# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2014-qp-afr/0b97ba83-f71d-4dc1-b715-a20d472a77bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2014-qp-afr/0b97ba83-f71d-4dc1-b715-a20d472a77bc)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2014

                      GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                           *HISTA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V2                         (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE

      VRAAG 1:        BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-
                      AFRIKA

      VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

      VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE-OO O            N NUWE
                      WÊRELDORDE, 1989 TOT HEDE

      AFDELING B: OPSTELTIPE-VRAE

       VRAAG 4:       BURGERLIKE W     STA D, 1970’s TOT 1980’s: SUID-
                      AFRIKA: DI K ISIS VA APA TH ID I DI 1980’s

       VRAAG 5:       DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                      OOREENKOMS EN DIE RNE

       VRAAG 6:       DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                      WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde-vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
      word.

 3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste     moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die D     D vraag kan of ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag
             wees.

 5.   In die beantwoording van die moet kandidate hul kennis, vaardighede en
      insig gebruik.

 6.   Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

 7.   Nommer die antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                          GESKIEDENIS V2                                        3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord is in
 die ADDENDUM.

 VRAAG 1:          WATTER ROL HET STEVE BIKO IN SUID-AFRIKA SE
                   BEVRYDINGSTRYD GEDURENDE DIE 1970’s GESPEEL?

 Bestudeer Bronne 1A, 1B en 1C om die volgende vrae te beantwoord.

 1.1    Verwys na Bron 1A.

        1.1.1       Omskryf die volgende begrippe in jou eie woorde:

                    (a)   Onderdrukking                                             (1 x 2)      (2)

                    (b)   Swart Bewustheid                                          (1 x 2)      (2)

        1.1.2       Volgens die bron, identifiseer die TWEE politieke partye wat
                    gedurende die 1960’s in Suid-Afrika verban was.              (2 x 1)         (2)

        1.1.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
                    wat Biko met die volgende woorde bedoel het: “Ons word
                    onderdruk, nie as individue nie, nie as Zoeloes, Xhosas, Vendas of
                    Indiërs nie. Ons word onderdruk omdat ons swart is.”            (2 x 2)      (4)

        1.1.4       Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die
                    Swartbewussynsbeweging byval by alle swart Suid-Afrikaners
                    gevind het.                                               (2 x 1)            (2)

 1.2    Lees Bron 1B.

        1.2.1        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, om te verduidelik
                     waarom Swart Gemeenskapsprogramme geïmplementeer
                     was.                                                           (2 x 2)      (4)

        1.2.2        Watter TWEE trustfondse was, volgens die bron, deur Biko gestig
                     om swart Suid-Afrikaners op te hef?                       (2 x 1)           (2)

        1.2.3        Identifiseer die kliniek wat net buite King William’s Town deur Biko
                     en dr. Ramphele opgerig was.                                   (1 x 1)      (1)

        1.2.4        “Baie mense is deur die apartheidsregering in hegtenis geneem.”
                     Waarom dink jy het die regering op hierdie wyse gereageer?
                                                                                (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V2                         (SEPTEMBER 2014)

 1.3    Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1    Haal bewyse uit die bron wat die doelwitte van die
                 Swartbewussynsbeweging beskryf. (Geskrewe bron)              (3 x 1)      (3)

       1.3.2     Verduidelik of jy dink Mandela se siening van Biko geregverdig kan
                 word.                                                       (2 x 2)       (4)

       1.3.3     Lewer kommentaar oor die betekenis van Mandela se verklaring:
                 “Biko het gehelp om ŉ demokratiese Suid-Afrika te vorm” in die
                 konteks van die rol van die Swartbewussynsbeweging in die
                 1970’s.                                                     (2 x 2)       (4)

       1.3.4     Verduidelik die boodskap wat hierdie plakkaat oor die nalatenskap
                 van Biko oordra.                                            (2 x 2)       (4)

       1.3.5     Tot watter mate sal jy saamstem met Mandela se siening oor Biko
                 se bydrae tot die bevrydingstryd?                         (2 x 2)         (4)

 1.4   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
       kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
       waarin jy die bydrae van Steve Biko tot die Suid-Afrikaanse bevrydingstryd
       verduidelik.                                                                       (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                         GESKIEDENIS V2                                          5

 VRAAG 2:      TOT WATTER MATE WAS DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGS-
               KOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL OM MET SUID-AFRIKA SE
               VERDEELDE VERLEDE TE DEEL?

