# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-afrikaans/066e3a1b-620b-46d9-9655-531df02acc15
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-afrikaans/066e3a1b-620b-46d9-9655-531df02acc15)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT

        GRAAD 12

 SEPTEMBER 2023

 GESKIEDENIS V2
   ADDENDUM

Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

2                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2023)

 VRAAG 1:      HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE WERKERSUNIES
               (COSATU) DIE APARTHEIDSREGERING GEDURENDE DIE 1980's
               TEENGESTAAN?

 BRON 1A

 Die bron hieronder verduidelik die gebeurtenis wat die weg vir die stigting van COSATU
 in 1985 gebaan het.

 Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) van 1979 het swart vakbonde gewettig. Ironies
 genoeg het die wettiging van swart vakbonde die teenoorgestelde uitwerking gehad as
 wat die regering verwag het.

 Op sy stigtingskongres het COSATU 33 geaffilieerde en nie-geaffilieerde vakbonde
 byeengebring. Hierdie bekendstelling het ŉ vernuwing verteenwoordig van
 vakbondwese in die lyn van vroeër progressiewe vakbondorganisasies en federasies
 wat voor die stigting van COSATU bestaan het. Belangrik onder hierdie was die Industrial
 and Commercial Workers Union (ICU), Federation of South African Trade Unions
 (FOSATU), General and Allied Workers Union (GAWU), African Union of Mineworkers,
 National Union of Mineworkers (NUM) en die South African Congress of Trade Unions
 (SACTU).

 COSATU het al die druk (spanning) en tradisies van ons ryk geskiedenis van stryd
 verteenwoordig. Dit het gespruit uit dekades van massastryd, uit die ICU van die 1920’s,
 die bitter stryd van mynwerkers in die 1940's en die militante weerstand van SACTU in
 die 1950’s. Dit was ŉ beweging wat gebore is te midde van ŉ noodtoestand en die
 uitdaging teen apartheid. Dit het ŉ meedoënlose (aanhoudende) stryd voortgesit vir die
 basiese regte van werkers om as mense op die fabrieksvloer sowel as in die land van
 hul geboorte beskou te word. Enige poging om die verband tussen die stryd om basiese
 vakbondregte op die fabrieksvloer te skei van die breër stryd om menseregte in die
 samelewing was nie net ongewens nie, maar ook onmoontlik in die Suid-Afrikaanse
 konteks.

 Die 1980’s sal in die geskiedenis opgeteken word as die waterskeiding (keerpunt) in ons
 momentele (grootse) stryd teen apartheid. ŉ Kern-kenmerk van daardie heldhaftige
 verset was die onvermoeide (vasberade) stryd deur die werkende mense van ons land.

         [Uit https://omalley .nelsonmandela.org>index. php>site. Toegang op 22 Januarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          3

BRON 1B

Hierdie uittreksel verduidelik die verskillende veldtogte wat deur COSATU in die 1980’s
geloods was.

In 1988 het COSATU noue bande met die African National Congress (ANC) en United
Democratic Front (UDF) gehad. Die mag van werkers is moontlik gemaak deur COSATU
se volgehoue oproep vir ‘rollende massa-aksie’. Deur stakings, boikotte en wegbly-aksies
het COSATU dit duidelik gemaak dat dit ŉ krag is om mee rekening te hou. COSATU is
bekommerd oor die ekonomiese en maatskaplike welsyn van al sy lede. Talle wegbly-
aksies en stakings om onder meer teen die noodtoestand, verkiesings en nasionale
herdenkingsdae te protesteer, is deur COSATU in samewerking met die UDF van stapel
gestuur. COSATU het ook sanksies en disinvesteringsveldtogte teen Suid-Afrika
ondersteun.

