# History Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2022-afr/d24d44c2-5b3f-4f60-bac9-c199e010c4ff
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2022-afr/d24d44c2-5b3f-4f60-bac9-c199e010c4ff)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 GESKIEDENIS V2

                                        2022

                                                                        PUNTE: 150

                                                                          TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                                    DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: DIE KRISIS VAN
                  APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE               KOUE   OORLOG      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE
2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:
         4.1          Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
                      minste EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2          Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
                      opstelvraag wees.
5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 3                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:         HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) OP PW BOTHA
                 SE HERVORMINGS IN DIE 1980's GEREAGEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Wat, volgens die bron, het PW Botha se grondwetlike voorstelle
                      met betrekking tot Suid-Afrika se parlementêre stelsel behels?
                                                                                   (1 x 2)        (2)

         1.1.2        Definieer die term referendum in jou eie woorde.              (1 x 2)       (2)

         1.1.3        Verduidelik wat bedoel word met die stelling: 'Dit het 'n persoonlike
                      korttermyn-oorwinning vir Botha beteken, maar die koste was dat
                      opposisie aan beide kante van die politieke spektrum gemobiliseer
                      is', in die konteks van grondwetlike voorstelle in 1983.      (2 x 2)       (4)

         1.1.4        Waarom, dink jy, is swartes uit die nuwe grondwetlike skikking
                      uitgesluit?                                            (2 x 2)              (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die stigting van
                      die UDF deur baie voorbereiding agter die skerms voorafgegaan is.
                                                                                (1 x 2)           (2)

         1.2.2        Identifiseer enige TWEE verskille wat in die bron genoem word,
                      wat organisasies wat saamgekom het om die UDF te stig, moes
                      oorkom.                                                 (2 x 1)             (2)

         1.2.3        Wat is die implikasie van die stelling: 'En ek wil 'n beroep op julle
                      doen, al die vredeliewende mense van Suid-Afrika ... sodat ons
                      dan die stelsel kan vernietig', in die konteks van die doel met die
                      stigting van die UDF?                                        (1 x 2)        (2)

         1.2.4        Verduidelik waarom 'n historikus hierdie bron as betroubaar sou
                      beskou wanneer die stigting van die UDF nagevors word.   (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Noem enige TWEE protesaksies in die bron wat die UDF teen
                      Botha se apartheidhervormings onderneem het.       (2 x 1)                (2)

         1.3.2        Lewer kommentaar op die implikasie van die slagspreuk:
                      'Voorwaarts na Mensemag', in die konteks van die UDF se
                      weerstand teen PW Botha se apartheidshervormings. (2 x 2)                 (4)

         1.3.3        Verduidelik die konsep noodtoestand in die konteks van die
                      algemene onrus in die 1980's in Suid-Afrika.         (1 x 2)              (2)

         1.3.4        Noem enige TWEE maatreëls (aksies) in die bron wat die staat
                      getref het om die algemene onrus wat in 1985 in die land
                      plaasgevind het, te onderdruk.                       (2 x 1)              (2)

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Waarom, dink jy, het die UDF hierdie plakkaat gepubliseer? (2 x 2)        (4)

         1.4.2        Identifiseer enige TWEE onderdrukkende maatreëls in die bron wat
                      die apartheidsregime teen UDF-lede getref het.            (2 x 1)         (2)

1.5      Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1D die
         inligting in Bron 1C ondersteun met betrekking tot die Suid-Afrikaanse
         regering se reaksie op die UDF.                                  (2 x 2)               (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die United Democratic Front (UDF) op PW Botha se hervormings in die
         1980's gereageer het.                                                                  (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 2:         HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 DIE MOORD OP DIE PEBCO-DRIE HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Wat, volgens die bron, was die hoofoogmerke met die stigting van
                      die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO)?      (3 x 1)           (3)

