# History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2022-afrikaans/c0b7432b-a38b-461c-80eb-dc044b61cd84
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2022-afrikaans/c0b7432b-a38b-461c-80eb-dc044b61cd84)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                           JUNIE 2022

                      GESKIEDENIS V2
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GESKIEDENIS V2                          (EC/JUNIE 2022)

 1. BRONGEBASEERDE VRAE

     1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
         te ontwikkel:

                                                                        GEWIGS-
     KOGNITIEWE
                             HISTORIESE VAARDIGHEDE                   TOEKENNING
       VLAKKE
                                                                       VAN VRAE
                       •   Onttrek inligting uit bronne.
                       •   Selektering en organisasie van                30%
        VLAK 1
                           relevante inligting uit bronne.               (15)
                       •   Definieer historiese begrippe/terme.
                       •   Interpretasie van bewyse uit bronne.
                                                                         40%
        VLAK 2         •   Verduidelik inligting verkry uit bronne.
                                                                         (20)
                       •   Analiseer bewyse uit bronne.
                       •   Interpreteer en evalueer bewyse uit
                           bronne.
                       •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                           betroubaarheid, eensydigheid en               30%
        VLAK 3
                           beperkings vas te stel.                       (15)
                       •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies
                           en perspektiewe in die bronne en kom
                           tot onafhanklike gevolgtrekkings.

     1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
         geassesseer word:

          • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
            enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
            voorbeelde.
          • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
            aan die vereistes van die vraag voldoen is.
          • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
            waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
            kursiefgedrukte skrif aangedui.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
            krediet kry vir enige relevante antwoord.
          • Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die
            beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.

     1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae

          •     Gebruik ŉ regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
          •     Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
                twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
                neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
          •     Indien ŉ vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      GESKIEDENIS V2                                          3

             Paragraafvraag
             Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
             inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
             word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
             word wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag geassesseer word:
              • Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks
                waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
                beantwoord.
              • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
                in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
                beantwoord.
              • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
                paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
                soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ŉ kort kommentaar bv.

             ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
             _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
                                                                 √√√√ Vlak 2

             Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
             • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
               punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
                                                                    32
                                                                    50

             • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
               antwoordeboek oorgedra word.

 2. OPSTELVRAE

      2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
          • In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse
             te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
             bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks
             feite of ŉ effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
             gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel ŉ inleiding,
             ŉ samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ŉ slot het.

      2.2 Nasien van opstelvrae
          • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
            word deur die handboeke wat by ŉ spesifieke sentrum gebruik is.
          • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
            as dit wat ingesluit is by ŉ riglyn vir nasien van ŉ spesifieke opstel.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
            krediet kry vir enige ander relevante antwoord.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GESKIEDENIS V2                             (EC/JUNIE 2022)

    2.3 Globale assessering van die opstel

         Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
         benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ŉ geheel sal bepunt
         sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
         moedig die leerder aan om ŉ individuele mening aan te bied deur gebruik te
         maak van geselekteerde feitelike bewyse om ŉ argument te ondersteun. Daar
         sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ŉ beter
         punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
         antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
         van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
         leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
         inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
         ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
         volgende val:
         • Die konstruksie/daarstelling van ŉ argument.
         • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
            ondersteun.
         • Die leerder se interpretasie van die vraag.

    2.4 Assesseringsprosedures van die opstel

         2.4.1   Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.

         2.4.2   Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
                 word vir ŉ relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt (‘bullet’) in die
                 nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
                 gekontekstualiseer is en ŉ relevante slotopmerking (aangedui met ŉ
                 kolpunt in die nasienriglyn) bv. ŉ antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
                 sal daar dus 7 regmerkies wees.

         2.4.3   Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ŉ opstel.

                         Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ŉ argument/ŉ
                         duidelike hoofpunt.Elke paragraaf moet ŉ punt bevat wat die
                     P
                         hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is,
                         ondersteun.
                         Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                     E   waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
                         met die vraag wat gevra is.
                         Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
                     E   inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
                         voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
                         Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
                     L   deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
                         geskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      GESKIEDENIS V2                                           5

          2.4.4   Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
                  word:

                  • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
                    gekontekstualiseer nie
                                                                      ^
                  • Verkeerde stelling             _________________

                  • Irrelevante stelling             |
                                                     |
                                                     |

                  • Herhaling                        R

                  • Analise                          A√

                  • Interpretasie                    I√
                  • Argument                        LOA

 2.5      Die matriks

          2.5.1   Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.

                  By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
                  matriks voorsien word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet
                  beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ŉ Punt word
                  toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
                  die sewe vaardigheidsvlakke.