Twee belangrike veldtogte is deur COSATU geïnisieer. Dit het die ‘Leefbare Loon-Veldtog’
van stapel gestuur. Gedurende 1987 was COSATU-lede die enigste werkers wat
loonverhogings bo inflasiekoers gekry het. Dit was nie gebaseer op die welwillendheid van
werkgewers nie, maar op die stryd van ons lede. Hierdie veldtog bly relevant terwyl ons
poog om die loongaping tussen senior bestuur en werkers, mans en vroue, en tussen
geskoolde en ongeskoolde werkers uit te skakel – van wie die meerderheid swart of vroue
is.

Meidag is ons s’n – Op 1 Mei 1886 het Amerikaanse werkers – georganiseer deur die
International Workers of the World – opgeruk ter ondersteuning van ŉ agt-uur dag. Dit het
ŉ internasionale tradisie begin om ŉ werkersvakansie te vier wat tot vandag toe voortduur.
Teen 1986 is die tradisie al 100 jaar lank waargeneem. Terwyl COSATU skaars ses
maande oud was, was Meidag-vieringe in Suid-Afrika daardie jaar die grootste ooit, met
groot saamtrekke regoor die land. Suid-Afrikaanse werkers het die dag as hul eie
aangegryp. Die feit dat dit vandag deel van ons openbare vakansiedae is, is te danke aan
COSATU lede. 1,5 miljoen werkers het aan die oproep gehoor gegee, saam met duisende
wat skoolleerlinge, studente, taxi-bestuurders, smouse, winkeliers, huiswerkers, self-
onderhoudende en werklose mense insluit.

                [Uit https://mediadon.co.za>formationof COSATU. Toegang op 22 Januarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2023)

BRON 1C

Die plakkaat was in 1987 deur ŉ COSATU-werker, Eve Hedrew vir die ‘Leefbare Loon-
Veldtog’ ontwerp.

    [Uit saha.org.za/workers/cosatu _unite __and _fight _for _a living_wage.htm, Toegang op 22 Januarie
                                                                                           2023 verkry.]

                                                                      VERENIG EN VEG VIR ’N
                                                                      LEEFBARE LOON
           •   40 uur week sonder verlies aan betaling
           •   Meidag, 16 Junie en Sharpevilledag as
               betaalde openbare vakansiedae
           •   Werksekuriteit
           •   Geen belastingaftrekkings nie
           •   ŉ Minimum van 6 maande betaalde kraamverlof
           •   ŉ Einde aan die hostelstelsel en ordentlike behuising naby
               plekke van werk

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                            5

BRON 1D

Die bron hieronder verduidelik die reaksie van die Nasionale Party teenoor COSATU in
die 1980’s.

Die staat het op sy beurt ŉ tweede noodtoestand afgekondig en ŉ wrede (verbete) veldtog
van aanhoudings en onderdrukkings geloods. Baie vakbondlede is gearresteer of
geteister, insluitend Jay Naidoo, wie se huis op die eerste nag van die noodgeval, 12 Junie
1986, deur veiligheidspolisie in siviele drag oorval is. In die eerste ses weke van die
noodgeval is 2 700 vakbondlede aangehou, die meerderheid van hulle van COSATU.
COSATU se hoofkwartier in Johannesburg is deur die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW)
versper, wat alle bewegings in en uit die gebou gemonitor het.

Maar werkers het ook wraak geneem. Honderde het begin staak om teen aanhoudings te
betoog. Toe vyf National Union of Mineworkers (NUM)-streekleiers in Kimberley
gearresteer is, het 2 000 werkers by vier myne begin staak, een van baie sulke voorvalle.
COSATU se president, Elijah Barayi, wat ook die NUM se vise-president was, is ook
aangehou en die vakbond het ŉ nasionale verbruikersboikot van drankwinkels, kroeë en
konsessie-(besigheids)winkels begin.

COSATU is verhoed (verbied) om in die buitelug te vergader en ander beperkings het
normale vakbondprosesse ontwrig – met die gevolg dat selfs sakeondernemings by die
regering begin kla het dat hulle met vakbondleiers in die tronk gedwing is om met ‘skare’
te onderhandel.

