# History Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-afr/91a479df-570e-47c2-9049-f6f1699cc384
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-afr/91a479df-570e-47c2-9049-f6f1699cc384)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              GESKIEDENIS V2

                                      2021

                                                                    PUNTE: 150

                                                                      TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:         WAT WAS DIE REAKSIES OP DIE INSTELLING VAN AFRIKAANS
                 AS 'N VERPLIGTE ONDERRIGTAAL IN SWART SUID-AFRIKAANSE
                 SKOLE IN 1976?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Wat, volgens die bron, was die oorsaak van die 1976-Soweto-
                      opstande?                                            (1 x 1)             (1)

         1.1.2        Haal enige TWEE skoolrade uit die bron aan waaruit die Tswana
                      Skoolraad bestaan het.                                  (2 x 1)          (2)

         1.1.3        Verduidelik tot watter mate jy met die kringinspekteur se
                      regverdiging saamstem dat alle skoolvakke in swart Suid-
                      Afrikaanse skole op 'n '50-50-basis' onderrig moes word. (2 x 2)         (4)

         1.1.4        Lewer kommentaar op die Skoolraad se reaksie op die instelling
                      van Afrikaans as 'n onderrigtaal.                      (2 x 2)           (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Noem TWEE organisasies in die bron wat die Soweto-opstande
                      beïnvloed het.                                      (2 x 1)              (2)

         1.2.2        Verduidelik waarom die SASM die gebruik van Afrikaans as
                      onderrigtaal in swart Suid-Afrikaanse skole afgekeur het. (2 x 2)        (4)

         1.2.3        Definieer die konsep boikot in die konteks van die Soweto-
                      opstande.                                           (1 x 2)              (2)

         1.2.4        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                      geskiedkundige wat die oorsake van die 1976-Soweto-opstande
                      bestudeer.                                            (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 4                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Noem TWEE skole in die bron waar 'n groot skare bymekaar
                      gekom het.                                         (2 x 1)                  (2)

         1.3.2        Skryf enige TWEE slagspreuke uit die bron neer wat die studente
                      wat in Vilikazi Street bymekaar gekom het, gedreunsing het. (2 x 1)         (2)

         1.3.3        Verduidelik hoe die stelling wat die swart polisiebeampte gemaak
                      het die optrede van die wit polisiebeampte weerspreek (betwis) in
                      die konteks van die gebeure wat op 16 Junie 1976 in Soweto
                      ontvou het.                                                (2 x 2)          (4)

         1.3.4        Identifiseer enige DRIE plekke genoem in die bron waar studente
                      gaan skuiling soek het nadat die polisie begin skiet het. (3 x 1)           (3)

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik waarom jy dink die redakteur van The World-koerant
                      besluit het om hierdie artikel op die voorblad te publiseer. (1 x 2)        (2)

         1.4.2        Watter boodskap dra die woorde, 'POLISIE SKIET ONS KINDERS
                      PLAT', met verwysing na die Soweto-opstande, oor?     (1 x 2)               (2)

1.5      Bestudeer Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
         in Bron 1D ondersteun met betrekking tot hoe die apartheidspolisie op
         16 Junie 1976 op studente in Soweto gereageer het.                     (2 x 2)           (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         reaksies op die instelling van Afrikaans as 'n verpligte onderrigtaal in swart
         Suid-Afrikaanse skole in 1976 verduidelik.                                               (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                                     DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         DIE MOORD VAN POLITIEKE AKTIVISTE, SOOS LENNY NAIDU,
         HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Waarom, volgens Nelson Mandela, was daar 'n behoefte om die
                      WVK te stig?                                         (2 x 1)                 (2)

         2.1.2        Definieer die konsep versoening in die konteks van die WVK.
                                                                                 (1 x 2)           (2)

         2.1.3        Verduidelik waarom jy dink De Klerk aangevoer het dat die WVK
                      tot 'n 'heksejag' kon lei.                               (1 x 2)             (2)

         2.1.4        Maak 'n lys van DRIE menseregteskendings in die bron wat die
                      WVK moes ondersoek.                                   (3 x 1)                (3)

         2.1.5        Verduidelik tot watter mate jy saamstem met die WVK se besluit
                      om menseregteskendings te ondersoek wat deur beide die
                      bevrydingsorganisasie en die apartheidsregime gepleeg is. (2 x 2)            (4)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Haal bewyse uit die bron aan wat aandui wanneer en waar
                      Lenny Naidu vermoor is.                           (2 x 1)                    (2)

         2.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom Leslie Naidu die woorde 'waarheid' en
                      'geregtigheid' verskeie kere tydens sy getuienis gebruik het. (2 x 2)        (4)

         2.2.3        Verduidelik waarom jy hierdie bron as bruikbaar sou beskou
                      wanneer navorsing gedoen word oor hoe die WVK die proses van
                      die aanhoor van slagoffergetuienis onderneem het.     (2 x 2)                (4)

2.3      Gebruik Bron 2C.

         2.3.1        Noem enige DRIE MK-agente in die bron wat op 8 Junie 1988 deur
                      die veiligheidstakpolisiemanne in Mpumalanga in 'n lokval gelei is.
                                                                                  (3 x 1)          (3)