                  (a)   Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
                        watter mate die hoofmomente gedek is om en die
                        inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                          I       VLAK 4

                  (b)   Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
                        van die aanbieding bepaal.
                                                          I       VLAK 4
                                                          A       VLAK 3

                  (c)   Ken ŉ algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                          I      VLAK 4
                                                          A      VLAK 3       }26–27
 KOMMENTAAR

 Vraag herkenbaar in antwoord.
 Toon soms bewys van ŉ gestruktureerde en beplande argument.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
     6                                                              GESKIEDENIS V2                                                       (EC/JUNIE 2022)

     NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50

                            VLAK 7               VLAK 6                VLAK 5               VLAK 4              VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1

                        Baie goed
                        beplande en          Baie goed             Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging aangewend     Weinig of geen
AANBIEDING                                   beplande en           gestruktureerde      en gestruktureer.   van ŉ                                     poging om die
                        gestruktureerde                                                                                          om antwoord te
                        opstel. Goeie        gestruktureerde       opstel.              Bewyse tot ŉ        gestruktureerde en   struktureer.         opstel te
                        sintese van          opstel. ŉ Relevante   Poog om ŉ            sekere mate         beplande             Grootliks            struktureer nie.
                                             argument is           duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       beskrywend of
                        inligting. Het ŉ
                                             gevolg. Bewyse        te ontwikkel.        argument te         om ŉ argument vol    poog om argument
                        goed
                                             gebruik om die        Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              te ontwikkel. Geen
                        gebalanseerde,
                                             argument te           gemaak uit bewyse    Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   poging om ŉ
                        oorspronklike
                                             verdedig. Poog om     om die argument te   grond van bewyse.   duidelik             gevolgtrekking te
                        argument ontwikkel
                        met bewyse.          ŉ onafhanklike        ondersteun.                              ondersteun deur      maak nie.
                        Argument             gevolgtrekking uit                                             bewyse nie.
                                             die bewyse te
                        deurgaans
                                             maak om die
                        volgehou en
INHOUD                                       argument te
                        verdedig.
                                             ondersteun.
                        Onafhanklike
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit bewyse
                        om die argument te
                        ondersteun.

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten            47–50                 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie              43–46                 40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39                 36–37                34–35                30–33                28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige                                                      30–33                28–29                26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                         26–27                24–25               20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud
                                                                                                                 20–23               18–19                 14–17
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                   14–17                  0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

*Riglyne vir die toekenning van ŉ punt in Vlak 1:

 •       Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
 •       Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
 •       Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer                    = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                        GESKIEDENIS V2                                            7

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1:         HOE HET DIE STIGTING VAN DIE UNITED DEMOCRATIC
                  FRONT (UDF) ’N IMPAK OP DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE
                  1980’s GEHAD?

 1.1     1.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                  • Almal
                  • Hier
                  • Nou                                                           (3 x 1)     (3)

         1.1.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
                  • Alle Suid-Afrikaners wat in die land woon moet menseregte hê
                  • Dit moet al vier die rassegroepe, swartes, blankes, Kleurlinge
                      en Indiërs, insluit
                  • Enige ander relevante antwoord                    (enige 1 x 2)           (2)

         1.1.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
                  • Tuislande soos Ciskei, Transkei wat die regering ondersteun
                      het, het selfregering gekry
                  • Die regering het aparte gebiede geskep vir die verskillende
                      groepe om in te woon (arm gebiede)
                  • Enige ander relevante antwoord                    (enige 1 x 2)           (2)

         1.1.4    [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1A – V3]
                  Die bron is bruikbaar omdat:

                  •    Dit verduidelik die verband tussen die woorde almal, hier en
                       nou in die UDF-bekendstelling/stigting
                  •    Dit verskaf inligting oor die regte van alle Suid-Afrikaners in die
                       bekendstelling van die UDF
                  •    Dit gee insig oor omstandighede en voornemens van alle Suid-
                       Afrikaners om hulself in ŉ verenigde front te organiseer
                  •    Dit beklemtoon die regte tyd vir die bekendstelling van die UDF
                  •    Enige ander relevante antwoord                        (enige 2 x 2)    (4)

 1.2     1.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
                  • Kerkgroepe
                  • Burgerlike groepe
                  • Vakbonde
                  • Vrouegroepe
                  • Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS)
                  • Indiese gemeenskapsorganisasies              (enige 3 x 1)                (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                       GESKIEDENIS V2                            (EC/JUNIE 2022)