    [Uit sahistory.org.za/article/congress-south Africa-trade-unions-cosatu Toegang op 22 Januarie 2023
                                                                                                verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

6                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2:       HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS-
               KOMMISSIE (WVK) OM VERSOENING EN GENESING VIR SUID-
               AFRIKANERS TE BRING?

BRON 2A

Die bron hieronder deur Sandy Shaw, skrywer van South Africa’s Transition to Democracy
verduidelik die redes vir die stigting van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK)
in 1996.

Na hul oorwinning in die 1994-verkiesing, het die ANC ŉ reusetaak gehad om ŉ ware nie-
rassige demokratiese Suid-Afrika te bou, sonder om die verlede te vergeet. Soos Mandela
dit beskryf het: “Daar is niks so boos soos apartheid wat wêreldwyd veroordeel was nie”;
en daarom was dit noodsaaklik om ŉ manier te kry om die oortreders van die
apartheidstelsel te vergewe sonder om die misdade wat teen menslikheid gepleeg was te
vergeet. Die ANC se oplossing om te ‘vergewe sonder om te vergeet’ het tot die ontstaan
van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) in 1996 gelei.

Die doelwitte van die WVK was om sover moontlik ŉ geheelbeeld van die oorsake, aard en
omvang van grootskaalse menseregteskending te kry. Dit moes ook die kwessie van
amnestie fasiliteer aan persone wie die volle waarheid onthul het van die misdade wat hulle
gepleeg het. Die WVK was ook die taak opgelê om die noodlot van slagoffers bekend te
maak en om hul menslike en burgerlike menswees te herstel, deur aan hulle die geleentheid
te bied om hul stories te vertel, reparasie-maatreëls aan te beveel en kompensasie
(vergoeding) te voorsien. Die WVK moes ook aanbevelings maak oor hoe om ŉ politieke
kultuur in Suid-Afrika te skep wat respek van menseregte aan alle burgers waarborg.

                                          [Uit South Africa’s Transition to Democracy deur S. Shaw]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                             7

 BRON 2B

 Hierdie bron hieronder fokus op die getuienis by die WVK-verhoor deur Riefaat Hattas, ŉ
 aktivis en ANC- en UDF-ondersteuner, op 22 Mei 1997 in Athlone, Kaapstad.

 VOORSITTER: Riefaat, ek gaan vir mev. Burton vra om die aflegging van die eed te
 administrateer, maar ek wil net vir jou baie dankie sê dat jy gekom het, nie net om oor
 jouself te praat nie, maar om te praat oor die mense wat jy jou “vergete Kamerade” noem.
 Dit is baie belangrik dat iemand namens daardie mense praat en ons is baie dankbaar dat
 jy vir ons ŉ voorlegging in daardie verband voorberei het. Mev. Burton sal jou insweer en
 Glenda sal dan jou bewyse fasiliteer.

 MNR. HATTAS: Agbare kommissarisse, ek smeek u om my nie weer deur ŉ ondervraging
 te sit nie. Ek woon elke Donderdag die traumasentrum by.

 MEJ. WILDSCHUT (WVK-KOMMISSARIS): Riefaat, neem net jou tyd. As jy voel dit is te
 moeilik, neem net soveel tyd as wat jy nodig het, en Viola is langs jou en sy sal jou
 aanmoedig.

 MNR. HATTAS: Ek is erg gespanne, depressief, kwaad, gefrustreerd. Ek het geen
 vertroue in myself nie, ek oorweeg soms selfmoord. Ek weet nie of ek myself alleen kan
 dra nie. Ek is deurmekaar as gevolg van wat ek in my hoërskooljare deurgemaak het. Ek
 wil nie graag op myself fokus nie, maar ek wil graag fokus op die storie van my vergete
 kamerade. Daardie studente wie se dae bestaan het uit vergaderings, protesoptogte,
 rubberkoeëls en dikwels lewendige ammunisie, maar dit was deel van die daaglikse stryd
 teen ŉ onregverdige vyand. Ons primêre doelwit was om die land onregeerbaar te maak
 sodat ons leiers kan terugkeer en ons na ŉ ware demokrasie toe kan lei.

