# History Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-afr/74565e33-5c5b-4028-abb7-d979a36a0405
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-afr/74565e33-5c5b-4028-abb7-d979a36a0405)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                GESKIEDENIS V2

                                        2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 14 bladsy-addendum.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                                    DBE/2016
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN    'N    NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                  DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN    'N    NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
         gevind word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                                    DBE/2016
                                             SSE

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:         HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-ORGANISASIE
                 (SASO) SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN DIE 1970's
                 BEÏNVLOED OM DIE APARTHEIDSREGIME UIT TE DAAG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1       Waarom, volgens die bron, is SASO gestig? Gee TWEE redes.
                                                                        (2 x 1)                  (2)

         1.1.2       Verduidelik die invloed van die Swartbewussynsfilosofie op swart
                     Suid-Afrikaanse studente.                                 (1 x 2)           (2)

         1.1.3       Definieer die term Swart Bewussyn in jou eie woorde.         (1 x 2)        (2)

         1.1.4       Hoe, volgens die bron, het Barney Pityana NUSAS beskou? (1 x 2)             (2)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1       Watter rol het Onkgopotse Tiro in die mobilisering van swart
                     Suid-Afrikaanse studente gespeel?                     (1 x 2)               (2)

         1.2.2       Verduidelik waarom, na jou mening, SASO besluit het om in die
                     vroeë 1970's die 'hele stelsel van gesegregeerde onderwys' uit te
                     daag.                                                    (1 x 2)            (2)

         1.2.3       Lewer kommentaar op hoe swart Suid-Afrikaanse studente
                     gereageer het nadat Tiro uit die Universiteit van die Noorde se
                     Turfloop-kampus geskors is.                              (1 x 2)            (2)

         1.2.4       Verduidelik op watter maniere die SASO-publikasie, Newsletter,
                     swart Suid-Afrikaanse studente beïnvloed het.         (2 x 2)               (4)

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1       Haal TWEE slagspreuke aan wat in die foto getoon word.       (2 x 1)        (2)

         1.3.2       Lewer kommentaar op waarom jy dink sommige van die leerlinge in
                     die foto 'n saluut met 'n gebalde vuis gegee.            (2 x 2)            (4)

         1.3.3       Verduidelik tot watter mate jy die inligting in hierdie bron as
                     bruikbaar sou beskou wanneer die rol wat SASO in die Soweto-
                     opstande gespeel het, bestudeer word.                     (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               4                                    DBE/2016
                                            SSE

1.4      Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die
         bewyse in Bron 1C ondersteun oor die rol wat SASO in die 1970's in die
         bewusmaking van swart Suid-Afrikaanse studente gespeel het.    (2 x 2)                 (4)

1.5      Gebruik Bron 1D.

         1.5.1        Hoe, volgens die bron, het die verkryging van onafhanklikheid in
                      Angola en Mosambiek die Swartbewussynsbeweging beïnvloed?
                                                                               (1 x 2)          (2)

         1.5.2        Wie, volgens die bron, was die president van SASO?          (1 x 1)       (1)

         1.5.3        Waarom, dink jy, het Jimmy Kruger besluit om die FRELIMO-
                      saamtrekke te verban wat geskeduleer was om in Durban en
                      Turfloop plaas te vind?                             (2 x 2)               (4)

         1.5.4        Noem enige DRIE leiers van SASO/BPC in die bron wat die
                      FRELIMO-saamtrekke georganiseer het.             (3 x 1)                  (3)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe SASO swart Suid-Afrikaanse studente in die 1970's beïnvloed
         het om die apartheidsregime uit te daag.                                               (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                5                                   DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 2:          WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                  SUKSESVOL MET DIE ONTHULLING VAN MENSEREGTE-
                  SKENDINGS WAT IN DIE APARTHEIDSERA GEPLEEG IS?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Waarom, volgens die bron, is die WVK as 'n belangrike keerpunt in
                      die geskiedenis van Suid-Afrika beskou?                   (1 x 2)         (2)

         2.1.2        Verduidelik EEN van die kompromieë wat deur beide groepe
                      aangegaan is met betrekking tot die skending van menseregte wat
                      in die apartheidsera gepleeg is.                        (1 x 2)           (2)

         2.1.3        Definieer die volgende terme in jou eie woorde:

                      (a)   Herstellende geregtigheid                             (1 x 2)       (2)

                      (b)   Vergeldende geregtigheid                              (1 x 2)       (2)

         2.1.4        Noem enige DRIE           mandate     van    die   Waarheids-en-
                      Versoeningskommissie.                                    (3 x 1)          (3)

         2.1.5        Verduidelik, in jou eie woorde, waarom Dullah Omar in sy
                      1994-verklaring na die woord 'waarheid' verwys het. (1 x 2)               (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Hoe, volgens die bron, het die Bongolethu Drie gesterf?    (1 x 2)        (2)

         2.2.2        Verduidelik hoe die getuienis van die ooggetuie en die polisie oor
                      die dood van die Bongolethu Drie verskil het.              (2 x 2)        (4)

2.3       Bestudeer Bron 2C.

          2.3.1       Volgens   die  spotprent,     wie   het    die     Waarheids-en-
                      Versoeningskommissie as 'n 'heksejag' beskou?            (1 x 1)          (1)

          2.3.2       Noem enige TWEE menseregteskendings, soos dit in die bron
                      uitgebeeld word, wat die Nasionale Party wou wegsteek. (2 x 1)            (2)

          2.3.3       Verduidelik waarom, na jou mening, die Nasionale Party die
                      'menseregteskendings' wou toesmeer.                (2 x 2)                (4)

