# History Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-june-july-2015-memo-afr/24bc561c-0a73-42d4-8dc0-252291524a8b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-june-july-2015-memo-afr/24bc561c-0a73-42d4-8dc0-252291524a8b)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V2

                                        2015

                                  MEMORANDUM

                                                                              PUNTE: 150

                        Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                               DBE/2015
                                    SSE – Memorandum

BRONGEBASEERDE VRAE

1.1      Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
         ontwikkel:

  KOGNITIEWE                                                   GEWIGSTOEKENNING
                           HISTORIESE VAARDIGHEDE
    VLAKKE                                                         VAN VRAE
                       •   Onttrek inligting in bronne
                       •   Selektering en organisasie van
                           relevante inligting in bronne             30%
      VLAK 1
                       •   Definieer historiese                      (15)
                           begrippe/terme
                       •   Interpretasie van bewyse in
                           bronne
                                                                     40%
      VLAK 2           •   Verduidelik inligting verkry in
                                                                     (20)
                           bronne
                       •   Analiseer bewyse in bronne
                       •   Interpreteer en evalueer bewyse
                           in bronne
                       •   Skakel met bronne om
                           bruikbaarheid, betroubaarheid,
                           eensydigheid en beperkings vas            30%
      VLAK 3               te stel                                   (15)
                       •   Vergelyk en kontrasteer
                           interpretasies en perspektiewe in
                           die bronne en kom tot
                           onafhanklike gevolgtrekkings

1.2      Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
         word:

         •       By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
                 enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
                 voorbeelde.

         •       Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
                 aan die vereistes van die vraag voldoen is.

         •       In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
                 waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
                 kursiefgedrukte skrif aangedui.

         •       Wanneer oopeinde- brongebaseerde vrae geassesseer word, moet
                 leerders krediet ontvang vir enige ander relevante antwoorde.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                                    DBE/2015
                                    SSE – Memorandum

OPSTELVRAE

2.1      Die opstelvrae eis dat kandidate:

         •       In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse
                 te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
                 bymekaar voeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks
                 feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
                 vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n
                 samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2      Nasien van opstelvrae

         •       Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
                 deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
         •       Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
                 dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
2.3      Globale assessering van 'n opstel
         Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
         benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal
         bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
         benadering moedig die leerder aan om 'n individuele mening aan te bied deur
         gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om 'n argument te
         ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer te
         skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook
         ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om
         die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van
         opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse.
         Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese
         assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien
         die klem op die volgende val:
         •       Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
         •       Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
                 ondersteun
         •       Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4      Assesseringsprosedures van die opstel
         2.4.1         Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
         2.4.2         Tydens die eerste deurlees van die skryfwerk moet regmerkies
                       toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt
                       ('bullet') in die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/
                       aspek wat volledig gekontekstualiseer is en 'n relevante
                       slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt in die nasienriglyn/
                       memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar
                       dus 7 regmerkies wees.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                      4                                     DBE/2015
                                          SSE – Memorandum

         2.4.3        Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:

                      •     Inleiding, hoofaspekte       en       slotopmerking   nie   behoorlik
                            gekontekstualiseer nie

                                                              ^
                            • Verkeerde stelling              _________________

                            • Irrelevante stelling            |
                                                              |
                                                              |

                            •       Herhaling                 R

                            •       Analise                   A√

                            •       Interpretasie             1√

2.5      Die matriks

         2.5.1        Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

                      By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in
                      die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel
                      moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n
                      Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding,
                      gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

                      (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
                                watter mate die hoofmomente gedek is om die inhoudsvlak
                                (op die matriks) vas te stel.

                                C             VLAK 4

                      (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die
                                matriks) van die aanbieding bepaal.

                                C             VLAK 4
                                P             VLAK 3

                      (c)       Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                C             VLAK 4
                                                         } 26–27
                                P             VLAK 3

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Geskiedenis/V2                                                 5                                                           DBE/2015
                                                      SSE – Memorandum

 GLOBALE ASSESSERING VAN OPSTELLE: TOTALE PUNTE: 50

                           VLAK 7            VLAK 6             VLAK 5            VLAK 4            VLAK 3            VLAK 2            VLAK 1
     AANBIEDING          Baie goed         Baie goed          Goed beplande     Argument         Toon soms          Poging             Weinig of
                         beplande en       beplande en        en                beplan en        bewyse van ŉ       aangewend om       geen poging
                         gestruktureerde   gestruktureerde    gestruktureerde   gestruktureer.   gestruktureerde    ŉ antwoord te      om die opstel
                         opstel.           opstel.            opstel.           Getuienis        en beplande        struktureer.       te struktureer
                         Goeie sintese     'n Relevante       Poog om ŉ         gebruik tot 'n   argument.          Grootliks          nie.
                         van inligting.    argumentslyn is    duidelike         sekere mate om   Poog om ŉ          beskrywend,
                         'n Goed           gevolg.            argument te       argument te      argumentslyn       of poog om
                         gebalanseerde,    Bewyse gebruik     ontwikkel.        ondersteun.      vol te hou.        argument te
       INHOUD            oorspronklike     om die             Gevolgtrekking    Slotsom bereik   Gevolgtrekking     ontwikkel.
                         en onafhanklike   argument           verkry uit        op               nie duidelik       Geen poging om
                         argumentslyn is   te verdedig.       bewyse om die     grond van        ondersteun deur    ŉ gevolgtrekking
                         ontwikkel met     Poog om ŉ          argumentslyn te   getuienis.       getuienis nie.     te bereik nie.
                         bewyse.           onafhanklike       ondersteun.
                         Argument          gevolgtrekking
                         deurgaans         uit die bewyse
                         volgehou en       te verkry om die
                         verdedig.         argument te
                         Onafhanklike      ondersteun.
                         gevolgtrekking
                         is bereik uit
                         bewyse
                         gebruik om die
                         argument te
                         ondersteun.
 VLAK 7
 Vraag is ten volle
 beantwoord.
 Inhoudkeuse ten volle
 relevant tot die           47–50             43–46
 argument wat gevolg
 is.
 VLAK 6
 Vraag is beantwoord.
 Inhoudkeuse relevant       43–46             40–42              38–39
 tot die argument wat
 gevolg is.

