# History Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2022-addendum-afr/8f9194bc-b165-44d0-a587-e34710bb65fb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2022-addendum-afr/8f9194bc-b165-44d0-a587-e34710bb65fb)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   GESKIEDENIS V2

                                          2022

                                      ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                                       DBE/2022
                                    SS/NSS  Addendum

VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) OP PW BOTHA
         SE HERVORMINGS IN DIE 1980's GEREAGEER?

BRON 1A

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek deur S Dubow, 'n historikus en
akademikus, wat fokus op PW Botha se hervormings soos deur die nuwe grondwet vir
die Republiek van Suid-Afrika (Wet 110 van 1983) voorgestel. Dit verduidelik hoe die
driekamerstelsel ingestel sou word.

PW Botha se langverwagte grondwetlike voorstelle het bestaan uit die vervanging van
die Westminster-stelsel van regering met die 'driekamer'-parlement bestaande uit
afsonderlike kamers vir wittes, Kleurlinge en Indiërs. 'n Presidentsraad, saamgestel uit
die drie kamers, sou die uitvoerende Staatspresident raad gee. Die grondwetlike
voorstelle is uiteindelik in 1983 deur 'n groot meerderheid in 'n referendum vir slegs
wittes aanvaar. Dit het 'n persoonlike korttermyn-oorwinning vir Botha beteken, maar
die koste was dat opposisie aan beide kante van die politieke spektrum gemobiliseer
is.

Dit was die netelige kwessie van 'magsdeling' wat uiteindelik tot Treurnicht se
langverwagte regse wegbreek van die Nasionale Party aanleiding gegee het. Van nog
groter belang was die impak van die nuwe grondwet op die oorgrote meerderheid van
die bevolking. In 'n poging om Kleurlinge en Indiërs na die politieke proses te lok (met
baie beperkte sukses), het die bedrieglike grondwetlike reëlings die uitsluiting van
swartes van Suid-Afrikaanse burgerskap beklemtoon. Beperkte politieke insluiting van
sommiges was geen plaasvervanger vir die verlies van volle politieke regte vir die
meerderheid in Suid-Afrika nie.

Dit was in 1983 onmoontlik om te raai dat die stigting van die United Democratic Front
(UDF) die Suid-Afrikaanse politiek sou verander; tog was dit onmiddellik duidelik dat
die stigting daarvan 'n uiters belangrike politieke ontwikkeling was.
                                                    [Uit Apartheid, 1948–1994 deur S Dubow]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  3                                            DBE/2022
                                        SS/NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 20 Augustus 1983 deur
eerw. Frank Chikane by die bekendstelling van die United Democratic Front (UDF) in
Rocklands, Mitchells Plein, Kaapstad gelewer is. Dit verduidelik die belangrikheid van
die vorming van 'n verenigde front teen die 1983-apartheidshervormings.

Comrades, vriende, hierdie dag, vandag, is die hoogtepunt van sewe maande se werk
om die bekendstelling van die United Democratic Front te aanskou. Ons gaan verseker
as 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis aangeteken word, wat die gety van die
stryd ('struggle') versterk, om daardie dag op te staan wanneer die mense sal sê, ons
is vry en geregtigheid is hier, wanneer die mense as broers en susters sal saamleef
sonder uitbuiting en onderdrukking deur die ander. Alhoewel dit 'n unieke dag is, val dit
binne die spektrum van die geskiedenis van die stryd in Suid-Afrika.

... Die idee van 'n front is vir ongeveer die afgelope twintig jaar 'n nuwe konsep in die
stryd van die mense, en daar is aangeneem dat dit vir eenheid-in-aksie staan deur die
aanvaarding van die feit dat al die organisasies wat saamkom, verskille het. Daar is
ook klasverskille, verskille in ideologie, verskillende oogmerke, maar almal stem saam
dat hulle die hervormingsvoorstelle van die Botha-regime verwerp, en gevolglik het
hulle 'n breë front nodig om dit te doen.

Dit noodsaak dus die stigting van hierdie groep, nie noodwendig as 'n nasionale
politieke organisasie nie, maar as 'n verenigde front met die enigste doel om die
Koornhof-wetsontwerpe* teen te staan ...

... En ek wil 'n beroep op julle doen, al die vredeliewende mense van Suid-Afrika, om
hande te vat, om sy aan sy te loop om teen die instelling van hierdie
hervormingsvoorstelle te veg sodat ons dan die stelsel kan vernietig, sodat ons 'n
regering deur die mense kan saamstel waar die mense volgens die wil van die mense
sal regeer.

