# History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2022-afrikaans/86e46b65-5afd-4911-92fc-0b7b9e4a1fb5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2022-afrikaans/86e46b65-5afd-4911-92fc-0b7b9e4a1fb5)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — Addendum · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                                JUNIE 2022

                           GESKIEDENIS V2

PUNTE:     100

TYD:       2½ uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ŉ addendum van 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    GESKIEDENIS V2                         (EC/JUNIE 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
        voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

        AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

        VRAAG 1:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

        VRAAG 2:      DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

        AFDELING B: OPSTELVRAE

        VRAAG 3:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA ‒
                      DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

        VRAAG 4:      DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                      OOREENKOMS EN DIE RNE

        VRAAG 5:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                      WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.      AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
        benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
        word.

3.      AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.      Beantwoord TWEE vrae soos volg:

        Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN moet
        ’n opstelvraag wees.

5.      In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
        toepas.

6.      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

7.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

8.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                       GESKIEDENIS V2                                           3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om
hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE HET DIE STIGTING VAN DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT
         (UDF) ’N IMPAK OP DIE APARTHEIDSREGIME IN DIE 1980’s
         GEHAD?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1     Volgens die bron noem die DRIE ‘klein’ woordjies wat dr. Boesak
                  tydens sy toespraak gebruik het.                              (3 x 1)        (3)

        1.1.2     Verduidelik wat bedoel word met die stelling: ‘Ons wil hê dat alle Suid-
                  Afrikaners regte moet hê.’                                        (1 x 2)    (2)

        1.1.3     Wat, dink jy, het dr. Allan Boesak bedoel met sy spesifieke verwysing
                  na verarmde tuislande en aparte groepsgebiede?                  (1 x 2)      (2)

        1.1.4     Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ
                  historikus wat navorsing oor die bekendstelling (stigting) van die UDF
                  doen.                                                             (2 x 2)    (4)

1.2     Bestudeer Bron 1B.

        1.2.1     Identifiseer enige DRIE organisasies wat geaffilieer was aan die UDF
                  wat in die foto uitgebeeld word.                                (3 x 1)      (3)

        1.2.2     Watter boodskappe word in hierdie foto oorgedra? (Gebruik die visuele
                  leidrade in die bron.)                                        (2 x 2)        (4)

1.3     Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in
        Bron 1B met betrekking tot die redes vir die stigting van die UDF ondersteun.
                                                                                (2 x 2)        (4)

1.4     Raadpleeg Bron 1C.

        1.4.1     Definieer die konsep apartheid in die konteks van Suid-Afrika se
                  politieke situasie in die 1980’s.                               (1 x 2)      (2)

        1.4.2     Identifiseer TWEE aktiwiteite wat die UDF aangepak het om die
                  apartheidsregering te ontbloot.                               (2 x 1)        (2)

        1.4.3     Haal bewyse uit die bron aan wat die rede vir die bekendstelling van
                  die ‘een miljoen handtekeninge’-veldtog verduidelik.            (1 x 2)      (2)

        1.4.4     Verduidelik wat geïmpliseer word deur: ‘... daar is besluit om massa-
                  ondersteuning in aktiewe deelname te verander.’                  (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V2                              (EC/JUNIE 2022)

1.5   Gebruik Bron 1D.

      1.5.1    Lewer kommentaar oor waarom jy dink die apartheidsregime
               vasbeslote was om die verspreiding van populêre verset te stop.
                                                                            (1 x 2)          (2)

      1.5.2    Noem TWEE taktieke uit die bron om te wys hoe die apartheids-
               regering die UDF onderdruk het.                            (2 x 1)            (2)

      1.5.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
               waarom daar na hierdie metodes as ‘oorlogsdade teen die bevolking’
               verwys is.                                                        (1 x 2)     (2)

      1.5.4    Verduidelik waarom dink jy dat die regering se reaksie op die
               aktiwiteite van die UDF gewelddadig was.                      (2 x 2)         (4)

      1.5.5    Noem enige TWEE UDF-leiers wat deur die apartheidsregering
               aangehou is.                                              (2 x 1)             (2)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
      die stigting van die United Democratic Front (UDF) ŉ impak op die
      apartheidsregime in die 1980’s gehad het.                                              (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                        GESKIEDENIS V2                                            5

VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
         KOMMISSIE (WVK) IN DIE HANTERING VAN MLUNGISI GRIFFITHS
         MXENGE SE DOOD?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1     Lees Bron 2A.

