# History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-afr/e0850b0a-786d-4871-8e19-3a135d6e667a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-afr/e0850b0a-786d-4871-8e19-3a135d6e667a)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GESKIEDENIS V2

                                         2016

                                   MEMORANDUM

                                                                      PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                  2
                                     hlayiso.com                                 DBE/2016
                                      SSE – Memorandum

1.       BRONGEBASEERDE VRAE

1.1   Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
      ontwikkel:
Kognitiewe                                                          Gewigstoekenning
                           Historiese vaardighede
  Vlakke                                                                van vrae
            • Onttrek inligting uit bronne
            • Selektering en organisasie van relevante inligting          30%
VLAK 1
                uit bronne                                                (15)
            • Definieer historiese begrippe/terme
            • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                          40%
VLAK 2      • Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                          (20)
            • Analiseer bewyse uit bronne
            • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
            • Skakel       met    bronne      om     bruikbaarheid,
                betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
                te stel                                                   30%
VLAK 3
            • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en                   (15)
                perspektiewe in die bronne en kom tot
                onafhanklike gevolgtrekkings

1.2      Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
         • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
             ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
         • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
             vereistes van die vraag voldoen is.
         • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
             aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
             skrif aangedui.
1.3      Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
         • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
         • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
            en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
            twee punte toegeken word ().
         • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
        Paragraafvraag
        Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
        die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
        toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
        paragraafvraag geassesseer word:
      • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
        kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
      • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was
        om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                  3
                                     hlayiso.com                                     DBE/2016
                                     SSE – Memorandum

      • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die
        einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
        holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
        Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
        _________________________________________________________________
        _________________________________________________________________
        _________________________________________________________________
                                                                                    
          Vlak 2
          Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.

      •   Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die
          regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
                                              50
      •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek
          oorgedra word.

2.        OPSTELVRAE

2.1       Die opstelvrae vereis dat kandidate:
          • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
              stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
              bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
              'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
              beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
              gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2       Nasien van opstelvrae
          • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
             die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
          • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
             ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
             kry vir enige ander relevante antwoord.

2.3       Globale assessering van 'n opstel
          Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
          die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
          samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
          aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
          feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
          verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
          benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
          reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
          Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
          deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
          holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
          aangesien die klem op die volgende val:
          • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
          • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
               ondersteun
          • Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                  4
                                     hlayiso.com                                    DBE/2016
                                    SSE – Memorandum

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel
       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
       2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
             vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
             gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
             kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
             hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
       2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                                ^
                 • Verkeerde stelling            _________________

                 • Irrelevante stelling          |
                                                 |
                                                 |

                 • Herhaling                     R

                 • Analise                       A√

                 • Interpretasie                 1√

2.5.   Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                 die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                 stel.
                                                          I      VLAK 4

       (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                 aanbieding bepaal.

                                                            I       VLAK 4
                                                            A       VLAK 3

       (c)       Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                            I
                                                            A
                                                                    VLAK 4
                                                                    VLAK 3       }26–27
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2
                                  Downloaded from
                                               5
                                                  hlayiso.com                                                                               DBE/2016
                                                             SSE – Memorandum

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                           VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5               VLAK 4              VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING              Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                        beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                        gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                        opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                        sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                        inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                        goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                  gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                        argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                        bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                        deurgaans           die bewyse te
                        volgehou en         maak om die
                        verdedig.           argument te
                        Onafhanklike        ondersteun.
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit
                        bewyse om die
                        argument te
                        ondersteun.
VLAK 7

Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten            47–50               43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6

Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
                            43–46               40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5

Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
                            38–39               36–37                34–35                30–33               28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4

Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige                                                    30–33                28–29               26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3

Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
                                                                                          26–27               24–25                20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2

Vraag ontoereikend                                                                                            20–23                18–19                14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*

Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
                                                                                                                                   14–17                  0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
     •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =                                        0
     •     Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie =                                       1–6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer =                                                            7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                  6
                                     hlayiso.com                                     DBE/2016
                                   SSE – Memorandum

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:             HOE HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE ORGANISASIE
                     (SASO) SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE GEDURENDE DIE
                     1970'S BEÏNVLOED OM DIE APARTHEIDSREGIME UIT TE DAAG?

