# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-september-2022-afrikaans/55820fa7-7ef0-4d2f-b1c0-71ab5ef038be
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-september-2022-afrikaans/55820fa7-7ef0-4d2f-b1c0-71ab5ef038be)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2022

                           GESKIEDENIS V2

PUNTE:     150

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

      VRAAG 2:        DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

      VRAAG 3:        WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP ONTWIKKELENDE
                      LANDE GEHAD?

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                      DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

      VRAAG 5:        DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                      OOREENKOMS EN DIE RNE

      VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG               EN    ’N   NUWE
                      WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.    AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
      word.

3.    AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.    Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1     Minstens EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en minstens EEN
              moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2     Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde óf ŉ opstelvraag wees.

5.    Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.    In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
      toepas.

      Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  GESKIEDENIS V2                                            3

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE HET WIT SUID-AFRIKANERS DIE APARTHEIDSREGERING
         GEDURENDE DIE 1980’s UITGEDAAG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1    Verwys na Bron 1A.

       1.1.1    Definieer die term diensplig in jou eie woorde.                    (1 x 2)    (2)

       1.1.2    Wat, volgens die bron, was die hoofdoelwitte van die ECC?          (2 x 1)    (2)

       1.1.3    Waarom dink jy, was die ECC teen diensplig en militarisering gekant?
                                                                                (1 x 2)       (2)

       1.1.4    Verduidelik hoe die SAW die apartheidstelsel binne en buite Suid-
                Afrika in die middel-tagtigs beskerm en gehandhaaf het.        (2 x 2)        (4)

1.2    Bestudeer Bron 1B.

       1.2.1    Waarom, dink jy, het die ECC vir ŉ beëindiging van militêre diensplig
                gevra?                                                           (1 x 2)      (2)

       1.2.2    Waarmee, volgens die bron, het jong mans te staan gekom wat
                geweier het om diensplig te verrig?                         (2 x 1)           (2)

1.3    Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B die inligting in
       Bron 1A ondersteun rakende die redes waarom die ECC anti-militêre
       diensplig-veldtogte gehou het.                                        (2 x 2)          (4)

1.4    Lees Bron 1C.

       1.4.1    Noem die eerste jongman uit die bron wat geweier het om in die
                SAW te dien.                                                   (1 x 1)        (1)

       1.4.2    Lewer kommentaar op wat Anton Eberhard met sy stelling geïmpliseer
                het: “Dit is my oortuiging dat die huidige regering geen reg het om aan
                bewind te bly nie, en enige organisasie wat dit in staat stel om dit te
                doen, kan nie ondersteun word nie,” in die konteks van sy teenkanting
                teen diensplig.                                                    (2 x 2)    (4)

       1.4.3    Haal bewyse uit die bron aan wat die heersende wit houding teenoor
                beswaarmakers beklemtoon.                                     (1 x 2)        (2)

       1.4.4    Watter deurslaggewende faktore, volgens die bron, het Eberhard se
                besluit beïnvloed om nie aan sy oproep gehoor te gee nie?     (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.5   Raadpleeg Bron 1D.

       1.5.1   Hoekom dink jy was die land in 1985 aan die brand?               (2 x 2)    (4)

       1.5.2   Verduidelik die term sluipmoord in die konteks van opposisie teen die
               regering se beleid in die 1980’s.                               (1 x 2)     (2)

       1.5.3   Hoe, volgens die bron, het die regering die aktiwiteite van die ECC
               onderdruk?                                                       (3 x 1)    (3)

       1.5.4   Lewer kommentaar op wat Adriaan Vlok met sy stelling geïmpliseer
               het: “... dat die ECC deel was van die revolusionêre aanslag teen
               Suid-Afrika.”                                                   (1 x 2 )    (2)

       1.5.5   Hoe bruikbaar sal hierdie bron wees vir ŉ historikus wat die reaksie
               van die regering op die totstandkoming van die ECC navors? (2 x 2)          (4)

 1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
       paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
       hoe wit Suid-Afrikaners die apartheidsregering gedurende die 1980’s
       uitgedaag het.                                                                      (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 GESKIEDENIS V2                                          5

 VRAAG 2:       HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                DIE MOORD OP AKTIVIS SIPHIWO MTIMKULU GEHANTEER?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1   Bestudeer Bron 2A.

       2.1.1     Wat, volgens die bron, was die Waarheidskommissie se werk sedert
                 April 1996?                                                (2 x 1)        (2)

       2.1.2     Definieer die term amnestie in jou eie woorde.                 (1 x 2)    (2)

       2.1.3     Wie, volgens die bron, was die kommissie se rots van
                 geloofwaardigheid?                                             (1 x 2)    (2)

       2.1.4     Lewer kommentaar oor wat met die volgende stelling geïmpliseer word:
                 ‘die amnestieverhore het wettige toutrekkery geword,’ in die konteks
                 van die doelwitte van die WVK.                          (2 x 2)      (4)

 2.2   Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1     Noem die organisasie vanuit die bron waarby Mtimkulu in 1979
                 aangesluit het.                                              (1 x 1)      (1)

       2.2.2     Waarom, dink jy, het die veiligheidspolisie Mtimkulu en sy bewegings
                 fyn dopgehou?                                                  (2 x 2)    (4)

       2.2.3     Definieer die term marteling in die konteks van die WVK.       (1 x 2)    (2)

       2.2.4     Hoe, volgens Joyce Mtimkulu, is haar seun gemartel?            (2 x 1)    (2)

 2.3   Verwys na Bron 2C.

       2.3.1     Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem?                       (2 x 2)    (4)

