# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/3db0316c-9f90-4ca7-b1f9-4cdf4d5b5dfb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/3db0316c-9f90-4ca7-b1f9-4cdf4d5b5dfb)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2023

                         GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

### Page 2

2                                   GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
       voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

       AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

       VRAAG 1:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

       VRAAG 2:      DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

       VRAAG 3:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                     WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE

       AFDELING B: OPSTELVRAE

       VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

       VRAAG 5       DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE:
                     ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE

       VRAAG 6:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.     AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
       benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
       word.

3.     AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.     Beantwoord DRIE vrae soos volg:

       4.1     Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
               moet ’n opstelvraag wees.

       4.2     Die ander vraag (DERDE) kan óf ŉ opstelvraag óf brongebaseerde
               vraag wees.

5.     Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.     In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
       toepas.

7.     Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                 GESKIEDENIS V2                                            3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:        HOE HET KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE WERKERSUNIES
                (COSATU) DIE APARTHEIDSREGERING GEDURENDE DIE 1980’s
                TEENGESTAAN?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Definieer die term vakbond in jou eie woorde.                  (1 x 2)     (2)

        1.1.2    Waarom dink jy het wettiging van vakbonde nie die gewenste
                 uitwerking gehad wat PW Botha verwag het nie?             (1 x 2)          (2)

        1.1.3    Noem enige DRIE progressiewe vakbondorganisasies uit die bron
                 wat voor die stigting van COSATU bestaan het.           (3 x 1)            (3)

        1.1.4    Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die woorde: “Die
                 1980’s sal in die geskiedenis as die waterskeiding (keerpunt) in
                 ons momentele (grootse) stryd teen apartheid opgeteken word”.
                                                                              (2 x 2)       (4)

1.2     Bestudeer Bron 1B.

        1.2.1    Identifiseer enige TWEE vorme van protes wat deur COSATU
                 gebruik was om met die ‘rollende massa-aksie’ voort te gaan.
                                                                            (2 x 1)         (2)

        1.2.2    Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat mense van alle vlakke
                 van die samelewing die wegbly-aksie van 1 Mei 1986 ondersteun
                 het.                                                       (1 x 2)         (2)

        1.2.3    Lewer kommentaar op hoekom jy dink COSATU die ‘Leefbare
                 Loon Veldtog’ geloods het.                            (2 x 2)              (4)

        1.2.4    Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                 die weerstand teen apartheid deur COSATU in die 1980’s
                 bestudeer.                                                     (2 x 2)     (4)

1.3     Raadpleeg Bron 1C.

        1.3.1    Watter boodskappe word in hierdie plakkaat oor die stryd vir
                 werkersregte in Suid-Afrika uitgebeeld?                      (2 x 2)       (4)

        1.3.2    Noem enige DRIE eise, genoem in die plakkaat, wat COSATU
                 tydens die ‘Lewende Loon’-veldtog gestel het.          (3 x 1)             (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4     Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
        bewyse in Bron 1C ondersteun rakende die rol wat COSATU in die 1980’s
        gespeel het.                                                         (2 x 2)     (4)

1.5     Lees Bron 1D.

        1.5.1   Hoe, volgens die bron, het die staat die vakbondlede hanteer?
                                                                            (2 x 1)      (2)

        1.5.2   Waarom dink jy het die regering so hardhandig teenoor COSATU
                en sy bondgenote opgetree?                               (2 x 2)         (4)

        1.5.3   Verduidelik die begrip noodtoestand in die konteks van die
                onderdrukkende maatreëls wat deur die apartheidsregering
                geneem is.                                                 (1 x 2)       (2)

1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy
        verduidelik hoe COSATU die apartheidsregering gedurende die 1980’s
        teengestaan het.                                                                 (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                 GESKIEDENIS V2                                           5

 VRAAG 2:        HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS-
                 KOMMISSIE (WVK) OM VERSOENING EN GENESING VIR SUID-
                 AFRIKANERS TE BRING?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1    Bestudeer Bron 2A.

        2.1.1    Wat, volgens die bron, was die groot taak wat die ANC ná die
                 1994-verkiesing gehad het?                                 (1 x 2)        (2)

        2.1.2    Lewer kommentaar op wat Mandela met die volgende stelling
                 geïmpliseer het: “Dat daar geen boosheid/kwaad was wat so deur
                 die wêreld veroordeel is as apartheid nie”.              (2 x 2)          (4)

        2.1.3    Waarom dink jy het die ANC op ŉ beleid van “vergewe sonder om
                 te vergeet”, besluit?                                    (2 x 2)          (4)

        2.1.4    Haal bewyse uit die bron aan wat die doelwitte van die WVK
                 verduidelik.                                               (2 x 1)        (2)

 2.2    Raadpleeg Bron 2B.

        2.2.1    Hoekom dink jy wou Riefaat Hattas oor die vergete kamerade
                 getuig?                                                  (1 x 2)          (2)

        2.2.2    Definieer die term ondervraging in die konteks van die WVK-
                 verhore.                                                   (1 x 2)        (2)

        2.2.3    Waarom, volgens die bron, het Riefaat die traumasentrum
                 bygewoon?                                                     (2 x 1)     (2)

        2.2.4    Wat, volgens die bron, was die daaglikse stryd van studente?
                                                                             (2 x 1)       (2)

        2.2.5    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus wat
                 die WVK-verhore bestudeer.                                    (2 x 2)     (4)

