# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-qp-afr/cdcf97ed-635a-4749-b161-e3ba0ea7ceba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-qp-afr/cdcf97ed-635a-4749-b161-e3ba0ea7ceba)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2015

                       GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A (drie brongebaseerde vrae) en
      AFDELING B (drie opstelvrae) wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in
      die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-
                      AFRIKA

      VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

      VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                      WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s
                      SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

      VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                      AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                      OOREENKOMS EN DIE RNE

      VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
                      WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

 2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
      word.

 3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1    Ten minste EEN vraag moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten
             minste EEN moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2    Die DERDE vraag kan of ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag
             wees.

 5.   In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
      insig gebruik.

 6.   Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

 7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      GESKIEDENIS V2                                        3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN (1) vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit
 hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te
 beantwoord, is in die ADDENDUM.

 VRAAG 1:         HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWARTBEWUSSYN DIE SUID-
                  AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970s BEÏNVLOED?

 Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C, 1D en 1E en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1    Verwys na Bron 1A.

        1.1.1     Haal ŉ sin uit die bron wat aandui dat Thenjiwe Mtintso die
                  Swartbewussynbeweging ondersteun het.                       (1 x 1)           (1)

        1.1.2     Omskryf die begrip Swartbewussyn in jou eie woorde.            (1 x 2)        (2)

        1.1.3     Wie, volgens Thenjime was die Nasionaliste?                   (1 x 2)         (2)

        1.1.4     Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik wat
                  Thenjime met die volgende bedoel het met: ‘blanke mense moet
                  probeer om hul eweknieë te bevry’.                             (1 x 2)        (2)

        1.1.5     Verduidelik waarom jy dink die apartheidsregering aanvanklik die
                  Swartbewussynsbeweging ondersteun het.                   (2 x 2)              (4)

 1.2    Lees Bron 1B.

        1.2.1         Hoe verstaan jy die begrip “bevryding”?                    (1 x 2)        (2)

        1.2.2         Waarom, volgens die bron, was Khotso so gretig om die stelsel van
                      apartheid te vernietig?                                 (1 x 2)           (2)

        1.2.3         Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die studente
                      vasbeslote was om apartheid te beveg.                    (1 x 2)          (2)

 1.3    Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1B ondersteun
        ten opsigte van die doelwitte van die Swartbewussynsbeweging.       (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.4   Raadpleeg Bron 1C.

       1.4.1     Wat, volgens die bron, het aanleiding gegee het tot die Soweto
                 Opstand?                                                   (1 x 2)        (2)

       1.4.2     Wie, volgens die bron, was die eerste om te reageer op die
                 instruksie wat deur die Bantoe Departement van Onderwys
                 uitgereik was?                                             (1 x 2)        (2)

       1.4.3     Verduidelik die impak wat Bantoe Onderwys op swart Suid-
                 Afrikaanse leerders gehad het.                          (1 x 2)           (2)

 1.5   Raadpleeg Bron 1D.

       1.5.1     Verduidelik hoe die invloed van Swartbewussyn in die visuele bron
                 uitgebeeld word.                                          (1 x 2)         (2)

       1.5.2     Verduidelik die beperkinge van die visuele bron vir studente wat
                 die Soweto Opstand bestudeer.                              (2 x 2)        (4)

       1.5.3     Wie volgens die bron was verantwoordelik vir Biko se dood?
                 Gebruik ŉ visuele leidraad uit die bron om die vraag te beantwoord.
                                                                      (1 x 2)              (2)

 1.6   Gebruik Bron 1E.

       1.6.1     Hoe het die studente teenoor die polisiegeweld gereageer?
                                                                              (1 x 2)      (2)

       1.6.2     Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die verbanne ANC
                 trots was op die aksies wat deur die studente van Soweto geneem
                 was.                                                (1 x 1)               (1)

       1.6.3     Waarom dink jy het die ANC die aksies van die Soweto studente
                 ondersteun?                                             (2 x 2)           (4)

 1.7   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
       kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT reëls (omtrent 80 woorde) waarin
       jy die invloed van die filosofie van Swartbewussyn op die Suid-Afrikaanse
       jeug in die1970’s verduidelik.                                                      (8)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   GESKIEDENIS V2                                         5

VRAAG 2:         HET SLAGOFFERS VAN MENSEREGTE SKENDINGS AFSLUITING
                 DEUR DIE PROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
                 VERSOENINGSKOMMMISSIE (WVK) GEVIND?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1    Verwys na Bron 2A.

       2.1.1    Omskryf die begrip rekonsiliasie in jou eie woorde.              (1 x 2)         (2)

       2.1.2    Verduidelik waarom jy dink die WVK dit noodsaaklik gevind het om die
                plakkaat te publiseer.                                (2 x 2)                    (4)

       2.1.3    Lewer kommentaar oor die toepaslikheid van die woorde in die bron:
                “Deur ons stories van die verlede te vertel, sodat ons die pad na
                rekonsiliasie saam kan loop”.                                   (2 x 2)          (4)

2.2    Raadpleeg Bron 2B.

       2.2.1    Waarom, volgens die bron het Jeffery Benzien amnestie ontvang?
                                                                             (1 x 2)             (2)

       2.2.2    Hoe, volgens die bron het Jeffery Benzien sy slagoffers gemartel?
                                                                              (2 x 1)            (2)

       2.2.3    Verduidelik hoe die inligting in die bron die doelwitte van die WVK
                oordra.                                                          (2 x 2)         (4)