      1.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
              • Simboliseer politieke solidariteit onder die gediskrimineerde
                  organisasies wat by die UDF geaffilieer is
              • Hulle saamwerk is ŉ simbool van die revolusionêre gees van
                  eenheid
              • Die waai van die UDF-vlag simboliseer saluut vir eenheid, krag
                  (mag) en weerstand teen apartheid (‘Voorwaarts na mense se
                  mag’)
              • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2)        (4)

1.3   [Vergelyking van bewyse uit Bron 1A en 1B – V3]

      FOKUS OP REDES
      • Bron 1A noem dat dr. Allan Boesak die regte vir alle Suid-Afrikaners
        bekendstel en Bron 1B wys die verskillende burgerlike organisasies by die
        bekendstelling van die UDF
      • Bron 1A noem dat die DRIE sleutelwoorde van ‘almal’, ‘hier’ en ‘nou’ terwyl
        Bron 1B die slagspreuk ‘PEOPLE’S POWER (Mense se mag)’ noem
      • Beide bronne verwys na menseregte
      • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)          (4)

1.4   1.4.1   [Verduideliking van ’n historiese konsep uit Bron 1C – V2]
              •      ŉ Beleid wat betrekkinge tussen Suid-Afrika se wit minderheid en
                     nie-blanke meerderheid beheer het en rassesegregasie en politieke
                     en ekonomiese diskriminasie teen nie-blankes goedgekeur het
              •      ŉ Beleid of stelsel van segregasie of diskriminasie op grond van ras
              •      ŉ Voormalige beleid van segregasie en politieke, sosiale en
                     ekonomiese diskriminasie teen die nie-blanke meerderheid in die
                     Republiek van Suid-Afrika
              •      Enige ander relevante antwoord                         (enige 1 x 2)     (2)

      1.4.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
              • Verbruikersboikotte
              • Wegbly-aksies                                                     (2 x 1)     (2)

      1.4.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
              • Om een miljoen handtekeninge van die publiek in te samel,
                 teenkanting teen die apartheidsregering en sy grondwetlike
                 hervormings te verklaar                                    (1 x 2)           (2)

      1.4.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
              • Om seker te maak dat hulle lede van alle verskillende vlakke van
                  die lewe gewerf het en aktief by die burgerlike verset in
                  massabetogings betrokke gemaak
              • Verseker dat massas algemene lede aktief deelneem aan
                  aktiwiteite van die UDF wat uiteindelik besluitnemingstrukture wat
                  deur die regering geskep is, met ŉ stelsel van mense se mag sal
                  vervang.
              • ŉ Oproep vir swartmense om volle deelname aan die regering te
                  hê.
              • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      GESKIEDENIS V2                                          9

 1.5.    1.5.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                  • Die regering wou nie mag en gesag oor swartes verloor nie
                  • Die regering wou swartes as minderwaardige of tweedeklas-
                      burgers behou
                  • Die regering wou hul grondwetlike oorheersing behou
                  • Enige ander relevante antwoord                    (enige 1 x 2)         (2)

         1.5.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
                  • Leiers tronk toe gestuur
                  • Aanhouding sonder verhoor
                  • Verhoor vir politieke misdade                         (enige 2 x 1)    (2)

         1.5.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                  • Die regering het self al hierdie handelinge, wettig en onwettig,
                      geborg en ondersteun.
                  • Die polisie en weermag was self beide geïmpliseer en
                      instrumenteel in dade van kriminele geweld teen aktiviste en
                      weerstandbiedende gemeenskappe.
                  • Apartheidsregeringstrukture stel self die raamwerk vir hierdie
                      onwettige dade.
                  • Enige ander relevante antwoord                        (enige 1 x 2)     (2)

         1.5.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                  • Sommige betogers is vermoor en die reg op lewe geweier
                  • Betogers se reg op gelykheid is deur die regering as
                      ondermynend beskou en daarom aangehou
                  • Leiers is gearresteer en die regte geweier om voor ŉ hof te
                      verskyn.
                  • Enige ander relevante antwoord                      (enige 2 x 2)      (4)

         1.5.5    [Onttrekking van bewyse uit 1D – L1]
                  • Archie Gumede
                  • Mewa Ramgobin
                  • George Sewpersadh
                  • MJ Naidoo
                  • Billy Nair
                  • Sam Kikine
                  • Kadir Hassim                                           (enige 2 x 1)   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    GESKIEDENIS V2                             (EC/JUNIE 2022)

 1.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
        Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

