# History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2024
- Exam period: HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10)

## About this document

History · Grade 12 · HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24 · 2024 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
 SENIORSERTIFIKAAT

       GRAAD 12

        JUNIE 2024

   GESKIEDENIS V2
     ADDENDUM

Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 1:     WAAROM HET DIE BURGERLIKE SAMELEWING IN SUID-AFRIKA DIE
             IMPLEMENTERING VAN DIE WET OP STEDELIKE BANTOERADE
             GEDURENDE DIE 1980’s TEENGESTAAN?

BRON 1A

Die uittreksel hieronder verduidelik hervormings wat deur eerste minister PW Botha in 1983
in die Suid-Afrikaanse parlement ingestel is wat massa burgerlike protes ontketen het.

Gedurende die 1980’s het die apartheidsregering onder toenemende interne druk gekom.
Die Nasionale Party het probeer om ŉ politieke oplossing vir die krisis wat hulle in die gesig
gestaar het te vind, deur die kosmetiese Driekamerparlement te skep. Hierdie bestuurstelsel
het met apartheid gepeuter, maar dit nie uitgedaag nie. Botha se Nuwe Bedeling is daarop
gemik om hierdie situasie te versterk deur “swart plaaslike owerhede” in die lokasies
(townships) te skep. Afrikane wat in townships woon, sal toegelaat word om vir hierdie
owerhede te stem, maar nie vir die nasionale regering in die Republiek van Suid-Afrika nie.
Terselfdertyd sou swart plaaslike owerhede betaal word deur, en onder beheer van die
nasionale regering se Bantoe Administrasieraad bly – wit amptenare wat deur die ‘slegs-
wit’-regering aangestel is.

Die hervormings het die teenoorgestelde effek as wat die apartheidsregime bedoel het,
gehad. Hervormings het hernieude stukrag (motivering) vir die weerstandsbewegings
verskaf, en die 1980’s was ŉ dekade wat ŉ keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis
geword het.

Omvattende protes-aksies, deur massas gewone Suid-Afrikaners teen die
apartheidsregime, het sy hoogtepunt in die 1980’s bereik. Dit het stakings, massabetogings,
skool-, huur- en verbruikersboikotte ingesluit. Die huise van ‘uitverkoopers’,
regeringsgeboue en biersale is aangeval. Die regering het met uiterste brutaliteit en
onderdrukking gereageer deur ŉ noodtoestand wat vir ŉ groot deel van die 1980’s geduur
het, te verklaar.

           [Uit sahistory.org.za/article/1980s-and-crisis-apartheid. Toegang op 19 November 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2024)                     GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             3

BRON 1B

Die uittreksel hieronder beskryf die redes vir die stigting van burgerlike organisasies in die
1980’s.

Gemeenskaps- of burgerlike organisasies is op plaaslike vlak gevorm om die beheer van
die apartheidstaat teen te staan en om die belange van plaaslike gemeenskappe te
bevorder. Burgerlike organisasies is van onder af opwaarts georganiseer, en hoewel die
ANC verbied is, het die meeste burgerlikes met die ANC geïdentifiseer.

Burgerlikes het ‘brood-en-botterkwessies’ soos huur, munisipale dienste, openbare vervoer
en swak ontspannings- en kindersorgfasiliteite aangepak. Burgerlikes het gepoog om die
lewenskwaliteit van township-inwoners te verbeter en het ŉ groot rol in die weerstand van
die 1980’s gespeel. Daar was gereelde, gewelddadige konfrontasies met die
veiligheidsmagte.

Die regering het gemeenskapsrade gestig wat deur swart raadslede bedien was wat vir
township-administrasie verantwoordelik was. Hierdie gemeenskapsrade is deur huur- en
diensfooie van plaaslike inwoners gefinansier. Raadslede is as medewerkers (verraaiers)
of ‘sell-outs' (‘uitverkoopers’) beskou en rade is deur gemeenskappe verwerp omdat hulle
apartheidstrukture opgelê het. Raadslede en swart polisiebeamptes is gedwing om uit die
townships te vlug, gedwing om te bedank of het gewelddadige dood in die gesig gestaar.