             [Uit A History of the United Democratic Front in South Africa 19831991 deur J Seekings]

*Koornhof-wetsontwerpe: Verwys na 'n gedeelte van die wetgewing wat vernoem is
                        na Piet Koornhof, die Nasionale Party se Minister van
                        Samewerking en Ontwikkeling in die vroeë 1980's. Dit het
                        gehoop om 'n swart plaaslike regering daar te stel,
                        instromingsbeheer te verskerp en swartes in landelike en
                        stedelike inwoners (ook vir beheerdoeleindes) te verdeel.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   4                                          DBE/2022
                                         SS/NSS – Addendum

BRON 1C

Die bron hieronder verduidelik verskillende vorme van weerstand wat deur die United
Democratic Front (UDF) teen apartheidshervormings aan die gang gesit is en die
daaropvolgende reaksie deur die staat.

Die UDF se opposisie teen apartheid het deur middel van 'n aantal aksies sigbaar
geword. Kort na die stigting daarvan het dit 'n suksesvolle boikot-aksie teen die
verkiesing van die (Kleurling) Huis van Verteenwoordigers en (Indiër) Huis van
Afgevaardigdes onderneem. Die UDF was betrokke by die organisering van 'n aantal
verbruikersboikotte en wegbly-aksies. Dit het in 1983 en 1984 die 'een miljoen
handtekeninge'-veldtog georganiseer, waar ondertekenaars gevra is om hul teenstand
teen die sogenaamde Koornhof-wetgewing op swart plaaslike regering sowel as die
nuwe grondwet te opper.

Die UDF se grootste impak was egter op voetsoolvlak waar dit plaaslike strukture
geskep het wat 'n belangrike rol in die politieke opvoeding en mobilisering van die
massas gespeel het. By hulle tweede nasionale kongres wat in April 1985 gehou is, is
daar besluit om massaondersteuning na aktiewe deelname te verander met die tema
'Van Protes na Uitdaging: Van Mobilisasie tot Organisasie'. Vier maande later is hierdie
tema uitgebrei om 'n nuwe slagspreuk, 'Voorwaarts na Mensemag', in te sluit. Die UDF
se strategie was om die besluitnemingstrukture wat deur die regering geskep is, met 'n
stelsel van 'mensemag' te vervang. Dit was gelykstaande aan die stigting van 'bevryde
areas' in Suid-Afrika.

Die staat het hierdie bedreiging hanteer en die algemene onluste in die land, wat in
1985 sy hoogtepunt bereik het, onderdruk deur 'n reeks noodtoestande in te stel.
'n Groot aantal mense is volgens veiligheidswetgewing in hegtenis geneem. Die UDF
is besonder swaar getref. Etlike sleutellede van die organisasie is vermoor, onder
andere Matthew Goniwe (UDF-organiseerder in die Oos-Kaap) en Victoria Mxenge
(UDF-tesourier in Natal). Bykans die hele leierskorps van die UDF is in die tydperk
1985 tot 1987 ingeperk.
      [Uit https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv03188/
                                               06lv03222.htm. Toegang op 4 September 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              5                                            DBE/2022
                                    SS/NSS – Addendum

BRON 1D

Die plakkaat hieronder is in die 1980's deur die United Democratic Front (UDF)
gepubliseer. Dit toon sy verbintenis tot verset teen die onderdrukkende maatreëls van
die staat.

     AANHOUDINGS !!!
                       UDF-LEIERS AANGEHOU

     VERBANNINGS!!!
            VERGADERINGS IN 22 GEBIEDE VERBIED
            VVVERBAN

       ONDERDRUKKING!!!
                     MENSE IN TOWNSHIPS DOODGESKIET

                                  ONS SAL NIE
                             STILGEMAAK WORD NIE

                           [Uit Images of Defiance: South African Resistance Posters of the 1980s]

                                                                           HERVORMINGS
    BOTHA SE
                                  TEISTERING!!!

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  6                                         DBE/2022
                                        SS/NSS – Addendum

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         DIE MOORD OP DIE PEBCO-DRIE HANTEER?

BRON 2A

Die bron hieronder beklemtoon die stigting en oogmerke van die Port Elizabeth Black
Civic Organisation (PEBCO) in Oktober 1979 en verduidelik hoe die organisasie se
leierskap in 1985 deur die veiligheidspolisie ontvoer is.

