# History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          NASIONALE
      SENIORSERTIFIKAAT

            GRAAD 12

      SEPTEMBER 2024

       GESKIEDENIS V2
         ADDENDUM

    Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                          (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 1:        HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE STUDENTE (COSAS)
                APARTHEID IN DIE 1980’s TEENGESTAAN?

BRON 1A

Die bron hieronder fokus op die doelstellings van die Kongres van Suid-Afrikaanse
Studente (COSAS) gestig by ŉ konferensie wat van 30 Junie tot 1 Julie by Wilgespruit,
naby Roodepoort in 1979 gehou is.

Die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) het hom daaraan gewy om sy lede
oor die geskiedenis en stryd van die ‘verdruktes’ in te lig. Ephrahim Mogale, die
organisasie se eerste president, het ŉ leidende rol in hierdie opsig gespeel. COSAS het
hom ook aan die beginsels van nie-rassisme en demokrasie toegewy.

Die organisasie se hoofdoelwitte was die bewusmaking van studente en die breër
gemeenskap aan die onderdrukkende aard van onderwys in Suid-Afrika, en om deel te
neem in die opstel van ŉ opvoedkundige handves vir ŉ toekomstige, nie-rassige
demokratiese onderwysstelsel. Om hul verbintenis tot onderwys te wys en hul boodskap
gewild te maak, het COSAS die ‘Education Charter-veldtog’ van stapel gestuur. Die
handves het die onderwysbeginsels in die Vryheidshandves beaam. Die mening was dat
ŉ demokratiese onderwysstelsel slegs bereik kan word in ŉ demokratiese samelewing wat
op die wil van al die mense gebaseer is. Dit het erken dat Bantoe-onderwys daarop gemik
was om die jeug te beheer en te indoktrineer en dat dit slegs verander kan word deur die
land se hele politieke stelsel te transformeer. Alhoewel dit hoofsaaklik op onderwys
gefokus was, het COSAS die verband tussen opvoedkundige en sosiale transformasie in
sy verklaring van oortuigings geïdentifiseer:

•   Studente moet deur demokratiese verkose SVR’e georganiseer word
•   Studente moet die gemeenskap dien ...
•   Die plig van die studente was om ondersteuning aan vakbond-                                        en
    gemeenskapsorganisasies te verleen

In 1982 het COSAS die tema ‘Student-werker Aksie’ aangeneem en die vorming bevorder
van jeugkongresse om die belange van jong werkers en werklose jeug te dien. Dit het
samewerking tussen skoolleerlinge, jong werkers en die werklose jeug meegebring.

    [Uit https://www.sahistory.org.za/article/congress-south-african-students-cosas. Toegang op 6 Januarie
                                                                                             2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                            3

BRON 1B

Die bron hieronder verduidelik die aktiwiteite wat COSAS aangepak het om die
onregverdige stelsel van apartheid in die 1980’s teen te staan.

In sy vroeë jare het COSAS op opvoedkundige kwessies gefokus, maar met sy alliansie
met die UDF, het die studente teen die einde van 1984 eise gestel oor opvoedkundige
sowel as politieke kwessies. Deur die 1980’s het studente onder die vaandel van COSAS
ŉ verskeidenheid versettaktieke soos boikotte, stakings, onderhandelings en eise
neergelê.

COSAS, wat op die krisis in onderwys in skole gefokus het, het ten doel gehad om teen
Bantoe-onderwys te veg en om verhoudings tussen leerlinge, onderwysers en ouers te
normaliseer, wat aansienlik sedert die skoolboikotte in die laat 1970’s verbrokkel het. Die
boikotte het in bruin skole in die Wes-Kaap begin, maar het vinnig deur die land versprei
weens skoolgebaseerde kwessies. Teen 1985, het skoolboikotte skole onwerkbaar en
onregeerbaar gemaak en het die ineenstorting van die Swart Plaaslike Owerhede in die
townships gesien. Hul slagspreuk, ‘Bevryding voor Onderwys’ het tot chaos regoor die
land gelei, wat daartoe gelei het dat die Nasionale Onderwyskrisiskomitee (NECC) in 1986
gevorm is. Daar was ook betogings in die landelike gebiede tussen 1985 en 1986.
Massavergaderings het ŉ gereelde kenmerk van die boikotte geword. COSAS het hom
ook vir demokratiese verkose SVR’e beywer.