 VLAK 5
 Vraag grotendeels
 beantwoord. Inhoud         38–39             36–37              34–35            30–33             28–29
 genoegsaam en
 relevant.

 VLAK 4
 Vraag herkenbaar in
 antwoord. Sommige
 weglatings of
                                                                 30–33            28–29             26–27
 irrelevante
 inhoudkeuse.

 VLAK 3
 Inhoudkeuse hou
 verband met die
 vraag, maar
 beantwoord dit nie.
                                                                                  26–27             24–25              20–23
 Hou soms nie verband
 met die vraag nie.
 Weglatings.

 VLAK 2
 Vraag ontoereikend
 beantwoord.
                                                                                                    20 –23             18–19             14–17
 Inhoud skraal
 VLAK 1
 Vraag ontoereikend
 beantwoord of glad
 nie.
                                                                                                                      14 –17              0–13
 Ontoereikend of
 irrelevante inhoud

* Riglyne vir die toekenning van ‘n punt vir Vlak 1

• Vraag is glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie                              =0
• Vraag sluit basisese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie                                =1-6
• Vraag is ontoereikend en vaag beantwoord; geen poging om die opstel te struktureer nie                                                 = 7 – 13

 Kopiereg voorbehou                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             6                                     DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1: HOE HET DIE IDEOLOGIE VAN SWART BEWUSSYN DIE STUDENTE
         VAN SOWETO BEÏNVLOED OM DIE APARTHEIDSREGERING IN DIE
         1970's UIT TE DAAG?

1.1
1.1.1    [Verduideliking van historiese konsep in Bron 1A – V1]
         • SB moedig swart Suid-Afrikaners aan om selfvertroue te hê, trots te wees
            en in hulself te glo
         • SB het beweer dat swart Suid-Afrikaners nie hulself as minderwaardig
            teenoor wit Suid-Afrikaners moet beskou nie
         • Enige ander relevante antwoord                                    (1 x 2)           (2)

1.1.2    [Onttrekking van bewyse in Bron 1A – V1]
          • Selfhaat
          • Lae selfbeeld
          • Minderwaardige onderrig
          • Minderwaardige waardes
          • Minderwaardige oortuigings                                    (enige 3 x 1)        (3)

1.1.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
         • Die kleur van jou vel bepaal nie wie of wat jy is nie
         • Jou houding en sielkundige toestand weerspieël wat jy van jouself dink
         • Jou houding bepaal wie jy is, nie die kleur van jou vel nie
         • As jy die kleur van jou vel aanvaar, het jy jouself bevry
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)          (2)

1.1.4    [Verduideliking van bewyse in Bron 1A – V2]
         • Biko het 'n proses van sielkundige emansipasie (selfbevryding) voorgestel.
         • Biko het die bevryding van die persoon 'as geheel' voorgestel
         • Biko het die bevryding van sielkundige, fisiese en spirituele onderdrukking
           voorgestel
         • Biko het metafisiese opstand en politieke mobilisering voorgestel
         • Biko het die verwerping van alles wat swart mense tot slaaf maak,
           voorgestel
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)        (4)

1.1.5    [Onttrekking van bewyse in Bron 1A – V1]
         • Die ideologie van Swart Bewussyn het die idee van swart Suid-Afrikaners
           as slawe verwerp
         • Die ideologie van Swart Bewussyn was die wete dat swart Suid-Afrikaners
           as 'n verenigde groep sosiaal, polities en ekonomies onoorwinbaar sou
           wees.                                                            (2 x 1)            (2)

1.2
1.2.1    [Onttrekking van bewyse in Bron 1B – V1]
         • Dit het die manier waarop jong swart Suid-Afrikaners gedink het, verander.
         • Dit het hulle selfbeeld 'n hupstoot gegee.                          (2 x 1)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              7                                     DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

1.2.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
         • Dit was moeilik om in 'n vreemde taal te leer
         • Die instel van Afrikaans het veroorsaak dat swart Suid-Afrikaanse studente
            'n minderwaardigheidskompleks ontwikkel het
         • Die instel van Afrikaans het veroorsaak dat swart Suid-Afrikaanse studente
            onbevoeg voel
         • Die instel van Afrikaans het veroorsaak dat baie swart Suid-Afrikaanse
            studente gevoel het dat hulle intellektueel minderwaardig was
         • Die instel van Afrikaans het 'n negatiewe invloed op die akademiese
            vordering van studente gehad                                  (enige 1 x 2)         (2)

1.2.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
         • Studente het hulle eksamens gedruip
         • Studente kon nie die Afrikaanse taal verstaan nie/ skielike verskuiwing na
            Afrikaans
         • Die studente kon nie die tegniese terme en jargon verstaan wat nou in
            hulle vakke gebruik is nie                                         (1 x 2)          (2)