 Dit is van die aanbevelings wat ek en ons Kamerade gedink het ek moet voor die WVK
 lys. Ek wil eerstens sê dat baie van ons Kamerade wat geaffekteer is, is vandag nog
 werkloos. Ons moet finansieel vergoed word vir al die emosionele en sielkundige trauma
 wat ons steeds verduur. Gedenktekens moet in alle provinsies opgerig word om die
 belangrike rol wat studente en kinders, jeugdiges, sowel as ander gespeel het, aan te dui.
 Die Regering behoort die verantwoordelikheid te neem om ons te akkommodeer in terme
 van alle relevante ondersteuning wat ons nodig het. Die WVK moet seker maak dat die
 Nasionale Party nie ongestraf wegstap vir die misdade wat hulle teen die mense van Suid-
 Afrika gepleeg het nie. Die Nasionale Party moet verantwoordelikheid neem vir die
 vernietiging en verwoesting van ons lewens. Dit is al.

 MEJ. BURTON: Jy het ŉ moedige stap geneem om te kom. Ek hoop dit sal ook ŉ stap
 vorentoe in jou eie genesing en selfvergifnis wees.

        [Uit https:www.justice.gov.za/trc/special/children/hattas/htm. Toegang op 24 Januarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2023)

BRON 2C

Hierdie uittreksel hieronder beskryf hoe die Suid-Afrikaanse regering in 2000 gekritiseer
was vir die nie-betaling van vergoeding aan slagoffers.

Die Suid-Afrikaanse regering het Woensdag onder aanval gekom omdat hulle ‘in die gesig
gespoeg het’ van mense wat deur die apartheidsregime onderdruk, verarm en gemartel
is deur weerstand te bied teen die betaling van hul beloofde skadevergoeding.

Die aanklag is gemaak by ŉ tweedaagse konferensie in Kaapstad, getiteld “The
Unfinished Business of the TRC”, met verwysing na die Waarheid-en-
Versoeningskommissie wat menseregteskendings onder apartheid ondersoek en
skadevergoeding vir slagoffers aanbeveel het. Regter Dumisa Ntsebeza, ŉ voormalige
WVK-kommissaris, het gesê die regering ignoreer internasionale presedente (voorbeelde)
wat voorsiening maak dat geld aan byvoorbeeld slagoffers van die Holocaust betaal moet
word. “Ons het miljarde (rande) vir korvette (gewapende vlootskepe) en bewapening
(wapens). Ons moet miljarde hê vir die slagoffers,” het hy gesê, met verwysing na die
regering se onlangse besluit om militêre toerusting ter waarde van R30 miljard te koop
($4 miljard).

Die kommissie het in 1998, ná drie jaar se aanhoor van slagoffers se getuienis van lyding,
aanbeveel dat 17 000 mense elk tussen R17 000 en R22 000 per jaar betaal word vir ses
jaar as herstel. Van hierdie geld is beskikbaar, maar president Thabo Mbeki se regering
het die afgelope maande die regverdigheid daarvan om geld aan individue vir lyding te
betaal bevraagteken en gesê dat aktiviste nie vir geld teen apartheid gestry het nie. Dit
het ŉ bitter reaksie van WVK-amptenare en slagoffers ontlok.

Voormalige aktivis Riefaat Hattas het aan sowat 100 konferensie-afgevaardigdes, meestal
akademici en menseregte-aktiviste, gesê: “Ons het nie vir geld geveg nie, maar geld kan
iets betekenisvol in my lewe wees. Ek is gemartel, ek het nagmerries, ek kan vir berading
betaal,” het hy gesê. Hattas is een van sowat 3 000 slagoffers wat dringende tussentydse
skadevergoeding van ŉ paar duisend rand elk betaal is.

