# History Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2018-afr/205685af-ed6e-4b5c-9d31-b145b7d906a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2018-afr/205685af-ed6e-4b5c-9d31-b145b7d906a7)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               GESKIEDENIS V2

                                       2018

                                                                       PUNTE: 150

                                                                         TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                                 DBE/2018
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 3                                  DBE/2018
                                              SSE

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:             WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE (SB)
                     IN DIE 1970's OP SUID-AFRIKANERS GEHAD?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Verduidelik die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.    (1 x 2)       (2)

         1.1.2        Waarom is Bantu Stephen Biko as 'n 'hoogs gerespekteerde
                      intellektueel' beskou? Gee TWEE redes uit die bron. (2 x 1)               (2)

         1.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom dit vir Biko belangrik was om die 'trots' en 'kultuur' van
                      swart Suid-Afrikaners te herstel.                          (2 x 2)        (4)

         1.1.4        Lewer kommentaar op waarom jy dink NUSAS krities oor die
                      apartheidsregering se optrede was.                (2 x 2)                 (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Identifiseer TWEE vorme van verset wat die studente gedurende
                      die 1970's by die Turfloop Universiteit onderneem het. (2 x 1)            (2)

         1.2.2        Hoe, volgens die bron, het die volgende mense op Tiro se skorsing
                      gereageer:

                      (a)   Swart akademici                                       (1 x 2)       (2)

                      (b)   Studente by die Turfloop Universiteit                 (1 x 2)       (2)

         1.2.3        Verduidelik die impak wat die studente-opstand by die Turfloop
                      Universiteit op SASO gehad het.                        (2 x 2)            (4)

         1.2.4        Lewer kommentaar op waarom jy dink dat hierdie bron bruikbaar
                      sou wees vir 'n historikus wat die rol van SASO navors. (2 x 2)           (4)

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Hoe, volgens die foto, het studente teen Bantoe-onderwys betoog?
                                                                                (1 x 2)         (2)

         1.3.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op die woorde op die plakkaat: 'ONS BAKLEI NIE
                      MET JULLE NIE, LAAT NET ONS MEDESTUDENTE VRY' in die
                      konteks van studentebetogings.                        (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                                   DBE/2018
                                             SSE

1.4      Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
         in Bron 1C ondersteun ten opsigte van die impak van SASO.             (2 x 2)          (4)

1.5      Gebruik Bron 1D.

         1.5.1        Waarom, volgens die bron, was die Swartbewussynsfilosofie
                      suksesvol?                                       (1 x 2)                  (2)

         1.5.2        Lewer kommentaar op waarom jy dink baie swart Suid-Afrikaners
                      besluit het om teen die apartheidsregering op te staan. (1 x 2)           (2)

         1.5.3        Watter TWEE metodes, volgens die bron, het die
                      apartheidsregering gebruik om studenteverset te onderdruk?
                                                                                 (2 x 1)        (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin die
         impak wat die Swartbewussynsfilosofie in die 1970's op Suid-Afrikaners
         gehad het, verduidelik word.                                                           (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                                    DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 2:             HOE HET DIE AMNESTIEKOMITEE VAN DIE WAARHEIDS-EN-
                     VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE DOOD VAN BANTU
                     STEPHEN BIKO HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Haal TWEE redes uit die bron aan vir die stigting van die WVK in
                      1995.                                                     (2 x 1)           (2)

         2.1.2        Definieer die konsep versoening in die konteks van die WVK-
                      verhore.                                              (1 x 2)               (2)

         2.1.3        Lewer kommentaar op Herwitz se bewering dat die samestelling
                      van die WVK 'kwalik gebalanseerd' was.              (2 x 2)                 (4)

         2.1.4        Verduidelik waarom jy dink die WVK-verhore 'n belangrike
                      'simboliese funksie' in Suid-Afrika gedien het.  (2 x 2)                    (4)

         2.1.5        Waarom, volgens die inligting in die bron, het meer as eenduisend
                      oortreders amnestie ontvang?                               (1 x 2)          (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Wat het daartoe aanleiding gegee dat die veiligheidspolisiemanne
                      van Port Elizabeth om amnestie aansoek gedoen het?         (1 x 2)          (2)

         2.2.2        Noem enige VIER van die veiligheidspolisiemanne in die bron wat
                      voor die Amnestiekomitee van die WVK vir die moord op Bantu
                      Stephen Biko verskyn het.                                (4 x 1)            (4)

         2.2.3        Verduidelik waarom jy dink George Bizos besluit het om die
                      amnestieaansoek van die veiligheidspolisiemanne teë te staan.
                                                                                 (2 x 2)          (4)

2.3       Lees Bron 2C.

          2.3.1       Waarom, volgens die inligting in die bron, is amnestie vir die moord
                      op Biko aan die vier veiligheidspolisiemanne geweier?         (1 x 2)       (2)