Talle ander betogings en boikotte is deur COSAS geloods. ŉ Veldtog teen Republiekdag,
gesentreer rondom die slagspreuk, ‘Voorwaarts na ŉ Volksrepubliek’ is in 1981
georganiseer. ŉ Nasionale boikot van Wilson Rowntree en Fattis en Monis-produkte is
uitgeroep in simpatie met die behandeling van werkers by hierdie fabrieke. Dit was egter
gebeure in die Vaalstreek wat studenteprotes verander het en deel gemaak het van ŉ
groot politieke stryd. Om verhooging van huur- en dienskoste teen te staan, is ŉ
wegblyaksie in die Vaal deur meer as 20 000 studente en inwoners ondersteun.
Skoolkwessies was nou aan die breër politieke stryd teen apartheid en kapitalisme
gekoppel.

         [Uit https:/karibu.org.za/from – Soweto-to-democracy/htm. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2024)

BRON 1C

Hierdie is ŉ plakkaat wat deur COSAS-lede in 1985 by die Screen Training Project in
Johannesburg geskep is ter voorbereiding van ŉ massavergadering. Hierdie plakkaat
bestaan uit die gesig van wyle Bongani Khumalo, ŉ student wat in 1984 vermoor is.
COSAS het sy gesig op die regter boonste kant van hierdie plakkaat geplaas om hul stryd
teen apartheidsonderwys te ondersteun.

       [Uit https://www.saha.org.za/imagesofdefiance/forward with democratic srcs down with apartheid
                                                  education.htm. Toegang op 7 Januarie 2024 verkry.]

Voorwaarts met demokratiese SVR’e                  Beëindig apartheidsopvoeding

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                              5

BRON 1D

Die bron hieronder verduidelik hoe die regering probeer het om die aktiwiteite van COSAS
te onderdruk en hoe studente op hierdie maatreëls gereageer het. Die uittreksel is geneem
uit ŉ proefskrif, Studenteorganisasie en Politieke weerstand: ŉ Analise van die Kongres
van Suid-Afrikaanse Studente, 1979–1985 deur T. Matona, Februarie 1992.

COSAS het ŉ jaar lank nie bestaan nie voordat die hele korps nasionale leiers en baie
lede gearresteer is. Mogale is daarvan beskuldig dat hy die doelwitte (oogmerke) van die
ANC en SAKP bevorder, en is op Robbeneiland gevange geneem.

Regdeur 1985 het die boikotte die normale funksionering van townshipskole wyd ontwrig.
ŉ Nasionale massabeweging van studente onder leiding van COSAS het ook ŉ nasionale
politieke stryd gelei wat in ŉ krisis ontwikkel het. In hierdie konteks het die staat sy poging
tot onderdrukking verskerp. Dit het baie studente, insluitend COSAS-lede, dood, beseer
of aangehou gelaat. Alhoewel die regering klasboikotte verbied het, het honderde skole
regoor die land leeg gebly.

Weerstand en onderdrukking in skole het ŉ algemene patroon van polisie-optrede en
aanhoudings op vreedsame boikotte tot gevolg gehad. Dit het die boikotte aangespoor,
met die eise vir die vrylating van medestudente. Verdere polisie-optrede het die konflik
ge-eskaleer en begrafnisse en herdenkings van diegene wat gesterf het, het belangrike
plekke van weerstand geword. By die begrafnis van ŉ 15-jarige student wat vermoor is,
toe die polisie gebots het met leerlinge wat klasse boikot omdat hulle onder meer die
opheffing van die ouderdombeperkingswet en die reg om Studenterade (SR’e) te stig,
geëis het, was deur meer as 10 000 studente bygewoon. Die COSAS-spreker by die
begrafnis het gesê: “Ons sal in aksie bewys dat Bantoe-onderrig boos is. Ons sal daarteen
in opstand kom totdat dit heeltemal geskrap is, op die rommel-asblik van die geskiedenis
gestort en eens en vir altyd begrawe is.”

Uiteindelik is COSAS in die middel van 1985 verbied aangesien die noodtoestand deur
die Suid-Afrikaanse regering afgekondig is. Terwyl die COSAS-organisasie geraak is, het
studentemobilisering te kragtig geword om in bedwang te hou.