 2.3    Verwys na Bron 2C.

        2.3.1    Waarom, volgens die bron, was die Suid-Afrikaanse regering
                 aangeval?                                                 (2 x 1)         (2)

        2.3.2    Definieer die term skadevergoeding in jou eie woorde.         (1 x 2)     (2)

        2.3.3    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat President Thabo
                 Mbeki huiwerig was dat die regering skadevergoeding aan
                 individue betaal.                                          (1 x 2)        (2)

        2.3.4    Verduidelik wat geïmpliseer word deur die woorde: ‘Ons het nie vir
                 geld geveg nie, maar geld kan iets betekenisvol in my lewe doen’,
                 in die konteks van vergoeding.                              (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                                   GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

2.4   Lees Bron 2D.

      2.4.1    Watter boodskap word in die spotprent oor skadevergoeding
               uitgebeeld?                                               (2 x 2)      (4)

      2.4.2    Verduidelik wat deur die woorde geïmpliseer word: “ONS IS
               ONBEPAALD GESLUIT. JY SAL BY DIE VOLGENDE VENSTER
               BEDIEN WORD”, in die konteks van vergoeding.              (1 x 2)      (2)

2.5   Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2D die
      inligting in Bron 2C aangaande die proses van skadevergoeding aan
      slagoffers van menseregteskending deur die regering, ondersteun. (2 x 2)        (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy
      verduidelik hoe suksesvol die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK)
      was om versoening en genesing aan Suid-Afrikaners te bring.                    (8)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                  GESKIEDENIS V2                                           7

VRAAG 3:        WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES (MNK)
                OP DIE GLOBALE MARK GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

3.1     Lees Bron 3A.

        3.1.1    Hoe, volgens die bron, kommunikeer en deel ons mekaar se
                 kulture?                                                 (2 x 1)           (2)

        3.1.2    Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde.           (1 x 2)     (2)

        3.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                 hoe globalisering tot kulturele uitruiling tussen lande bygedra het.
                                                                                (1 x 2)     (2)

        3.1.4    Lewer kommentaar oor waarom globalisering nie die ekonomiese
                 gaping tussen die ryk en die arm lande verminder het nie. (1 x 2)          (2)

3.2     Verwys na Bron 3B.

        3.2.1    Waarom, volgens die bron, was dit moeilik vir state om Multi-
                 Nasionale Korporasies in terme van globalisering te beheer?
                                                                                 (2 x 1)    (2)

        3.2.2    Definieer die term Multi-Nasionale Korporasies in die konteks van
                 globalisering.                                               (1 x 2)       (2)

        3.2.3    Lewer kommentaar oor waarom baie regerings die moontlikheid
                 gevrees het dat MNC’s uit hul lande sou onttrek.        (2 x 2)            (4)

        3.2.4    Noem enige TWEE lande uit die bron waar MNC’s se
                 hoofkwartiere geleë is.                                        (2 x 1)     (2)

3.3     Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Verduidelik die boodskappe wat hierdie spotprent oordra
                 aangaande toestande van werkers wat in Multi-Nasionale
                 Korporasies werk.                                             (2 x 2)      (4)

        3.3.2    Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat werkers geen sê in
                 die werkplek gehad het nie.                               (1 x 2)          (2)

        3.3.3    Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron vir ŉ historikus
                 wat die toestande van werkers by Multi-Nasionale Korporasies,
                 bestudeer.                                                 (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

3.4    Lees Bron 3D.

       3.4.1    Wat, volgens die bron, vervaardig Nike?                     (1 x 2)     (2)

       3.4.2    Waarom dink jy het die Nike-vervaardigers hongerloonfabrieke en
                kinderarbeid gebruik om hul produkte te vervaardig?       (2 x 2)       (4)

       3.4.3    Noem enige TWEE bewerings wat werkers in Viëtnam oor die
                Nike-fabriek gemaak het.                               (2 x 1)          (2)

       3.4.4    Verduidelik waarom, dink jy, Nike nie toegelaat het dat die
                Workers’ Rights Consortium (WRC) sy kontrakfabrieke inspekteer
                nie.                                                        (1 x 2)     (2)

3.5    Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
       inligting in Bron 3D aangaande die behandeling van werkers deur Nike
       ondersteun.                                                        (2 x 2)       (4)

3.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
       wat Multi-Nasionale Korporasies op die globale mark gehad het, verduidelik.      (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                GESKIEDENIS V2                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
              KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

Verduidelik tot watter mate die filosofie van Swart Bewussyn-studente,
gemeenskappe en werkers beïnvloed het om die apartheidstaat in Suid-Afrika in
die 1960’s en 1970’s uit te daag.

Motiveer jou lyn van argument deur relevante bewyse te gebruik.                        [50]

VRAAG 5:      DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
              AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
              OOREENKOMS EN DIE RNE

Dit was slegs deur toewyding en kompromie deur verskillende rolspelers wat die
voortslepende geweld in Suid-Afrika beëindig het en die weg vir ŉ nuwe
demokratiese Suid-Afrika in 1994 gebaan het.

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou argument deur van relevante bewyse
gebruik te maak.                                                                       [50]

VRAAG 6:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
              WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Bespreek krities hoe die hervormings van Gorbatsjof tot die ineenstorting van
kommunisme gelei het en vanaf 1989 verandering in die politieke landskap in Suid-
Afrika teweeggebring het.

Bespreek die stelling krities. Motiveer jou lyn van argument deur relevante bewyse
te gebruik.                                                                            [50]

                                                                        TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — History · Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
