# History Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/e03af93f-1220-457d-8951-6013d6a0c19a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/e03af93f-1220-457d-8951-6013d6a0c19a)

## About this document

History · Grade 12 · HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24 · 2024 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                               JUNIE 2024

                          GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ŉ addendum van 10 bladsye.

### Page 2

2                                  GESKIEDENIS V2                           (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

     VRAAG 2:        DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 3:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

     VRAAG 4:        DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE:
                     ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE

     VRAAG 5:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.   AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
     benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
     word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1    Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2    Die DERDE vraag kan OF ŉ opstelvraag OF ŉ brongebaseerde vraag
            wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
     toepas.

7.   Jy sal deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde benadeel word.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/JUNIE 2024)                       GESKIEDENIS V2                                          3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN óf TWEE vrae uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat
gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:          WAAROM HET DIE BURGERLIKE SAMELEWING IN SUID-AFRIKA
                  DIE IMPLEMENTERING VAN DIE WET OP STEDELIKE
                  BANTOERADE GEDURENDE DIE 1980’s TEENGESTAAN?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1     Definieer die konsep Driekamerparlement in jou eie woorde.      (1 x 2)    (2)

        1.1.2     Gebruik jou eie kennis en verduidelik wie die Swart Plaaslike
                  Owerhede was.                                                   (1 x 2)    (2)

        1.1.3     Waarom dink jy, het die 1980’s ŉ keerpunt in die Suid-Afrikaanse
                  geskiedenis geword?                                            (2 x 2)     (4)

        1.1.4     Noem enige TWEE tipes proteste uit die inligting in die bron wat deur
                  gewone Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime onderneem is.
                                                                                 (2 x 1)     (2)

1.2     Raadpleeg Bron 1B.

        1.2.1     Waarom, volgens die bron, was die burgerlike organisasies op
                  plaaslike vlak gestig?                                       (2 x 1)       (2)

        1.2.2     Lewer kommentaar op waarom jy dink die meeste burgerlikes hulself
                  met die ANC geïdentifiseer het.                            (1 x 2)         (2)

        1.2.3     Noem enige TWEE ‘brood-en-botter’-kwessies wat deur burgerlikes
                  getakel was.                                               (2 x 1)         (2)

        1.2.4     Definieer die term ‘Volksmag’ in die konteks van die redes waarom
                  burgerlike organisasies apartheid teengestaan het.             (1 x 2)     (2)

        1.2.5     Verduidelik wat Oliver Tambo met sy stelling geïmpliseer het:
                  “In hierdie komende tydperk sal ons met nog meer krag (energie); die
                  vernietiging van die regeringsorgane moet voortsit om die land
                  onregeerbaar te maak”.                                         (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    GESKIEDENIS V2                              (EC/JUNIE 2024)

1.3    Lees Bron 1C.

       1.3.1    Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat mense in die ‘townships’
                (lokasies/informele nedersettings) meer polities bewus geword het.
                                                                              (2 x 1)          (2)

       1.3.2    Verduidelik die ekonomiese ontberinge wat swart Suid-Afrikaners
                ervaar het, wat tot betogings gelei het.                     (1 x 2)           (2)

       1.3.3    Wie, volgens die bron, het ŉ beroep op die Vaal Burgervereniging
                gedoen om teenkanting teen die huurverhogings te mobiliseer?
                                                                              (1 x 2)          (2)

       1.3.4    Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
                bron vir ŉ historikus wat die redes waarom burgerlike organisasies
                swart plaaslike owerhede in die 1980’s verwerp het, ondersoek.
                                                                               (2 x 2)         (4)

1.4    Gebruik Bron 1D.

       1.4.1    Watter boodskappe word in hierdie plakkaat rakende die reaksies van
                gemeenskappe teenoor apartheid uitgebeeld?                   (2 x 2)           (4)

       1.4.2    Wat, volgens die plakkaat, was die eise van die inwoners?         (2 x 1)      (2)

1.5    Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
       in Bron 1D ondersteun met betrekking tot hoe burgerlike organisasies op
       swart plaaslike owerhede gereageer het.                                (2 x 2)          (4)

1.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ŉ paragraaf
       van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom
       die burgerlike samelewing in Suid-Afrika die implementering van die Wet op
       Stedelike Bantoerade gedurende die 1980’s teengestaan het.                             (8)
                                                                                             [50]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/JUNIE 2024)                        GESKIEDENIS V2                                          5

VRAAG 2:          HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                  GEPOOG OM VERSOENING IN SUID-AFRIKA TE BEVORDER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Bestudeer Bron 2A.

