# History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

           GRAAD 12

            JUNIE 2022

       GESKIEDENIS V2
         ADDENDUM

    Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                            (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 1:      HOE HET DIE STIGTING VAN DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF)
               ’N IMPAK OP DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE 1980’s GEHAD?

 BRON 1A

 Hierdie bron is ŉ uittreksel uit die toespraak gemaak deur Allan Boesak by die stigting van
 die United Democratic Front (UDF) in Mitchellsplein, Kaapstad in 1983.

 ‘Laat ek julle herinner aan die drie klein woordjies. Die eerste is ‘alles’. Ons soek al ons
 regte, nie net ŉ paar leë aalmoese wat die regering dink is goed genoeg om te gee nie …
 En ons wil laat al Suid-Afrika se mense moet menseregte geniet, nie net ŉ paar
 uitgesoektes nie, nie net Kleurlinge en Indiërs nie.

 Die tweede is die woord ‘hier’. Ons soek al ons regte hier in ŉ verenigde, onverdeelde
 Suid-Afrika. Ons wil dit nie in verarmde tuislande hê nie, ons wil dit nie in ons aparte
 woongebiede hê nie.

 Die derde woord is die woord ‘nou’. Ons soek al ons regte, ons soek dit hier en ons soek
 dit nou. Ons het te lank gewag. Ons het te lank gesukkel. Ons het te lank gesmeek, gehuil,
 gepetisioneer. Ons was vir te lank gevange geneem, verban, doodgemaak. Nou is die tyd!’

                                                       [Uit South Africa since 1948 deur C. Cupin]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                        3

 BRON 1B

 Die bron toon die verskillende organisasies wat by die United Democratic Front (UDF)
 geaffilieer was.

                               [Uit www.ancarchives.co.za. Toegang op 14 Februarie 2022 verkry.]

                     UDF VERENIG ‒ APARTHEID VERDEEL

                                                                           VOORWAARTS NA
                                                                           MAG VIR DIE MENSE

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                               (EC/JUNIE 2022)

BRON 1C

Die bron hieronder beklemtoon die aktiwiteite wat die United Democratic Front (UDF)
aangepak het om die regering se apartheidsbeleid in die 1980’s uit te daag.

Die United Democratic Front (UDF’s) se teenstand teen apartheid is gemanifesteer (duidelik
gemaak) in ŉ aantal aksies. Kort na sy stigting, het dit ŉ suksesvolle boikot-aksie geloods
teen die verkiesing van die (Kleurling) Huis van Verteenwoordigers en (Indiër) Huis van
Afgevaardigdes. Die UDF was betrokke in die organisering van ŉ aantal verbruikersboikotte
en wegbly-aksies. In 1983 en 1984, het dit die ‘een miljoen handtekeninge’-veldtog geloods,
waar handtekeninge gevra was om hul mening te lug oor teenkanting oor die sogenaamde
Koornhof-wetgewing op swart plaaslike regering, sowel as vir die nuwe konstitusie
(grondwet).

Nietemin, die UDF se grootste uitwerking was op grondvlak waar dit plaaslike strukture
geskep het wat ŉ sleutelrol in die politieke opvoeding en mobilisering van die massas gespeel
het. By sy tweede nasionale kongres, wat in April 1985 gehou was daar besluit om massa
ondersteuning in aktiewe deelname te verander, onder die tema ‘Van Protes na Uitdaging’:
Van Mobilisasie tot Organisasie’. Vier maande later was hierdie tema uitgebrei om ŉ nuwe
slagspreuk in te sluit, ‘Voorwaarts na Mense se Mag’. Die UDF se strategie was om
besluitnemingstrukture wat deur die regering geskep was met ŉ stelsel van ‘mense se mag’
te vervang. Dit was gelykstaande aan die oprigting (instelling) van ‘liberale (nie-rassistiese)
gebiede’ in Suid-Afrika.

Die staat het hierdie bedreiging probeer afskud deur die algemene onrus in die land te
onderdruk, wat ŉ hoogtepunt in 1985 bereik het, deur ŉ reeks noodtoestande af te kondig.
ŉ Groot aantal mense was gearresteer in terme van sekuriteitswetgewing. Die UDF, in die
besonder, was sleg geaffekteer. Verskeie sleutellede in die organisasie was vermoor,
insluitende Matthew Goniwe (UDF-organiseerder in die Oos-Kaap) en Victoria Mxenge
(UDF-tesourier in Natal). Byna die hele leierskapskorps van die UDF was ingeperk (om nie
vryelik rond te kan reis of te beweeg) in die tydperk 1985 tot 1987.

           [Uit https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv03188/
                                                     06lv03222.htm. Toegang op 22 Januarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                    GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           5

BRON 1D

Die uittreksel hieronder fokus op die regering se reaksie in die onderdrukking van die
leierskap van die UDF.