1.1
1.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
          • NUSAS was 'n liberale organisasie wat gedomineer is deur blanke Suid-
            Afrikaanse studente
          • Swart Suid-Afrikaanse studente het toenemend ontevrede geraak met
            NUSAS se onvermoë om diep rassistiese strukture en beleide van beide
            die regering en universiteite aan te spreek
          • Hulle is gemotiveer deur die opkoms van die Swartbewussynsfilosofie
                                                                       (enige 2 x 1)               (2)

1.1.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
          • Dit het hulle geleer om onafhanklik van blanke Suid-Afrikaanse studente te
             wees
          • Dit het hulle geleer om die inisiatief te neem en in hulself te glo sodat die
             omstandighede verander kon word
          • Enige ander relevante antwoord                                        (1 x 2)          (2)

1.1.3    [Verduideliking van 'n histories konsep uit Bron 1A – V1]
         • 'n Filosofie wat 'n voorstander is van selfstandigheid, selfhandhawing,
            sielkundige vryheid en trots onder Swart Suid-Afrikaners
         • 'n Filosofie waarvan Steve Biko en ander aktiviste voorstanders was sodat
            swart Suid-Afrikaners onafhanklik van ander rasse rakende die stryd vir
            gelykheid en geregtigheid kan wees
         • Enige ander relevante antwoord                                (enige 1 x 2)             (2)

1.1.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
          • Pityana het gevoel dat NUSAS 'n lekker vriendelike klub was, net nog 'n
             speletjie wat jy speel terwyl jy by die universiteit is/het nie van NUSAS
             gehou nie as gevolg van die tekort aan deursigtigheid rakende studente
             ongelukkigheid                                                         (1 x 2)        (2)

1.2
1.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
         • Tiro het studente gemobiliseer deur hulle ontevredenheid na vore te bring
                                                                             (1 x 2)               (2)

1.2.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
         • SASO wou transformasie in die onderwyssisteem hê sodat swart Suid-
             Afrikaanse studente gelyke opvoeding ontvang
         • SASO wou die praktyk van Bantoe onderwys wat die grondslag was van
             aparte opvoeding, beëindig
         • Enige ander relevante antwoord                               (1 x 2)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                  7
                                     hlayiso.com                                   DBE/2016
                                  SSE – Memorandum

1.2.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
         • Studente het klasse geboikot
         • Studente het landswyd protesteer
         • Enige ander relevante antwoord                                          (1 x 2)       (2)

1.2.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
         • Die publikasie het die denke van swart studente bemagtig sodat hulle
             krities kon dink oor die onderdrukkende politieke sisteem van daardie tyd
         • SASO se 'Newsletter' het 'n intellektuele en ideologiese gesprek onder
             swart Suid-Afrikaners aangemoedig
         • Enige ander relevante antwoord                                        (2 x 2)         (4)

1.3
1.3.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
         • Afrikaans moet afgeskaf word
         • Vandag is die begrafnis van die Boere Taal                              (2 x 1)       (2)

1.3.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
         • Dit demonstreer die gees van weerstand/uitdaging teen Bantoe-onderwys
         • Dit was ŉ simbool van swartmag wat apartheid/Bantoe-onderwys
             teengestaan het
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2)              (4)

1.3.3    [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1C – V3]
         Die Bron is tot 'n groot mate bruikbaar omdat:
         • Dit gee visuele bewyse oor hoe SASO studente beïnvloed het om aan die
            Soweto-opstand deel te neem
         • Dit nuwe slagspreuke toon wat gebruik is wat deur SASO geinspireer is
         • Dit toon hoe SASO studente gemobiliseer het teen Afrikaans as
            onderrigmedium en studente met gebalde vuiste saluut
         • Dit toon die ontevredenheid met apartheidsimbole
         • Enige ander relevante antwoord

         OF

         Die Bron is tot 'n minder mate bruikbaar omdat:
         • Dit net een visuele bron is van die Soweto-opstand en tog was SASO
            verantwoordelik vir die mobilisering van meeste studente in Soweto
         • Daar kon vir die foto geposeer wees
         • Dit wys slegs 'n aantal studente – dit wys nie die volle prentjie van die
            optog nie
         • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2)        (4)

1.4      [Vergelyking van bewyse van die geskrewe en visuele Bronne 1B en 1C – V3]
         • Bron 1B wys dat SASO aandadig was aan die organisering van die
            klasboikotte aan die Universiteit van die Noorde (Turfloop Kampus) teen
            aparte onderwys van swart Suid-Afrikaanse studente, terwyl Bron 1C wys
            hoe swart Suid-Afrikaanse studente klasse boikot teen die Afrikaanse taal
            wat deur SASO-leiers en aktiviste as 'n groot aanhangsel van Bantoe
            onderwys beskou is

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                  8
                                     hlayiso.com                                   DBE/2016
                                  SSE – Memorandum

         •   Bron 1B vermeld dat die idees van Swartbewussyn tussen die jeug in
             swart Suid-Afrikaanse skole versprei het wat hulle inspireer om die beleid
             van Bantoe onderwys uit te daag, terwyl Bron 1C die tartende gemoed
             onder swart Suid-Afrikaanse studente gedurende die Soweto-opstand wys
             wat die beleid van Bantoe onderwys uitgedaag het.
         •   Enige ander relevante antwoord                                       (2 x 2)        (4)

