# History Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2017-afr/1c0540f7-f452-4501-b10f-de784ca89e06
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2017-afr/1c0540f7-f452-4501-b10f-de784ca89e06)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V2

                                         2017

                                                                      PUNTE: 150

                                                                        TYD: 3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 13 bladsy-addendum.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                                 DBE/2017
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                                    DBE/2017
                                             SSE

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE IN 1976 DIE
         INSTELLING VAN AFRIKAANS AS 'N ONDERRIGMEDIUM
         UITGEDAAG?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1      Verwys na Bron 1A.
         1.1.1        Waarom, volgens die bron, het swart studente van NUSAS
                      weggebreek?                                       (3 x 1)                  (3)
         1.1.2        Haal bewyse uit die bron aan wat toon hoe Biko wou hê dat swart
                      Suid-Afrikaanse studente sake in hul eie hande moes neem. (1 x 1)          (1)
         1.1.3        Wat verstaan jy onder Steve Biko se definisie van 'swart'?   (1 x 2)       (2)
         1.1.4        Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir
                      'n historikus wat die Swartbewussynsfilosofie bestudeer.    (2 x 2)        (4)
1.2      Lees Bron 1B.
         1.2.1        Watter rol, volgens Mkhabela,          het   die   Suid-Afrikaanse
                      Studentebeweging (SASM) gespeel?                             (1 x 2)       (2)
         1.2.2        Volgens die bewyse in die bron, ongeveer hoeveel leerders het op
                      13 Junie 1976 die vergadering in Orlando bygewoon?       (1 x 1)           (1)
         1.2.3        Waarom, volgens die inligting in die bron, was Mashinini gewild by
                      die vergadering wat in Orlando gehou is?                   (1 x 1)         (1)
         1.2.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die protesaksie van 16 Junie 1976 as suksesvol beskou is.
                                                                                 (2 x 2)         (4)
1.3      Bestudeer Bron 1C.
         1.3.1        Waarom, volgens die bron, het onderwysers beswaar gemaak teen
                      die implementering van Afrikaans as onderrigmedium by skole
                      in Soweto?                                             (1 x 2)             (2)
         1.3.2        Noem TWEE maniere waarop die SASM studente-organisasies in
                      Soweto beïnvloed het.                              (2 x 1)                 (2)
         1.3.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die protesaksie gewelddadig geraak het.             (2 x 2)         (4)
         1.3.4        Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die bewering:
                      'geslaag waar hulle ouers gefaal het' in die konteks van die
                      Soweto-opstand van Junie 1976.                        (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 4                                     DBE/2017
                                              SSE

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Gebruik die inligting in die bron en verduidelik hoe die leerders van
                      Soweto op die verpligte instelling van Afrikaans as onderrigmedium
                      gereageer het.                                                 (2 x 2)       (4)

         1.4.2        Verduidelik waarom jy dink hierdie foto in die media gepubliseer
                      moes wees in die lig van wat in Junie 1976 in Soweto plaasgevind
                      het.                                                      (2 x 2)            (4)

1.5      Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
         in Bron 1D ondersteun ten opsigte van hoe die gebeure op 16 Junie 1976 in
         Soweto ontvou het.                                                    (2 x 2)             (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Swartbewussynsfilosofie die instelling van Afrikaans as
         onderrigmedium in 1976 uitgedaag het.                                                     (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                5                                    DBE/2017
                                             SSE

VRAAG 2: WATTER ROL HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
         (WVK) IN DIE VERSOENING VAN SUID-AFRIKANERS MET HULLE
         VERDEELDE VERLEDE GESPEEL?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Gee DRIE redes in die bron vir die instelling van die WVK.   (3 x 1)       (3)

         2.1.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op hoe die Menseregteskendingskomitee hulle werk
                      verrig het.                                           (1 x 2)              (2)

         2.1.3        Verduidelik die konsep herstellende geregtigheid in die konteks
                      van die WVK.                                             (1 x 2)           (2)

         2.1.4        Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die WVK gestig
                      is om in alle Suid-Afrikaners se behoeftes te voorsien.  (1 x 2)           (2)

         2.1.5        Lewer kommentaar op waarom jy dink dit vir vrouens nodig was
                      om voor die WVK te getuig.                            (2 x 2)              (4)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2)          (2)

         2.2.2        Verduidelik waarom Tutu beweer het dat 'die groot visse
                      weggekom het' in die konteks van die WVK-verhore. (1 x 2)                  (2)

         2.2.3        Noem DRIE bewyse waarna Tutu verwys ten opsigte van mense
                      se kennis oor die gruweldade wat na 1960 gepleeg is. (3 x 1)               (3)

2.3       Lees Bron 2C.

          2.3.1       Volgens die inligting in die bron, watter persentasie swart
                      Suid-Afrikaners het die WVK ondersteun in:

                      (a)   1996                                                   (1 x 1)       (1)

                      (b)   1998                                                   (1 x 1)       (1)

          2.3.2       Verduidelik in jou eie woorde waarom daar in 1998 'n afname was
                      in swart Suid-Afrikaners se ondersteuning van die WVK.    (2 x 2)          (4)