Die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO) is in Oktober 1979 in Port
Elizabeth gestig. Die groep se hoofdoelwitte was om deur middel van
massaprotesoptogte en -deelname vir die regte van mense te veg ... en daarop
gefokus het om te probeer om die lewensomstandighede van die massas te verbeter
en ook om diskriminerende wetgewing in die Oos-Kaap te beëindig. PEBCO was 'n
geaffilieerde van die United Democratic Front (UDF) wat daartoe gelei het dat
duisende mense bymekaar gekom en sekere produkte geboikot het.

PEBCO het ook die Vryheidsmanifes met die goedkeuring daarvan deur die UDF
aangeneem. Die Vryheidsmanifes, wat in die 1950's geskep is, was die sentrale
politieke leerstelling van die ANC wat 'n beroep gedoen het vir gelyke regte,
menseregte en regering deur die mense vir die mense. Die PEBCO-drie,
Champion Galela, Sipho Hashe en Qaqawuli Godolozi, was aktiviste in die stryd teen
apartheid.

Hashe, Godolozi en Galela was in 1985 die teikens van 'n sluipmoordkomplot deur die
veiligheidspolisie. Hulle prominente rolle in PEBCO en affiliasie met die UDF het
veroorsaak dat hulle as 'n bedreiging vir die regering beskou is. Sipho Hashe,
Qaqawuli Godolozi en Champion Galela was op 8 Mei 1985 onderweg na die lughawe
om 'n persoon te ontmoet, wat hulle geglo het deel van die Britse Konsulaat was en
simpatiek teenoor hulle stryd was. Die telefoonoproep was egter vals en slegs 'n rede
om die leiers te kry om hul huise te verlaat sodat hulle ontvoer kon word.

               [Uit https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/SMU%20%20-Tristan%20Kelly%20-
        Hist%203377%20 Final%20Paper%20PEBCO%203.pdf. Toegang op 20 Oktober 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            7                                      DBE/2022
                                  SS/NSS – Addendum

BRON 2B

Die bron hieronder, geneem uit 'n koerantartikel met die titel 'Soektog na Vermiste
PEBCO-mans', het op 27 Mei 1985 op die voorblad van die Cape Times verskyn. Dit
verduidelik hoe hulle families daartoe verbind was om na die vermiste mans te soek.
(Die bron is vir duidelikheid vertaal en oorgetik.)

            Soektog na
       Vermiste PEBCO-mans
                            Eie Korrespondent
PORT ELIZABETH. – Familielede van die drie vermiste uitvoerende lede van die Port
Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO) het gesê hulle sou nie hul soektog na die
mans opgee totdat hulle gevind word nie – dood of lewend.

PEBCO se sekretaris-generaal, mnr. Sipho Hashe, 58, die president, mnr. Qaqawuli
Godolozi, 30, en die organisasiesekretaris, mnr. Champion Galela, 32, het op 8 Mei
geheimsinnig verdwyn.
                                                         [Uit die Cape Times, 27 Mei 1985]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   8                                          DBE/2022
                                         SS/NSS – Addendum

BRON 2C

Die bron hieronder is deel van 'n transkripsie van bewyse wat Barend du Plessis, 'n
kolonel by die Port Elizabeth Veiligheidspolisietak ('n spesiale polisie-eenheid wat deur
die apartheidsregime gestig is), gelewer het by die WVK openbare verhore vir
amnestie-aansoeke, wat op 5 November 1997 met betrekking tot die moorde op die
PEBCO-drie in Port Elizabeth gehou is.

ME HARTLE: Glo jy, mnr. Du Plessis, dat jou dade polities gemotiveerd was?

MNR. DU PLESSIS: Ja.

ME HARTLE: En glo jy dat die moord op die PEBCO-3 regverdig was?

MNR. DU PLESSIS: Op daardie stadium, ja, as jy nou daaraan terugdink, sou jy ja
sê.

ME HARTLE: Jy het nou reeds gehoor dat die hooggeplaaste politici gesê het dat die
ontvoering en die dood van die PEBCO-3 mala fides (misleidend) en nie gemagtig
was nie. Kan jy daarop kommentaar lewer?

MNR. DU PLESSIS: Ek het nooit gesê dat mnr. FW de Klerk daarvan geweet het nie.
Wat ek wel gesê het, was dat daar politici en hooggeplaaste amptenare was wat
geweet het wat gebeur het. Miskien is hulle nie direk ingelig nie, maar hulle het per
implikasie geweet en per implikasie het die magtiging na ons deurgekom.