        •   Ons wil hê dat alle Suid-Afrika se mense hul regte moet hê (Bron 1A)
        •   Ons wil al ons regte hê, ons wil dit hier hê en ons wil dit nou hê. (Bron
            1A)
        •   Die deel van die foto wat vra vir ŉ ‘verenigde front’ van ‘kerke, burgerlike
            verenigings, vakbonde, studente-organisasies en sportliggame’ (Bron
            1B)
        •   Die UDF is toe van stapel gestuur wat verhoudings met plaaslike
            organisasies gevestig het (Bron 1B)
        •   Om die massas van die verskillende burgerlike groepe te verenig
            (Bron 1B)
        •   Lede was vasbeslote om te verenig en mag oor te neem (Power to the
            People) (Bron 1B)
        •   Lidmaatskapsamestelling weerspieël eenheid en verteenwoordigend van
            alle rassegroepe teen wie gediskrimineer is (Bron 1B)
        •   Kort na sy stigting het dit ŉ suksesvolle boikotaksie van stapel gestuur
            teen die verkiesing van die (Kleurlinge) Huis van Verteenwoordigers en
            (Indiese) Huis van Afgevaardigdes (Bron 1C)
        •   Die UDF was betrokke by die organisering van ŉ aantal
            verbruikersboikotte en wegblyplekke (Bron 1C)
        •   In 1983 en 1984 het dit die ‘een miljoen handtekeninge’-veldtog van
            stapel gestuur, waarin ondertekenaars gevra is om hul teenkanting teen
            die sogenaamde Koornhof-wetgewing oor swart plaaslike regering, sowel
            as die nuwe grondwet uit te spreek (Bron 1C).
        •   ‘Voorwaarts na Mense se Mag’ (Bron 1C)
        •   Die UDF se strategie was om besluitnemingstrukture wat deur die
            regering geskep is, te vervang met ŉ stelsel van ‘volksmag’. (Bron 1C)
        •   Soos die UDF gegroei het, het die apartheidsregime elke metode tot sy
            beskikking en elke wapen in sy arsenaal probeer om die verspreiding van
            populêre weerstand te keer (Bron 1D)
        •   Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                       GESKIEDENIS V2                                  11

      Gebruik die volgende rubriek om ’n punt toe te ken:

                                        KRITERIA                      PUNTE
                      • Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse, bv.
                        toon geen of min begrip oor hoe die
                        stigting van die UDF ŉ impak op die
         VLAK 1         apartheidsregime in die 1980’s gehad           0–2
                        het.
                      • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
                        paragraaf skryf nie.
                      • Bewyse meestal relevant en hou in ŉ groot
                        mate verband met die onderwerp, bv. toon
                        begrip oor hoe die stigting van die UDF
         VLAK 2         ’n impak op die apartheidsregime in die        3–5
                        1980’s gehad het.
                      • Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om ’n
                        paragraaf te skryf.
                      • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
                        ŉ deeglike begrip oor hoe die stigting van
                        die UDF ŉ impak op die apartheidsregime
         VLAK 3         in die 1980’s gehad het.                       6–8
                      • Gebruik bewyse baie effektief in ’n
                        georganiseerde paragraaf en toon begrip van
                        onderwerp.                                                   (8)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  GESKIEDENIS V2                            (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 2:       HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
                KOMMISSIE (WVK) MET DIE HANTERING VAN MLUNGISI
                GRIFFITHS MXENGE SE DOOD?

 2.1    2.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                • Anti-apartheidsaktivis en prokureur                       (1 x 1)      (1)

        2.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                • Dirk Coetzee
                • Almond Nofemela
                • David Tshikilange                                          (3 x 1)     (3)

        2.1.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                • Hy is met ŉ wielsleutel oor die kop geslaan.
                • Op die grond geval en is herhaaldelik gesteek.             (2 x 1)     (2)

        2.1.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                • Om dit soos ŉ rooftog te laat lyk.                         (1 x 2)     (2)

        2.1.5   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
                • Hulle het vir amnestie aansoek gedoen
                • Die WVK was nie ŉ geregshof nie
                • Die WVK het gewag vir die Amnestiekomitee om sy finale
                    besluit te neem
                • Enige ander relevante antwoord.               (enige 2 x 2)            (4)

 2.2    2.2.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
                • Die WVK was tevrede dat hul motiewe polities gemotiveer was.
                • Hulle neem bevele van ŉ hoër gesag, die Veiligheidstak van die
                    Suid-Afrikaanse polisie.
                • Hulle het om amnestie aansoek gedoen en die verhoor
                    bygewoon
                • Die Kommissie was tevrede dat hulle die waarheid bekend
                    gemaak het.
                • Enige ander relevante antwoord.                   (enige 2 x 2)        (4)

        2.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
                • Omdat hulle amnestie deur die WVK toegestaan is
                • Hulle kon nie in ŉ strafhof verhoor word nie
                • Enige ander relevante antwoord                  (enige 1 x 2)          (2)