         2.1.2        Identifiseer TWEE protesaksies in die bron wat PEBCO, as 'n
                      affiliaat van die UDF, teen sekere produkte geneem het. (1 x 2)             (2)

         2.1.3        Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde.             (1 x 2)       (2)

         2.1.4        Wat, dink jy, het die polisie gehoop om te bereik deur die PEBCO-
                      drie te ontvoer?                                             (2 x 2)        (4)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1        Waarom, dink jy, is hierdie artikel in Mei 1985 op die voorblad van
                      die Cape Times gepubliseer?                                  (2 x 2)        (4)

         2.2.2        Wat word geïmpliseer deur die stelling: '... het gesê hulle (die
                      familie) sou nie hul soektog na die mans opgee totdat hulle gevind
                      word nie  dood of lewend', in die konteks van hulle verdwyning?
                                                                                   (1 x 2)        (2)

2.3      Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die bewyse
         in Bron 2B met betrekking tot die verdwyning van die PEBCO-drie
         ondersteun.                                                            (2 x 2)           (4)

2.4      Raadpleeg Bron 2C.

         2.4.1        Gee DRIE bewyse uit die bron wat daarop dui dat hooggeplaaste
                      politici nie verantwoordelikheid vir die moord op die PEBCO-drie
                      aanvaar het nie.                                          (3 x 1)           (3)

         2.4.2        Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit Barend du Plessis se
                      verklaring: '… Wat ek wel gesê het, was dat daar politici en
                      hooggeplaaste amptenare was wat geweet het wat gebeur het', in
                      die konteks van die moord op die PEBCO-drie?            (1 x 2)             (2)

         2.4.3        Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat
                      Barend du Plessis se amnestie-aansoek navors.                 (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 6                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

2.5      Bestudeer Bron 2D.

         2.5.1        Verduidelik die term ontvoering in die konteks van maatreëls wat
                      tydens die apartheidsera deur die veiligheidpolisie teen politieke
                      aktiviste getref is.                                      (1 x 2)          (2)

         2.5.2        Noem die TWEE offisiere in die Oos-Kaapse Veiligheidspolisie wat
                      die ontvoering en moord op die PEBCO-drie gemagtig het. (2 x 1)            (2)

         2.5.3        Lewer kommentaar op waarom jy dink die getuienis van die
                      veiligheidspolisie (Gideon Nieuwoudt, Johannes van Zyl en
                      Gerhardus Lotz) dié van die askari's met betrekking tot die
                      ondervraging van die PEBCO-drie weerspreek het.      (2 x 2)               (4)

         2.5.4        Haal 'n frase uit die bron aan wat aandui dat dit tydens die
                      amnestieverhore moeilik was om die waarheid oor die moord op
                      die PEBCO-drie vas te stel.                           (1 x 2)              (2)

         2.5.5        Waarom, dink jy, is amnestie vir die moord op die PEBCO-drie nie
                      aan Barend du Plessis en die ander veiligheidsoffisiere toegestaan
                      nie?                                                        (1 x 2)        (2)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die WVK die moord op die PEBCO-drie hanteer het.                                    (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 3:         WATTER MAATREËLS HET DIE SUID-AFRIKAANSE REGERING
                 GEÏMPLEMENTEER OM DIE UITDAGINGS VAN DIE GLOBALE
                 COVID-19-PANDEMIE TE HANTEER?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde.          (1 x 2)       (2)

         3.1.2        Wat, volgens die bron, is die bekommernis van ekonome oor
                      globalisering?                                      (1 x 1)                  (1)

         3.1.3        Verduidelik hoe die 'transgrensvloei' tot 'n styging in die
                      verspreiding van die globale Covid-19-pandemie sou lei. (2 x 2)              (4)

         3.1.4        Waarom, volgens die bron, het die tyd geneem vir die verspreiding
                      van sommige aansteeklike siektes oor landstreke heelwat vinniger
                      geword?                                                    (1 x 1)           (1)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Gee TWEE redes in die bron om te verduidelik waarom President
                      Cyril Ramaphosa op 14 Maart 2020 'n nasionale ramptoestand
                      verklaar het.                                          (2 x 1)               (2)

