# History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2023-afrikaans/4d89c999-c580-4ebe-ad32-ccdfbe675af1)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                               JUNIE 2023

                          GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ŉ addendum van 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2                           (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

      VRAAG 2:        DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 3:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA ‒
                      DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

      VRAAG 4:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                      OOREENKOMS EN DIE RNE

      VRAAG 5:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                      WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.    AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
             moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan OF ŉ ń brongebaseerde vraag OF ŉ opstelvraag
             wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      toepas.

7.    Jy sal deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde benadeel word.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        GESKIEDENIS V2                                           3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord EEN óf TWEE vrae uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet
word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) PROBEER OM
         PW BOTHA SE HERVORMINGS IN DIE 1980’s TEEN TE STAAN?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1     Noem TWEE ander hervormingsmaatreëls uit die bron wat Botha
                  wou implementeer om apartheid in die 1980’s te hervorm.  (2 x 1)             (2)

        1.1.2     Definieer die konsep Driekamerparlement in jou eie woorde. (1 x 2)           (2)

        1.1.3     Noem DRIE rassegroepe uit die bron wat in die driekamerparlement
                  ingesluit is.                                              (3 x 1)           (3)

        1.1.4     Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
                  waarom jy dink PW Botha die meerderheid swartes uit die
                  driekamerparlement uitgesluit het.                               (2 x 2)     (4)

1.2     Raadpleeg Bron 1B.

        1.2.1     Volgens die bron, wat was die doelwitte van die UDF wat tot sy
                  stigting gelei het?                                          (3 x 1)         (3)

        1.2.2     Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
                  waarom die UDF teen die grondwetlike hervormings van die
                  apartheidsregering gekant was.                                   (2 x 2)     (4)

        1.2.3     Verduidelik die boodskap wat geïmpliseer word met die woorde:
                  “Ons is hier om te sê dat daar regte is wat nóg toegeken is, nóg
                  ontleen is vanaf die staat,” in die konteks van die UDF.”      (1 x 2)       (2)

        1.2.4     Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                  navorsing oor die stigting van die UDF doen.                    (2 x 2)      (4)

1.3     Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
        in Bron 1B met betrekking tot die redes vir die stigting van die UDF
        ondersteun.                                                           (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V2                              (EC/JUNIE 2023)

1.4   Raadpleeg Bron 1C.

      1.4.1    Identifiseer enige TWEE leiers wat in die foto uitgebeeld word.(2 x 1)       (2)

      1.4.2    Gebruik visuele leidrade in die bron om die boodskappe wat in die
               foto oorgedra word, te verduidelik.                          (2 x 2)         (4)

      1.4.3    Beskryf die gemoedstoestand van die leiers wat die stigting van die
               UDF bygewoon het.                                             (2 x 1)        (2)

1.5   Gebruik Bron 1D.

      1.5.1    Noem enige TWEE UDF-leiers wat deur die apartheidsregering
               aangehou (gevange/geneem) was.                           (2 x 1)             (2)

      1.5.2    Waarom, dink jy, was die UDF as die ‘interne vleuel van die
               ANC’ beskou?                                                    (2 x 2)      (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
      die United Democratic Front (UDF) probeer het om P.W. Botha se
      hervormings in die 1980’s teen te staan.                                              (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                         GESKIEDENIS V2                                            5

VRAAG 2:          WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                  SUKSESVOL OM DIE WONDE VAN ’N VERDEELDE
                  SUID-AFRIKA TE GENEES?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

2.1      Lees Bron 2A.

         2.1.1      Volgens die bron, wat was die twee belangrike dinge wat uit die
                    WVK na vore gekom het?                                      (2 x 1)          (2)

         2.1.2      Waarom, dink jy, was sommige mense nie ten gunste van die WVK
                    nie?                                                     (1 x 2)             (2)

         2.1.3      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
                    waarom jy dink die WVK ŉ katartiese (genesende) uitwerking vir
                    baie van die slagoffers gehad het?                               (2 x 2)     (4)

         2.1.4      Wat word geïmpliseer met die woorde: “Dit het ŉ argief
                    (bewaarplek) geskep … en hopelik daaruit te leer”, oor die werk
                    van die WVK?                                                (2 x 2)          (4)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1      Waarom, dink jy het die WVK oortreders aangemoedig om vir
                    amnestie aansoek te doen?                              (1 x 2)               (2)

         2.2.2      Volgens die bron, wat was die positiewe aspekte wat deur die
                    WVK-verhore bereik was?                                    (3 x 1)           (3)

         2.2.3      Definieer die konsep ‘amnestie’ in jou eie woorde.              (1 x 2)      (2)

         2.2.4      Wat, volgens die bron, was die grootste sukses van die WVK?
                                                                              (1 x 2)            (2)

2.3      Vergelyk Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die
         bewyse in Bron 2B met betrekking tot die genesingsproses
         van die WVK ondersteun.                                              (2 x 2)           (4)

2.4      Verwys na Bron 2C.

         2.4.1      Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oorgedra
                    word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
                    ondersteun.                                                  (2 x 2)         (4)

         2.4.2      Identifiseer enige DRIE ‘skelm(onderduimse)-streke’ in die bron
                    wat die Nasionale Party gedurende die 1980’s gepleeg het. (3 x 1)            (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                            (EC/JUNIE 2023)

2.5     Raadpleeg Bron 2D.

        2.5.1   Verduidelik die beperkings van die WVK vir ŉ geskiedkundige wat
                navorsing oor die sukses van die genesing van die wonde van die
                slagoffers doen.                                          (2 x 2)        (4)

        2.5.2   Waarom dink jy het die Nasionale Party en ander verregse groepe
                die WVK daarvan beskuldig dat dit ŉ ‘heksejag’ is?         (2 x 2)       (4)

        2.5.3   Hoe, volgens die bron, sal herstellende geregtigheid suksesvol
                wees?                                                       (1 x 2)      (2)

2.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) suksesvol
        was om die wonde van ŉ verdeelde Suid-Afrika te genees.                          (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                     GESKIEDENIS V2                                         7

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 3:          BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
                  VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

“Dit was die Swartbewussynsbeweging (SBB) en Steven Bantu Biko wat
instrumenteel was om die apartheidsregering in die 1970's uit te daag.”

Stem jy saam met die stelling? Gebruik relevante bewyse om jou lyn van argument
te ondersteun.                                                                          [50]

VRAAG 4:          DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE:
                  ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE

“De Klerk se vrylating van Mandela was ŉ keerpunt in Suid-Afrika se geskiedenis tot
demokrasie in die 1990’s.”

Bespreek die stelling krities met verwysing na die proses van onderhandelinge in
Suid-Afrika tussen 1990 en 1994.                                                        [50]

VRAAG 5:          DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie die beëindiging
van apartheid in Suid-Afrika beïnvloed het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                           [50]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
