# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/9df6a6c9-b485-48c8-874e-4a0c7d054d17
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/9df6a6c9-b485-48c8-874e-4a0c7d054d17)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2020

                           GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ’n addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
       voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

       AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

       VRAAG 1:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

       VRAAG 2:       DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

       VRAAG 3:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                      WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

       AFDELING B: OPSTELVRAE

       VRAAG 4:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID- AFRIKA:
                      DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

       VRAAG 5:       DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE:
                      ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE

       VRAAG 6:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                      WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
       benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
       word.

 3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.    Beantwoord die DRIE vrae soos volg:

       4.1 Minstens EEN moet ’n brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
           moet ’n opstelvraag wees.

       4.2 Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag
           wees.

 5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

 6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
       toepas.

 7.    Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

 8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    GESKIEDENIS V2                                           3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om die vrae te beantwoord, is in die
 ADDENDUM vervat.

 VRAAG 1:        HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN (SB) DIE
                 SUID-AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970’s BEÏNVLOED?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1     Verwys na Bron 1A.

         1.1.1    Definieer die begrip Swart Bewussyn in jou eie woorde.         (1 x 2)      (2)

         1.1.2    Lewer kommentaar op wat Biko bedoel het met sy boodskap:
                  ‘Moenie deel van jou onderdrukking wees nie’ .         (2 x 2)              (4)

         1.1.3    Waarom, volgens die bron, was Swart Bewussyn ŉ belangrike
                  ingryping?                                             (1 x 2)              (2)

         1.1.4    Hoe bruikbaar sal die inligting in die bron vir ’n historikus wees wat
                  die belangrikheid van die stigting van die Swart Bewussyns-
                  beweging (SBB), bestudeer?                                      (2 x 2)     (4)

         1.1.5    Wat, volgens die bron, het die Swart Bewussynsbeweging (SBB)
                  by swart Suid-Afrikaners ingeboesem?                    (4 x 1)             (4)

 1.2     Lees Bron 1B.

         1.2.1    Noem TWEE idees van die Swart Bewussynsbeweging (SBB) wat
                  gehelp het om Veli Mbele se denkwyse te verander.  (2 x 1)                  (2)

         1.2.2    Lewer kommentaar op wat Veli bedoel het met sy verklaring:
                  ‘In daardie tyd was die omgewing nie heeltemal vriendelik teenoor
                  die SBB nie’.                                               (1 x 2)         (2)

         1.2.3    Wat, volgens die bron, kon met Veli en sy medepligtiges gebeur as
                  hulle nie hul politieke oortuigings opgee nie?             (2 x 1)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V2                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.3    Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1    Waarom, volgens die bron, het die regering opgemerk dat die
                 studente gevaarlik was?                                   (1 x 2)          (2)

        1.3.2    Waarom, dink jy, was swart studente op die voorgrond van die
                 stryd in 1976?                                            (2 x 2)          (4)

        1.3.3    Verduidelik waarom Biko vir die eerste keer in drie jaar in die
                 openbaar kon praat.                                            (1 x 2)     (2)

        1.3.4    Waarom, dink jy, het die Suid-Afrikaanse regering geweier om te
                 luister?                                                   (1 x 2)         (2)

 1.4     Raadpleeg Bron 1D.

         1.4.1   Wat impliseer die opskrif: ‘Ek skryf wat ek van hou’ oor Steve
                 Biko?                                                        (2 x 2)       (4)

         1.4.2   Verduidelik wat met ‘die gebalde vuis op Biko se bors’ bedoel
                 word.                                                      (1 x 2)         (2)

 1.5     Vergelyk Bron 1A en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A
         soortgelyk is met die bewyse in Bron 1D met betrekking tot die invloed van
         die filosofie van Swart Bewussyn op swart Suid-Afrikaners.          (2 x 2)        (4)

 1.6     Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die filosofie van Swart Bewussyn (SB) die Suid-Afrikaanse
         jeug in die 1970’s beïnvloed het.                                                  (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   GESKIEDENIS V2                                          5

 VRAAG 2:        HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGS-
                 KOMMISSIE (WVK) IN DIE HANTERING VAN DIE MOORD OP
                 AMY BIEHL?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

 2.1    Verwys na Bron 2A.

        2.1.1    Wat, volgens die bron, was die doelwitte van die WVK?          (2 x 1)     (2)

        2.1.2    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                 waarom apartheid as ’n misdaad teen die mensdom beskou is.
                                                                                (1 x 2)     (2)

        2.1.3    Definieer die begrip amnestie in die konteks van die WVK.      (1 x 2)     (2)

        2.1.4    Lewer kommentaar waarom jy die inligting in hierdie bron as
                 bruikbaar sal beskou as jy die rol van die WVK bestudeer. (2 x 2)          (4)

        2.1.5    Identifiseer die DRIE komitees wat die werk van die WVK verrig
                 het.                                                      (3 x 1)          (3)

 2.2    Raadpleeg Bron 2B.

        2.2.1    Waarom, volgens die bron, is Amy vermoor?                      (2 x 1)     (2)

        2.2.2    Watter inligting het Amy se ouers aangaande die dood van hul
                 dogter ontvang?                                           (2 x 1)          (2)

