonomieë en
samelewings. Dit word dikwels beskou as ŉ onomkeerbare (permanente) mag wat deur
sommige lande en instellings soos die IMF en die Wêreldbank op die wêreld afgedwing
word. Dit is egter nie so nie. Globalisering verteenwoordig ŉ politieke keuse ten gunste
van internasionale ekonomiese integrasie, wat vir die grootste deel hand aan hand
gegaan het met die konsolidasie van demokrasie. Juis omdat dit ŉ keuse is, kan dit
uitgedaag word, selfs omgekeer word, maar net teen ŉ groot koste vir die mensdom. Die
IMF glo dat globalisering groot potensiaal het om by te dra tot die groei wat noodsaaklik
is om ŉ volgehoue vermindering van wêreldwye armoede te bereik ...

Handelsliberalisering (vryheid) is die beste vorm van hulp vir selfhelp, beide omdat dit ŉ
ontsnapping van hulpafhanklikheid bied en omdat dit ŉ wen-wen-speletjie is, kan alle
lande voordeel uit vrye handel trek. Die ware toets van die geloofwaardigheid van ryk
lande se pogings om armoede te bekamp lê in hul bereidwilligheid om hul markte oop te
stel en handelssubsidies uit te faseer in gebiede waar ontwikkelende lande ŉ
vergelykende voordeel het soos in landbou, verwerkte voedsel, tekstiele, klere en ligte
vervaardigers.

           [Uit www.imf.org/exernal/np/exr/ib/2002/031502.htm. Toegang op 20 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          11

BRON 3B

Die bron hieronder beskryf die negatiewe uitwerking van globalisering op arm nasies.

Globalisering het gelei tot: verhoogde internasionale handel; ŉ maatskappy wat in meer as
een land werksaam is; groter afhanklikheid van die globale ekonomie; vrye beweging van
kapitaal, goedere en dienste; erkenning van maatskappye soos McDonalds en Starbucks
in minder ekonomies ontwikkelde lande.

Alhoewel globalisering waarskynlik help om meer welvaart in ontwikkelende lande te skep,
help dit nie om die gaping tussen die wêreld se armste lande en die wêreld se rykstes te
verklein nie. Globalisering het daartoe gelei dat baie besighede bedrywighede in ander
lande oprig of koop. Maatskappye wat in verskeie lande bedrywig is, word Multi-Nasionale
Korporasies (MNK’s) of Trans-Nasionale Korporasies (TNK’s) genoem. Die Amerikaanse
kitskosketting-restaurant McDonalds is ŉ groot MNK – dit het byna 30 000 restaurante in
119 lande.

Globalisering funksioneer meestal in belang van die rykste lande, wat steeds wêreldhandel
oorheers ten koste van ontwikkelende lande. Die rol van minder ekonomies ontwikkelde
lande in die wêreldmark is meestal om die Noorde en Weste van goedkoop arbeid en
grondstowwe te voorsien. Daar is geen waarborge dat die rykdom van inwaartse
belegging die plaaslike gemeenskap sal bevoordeel nie. Dikwels word winste teruggestuur
na die meer ekonomies ontwikkelde land waar die TNK gebaseer is.

[Uit https:/www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation rev5.shtml. Toegang op
                                                                                 20 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 BRON 3C

 Hierdie spotprent het in die Eritrean News verskyn met die titel, ‘Hoe die Wêreldbank en
 Internasionale Monetêre Fonds Afrika vernietig.’ Die spotprenttekenaar en die publikasie
 datum is onbekend.

        [Uit https://www.tesfanews.net/wp-content/uploads/2015/01/Africa-indebted-to-IMF-World-Bank.jpg
                                                                 Toegang op 20 November 2021 verkry.]

DIE WESTE                                          SKULDKANSELLASIE

               HY SAL VERGEWE
               AS JY SAL VERGEET
               …                                                   “VERGEWE DIE SKULD IN
                                                                   AFRIKA”? ... JY BEDOEL OM DIE
                                                                   EEUE VAN KOLONIALE
                                                                   UITBUITING, SLAWERNY EN
                                                                   DIEFSTAL VAN ONS NATUURLIKE
                                                                   HULPBRONNE TE VERGEET?

 Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          13

BRON 3D

Die bron hieronder beskryf die positiewe effekte (gevolge) wat globalisering op
ontwikkelende lande het.

Belangrik, globalisering speel ’n sleutelrol in die Derdewêreld. In besonder beïnvloed
globalisering die politiek, bevorder tegnologiese ontwikkeling, vergroot ekonomiese
prosesse en verbeter die sosiale, gesondheid en die natuurlike omgewing.
Internasionale handel bly ’n versterker vir die meeste van hierdie ekonomieë, omdat
hulle markte vir ontwikkelde lande is en bied ’n geleentheid om hul produkte na die
globale mark uit te voer. Behalwe dit, is globalisering egter tweesydig. Dit lei tot
werkloosheid, groter inkomste – ongelykheid en kulturele imperialisme onder ander
negatiewe faktore.

Die eerste effek is dat die standaard van lewe van miljoene mense in die Derdewêreld
verbeter. In besonder, met globalisering, het regerings van ontwikkelende lande
toegang tot buitelandse lenings, wanneer hulle hierdie fondse gebruik om vervoer-
infrastruktuur, gesondheidsdienste, besproeiingskemas, onderwys en ander sosiale
dienste te verbeter, verhoog die standaard van lewens. Indien hierdie geld nie reg
aangewend word nie, kan dit aanleiding gee tot korrupsie en verhoogde armoede in
ontwikkelende lande. Vandag is Derdewêreld-lande in verbinding met die res van die
wêreld deur satelliete en kabeldienste.

                       [Uit https: //www.linkedin.com/pulse/impact-globalisation-developing. Toegang op
                                                                              20 November 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                 (EC/SEPTEMBER 2022)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

https://archive.macleans.ca>article>the-painful-truth

https://core.ac.uk. >download>pdf 145042157.pdf

https://omalley nelsonmandela.org>index. php>

https:/www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation
rev5.shtml

https://www.linkedin.com/pulse/impact-globalisation-developing

https://www.sahistory.org.za/article/end-conscription-campaighn-ECC

https://www.tesfanews.net/wp-content/uploads/2015/01/Africa-indebted-to-IMF-World-
Bank.jpg

journals.openedition.org/etudesafricaines/22209?long=en

justice.gov.za/trc/media1997/9701/s970924c.htm

pri.org/file/ECCjpg-o

sabcnew.com./sabcnews/life-and-times-of-a-youth-activist-the-murder-of-siphiwo-
mthimkhulu

www.imf.org/exernal/np/exr/ib/2002/031502.htm.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