ADV. SANDI: Op hierdie punt, waarom het jy gedink dat die stelling wat gesê het:
'Maak 'n plan'  waarom dink jy dat daardie stelling noodwendig en uitsluitlik beteken
het dat jy 'n plan moes beraam om hierdie mense dood te maak?

MNR. DU PLESSIS: Dit is een woord wat ek gebruik het, maar dit is die enigste
afleiding wat ek kan maak want indien daar nie 'n ander plan is nie, wat bly dan oor,
want vanaf die oggend tot die aand was ons besig om planne te maak om wet en
orde te herstel, en indien daardie planne nie meer effektief was nie, dan sou dit die
enigste ander plan wees wat oorbly – dit was die enigste afleiding wat ek kon maak.

        [Uit https://www.justice.gov.za/trc/amntrans/am1997.htm. Toegang op 5 Oktober 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                                          DBE/2022
                                   SS/NSS – Addendum

BRON 2D

Die bron hieronder is geneem uit 'n boek wat deur O Bubenzer, 'n doktor in die regte,
geskryf is. Dit beskryf die bevindinge van die WVK-verhore oor amnestie-aansoeke vir
die moorde op die PEBCO-drie.

Die Amnestiekomitee van die WVK het in 1996 die amnestie-aansoeke van
Gideon Nieuwoudt, Harold Snyman, Barend du Plessis, Johannes van Zyl en
Gerhardus Lotz van die Port Elizabeth Veiligheidstak ontvang. Snyman en Du Plessis
was nie fisies by die ontvoering en moord van die PEBCO-drie betrokke nie, maar die
twee het die ontvoering en moord gemagtig. Snyman, die bevelvoerder van die
destydse Oos-Kaapse Veiligheidspolisie, is deur Du Plessis genader, wat voorgestel
het dat die drie aktiviste vermoor word.

Tydens die amnestieverhore is teenstrydige getuienis gegee. Die aansoek van die
Port Elizabeth Veiligheidspolisie het verklaar dat daar tydens die ondervraging, wat
deur Van Zyl, Lotz en Nieuwoud behartig is, geen marteling plaasgevind het nie.
Hierdie getuienis is deur die Vlakplaas-askari's*, Mogoai, Koole en Mamasela,
weerspreek, wat beweer het dat hulle by die ondervraging van die drie slagoffers
teenwoordig was, waartydens hulle glo ernstig aangerand is.

Die Amnestiekomitee van die WVK het die volgende verklaar:

(1)    Harold Snyman is amnestie verleen vir sameswering en opdraggewing van die
       ontvoering en moord op Hashe, Godolozi en Galela.
(2)    Amnestie is geweier aan Hermanus Barend du Plessis, Gideon Nieuwoudt,
       Johannes van Zyl en Gerhardus Lotz vir die sameswering en bevel tot
       ontvoering en moord van die drie vermoordes.
(3)    Amnestie is verleen aan Mogoai vir die ontvoering en aanranding van die
       PEBCO-drie.

                                   [Uit Post-TRC Prosecutions in South Africa deur O Bubenzer]

*Askari: 'n vryheidsvegter (lid van die ANC of die PAC) wat onder dwang by die
         apartheidsveiligheidsmagte aangesluit het en teen hulle voormalige 'comrades'
         geveg het

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   10                                            DBE/2022
                                          SS/NSS – Addendum

VRAAG 3: WATTER MAATREËLS HET DIE SUID-AFRIKAANSE REGERING
         GEÏMPLEMENTEER OM DIE UITDAGINGS VAN DIE GLOBALE
         COVID-19-PANDEMIE TE HANTEER?

BRON 3A

Die bron hieronder is geneem uit 'n 2004-publikasie van die Centre for Global Change
and Health wat in Londen gesetel is. Dit verduidelik hoe globalisering tot die
verspreiding van aansteeklike siektes wêreldwyd bydra.

 Ten spyte van die wydverspreide belangstelling in die opkoms daarvan is daar
 beperkte eenparigheid oor presies wat globalisering is. Byvoorbeeld, vir ekonome
 behels globalisering die toenemend globale aard van die opkomende
 wêreldekonomie. Vir regsgeleerdes het dit te make met die dreigende veranderinge in
 die regsstatus van state en hulle burgers. Vir omgewingsbewustes is dit die
 veranderinge in die wêreld se klimaat en ander biosisteme. En vir inligtingstegnologie-
 deskundiges is dit die globale verspreiding en integrasie van inligtingstelsels.