 [Uit Student organisation and Political resistance: An analysis of the Congress of South African Students,
                                                                               1979 –1985 deur T. Matona]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2:      HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE
              MOORDE VAN DIE GUGULETHU SEWE GEHANTEER?

BRON 2A

Die bron hieronder fokus op hoe die Suid-Afrikaanse polisie daarin geslaag het om die
Gugulethu Sewe in 1985 te infiltreer.

Gedurende 1985 was daar ŉ dramatiese eskalasie in gewapende aanvalle deur MK-
operateurs, insluitend ŉ handgranaataanval op veiligheidsmagte in Augustus wat
ongevalle tot gevolg gehad het. Dit het daartoe gelei dat generaal-majoor Griebenouw van
die Wes-Kaapse veiligheidspolisie die bystand van Vlakplaas versoek het. Vlakplaas-
bevelvoerder Eugene de Kock het sekere Vlakplaas-personeel ontplooi (georganiseer)
insluitend Joe Coetzer, Riaan Bellingan en verskeie askaris, insluitend Gladstone Moss,
Eric ‘Shakes’ Maluleke en Xola Frank ‘Jimmy’ Mbane.

Die askaris is deur lede van die veiligheidspolisie ingelig. Hulle is foto’s gewys van
sommige aktiviste in Gugulethu wat na bewering ‘gevaarlike terroriste' is. Na ŉ
onsuksesvolle poging om Mbelo (ŉ askari) in ŉ groep in Gugulethu te infiltreer, is Jimmy
en Eric Maluleke ingestuur. Hulle het wapens en granate gekry en het by die huis van die
plakkersleier ‘Yamile’ aangekom en beweer dat hulle bevelvoerders uit ballingskap is. As
bewys, het hulle het ŉ versteekte paneel in die minibus oopgemaak, en hul gewere gewys.
Yamile het die askaris geglo en, nadat hy hulle aan Christopher ‘Rasta’ Piet, voorgestel
het. Hulle het gou die kern van die groep gehad, wat as die ‘Gugulethu Sewe’ bekend
geword het.

Op 3 Maart 1986, kort na 07h00, is sewe mans van tussen sestien en drie-en-twintig jaar
in Gugulethu doodgeskiet. Almal het talle skietwonde aan hul liggame opgedoen: almal is
in die kop geskiet: een het die helfte van sy gesig weggeblaas gehad.

     [Uit https://sabctrc.saha.org.za/reports/volume3/chapter5/subsection35.htm. Toegang op 7 Januarie
                                                                                          2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                            7

BRON 2B

Die volgende is deel van getuienisse wat Thapelo Mbele en Rian Bellingan by die
Waarheid-en-Versoeningskommissie-verhoor in Kaapstad op 18 November 1997 gelewer
het.

Een van die sleutelgetuies in die ‘Gugulethu Sewe’-saak was dié van Thapelo Johannes
Mbelo, ŉ lid van die veiligheidstak. Mbelo het in sy beëdigde verklaring gesê as die polisie
die groep wou arresteer, sou dit maklik gewees het want die askaris kon die polisie gewys
het waar om hulle te kry. Hy het aan die komitee beskryf hoe die polisiebeamptes op die
vergadering opdrag gekry het om sekere posisies op die toneel van die beplande aanval
op die minibus in te neem.

Nadat die aanval nie plaasgevind het nie, en hulle besig was om te onttrek en uiteen te
gaan, het hy van die verdagtes op die sypaadjie opgemerk. Aangesien hy gedink het hulle
was daarop ingestel om polisiemanne aan te val, het hy hierdie inligting aan sy kollegas
per radio oorgedra. Die skietery het kort daarna begin. Hy het gesien hoe een van die
verdagtes, Christopher Piet, met ŉ geweer hardloop en skiet. Mbelo sê hy het gesien hoe
Piet geskiet word en op die grond val, hoewel hy nie kon sien wie hom geskiet het nie.
Nadat hy die voertuig gestop het, het hy gery, het Mbelo gesê ŉ aanvaller het met sy
hande in die lug na hom gekom en in Xhosa gesê hy sal die polisie wys waar die ander
is. Nadat die man egter ontwapen is, het ŉ sersant van die onlustegroep hom beveel om
die man te skiet, wat hy gedoen het, en hom in die kop geskiet het.