1.5
1.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
         • Het 'n radikale uitwerking op die Swartbewussynsbeweging
         • Die onafhanklikheid van die twee lande het die leiers en aktiviste van SBB
            geïnspireer wat besef het dat dit moontlik was om die onderdrukkende
            sisteem van die apartheidsregime in Suid-Afrika te verslaan.
         • Vir die swart Suid-Afrikaanse studente het dit 'n nuwe begin aangedui vir
            die vryheidstryd teen die apartheidsregime
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2)          (2)

1.5.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
         • Muntu Myeza                                                             (1 x 1)       (1)

1.5.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
         • Die saamtrek het swart Suid-Afrikaners geïnspireer om die regering omver
             te werp
         • Die saamtrek sou die ondersteuning onder die lede van die
              Swartbewussynsbeweging laat toeneem/ verkry publisiteit
         • Kruger het gevoel dat FRELIMO met kommunisme geassosieer word                         (4)
         • Enige ander relevante antwoord                                    (2 x 2)

1.5.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
         • Muntu Myeza
         • Zithulele Cindi
         • Saths Cooper
         • Mosiuoa (Terror) Lekota
         • Aubrey Mokoape
         • Strini Moodley
         • Nkwenkwe Nkomo
         • Kaborane 'Kaunda' Sedibe
         • Pandelani Nefolovhodowe                                          (enige 3 x 1)        (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                  9
                                     hlayiso.com                              DBE/2016
                                 SSE – Memorandum

1.6      [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante Bronne – V3]
         Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
         • SASO het swart Suid-Afrikaanse studente georganiseer om die beleid van
             die apartheidsregime uit te daag (Bron 1A)
         • SASO het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om onafhanklik van blanke
             Suid-Afrikaners op te tree (Bron 1A en 1D)
         • SASO was aandadig in die verspreiding van die idees van
             Swartbewussyn onder swart Suid-Afrikaners (Bron 1A)
         • SASO leiers Tom Manthata, Fanyana Mazibuko en Aubrey Mokoena het
             die onderdrukkende aard van die Bantoe-onderwysstelsel blootgestel
             (Bron 1B en eie kennis)
         • SASO leiers en aktiviste was aanmatigend en toon selfvertroue om die
             apartheidsregime uit te daag (Bron 1B en eie kennis)
         • SASO het swart Suid-Afrikaanse onderwysers aangemoedig om die idees
             van Swartbewussyn onder hul studente te versprei (eie kennis)
         • Sommige leiers van SASO het die gang van gebeure beïnvloed wat
             aanleiding gegee het tot die Soweto-opstand van 1976 (Bron 1C en eie
             kennis)
         • SASO beplan en organiseer saamtrekke vir swart Suid-Afrikaners om hul
             teenkanting teen die apartheidsisteem bekend te maak (Bron 1D)
         • SASO het wye geskilpunte geopper rakende die onderdrukking van swart
             Suid-Afrikaners (Bron 1D)
         • Enige ander relevante antwoord

         Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                       • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse. bv. toon
                         geen of min begrip van hoe SASO swart Suid-
                         Afrikaanse studente gedurende die 1970's beïnvloed
                                                                                    PUNTE
         VLAK 1          het om die apartheid regime uit te daag.
                                                                                     0–2
                       • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
                         onderwerp skryf nie.
                       • Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate verband
                         met die onderwerp bv. toon begrip van hoe SASO
                         swart Suid-Afrikaanse studente gedurende die 1970's        PUNTE
         VLAK 2
                         beïnvloed het om die apartheid regime uit te daag.          3–5
                       • Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
                       • Gebruik relevante bewyse bv. Toon 'n deeglike begrip
                         van hoe SASO swart Suid-Afrikaanse studente
                         gedurende die 1970's beïnvloed het om die apartheid
         VLAK 3          regime uit te daag.                                        PUNTE
                       • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde          6–8
                         paragraaf en toon begrip van die onderwerp.

                                                                                            (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 10
                                     hlayiso.com                                 DBE/2016
                                  SSE – Memorandum

VRAAG 2:         WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 SUKSESVOL IN DIE BLOOTSTELLING VAN MENSEREGTE
                 GRUWELDADE WAT GEDURENDE DIE APARTHEIDSERA
                 GEPLEEG IS?