         2.1.1     Noem TWEE redes waarom die WVK in 1995 gestig is.               (2 x 1)     (2)

         2.1.2     Definieer die term herstellende geregtigheid in die konteks van die
                   doelstellings van die WVK.                                      (1 x 2)     (2)

         2.1.3     Verduidelik waarom jy dink die WVK-verhore as ŉ belangrike
                   simboliese funksie in Suid-Afrika gedien het.                   (2 x 2)     (4)

         2.1.4     Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat Suid-Afrikaners gretig
                   was dat hul stories gehoor moes word.                         (1 x 2)       (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1     Waarom, volgens die bron, het PW Botha die WVK verwerp? (2 x 1)             (2)

         2.2.2     Lewer kommentaar oor die houding teenoor die werk van die WVK
                   deur:

                   (a)   PW Botha                                                  (1 x 2)     (2)

                   (b)   Desmond Tutu                                              (1 x 2)     (2)

         2.2.3     Waarom dink jy was dit belangrik dat PW Botha voor die WVK moes
                   verskyn?                                                    (2 x 2)         (4)

         2.2.4     Lewer kommentaar oor die beperkings van hierdie bron vir ŉ navorser
                   wat die WVK-verhore bestudeer.                               (2 x 2)        (4)

2.3      Gebruik Bron 2C.

         2.3.1     Watter boodskappe word in hierdie spotprent met betrekking tot die
                   reaksie van PW Botha teenoor die WVK oorgedra?                (2 x 2)       (4)

         2.3.2     Identifiseer die leier wat die WVK-proses bestuur het.           (1 x 2)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                    GESKIEDENIS V2                               (EC/JUNIE 2024)

2.4   Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse
      in Bron 2C met betrekking tot die werk van die WVK ondersteun.         (2 x 2)         (4)

2.5   Lees Bron 2D.

      2.5.1    Definieer die term rekonsiliasie in jou eie woorde.                (1 x 2)    (2)

      2.5.2    Waarom, volgens die bron, is die ‘Register vir Rekonsiliasie’ daar-
               gestel?                                                         (2 x 1)       (2)

      2.5.3    Lewer kommentaar oor waarom baie Suid-Afrikaners die ‘Register vir
               Rekonsiliasie’ kom teken het.                              (1 x 2)            (2)

      2.5.4    Haal bewyse uit die inligting in die bron aan wat aandui dat baie Suid-
               Afrikaners toegewyd is om ŉ nuwe Suid-Afrika te herbou.          (2 x 1)      (2)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die
      Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) gepoog het om versoening in
      Suid-Afrika te bevorder.                                                               (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/JUNIE 2024)                       GESKIEDENIS V2                                     7

AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae
 nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 3:           BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
                   VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

Verduidelik tot watter mate die Swart Bewussynsbeweging (SBB) die ingesteldheid
van swart Suid-Afrikaners verander het om die apartheidsregime in die 1970’s uit te
daag.                                                                               [50]

VRAAG 4:       DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
               AANVAARDING  VAN    DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
               OOREENKOMS EN DIE RNE

Suid-Afrika se pad na demokrasie was deurspek (geteister) met wydverspreide
uitdagings en onoorkomelike (onoorwonne) struikelblokke.

Stem jy saam met die stelling? Gebruik relevante bewyse om jou lyn van argument
te ondersteun.                                                                  [50]

VRAAG 5:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
               DIE GEBEURE VAN 1989

Die ineenstorting van kommunisme in 1989 was grootliks verantwoordelik vir die
politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het.

Bespreek die stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou lyn van argument te
staaf.                                                                             [50]

                                                                         TOTAAL:       150

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — Addendum · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