          2.3.2       Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in die bron as
                      bruikbaar sou beskou vir navorsing van die amnestieverhore van
                      die WVK.                                                (2 x 2)             (4)

2.4      Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
         bewyse ten opsigte van die amnestieverhore van die veiligheidspolisiemanne
         in Bron 2C ondersteun.                                               (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                                    DBE/2018
                                             SSE

2.5       Bestudeer Bron 2D.

          2.5.1       Verduidelik die boodskappe wat die spotprent oordra. Gebruik die
                      visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2)        (4)

          2.5.2       Lewer kommentaar op waarom jy dink die titel van die spotprent
                      'DIE BIKO-ONDERSOEK – 20 JAAR LATER' is.               (2 x 2)             (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die Amnestiekomitee van die WVK die dood van Bantu Stephen Biko
         hanteer het.                                                                            (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                                    DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 3:         HOE IS SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF DEUR
                 GLOBALISERING GERAAK?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Noem enige TWEE faktore in die bron wat die Suid-Afrikaanse
                      klere- en tekstielbedryf voor 1994 in staat gestel het om in werking
                      te wees.                                                      (2 x 1)       (2)

         3.1.2        Wat was die uitkomste van die globale handelsamesprekings
                      waaraan Suid-Afrika in 1993 deelgeneem het?        (2 x 1)                  (2)

         3.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die vakbonde en Nelson Mandela die plaaslike klere- en
                      tekstielbedryf in 1993 wou beskerm.                        (2 x 2)          (4)

         3.1.4        Lewer kommentaar op die impak wat die oopmaak van Suid-Afrika
                      se markte in die 1990's op die klere- en tekstielbedryf gehad het.
                                                                                    (2 x 2)       (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Noem TWEE maniere in die bron wat aandui hoe Suid-Afrika se
                      klere- en tekstielbedryf beïnvloed is.              (2 x 1)                 (2)

         3.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf as 'uniek' beskou is.
                                                                                    (2 x 2)       (4)

         3.2.3        Wat, volgens Vlok, was die grootste uitdaging waarvoor Suid-Afrika
                      se klere- en tekstielbedryf te staan gekom het?            (1 x 2)          (2)

3.3      Vergelyk Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A en Bron 3B
         eenders is ten opsigte van die impak wat globalisering op Suid-Afrika se
         klere- en tekstielbedryf gehad het.                                  (2 x 2)             (4)

3.4      Gebruik Bron 3C.

         3.4.1        Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem is.            (2 x 2)       (4)

         3.4.2        Lewer kommentaar op wat deur die opskrif: ' 'N NUWE
                      GROEIKOERS/-PAD VIR BEHOORLIKE WERK IN DIE KLERE-,
                      TEKSTIEL-, SKOEN- EN LEERBEDRYF' op die banier geïmpliseer
                      word.                                              (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 8                                     DBE/2018
                                              SSE

3.5      Raadpleeg Bron 3D.

         3.5.1        Verduidelik die term globalisering in jou eie woorde.          (1 x 2)       (2)

         3.5.2        Haal enige TWEE redes uit die bron aan wat tot die agteruitgang
                      van Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf bygedra het. (2 x 1)             (2)

         3.5.3        Kies TWEE bewyse uit die bron wat te kenne gee dat die
                      implementering van die CTCP 'n sukses was.      (2 x 1)                      (2)

         3.5.4        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
                      bron vir 'n historikus wat die impak bestudeer wat die
                      Suid-Afrikaanse regering op die klere- en tekstielbedryf gehad het.
                                                                                   (2 x 2)         (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te
          verduidelik hoe Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf deur globalisering
          geraak is.                                                                               (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                           9                                       DBE/2018
                                        SSE

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
         KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Die internasionale anti-apartheidsbeweging het 'n belangrike rol gespeel om die
ondergang van die apartheidsregime in die 1980's te verseker.

Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                                 [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                     NA    SUID-AFRIKA      EN     DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die geweld wat gedurende die 1990's in verskeie dele van Suid-Afrika uitgebreek het,
het amper die geboorte van 'n demokratiese bedeling in 1994 ontspoor.

Bespreek die stelling krities in die konteks van die onderhandelingsproses tussen 1990
en 1994 tussen verskillende politieke organisasies.                                         [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate Gorbachev se hervormings gedurende die 1980's in die
Sowjetunie bygedra het tot politieke veranderings wat na 1989 in Suid-Afrika
plaasgevind het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                               [50]

                                                                            TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2018-memo-afr/5f49a842-d534-4c6d-909b-8e741a958622) — History · Memo · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-english/4bdc06e1-2d0c-4870-ae86-fda2090131f4) — History · Addendum · 2018 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 Addendum Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-addendum-preparatory-2018-question-paper/7d3ebf3d-fe24-4127-a6be-851505c1e893) — History · Addendum · 2018

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