Mbelo het aan die komitee gesê hy het gesien hoe Bellingan, sy destydse bevelvoerder,
ŉ ander verdagte op die toneel uit ŉ voertuig trek en hom twee keer geskiet het. Mbelo,
wat die families van die oorledene gevra het om hom te vergewe en aangebied het om
hulle een vir een te ontmoet om verskoning te vra.

Intussen ontken Bellingan die meeste van Mbelo se getuienis. Hy het gesê die operasie
het nie volgens die plan verloop om die oortreders in hegtenis te neem toe hulle na die
polisiepersoneel-minibus beweeg het nie. Hy het volgehou dit was nie moontlik om die
groep in hegtenis te neem nie omdat hulle aanhou van plek tot plek beweeg het. Hy het
egter volle verantwoordelikheid vir die dood van die sewe aanvaar.

         [Uit https://www.justice.gov.za/trc/hrvtrans/heide/ct00100.htm. Toegang op 4 Maart 2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2024)

BRON 2C

Dit is ŉ spotprent deur Zapiro wat kommentaar lewer oor die prestasies van die Waarheid-
en-Versoeningskommissie (WVK) in Julie 1998.

                                                   [Uit Zapiro, End of Part One deur J. Shapiro]

                WAARHEID                  JY IS HIER                  NA REKONSILIASIE

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           9

BRON 2D

Die volgende is uittreksels van twee getuienisse van die moeders van die Gugulethu
Sewe. Cynthia Nomvewu Ngewu, die ma van Christopher ‘Rasta’ Piet en Notrose Konile,
die ma van Zabonke John Konile by die Waarheid-en-Versoeningskommissie se verhore
op 27 November 1996.

Piet se ma, Cynthia Nomveyu Ngewu, het in haar getuienis van 27 November 1996 aan
die Waarheid-en-Versoeningskommissie se growwe Menseregteskendings-komitee gesê
die verhore in die hof was sy mee ontevrede oor en sy kon nie die taal verstaan wat
gepraat word nie; die verrigtinge was in Afrikaans.

Ngewu het gesê sy moes sien hoe haar dooie seun op televisie met ŉ tou om sy middel
gesleep word. Hulle het hom uit die bakkie gesleep. Die polisie het aan haar gesê haar
seun het op die polisie geskiet en hulle het later tot by haar huis gekom om wapens te
soek. Sy het gesê hulle is aangesê om hul seuns dadelik te begrawe, maar hul prokureurs
het hulle aangeraai om hulle te begrawe op die tyd wat hulle wil. Na ŉ lang tyd en reeds
hiervan vergeet het, was hulle meegedeel dat daar ŉ geregtelike doodsondersoek by
Wynberg gaan wees. Hulle is meegedeel dat Christopher deur Barnard en Coetzee
geskiet is. Sy het gesê gedurende die tyd toe al hierdie gebeure, gebeur het, was sy te
swak. Sy was vol haat as gevolg van die manier waarop haar seun vermoor is. Ngewu het
later haar vergifnis en versoenende oortuigings oor haar seun se dood uitgespreek. “Ons
wil nie die euwel (kwaad) wat oortreders aan die nasie gepleeg het, terugbring nie. Ons
wil menslikheid teenoor hulle demonstreer sodat hulle op hul beurt hul eie menslikheid
kan herstel.”

Mev. Konile het haar getuienis begin deur ses keer binne vyf sekondes swaar te sug en
gesê: “Ek is so moeg – ek is so moeg nog voor hierdie proses waaroor ek reeds wanhoop
het. Ek sal nie met hulle kan praat nie, dit is hulle skuld dat ek nou in hierdie ellende is, ek
nie weet wat om met hulle te maak nie. Ek kan nooit vir hulle sê wat om te doen nie. Ek
het net alles prysgegee. Ek wil nie lieg nie, ek het hulle nie vergewe nie.”

Die Waarheid-en-Versoeningskommissie het die Suid-Afrikaanse polisie, Rian Bellingan,
Thapelo Mbelo en Xola Frank ‘Jimmy’ Mbane amnestie vir die moorde toegestaan.