2.1
2.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
         • Die WVK was 'n produk van die onderhandelingsproses wat ten doel
            gehad het om 300 jaar van kolonialisme en apartheid te beëindig (1 x 2)            (2)

2.1.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
         • Amnestie sal aan oortreders wie menseregteskendings gepleeg het
             toegestaan word                                         (1 x 2)                   (2)

2.1.3    [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 2A – V1]

         (a)
         • 'n Geregtelike stelsel wat versoening aanmoedig gebaseer op die vertel
             van die waarheid en die openbaring van berou vir gruweldade wat
             gepleeg is
         • 'n Geregtelike stelsel wat genesing /herstelling/versoening tussen die
             slagoffers en oortreders aanmoedig                                                (2)
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2)

         (b)
         • Straf vir menseregteskendings wat tydens die apartheidsera gepleeg is
         • 'n Geregtelike stelsel wat strewe na wraak en straf vir
             menseregteskendings
         • Enige ander relevante antwoord                              (enige 1 x 2)           (2)

2.1.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
         • Om getuie te wees vir misdade verbonde aan menseregteskendings
         • Om amnestie aan oortreders te verskaf vir misdade verbonde aan
           menseregteskendings, gruweldade, reparasies en rehabilitasie
         • Om misdade wat verband hou met menseregteskendings, reparasies
           en rehabilitasie op te teken                               (enige 3 x 1)            (3)

2.1.5    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
          • Die doel van die WVK was om die waarheid uit te vind
          • Dullah Omar wou hê dat die waarheid gehoor moes word
          • Dullah Omar wou hê dat die waarheid erken moes word sodat ware
             rekonsiliasie kon plaasvind
          • Enige ander relevante antwoord                       (enige 1 x 2)                 (2)

2.2
2.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
          • Hulle was deur die polisie doodgeskiet                               (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 11
                                     hlayiso.com                                  DBE/2016
                                  SSE – Memorandum

2.2.2    [Vergelyking van bewyse uit Bron 2B – V2]
         • Ooggetuie: Skote is uit die huis gevuur
            Die polisie: Twee kinders is geskiet terwyl hulle met die skare geveg het
         • Ooggetuie: Die polisie het 'n petrolbom gemaak en dit langs die liggaam
            van die kind geplaas
            Die polisie: Die kinders het probeer om die huis aan die brand te steek
         • Ooggetuie: Die polisie het uit die huis gekom
            Die polisie: Die skare het die huis aangeval wat die polisie bewaak het
          • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2)       (4)

2.3
2.3.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
          • Die Nasionale Party (NP)                                             (1 x 1)        (1)

2.3.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
          • Staatsterrorisme
          • Marteling
          • Moordbendes
          • Persone wat om politieke redes gehang is
          • Verbannings
          • Aangehoudenes wat vermoor was                                  (enige 2 x 1)        (2)

2.3.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
          • Dit was die Nasionale Party se laaste poging om die menseregte
             skendings wat hulle gepleeg het onder die dekmantel te vee
          • Die Nasionale Party wou die blaam verskuif vir die regering se
             betrokkenheid in politieke misdade wat hulle gepleeg het
          • Die Nasionale Party wou nie erkenning aanvaar vir die
             menseregteskendings wat hulle gepleeg het terwyl hulle aan bewind was
             nie
          • Die Nasionale Party wou die waarheid verbloem oor die
             menseregteskendings wat deur hul apartheid regering gepleeg is
          • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)           (4)

2.3.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
          • Die NP moes luidkeels protesteer sodat dit nie moes lyk dat hulle die
             oortreders is nie – hulle wou die aandag van hulle aftrek
          • Die NP het die beskuldigings verwerp wat teen hulle gemaak is
          • Die Nasionale Party wou die blaam van hulle af wegskuif en nie
             verantwoordelikheid aanvaar vir menseregteskendings wat hulle gepleeg
             het nie
          • Enige ander relevante antwoord                              (enige 1 x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 12
                                     hlayiso.com                                 DBE/2016
                                 SSE – Memorandum

2.4      [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2A en 2C – V3]
          • Bron 2A: Het die vertel van stories van menseregteskendings
            aangemoedig terwyl in
            Bron 2C: Die Nasionale Party probeer het om stories van
            menseregteskendings te verdoesel
          • Bron 2A: Oortreders was aangemoedig om misdade wat hulle teen
            politieke aktiviste gepleeg het te erken terwyl in
            Bron 2C: NP probeer die misdade versteek wat hulle teen politieke
            aktiviste gepleeg het
          • Bron 2A: WVK het die stories opgeteken wat by die verskillende verhore
            vertel was terwyl in
            Bron 2C: Die NP willens en wetens probeer het om bewyse van
            menseregteskendings wat hulle teen politieke aktiviste gepleeg het te
            versteek sodat dit van die WVK se rekords uitgesluit kon word
         • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)         (4)