        2.2.3   [Bepaal betroubaarheid van bewyse uit Bron 2B – V3]
                • Sommige twyfel oor hul identiteit van die persone wat
                   instruksies gegee het
                • Coetzee het namens die polisie opgetree
                • Die beskuldigde drie het nie die oorledene geken nie
                • Luister na die seniors se bevele / Hulle het net bevele
                   gehoorsaam
                • Enige ander relevante antwoord                       (enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      GESKIEDENIS V2                                        13

 2.3     2.3.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                  • Die WVK is die opdrag gegee om die gruweldade wat
                      gepleeg is, te ondersoek
                  • WVK het besluit om herstellende geregtigheid te gebruik
                  • Enige ander relevante antwoord                       (2 x 2)         (4)

         2.3.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
                  • Desmond Tutu                                            (1 x 2)      (2)

         2.3.3    [Verduideliking van konsepte uit Bron 2C – V1]
                  • Daad van wraak vir persone wat hul geliefdes vermoor het
                  • Enige ander relevante antwoord                      (1 x 2)          (2)

         2.3.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                  • Die WVK het besluit om oortreders vir hul misdade te
                      vergewe
                  • Om amnestie toe te staan as hulle die waarheid van hul
                      gruweldade openbaar
                  • Om genesing en versoening in Suid-Afrika te bring
                  • Enige ander relevante antwoord                 (enige 1 x 2)         (2)

 2.4     [Vergelyking van Bron 2B en Bron 2C – V3]
         • Bron 2B dui aan dat die oortreders amnestie gekry het en daarom nie
            tronk toe gestuur kon word nie, terwyl dit in Bron 2C toon dat die
            WVK nie ten gunste van vergeldende geregtigheid was nie
         • Bron 2B dui aan dat die WVK na bewyse soek voordat amnestie
            toegestaan word en Bron 2B wys hoe die WVK soek na die waarheid
            (bewyse) van die moord op Griffiths Mxenge
         • Beide bronne wys die WVK ondersoek gruweldade wat gepleeg is
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2)      (4)

 2.5     2.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
                  • Het nie aan die kriteria vir amnestie voldoen nie       (1 x 2)      (2)

         2.5.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                  • Omdat hulle amnestie deur die WVK toegestaan is
                  • Hulle kon nie in ŉ strafhof verhoor word nie
                  • Enige ander relevante antwoord.                         (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   GESKIEDENIS V2                          (EC/JUNIE 2022)

 2.6   [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne –
       V3]

       Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
       • Die drie Vlakplaas-operateurs is aangekla en skuldig bevind aan die
         moord op Griffiths Mxenge (Bron 2A)
       • Die Amnestie-komitee het versoek dat vonnisoplegging uitgestel word
         totdat die komitee ŉ uitspraak oor die aansoeke bereik het (Bron 2A)
       • Die Amnestiekomitee het ŉ getwyfel oor die identiteit van die
         moordenaars van Griffiths Mxenge (Bron 2B)
       • Die Amnestiekomitee het gevoel dat die drie beskuldigdes volgens die
         regering se opdrag (seniors) opgetree het en nie hul eie nie (Bron 2B)
       • Nie genoeg bewyse om die drie beskuldigdes te vonnis nie en dus nie
         nodig vir die spoorhof om voort te gaan met die kwessie van vonnis
         nie (Bron 2B)
       • Die familie van Griffiths Mxenge het geweier om die WVK-proses van
         amnestie te aanvaar en wou hê dat die oortreders in ŉ strafhof
         verhoor moet word (Bron 2C)
       • Mxenge se broer Mhleli het gesê Coetzee en sy medebeskuldigdes
         het nie aan die kriteria vir amnestie voldoen nie (Bron 2C)
       • Die WVK kon die meeste gruweldade ondersoek, insluitend die
         Griffiths Mxenge-saak (Bron 2D)
       • Die meeste van die families wou herstellende geregtigheid hê, maar
         Griffiths Mxenge se familie wou geregtigheid hê (Bron 2D)
       • Enige ander relevante antwoord

       Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                                          KRITERIA                      PUNTE
                      •   Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse, bv.
                          toon geen of min begrip oor hoe die
                          Waarheids-en-Versoeningskommissie
         VLAK 1           (WVK) Mlungisi Griffiths se dood                0–2
                          gehanteer het.
                      •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ’n
                          paragraaf skryf nie.
                      •   Bewyse meestal relevant en hou in ŉ groot
                          mate verband met die onderwerp, bv. toon
                          begrip oor hoe die Waarheids-en-
         VLAK 2           Versoeningskommissie (WVK) Mlungisi             3–5
                          Griffiths se dood gehanteer het.
                      •   Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om ’n
                          paragraaf te skryf.
                      •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer
                          ŉ deeglike begrip oor hoe die Waarheids-
                          en-Versoeningskommissie (WVK)
         VLAK 3           Griffiths Mxenge se dood gehanteer het.         6–8
                      •   Gebruik bewyse baie effektief in ’n
                          georganiseerde paragraaf en toon begrip van
                          onderwerp.                                                   (8)
                                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                        GESKIEDENIS V2                                       15

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 VRAAG             BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA – DIE
 3:                KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s.