          2.3.4       Lewer kommentaar op die woorde in die spotprent, 'DIE TRUUK IS
                      OM SO HARD TE SKREE DAT ONS SOOS SLAGOFFERS SAL
                      LYK', in die konteks van menseregteskendings wat in die
                      apartheidsera gepleeg is.                                (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                                   DBE/2016
                                             SSE

2.4      Vergelyk Bron 2A en 2C. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne verskil
         met betrekking tot die rol van die Waarheids-en-Versoeningskommissie
         (WVK) in die hantering van menseregteskendings.                         (2 x 2)        (4)

2.5       Bestudeer Bron 2D.

          2.5.1       Gee TWEE redes, soos in die bron voorgestel, waarom dit nodig
                      was om die verlede te onthou.                         (2 x 1)             (2)

          2.5.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe die onthou van die verlede tot nasiebou kon bygedra het.
                                                                                 (2 x 2)        (4)

          2.5.3       Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir 'n
                      historikus wat die WVK bestudeer.                          (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         of die Waarheids-en-Versoeningskommissie suksesvol was met die
         onthulling van menseregteskendings wat in die apartheidsera gepleeg is.                (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  7                                     DBE/2016
                                               SSE

VRAAG 3:         HOE HET DIE OORHEERSING VAN WÊRELDKAPITALISME IN DIE
                 1980's DIE LEWENS VAN GEWONE AFRIKANE BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Waarom, volgens die bron, is daar na die 1980's as die 'verlore
                     dekade' verwys?                                         (1 x 2)                (2)

         3.1.2       Identifiseer DRIE redes in die bron waarom Afrikaregerings nie
                     behoorlike openbare dienste in stand kon hou nie.       (3 x 1)                (3)

         3.1.3       Verduidelik die impak wat onderpresterende Afrika-ekonomieë op
                     staatsdienswerkers gehad het.                            (2 x 2)               (4)

         3.1.4       Noem die eerste Afrikaland wat 'n lening vir strukturele aanpassing
                     by die Wêreldbank gekry het.                                 (1 x 1)           (1)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1       Definieer die term programme vir strukturele aanpassing in die
                     konteks van wêreldkapitalisme.                          (1 x 2)                (2)

         3.2.2       Verduidelik hoe die implementering van die programme vir strukturele
                     aanpassing tot die verarming van die werkersklas in ontwikkelende
                     lande aanleiding gegee het.                                  (2 x 2)           (4)

         3.2.3       Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
                     bron vir 'n historikus wat die uitwerking van die programme vir
                     strukturele aanpassing op gewone Afrikaburgers bestudeer. (2 x 2)              (4)

3.3      Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 3A en 3B mekaar ondersteun
         met betrekking tot die implementering van die programme vir strukturele
         aanpassing in Afrika.                                             (2 x 2)                  (4)

3.4      Raadpleeg Bron 3C.

         3.4.1       Gebruik die inligting in die spotprent en jou eie kennis en verduidelik
                     wat   jy    verstaan      onder    die    byskrif,   'DIE   IMF     SE
                     VERSLANKINGSPLAN: KYK HOE SMELT DIE GEWIG WEG ..!'.
                                                                                     (1 x 2)        (2)

         3.4.2       Watter boodskappe word in RAAMPIE 1 van die bron oorgedra?
                     Gebruik die visuele bewyse in die bron om jou antwoord te
                     ondersteun.                                         (2 x 2)                    (4)

         3.4.3       Verduidelik die impak van die IMF se verslankingsplan op die
                     ekonomiese behoeftes van gewone mense wat in ontwikkelende
                     lande woon, soos in RAAMPIE 2 getoon.                  (2 x 2)                 (4)

         3.4.4       Hoe, volgens RAAMPIE 3, het die IMF se verslankingsplan gewone
                     Afrikane wat in ontwikkelende lande woon, beïnvloed?     (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              8                                  DBE/2016
                                           SSE

3.5      Lees Bron 3D.

          3.5.1       Lewer kommentaar op UNICEF se sienings oor die programme vir
                      strukturele aanpassing in Afrika.                     (2 x 2)          (4)

          3.5.2       Noem TWEE negatiewe uitwerkings van die implementering
                      van programme vir strukturele aanpassing op die mense
                      van Afrika.                                     (2 x 1)                (2)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          hoe die oorheersing van wêreldkapitalisme in die 1980's die lewens van
          gewone Afrikane beïnvloed het.                                                     (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                                    DBE/2016
                                          SSE

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                     KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

In die 1980's het PW Botha se regering onversetlike hervormingsmaatreëls ingestel
wat met massagebaseerde interne weerstand deur progressiewe nierassige
organisasies begroet is.

Is dit 'n akkurate assessering van hoe gebeure in die 1980's ontvou het? Ondersteun
jou argument met relevante historiese bewyse.                                              [50]

VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Daar was nooit 'n moontlikheid dat die oorgang na demokrasie in Suid-Afrika maklik
sou wees nie. Die hoop en optimisme wat Nelson Mandela in 1990 met sy vrylating uit
die tronk begroet het, het gou tot 'n einde gekom soos wat die werklikheid om 'n nuwe
toekoms vir Suid-Afrika te beding in alle erns begin het.

Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die onderhandelingsproses wat
tussen 1990 en 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het.                                        [50]

VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                 EN    'N    NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 tot
grootskaalse politieke veranderinge in Suid-Afrika bygedra het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                              [50]

                                                                              TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [Hist P2 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addendum-eng/b2bcc326-318a-41a5-b678-9d4ff222da43) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
