# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Addendum (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept2020-afrikaans/8b3f23fe-2938-4aaf-a002-a33c0ed70865
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept2020-afrikaans/8b3f23fe-2938-4aaf-a002-a33c0ed70865)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

           GRAAD 12

     SEPTEMBER 2020

      GESKIEDENIS V2
        ADDENDUM

     Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                    (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 1:      HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN (SB) DIE SUID-
              AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970’s BEÏNVLOED?

BRON 1A

Hierdie uittreksel fokus op die betekenis van die filosofie van Swart Bewustheid
(Swartbewussyn) van Steve Biko in 1968.

Biko het ŉ duidelike insig in die psigologiese (sielkundige) aspek van die
onderdrukking van sy tyd gehad wat tot ŉ kortstondige politieke magteloosheid gelei
het. Omdat politiek deur apartheid rasbelaaid was, is die beweging Swart Bewustheid
genoem. Sy boodskap was eenvoudig en duidelik: Moenie deel van jou onderdrukking
wees nie. Dit was ŉ belangrike ingryp, ŉ vars, jeugdige en duidelike stem wat mense
gemobiliseer het toe die belangrike politieke opposisie almal verbied was en hul leiers
in ballingskap (in die buiteland) of in die tronk was. Dit het ŉ nuwe, noodsaaklike,
verenigde element aan die ANC gegee, soos Wally Serote gesê het: ‘Suurstof en
nuwe lewe, wat die beweging desperaat nodig gehad het’.

Swart Bewustheid het met ooreenstemmende besluitneming gewerk. Dit het
onafhanklike denke, selfvertroue, vreesloosheid en waardigheid ingeboesem. Biko en
sy tydgenote (kollegas) het die geskokte stilte van hulle tyd verbreek. Die weiering van
ŉ generasie (geslag) van jong swartes om onderdanig te wees of om verneder te word,
selfs in die aangesig van die dood, het die aard van die stryd verander. Biko het self
vir hierdie waarheid geleef en gesterf. As ŉ sleutelvoorstander van transformasie
(verandering), het Biko se generasie ŉ kultuur van vreesloosheid geïnspireer.
                                                             [Uit Steve Biko deur L. Wilson]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          3

 BRON 1B

 Die bron hieronder beskryf die invloed van die Swart Bewustheidsbeweging
 (Swart Bewussynsbeweging) op Veli Mbele wat in 1976 in Soweto gewoon het.

 Ek het opgegroei in ŉ omgewing waar baie van my portuurgroep nie hul eie lewens
 gewaardeer het nie en ek het myself as baie gelukkig beskou dat ek Swart
 Bewustheid op ŉ vroeë stadium teëgekom het. Swart Bewustheid het gehelp om
 my selfbegrip en selfagting op ŉ merkwaardige manier te hervorm.

 Toe ek by die Swart Bewustheidsbeweging aangesluit het, was ek net 16. In die
 tyd was die omgewing nie heeltemal vriendelik teenoor die SBB nie. Ons geloof
 in Swart Bewustheid was so sterk dat ons nie bereid was om weg te gaan kruip
 net omdat ander magte gedreig het om met ons ‘af te reken’ of indiensneming te
 ontneem as ons nie ons politieke oortuigings opgee nie. Hierdie tipe reaksie het
 ons net meer versterk (aangespoor) en ons het besluit om die boodskap van Swart
 Bewustheid selfs sterker te versprei.

 Te danke aan Swart Bewustheid, het baie in my generasie (ŉ geslag mense uit
 dieselfde tyd) verander na jong gedissiplineerde swart mans wat deur hul
 gemeenskapsaktivisme, die respek en bewondering van hul portuurgroep,
 families en die gemeenskap verwerf het. Vandat ek in kontak gekom het met Swart
 Bewustheid, het ek heel gevoel, tevrede met wie ek is en die belangrikste, dat ek
 respek en waardigheid verdien.
                                           [Uit We Write What We Like deur C. Van Wyk]

Kopireg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                    (EC/SEPTEMBER 2020)

 BRON 1C

 Hierdie uittreksel fokus op die invloed van die Swart Bewustheidbeweging (SBB) op
 studente in die 1970’s.