1.2.4    [Vertolk en evalueer bewyse in Bron 1B – V3]
         STEM SAAM
         • Swart Suid-Afrikaanse studente het nie die taal verstaan nie
         • Swart Suid-Afrikaanse studente het gesukkel om in 'n vreemde taal te leer
         • Swart Suid-Afrikaanse studente het minderwaardig gevoel
         • Swart Suid-Afrikaanse studente het die taal met die onderdrukker
           geassosieer
         • Swart Suid-Afrikaanse studente het hulle eksamens gedruip
         • Enige ander relevante antwoord
                                               OF
         STEM NIE SAAM NIE
         • Nie alle leerlinge het teen die onderrig in Afrikaans geprotesteer nie
         • Enige ander relevante antwoord                                         (2 x 2)       (4)

1.2.5    [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
         • Studente was teen die gebruik van Afrikaans as ŉ onderrigmedium in skole
            gekant
         • Die studente wou hê dat Afrikaans as ŉ onderrigmedium afgeskaf word
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)             (2)

1.2.6    [Vergelyking van bewyse in die geskrewe en visuele bron in Bron 1B – V3]
         • Die geskrewe bron beklemtoon dat studente ongelukkig was oor die instel
           van Afrikaans as onderrigmedium terwyl die visuele bron toon hoe
           studente teen die instel van Afrikaans as 'n onderrigmedium betoog.
         • Die geskrewe bron beklemtoon studente wat protesaksies organiseer,
           terwyl die visuele bron studente toon wat hul ongelukkigheid met die
           gebruik van Afrikaans (plakkaat: Afrikaans moet afgeskaf word),
           demonstreer.
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             8                                     DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

1.3
1.3.1    [Onttrekking van bewyse in Bron 1C – V1]
         • Orlando West Junior High School
         • Morris Isaacson High School
         • Orlando West High School                                              (3 x 1)       (3)

1.3.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2]
         • Die ouers en onderwysers het die studente ondersteun omdat hulle nie
            wou hê dat die leerders in die taal van die onderdrukker onderrig moet
            word nie.
         • Die ouers en onderwysers wou nie die leerders aan die eise van die
            apartheidsregering onderwerp nie
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)            (2)

1.3.3    [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 1C – V1]
         • Weiering of verwerping van die implementering van 'n wet/stelsel
         • Enige ander relevante antwoord                                        (1 x 2)       (2)

1.3.4    [Onttrekking van bewyse in Bron 1C – V1]
          • Die reaksie van die Soweto-studente wat die betoging op 16 Junie
            bygewoon het, het die verwagtinge van die organiseerders oortref
          • 30 000 stuente het die dag by Orlando West High School bymekaar gekom
                                                                             (1 x 2)           (2)

1.3.5    [Verduideliking van inligting in Bron 1C – V2]
         Die slagspreuke was doeltreffend, want:
         • Druk die woede van die gemeenskap uit
         • Wys dat hulle vasbeslote was om die mag by die wit minderheidsregime af
           te neem
         • Wys dat hulle vasbeslote was om bevry te word
         • Wys dat hulle nie wou stop voordat die regering in die hande van die
           mense was nie
         • Enige ander relevante antwoord                                   (2 x 2)            (4)

1.4      [Interpretasie, evaluering en sintese van relevante bronne – V3]
         Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
         • Steve Biko het jong, swart Suid-Afrikaners geïnspireer om op te tree (Bron
            1A)
         • Swart Bewussyn was 'n filosofie wat selfbeeld, trots en 'n regmatige plek in
            die samelewing aangemoedig het (Bron 1A)
         • Leerders kon nie die inhoud en terminologie van die vakke wat hulle in die
            skool gehad het, verstaan nie. (Bron 1B)
         • As gevolg hiervan het hulle hul eksamens gedruip (eie kennis)
         • Hulle het in protes in die strate betoog (Bron 1B)
         • Ondersteun deur hulle ouers en onderwysers (Bron 1C)
         • Het as 'n vreedsame betoging begin (Bron 1C)
         • Baie lewens is verloor (Bron 1C)
         • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              9                                    DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

         Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

                       •   Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv. toon min
                           of geen begrip van hoe die ideologie van Swart
                           Bewussyn die studente van Soweto beïnvloed het
           VLAK 1          om die apartheidsregering in die 1970's uit te daag          PUNTE
                           nie.                                                          0–2
                       •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
                           nie.
                       •   Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband het
                           die onderwerp bv. toon gedeeltelike begrip van hoe
                           die ideologie van Swart Bewussyn die studente van
           VLAK 2          Soweto beïnvloed het om die apartheidsregering in            PUNTE
                           die 1970's uit te daag.                                       3–5
                       •   Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
                           paragraaf te skryf.
                       •   Gebruik relevante bewyse wat op die onderwerp fokus,
                           bv. toon 'n deeglike begrip van hoe die ideologie van
                           Swart Bewussyn die studente van Soweto beïnvloed
           VLAK 3          het om die apartheidsregering in die 1970's uit te
                                                                                        PUNTE
                           daag.
                                                                                         6–8
                       •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                           paragraaf wat begrip van die onderwerp toon.
                                                                                               (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             10                                   DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

VRAAG 2:         WAS DIE AMNESTIEPROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
                 VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL OM SUID-AFRIKA
                 SE VERDEELDE VERLEDE TE GENEES?
2.1
2.1.1    [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – V1]
         • Om ernstige menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 plaasgevind
           het, te ondersoek en die aard, oorsake en omvang daarvan te bepaal
         • Om amnestie toe te staan aan oortreders wat alle relevante feite oor
           misdade wat in die nastreef van 'n politieke doelwit gepleeg is, volledig
           onthul het
         • Om slagoffers van ernstige menseregteskendings te identifiseer, te vind
           en vergoeding aan te beveel
         • Om 'n verslag saam te stel met aanbevelings wat gemik is op die
           voorkoming van menseregteskendings in die toekoms          (enige 2 x 1)           (2)