Soos die UDF gegroei het, het die apartheidsregime elke metode tot sy beskikking en elke
wapen in sy arsenaal (plek waar wapens gestoor word) probeer om die verspreiding van
populêre weerstand te stop. By tye was hierdie metodes ‘wettig’, gevolg deur prosedures
neergelê in die wette deur die regering geproklameer (afgekondig). Ander metodes was
dade van oorlog teen die bevolking – dit het sluipmoorde, bomme te plant en terrorisme in
die bitterste sin van die woord ingesluit.

Sommige van die eerste maatreëls wat die staat probeer het om die UDF te onderdruk was
om sy leiers tronk toe te stuur – aanhouding sonder verhoor, en verhoor vir politieke
misdade.

In Augustus 1984, gedurende die UDF se hoogs suksesvolle boikotte van die Driekamer-
parlementverkiesings het die regering 18 van die boikot-leiers gearresteer. In Natal het hulle
die UDF se nasionale president, Archie Gumede (wat 78 jaar oud was) gearresteer; die
UDF se nasionale tesourier Mewa Ramgobin, wat ook publisiteitsekretaresse van die Natal
Indiër Kongres (NIC) was; president van die NIC, George Sewpersadh; NIC vise-president
MJ Naidoo; vakbondleier en NIC lid Billy Nair; algemene sekretaris van die South African
Allied Workers’ Union, Sam Kikine en die nasionale voorsitter van die African People’s
Democratic Union of South Africa, Kadir Hassim.

Op die 13de September 1984, het ses van die leiers wat weggekruip het – Archie Gumede,
Mewa Ramgobin, MJ Naidoo, Billy Nair, George Sewpersadh en Paul David – skuiling gaan
soek in die Britse konsulaat in Durban. Hulle het doelbewus na die Britse konsulaat gegaan
om uit te lig – en teen dit te protesteer – teen die Britse regering se ondersteuning vir die
Botha-regime.

     [Uit https://www.saha.org.za/udf/repressing_the_leadership.htm. Toegang op 23 Januarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 2:    HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
            IN DIE HANTERING VAN MLUNGISI GRIFFITHS MXENGE SE DOOD?

BRON 2A

Die volgende uittreksel fokus op die sluipmoord van die anti-apartheid aktivis en prokureur,
Griffiths Mxenge, op 20 November 1981.

Op 20 November 1981, was Griffiths Mxenge dood in ŉ fietsry-stadium by Umlazi aangetref.
Drie Vlakplaas-operatiewe genaamd, opperbevelvoerder Dirk Coetzee en ‘askaries’
(spioene/uitverkopers) Almond Nofemela en David Tshikilange was aangekla en veroordeel
vir die moord. Coetzee, Nofemela en Tshikilange het om amnestie vir die moord op Mxenge
aansoek gedoen. Nofemela het aan die Kommissie vertel dat die drie mans vir Mxenge
onderskep (gevang) het op pad huis toe vanaf sy werk op die aand van 20 November 1981.
Hulle het hom uit sy motor gesleep en hom na die nabygeleë Umlazi-stadium gevat waar
hulle hom aanhoudend geslaan en gesteek het. Nofemela het aan die Kommissie vertel dat
Mxenge verwoes teenstand teen sy aanvallers gebied het tot hy teen sy kop met ŉ
skroefhamer geslaan was. Hy het op die grond geval, en die stekery het aangehou tot hy
dood was … Hulle het toe sy motor, beursie en ander besittings gevat om dit na ŉ rooftog
te laat lyk. Mxenge se voertuig was later gevind, uitgebrand en verlate, naby die Golela-
grenspos tussen Suid-Afrika en Swaziland. Op 15 Mei 1997, was Coetzee, Nofemela en
Tshikilange skuldig bevind vir die moord op Mxenge. Op versoek van die Kommissie se
Amnestiekomitee, was vonnisoplegging uitgestel tot die Komitee ŉ uitspraak op al die
aansoeke bereik het …

                             [Uit www.justice.gov.za/trc/report/. Toegang op 28 Januarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                   GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         7

BRON 2B

Die volgende verklaring was deur die Amnestiekomitee van die WVK uitgereik. Dit fokus op
die redes vir toestaan van amnestie aan Dirk Coetzee, Almond Nofemela en David
Tshikilange vir die moord op Griffiths Mxenge.