2.5
2.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
          • Sodat Suid-Afrika nooit weer die gruweldade herhaal wat in die verlede
            gepleeg is nie
          • Om die spoke van die verlede te begrawe
          • Om diegene te onthou wat gely het
          • Om die waardigheid van slagoffers en agtergeblewenes te herstel
          • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 1)           (2)

2.5.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
         • Erken dat mense se lyding bygedra het tot die genesing van die bevolking
         • Die genesingsproses moet alle rolspelers insluit om te sorg dat die
             bevolking genees
         • Herstelling van menslike en burgerlike waardigheid sou bygedra het tot
             nasiebou
         • Rekonsiliasie tussen die oortreder en die slagoffer sou die proses van
             nasiebou gehelp het
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)        (4)

2.5.3    [Vasstel van die bruikbaarheid van Bron 2D – V3]

         BRUIKBAAR omdat:
         • Dit beklemtoon die bewyse dat die WVK proses van genesing volkome sal
           sal wees indien dit beide die slagoffer en die oortreder bereik
         • Die WVK het daarin geslaag om die ondersteuners van apartheid te laat
           erken en te aanvaar dat 'apartheid verkeerd' was
         • Dit het die ondersteuners van apartheid genees
         • Slagoffers moes weet dat hul lyding en verlies deel was van die bevolking
           se genesingsproses
         • Die WVK het daarin geslaag om die waardigheid van die slagoffers en
           agtergeblewenes gedurende die genesingsproses te herstel
         • Die bron noem die politieke aktiviste wat doodgemaak is
         • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 13
                                     hlayiso.com                                  DBE/2016
                                 SSE – Memorandum

2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante Bronne – V3]

     Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:

     JA – SUKSEVOL
     • Herstellende eerder as vergeldende geregtigheid was gekies om rekonsiliasie
       teweeg te bring (Bron 2A)
     • WVK het getuienis van misdade aangehoor verbonde aan menseregte
       skendings (Bron 2A)
     • Die WVK het stories opgeteken van beide slagoffers en oortreders wat vertel
       was (Bron 2A)
     • Oortreders het hul misdade wat hulle gepleeg het erken (Bron 2A)
     • Die moord van die Bongolethu Drie beklemtoon die gruwelike menseregte-
       skendings wat die polisie gepleeg het (Bron 2B)
     • Die regering het uit hul pad gegaan om te probeer om die gewelddadige
       misdade onder die dekmantel te vee wat deur sy agente gepleeg is (Bron 2B)
     • Die NP was skuldig aan staatsterrorisme, moordbendes, politieke ophangings,
       marteling, verbannings, moord op aangehoudenes (Bron 2C)
     • Die NP het probeer om gruwelike menseregteskendings wat gepleeg was
       verdoesel is (Bron 2C)
     • Dit is belangrik om die gruweldade van die verlede te onthou sodat ons nie
       dieselfde foute in die toekoms maak nie (Bron 2D)
     • Familie lede was in staat om die oortreders te ontmoet (eie kennis)
     • Enige ander relevante antwoord

     OF

     NEE – ONSUKSESVOL
     • Slegs in sommige gevalle het die WVK amnestie aan oortreders toegestaan
       (Bron 2A)
     • Slegs menseregteskendingsis bekend gemaak (Bron 2C)
     • Die WVK is bestempel as 'n 'hekse jag' wat probeer om antwoorde te kry
       (Bron 2C)
     • Nie alle oortreders het na vore gekom nie (eie kennis)
     • Nie alle stories is vertel nie (eie kennis)
     • Nie alle slagoffers kon afsluiting van die WVK proses kry nie (eie kennis)
     • Sleutelrolspelers het geweier om getuienis oor menseregteskendings wat deur
       die apartheidsregering gepleeg is te lewer (eie kennis)
     • Menige slagoffers het nie antwoorde omtrent hul geliefdes gekry nie (eie
       kennis)
     • Menige slagoffers se families weet nie hoe hulle gesterf het nie/vermoor was
       nie of waar hul oorskotte begrawe is nie (eie kennis)
     • Die WVK was beperk deur die tydperk (1960 – 1994) (own knowledge)
     • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 14
                                     hlayiso.com                               DBE/2016
                                  SSE – Memorandum

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                 • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse bv. toon
                   geen of min begrip om te verduidelik of die Waarheids-
                   en-Versoeningskommissie suksesvol was in die
                   blootstelling van menseregteskendings wat gedurende       PUNTE
  VLAK 1
                   die apartheidsera gepleeg is.                              0–2
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
                   onderwerp skryf nie.
                 • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
                    verband met die onderwerp bv. toon begrip om te
                    verduidelik of die Waarheids-en-
                   Versoeningskommissie suksesvol was in die                 PUNTE
  VLAK 2
                    blootstelling van menseregteskendings wat                 3–5
                    gedurende die apartheidsera gepleeg is.
                 • Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
                 • Gebruik relevante bewyse bv. toon 'n deeglike begrip of
                   die WVK suksesvol was in die blootstelling van
                   menseregteskendings wat gedurende die
                                                                             PUNTE
  VLAK 3           apartheidsera gepleeg is.
                                                                              6–8
                 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                   paragraaf en toon begrip van die onderwerp.

