# History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Addendum

> Grade 11 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-nov2016-afrikaans/aceb7402-a1aa-4e02-8256-c253eb2dc352
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-nov2016-afrikaans/aceb7402-a1aa-4e02-8256-c253eb2dc352)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 GR12 QP NOV2016 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-nov2016-afrikaans/03d5f0a3-32e6-4766-8db9-152f983ec11b) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        NASIONALE
    SENIOR SERTIFIKAAT

                 GRAAD 11

        NOVEMBER 2016

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM

    Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:       WATTER FAKTORE HET TOT DIE GROEI VAN SWART-
                NASIONALISME IN SUID-AFRIKA BYGEDRA?

 BRON 1A

 Hierdie uittreksel fokus op die algemene benaderings tot Pan-Afrikanisme wat
 reeds in die 15de eeu en daarna opgespoor kan word.

 Pan-Afrikanisme is ŉ algemene term vir verskillende bewegings in Afrika wat as
 hulle gemeenskaplike doel het die eenheid van Swartes en die uitskakeling van
 kolonialisme en wit heerskappy (oorhand) vanaf die vasteland.

 Daar is twee algemene benaderings tot Pan-Afrikanisme, naamlik die Afrosentriese
 en Eurosentriese benaderings. Die Afrosentriese benadering postuleer dat die
 historiese stryd van Swartes teen eksterne aggressie, uitbuiting, beroep en
 oorheersing nie met Europese kontak begin het of met die inval (skielike aankoms)
 in Afrika in die vyftiende eeu nie, maar in die VC era.

 Aan die ander kant, beskou die Eurosentriese verduideliking Pan-Afrikanisme as ŉ
 idee wat ontaard (begin) het in reaksie op Europese slawerny en kolonialisme. Pan-
 Afrikanisme word algemeen beskou as ŉ 20ste-eeu beweging, selfs al kan dit terug
 gespoor word ver in die 15de eeu en daarna.

    [Geneem uit Gaines Junction: Undergraduate Interdisciplinary Journal of History Giselle D. Aris,
                                       ‘Pan-Africanism: Competing Interpretations’, (Vol. 3, Nr.1)]

 BRON 1B

 Hierdie tabel toon die groei in die getal nywerheidswerkers tussen die jare
 1938–1939.

                                            1938–1939                        1944–1945
 Blanke mans                                 116 193                          130 415
 Blanke vroue                                 28 645                           35 104
 Swart mans                                  196 178                          299 334
 Swart vroue                                  11 484                           23 808
               [Bron: Making History Grade 12, Friedman, Mashini and Johannesson, 1998, bl. 54]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)         GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         3

 BRON 1C

 Hierdie foto toon lang rye mense wat werk toe loop tydens die busboikot van 1944
 in Alexandrië.

                                                [Bron: Gepubliseer in die The Star, 1944]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2016)

    VRAAG 2:         WAT WAS DIE PERSPEKTIEWE VAN MIDDE-OOSTERSE
                     LEIERS OP DIE VLUGTELING-PROBLEEM IN DIE MIDDE-
                     OOSTE?

    BRON 2A

    Die wyle Egiptiese president Anwar Sadat het in sy historiese toespraak aan die
    Israeliese Knesset op 20 November 1977 verklaar:

    “Ons sal nie enige praat oor volhoubare en duursame vrede aanvaar nie ... terwyl
    jy nog steeds Arabiese land beset met militêre mag. ... Soos vir die Palestynse
    kwessie, niemand ontken dat dit die kern van die probleem as ŉ geheel is nie. ...

    Daar is geen nut om nie die Palestynse volk, asook hul eie reg om hul vaderland
    te stig en hul reg om terugkeer, te erken nie.”

          [Aangepas uit Stephen P Halbrook, The Journal of Liberation Studies, The Alienation of a
                     Homeland: How Palestine Became Israel, Vol. V, Nr. 4 (Herfs 1981), bl. 357]

    BRON 2B

    Hierdie bron gee die kommentaar deur Yitshak Rabin (premier) op die viering
    van die ondertekening van die Israeli-Palestynse Verklaring van Beginsels.

    Washington, 13 September, 1993
    Mnr die President, dames en here,

    Laat my toe om aan julle te sê, die Palestyne: Ons is bestem om saam te leef op
    dieselfde grond, in dieselfde land. Ons, die soldate wat terugkom vanaf die geveg
    gevlek met bloed, ons wat gesien het hoe ons familie en vriende vermoor was
    voor ons oë, ons wat hul begrafnisse bygewoon het en nie in die oë van hul ouers
    kan kyk nie, ons wat kom uit ŉ land waar ouers hul kinders begrawe, ons wat teen
    julle die Palestyne oorlog gevoer het:

    Ons sê vir julle vandag in ŉ groot en helder stem: Genoeg van bloed en trane.
    Genoeg. Ons het geen begeerte om wraak te neem nie. Ons koester geen haat
    teenoor jou nie. Ons, soos jy, is mense wat ŉ huis wil bou, ŉ boom wil plant, wat
    lief wil hê, wat langs mekaar wil lewe met jou in waardigheid, in empatie (verstaan
    iemand anders se gevoelens), as mense, as vry mense. Ons gee vandag vrede
    ŉ kans, en sê weer vir jou: Genoeg. Kom laat ons bid dat ŉ dag sal aanbreek
    wanneer ons almal sal sê: Vaarwel aan die wapens.