 In 1976 was die Swart Bewustheidsbeweging (SBB) baie sterk en swart studente was
 op die voorgrond van die stryd. Polisie het baie studente-leiers gearresteer en hulle
 laat verhoor. Deur hierdie politieke verhore wou die regering wys dat die studente
 gevaarlik was omdat hulle die idees van Swart Bewustheid versprei het. Die polisie
 het gesê dat swart bewustheid veroorsaak dat swart mense die wittes haat.

 In Mei het Steve die kans gekry om te wys dat dit nie waar was nie. Hy is as ŉ getuie
 vir die verdediging in die verhoor van nege jong Suid-Afrikaanse Studente-organisasie
 (SASO) studente geroep. ŉ Getuie in ŉ hofverhoor kan dinge sê wat deur almal gehoor
 kan word en verslag word oral in die land gegee. Dit was die eerste keer in drie jaar
 dat Steve in die openbaar gepraat het. Die hele wêreld het hom oor Swart Bewustheid
 gehoor praat.

 Hy het gewys dat die beweging nie probeer het om swart mense wit mense te laat
 haat nie. Swart Bewustheid wou swart mense laat trots wees op hul velkleur, nie
 skaam wees nie. Die wêreld het aandagtig geluister na wat Steve te sê gehad het,
 maar die Suid-Afrikaanse regering het geweier om te luister.

 Woede het in die woongebied (lokasie) gegroei. Op 16 Junie 1976 het duisende
 Soweto-studente in die straat teen apartheidswette geprotesteer. Die sekuriteitsmagte
 het op hulle geskiet en studente is doodgemaak.

                                                             [Uit Steve Biko deur L. Price]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                        5

 BRON 1D

 Hierdie is ŉ spotprent deur Zapiro om Steve Biko te herdenk en is in die Daily
 Maverick op 19 September 2017 gepubliseer.

                                                                [Uit Zapiro, Daily Maverick]

Kopireg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2:      HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS- EN-VERSOENINGS-
               KOMMISSIE (WVK) IN DIE HANTERING VAN DIE MOORD OP
               AMY BIEHL?

 BRON 2A

 Hierdie uittreksel verduidelik die redes vir die instelling van die WVK tydens die
 eerste demokraties verkose parlement in 1995.

 In die jaar na die verkiesings, het die Parlement se Justisie (Geregtigheids)
 Portefeulje-komitee wetgewing ontwerp om ŉ Waarheids-en-Versoenings-
 kommissie te stig. Die sewentien-lede Kommissie is die taak gegee om – sover
 moontlik – ŉ volledige beeld vas te stel van die moontlike oorsake, aard en
 omvang van growwe menseregteskendings wat in die tydperk tussen 1 Maart
 1960 en 1994 gepleeg is, deur ondersoeke uit te voer en om verhore te hou.
 Hierdie tydperk is gesien as die ergste ‘misdade [wat] teen die mensdom’ deur
 die apartheidsregime gepleeg is.

 Dit moes ook die toestaan van amnestie aan persone wat volle openbaring van
 al die relevante feite verwant aan dade wat geassosieer was met ŉ politieke
 doelwit gemaak het, fasiliteer. Verder is daar van die Kommissie vereis om die
 menslike en burgerlike waardigheid van slagoffers te herstel en
 reparasiemaatreëls aan te beveel. Hulle moes ook ŉ verslag saamstel van hulle
 bevindings en aktiwiteite en maatreëls aanbeveel om toekomstige skendings van
 menseregte te voorkom.

 Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) soos dit ooreenkomstig gestig
 was, het uit drie komitees bestaan. Die eerste van hierdie was die
 Menseregteskendings-komitee, wat ondersoek moes instel na die verslae van
 slagoffers deur verhore en ondersoeke. Die tweede was die Amnestie-komitee
 wat die amnestie-aansoeke moes evalueer. Dit moes die Norgard-beginsels
 aanwend om te bepaal of ŉ aansoek vir amnestie gekwalifiseer het. Die derde
 komitee was die Reparasie en Rehabilitasie-komitee, wat ŉ reparasiebeleid
 moes formuleer om die lewens van slagoffers en oorlewendes van
 menseregteskendings te herstel en te rehabiliteer.