                                   [Uit www.sabctrc.saha.org.za. Toegang op 8 Januarie 2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                           (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3:       HOE HET GLOBALISERING DIE EKONOMIE VAN ONTWIKKELENDE
               LANDE BEÏNVLOED?

BRON 3A

Die bron hieronder fokus op die nadele van globalisering vir die ontwikkelende lande.

In ekonomie kan globalisering gedefinieer word as die proses waarin besighede,
organisasies en lande op ŉ internasionale skaal begin funksioneer. Die tempo van
globalisering het die afgelope paar jaar toegeneem, ŉ gevolg van vinnige vooruitgang in
kommunikasie en vervoer. Vooruitgang in kommunikasie stel besighede in staat om
geleenthede vir belegging te identifiseer. Terselfdertyd, innovasies in inligtingstegnologie
onmiddellike kommunikasie en die vinnige oordrag van finansiële bates oor nasionale
grense moontlik te maak.

Globalisering bied aan besighede ŉ mededingende voordeel deur hulle toe te laat om
grondstowwe te verkry waar dit goedkoop is. Globalisering gee ook aan organisasies die
geleentheid om voordeel te trek uit laer arbeidskoste in ontwikkelende lande, terwyl hulle
die tegniese kundigheid en ervaring van meer ontwikkelde ekonomieë benut. Met
globalisering kan verskillende dele van ŉ produk in verskillende streke van die wêreld
gemaak word.

Nie alles oor globalisering is voordelig nie. Enige verandering het wenners en verloorders,
en die mense wat in gemeenskappe woon wat afhanklik was van werk wat elders
uitgekontrakteer is, ly dikwels. Dit beteken effektief dat werkers in die ontwikkelde wêreld
met laerkostemarkte vir werk moet meeding.

Die situasie is meer kompleks in die ontwikkelende wêreld, waar ekonomieë vinnig
verander. Inderdaad, die werksomstandighede van mense op sommige punte in die
voorsieningsketting is betreurenswaardig (onaanvaarbaar). Die klerebedryf in Bangladesj
het byvoorbeeld na raming vier miljoen mense in diens, maar die gemiddelde werker
verdien minder in ŉ maand as wat ŉ Amerikaanse werker in ŉ dag verdien.

     [Uit https://education.nationalgeographic.org/resource/effects-economic-globalization. Toegang op 11
                                                                                       Maart 2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                           11

BRON 3B

Die bron hieronder is geskryf deur ŉ lid van die Anti-Globalisering Beweging. Dit fokus op
die rol wat die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) ten opsigte van globalisering gespeel het.

Met die herhalende sang van: “Hey, hey, ho, ho, die WTO moet gaan!” en “Die mense
verenig, ons sal nooit verdeeld wees nie,!” het die Weerstandsfees begin ... gevolg deur die
lewendige samevoeging van tromslaners en fluitspelers wat met die ritme afskop.

ŉ Inspirerende, passievolle werkersklaskoalisie van die mees onwaarskynlike individue was
besig om in die strate van Seattle te vergader om hul sterk ontevredenheid teenoor ŉ
gemeenskaplike vyand te lig; die vernietigende korporatiewe regulering van die
Wêreldhandelsorganisasie ... die WHO.

Die betogers het bestaan uit onder andere, vakbondstaalwerkers en hul gesinne,
omgewingsbewustes, ou hippies, kollegestudente, oumas, migante-/trekwerkers van
Mexiko, Tibettaanse monnike, werkers van die ‘Pacific Rim sweatshops’ (fabriekswerkers
wat lae lone verdien het, en wat lang ure onder swak werksomstandighede gewerk het).
Die diereregte-aktiviste het as seeskilpaaie aangetrek, en daar was ook ŉ paar wilde, mal
nonne. Wat ŉ fees!

Hierdie pragtige mengelmoes van mense was ook baie goed opgevoed en ingelig oor die
kwessies rakende die aktiwiteite van die WHO. Hulle het hul huiswerk gedoen. Vir die
afgelope vier dae wat ek in Seattle was, en verskeie weke voor dit, is verskeie werkswinkels
en seminare oor ŉ verskeidenheid nasionale en internasionale kwessies by die plaaslike
gemeenskapsale en kerke gehou.