                                                                                             (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 15
                                     hlayiso.com                                  DBE/2016
                                 SSE – Memorandum

VRAAG 3:         HOE HET DIE OORHEERSING VAN WÊRELDKAPITALISME
                 GEDURENDE DIE 1990's DIE LEWENS VAN GEWONE AFRIKANE
                 BEÏNVLOED?

3.1
3.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
         • Afrika se ekonomiese agteruitgang het gedurende die 1980's skerp gestyg
                                                                             (1 x 2)            (2)

3.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
         • Afrikaregerings was deur skuld vermink
         • Afrikaregerings het hul ekonomiese bronne wanbestuur
         • Afrikaregerings se belasting inkomste het in duie gestort              (3 x 1)       (3)

3.1.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
          • Afrika staatsamptenare het minder verdien en dit beïnvloed hul moraal
          • Afrika staatsamptenare het minder verdien en dit beïnvloed hul eerlikheid
          • Afrika staatsamptenare het minder verdien en dit beïnvloed hul
            doeltreffendheid
          • Die koopkrag van staatsamptenare het in Tanzanië met 90% gedaal
          • Duisende gekwalifiseerde Afrika staatsamptenare het bedank
          • Duisende gekwalifiseerde Afrika staatsamptenare het hul onderskeie
            lande verlaat (uitvloei van kundigheid) vir beter werksgeleenthede
          • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)        (4)

3.1.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
         • Senegal                                                               (1 x 1)        (1)

3.2
3.2.1   [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 3B - V1]
         • Strukturele aanpassingsprogramme was programme wat deur
           ontwikkelingslande aangeneem is omdat hulle ekonomiese bystand van
           die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds nodig gehad het
         • Enige ander relevante antwoord                                  (1 x 2)              (2)

3.2.2     [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
         • Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot verarming van
             die werkende klas omdat die markte geliberaliseer is wat bygedra het tot
             hoër voedselpryse
         • Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
             die werkende klas omdat subsidies op verbruikersgoedere onttrek is
         • Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
             die werkende klas omdat die plaaslike geldeenhede gedevalueer is
         • Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
             die werkende klas omdat salarisbevriesing en afdankings dit vir hulle
             moeilik gemaak het om hul lewensstandaard te handhaaf
         • Strukturele aanpassingsprogramme het aanleiding gegee tot die verarming
             van die werkende klas omdat die regering minder spandeer het op
             maatskaplike dienste wat bygedra het tot heffings op gesondheidsdienste
             en onderwys wat hulle nie kon bekostig nie

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 16
                                     hlayiso.com                               DBE/2016
                                SSE – Memorandum

         • Strukturele aanpassingsprogramme gee aanleiding tot die verarming van
           die werkende klas omdat heffings op maatskaplike dienste aanleiding
           gegee het tot die afname van die kwaliteit van hul leefstyl, swakker
           gesondheid, hoër sterftesyfers
         • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2)            (4)

3.2.3    [Vasstel van die bruikbaarheid van Bron 3B – V3]
         Kandidate moet aandui of die bron BRUIKBAAR of NIE BRUIKBAAR is
         en hul antwoord met bewyse staaf

         BRUIKBAAR
         • Die bron wys die invloed van die IMF en Wêreldbank op Afrikalande
         • Die informasie in die bron kom ooreen van dit wat in ander bronne geskryf
           word
         • Die bron gee informasie oor hoe kritici voel oor die strukturele
           aanpassingsprogramme
         • Enige ander relevante antwoord

         OF

         NIE BRUIKBAAR
         • Die bron is die uitgangspunte van twee skrywers op SAPs en dit mag
           eensydig wees
         • Die bron gee nie genoeg informasie oor die uitwerking van SAPs nie
         • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)         (4)

3.3      [Vergelyking van informasie in Bronne 3A en 3B – V3]
         • Bron 3A wys die redes waarom Afrikalande strukturele aanpassings-
            enings van die Wêreldbank benodig het terwyl Bron 3B wys hoe die
            implementering van strukturele aanpassingsprogramme in Afrikastate nie
            die ekonomieë van die state verbeter het nie
         • Bron 3A wys hoe Afrikastate strukturele aanpassingslenings van die
           Wêreldbank gekry het om hul ekonomieë te verbeter terwyl Bron 3B wys
           dat Afrikalande wie strukturele aanpassingslenings van die Wêreldbank
           gekry opdragte gegee was om hul ekonomieë te herstruktureer om dit in
           lyn met die voorgeskrewe beleide van die Wêreldbank te bring    (2 x 2)           (4)