        2.1.1     Volgens die bron, wie was Griffiths Mxenge?                         (1 x 1)    (1)

        2.1.2     Noem die DRIE apartheidsagente wat vir die moord op Griffiths
                  Mxenge aangekla is.                                           (3 x 1)          (3)

        2.1.3     Hoe, volgens Nofemela, is Griffiths Mxenge vermoor?                 (2 x 1)    (2)

        2.1.4     Waarom, volgens die bron, het die apartheidsoperateurs sy besittings
                  gesteel?                                                      (1 x 2)          (2)

        2.1.5     Hoekom, dink jy, is die drie apartheidsagente skuldig bevind aan die
                  moord op Mxenge, maar nie gevonnis nie?                        (2 x 2)         (4)

2.2     Bestudeer Bron 2B.

        2.2.1     Gebruik jou eie kennis en die inligting in die bron, verduidelik hoekom
                  die drie apartheidsagente amnestie gekry het.                      (2 x 2)     (4)

        2.2.2     Waarom, dink jy, is hierdie stelling: ‘Dit sal nie nodig wees vir die
                  verhoorhof om met die kwessie van vonnis voort te gaan nie’,
                  gemaak?                                                              (1 x 2)   (2)

        2.2.3     By die oorweging van die Amnestiekomitee se besluit oor die toestaan
                  van amnestie aan die drie beskuldigdes, verduidelik die redes vir
                  hierdie besluit.                                               (2 x 2)         (4)

2.3     Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1     Watter boodskap word in die spotprent rakende die werk van die
                  WVK uitgebeeld?                                               (2 x 2)          (4)

        2.3.2     Noem die persoon wat die ekspedisie lei.                            (1 x 2)    (2)

        2.3.3     Verduidelik die begrip vergeldende geregtigheid in jou eie woorde.
                                                                                 (1 x 2)         (2)

        2.3.4     Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik hoekom
                  Alex Boraine gesê het: ‘Vergeldende geregtigheid is uit hierdie
                  ekspedisie uitgelaat’.                                             (1 x 2)     (2)

2.4     Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in
        Bron 2C ondersteun met betrekking tot die toekenning van amnestie aan
        diegene wat verantwoordelik vir die dood van Griffith Mxenge was.       (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V2                            (EC/JUNIE 2022)

2.5    Verwys na Bron 2D.

       2.5.1   Volgens die bron, waarom het Griffiths se broer, Mhleli nie
               saamgestem met die besluit oor amnestie wat aan die beskuldigdes
               verleen is nie?                                             (1 x 2)        (2)

       2.5.2   Verduidelik waarom die Mxenge-gesin op hierdie manier gereageer
               het oor die toestaan van amnestie aan die drie apartheidsagente.
                                                                             (2 x 2)      (4)

2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
       hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die dood van Griffiths
       Mxenge gehanteer het.                                                             (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                      GESKIEDENIS V2                                     7

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA – DIE KRISIS
                  VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

‘Dit was die Swartbewussynbeweging wat die politieke vakuum gevul het en die
apartheidsregering in die 1970’s uitgedaag het.’

Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                           [50]

VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
         OOREENKOMS EN DIE RNE

Bespreek tot watter mate Suid-Afrika as ŉ demokrasie uit die krisis van die 1990’s
ontstaan het.

Gebruik relevante voorbeelde in jou bespreking.                                       [50]

VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

‘Ingrypende revolusionêre veranderinge soos Gorbatsjof se hervormings en die
ondergang van kommunisme in die Sowjetunie (USSR) het die weg vir
onderhandelinge tussen die ANC en die apartheidsregering ná 1989 gebaan.’

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse.                                                                               [50]

                                                                        TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