         2.3.2        Waarom, volgens die bron, het De Kock besluit om die MK-agente
                      in 'n lokval te lei?                                    (1 x 2)              (2)

         2.3.3        Lewer kommentaar op waarom jy dink De Kock 'n 'Makarov-pistool
                      op die liggaam van Lenny Naidu en 'n handgranaat in een van die
                      vroue se sakke geplant het'.                             (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                                  DBE/2021
                                          SS/NSS

2.4      Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting
         rakende die moord van Lenny Naidu in Bron 2C ondersteun.             (2 x 2)         (4)

2.5      Bestudeer Bron 2D.

         2.5.1        Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word.
                      Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
                      ondersteun.                                             (2 x 2)         (4)

         2.5.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom Tutu vir De Kock vra: 'HET JY DIE
                      MISDADE GENOEM WAARVOOR JY OM AMNESTIE AANSOEK
                      DOEN?'                                                (1 x 2)           (2)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie die moord van
         politieke aktiviste, soos Lenny Naidu, hanteer het.                                    (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  7                                    DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 3: WAT IS DIE VERSKILLENDE MENINGS RAKENDE DIE IMPAK VAN
         GLOBALISERING OP ONTWIKKELENDE LANDE?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat globalisering
                      ontwikkelende lande gehelp het.                         (2 x 1)              (2)

         3.1.2        Watter TWEE instellings, volgens die bron, het ontwikkelende
                      lande aangemoedig om radikale veranderinge te maak?   (2 x 1)                (2)

         3.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe Indië en China daarin geslaag het om armoedevlakke in hulle
                      onderskeie lande te laat afneem.                           (2 x 2)           (4)

         3.1.4        Definieer die konsep globalisasie in jou eie woorde.           (1 x 2)       (2)

3.2      Gebruik Bron 3B.

         3.2.1        Noem TWEE gevolge wat handelsbeskerming op ontwikkelende
                      lande gehad het, soos in die bron genoem.         (2 x 1)                    (2)

         3.2.2        Verduidelik die impak wat handelshervormings op die ekonomieë
                      van Indië en Colombië gehad het.                        (2 x 2)              (4)

         3.2.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom armer lande nie teen globalisering gekant was nie. (2 x 2)            (4)

3.3      Bestudeer Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
         in Bron 3B ondersteun rakende die invloed wat globalisering op
         ontwikkelende lande gehad het.                                         (2 x 2)            (4)

3.4      Raadpleeg Bron 3C.

         3.4.1        Wat, volgens Pravin Gordhan, was een van die belangrikste
                      dryfkragte van ongelykheid in Suid-Afrika?        (1 x 1)                    (1)

         3.4.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy hierdie bron as bruikbaar sou beskou wanneer die
                      invloed wat globalisering op ontwikkelende lande gehad het,
                      nagevors word.                                             (2 x 2)           (4)

         3.4.3        Verduidelik wat jy dink Gordhan bedoel het met die stelling,
                      'globalisering (het) eintlik tot wenners en verloorders gelei', in die
                      Suid-Afrikaanse konteks.                                       (2 x 2)       (4)

         3.4.4        Waarom, volgens Gordhan, is die term 'radikale ekonomiese
                      transformasie' dikwels skeef voorgestel?            (1 x 2)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  8                                     DBE/2021
                                             SS/NSS

3.5      Bestudeer 3D.

         3.5.1        Identifiseer die land op die grafiek wat die volgende aandui:

                     (a) Die grootste ongelykheidsgaping                              (1 x 1)      (1)

                     (b) Die kleinste ongelykheidsgaping                              (1 x 1)      (1)

         3.5.2        Volgens die bron, wat is Suid-Afrika se telling (%) op die
                      Gini-indeks?                                         (1 x 1)                 (1)

         3.5.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      verskillende faktore wat tot die ekonomiese gaping in
                      ontwikkelende lande bygedra het.                               (2 x 2)       (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die impak te
         verduidelik wat globalisering op ontwikkelende lande gehad het.                           (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               9                                     DBE/2021
                                          SS/NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
         KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Die oproep tot sanksies deur die anti-apartheidsbewegings in die 1980's was die
enigste vorm van internasionale protes wat betekenisvol tot die uiteindelike val van die
apartheidsregime bygedra het.

Stem jy met die stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                  [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                      NA    SUID-AFRIKA       EN     DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die 30ste herdenking van die onvoorwaardelike vrylating van Nelson Mandela uit die
Victor Verster-gevangenis is in 2020 gevier. Hy het geglo dat 'onderhandelinge en nie
oorlog nie, die hoofbestanddele' vir die stigting van 'n demokratiese Suid-Afrika was.

Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse vanaf 1990 tot 1994 om jou
argument te ondersteun.                                                                       [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die ineenstorting (val) van kommunisme in die Sowjetunie
grootliks verantwoordelik was vir politieke veranderinge wat na 1989 in Suid-Afrika
plaasgevind het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                                 [50]

                                                                             TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 May June 2021 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-addendum-afr/cde0c40d-d0cb-41ca-8f8c-286dbd12cd25) — History · Addendum · 2021 · Afr
- [History P2 Add June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-june-2021-english/4b70309f-2760-4254-8778-f8fe061ab26d) — History · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