3.4
3.4.1    [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]
         • Die opskrif impliseer dat strukturele aanpassingsprogramme in
            ontwikkelingslande ingestel was
         • Die      opskrif    impliseer    dat   die    instelling van strukturele
            aanpassingsprogramme 'n negatiewe uitwerking op die ekonomiese
            welstand van die gewone burgers van Afrika gehad het
         • Die      opskrif    impliseer    dat   die    instelling van strukturele
            aanpassingsprogramme ekonomiese swaarkry vir gewone Afrika burgers
            tot gevolg gehad het
         • Enige ander relevante antwoord                                   (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 17
                                     hlayiso.com                                  DBE/2016
                                 SSE – Memorandum

3.4.2    [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]
         • Dit wys dat gewone Afrika burgers oor die algemeen goed gevoed was
            voor die instelling van die IMF verslankingsplan
         • Dit wys dat gewone Afrika burgers voedsel in oorvloed gehad het voor die
            instelling van die IMF se verslankingsplan
         • Enige ander relevante antwoord                                   (2 x 2)             (4)

3.4.3    [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]
         • Afrikaregerings het begin om minder geld te spandeer op gesondheidsorg
            wat 'n las vir die gewone burger beteken het
         • Afrikaregerings het begin om minder geld op voedselsubsidies te spandeer
            wat aanleiding gegee het verdere verarming
         • Afrikaregerings het begin om minder geld te spandeer op die produksie van
             plaaslike produkte wat boerdery negatief beïnvloed het
         • Gewone Afrikaburgers kon nie die gewone basiese goedere wat hulle nodig
            gehad wat hulle moes handhaaf (voed) bekostig nie en daarom was dit
            maklik om gewig te verloor
         • Afrikamarkte was oop gemaak wat goedkoop invoere in die land toegelaat
            het wat die plaaslike produsente geaffekteer het.
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)           (4)

3.4.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
        • Dit gee aanleiding tot verarming en uiteindelik die dood van Afrika burgers
                                                                                 (1 x 2)        (2)

3.5
3.5.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
          • UNICEF het strukturele aanpassingsprogramme as 'n mislukking beskou
          • UNICEF het daarop gewys dat die meeste van die 26 lande geen kapitale
             groei getoon het nie
          • UNICEF het daarop gewys dat die meeste van die 26 lande min belê het in
             maatskaplike besteding
          • UNICEF het daarop gewys dat die meeste van die 26 lande nie enige
             industriële groei of uitvoer groei getoon het nie
          • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2)             (4)

3.5.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
         • Dit het aanleiding gegee tot verhoogde armoede in ontwikkelende lande
         • Daar was ongelyke verdeling van inkomste tussen rykes en armes (2 x 1)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 18
                                     hlayiso.com                                   DBE/2016
                                  SSE – Memorandum

3.6      [Interpretasie, evaluering en sintese uit die relevante Bronne – V3]
         Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
         • Gedurende die 1980s en 1990s het Afrikalande aanpassing en
           hervormingsprogramme met verskeie voorwaardes aanvaar (Bron 3A)
         • Afrikalande is beveel om hul ekonomieë te herstruktureer (oopmaak van
           hul markte, verkoop van alle regeringsondernemings, herwaardering van
           hul geldeenhede) (Bron 3B)
         • Die herstrukturering maatreëls het aanleiding gegee tot ekonomiese
           swaarkry vir die armes (inkomste het gedaal, die stedelike armes het gely
           omdat ingevoerde verbruikersgoedere duur was) (Bron 3B)
         • Afrika vervaardigers kon nie byhou met goedkoop ingevoerde goedere nie
           wat aanleiding gee tot bankrotskap (Bron 3B)
         • Die onttrekking van subsidies het voedselpryse opgestoot (Dit het die
           lewensstandaard van die armes beïnvloed) (Bron 3B)
         • Die implementering van IMF en Wêreldbank beleide het verdeling tussen
           rykes en armes veroorsaak (Bron 3C)
         • Die implementering van strukturele aanpassingsprogramme het
           verminderde spandering op noodsaaklike items vir die armes beteken,
           regerings het begin om minder te spandeer op maatskaplike dienste.
           (Bron 3C)
         • Die implementering van strukturele aanpassingsprogramme het beteken
           dat arm Afrikane minder toegang tot gesondheidsdienste, voedsel
           subsidies gehad het en plaaslike boere het swaargekry as gevolg van
           goedkoop invoere (Bron 3C)
         • Strukturele aanpassingsprogramme het aanleiding gegee tot hongerte,
           hongersnood en dood (Bron 3C)
         • Meeste van die 26 Afrikastate wat die programme geïmplementeer het
           volgens UNICEF 'n agteruitgang in die opeenhoping van kapitaal gewys en
           buitelandse direkte beleggings en industriële groei (Bron 3D)
         • Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
                 • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse bv. toon geen of
                   min begrip van hoe die oorheersing van wêreldkapitalisme
                   gedurende die 1980's die lewens van gewone Afrikane
                                                                                        PUNTE
                   beïnvloed het.
      VLAK 1                                                                             0–2
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die onderwerp
                   skryf nie.
                 • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
                   met die onderwerp bv. toon begrip van hoe die oorheersing
                   van wêreldkapitalisme gedurende die 1980's die lewens                PUNTE
      VLAK 2       van gewone Afrikane beïnvloed het.                                    3–5
                 • Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
                 • Gebruik relevante bewyse bv. toon 'n deeglike begrip van
                   hoe die oorheersing van wêreldkapitalisme gedurende die
                   1980's die lewens van gewone Afrikane beïnvloed het.                 PUNTE:
      VLAK 3
                 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf          6–8
                   en toon begrip van die onderwerp.
                                                                                                 (8)
                                                                                                 [50]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 19
                                     hlayiso.com                              DBE/2016
                                 SSE – Memorandum