                                                  [Uit Country of my Skull deur A. Krog]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                              7

 BRON 2B

 Hierdie bron fokus op hoe en hoekom Amy Biehl op die 25ste Augustus 1993 in
 Kaapstad vermoor is.

 Kort voor die einde van die apartheidsera, is Amy Biehl vermoor. Sy was ŉ slagoffer
 van rassegeweld. Amy was wit. Sy het haarself daaraan toegewy om apartheid in
 Suid-Afrika te beëindig en was verbonde aan die Universiteit van die Wes-Kaap en
 het in minderbevoorregte gemeenskappe gewerk. Sy het ook met kieser-registrasie
 vir die voorgenome ‘Vryheidsdagverkiesings’ gehelp. Amy het Gugulethu en sy
 mense goed geken, of gedink sy het. Sy sou byna elke dag en nag in die lokasie
 gevind word, sy kon isiXhosa praat en die pantsula doen. “Dit is hoe baie sy hier
 ingepas het,” het Melanie Jacobs, die swart vrou wat ŉ huis met Amy gedeel het in
 Kaapstad, gesê. “Sy het Afrika liefgehad. Sy was nie net nog ŉ wit persoon nie.”

 Op die aand van 25 Augustus 1993, het Amy deur die Gugulethu-lokasie bestuur en
 die prooi (slagoffer) van ŉ woedende groep swart jeugdiges geword. Hulle het Biehl
 se motor met klippe gegooi (gebombardeer), haar gedwing om te stop, haar toe uit
 die motor gesleep en haar vermoor. Hulle het gegil: “Maak die Setlaar dood!” Haar
 ouers is ingelig dat hul dogter geslaan en doodgesteek is.

 Die polisie het twee tiener-verdagtes gearresteer, studentelede van ŉ militante
 nasionalistiese groep, die Pan Africanist Congress, wie se slagspreuk, ‘Een setlaar,
 een koeël’ is. In Kaapstad het die doodmaak van die gewilde student (‘scholar’) ŉ
 swart teenreaksie teen die militante groep wat haat vir wittes aangemoedig het,
 aangewakker. Die African National Congress het sy lokasienetwerk aangebied om
 die moordenaars te identifiseer. Vriende en kollegas, wat Mejuffrou Biehl met
 vryheidsliedere herdenk het, het deur Gugulethu geparadeer (in optogte geloop) met
 plakkate wat verklaar het, “Kamerade kom in alle kleure”.

         [Uit https://www.nytimes.com1993/08/27/world/how-american- sister-died-in-atownship.html.
                                                           Toegang op 1 September 2019 verkry.]

Kopireg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 BRON 2C

 Hierdie bron fokus op die amnestie-verhoor van die moordenaars van Amy Biehl
 op 8 Julie 1997 in Kaapstad.

 Die vier jeugdiges, Mzikhona Nofemela, Ntobeka Peni, Vusumzi Ntamo en Mongezi
 Manqina wat vir die moord op Amy veroordeel is en tronkstraf van agtien jaar gegee
 is, het om amnestie aansoek gedoen. Die moordenaars van Amy het haar ouers om
 verskoning gevra vir wat die Waarheidskommissie-prokureur ŉ betekenislose
 barbaarsheid deur ŉ ‘bende moordenaars’ genoem het. Die Pan Africanist Congress
 (PAC) ondersteuners is uitgedaag oor hulle aansprake voor die Amnestie-komitee
 dat die moord deur die groep polities gemotiveerd was.

 Biehl se ouers, Peter en Linda, het aan die begin van die verrigtinge hande geskud
 met familielede van die vier mans. In geskrewe beëdigde verklarings wat by die WVK
 se Amnestie-komitee ingedien is, het die vier gesê dat hulle berou gehad het oor die
 moord en Biehl se ouers om vergifnis gevra. “Ek voel jammer en baie hartseer, veral
 vandag, met die besef van Amy Biehl se bydrae tot die stryd,” het Peni gesê.
 Nogtans het hy en sy mede-aansoekers aangedring dat die moord polities
 gemotiveerd was en deur die PAC se slagspreuk, “Een setlaar, een koeël”
 geïnspireer is. Peni het getuig dat Paso se bestuursleier sy lede beveel het om
 Gugulethu onregeerbaar te maak en om die PAC se gewapende vleuel, die Azanian
 People’s Liberation Army, te help om swart mense se grond terug te wen. “Ek het
 hierdie beskou as ŉ opdrag (instruksie) om ook wit mense skade te berokken, seer
 te maak en dood te maak.”