 [Uit https://www.news 24.com/govt-slammed-for-not-paying-apartheid-victims-20001004. Toegang op 24
                                                                                Januarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                               9

BRON 2D

Hierdie spotprent deur Zapiro wys die regering se houding teenoor die slagoffers in terme
van vergoeding.

*Zapiro – ŉ Welbekende Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar

           [Vertaal uit https://www.iol.co.za/news/politics/apartheid-victims-angry- about-reparation-wait-.
                                                                      Toegang op 22 Januarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3:     WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES (MNK) OP
             DIE GLOBALE MARK GEHAD?

BRON 3A

Hierdie uittreksel fokus op die invloed van globalisering op die globale mark.

Ons kommunikeer en deel mekaar se kulture deur reis en handel, vervoer goedere regoor
die wêreld binne ure en dae. Ons is in ŉ enorme globale ekonomie waar iets wat in een
area (gebied) gebeur ŉ uitkring-effek wêreldwyd het. Hierdie proses word globalisering
genoem.

Globalisering het veroorsaak dat die wêreld meer ineengeskakel word as ŉ gevolg van
massiewe styging in handel en kulturele uitruiling. Globalisering het die produksie van
goedere en dienste verhoog. Die grootste maatskappye (besighede) is nie langer
nasionale firmas nie maar multi-nasionale korporasies met filiale (takke van maatskappye)
in baie lande. Globalisering vind plaas vir honderde jare, maar dit het geweldig versnel
oor die laaste helfte van die eeu.

Globalisering het uitgeloop op verhoogde internasionale handel in maatskappye wat in
meer as een land opereer (werksaam is) met groter afhanklikheid van die globale
ekonomie, vrye beweging van kapitaal (geld), goedere en dienste. Voorbeelde van multi-
nasionale korporasies is McDonalds, Starbucks en Nike.

Alhoewel globalisering moontlik help om meer rykdom in ontwikkelde lande te skep help
dit nie om die gaping te verklein tussen die wêreld se armste lande en die wêreld se rykste
nie.

            [Aangepas en vertaal uit http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation.
                                                                 Toegang op 1 Februarie 2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           11

BRON 3B

Die bron hieronder deur N. Harris, ŉ Amerikaanse prokureur en politikus, beskryf die mag
wat Multi-Nasionale Organisasies op lande regoor die wêreld het.

Alle state vind dit moeilik om ŉ organisasie te beheer wat vele takke het en wat buite hul
grense geleë is en wat nie aan hul wette onderhewig is nie. As die multi-nasionaal ŉ
belangrike belegger en werkgewer is, bestaan die moontlikheid dat hy sy werksaamhede
sal onttrek en na ŉ ander land verskuif, wat ŉ bron van kommer vir enige regering is. Dis
om hierdie rede dat sommige regerings die belasting op multi-nasionale se winste sal
verlaag en arbeidswette verslap sodat dit makliker vir die multi-nasionale sal wees om hul
werksmag te beheer. ŉ Ander manier om die situasie te interpreteer is om die Westerse
regerings en die multinasionale as bondgenote te sien wat dieselfde doelwit in die
globalisasieprojek nastreef.

Ten spyte van hul veronderstelde gebrek aan nasionaliteit is die meeste multi-nasionale
se hoofkwartiere geleë in die magtige ekonomiese lande (veral die VSA, Duitsland en
Japan). Nog ŉ beweerde gevolg van globalisasie is dat state beheer oor die toekoms van
hul eie state verloor. Kapitaal, goedere, dienste en tegnologie vloei nou onbeheerd en in
groot hoeveelhede oor grense, lokaliseer en verskuif na verskillende dele van die wêreld.
Dit verminder ŉ staat se beheer oor ekonomiese aktiwiteite binne sy grense en stel hom
nie in staat om die waarde sy geldeenheid te bepaal nie.