         3.2.2        Identifiseer DRIE maatreëls, genoem in die bron, wat die regering
                      op Suid-Afrikaners afgedwing het om die verspreiding van Covid-
                      19 te beheer.                                             (3 x 1)            (3)

         3.2.3        Verduidelik die term      kwarantyn    in   die   konteks   van die
                      Covid-19-pandemie.                                            (1 x 2)        (2)

         3.2.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom dit vir die Suid-Afrikaanse regering nodig was om 'n
                      ekonomiese verligtingspakket vir Suid-Afrikaners in te stel. (2 x 2)         (4)

3.3      Gebruik Bron 3C.

         3.3.1        Maak 'n lys van DRIE areas, volgens die Demokratiese Alliansie,
                      waardeur die R500 miljard-pakket verligting aan Suid-Afrikaners
                      sou bring.                                               (3 x 1)             (3)

         3.3.2        Noem die TWEE finansiële instellings, volgens die bron, wat
                      President Cyril Ramaphosa genader het om die R500 miljard-
                      pakket te befonds.                                   (2 x 1)                 (2)

         3.3.3        Lewer kommentaar op waarom opposisiepartye gunstig op die
                      president se aankondiging van 'n bestedingsplan in reaksie op die
                      Covid-19-pandemie gereageer het.                          (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 8                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

3.4      Raadpleeg Bron 3D.

         3.4.1        Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprenttekenaar
                      oorgedra word met betrekking tot die 'noodmaatreëls' wat
                      President Ramaphosa ingestel het om die naderende
                      Covid-19-pandemie die hoof te bied.                (2 x 2)                 (4)

         3.4.2        Lewer kommentaar op die byskrif 'VOORBEREIDING VIR DIE
                      NADERENDE STORM' in die konteks van Covid-19.    (1 x 2)                   (2)

         3.4.3        Wat sou die beperkings van hierdie bron wees vir 'n historikus wat
                      die maatreëls bestudeer wat die Suid-Afrikaanse regering ingestel
                      het om die verspreiding van die Covid-19-pandemie te stuit? (2 x 2)        (4)

3.5      Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe hierdie bronne van mekaar verskil
         met betrekking tot die Suid-Afrikaanse regering se ekonomiese ingryping om
         die impak van die Covid-19-pandemie op Suid-Afrikaners te verlig.    (2 x 2)            (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die
          maatreëls te verduidelik wat die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer
          het om die uitdagings van die globale Covid-19-pandemie te hanteer.                    (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              9                                    DBE/2022
                                         SS/NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

Die filosofie van Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging het in die 1960's en
1970's 'n belangrike rol gespeel om swart Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime te
organiseer.

Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                                     [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                     NA    SUID-AFRIKA      EN     DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate die sterk leierskap wat deur beide die Nasionale Party-
regering en die African National Congress tydens die onderhandelingsproses getoon
is, tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994 bygedra het.                             [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE

Gorbachev se hervormings in die 1980's in die Sowjetunie het die politieke landskap in
Suid-Afrika verander wat FW de Klerk se besluit beïnvloed het om vanaf 1989
hervormings in te stel.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                                     [50]

                                                                            TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-afr/bb785283-0610-46de-9d8f-cc2f73dda19c) — History · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 History P2 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-english-sep-2022-question-paper/4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a) — History · QP · 2022 · Eng
- [History P1 May June 2022 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2022-addendum-eng/26551f4a-326d-4c97-be6f-e9e99fb1dd32) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2022-english/e5d10556-c154-433f-8fd2-98646e28994c) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [Gr12 History P2 (English) SEP 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-english-sep-2022-possible-answers/840540f3-b117-4271-886e-89f327a57fe1) — History · Memo · 2022 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