 In 1998 het Biehl se moordenaars amnestie deur die WVK (ŉ besluit wat die familie
 se goedkeuring gehad het) ontvang en is hul uit die tronk vrygelaat nadat hulle vier
 jaar tronkstraf uitgedien het. Die Biehls het gesê dat hulle glo dat hul dogter die
 Kommissie se besluit om amnestie toe te staan, sou ondersteun.

       [Uit www.justice.gov.za/trc/media/1997/9707/s970708f.htm. Toegang op 1 September 2019
                                                                                     verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                              9

 BRON 2D

 Hierdie foto toon die moordenaars van Amy Biehl by die amnestieverhoor op
 8 Julie 1997 in Kaapstad.

                [Uit images amy biehl newpaper. jfif-photos. Toegang op 1 September 2019 verkry.]

REKONSILIASIE-
KOMMISSIE
                                                                               WAARHEID
                                                                               DIE PAD NA
                                                                               REKONSILIASIE

Kopireg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 3:        WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES
                (MNK’s) OP GLOBALE KULTURE IN DIE 1990’s GEHAD?

BRON 3A

Die bron hieronder verduidelik die betekenis van globalisering.

Globalisering is ŉ proses van interaksie en integrasie tussen mense, maatskappye
en regering van verskillende nasies, ŉ proses wat deur internasionale handel en
beleggings gedryf word, en deur inligtingstegnologie ondersteun word. Hierdie
proses het gevolge op die omgewing, kultuur, politieke stelsels, ekonomiese
ontwikkeling en vooruitgang en op menslike fisiese welstand in samelewings regoor
die wêreld.

Globalisering is egter niks nuuts nie. Vir duisende jare, het mense – en later,
korporasies – gekoop van en verkoop aan mekaar in lande op verre afstande van
mekaar. Net so (eweneens), vir eeue, het mense en korporasies in sake-
ondernemings in ander lande belê.

Beleid en tegnologiese ontwikkelings van die afgelope dekades het stygings in
kruisgrens-handel, beleggings en migrasie aangespoor tot so ŉ mate dat baie
waarnemers glo die wêreld het ŉ kwalitatiewe nuwe fase in sy ekonomiese
ontwikkeling betree. Vanaf 1950, byvoorbeeld, het die volume van wêreldhandel 20
keer gestyg; van 1997 tot 1999 het buitelandse beleggings byna verdubbel, van $468
biljoen tot $827 biljoen. Die huidige (globalisasie) golf kan van vroeëre golwe
onderskei word, volgens die skrywer Thomas Friedman, deurdat globalisasie vandag
‘vinniger, goedkoper en dieper’ is.

[Uit https://www.globalisation101.org>what-is-globalisation. Toegang op 17 September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                          11

 BRON 3B

 Hierdie bron beskryf die impak van globalisasie op die kulture van ontwikkelende
 lande.

 Globalisasie het baie voordele maar is ook skadelik (het nadele) vir die kultuur van
 ontwikkelende lande. Baie kulture in ontwikkelende lande is deur globalisasie en
 nabootsing van ander kulture soos Amerika en Europese lande verander. Voor
 globalisasie sou dit nie moontlik gewees het om van ander lande en hul kulture te
 weet nie. Deur belangrike toerusting/hulpmiddels (‘tools’) van globalisasie soos
 televisie, radio, satelliet en internet, is dit vandag moontlik om te weet wat in enige
 ander land gebeur. Meer nog, mense wêreldwyd kan mekaar beter deur globalisasie
 ken.

 Vandag kan ons die hewige impak (‘heavy effect’) van globalisasie op jongmense in
 verskillende arm nasies duidelik sien. Dit is baie alledaags om tieners te sien wat
 Nike T-hemde en seilskoene sowel as Adidas-skoene dra, en Hip-Hop musiek speel,
 Apple iPads gebruik, en by McDonalds, KFC en Domino’s Pizza eet. Dit lyk asof jy
 hulle slegs aan hul taal kan onderskei.