2.1.2    [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – V1]
         • Die jare van die apartheidsregering is as die wreedste beskou as gevolg
           van die implementering van beleide van diskriminasie teen swart Suid-
           Afrikaners                                                       (1 x 2)           (2)

2.1.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
         • Apartheid het die menseregte van die meeste Suid-Afrikaners geskend
         • Apartheid het op grond van velkleur teen Suid-Afrikaners gediskrimineer
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)         (2)

2.1.4    [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2A – V1]
         • Om amptelike kwytskelding toe te staan vir 'n polities gemotiveerde
            misdaad/om berou te toon en om vergifnis te vra
         • Uitsluiting van vervolging na bekendmaking
         • Enige ander relevante antwoord                                      (1 x 2)        (2)

2.1.5    [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V3]
         Kandidate moet aandui in watter mate die bron BRUIKBAAR of NIE
         BRUIKBAAR is nie en hul antwoord met relevante bewyse motiveer.
         BAIE BRUIKBAAR
         • Verduidelik die doelwitte van die stigting van die WVK
         • Gee 'n oorsig van die tydperk van ondersoek
         • Gee redes waarom daar 'n behoefte aan die WVK was
         • Gee inligting oor die drie Komitees wat die werk van die WVK gedoen het
         • Enige ander relevante antwoord
         MINDER BRUIKBAAR
         • Dit gee 'n eensydige siening/bevooroordeeld oor waarom die WVK gestig
           is
         • Mense wat teen die stigting van die WVK gekant was, word nie genoem
           nie
         • Enige ander relevante antwoord                                 (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             11                                  DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

2.1.6    [Onttrekking van bewyse in Bron 2A – V1]
          • Die Komitee vir Menseregteskendings
          • Die Komitee vir Amnestie
          • Die Komitee vir Rehabilitasie en Vergoeding                        (3 x 1)       (3)

2.2
2.2.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
          • Oortreders en slagoffers moes voor die WVK verskyn en 'n volledige
             onthulling doen
          • Oortreders en slagoffers moes voor die WVK verskyn en die waarheid
             onthul
          • Mense moes polities gemotiveerde misdade gepleeg het om amnestie te
             kon ontvang (tussen 1960 en 1994)
          • Enige ander relevante antwoord                         (enige 1 x 2)             (2)

2.2.2    [Onttrekking van bewyse in Bron 2B – V1]
          • Die Amnestiekomitee het verhoed dat enige siviele saak of eis teen die
            oortreders ingestel kan word.
          • Die Amnestiekomitee en verhoed dat die familie regstappe kon doen
          • Die Amnestiekomitee het die familie nie toegelaat om 'n siviele eis teen
            Steve Biko se moordenaars in te stel nie, omdat hulle 'n volledige
            onthulling gedoen het.
          • Die Amnestiekomitee is nie deur Steve Biko se nalatenskap beïnvloed toe
            die oortreders oor sy dood verhoor is nie.
          • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)         (2)

2.2.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
          • Hy het geweet dat die WVK nie 'n hof van die gereg is nie
          • Hy wou nie sy betrokkenheid in die pleeg van menseregteskendings
             gedurende die apartheid era bekendmaak nie
          • Hy het dit gesien as ŉ ‘heksejag’ teen wit Suid-Afrikaners
          • Enige ander relevante antwoord                                   (1 x 2)         (2)

2.2.4    [Uittreksel uit bewyse van Bron 2B – V1]
          • 'n Verdere voorbeeld van die probleme met die amnestieproses kan gesien
            word in die uitdagings met dr. Wouter Basson '
          • ... baie selferkende moordenaars en martelaars, of die leierskap wat
            opdrag vir sulke dade gegee het, [bly] op vrye voet en in 'n posisie van
            mag in die nuwe bedeling.'
          • 'Na herhaalde en mislukte pogings om inligting oor sy aktiwiteite tydens
            apartheid uit dr. Basson te kry, is die saak uiteindelik na die staat se
            vervolgingsgesag verwys.'                                   (enige 1 x 1)        (1)

2.3
2.3.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
          • In die uitbeelding lyk dit asof dr. Basson nie bekommerd is oor die
             bevindinge en werk van die WVK nie
          • Dr. Basson het ŉ negatiewe houding teenor die WVK getoon
          • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             12                                  DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

2.3.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
          • Dr. Basson wou hê dat die WVK ontbind sodat hy nie vervolg sou word nie
          • Die gebruik van die woorde 'chemiese proses vir beskerming teen die
             WVK' is 'n duidelike aanduiding dat dr. Basson nie voor die WVK wou
             verskyn nie
          • Die woorde 'vermy kontak totdat WVK spontaan ontbind' suggereer dat
             dr. Basson sy verskyning voor die WVK wou probeer uitstel
          • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2)         (4)
2.4      [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en 2C – V3]
         Krediet moet gegee word aan kandidate as hulle in hul antwoord verwys
         na die woord ‘albei bronne’