Kwessies wat bespreek is, het gewissel van die produksie van geneties-gemanipuleerde
voedsel; die hongerloonfabrieke in Indonesië, Pakistan, Mexiko en die Filippyne; die
duidelike uitroeiing (afkapping) van woude; dierebeskermingswette; beeshormone;
vergiftigde lug, water en grond; die verlies van Amerikaanse werkers se werk aan oorsese
markte (ek sal slawearbeid goedkoper noem); ... Die primêre agenda van die WHO het
basies bestaan uit die verkragting van die planeet en die uitbuiting van die werkers deur ŉ
paar multinasionale maatskappye se uitvoerende hoofde en groot aandeelhouers, in die
naam van blatante gierigheid en mag, behels. Dan wonder hulle hoekom so baie mense in
die straat opgedaag het om hulle teen te staan?

        [Uit http://pecoskid.com/my-writings/anti-globalization-movement-essays-battle-in-seattle/. Toegang
                                                                                op 11 Maart 2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                        (EC/SEPTEMBER 2024)

 BRON 3C

 Hierdie is ŉ spotprent deur ŉ onbekende spotprenttekenaar wat die verskuiwing van
 produksie van die VSA na laeloonlande (Indonesië) kritiseer.

             [Uit https//www.pinterest.de/pin/366128644678749632/. Toegang op 11 March 2024 verkry.]

                                                                                BAIE WERK

GEEN WERK

                                             GEEN SKOENE

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          13

BRON 3D

Die uittreksel hieronder beklemtoon die impak wat die multinasionale maatskappye op die
lewens van gewone mense in ontwikkelende lande gehad het.

Sedert die Tweede Wêreldoorlog is meer en meer globale produksie, deur
grootmaatskappye wat oor grense heen werk, uitgevoer. Multinasionale maatskappye het
wêreldwyd toegeneem deur hul vervaardigingsaanlegte in die buiteland te vestig, sodat
hulle op goedkoper arbeidskoste kan kapitaliseer of om nader aan hul markte te wees.
Maatskappye het magtiger as baie nasionale state geword.

Alhoewel hulle broodnodige buitelandse beleggings na ontwikkelende lande gebring het,
het hierdie maatskappye dikwels winste voor die regte van werkers, of die lande waarin
hulle geleë is, gestel. Supermarkte in ontwikkelde lande het wêreldwye kettingwinkels
geskep en goedkoop produkte van regoor die wêreld verseker. Maar die mense wat die
produk verbou het, is op die pryse wat hulle van die multinasionale maatskappye kry
afhanklik, wat in die meeste gevalle in die laaste paar dekades aansienlik gedaal het. Dit
ontneem hul vermoë om ŉ basiese lewenstandaard aan hul gesinne te verskaf.

Die probleem is nie dat internasionale handel eintlik teen die behoeftes en belange van
die armes is nie, maar dat die reëls wat handeldryf reguleer, ten gunste van die ryk lande
vasgestel is. Vir arm mense om voordeel uit wêreldwye handel te trek, moet die reëls
hervorm word sodat hulle armes, op nasionale en internasionale markte, regverdige
toegang bied.

       [Uit http://www.youth deved.ie/issues/globalisation_and_trade. Toegang op 11 Maart 2024 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                   (EC/SEPTEMBER 2024)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 http//wwwdeved.youth .ie/issues/globalisation_and_trade

 https:/karibu.org.za/from – Soweto-to-democracy/htm

 http://pecoskid.com/my-writings/anti-globalization-movement-essays-battle-in-seattle/.

 https//www.pinterest.de/pin/366128644678749632/

 https://education.nationalgeographic.org/resource/effects-economic-globalization/

 https://www.justice.gov.za/trc/hrvtrans/heide/ct00100.htm

 https://www.saha.org.za/imagesofdefiance/forward with democratic srcs down with
 apartheid education.htm

 https://www.sahistory.org.za/article/congress-south-african-students-cosas

 https:/karibu.org.za/from – Soweto-to-democracy/htm

 Shapiro, J., 1998 Zapiro End of Part One, 1st ed, Cape Town, David Phillip Publishers

 Maona, T. 1992, Student organisation and Political resistance: An analysis of the
 Congress of South African Students, 1979 -1985

 www.sabctrc.saha.org.za

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — QP · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-afr/1406231f-0475-4c85-8862-7a120bee5f2e) — QP · 2023 · Afr
- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — Addendum · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