          2.3.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink meer swart Suid-Afrikaners
                      as wit Suid-Afrikaners in 1998 die ondersoekvraag oor die WVK
                      ondersteun het.                                          (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                                   DBE/2017
                                            SSE

2.4       Bestudeer Bron 2D.

          2.4.1       Verduidelik die boodskappe oor die amnestieproses wat deur die
                      spotprent oorgedra word.                               (2 x 2)           (4)

          2.4.2       Lewer kommentaar op waarom 'n historikus die inligting in hierdie
                      bron bruikbaar sou vind wanneer navorsing oor die
                      amnestieproses van die WVK gedoen word.                   (2 x 2)        (4)

2.5      Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in beide bronne
         mekaar ten opsigte van die werk van die WVK ondersteun.         (2 x 2)               (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol
         verduidelik wat die WVK in die versoening van Suid-Afrikaners met hulle
         verdeelde verlede gespeel het.                                                        (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  7                                     DBE/2017
                                               SSE

VRAAG 3:         HET SUID-AFRIKA BY SY LIDMAATSKAP VAN BRICS BAAT GEVIND?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Volgens die bron, maak 'n lys van VIER lande wat van BRICS lid
                      was.                                                   (4 x 1)                (4)

         3.1.2        Noem die leier wat seker gemaak het dat Suid-Afrika 'n lid van
                      BRICS word.                                             (1 x 1)               (1)

         3.1.3        Verduidelik waarom Suid-Afrika se insluiting by BRICS deur
                      vooraanstaande politici en ekonome met 'verbasing' en 'ongeloof'
                      begroet is.                                              (2 x 2)              (4)

         3.1.4        Identifiseer EEN bewys in die            bron   waarom     Suid-Afrika
                      lidmaatskap van BRICS gekry het.                               (1 x 1)        (1)

         3.1.5        Definieer die term ontwikkelde nasies in jou eie woorde.        (1 x 2)       (2)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Verduidelik die boodskappe wat deur hierdie foto van die vyfde
                      BRICS-beraad oorgedra word.                             (2 x 2)               (4)

         3.2.2        Noem die land wat in 2013 die gasheer van die vyfde BRICS-
                      beraad was.                                          (1 x 1)                  (1)

3.3      Raadpleeg Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die
         bewyse in Bron 3B ondersteun ten opsigte van Suid-Afrika se lidmaatskap
         van BRICS.                                                       (2 x 2)                   (4)

3.4      Gebruik Bron 3C.

         3.4.1        Volgens die inligting in die bron, noem die produkte wat die
                      volgende lande beplan het om aan Suid-Afrika te lewer:

                      (a)     Rusland                                                 (1 x 1)       (1)

                      (b)      China                                                  (1 x 1)       (1)

         3.4.2        Verduidelik hoe Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met die BRICS-
                      lande tussen 1995 en 2011 verbeter het.                    (2 x 2)            (4)

         3.4.3        Gebruik die inligting in die bron en identifiseer die land wat Indië as
                      Suid-Afrika se vernaamste handelsvennoot vervang het.           (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  8                                     DBE/2017
                                               SSE

3.5      Raadpleeg Bron 3D.

         3.5.1        Verduidelik die verskillende standpunte oor Suid-Afrika se insluiting
                      as 'n lid van BRICS.                                         (2 x 2)          (4)

         3.5.2        Lewer kommentaar op waarom Suid-Afrika se lidmaatskap van
                      BRICS as gevaarlik vir binnelandse markte beskou is. (2 x 2)                  (4)

         3.5.3        Wat, volgens Gumede, sal die gevolge wees indien Suid-Afrika se
                      geldeenheid met die Chinese geldeenheid vervang sou word?
                                                                              (2 x 1)               (2)

         3.5.4        Verduidelik tot watter mate jy die inligting in hierdie bron bruikbaar
                      sou vind ten opsigte van die uitdagings wat Suid-Afrika as lid van
                      BRICS in die gesig kan staar.                                   (2 x 2)       (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik of Suid-Afrika by sy lidmaatskap van BRICS baat gevind het.                   (8)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                                   DBE/2017
                                          SSE

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                     KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Verskeie interne weerstandsbewegings in Suid-Afrika was in die 1980's suksesvol met
die uitdaging van PW Botha se apartheidsregime.

Stem jy saam met die bewering? Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse.                                                                                   [50]

VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die politieke geweld waarmee Suid-Afrika in die vroeë 1990's geteister is, was daarop
gemik om die onderhandelingsprosesse tussen verskeie politieke partye te ontspoor.

Verduidelik tot watter mate jy met hierdie bewering saamstem. Gebruik relevante
historiese bewyse om jou argument te ondersteun.                                          [50]

VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                   EN   'N   NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik hoe die val van die Sowjetunie in 1989 bygedra het tot die politieke
veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het.

Motiveer jou argument deur relevante historiese bewyse te gebruik.                        [50]

                                                                           TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P1 May June 2017 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-addendum-afr/df51a47c-26d5-42fd-8593-592de0e87a21) — History · Addendum · 2017 · Afr
- [History P1 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2017-memo-eng/662ba1e6-fb78-4312-a0cd-1e0d4024f033) — History · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