Burgerlike organisasies in straat- en gebiedskomitees het gepoog om alternatiewe
instellings van administrasie en geregtigheid te vorm in ŉ poging om volksmag teen wit
minderheidsheerskappy te vestig. Betogings teen swak dienste het die vorm van boikotte
aangeneem, waarin inwoners geweier het om huur of diensfooie aan die munisipaliteit te
betaal. In 1985 het Oliver Tambo, leier van die ANC in ballingskap, gesê: “In hierdie
komende tydperk sal ons met nog meer krag (energie) die vernietiging van die
regeringsorgane moet voortsit om die land onregeerbaar te maak.”

     [Uit https://www.sahistory.org.za/article/liberation-organisation. Toegang op 19 November 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                (EC/JUNIE 2024)

BRON 1C

Die bron hieronder is ŉ uittreksel uit ŉ boek deur K. Jochelson. Dit verduidelik die huurboikot
wat die Vaal Civic Association (VCA) in Julie 1984 aangepak het nadat ŉ nuwe
huurverhoging aangekondig is.

Bewyse dat politieke bewussyn in die townships al hoe meer strydlustig (aggressief) geword
het, het na vore gekom toe die huurboikot na 54 townships landwyd versprei het. Dit het
sowat 300 000 huishoudings betrek en die staat minstens R40 miljoen per maand gekos.
Die huurboikotte was ŉ reaksie op beide ekonomiese en politieke griewe.

Die Vaal plaaslike owerhede het jare lank daarin geslaag om wins te maak – wat hulle
gedoen het deur die koste van die huur van dorpshuise van gemiddeld R11,87 per maand
in 1977 tot R62,56 per maand in 1984 te verhoog. In 1984 was dit R10 per maand hoër as
enige ander township. In Julie 1984 het die Lekoa Dorpsraad ŉ nuwe huurverhoging
aangekondig.

ŉ United Democratic Front (UDF) geaffilieerde by name die Vaal Civic Association (VCA)
het teenkanting teen die huurverhoging gemobiliseer. Die VCA is in Oktober 1983 gestig
om swart plaaslike owerhede-verkiesings teen te staan. Toe huurverhogings aangekondig
is, het die VCA ŉ anti-huur-veldtog georganiseer. Dit het persverklarings teen die verhoging
uitgereik, pamflette versprei en vergaderings in al die geaffekteerde gebiede gehou:
Boipatong, Sebokeng, Evaton Small Farms, Sharpeville en Bophelong. Die polisie het op ŉ
optog wat deur die VCA geroep is om teen hoër huurgeld en tariewe te protesteer
losgebrand. Mense het teruggeveg. Geweld het oor die Witwatersrand versprei.

    [Uit ‘Rent Boycotts: Local Authorities on their Knees, Work in Progress, No. 44 September/October 1986
                                                                                         deur K. Jochelson]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2024)                  GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          5

 BRON 1D

 Die plakkaat hieronder is deur die Vaal Civic Association (VCA) ontwerp om
 gemeenskappe na ŉ vergadering te nooi om die besluite wat deur die plaaslike swart
 owerhede geneem is, teen te staan.

     VAAL INWONERS                                          •   verwerp gemeenskapsrade
                                                            •   moenie stem nie
                  BELANGRIKE VERGADERING                    •   eis beter behuising
                                                            •   eis lae huurbetalings

         JY IS GENOOI                                               SPREKERS:
         PLEK: ROOMS-KATOLIEKE KERK                       Lord McCamel (Vaal Burger)
         SONE 12 (OORK. POSKANTOOR)                       Aubrey Makoena (Bevry
         TYD: 1–00 nm.                                    Mandela-Komitee)
         DATUM: 27 NOV 1983                               Elliot Shabangu (GAWU)

                     [Uit https://www.saha.org.za>udf>civics.html Toegang op 19 November 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

6                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                              (EC/JUNIE 2024)

 VRAAG 2:      HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
               GEPOOG OM VERSOENING IN SUID-AFRIKA TE BEVORDER?