        2.2.3    Waarom, dink jy, het die ANC gehelp om Amy se moordenaars te
                 vind?                                                  (2 x 2)             (4)

        2.2.4    Wat, dink jy, het die PAC bedoel toe hulle die slagspreuk: ‘Een
                 setlaar, een koeël’ gebruik het?                              (2 x 2)      (4)

 2.3    Lees Bron 2C.

        2.3.1    Noem die DRIE jeugdiges wat aan die moord op Amy Biehl skuldig
                 bevind is.                                              (3 x 1)            (3)

        2.3.2    Lewer kommentaar op die redes waarom die moordenaars Amy se
                 ouers om verskoning gevra het.                        (2 x 2)              (4)

        2.3.3    Haal ’n sin uit die bron aan wat daarop dui dat Peni berou vir sy
                 dade getoon het.                                               (1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.4    Gebruik Bron 2D.

        2.4.1   Watter boodskap word in hierdie foto met betrekking tot die
                doelwitte van die WVK oorgedra?                             (1 x 2)      (2)

        2.4.2   Waarom, dink jy, het die mans voor die Amnestie-komitee
                verskyn?                                                     (1 x 2)     (2)

 2.5    Vergelyk Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
        bewyse in Bron 2D met betrekking tot die moord van Amy Biehl
        ondersteun.                                                          (2 x 2)     (4)

 2.6    Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ’n
        paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik hoe suksesvol die WVK in die hantering van die moord op Amy
        Biehl was.                                                                       (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    GESKIEDENIS V2                                          7

VRAAG 3:        WATTER IMPAK HET MULTI-NASIONALE KORPORASIES
                (MNK’s) OP GLOBALE KULTURE IN DIE 1990’s GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

3.1     Lees Bron 3A.

        3.1.1    Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde.              (1 x 2)     (2)

        3.1.2    Hoe, volgens die bron, word die proses van globalisasie gedryf?
                                                                               (2 x 1)         (2)

        3.1.3    Haal ’n sin uit die bron aan wat daarop dui dat globalisasie nie nuut
                 was nie.                                                        (1 x 2)       (2)

        3.1.4    Verduidelik wat Thomas Friedman bedoel het toe hy gesê het dat
                 globalisasie ‘vinniger, goedkoper en dieper’ is.        (2 x 2)              (4)

3.2     Verwys na Bron 3B.

        3.2.1    Watter lande se kulture word deur ontwikkelende lande nageboots?
                                                                             (2 x 1)          (2)

        3.2.2    Noem TWEE belangrike hulpmiddels (‘tools’) van globalisasie wat dit
                 moontlik maak om te weet wat in enige ander land gebeur.    (2 x 1)          (2)

        3.2.3    Lewer kommentaar oor hoe globalisering mense se kulture regoor
                 die wêreld positief beïnvloed het.                         (2 x 2)           (4)

        3.2.4    Verduidelik die betroubaarheid van die inligting in die bron vir ŉ
                 geskiedkundige wat die impak van globalisering op die kulture van
                 ontwikkelende lande, bestudeer.                                   (2 x 2)    (4)

3.3     Raadpleeg Bron 3C.

        3.3.1    Hoe, volgens die bron, is Nike-produkte geproduseer?              (2 x 1)    (2)

        3.3.2    Noem TWEE stede waar betogings gehou is.                          (2 x 1)    (2)

        3.3.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik
                 waarom daar demonstrasies teen die Nike-maatskappy gehou is.
                                                                                   (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.4   Bestudeer Bron 3D.

       3.4.1   Watter boodskap word in hierdie plakkaat met betrekking tot
               korporasies oorgedra?                                           (2 x 2)     (4)

       3.4.2   Lewer kommentaar of die kritiek teen multi-nasionale korporasies
               regverdig was.                                                (2 x 2)       (4)

 3.5   Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse
       in Bron 3D met betrekking tot die redes vir demonstrasies teen multi-nasionale
       korporasies ondersteun.                                                 (2 x 2)     (4)

 3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf ’n
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
       wat multi-nasionale korporasies op globale kulture gehad het in die 1990’s te
       verduidelik.                                                                        (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  GESKIEDENIS V2                                         9

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ten minste DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
               KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

Verduidelik tot watter mate demonstrasies, boikotte, sanksies en disinvestering deur
die internasionale anti-apartheidsorganisasies tot die uiteindelike ondergang van die
apartheidsregime in die 1980’s bygedra het.

Ondersteun jou argument deur relevante bewyse te gebruik.                               [50]

VRAAG 5:       DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
               AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

‘Suid-Afrika se pad na demokrasie is deur verskillende uitdagings, probleme en
struikelblokke beïnvloed. Dit was die gees van intense onderhandelinge, besliste
leierskap en toewyding aan demokrasie wat uiteindelik tot die geboorte van ’n
demokratiese bedeling in 1994 gelei het.’

Bespreek die stelling krities. Ondersteun jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik.                                                                       [50]

VRAAG 6:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
               WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

‘Dit was die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 wat aansienlik bygedra het tot
die politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het.’

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou lyn van argument deur relevante
bewyse te gebruik.                                                                      [50]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