                              [Geneem uit http://www.ijs.org.au. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          5

 BRON 2C

 Hierdie uittreksel spreek die vlugteling-probleem van beide Palestyne en Jode
 aan soos deur die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu in 2011 gestel.

 Die vlugteling-probleme [m.a.w. Joodse en Palestynse vlugtelinge] is gevestig in
 hierdie twee onderskeie lande – die kwessie van die Palestynse vlugtelinge sal
 opgelos word in die Palestynse staat en nie in Israel nie. Net soos die vraag van
 die Joodse vlugtelinge wat veroorsaak was deur dieselfde Arabiese aanslag op
 Israel in 1948, opgelos was binne die Joodse staat. Die Arabiese aanval, die
 aanval van vyf Arabiese weermagte, met die Palestyne, op die embrioniese
 (moederlike) Joodse staat het twee vlugteling probleme veroorsaak. Ongeveer
 650,000 Palestynse vlugtelinge en ŉ ietwat groter aantal Joodse vlugtelinge was
 uit Arabiese lande verban. Die kleine Israel het al die Joodse vlugtelinge
 geabsorbeer en die groot Arabiese wêreld het geweier om die Palestynse
 vlugtelinge te absorbeer, en het nog geregtigheid of gesonde verstand mandate
 geneem (amptelike bevoegdheid om iets te doen) wat 63 jaar later die Arabiese
 wêreld of die Palestyne na ons sal kom en sê: Absorbeer nou die agter-agter-
 kleinkinders van hierdie deel van die vlugtelinge probleem wat onsself geskep het.
 Die oplossing vir die vlugtelinge-probleem, beide in ŉ praktiese sin en in die
 kwessie van geregtigheid moet in die Palestynse staat aangespreek word en nie
 in die een en enigste Joodse staat nie.

            [Bron: June 28, 2011 – Benjamin Netanyahu, MS . Toegang op 6 Junie 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                   (EC/NOVEMBER 2016)

 BRON 2D

 Hierdie foto en uittreksel toon die kwessie van Palestynse vlugtelinge na die Eerste
 Arabiese-Israeli oorlog.

 VISUELE BRON

 Driekwart miljoen Palestyne het vanaf hul huise gedurende die oorlog gevlug.

 GESKREWE BRON

 MENING 1:

 SACHAR (pro-Palestynse verslaggewer): Geen Arabiese regering het hierdie mense
 beveel om te vlug nie. Inteendeel, hulle het hulle beveel om net daar te bly, om onder
 geen omstandighede hul grondgebied aan die Jode oor te gee nie. Dit is ŉ mite om te
 aanvaar dat hierdie mense vrywillig geloop het.

 MENING 2:

 MORRIS (anti-Palestynse verslaggewer): Vir goeie militêre redes wou die Israeli’s
 duidelike lyne van kommunikasie agter die lyne (oorlogsfronte) hê. Hulle wou nie
 skerpskutters hê nie Hulle wou nie hê dat guerrillas (lede van nie-amptelike militêre
 groepe) agter die lyne werksaam wees nie. So hulle wou ontslae raak van Arabiese
 gemeenskappe. So was daar uitsettings (bevele om die land amptelik te verlaat) in
 verskillende gebiede.

                                                        [Geneem van The Cold War, D. Heate]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          7

 VRAAG 3:       WAT WAS DIE OORSAKE EN IMPAK VAN DIE BANTOE-
                ONDERWYSWET VAN 1953 OP SWART STUDENTE?

 BRON 3A

 ŉ Uittreksel oor Bantoe-onderwys wat die rol van die Departement van
 Naturellesake reflekteer.

 Swart skoolopleiding was nog nie vry of verpligtend soos dit vir blankes was nie.
 Sekerlik was onderwysvoorsiening vir Swartes voor hierdie tydperk ongelyk en die
 meeste staatskole het wit en Swart leerlinge geskei.           Maar die Bantoe
 Onderwyswet het alle swart skole onder die beheer van die Departement van
 Naturellesake gebring en dus onafhanklike sending instellings uitgefaseer wat
 voorheen die voortou met swart onderwys geneem het. Dit het ook ŉ eenvormige
 kurrikulum opgelê wat afsonderlike ‘Bantoe kultuur’ aangemoedig het en
 doelbewus studente vir niks meer as handearbeid voorberei het.
                                   [Geneem vanuit Key History for GCSE: Teacher’s Guide]

 BRON 3B

 Hierdie tabel reflekteer die bedrag geld in Rand wat gespandeer was op die
 opvoeding van elke Swart, Kleurling, Indiese en Blanke kind tussen 1953/54 en
 1975/76.