 BRON 2A

 Die volgende is ŉ uittreksel uit ŉ boek deur D. Herwitz geskryf. Dit fokus op die redes vir
 die stigting van die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK).

 Die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) is in 1995 gestig om
 menseregteskendings sedert 1960 te ondersoek, en om amnestie aan daardie
 oortreders wat volle openbaarmaking gemaak het toe te staan. Die kommissie moes ook
 versoening en eenheid onder Suid-Afrikaners bevorder. In ruil vir volledige bekentenisse
 van polities gemotiveerde misdade, het die WVK amnestie belowe vir diegene wat na
 vore gekom het. Die WVK se mandaat moes gelyk-handig wees, maar sy samestelling
 was kwalik gebalanseerd. Die voorsitter, aartsbiskop Desmond Tutu, was ŉ
 beskermheer (ondersteuner) van die United Democratic Front, die ANC se interne front
 sedert die vroeë 1980’s ...

 Op daardie stadium was die WVK die eerste herstellende geregtigheidsproses van sy
 soort om openbare verhore te hou en ruimte vir oorlewendes te bied om hul stories in
 hul eie woorde te vertel. Hierdie verhore het ŉ belangrike simboliese funksie in ŉ land
 gedien waar die regeringstelsel op die ontkenning en stilswye van veral swart stemme
 gegrond is.

 Altesaam het die kommissie sowat 21 300 verklarings van slagoffers ontvang en sowat
 38 000 growwe skendings van menseregte aangeteken. Meer as een duisend oortreders
 het amnestie ná volle openbaarmaking ontvang. In plaas daarvan om op die konteks van
 ŉ daad te konsentreer, het die kommissie op die dader of slagoffer gefokus, met die
 gevolg dat die konteks in die meeste gevalle maar effens (swak) geskets (aangespreek)
 is. Kruisondervraging van slagoffers is nie in die slagofferverhore toegelaat nie, maar
 hoorsê-getuienis wel.

                                                    [Uit Race and Reconciliation, deur D. Herwitz]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2024)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                        7

 BRON 2B

 Die bron hieronder is geneem uit ŉ boek deur Mamphela Ramphele geskryf en handel
 oor die redes waarom PW Botha geweier het om met die WVK saam te werk.

 Nog ŉ omstrede saak was dié van die voormalige president, mnr. PW Botha. Hy het
 geweier om met die WVK saam te werk, en dit verwerp as ŉ instrument wat poog om die
 Afrikanergeskiedenis en die bydrae wat sy voorvaders tot Suid-Afrika gemaak het, oneer
 aan te doen. Tutu het hom op baie maniere probeer oortuig. Hy is maande gegun om
 vrae van die WVK te beantwoord. Tutu het Botha by sy huis in die Wildernis, Suid-Kaap,
 besoek om hom te probeer oorreed om verantwoordelikheid te aanvaar vir die beleide
 wat onder sy toesig gevolg is. Botha was tot die bitter-einde sonder berou. Volgens hom
 het die Afrikaners niks verkeerd gedoen nie. Hulle het net hul Godgegewe
 verantwoordelikhede nagekom om Christelike nasionale waardes teen terroriste en
 kommuniste te verdedig. Tutu het Botha met groot respek en eerbied behandel, al het
 hy nie met sy standpunte saamgestem nie.

 Die hof het Botha aangespreek omdat hy ŉ dagvaarding om voor die WVK te verskyn,
 verontagsaam het. Selfs in die hof het Tutu nie sy rug op Botha gedraai nie en die kans
 om die land te genees nie. Hy het aan Botha voorgestel om te erken dat sy regering se
 beleid tot wandade deur verskeie staatsamptenare gelei het, en dat hy jammer was.
 Maar Botha was hardkoppig tot die bitter einde.

 Sommige lede van die kommissie het gevoel dat Tutu agteroor gebuig het om ŉ skuldige
 (misdadiger) tegemoet te kom wat geen berou getoon het nie. Dit was nie sommer enige
 persoon nie, maar iemand wat ŉ leiersposisie beklee het. Moes hy nie
 verantwoordelikheid aanvaar het vir menseregteskendings tydens ŉ regeringstelsel
 waarvan hy so lank aan die hoof was nie? Ander het weer gewys op die risiko’s om
 president Botha in daardie stadium te verneder. Gegewe die broosheid van die nuwe
 demokrasie, was daar ŉ gevaar dat die regsgesindes kon opstaan.