 [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
 bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]

 SINOPSIS

 Kandidate moet krities bespreek hoe die Swartbewussynbeweging die politieke
 vakuum gevul het wat deur revolusionêre bewegings gelaat is en apartheidsregering
 in die 1970's uitgedaag het.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

 Inleiding:       Kandidate moet ŉ standpunt inneem oor hoe die Swartbewussynbeweging
                  die politieke vakuum gevul het en die apartheidsregering uitgedaag het.

 UITBREIDING
 • In die 1970’s het die Swartbewussynbeweging (SBB) die vryheidstryd laat herleef
 • Apartheid het in die 1970’s en 1980’s toenemend onderdrukkend geword
 • Weerstand was ŉ hopelose oorsaak. SB idees het daardie ingesteldheid verander
 • Swartbewussyn (SB) het begin as ŉ universiteitstudentebeweging onder leiding
    van Stephen Biko wat daarop gemik was om swartmense bewus te maak en ŉ
    gevoel van eiewaarde en selfvertroue by hulle te vestig om die apartheidsregime
    uit te daag.
 • Die rol van Biko: Biko het by studentepolitiek betrokke geraak terwyl hy medies
    aan die universiteit studeer het as lid van NUSAS – ŉ nie-rassige
    studenteorganisasie. Biko was oortuig dat hulle nie die behoeftes van swart Suid-
    Afrikaners kan verstaan nie en het gevoel dat daar ŉ behoefte aan hul eie
    organisasies is om hulself te verteenwoordig. Biko het medestudente van ander
    etniese universiteite gewerf en in Desember 1968 ŉ grondwet vir die Suid-
    Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) opgestel.
 • SASO: Versprei SB idees oor die kampusse van die etnies geskeide universiteite.
    Dit was belangrik omdat dit swart eenheid en solidariteit bevorder het, studente
    meer polities bewus gemaak het, studente aangemoedig het om hulself van
    apartheid te bevry
 • SBB: Versprei vanaf die etniese universiteitskampusse na die res van Suid-Afrika.
    Jong swartmense is na verskeie gemeenskappe gestuur om klinieke te skep en te
    bestuur en om geletterdheidsveldtogte op te stel om solidariteit en selfstandigheid
    aan te moedig. In 1972 is die Black People’s Convention (BPC) gestig om die
    aktiwiteite van al die verskillende SBB-groepe wat ontstaan het, te koördineer. BC
    het arbeidsbewegings in Suid-Afrika weer wakker gemaak. In 1972 het SASO ŉ
    nasionale vakbondraad vir swartes gestig. Die Black Allied Workers Union
    (BAWU) is deur Drake Koka gestig, en dit het wit betrokkenheid by die
    vakbondbeweging verwerp.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   GESKIEDENIS V2                             (EC/JUNIE 2022)

