# History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIORSERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2024

                             GESKIEDENIS V2

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

      VRAAG 2:       DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

      VRAAG 3:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                     WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID- AFRIKA
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

      VRAAG 5:       DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                     OOREENKOMS EN DIE RNE

      VRAAG 6:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1       Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
                moet ’n opstelvraag wees.
      4.2       Die ander vraag (DERDE) kan of ŉ opstelvraag of brongebaseerde
                vraag wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      toepas.

7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  GESKIEDENIS V2                                           3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord,
is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:        HOE HET DIE KONGRES VAN SUID-AFRIKAANSE STUDENTE
                (COSAS) APARTHEID IN DIE 1980’s TEENGESTAAN?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1     Lees Bron 1A.

        1.1.1    Waaraan, volgens die bron, het COSAS hom aan toegewy?
                                                                     (2 x 1)               (2)

        1.1.2    Noem TWEE verklarings van oortuigings wat COSAS
                 aangeneem het.                                              (2 x 1)       (2)

        1.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik
                 waarom COSAS die tema, ‘Studente-werker Aksie’ aangeneem
                 het.                                                         (1 x 2)      (2)

        1.1.4    Lewer kommentaar oor waarom jy dink die inligting in die bron
                 bruikbaar sal wees, wanneer jy die redes vir die stigting van
                 COSAS bestudeer.                                            (2 x 2)       (4)

1.2     Verwys na Bron 1B.

        1.2.1    Watter tipe weerstandstaktieke is volgens die bron, onder die
                 vaandel van COSAS uitgevoer?                              (2 x 1)         (2)

        1.2.2    Wat dink jy was die skoolgebaseerde kwessies wat tot die
                 skoolboikotte gelei het?                                 (2 x 2)          (4)

        1.2.3    Definieer die term boikot in jou eie woorde.                (1 x 2)       (2)

        1.2.4    Lewer kommentaar oor wat COSAS bedoel het met die
                 slagspreuk: ‘Bevryding voor Opvoeding.’                     (2 x 2)       (4)

1.3     Gebruik Bron 1C.

        1.3.1    Watter boodskappe word in hierdie plakkaat oorgedra oor die
                 redes vir die eise wat deur COSAS gestel word?          (2 x 2)           (4)

        1.3.2    Noem enige TWEE sprekers by hierdie konferensie soos op die
                 plakkaat aangedui.                                   (2 x 1)              (2)

1.4     Vergelyk Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B
        die bewyse in Bron 1C ondersteun rakende die rol wat COSAS in die
        weerstand teen apartheid gespeel het.                             (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

1.5     Raadpleeg Bron 1D.

        1.5.1   Waarom, volgens die bron, is Mogale gearresteer?            (1 x 2)      (2)

        1.5.2   Noem TWEE gevolge wat die staatsonderdrukking op studente
                gehad het.                                           (2 x 1)             (2)

        1.5.3   Lewer kommentaar op wat die COSAS-spreker geïmpliseer het
                met die volgende stelling: “Ons sal in aksie bewys dat Bantoe-
                onderwys boos is. Ons sal daarteen in opstand kom totdat dit
                heeltemal geskrap is, op die rommel-asblik van geskiedenis
                gestort en eens en vir altyd begrawe is.”                   (2 x 2)      (4)

        1.5.4   Verduidelik die begrip noodtoestand in die konteks van die
                regering se reaksie op die studente-opstande.              (1 x 2)       (2)

1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy
        verduidelik hoe COSAS die apartheidsregering gedurende die 1980's
        teengestaan het.                                                                (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 GESKIEDENIS V2                                           5

VRAAG 2:        HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                DIE MOORDE VAN DIE GUGULETHU SEWE GEHANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1     Lees Bron 2A.

        2.1.1    Watter voorval in die bron toon ŉ eskalasie (toename) in
                 gewapende aanvalle deur MK-operateurs?                       (1 x 1)       (1)

        2.1.2    Identifiseer DRIE askaris, volgens die bron, wat deur generaal-
                 majoor Griebnouw na die Wes-Kaap ontplooi is om die Gugulethu
                 Sewe te infiltreer.                                        (3 x 1)         (3)

        2.1.3    Lewer kommentaar op waarom jy dink generaal-majoor Griebnouw
                 die hulp van Vlakplaas ontbied het.                    (2 x 2)             (4)

        2.1.4    Definieer die term askari in jou eie woorde.                 (1 x 2)       (2)

        2.1.5    In die konteks van die moord op die Gugulethu Sewe, lewer
                 kommentaar op die volgende stelling oor die houding van die
                 polisie: “Almal het talle skietwonde aan hul liggame opgedoen:
                 almal is in die kop geskiet: een se helfte van sy gesig was
                 weggeblaas.”                                                (2 x 2)        (4)

2.2     Verwys na Bron 2B.

        2.2.1    Noem die TWEE polisiebeamptes, soos aangehaal in die bron,
                 wat aansoek om amnestie vir die dood van die Gugulethu Sewe
                 gedoen het.                                             (2 x 1)            (2)

        2.2.2    Hoekom, volgens Mbelo, sou dit maklik gewees het om die
                 Gugulethu Sewe in hegtenis te neem?                     (1 x 2)            (2)