                                         [Vertaal uit Globalisation:Ethical Debates deur N. Harris.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

12                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2023)

BRON 3C

Hierdie spotprent vertoon die toestande waaronder werkers goedere het vir multi-
nasionale maatskappye soos Nike geproduseer het.

       [Uit www.google.co.za/search?q=cartoons +on+protest +against+globalisation&sa. Toegang op 1
                                                                             Februarie 2023 verkry.]

                                                                      DOEN DIT NET!

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                         13

BRON 3D

Die volgende uittreksel hieronder skets hoe burgerlike samelewing geprotesteer het teen
die Multi-Nasionale maatskappy, ‘Nike’ in 1998, in verskillende lande regoor die wêreld.

Nike, ŉ toonaangewende vervaardiger van sportdrag, is een van die sakewêreld se blink
voorbeelde van hoe om ŉ beeld skoon te maak. Terwyl hulle broodnodige buitelandse
beleggings na ontwikkelende lande bring, stel hierdie maatskappye dikwels winste voor die
regte van werkers of die lande waarin hulle geleë is. In die 1990’s is die maatskappy
geteister (gekwel) deur berigte dat dit hongerloon-werkplekke (oorvol werkplek) en
kinderarbeid gebruik het. Druk het gegroei tot 1998, toe Nike-medestigter Phil Knight in die
openbaar daartoe verbind het om die maatskappy se praktyke te verander en Nike het die
volgende dekade daaraan bestee.

Nou, dreig Nike se hongerloon-fabrieke probleem ŉ terugkeer. Op 29 Julie, het studente
en aktiviste regoor die wêreld deelgeneem aan ŉ eendag-protes teen Nike, georganiseer
deur Verenigde Studente teen Hongerloon-werkplekke (USAS).

Die demonstrasies, in stede soos Boston, Washington D.C., Bangalore, en San Pedro Sula
in Honduras, het stygende aantygings (beskuldigings) wat stadig opgeborrel het teen Nike
verteenwoordig.

Onder hierdie is aantygings (beskuldigings) dat werkers by ŉ Nike kontrak-fabriek in
Hansae Vietnam, gelei het onder loondiefstal en verbale mishandeling, en werk vir ure in
temperature wel oor die wettige limiet van 90 grade, oor die wettige limiet/perk van
90 grade, tot die punt dat hulle voor hul naaimasjiene ineenstort. Nike word ook beskuldig
van werksbesnoeiing by die Hansae-fabriek en produksie geneem het van ŉ fabriek in
Honduras met ŉ sterk vakbond verteenwoordiging, wat veroorsaak het dat honderde
werkers noodsaaklike werke verloor het. Die maatskappy het na bewering toegang geweier
vir die onafhanklike moniteringsgroep Worker Rights Consortium (WRC) om sy
kontrakfabrieke te ondersoek.

 [Uit https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-ant-sweatshop-protests. Toegang op 1 Februarie
                                                                                           2023 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

14                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                  (EC/SEPTEMBER 2023)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Harris, N. 2007.Globalisation:Ethical Debates, (Wayland Publishers)

https;//qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-ant-sweatshop-protests

http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation

https://omalley .nelsonmandela.org>index. php> site.

https://www.iol.co.za/news/politics/apartheid-victims-angry- about-reparation-wait-

https://mediadon.co.za>formationof COSATU

https://www.news 24.com/govt-slammed-for-not-paying-apartheid-victims-20001004

https:www.justice.gov.za/trc/special/children/hattas/htm.

saha.org.za/workers/cosatu -_unite _-_and -_figh-for -_a- living_-wage.htm

sahistory.org.za/article/congress-south Africa-trade-unions-cosatu

Shaw, S. 2001. South Africa’s Transition to Democracy: An African Success Story
(Design Press)

www.google.co.za/search?q=cartoons +on+protest +against+globalisation&sa.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — History · QP · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