         • Bron 2C beeld dr. Basson se onverskillige/ negatiewe houding teenoor die
           WVK wat die amnestieproses gedwarsboom het, uit, terwyl geskrewe
           bewyse in Bron 2B aandui dat dr. Basson geweier het om voor die
           Amnestiekomitee te verskyn en dus die WVK van sy volledige onthulling
           van hoe hy chemiese oorlogvoering gebruik het terwyl hy vir die
           apartheidsregime gewerk het, ontneem het. Dit het die menseregte van
           politieke aktiviste geskend
         • Bron 2C wys dat dr. Basson die stryd teen die WVK-verhore gewen het.
           Volgens Bron 2B het dr. Basson nooit die verhore bygewoon nie en
           uiteindelik die saak gewen, en dus een van die doelwitte van die WVK,
           naamlik volledige onthulling deur die oortreders wat mensregteskendings
           gepleeg het, verontagsaam het
         • Enige ander relevante antwoord                                   (2 x 2)          (4)
2.5
2.5.1    [Verduideliking van historiese konsep in Bron 2D – V1]
         • Dit is 'n poging om eertydse vyande saam te bring/ kompromis/ reünie/
            begrip, asook om vergifnis te vra
         • Enige ander relevante antwoord                                    (1 x 2)         (2)
2.5.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
          • Beide PW Botha en Mangosuthu Buthelezi het hulle grondwetlike reg om
             nie voor die WVK te verskyn nie, uitgeoefen
          • Albei leiers het die samestelling van die WVK bevraagteken
          • Die WVK kon hulle nie dwing om te verskyn nie
          • PW Botha het die WVK 'n 'sirkus'/ ‘heksejag’ genoem
          • Buthelezi het nie geglo dat die WVK die regte en effektiewe instrument
             was om nasionale versoening te bring nie
          • Beide PW Botha en Mangosuthu Buthelezi was bang om voor die WVK te
             verskyn as gevolg van die beweerde gruweldade wat hulle gepleeg het
          • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)        (4)
2.5.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
          • Die Biko-familie het die grondwetlikheid van die amnestieproses
             bevraagteken
          • Die Biko-familie wou nie hê dat Biko se moordenaars vrygespreek
             word/amnestie ontvang nie
          • Die Biko-familie wou hê die moordenaars moet in 'n hof verskyn
          • Enige ander relevante antwoord                                 (2 x 2)           (4)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              13                                     DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

2.6      [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3]
         Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:

         Kandidate moet 'n standpunt kies en verduidelik of die amnestieproses
         van die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se verdeelde verlede te
         genees.

         Suksesse
         • Die Wet op die Bevordering van Nasionale Versoening en Eenheid het 'n
           mandaat aan die WVK verskaf om menseregteskendings wat tussen 1960
           en 1994 gepleeg is, te ondersoek. (Bron 2A)
         • Daar is gehoop dat hierdie proses tot die onthulling van die waarheid,
           versoening, amnestie en genesing sou lei. (Eie kennis)
         • In baie gevalle het die onthulling van die waarheid tot versoening,
           vergifnis, afsluiting en genesing gelei. (Eie kennis)
         • Die Amnestiekomitee kon die meeste apartheidsvoetsoldate dagvaar om
           getuienis te lewer. Dit het die WVK toegelaat om verdere ondersoeke te
           doen om die waarheid te onthul. (Bron 2C)
         • Sommige slagoffers van menseregteskendings (bv. Mtimkulu, Ndwandwe
           en Trust Feed-families) het voor die WVK verskyn (eie kennis) en is met
           die oortreders versoen.
         • Baie oortreders (bv. Brian Mitchell, Adriaan Vlok, Gideon Nieuwoudt,
           Jacques Hechter en Paul van Vuuren) het voor die WVK verskyn en
           amnestie ontvang.
         • Enige ander relevante antwoord

         Mislukkings
         • In die geval van Steve Biko se moord, het amnestie nie tot genesing gelei
           nie (Bron 2B)
         • Die Biko-familie wat gekant teen amnestie vir diegene wat vir Steve Biko
           se moord verantwoordelik was (Bron 2B)
         • Genesing was onvolledig omdat vergoeding aan slagoffers onvoldoende
           was (Bron 2B)
         • Dr. Wouter Basson het geweier om getuienis te lewer voor die WVK, wat
           genesing moeilik gemaak het (Bron 2C)
         • Die feit dat baie oortreders nie gedwing kon word (dr. Wouter Basson) om
           voor die WVK te verskyn nie, het die WVK oneffektief gemaak in die soeke
           na die waarheid (Bron 2B)
         • Sommige slagoffers het gevoel dat die WVK die oortreders bevoordeel het
           deur die amnestieproses. (Bron 2D)
         • Baie leiers (PW Botha, Mangosuthu Buthelezi) het geweier om voor die
           WVK te verskyn (Bron 2D)
         • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             14                                   DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

         Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

                        • Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv. toon
                          min of geen begrip of die amnestieproses van die
                          WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se                  PUNTE
            VLAK 1
                          verdeelde verlede te genees nie                            0–2
                        • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
                          skryf nie.
                        • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
                          met die onderwerp, bv. toon 'n begrip of die
                          amnestieproses van die WVK daarin geslaag het             PUNTE
            VLAK 2
                          om Suid-Afrika se verdeelde verlede te genees.             3–5
                        • Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
                          paragraaf te skryf
                        • Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip
                          of die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se
                                                                                    PUNTE
            VLAK 3        verdeelde verlede te genees.
                                                                                     6–8
                        • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                          paragraaf wat begrip van die onderwerp aandui.
                                                                                            (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              15                                    DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

VRAAG 3:         WAAROM HET SUID-AFRIKA 'N LID VAN DIE BRIC-GROEP
                 GEWORD?