 Aan die ander kant, is baie ontwikkelende lande besorg oor die styging in
 globalisasie omdat dit mag lei dat hul eie kultuur, tradisies, identiteit, gebruike en hul
 taal vernietig kan word. In baie Arabiese lande, byvoorbeeld, trek mense aan en tree
 soos ontwikkelde nasies op; slegs ŉ paar mense dra hul tradisionele kleredrag
 waaraan hulle gewoond is. Verder het globalisasie gelei tot die verdwyning van baie
 woorde en uitdrukkings van plaaslike tale omdat baie mense Engels gebruik.

  [Uit http://www.tigweb.org/youth-media/panorama/article.html?Contentl. Toegang op 10 September
                                                                                     2019 verkry.]

Kopireg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 BRON 3C

 Die uittreksel hieronder beskryf hoe die burgerlike samelewing in 1998 teen die
 multi-nasionale maatskappy ‘Nike’ geprotesteer het.

 Nike, ŉ leidende sportdragvervaardiger, is een van die besigheidswêreld se
 skitterende voorbeelde van hoe om ŉ openbare beeld skoon te maak. In die 1990’s,
 is die maatskappy deur verslae gepla dat dit hongerloonfabrieke en kinderarbeid
 gebruik. Druk het gegroei tot 1998, toe Nike mede-stigter Phil Knight homself openlik
 daartoe verbind het om die maatskappy se praktyke te verander, en Nike die
 volgende dekade daaraan spandeer het om presies dit te doen.

 Tans dreig ŉ terugkeer na Nike se hongerloonfabrieke. Op Julie 29, het studente en
 aktiviste regoor die wêreld deelgeneem aan ŉ dag van protes teen Nike,
 georganiseer deur Verenigde Studente Teen Hongerloonfabrieke (VSTHF). Die
 demonstreerders, in stede soos Boston, Washington D.C., Bangalore en San Pedro
 Sula, het meer beskuldigings teen Nike verteenwoordig wat stadig kookpunt bereik
 het.

 Hieronder was daar aansprake van werkers by ŉ Nike-fabriek in Hansae, Vietnam,
 wat gely het onder loondiefstal en verbale mishandeling en vir ure in temperature
 ver oor die wettige limiet van 90 grade gewerk het, tot die punt waar hulle voor die
 naaldwerkmasjiene sou ineenstort. Nike is ook daarvan beskuldig dat hul poste by
 Hansae-fabriek gesny het sowel as die onttrekking van produksie van ŉ fabriek in
 Honduras met ŉ sterk unieverteenwoordiging, wat gelei het dat honderde werkers
 belangrike poste verloor het. Die maatskappy het na bewering ook geweier dat die
 onafhanklike moniteringsgroep (kontroleringsgroep), Werkers Regte Konsortium
 (WRK) toegang kon kry om sy kontrakfabrieke te inspekteer.

 [Uit https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave--of-anti-sweatshops-protest. Toegang op 10
                                                                         September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)          GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                        13

 BRON 3D

 Hierdie plakkaat val groot korporasies (besighede) in 1998 in Washington D.C. aan.

                                        [Uit New Generation History deur S. Govender et al]

       HONGERLOONFABRIEKE: VRY HANDEL
                     -OF-
       KORPORATIEWE SLAWERNY

Kopireg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 ERKENNINGS

 Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

 Govender, S. et.al. 2007. New Generation History (New Generation Publishers)

 http://www.tigweb.org/youth-media/panorama/article.html?Content

 https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave--of-anti-sweatshops-protest

 https://www.globalisation101.org>what-is-globalisation

 https://www.nytimes.com1993/08/27/world/how-american- sister-died-in-
 atownship.html

 images amy biehl newpaper. jfif-photos

 Krog. A. 1999. Country of my Skull (Vintage Publishers)

 Price, L. 2013. Steve Biko (Sached Books (Pty) Ltd)

 Van Wyk, C. 2007. We Write What We Like (Wits University Press)

 Wilson, L. 2011. Steve Biko (Jacana Media (Pty) Ltd)

 www.justice.gov.za/trc/media/1997/9707/s970708f.htm

 Zapiro, Daily Maverick

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/9c3a8ce8-f3a0-4016-a58e-194db060028c) — History · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