Die Amnestiekomitee van die Waarheids-en-Versoeningskommissie het vandag amnestie
aan Dirk Coetzee, David Tshikilange en Butana Almond Nofemela respektiewelik vir die
moord op die Durbanse prokureur, mnr. Griffiths Mxenge, in November 1981 toegestaan.
Die Komitee het gesê dat terwyl ‘daar mag twyfel is’ oor die identiteit van dié wat Coetzee
opdrag gegee het of geadviseer het om mnr. Mxenge dood te maak, daar geen twyfel was
dat Coetzee gehandel het op ‘die advies, bevel of opdrag van een van die meer senior lede
van die Sekuriteitstak’ van die Suid-Afrikaanse polisie nie.

Die Komitee het op rekord geplaas sy ‘sterk afkeur’ van die aanvoering van die polisie in
‘reëling van die teregstelling van ŉ prokureur wat niks meer as sy plig gedoen het deur
genoegsame verteenwoordiging te voorsien aan persone wat kriminele aanklagte in die
gesig gestaar het nie’. In sy bevindings, het die Komitee gesê: ‘Op die bewyse voor ons is
ons tevrede dat nie een van die aansoekers die vermoorde, Mxenge, geken het nie of dat
hulle enige rede gehad het om sy dood te veroorsaak nie voordat hulle nie die opdrag om
dit te doen, ontvang het nie. Ons is tevrede dat hulle dit wat hulle gedoen het, gedoen het
omdat hulle dit as hul plig as polisiemanne beskou het wat betrokke was in die stryd teen
die ANC en ander vryheidsbewegings.

Dit is, dink ons, duidelik dat hulle op hul seniors/bevelvoerders staatgemaak het om
akkuraat en regverdig die vraag te oorweeg as was dit nodig om die moord te las of kon
ander stappe geneem word …’ Die drie amnestie-aansoekers was veroordeel (skuldig
bevind) vir Mxenge se moord gedurende ŉ verhoor in Durban nadat hul amnestie-aansoek
aangehoor was. As ŉ gevolg van die toestaan van amnestie, sal dit nie nodig wees vir die
hofsaak om voort te gaan met die vraag van vonnisoplegging nie.

            [Uit www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html. Toegang op 28 Januarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                              (EC/JUNIE 2022)

BRON 2C

Hierdie spotprent beeld aartsbiskop Desmond Tutu en dr. Alex Boraine uit waar hulle die
berg genaamd BEWYSE uitklim. Hulle was die taak opgelê om die politieke gruweldade
wat gepleeg was tussen 1960 en 1994 te ondersoek.

                      [Vertaal en aangepas uit Sowetan, Mei 1996. Toegang op 3 Januarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                   GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          9

BRON 2D

Die volgende verslag deur die Suid Afrikaanse Pers-Assosiasie (SAPA) skets die redes vir
die Mxenge-familie se teenstand teen die proses van amnestie.

DURBAN, 5 November 1996 — SAPA, MXENGE-FAMILIE BIED TEENSTAND TEEN
COETZEE SE AMNESTIE-AANSOEK Die familie van die vermoorde menseregte-
prokureur, Griffiths Mxenge, het op Dinsdag gesê dat die toestaan van amnestie aan
voormalige polisieman Dirk Coetzee, wat erken het dat opdrag vir Mxenge se moord gegee
was, ŉ bespotting van geregtigheid sal wees … Mxenge se broer, Mhleli, 54, het gesê dat
Coetzee en sy medebeskuldigdes nie voldoen het aan die kriteria om amnestie te ontvang
soos vervat in die Bevordering van Nasionale Versoeningswet nie. Mxenge het die verhoor
gekritiseer deur te sê: ‘Wat ons omkrap is die inmenging met die normale gang van die
gereg. Ons het hard geveg om Coetzee aangekla te kry. Nou kom hierdie mense op met
hierdie … amnestie-verhoor’. In reaksie op Coetzee se verklaring dat hy in daardie tyd
onder opdrag gehandel het, het Mxenge gesê: ‘Daar is geen bewyse dat die doodmaak van
politieke opponente (teenstanders) binne die gang en raamwerk val van hul pligte as lede
van die sekuriteitspolisie nie. Ek is, daarom, heeltemal gekant teen die toestaan van
amnestie aan Dirk Coetzee, Tshikilange en Almond Nofemela omdat dit ŉ bespotting van
die gereg is …’

        [Uit www.justice.gov.za/trc/media/1996/9611/s961105h.html. Toegang op 28 Januarie 2022 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                (EC/JUNIE 2022)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was geneem uit die volgende:

https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv031
88/06lv03222.htm

https://www.saha.org.za/udf/repressing_the_leadership.htm

www.ancarchives.co.za.

www.justice.gov.za/trc/report/

www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html

www.justice.gov.za/trc/media/1996/9611/s961105h.html.

South Africa since 1948 by C. Cupin, 2000, Londen

Sowetan, 1 Mei 1996

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — History · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — History · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