3.1
3.1.1    [Onttrekking van bewyse in Bron 3A – V1]
          • Brasilië
          • Rusland
          • Indië
          • China                                                          (enige 2 x 1)        (2)

3.1.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
         • President Zuma het Suid-Afrika as 'n strategies en ekonomies volhoubare
             bestemming op die Afrika-kontinent bemark wat as 'n ingangspunt vir die
             res van Afrika dien
         • President Zuma het die land as 'n poort na Afrika bemark omdat Suid-
             Afrika 'n baie belangrike streeksinvloed bly as gevolg van die grootte van
             sy ekonomie
         • President Zuma het Suid-Afrika as die setel waarvandaan globalisering na
             die res van Afrika suid van die Sahara versprei word, bemark
         • President Zuma het Suid-Afrika bemark as 'n bewese leier in NEPAD en
             dit het deur Suid-Afrika se rol in die sake van Afrika bewys dat Suid-Afrika
             die poort na Afrika is
         • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2)       (4)

3.1.3    [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 3A – V1]
         • Dit is 'n ekonomie met 'n lae tot gemiddelde per kapita-inkome
         • Dit is 'n nasie met sosiale of sake-aktiwiteit wat in die proses van vinnige
            groei en industrialisering is
         • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 1 x 2)       (2)

3.1.4    [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
         • Die BRIC-beraad is in China gehou om Suid-Afrika as 'n amptelike lid van
            BRICS te verwelkom
         • Die beraad het erkenning aan Suid-Afrika as 'n steeks- ekonomiese en
            politieke mag in Afrika gegee
         • BRIC het verander na BRICS (Suid-Afrika het 'n lid van die BRIC-groep
            geword).
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)             (2)

3.1.5    [Onttrekking van bewyse in Bron 3A – V1]
         • Meer handel met BRIC-lande
         • Meer beleggingsgeleenthede
         • Direkte handel in eie geldeenheid met BRIC-lede
         • Beskerming van BRIC-lede teen die wisselvallige                internasionale
           geldeenhede                                                      (enige 2 x 1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              16                                    DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

3.1.6    [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3A – V3]
         • Die bron is bruikbaar omdat dit toon hoe Suid-Afrika uitgenooi is om 'n lid
           van die BRIC-groep te word (President Zuma het steun gewerf by BRIC-
           lande om 'n lid te word)
         • Die bron is bruikbaar omdat die bewyse die datum noem waarop Suid-
           Afrika 'n lid van BRIC geword het (Suid-Afrika het in Desember 2010 'n lid
           geword)
         • Die bron is bruikbaar omdat die bewyse toon hoe BRIC na BRICS
           verander het toe Suid-Afrika 'n nuwe lid geword het
         • Die bron is bruikbaar omdat die BRICS-groep erkenning aan Suid-Afrika
           se lidmaatskap gegee het deur die vyfde beraad in Durban te hou
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)           (4)
3.2
3.2.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
         • Suid-Afrika het die BRICS-beraad aangebied
         • Suid-Afrika het die kleinste ekonomie onder die BRICS-lande
         • Suid-Afrika word deur die ander BRIC-lande as 'n pion gebruik
         • Suid-Afrika se rol in die BRICS-groep het 'n minimale impak
         • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)          (4)
3.2.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
         • President Zuma was gelukkig dat Suid-Afrika die BRICS-beraad aanbied
         • President Zuma was gelukkig/tevrede dat Suid-Afrika 'n lid van die BRIC-
            groep geword het
         • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)            (4)
3.3      [Vergelyk bewyse in Bron 3A en 3B – V3]
          • Bron 3A noem dat die BRICS-beraad in China gehou is (2011), waar Suid-
            Afrika uitgenooi is om lid van BRIC te word, terwyl Bron 3B toon dat Suid-
            Afrika die BRICS beraad gehou het
          • Bron 3A noem dat Suid-Afrika uitgenooi is om 'n lid van die BRIC-groep te
            word, terwyl Bron 3B bewyse toon dat Suid-Afrika 'n lid van die BRICS-
            groep geword het.
          • Beide bronne 3A en 3B toon die lande wat die BRICS beraad bygewoon
            het
          • Enige ander relevante antwoord                                       (2 x 2)        (4)
3.4
3.4.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
          • Suid-Afrika is ekonomies nie so sterk soos die ander BRICS-lede nie/
             Suid-Afrika se teenwoordigheid vertraag BRICS
          • Suid-Afrika se ekonomie is te klein in verhouding tot die ander BRICS-lede
          • Suid-Afrika se lidmaatskap is swak in vergelyking met die ander BRICS-
             lande.
          • Suid-Afrika se ekonomiese groei is te klein om 'n lid van die BRICS-groep
             te wees.
          • Ander ontwikkeldende lande (Saoedi-Arabië, Meksiko) het eerder verdien
             om lede van die BRICS-groep te wees, omdat hulle ekonomieë groter en
             sterker is.
          • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              17                                 DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

3.4.2    [Onttrekking van inligting in Bron 3C – V1]
         • Die res van Afrika sal na verwagting 'n gemiddeld van 7% oor die kort- tot
           mediumtermyn groei (Suid-Afrika se groei oor die kort- tot mediumtermyn
           sal laer as ander lande in Afrika wees.)                          (1 x 2)         (2)

3.4.3    [Onttrekking van inligting in Bron 3C – V1]
         • Faksionalisme binne die regerende party
         • Suid-Afrika het fokus verloor
         • Valse aanspraak ('Entitlement')                                     (2 x 1)       (2)

3.5
3.5.1    [Onttrekking van inligting in Bron 3D – V1]
         • Suid-Afrika is 'n land ryk aan minerale
         • Suid-Afrika is die grootste produsent van sommige minerale
         • Suid-Afrika is die grootste goudprodusent
         • Suid-Afrika bied hoogs gesofistikeerde myndienste
         • Suid-Afrika kan nasionale belange en waardes, menseregte, demokrasie
           en goeie regering bevorder                                 (enige 2 x 1)          (2)

3.5.2    [Onttrekking van inligting in Bron 3D – V1]
         • China                                                               (1 x 1)       (1)