        2.2.3    Lewer kommentaar oor waarom jy dink die WVK amnestie aan
                 Mbelo toegestaan het.                                (1 x 2)               (2)

        2.2.4    Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus
                 wat die WVK-verhore bestudeer.                               (2 x 2)       (4)

2.3     Gebruik Bron 2C.

        2.3.1    Watter boodskappe word in hierdie spotprent oor die doelstellings
                 van die WVK oorgedra?                                     (2 x 2)          (4)

        2.3.2    Identifiseer die leier van die WVK wat die proses gelei het. (1 x 2)       (2)

2.4     Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
        bewyse in Bron 2C met betrekking tot die werk van die WVK ondersteun.
                                                                            (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

2.5     Raadpleeg Bron 2D.

        2.5.1   Noem die TWEE politieke aktiviste in die bron wat in 1985 deur
                die polisie vermoor is.                                   (2 x 1)        (2)

        2.5.2   Verduidelik wat Nomvewu Ngewu in haar verklaring bedoel het:
                “Ons wil nie die euwel wat oortreders gepleeg het aan die nasie
                terugbring nie. Ons wil menslikheid teenoor hulle toon, sodat dit
                weer hul eie menslikheid kan herstel.”                    (2 x 2)        (4)

        2.5.3   Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2)          (2)

2.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis skryf ŉ
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin jy
        verduidelik hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) die
        moorde op die Gugulethu Sewe gehanteer het.                                     (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  GESKIEDENIS V2                                             7

VRAAG 3:        HOE HET GLOBALISERING DIE EKONOMIE VAN
                ONTWIKKELENDE LANDE BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

3.1     Verwys na Bron 3A.

        3.1.1    Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

        3.1.2    Waarom, volgens die bron, het die pas van globalisering die
                 afgelope paar jare toegeneem?                             (2 x 1)             (2)

        3.1.3    Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui hoe besighede
                 by globalisering gebaat het.                           (2 x 1)                (2)

        3.1.4    Lewer kommentaar oor wat, jy dink, geïmpliseer word deur: “Die
                 klerebedryf in Bangladesj het byvoorbeeld na raming vier miljoen
                 mense in diens, maar die gemiddelde werker verdien minder in ŉ
                 maand as ŉ Amerikaanse werker in ŉ dag.”                  (2 x 2)             (4)

3.2     Bestudeer Bron 3B.

        3.2.1    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik
                 waarom die trekarbeiders en hongerloon fabriekswerkers die
                 protesaksie teen globalisering ondersteun het.                   (2 x 2)      (4)

        3.2.2    Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat sommige
                 betogers kundig/bewus was van die aktiwiteite van die
                 Wêreldhandelsorganisasie.                               (2 x 1)               (2)

        3.2.3    Wat was die TWEE kwessies volgens die bron waarmee betogers
                 ontevrede was, ten opsigte van die werksaamhede van die
                 Wêreldhandelsorganisasie.                               (2 x 1)               (2)

        3.2.4    Lewer kommentaar oor die beperkings van die bron vir ŉ
                 historikus wat die rol van die WHO in globalisasie, bestudeer.
                                                                             (2 x 2)           (4)

3.3     Gebruik Bron 3C.

        3.3.1    Watter boodskappe dra hierdie spotprent aangaande
                 globalisasie oor?                                               (2 x 2)       (4)

        3.3.2    Watter impak, volgens die bron, het die verskuiwing van
                 produksie op die VSA gehad?                                     (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

3.4    Lees Bron 3D.

       3.4.1    Waarom, volgens die inligting in die bron, het multi-nasionale
                maatskappye besluit om hul vervaardigingsaanlegte in oorsese
                lande te vestig?                                              (2 x 1)       (2)

       3.4.2    Definieer die term multi-nasionale korporasies in die konteks van
                globalisering.                                                (1 x 2)       (2)

       3.4.3    Gebruik die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoe die multi-
                nasionale maatskappye gewone mense in ontwikkelende lande
                benadeel het.                                                (2 x 2)        (4)

       3.4.4    Verduidelik hoe multi-nasionale maatskappye deur globalisasie
                bevoordeel was.                                           (1 x 2)           (2)

3.5    Vergelyk Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
       inligting in Bron 3D ondersteun aangaande die impak wat globalisering op
       ontwikkelende lande het.                                            (2 x 2)          (4)

3.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis skryf ’n
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), waarin verduidelik
       hoe globalisasie die ekonomieë van ontwikkelende lande beïnvloed.                   (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               GESKIEDENIS V2                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
              VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

Dit was deur die invloed van die Swartbewussynbeweging (SBB) dat swart Suid-
Afrikaners in staat was om teen die apartheidsregering in die 1970’s op te staan.

Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik.                                                                    [50]

VRAAG 5:      DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
              AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
              OOREENKOMS EN DIE RNE

Die toegewydheid en vasberadenheid van verskeie politieke leiers en partye het
uiteindelik gelei tot die beëindiging van apartheid, en die vestiging van ŉ
demokratiese Suid-Afrika.

Bespreek hierdie stelling krities. Motiveer jou argument deur relevante bewyse te
gebruik.                                                                              [50]

VRAAG 6:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
              WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die ineenstorting van kommunisme beide die ANC en
die NP help besef dat die enigste oplossing in Suid-Afrika was om te onderhandel.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                               [50]

                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