2.3    Bestudeer Bron 2C.

       2.3.1    Waarom was die betogers teen die toekenning van amnestie aan
                Benzien gekant? Gebruik ŉ visuele leidrade vanuit die bron om die
                vraag te beantwoord.                                         (1 x 2)             (2)

       2.3.2    Verduidelik die boodskap wat in hierdie foto oorgedra word.      (2 x 2)         (4)

       2.3.3    Verduidelik of die betogers in hul aksies geregverdig was.       (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GESKIEDENIS V2                         (EC/SEPTEMBER 2015)

2.4    Lees Bron 2D.

       2.4.1   Gee TWEE maniere wat daarop aandui dat die WVK na die Suid-
               Afrikaanse publiek uitgereik het.                       (2 x 1)                     (2)

       2.4.2   Verduidelik waarom die WVK verhore daagliks oor die radio en
               nasionale televisie daagliks uitgesaai was.                  (2 x 2)                (4)

       2.4.3   Waarom het Herman die WVK proses as ŉ sukses beskou?               (2 x 2)          (4)

       2.4.4   Verduidelik tot watter mate ŉ student die inligting in hierdie bron as
               betroubaar in die konteks van die werk van die WVK sal beskou.
                                                                                  (2 x 2)          (4)

2.5    Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
       kennis, skryf ŉ paragraaf van AGT reëls (omtrent 80 woorde) waarin jy
       verduidelik of die slagoffers van menseregte-skendings afsluiting deur die
       prosesse van die WVK gevind het.                                                        (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   GESKIEDENIS V2                                         7

  VRAAG 3:        WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE BELEIDSRIGTINGE VAN DIE
                  INTERNASIONALE MONETÊRE ORGANISASIES OP
                  ONTWIKKELENDE LANDE?

  Bestudeer Bronne 3A, 3B en 3C en beantwoord die vrae wat volg.

  3.1    Lees Bron 3A.

         3.1.1    Watter impak, volgens die bron, het die IMF, Wêreldbank en WHO op
                  gewone mense gehad?                                        (4 x 1)          (4)

         3.1.2    Wat was die doelwit van die ‘yster-driehoek’?                  (1 x 1)      (1)

         3.1.3    Verskaf redes waarom die inligting in die bron as partydig teenoor die
                  IMF, Wêreldbank en die WHO beskou kan word.               (2 x 2)           (4)

         3.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                  negatiewe effekte wat die IMF, Wêreldbank en WHO op
                  ontwikkellende lande gehad het.                                (2 x 2)      (4)

  3.2    Verwys na Bron 3B.

         3.2.1    Haal ŉ sin uit die bron wat aandui dat die WHO sy doelwit van
                  handelsvryheid bereik het. (Standpunt 1)                    (1 x 1)         (1)

         3.2.2    Hoe volgens die bron, het die WHO die arm lande bevoordeel?
                  (Standpunt 1)                                            (4 x 1)            (4)

         3.2.3    Vergelyk Standpunt 1 met Standpunt 2. Verduidelik hoe hierdie
                  bronne met betrekking tot die rol van die WHO verskil. Ondersteun
                  jou antwoord met bewyse uit die bron.                      (2 x 2)          (4)

         3.2.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom
                  die beleidsrigting van die WHO gekritiseer was.
                  (Standpunt 2)                                                    (2 x 2)    (4)

         3.2.5    Verduidelik hoe die storting van gesubsidieerde voedsel plaaslike
                  produksie van ontwikkelende lande ondermyn het.             (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

    3.3   Raadpleeg Bron 3C.

          3.3.1   Watter lande was die meeste deur die voorwaardes van die
                  Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP) geaffekteer?      (2 x 1)           (2)

          3.3.2   Watter boodskappe word in hierdie spotprent aangaande die IMF en
                  Wêreldbank in ŉ globale konteks uitgebeeld?              (2 x 2)           (4)

          3.3.3   Wat was die hoofrede waarom ontwikkellende lande armer geword
                  het?                                                    (1 x 2)            (2)

          3.3.4   Gebruik die visuele leidrade in die bron om die gevolge van die
                  Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP) op ontwikkellende lande
                  te beskryf.                                                  (2 x 2)       (4)

    3.4   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
          kennis, skryf ŉ paragraaf van omtrent AGT reëls (omtrent 80 woorde) waarin
          jy die impak van die beleidsrigtings van die Internasionale Monetêre
          Organisasies op ontwikkelende lande verduidelik.                                   (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  GESKIEDENIS V2                                          9

 AFDELING B: OPSTELTIPE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN (1) vraag, maar nie meer as TWEE (2) vrae uit hierdie
 afdeling.

 Jou opstel moet omtrent DRIE bladsye lank wees.

 VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
                 DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s.

 ‘‘P.W. Botha se beleid van hervorming en onderdrukking was met intensiewe verset
 te moet gekom.”

 Evalueer hierdie verklaring krities deur te verwys na die rol wat interne verset in die
 ondergang van P.W. Botha se apartheidsregering in die 1980’s gespeel het.                  [50]

 VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
                 OOREENKOMS EN DIE RNE.

 Verduidelik tot in watter mate die toename in geweld en konflik die
 onderhandelingsproses in Suid-Afrika tussen 1990 en 1994 bespoedig het.                    [50]

 VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELD-
                 ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989.

 “Gorbachev se hervorming in die Sowjetunie het ŉ betekenisvolle impak op Suid-
 Afrika se politieke landskap gehad.”

 Bespreek hierdie verklaring krities en ondersteun jou argument met relevante
 bewyse.                                                                                    [50]

                                                                              TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 SEPT2015 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-memo-afr/9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222) — History · Memo · 2015 · Afr
- [History P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