 Om die verband tussen globalisering en aansteeklike siektes te verstaan, is dit
 belangrik om bewus te wees van hoe die term 'globalisering' afwisselend met terme
 soos 'internasionalisasie', 'liberalisering' en 'verwestering' gebruik word. 'n Streng
 definisie van globalisering onderskei tussen kruisgrens- en oorgrensvloei.

 Kruisgrens het te make met die interaksies oor twee of meer lande deur, byvoorbeeld,
 amptelike handel van goedere en dienste, of kapitaalvloei soos buitelandse direkte
 beleggings oor nasionale grense. Transgrens, in teenstelling, het te make met die
 vloei van mense, goedere en dienste, kapitaal, waardes en idees op 'n manier wat nie
 nasionale grense erken nie.

 Saam met veranderinge aan ruimtelike (driedimensionele) grense, lei globalisering tot
 veranderinge in hoe ons tyd begryp en ervaar. Globalisering verander die
 tydraamwerk waarin natuurlike en mensgeïnduseerde verskynsels plaasvind,
 sowel as die tyd beskikbaar om op hierdie verskynsels te reageer. Byvoorbeeld, die
 tyd wat dit neem vir sommige aansteeklike siektes om oor territoriale ruimtes te
 versprei, het heelwat vinniger geword as gevolg van die verhoogde aantal, frekwensie
 en spoed van bevolkingsmobiliteit (beweging).

                     [Uit Globalisation and Infectious Diseases: A Review of the Linkages deur L Saker]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            11                                       DBE/2022
                                   SS/NSS – Addendum

BRON 3B

Die artikel hieronder is deur W Roelf, 'n joernalis, geskryf en fokus op die nasionale
ramptoestand wat op 14 Maart 2020 deur President Cyril Ramaphosa verklaar is.

Kaapstad (Reuters) – Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa, het Sondag 'n
nasionale ramptoestand verklaar toe hy 'n aantal maatreëls aangekondig het om 'n
Covid-19-uitbreking te beheer, wat sover 61 besmet het en tekens van interne
verspreiding getoon het.

Tydens 'n regstreekse televisie-uitsending ná 'n spesiale kabinetsvergadering het
Ramaphosa gesê dat die uitbreking, wat vir die eerste keer op 5 Maart 2020 ontdek is,
'n betekenisvolle en 'moontlik blywende' impak op 'n sukkelende ekonomie, wat reeds
in resessie is, kan hê.

Maatreëls wat geneem sal word, sluit 'n reisverbod na lande soos Italië, Duitsland,
China en die Verenigde State in. Die regering sal ook saamtrekke van 100 of meer
verbied en groot geleenthede en feesvieringe kanselleer, het hy gesê. 'Dit is
kommerwekkend dat ons nou met interne verspreiding van die virus te doen het.
Hierdie situasie verg 'n buitengewone reaksie; daar kan geen kortpadmaatreëls wees
nie,' het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê dat die regering die visums van besoekers uit hoërisiko-lande vanaf
Sondag gekanselleer het, en visums wat reeds toegestaan is, ook gekanselleer het.
'Enige buitelandse burger wat die afgelope 20 dae hoërisiko-lande besoek het, sal 'n
visum geweier word,' het hy gesê, en bygevoeg dat Suid-Afrikaners wat teikenlande
besoek het, aan toetsing en kwarantyn onderhewig sal wees wanneer hulle terugkom.
Die eerste geval is twee weke gelede ontdek met 'n enkele positiewe resultaat, en teen
Sondag het die aantal gevalle tot 61 gestyg, 'n groeiende koers wat die vinnige
verspreiding van die virus wêreldwyd weerspieël.

Behalwe die gesondheidsimpak, het Ramaphosa gesê dat die ekonomie nie gespaar
gaan word nie aangesien uitvoere in sleutelmarkte afneem, China ingesluit, en die
arbeidsintensiewe toerismesektor ly. 'Die kabinet is dus besig om 'n omvattende
pakket van ingrypings te finaliseer om die verwagte impak van Covid-19 op die
ekonomie te verlig,' het hy gesê.

                                                  [Uit Reuter's News Agency, 15 Maart 2020]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            12                                      DBE/2022
                                   SS/NSS – Addendum

BRON 3C

Die artikel hieronder beklemtoon hoe opposisiepartye gereageer het op President
Ramaphosa se maatreëls om die ekonomiese impak (op Suid-Afrika) van die globale
Covid-19-pandemie te hanteer.