       2.3.2     Watter bewyse in die bron stel voor dat Siphiwo Mtimkulu die stryd
                 teen apartheid sal voortsit?                                   (1 x 2)    (2)

 2.4   Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C die inligting in
       Bron 2B aangaande die behandeling van anti-apartheidsaktiviste deur die NP-
       regering, ondersteun.                                                 (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2022)

2.5   Lees Bron 2D.

      2.5.1   Wie, volgens die bron, het erken dat hy die Oos-Kaapse studenteleier
              Siphiwo Mtimkulu, tereggestel het?                            (1 x 1)       (1)

      2.5.2   Waarom, dink jy, het generaal Nic van Rensburg oorspronklik gelieg
              oor sy betrokkenheid by die moord op Siphiwo Mtimkulu?       (2 x 2)        (4)

      2.5.3   Wie, volgens die bron, is saam met Siphiwo Mtimkulu ontvoer en
              vermoor?                                                     (1 x 2)        (2)

      2.5.4   Lewer kommentaar oor wat Van Rensburg geïmpliseer het toe hy
              Mtimkulu en Madaka beskryf het as ‘twee groot ratte (dele) in die
              revolusionêre stryd’ wat uitgeskakel moes word.                 (1 x 2)     (2)

      2.5.5   Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ historikus
              wat die moord op Siphiwo Mtimkulu bestudeer.                     (2 x 2)    (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
      hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) die moord op die aktivis
      Siphiwo Mtimkulu gehanteer het.                                                     (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  GESKIEDENIS V2                                              7

VRAAG 3:      WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP ONTWIKKELENDE
              NASIES GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

3.1 Lees Bron 3A.

     3.1.1    Definieer die begrip globalisasie in jou eie woorde.               (1 x 2)    (2)

     3.1.2    Identifiseer die TWEE finansiële instellings uit die bron wat
              globalisering op die wêreld afdwing.                              (2 x 1)     (2)

     3.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
              verband tussen globalisering en demokrasie.                        (1 x 2)    (2)

3.2 Verwys na Bron 3B.

     3.2.1    Wat, volgens die bron, was die resultate van globalisering?        (2 x 1)    (2)

     3.2.2    Lewer kommentaar op waarom globalisering nie die gaping tussen die
              wêreld se armste lande en die wêreld se rykste lande kan verminder
              nie.                                                          (2 x 2)        (4)

     3.2.3    Verduidelik of McDonalds gesien kan word as ŉ voorbeeld van hoe
              tipiese besighede in die globale ekonomie funksioneer.      (2 x 2)          (4)

     3.2.4    Wat, volgens die bron, is die rolle van minder ekonomies ontwikkelde
              lande in ŉ geglobaliseerde ekonomie?                           (2 x 1) (2)

3.3 Raadpleeg Bron 3C.

     3.3.1    Verduidelik die boodskap wat die spotprent aangaande globalisasie
              oordra.                                                      (2 x 2)          (4)

     3.3.2    Haal bewyse uit die bron aan wat verduidelik waarom Afrika
              nie bereid was om die Weste te vergewe nie.                        (2 x 1)    (2)

     3.3.3    Lewer kommentaar oor die impak van globalisering soos in die
              spotprent uitgebeeld op:

              (a)     Die Weste                                                  (1 x 2)    (2)

              (b)     Lande van Afrika                                          (1 x 2)     (2)

3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die inligting
    in Bron 3B ondersteun aangaande die invloed wat globalisering op
    ontwikkelende nasies gehad het.                                     (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

3.5   Bestudeer Bron 3D.

      3.5.1   Noem enige TWEE deurslaggewende rolle uit die bron wat
              globalisering op Derdewêreldlande speel.                       (2 x 1)      (2)

      3.5.2   Verduidelik die konsep kulturele imperialisme in die konteks van
              globalisering.                                                 (1 x 2)      (2)

      3.5.3   Lewer kommentaar oor die beperking van die inligting in hierdie bron
              vir ŉ historikus wat die impak wat globalisering op ontwikkelende
              lande gehad het, bestudeer.                                    (2 x 2)      (4)

      3.5.4   Hoe, volgens die bron, is Derdewêreldlande met die res van die
              wêreld verbind?                                              (2 x 1)        (2)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
      wat globalisering op onder-ontwikkelende nasies het, verduidelik.                   (8)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               GESKIEDENIS V2                                        9

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE
 vrae nie.

 Die opstel moet min of meer DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 4:       BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
                KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

 ‘Die Swart Bewussyn-filosofie het trots onder swartes ingeboesem en hulle
 gemobiliseer om die apartheidstaat in Suid-Afrika in die 1970’s uit te daag.’

 Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou argument deur van relevante bewyse
 gebruik te maak.                                                                     [50]

 VRAAG 5:       DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                OOREENKOMS EN DIE RNE

 ‘Terwyl hy die nodige erkenning gegee word, moet daarop gelet word dat die
 geboorte van ŉ demokratiese Suid-Afrika op 27 April 1994 nie net die gevolg was
 van die rol wat Nelson Mandela gespeel het nie.’

 Bespreek die stelling krities. Motiveer jou argument deur relevante bewyse te
 gebruik.                                                                             [50]

 VRAAG 6:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ̓ N NUWE
                WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 Verduidelik tot watter mate Gorbachev se hervormingsbeleide van glasnost en
 perestroika die Nasionale Party en African National Congress beïnvloed het om in
 1994 ŉ ooreenkoms te bereik.

 Motiveer jou argument deur relevante bewyse te gebruik.                              [50]

                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