          APARTE EN ONGELYKE ONDERWYS GEIMPLEMENTEER
     Jaar        Swart       Kleurling  Indiër      Blanke
    1953/54        17           40         40        128
    1969/70        17           73         81        282
    1975/76        42          140        190        591
                                        [Aangepas van The Right to Learn deur P. Christie]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2016)

 BRON 3C

 Hierdie bron dui aan hoe Swart leerders ernstige opvoedkundige probleme
 tydens leer en onderrig in die 1950’s ervaar het.

 Bespeeding op Bantoe-onderwys het toegeneem in die laat 1960’s, nadat die
 apartheidsregering ŉ behoefte aan ŉ opgeleide Swart arbeidsmag gesien het.
 Deur dit het meer Swart kinders skoolgegaan as onder die ou sendingstelsel van
 onderwys, hoewel hulle erg ontneem was van fasiliteite in vergelyking met
 opvoeding van ander rasse, veral blankes.

 Nasionaal,het leerling-onderwyser-verhoudings in Swart skole vanaf 46 : 1 in 1955
 tot 58 : 1 in 1967 toegeneem. Die klaskamers was oorvol en op ŉ rotasie-basis
 gebruik. Daar was ook ŉ gebrek aan onderwysers, en baie van diegene wat
 geonderrig het was onder-gekwalifiseerd. In 1961, het net 10 persent van swart
 onderwysers ŉ matrieksertifikaat gehad. Swart onderwys het in wese versleg, met
 onderwysers wat minder gekwalifiseerd as hul studente was.
                            [Bron: http://sahistory.org.za. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2016)         GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           9

  BRON 3D

  Hierdie bron beeld skoolkinders en hul ouers uit wat teen die Bantoe Onderwyswet in
  1954 protesteer.

                                                                                   .
  Ongeveer 7 000 kinders was uit die skool geskors omdat hulle protesteer het. Die
  ANC het ŉ beroep gedoen vir die boikot van skole wat op 1 April 1954 moes begin. In
  die meeste plekke het die boikotte vir slegs ŉ paar weke aangehou omdat ouers nie
  wou hê dat hul jong kinders enige onderwys moes misloop nie. Soos een Swart
  moeder gesê het oor Bantoe-onderwys, “ŉ Halwe brood is beter as niks”.

                                                  [Geneem vanuit Viva History, 2012, bl. 314]

DUS TYD OM WAKKER                                                ONS WIL REGTIG HULP HÊ
 TE SKRIK SWARTES

                                 KINDERS MOET NIE GIF
                                      DRINK NIE

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                      (EC/NOVEMBER 2016)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Angier KL, et al, 2012, Viva History, bl. 314 (Vivlia publiseerders)

 Cloete, B. et al, 2012, Spot On (Heinemann)

 Frank. F. 2012. New Generations (New Generations publiseerders)

 Gaines Junction: Undergraduate Interdisciplinary Journal of History Giselle
 D.Aris, ‘Pan-Africanism: Competing Interpretations’, (Vol. 3, Nr.1).

 Graves et al 2006, Moments in History Grade 11, p136 (Juta publiseerders)

 Heate, D, The Cold War (Heinemann)

 http://www.ijs.org.au. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.

 http://sahistory.org.za. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.

 Internet source: anc.org.za – Toegang op 6 Junie 2016 verkry.

 June 28, 2011 – Benjamin Netanyahu, MS               Toegang op 6 Junie 2016
 verkry.

 Key History for GCSE: Teacher’s Guide

 Kristie, P. (1991) The Right to Learn: The Struggle for Education in South Africa.
 Johannesburg: SACHED/Ravan. Revised and Expanded Edition (reprinted 1992,
 1994, 2006). – Sien meer byt:
 http://www.education.uct.ac.za/edu/staff/academic/pchristie#sthash.fIX3Cfsl.dpuf

 Stephen P Halbrook, The Journal of Liberation Studies, The Alienation of a
 Homeland: How Palestine Became Israel, Vol. V, Nr. 4 (Herfs1981), bl. 357

 The Mariners’ Museum/CORBIS Great Stock

 www.newint.org.27June 2005. Toegang op 6 Junie 2016 verkry.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR11 NOV2016 MEMO Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-nov2016-memo-afrikaans/1ed4ca55-3418-4e43-9d20-dfb5ed369bbc) — History · Memo · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afrikaans/50cf7d7d-7d85-41a3-af10-3803142fe9e5) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5) — History · QP · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-memo-nov2020-afrikaans/7166c7ae-c7cb-421a-97fb-3590b05e422d) — History · Memo · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/778cdf0b-5646-4949-aaad-8a3458592e12) — History · QP · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans/fac8a9c0-5784-4961-9990-8f4abac03612) — History · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