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se grootste bestedingsplan aangekondig 
'n eenmalige stimulus-inspuiting vir die sukkelende ekonomie – in reaksie op die
Covid-19-pandemie wat tot 'n grendeltydperk die afgelope 28 dae gelei het. Oor die
algemeen het opposisiepartye positief op die president se wye reeks ingrypings
gereageer.

Demokratiese Alliansie (DA): 'Broodnodige verligting bemoedigend'
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Ramaphosa se aankondiging verwelkom. 'Hierdie
R500 miljard-pakket sal broodnodige verligting aan Suid-Afrikaners bring deur middel
van toelaes, besigheidsverligting, belastingmaatreëls, bykomende gesondheids-
begroting en voedselprogramme,' het die DA-leier, John Steenhuisen, gesê.

Baie van die maatreëls wat aangekondig is, weerspieël dié waarvoor die DA gevra het,
om nie net die lewens nie, maar ook die lewensbestaan, van miljoene Suid-Afrikaners
te beveilig wat erg onder die grendeltydperk deurgeloop het om die verspreiding van
Covid-19 te beheer. Steenhuisen het gesê dat dit bemoedigend is dat Ramaphosa
daarvan gepraat het om instansies soos die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en
die Wêreldbank te nader vir gedeeltelike befondsing van die hulppakket, veral
aangesien hierdie instansies onvoorwaardelike lenings met lae rentekoerse, spesifiek
vir Covid-19-verligting beskikbaar gestel het.

Vryheidsfront Plus (VF Plus): ' 'n Stap in die regte rigting'
Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het gesê dat Ramaphosa se ekonomiese
stimuluspakket 'n 'stap in die regte rigting' was. 'Die VF Plus is van mening dat die
betaling van die nuwe voorgestelde maatskaplike toelaes met versigtigheid benader
moet word omdat mense gou daarvan afhanklik sal raak en dat dit moeilik sal wees om
dit in die toekoms af te skaf,' het VF Plus-leier, Pieter Groenewald, gesê. Hy het
bygevoeg dat dit belangrik is om nie afhanklikheid van die staat te skep nie, maar om
eerder werk te skep en besighede te ontwikkel ... 'Dit is belangrik dat die land se
begroting geherprioritiseer (heroorweeg) word. Belangrike aspekte sluit die toekenning
aan die gesondheidsbegroting, verligting van hongerte en ander maatskaplike
probleme, bystand en steun aan besighede en die ontsluiting van die ekonomie in,' het
Groenewald gesê.
                                                               [Uit News24, 22 April 2020]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                           13                                      DBE/2022
                                  SS/NSS – Addendum

BRON 3D

Die spotprent hieronder wat deur Rico Schacherl geteken is, het op 17 Maart 2020 in
die Business Maverick verskyn. Dit beeld President Ramaphosa uit met noodmaatreëls
wat die Suid-Afrikaanse regering sou implementeer om sy burgers teen die dreigende
(naderende) globale Covid-19-pandemie te beskerm.

     Sal dit
     genoeg
     wees?

                 VOORBEREIDING VIR DIE NADERENDE STORM
                                                   [Uit Business Maverick, 17 Maart 2020]

  SUID-AFRIKA                                                 NOODMAATREËLS

                                                                              CYRIL

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              14                                   DBE/2022
                                    SS/NSS  Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Bubenzer, O. 2009. Post-TRC Prosecutions in South Africa by (Martinus Nijhoff
Publishers, Boston)

Business Maverick, 17 Maart 2020

Cape Times, 27 Mei 1985

Dubow, S. 2014. Apartheid, 1948–1994 (Oxford University Press)

https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv
03188/06lv03222.htm

https://www.justice.gov.za/trc/amntrans/am1997.htm

https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/SMU%20%20-Tristan%20Kelly%20-
Hist%203377%20Final%20Paper%20PEBCO%203.pdf

Images of Defiance: South African Resistance Posters of the 1980s

News24, 22 April 2020

Reuter's News Agency, 15 Maart 2020

Saker, L. et al. 2004. Globalisation and Infectious Diseases: A Review of the Linkages
(Centre for Global Change and Health, Londen)

Seekings, J. 2000. A History of the United Democratic Front in South Africa 1983 1991
(David Phillip Publishers, Kaapstad)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2022-english/e5d10556-c154-433f-8fd2-98646e28994c) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [History P2 May June 2021 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-addendum-afr/cde0c40d-d0cb-41ca-8f8c-286dbd12cd25) — History · Addendum · 2021 · Afr
- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 History P2 (English) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-english-sep-2022-possible-answers/840540f3-b117-4271-886e-89f327a57fe1) — History · Memo · 2022 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