 Bestudeer Bronne 2A, 2B en 2C om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1 Lees Bron 2A.

       2.1.1       Verduidelik die volgende begrippe in jou eie woorde:

                   (a)   Apartheid                                                    (1 x 2)        (2)

                   (b)   Amnestie                                                     (1 x 2)        (2)

       2.1.2       Haal bewyse uit die bron aan wat aandui hoe die WVK te werke
                   gegaan het.                                                  (4 x 1)              (4)

       2.1.3       Waarom dink jy het die ANC op ŉ beleid van ‘vergeet en vergewe’ na
                   1994 besluit?                                                (1 x 2)              (2)

       2.1.4       Verduidelik of jy die WVK as slagoffer-vriendelik, of as oortreder-
                   vriendelik beskou.                                                 (1 x 2)        (2)

 2.2 Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1       Waarom, volgens Standpunt 1, het Phillip voor die WVK verskyn?
                                                                                (1 x 1)              (1)

       2.2.2       Gebruik bewyse uit die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe die
                   doelwitte van die WVK in Standpunt 1 genoem word.                (2 x 2)          (4)

       2.2.3       Verduidelik die verskil tussen regstellende en strafbare geregtigheid.
                                                                                     (2 x 2)         (4)

       2.2.4       Lewer kommentaar oor die redes waarom sommige mense nie bereid
                   was om die oortreders te vergewe nie.                    (1 x 2)                  (2)

       2.2.5       Volgens Standpunt 2, identifiseer DRIE families wat teen die toestaan
                   van amnestie aan oortreders gekant was.                         (3 x 1)           (3)

       2.2.6       Verduidelik of die standpunt van die families wat strafbare
                   geregtigheid ondersteun het, geregverdig kan word. Verskaf redes vir
                   jou antwoord.                                                 (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                         (SEPTEMBER 2014)

 2.3 Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1    Watter boodskap dra die spotprenttekenaar oor met betrekking tot
               P.W. Botha se reaksie teenoor die doelwitte van die WVK?      (2 x 2)          (4)

      2.3.2    Wie was die voorsitter van die WVK? Gebruik die visuele leidraad in
               die bron om die vraag te beantwoord.                           (1 x 2)         (2)

      2.3.3    Waarom het P.W. Botha en ander Nasionale Party ministers geweier
               om voor die WVK te verskyn? Ondersteun jou antwoord met ŉ
               relevante rede.                                             (1 x 2)            (2)

      2.3.4    Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van hierdie bron vir ŉ
               student wat navorsing oor die suksesse en mislukkings van die WVK
               doen.                                                          (2 x 2)         (4)

 2.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
     kennis, skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
     waarin jy evalueer of die WVK ŉ sukses of, ŉ mislukking was.                         (8)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                         GESKIEDENIS V2                                          7

  VRAAG 3:         WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP AFRIKA NA 1989
                   GEHAD?

  Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

  3.1 Verwys na Bron 3A.

        3.1.1      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik die
                   term globalisasie.                                                 (1 x 2)     (2)

        3.1.2      Wat, volgens die bron, was die hoofoorsaak van globalisasie? (1 x 2)           (2)

        3.1.3      Haal bewyse uit die bron aan wat die idee ondersteun dat groot
                   maatskappye (TNK) meer voordeel uit globalisasie trek.         (2 x 1)         (2)

        3.1.4      Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik watter ander faktore tot die
                   proses van globalisasie bygedra het.                              (1 x 2)      (2)

        3.1.5      Identifiseer VIER transnasionale korporasies (groot maatskappye) wat
                   globale handelsmerke regoor die wêreld verkoop. Gebruik visuele
                   leidrade uit die bron om jou antwoord te ondersteun.          (4 x 1)          (4)

        3.1.6      Hoe ondersteun die visuele bron die geskrewe bron met betrekking tot
                   globalisasie?                                                (2 x 2)           (4)

        3.1.7      Verduidelik of die visuele bron bevooroordeeld vir ŉ historikus sal
                   wees.                                                            (2 x 2)       (4)

  3.2 Lees Bron 3B.

        3.2.1      Watter TWEE faktore, volgens die bron, het kapitalisme die enigste
                   opsie vir ekonomiese ontwikkeling vir Derdewêreldlande gemaak?
                                                                                  (2 x 1)         (2)

        3.2.2      Verduidelik die betekenis van die volgende aanhaling: “Die Weste het
                   die geleentheid aangegryp om die uitdeel van ontwikkelingshulp aan
                   die eise vir politieke verandering te koppel.”                (2 x 2)          (4)

        3.2.3      Tot watter mate het Afrika voordeel getrek uit ekonomiese
                   globalisasie? Verduidelik jou antwoord deur na die bron te verwys.
                                                                                  (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      GESKIEDENIS V2                            (SEPTEMBER 2014)

    3.3 Gebruik Bron 3C.

         3.3.1   Noem EEN rede vanuit die bron wat verduidelik waarom
                 multinasionale korporasies politieke druk op regerings geplaas het om
                 hul voorwaardes te aanvaar.                                    (1 x 1)             (1)

         3.3.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                 watter gunstige ekonomiese omstandighede multinasionale
                 maatskappye sal lok om in ŉ land te belê.                        (2 x 2)           (4)

         3.3.3   Watter halfrond het, volgens die bron, die meeste voordeel uit
                 globalisasie getrek?                                           (1 x 1)             (1)

    3.4 Raadpleeg Bron 3D.

         3.4.1       Watter boodskap probeer die spotprenttekenaar met betrekking tot
                     Suid-Afrika se bydrae tot BRICS oordra?                   (1 x 2)              (2)

         3.4.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis verduidelik
                     waarom BRICS gestig was.                                        (2 x 2)        (4)

    3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
        paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
        van globalisasie op Afrika verduidelik.                                                 (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                    GESKIEDENIS V2                                            9

 AFDELING B: OPSTELTIPE-VRAE

 Beantwoord ten minste EEN opstel-vraag, maar NIE meer as TWEE vrae uit
 hierdie afdeling.

 VRAAG 4:          BURGERLIKE WEERSTAND IN SUID-AFRIKA: 1970’s TOT 1980’s

 Verduidelik tot watter mate die interne versetbeweging in Suid-Afrika tot die
 verbrokkeling van apartheid in die 1980’s bygedra het.                                      [50]

 VRAAG 5:          DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN
                   AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

 “Die pad na ŉ nuwe demokratiese Suid-Afrika tussen 1990 en 1994 het glad en
 sonder hindernisse verloop.”

 Evalueer die geldigheid van hierdie stelling en ondersteun jou antwoord met
 relevante bewyse.                                                                           [50]

 VRAAG 6:          DIE EINDE VAN DIE KOUE-OORLOG EN ’N NUWE
                   WÊRELDORDE: 1989 TOT DIE HEDE

 Bespreek krities hoe die ineenstorting van kommunisme en die USSR die weg
 gebaan het vir onderhandeling tussen die ANC en die apartheidsregering na 1989.             [50]

                                                                   GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr
- [HIST P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/3296a2b9-b5f3-4845-9366-f96f2839b363) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P2 (HG) (English) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-hg-english-june-2014-qp/50718c3c-2599-4d0c-91fe-dbc300d11e58) — History · QP · 2014 · Eng
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