3.5.3    [Onttrekking van inligting in Bron 3D – V1]
         • Suid-Afrika se missie is om nasionale belange en waardes te bevorder
         • Suid-Afrika bevorder menseregte
         • Suid-Afrika bevorder demokrasie
         • Suid-Afrika bevorder goeie regering
         • Suid-Afrika bevorder die Afrika-agenda                      (enige 3 x 1)         (3)

3.6      [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne – V3]
         Kandidate kan die volgende aspekte by hul antwoorde insluit:
         • Suid-Afrika is in 2010 genooi om by die BRICS-groep aan te sluit (Bron
            3A)
         • President Zuma het die land as die poort na Afrika bemark (Bron 3A)
         • President Zuma het gesê dat dit belangrik was om deel van die BRICS-
            groep te wees (Bron 3A)
         • Lidmaatskap van BRICS het ekonomiese en politieke voordele (Bron 3A)
         • Suid-Afrika het in 2011 'n lid van die BRICS-groep geword
         • Die vyfde BRICS-beraad is in 2013 in Suid-Afrika gehou (Bron 3B)
         • Suid-Afrika se mineraalrykdom word beskou as 'n positiewe bydrae tot die
            BRICS-groep (Bron 3D)
         • Handel tussen Suid-Afrika en BRICS-lede het aansienlik toegeneem
            (Bron 3D)
         • Suid-Afrika se bydrae kan ook in terme van ontwikkeling wees
            (bevordering van menseregte, demokrasie en goeie regering) (Bron 3D)
         • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             18                                  DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

         Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

                       • Gebruik bewyse op 'n elementêre manier, bv. toon
                         geen of min begrip van waarom Suid-Afrika 'n lid
                         van die BRIC-groep geword het nie                        PUNTE
           VLAK 1      • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf        0–2
                         skryf nie.
                       • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
                         met die onderwerp, bv. toon begrip van waarom
                         Suid-Afrika 'n lid van die BRIC-groep geword het.        PUNTE
           VLAK 2      • Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n            3–5
                         paragraaf te skryf.
                       • Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip
                         van waarom Suid-Afrika 'n lid van die BRIC-groep
                         geword het.                                              PUNTE
           VLAK 3
                       • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde        6–8
                         paragraaf wat begrip van die onderwerp toon
                                                                                            (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             19                                   DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui of die stelling akkuraat is of nie. Hulle moet fokus op PW Botha
se grondwethervorminge wat nie aan die eise van onderdrukte Suid-Afrikaners voldoen
het nie. Hierdie veranderinge het 'n vloed van volgehoue, massagedrewe opstande
ontketen wat nie voorheen in Suid-Afrika ervaar is nie. Hulle moet die aard van die
verset waarmee anti-apartheidsorganisasies begin het en hoe dit deur die 1980's
volgehou is, bespreek.

HOOFASPEKTE
Kandidate behoort die volgende aspekte by hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en fokus op hoe PW Botha se
  hervorminge tot landswye opstande gelei het omdat dit nie aan die eise van die
  meerderheid Suid-Afrikaners voldoen het nie. Hulle moet toon hoe weerstand tot die
  beëindiging van Apartheid gelei het.

UITBREIDING
• Botha se beleid van ‘Totale aanslag’ en ‘Totale Strategie’
• Botha poog om apartheid te hervorm deur in 1983 die driekamerregering in te stel.
• Die stigting van die UDF in reaksie op die driekamerregering-stelsel
• Die eerste veldtog van die UDF was nie 'Don't Vote' (Moenie stem nie)-veldtog (Om
  Kleurlinge en Indiërs aan te moedig om nie in verkiesings vir die driekamerregering
  te stem nie) en die 'Million Signature' (Miljoen Handtekeninge)-veldtog ('n petisie
  teen apartheid)
• Die verskerping van die interne weerstand, bv. gewelddadige betogings in die
  Vaaldriehoek
• Die Vaal Civic Association het boikotte gereël (polisie het die burgerleiers
  gearresteer, die Vaal-townships het met massabetogings begin, raadslede is
  vermoor, skole het met boikotte begin)
• Die regering het opeenvolgende toestande van nood afgekondig in 1985 en 1986
  om teenkanting teen apartheid te stuit, maar dit was 'n mislukking.
• Die rol van unies (die stigting van COSATU was 'n keerpunt in die stryd om vryheid
  en demokrasie; die African Food Canning Workers' Union het 'n oproep gedoen vir
  die eerste nasionale staking)
• Hierdie stakings was daarop gemik om die werkstoestande van werkers te verbeter
  en het politieke regte ingesluit
• Stryd om onderwys – 'Education Crisis Committee', COSAS en NUSAS het die
  'Education Charter' (Onderwysmanifes)-veldtog ens. geloods.
• Die rol van die veldtog om diensplig af te skaf (wit Suid-Afrikaanse mans het
  diensplig in die weermag teengestaan. Baie wit soldate het gevoel dit is verkeerd
  om townshipopstande te probeer onderdruk)
• Die veldtog om diensplig af te skaf het die 'Troepe uit die Townships'-veldtog
  geloods. Jong wit mans het geweier om in die Suid-Afrikaanse weermag te dien.
• Die rol van Black Sash (hulle het Apartheid teengestaan en humanitêre hulp aan
  slagoffers van Apartheid gegee).
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              20                                   DBE/2015
                                  SSE – Memorandum

• Verbruikersboikotte het 'n belangrike rol in die stryd teen Apartheid gespeel (dit het
  die ekonomie beïnvloed, en die verswakkende ekonomie het wit Suid-Afrikaners
  negatief beïnvloed).
• Die rol en impak van die Mass Democratic Movement (MDM)
• Teen die einde van 1989 was die land onregeerbaar en die apartheidsregering is
  geforseer om met die bevrydingsbewegings te onderhandel
• Enige ander relevante inligting

• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking
  opsom.                                                                                       [50]

Indien kandidate nie saamstem nie, moet hulle hul antwoord met relevante bewyse
ondersteun.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             21                                   DBE/2015
                                 SSE – Memorandum

VRAAG 5

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui in watter mate die leiers van verkillende politieke organisasies
in staat was om uitdagings op die pad na demokrasie te bowe te kom.