 •   Urban Workers’ Staking (1973): Redes vir die staking en eise van die werkers.
     Beklemtoon die regering se reaksie en impak van stakings.
 •   Viva Frelimo saamtrekke: Hierdie saamtrekke is as nasionale veldtogte wat
     deur SASO aangebied word en hoe die saamtrekke spanning tussen die SASO
     en die Suid-Afrikaanse regering
 •   Regering se persepsies van SBB: Aanvanklik was die SA regering nie
     bekommerd oor die SBB nie, aangesien dit gelyk het soos sy eie beleid van
     afsonderlike ontwikkeling. Apartheidsfilosofie het in rasseskeiding geglo, so die
     vorming van SASO (slegs swart unie) het in ooreenstemming met
     apartheidsteorieë van ‘eie sake’ gelyk. Die SB het sterker geword; dit het ŉ
     uitdaging aan die staat gestel, want dit het ŉ massabeweging geword wat
     apartheid wou ondermyn. Die apartheidsregering het gereageer op die
     bedreiging wat die SBB ingehou het deur aksies te neem soos; SB-leiers in 1971
     verbied om in die openbaar te praat (8 SASO-leiers is verbied); 8 BPC-leiers is
     ingevolge die Wet op Terrorisme sonder verhoor aangehou; SASO is teen 1975
     op universiteitskampusse verbied en Biko is in 1977 wreed deur die
     veiligheidspolisie vermoor.
 •   1976 Soweto-opstand: Leerders by skole in Soweto was ongelukkig omdat die
     meeste staatsbefondsing na wit skole gegaan het, erge oorbevolking in klasse,
     kurrikulum was beperk en onderwys het leerders voorberei op hande- en
     ongeskoolde arbeid. Die instelling van Afrikaans as onderrigmedium in 1975 in
     swart skole het massaprotes ontketen. Die SASM het besluit om ŉ
     massabetoging teen Afrikaans as onderrigmedium te hou. Op 16 Junie 1976 het
     duisende Soweto-leerders ŉ vreedsame protes aangepak. Later het die optog
     gewelddadig geword en honderde is beseer (Hastings Ndlovu en Hector
     Pietersen). Woedend oor die polisie-aksies het leerders amok gemaak deur die
     strate van Soweto en simbole van apartheid soos geboue en wit besighede te
     verbrand.
 •   Debatteer of SASO (en SASM) deur SBB beïnvloed is. Daar was baie ander
     faktore wat ŉ rol gespeel het soos; swak lewensomstandighede in Soweto,
     invloed van die ANC (politieke invloed) en die stigting van die vakbondbeweging.
     Daar is egter ŉ algemeen aanvaarde idee dat SB die leerders van Soweto
     beïnvloed het. ŉ Aantal SASO-lede het onderwysers geword nadat hulle
     gegradueer het. Hulle het BC-idees aan leerders bekendgestel. Die SASM het
     leierskapsopleiding aan hoërskoolleerders verskaf, en dit (SASM) is deur SASO
     aangemoedig om hom te bekommer oor ongeregtighede binne die samelewing
     en om SB-idees te versprei.
 •   Die nalatenskap van BC oor SA politiek: SBB het die stryd teen apartheid laat
     herleef. As gevolg van die verandering in houding wat deur die SBB en SASO
     gebring is, het skoolkinders die apartheidstaat uitgedaag en landwye protes
     gelei. SBB politieke aktiviste het ŉ nuwe politieke organisasie, die Azanian
     Peoples’ Organisation (AZAPO) in 1978 gestig. Azapo het SB se filosofie
     omhels en wit deelname aan die stryd verwerp.
 •   Enige ander relevante inligting.

 •   Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat.                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                     GESKIEDENIS V2                                         17

 VRAAG 4:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                  OOREENKOMS EN DIE RNE.

 [Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
 bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

 SINOPSIS

 Kandidate moet verduidelik in watter mate Suid-Afrika uit die krisis van die 1990's as
 ŉ demokrasie ontstaan het. Hulle moet ŉ standpunt inneem en hul argument met
 relevante bewyse ondersteun.

 HOOFASPEKTE

 Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit.

 Inleiding:       Kandidate moet verduidelik tot watter mate Suid-Afrika uit die krisis
                  van die 1990’s as ŉ demokrasie ontstaan het. Hulle moet ŉ standpunt
                  inneem en hul argument met relevante bewyse ondersteun.

 UITBREIDING

 •   De Klerk kom in 1989 aan bewind
 •   De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990 as ŉ keerpunt
     beskou
 •   Het gelei tot die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die
     ANC en SAKP
 •   Die opheffing van beperkings op COSATU en AZAPO; De Klerk se besluit om
     Mandela op 11 Februarie 1990 uit die tronk vry te laat, het die weg gebaan vir
     onderhandelinge
 •   Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet: ANC-afvaardiging
     onder leiding van Nelson Mandela en die NP-afvaardiging onder leiding van FW
     de Klerk)
 •   Apartheidswetgewing herroep soos die Wet op Afsonderlike Reservering van
     Geriewe
 •   Pretoria-minuut, 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die gewapende stryd
     op te skort)
 •   KODESA 1 (19 politieke partye uitgesluit AZAPO, CP en PAC – 300
     afgevaardigdes het vergader)
 •   Geweld breek uit in verskeie dele van Suid-Afrika soos die Rand, Natal en
     elders (IVP, ANC en Derdemag geweld)
 •   CODESA 2 (2 Mei 1992) het ineengestort. Partye kon nie ooreenkom oor ŉ
     nuwe grondwetmakende liggaam en tussentydse regering nie (onsekerheid)
 •    NP wou minderheidsveto hê terwyl ANC ŉ tussentydse regering vir nie langer
     as 18 maande en gewone meerderheidsregering wou hê nie
 •   Boipatong-slagting (17 Junie 1992) en die gevolge daarvan (geweld en
     onsekerheid)
 •   Bhisho-slagting (7 September 1992) het die proses van onderhandelinge
     (geweld en onsekerheid) amper ontspoor.
 •   Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf
     Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 GESKIEDENIS V2                          (EC/JUNIE 2022)