                                              [Uit Laying the Ghosts to rest deur M. Ramphele.]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/JUNIE 2024)

    BRON 2C

    Die spotprent deur Zapiro fokus op PW Botha se onwilligheid om voor die WVK te
    verskyn.

                                              [Uit Zapiro: The Madiba Years deur J. Shapiro.]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/JUNIE 2024)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         9

 BRON 2D

 Die volgende uittreksel is geneem uit die WVK se Finale Verslag en lewer kommentaar
 op die reaksies deur sommige Suid-Afrikaners oor die kwessie van versoening.

 Om saam te val met die nasionale Dag van Versoening en om die tweede herdenking
 van die stigting van die Kommissie te vier, is vier ‘Registers vir Versoening’ in Desember
 1997 geopen, een in elk van die streekkantore. Die idee van so ŉ register is informeel
 onder kommissarisse bespreek en het tydens ŉ radio-inbelprogram duidelik geword, toe
 luisteraars ŉ behoefte uitgespreek het aan een of ander manier om die spyt en berou
 wat hulle oor vorige onregte gevoel het te artikuleer.

 Met die aankondiging van die Register het die Kommissie gesê: Dit is tot stand gebring
 in reaksie op ŉ diepe wens vir versoening in die harte van baie Suid-Afrikaners; mense
 wie dalk nie growwe skendings van menseregte gepleeg het nie, maar nietemin hul spyt
 wil aandui oor mislukkings in die verlede om alles te doen wat hulle kon doen om sulke
 skendings te voorkom; mense wat op een of ander simboliese wyse hul toewyding tot ŉ
 nuwe soort toekoms wil demonstreer waarin menseregteskendigs nie sal plaasvind nie.

 Ons weet dat baie Suid-Afrikaners gereed en gretig is om van ŉ vorige geskiedenis van
 verdeeldheid en diskriminasie weg te draai. Binne ŉ kort tydjie het dosyne mense na die
 Kommissiekantore gekom om die Register te teken, en selfs meer het die
 internetwebwerf gebruik om hul boodskappe oor te dra. Baie briewe wat aan die
 Kommissie geskryf is, is ook aan die Register aangeheg. Van die boodskappe is met
 skenkings vir die President se Fonds vir Herstel vergesel. Baie het om vergifnis gevra.
 Baie het dankbaarheid uitgespreek vir die geleentheid “om uiteindelik in die openbaar te
 erken hoe ons voel”, om die woorde van een bydraer te gebruik.

 Dit is nie te laat nie – ja, ek kon meer in die verlede gedoen het, kon dapper gewees het.
 Ek is spyt dat ek dit nie gedoen het nie. Maar nou is daar ŉ nuwe geleentheid om tot
 hierdie land te verbind ... om respek vir menseregte te bou, om die land te help ontwikkel,
 om die ideale wat in die grondwet vervat is, werklik te maak.

                                                  [Uit WVK se Finale Verslag, Deel 5, Hoofstuk 9]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

10                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/JUNIE 2024)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was uit die volgende geneem:

sahistory.org.za/article/1980s-and-crisis-apartheid. Toegang op 19 November 2023
verkry.

https://www.sahistory.org.za/article/liberation- organisation. Toegang op 19 November
2023 verkry

‘Rent Boycotts: Local Authorities on their Knees,’ Work in Progress, No. 44
September/October 1986 deur K. Jochelson

https://www.saha.org.za>udf>civics.html. Toegang op 19 November 2023 verkry.

Herwitz, D. 2003, Race and Reconciliation (Universiteit van Minnesta Drukkery)

Laying the Ghosts to rest deur M. Ramphele (Tafelberg)

Zapiro: The Madiba Years deur J. Shapiro

WVK se Finale Verslag, Deel 5, Hoofstuk 9

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — History · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — QP · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