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                     KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet aandui of die stelling akkuraat is of nie. Hulle moet fokus op hoe PW
Botha se regering streng hervormings maatreëls ingestel het en die weerstand wat
progressiewe nie-rassistiese organisasies begin het wat aanleiding gegee het tot die
val van die apartheidsisteem.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en aandui hoe gebeure in die
   1980's ontvou het.

UITBREIDING
• Botha kondig die totale strategie en totale aanval beleid aan
• Botha se pogings om apartheid te hervorm deur die instelling van die Driekamer
   parlement in 1983
• Die stigting en reaksie van die UDF tot die Driekamerparlement stelsel
• Die eerste veldtog van die UDF was die 'Don't Vote' Veldtog (Om Kleurlinge en
   Indiërs te ontmoedig om in die verkiesings vir die Driekamerparlement te
   stem; 'Million Signature' Veldtog)
• Die versterking van die interne weerstand bv. gewelddadige protes in die Vaal
   Driehoek en elders in Suid-Afrika
• Die Vaal Civic Association het huurboikotte georganiseer (Die Vaal woonbuurte
   begin met rollende massa aksie; raadslede word vermoor; skole het met boikotte
   begin)
• PW Botha het opeenvolgende noodtoestande in 1985 en 1986 afgekondig om die
   teenkanting teen apartheid te stop maar dit was onsuksesvol.
• Die rol van vakbonde (Die stigting van COSATU was 'n keerpunt in die stryd vir
   vryheid en demokrasie; die African Food Canning Workers Union kondig die
   eerste nasionale staking aan)
• Hierdie stakings was gemik op die verbetering van werkers se
   werksomstandighede wat politieke regte ingesluit het
• Verbruikersboikotte het 'n belangrike rol gespeel in die stryd teen apartheid (Dit
   het die ekonomie affekteer; die verswakte ekonomie het 'n negatiewe uitwerking
   op blanke Suid-Afrikaners gehad)
• Die Onderwysstryd – Education Crisis Committee, COSAS en NUSAS begin die
   'Education Charter Campaign, ens.
• Die rol van die End Conscription Veldtog (Blanke Suid-Afrikaanse mans het
   konskripsie tot die weermag weerstaan; Menige blanke Suid-Afrikaanse soldate
   het gevoel dat dit verkeerd was om opstande in die woonbuurte te onderdruk)
• Die rol van Black Sash (Hulle het Apartheid teengestaan, het humanitêre bystand
   aan slagoffers van Apartheid gegee)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Geskiedenis/V2
                     Downloaded from
                                 20
                                     hlayiso.com                                 DBE/2016
                                SSE – Memorandum

•   Die rol en invloed van die Massa Demokratiese Beweging (MDB) deur weerstand
    te bied teen PW Botha se regime
•   Teen die einde van 1989 het die land onregeerbaar geword en die regering het
    begin om met die vryheidsbewegings te onderhandel
•   Enige ander relevante antwoord

Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting.
                                                                                               [50]

Indien kandidate aandui dat die stelling nie akkuraat is nie, moet hulle hul
argument ondersteun met relevante bewyse

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P2 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addendum-eng/b2bcc326-318a-41a5-b678-9d4ff222da43) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