 •   Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-
     Afrika (geweld en onsekerheid)
 •   Belangrikheid van die Veelparty-onderhandelingsforum vir Suid-Afrika se
     toekoms
 •   Regse (AWB) aanval op die World Trade Centre en die gevolge daarvan
     (geweld en onsekerheid)
 •   Sonsondergangklousule wat deur Joe Slovo ingestel is, het die dooiepunt
     van onderhandelinge verbreek
 •   Heidelberg taverne-slagting – 31 Januarie 1993 (geweld en onsekerheid)
 •   St James-slagting in Julie 1993 – APLA oop vuur – 11 gedood en 58
     gewond (geweld en onsekerheid)
 •   Tussentydse Grondwet in November 1993
 •   Shell House-slagting in Maart 1994 – IVP optogte na die ANC-hoofkwartier
     – 8 mense dood en 250 beseer (geweld en onsekerheid)
 •   Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig
 •   ANC het verkiesings gewen en Mandela het die eerste swart Suid-
     Afrikaanse president geword
 •   Enige ander relevante antwoord

 • Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat.               [50]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      GESKIEDENIS V2                                         19

 VRAAG 5:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                    EN   ’N     NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
 [Beplan en konstrueer ’n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
 bewyse deur van analitiese en interpretasie vaardighede gebruik te maak.]

 SINOPSIS
 Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem dat dit Gorbatsjof se
 hervormings en die ondergang van kommunisme in die Sowjetunie (USSR) was
 wat die weg gebaan het vir onderhandelinge tussen die ANC en die
 apartheidsregering na 1989.
 HOOFASPEKTE

 Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

 Inleiding:       Kandidate moet ŉ standpunt inneem of hulle saamstem of nie
                  saamstem dat dit Gorbatsjof se hervormings en die ondergang van
                  kommunisme in die Sowjetunie (USSR) was wat die weg gebaan het
                  vir onderhandelinge tussen die ANC en die apartheidsregering na
                  1989. Hulle moet demonstreer hoe hulle beplan om hierdie vraag te
                  beantwoord.
 UITBREIDING
 •   Ekonomiese toestande in Rusland in die laat 1980’s
 •   Gorbatsjof se beleid van perestroika en glasnost
 •   Gorbatsjof beëindig die kernwapenwedloop met die VSA
 •   Gorbatsjof beëindig die oorlog in Afghanistan
 •   Die USSR gee afstand van haar oorheersing oor Oos-Europa
 •   Die val van die Berlynse Muur en die einde van kommunisme
 •   Veranderinge in die wêreld het tot die einde van apartheid bygedra
 •   Die ineenstorting van die USSR het die ANC sy hoofbron van steun ontneem
 •   Die ANC kon nie meer op die USSR staatmaak om dit ekonomies of met
     wapens te ondersteun nie
 •   Gorbatsjof was ook ten gunste van ŉ vreedsame magsoorgang in Suid-Afrika
 •   Die Nasionale Party se bewering dat hy optree as ŉ ‘bolwerk’ teen
     kommunistiese uitbreiding in Suider-Afrika het onrealisties geword
 •   Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen ŉ kommunistiese
     oorname beskerm, was naïef
 •   Westerse wêreldmoondhede het die stap ondersteun dat Suid-Afrika sy
     probleme vreedsaam en demokraties oplos
 •   Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie meer wit oppergesag in
     Suid-Afrika kan handhaaf nie
 •   Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die
     antwoord op die behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling is nie
 •   Die Slag van Cuito Cuanavale en die onafhanklikheid van Namibië
 •   Daar was geen twyfel dat die voortgesette onderdrukking van swart Suid-
     Afrikaners nie politieke stabiliteit sou verseker nie
 •   PW Botha het ŉ beroerte gehad en is deur F.W. de Klerk opgevolg

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                  GESKIEDENIS V2                           (EC/JUNIE 2022)

 •   FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart Suid-Afrikaners se stryd teen
     apartheid nie ŉ sameswering was wat vanuit Moskou gerig is nie.
 •   Dit het De Klerk in staat gestel om in gesprek met die
     bevrydingsorganisasies te tree
 •   Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ‘ ŉ nuwe en regverdige grondwetlike
     bedeling’ aangekondig
 •   Dit het die einde van apartheidsregering aangedui
 •   Enige ander relevante antwoord

 •   Slot: Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot saamvat.
           As kandidate nie saamstem met die stelling nie, moet hulle hul
           argument met relevante bewyse ondersteun.                                  [50]

                                                                      TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — History · QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1) — QP · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