Kandidate moet die volgende aspekte by hulle opstelle insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en die verskeie uitdagings wat tot die
  ineenstorting van die onderhandelingsproses gelei het en die politieke rolspelers
  wat die situasie gered het, aandui.

UITBREIDING
• De Klerk het in 1989 aan bewind gekom
• Mandela is uit die tronk vrygelaat
• Politieke en burgerorganisasies is ontban
• Grootte Schuur-minuut (samesprekings tussen ANC en NP)
• Geweld in die Vaaldriehoek
• Pretoria-minuut
• Vergadering van politieke partye – CODESA 1 (20 Desember 1991)
• Verklaring van Voorneme
• Voortslepende geweld op passasierstreine aan die Rand
• Referendum vir alleenlik wittes (1992)
• CODESA 2 (2 Mei 1992)
• Boipatong-slagting en die gevolge daarvan (17 Junie 1992)
• Massabetogings deur anti-apartheidsorganisasies om De Klerk se regering te dwing
  om dwarsdeur die land met integriteit te onderhandel
• Bhisho-slagting (Gqozo) en die effek daarvan op die onderhandelingsproses
  (7 September 1992)
• Rekord van verstandhouding – Meyer en Ramaphosa
• Multiparty- Onderhandelingsforum – regse aanval deur die AWB by die
  Wêreldhandelsentrum
• Oorgangsklousule deur Slovo
• Moord van Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika
• Datum van die eerste demokratiese verkiesing vasgestel
• Mandela as eerste swart president verkies
• Enige ander relevante antwoord

• Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking
  opsom                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            22                                  DBE/2015
                                SSE – Memorandum

VRAAG 6

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
analitiese en interpretasievaardighede te gebruik.]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. Hulle moet 'n
redenasie gee of die ineenstorting van die Sowjet unie grootliks verantwoordelik was
vir politieke veranderings wat na 1989 in Suid-Afrika voorgekom het. Hulle moet 'n
standpunt inneem en hulle antwoord met historiese bewyse ondersteun.

HOOFASPEKTE:
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet noem in watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie
  verandering in Suid-Afrika beïnvloed het en of ander faktore ook tot verandering
  bygedra het, en hulle redenasie met relevante bewyse ondersteun.

UITBREIDING
Kandidate wat met die stelling saamstem, moet die volgende punte by hulle antwoord
insluit:

• Impak van Glasnost en Perestroïka
• In die 1980's het die Suid-Afrikaanse regering voor 'n veranderde wêreldorde
  gestaan
• Suid-Afrika het as gevolg van sy beleid van apartheid geïsoleerd geraak
• Die meeste van Suid-Afrika se buurlande het onafhanklik geraak
• Aan die einde van 1989 het die Sowjetunie gedisintegreer
• Die kommunistiese regimes van Oos-Europa het ineengestort
• Die Berlynse Muur is afgebreek
• Veranderinge in die wêreld het bygedra tot die einde van apartheid
• Die ineenstorting van die USSR het die ANC van sy hoofbron van ondersteuning
  ontneem
• Die Nasionale Party se bewering dat hy Suid-Afrika teen 'n kommunistiese aanslag
  wou beskerm, het onrealisties geword
• Westerse wêreldmagte het die voorstel dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en
  deur 'n politieke oplossing oplos, ondersteun
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party-regering nie wit oorheersing
  onbepaald kon volhou nie.
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord op
  die behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling is nie
• Dit was duidelik dat die volgehoue onderdrukking van swart Suid-Afrikaners nie
  politieke stabiliteit sou verseker nie.
• Die regering het begin glo dat hervorming die ontwikkeling van 'n sterk swart
  middelklas wat as 'n 'skans teen revolusie' sal dien, sou moes insluit.
• PW Botha se beleid van 'totale strategie' het nie gewerk nie
• Die sekuriteitsmagte en noodtoestande het nie townshipopstande gekeer nie
• Teen die laat 1980's was die Suid-Afrikaanse ekonomie in 'n toestand van depressie
• PW Botha het 'n beroerte gehad en is deur FW de Klerk opgevolg.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            23                                 DBE/2015
                                SSE – Memorandum

• FW de Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie 'n
  sameswering uit Moskou is nie
• Dit het De Klerk in staat gestel om samesprekings met die bevrydingsorganisasies
  te begin
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk 'n 'nuwe en regverdige konstitusionele bedeling'
  aangekondig
• Dit het die einde van Apartheid aangekondig
• Enige ander relevante antwoord

• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argumente met 'n relevante gevolgtrekking
  saamvat

Indien kandidate nie saamstem nie, moet hulle hul antwoord met relevante
bewyse ondersteun.                                                                      [50]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 SEPT2015 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-memo-afr/9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222) — History · Memo · 2015 · Afr
- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49) — History · QP · 2015 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — History · QP · 2024 · Afr
- [History P2 May June 2021 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-addendum-afr/cde0c40d-d0cb-41ca-8f8c-286dbd12cd25) — History · Addendum · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
