# History Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2025-afr/a255ecc4-b18a-4cec-b66a-8b528fe7562b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2025-afr/a255ecc4-b18a-4cec-b66a-8b528fe7562b)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               GESKIEDENIS V2

                                MEI/JUNIE 2025

                                                                       PUNTE: 150

                                                                         TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Geskiedenis/V2                                      2                 DBE/Mei/Junie 2025
                                             SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
                     minste EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
                     opstelvraag wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Geskiedenis/V2                                3                         DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

 VRAAG 1:        HOE EFFEKTIEF WAS DIE STRATEGIEË VAN DIE BLACK SASH IN
                 DIE 1980's OM TEEN DIE APARTHEIDSREGIME TE MOBILISEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1       Volgens die bron, watter optrede deur die apartheidsregering het
                     tot die stigting van die Black Sash in 1955 gelei?       (1 x 2)          (2)

         1.1.2       Definieer die term kieserslys in jou eie woorde.           (1 x 2)        (2)

         1.1.3       Noem enige TWEE vroue in die bron wat in 1955 die Women's
                     Defence of the Constitution League (Black Sash) begin het. (2 x 1)        (2)

         1.1.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom die Nasionale Party-regime nie van die Black Sash gehou
                     het nie.                                                   (2 x 2)        (4)

         1.1.5       Verduidelik die implikasie van die stelling, '… onderskeie
                     raadgewende kantore van die Black Sash … het kritieke
                     weerstandspunte vir die swart meerderheid geword …', in die
                     konteks van uitdagende apartheidswetgewing.          (1 x 2)              (2)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1       Lewer kommentaar op die belangrikheid van die woorde op die
                     banier, 'MINAGTING IS DIE REG TOT VREEDSAME VERSET', in
                     die konteks van die Black Sash se strategieë om
                     apartheidswetgewing teen te staan.                   (2 x 2)              (4)

         1.2.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom die Black Sash 'n plakkaat vertoon het waarop 'EEN
                     MENS EEN STEM' gestaan het.                                (1 x 2)        (2)

1.3      Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
         in Bron 1B ondersteun met betrekking tot die strategieë wat deur die Black
         Sash teen apartheidswetgewing gebruik is.                              (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Geskiedenis/V2                                4                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

1.4      Bestudeer Bron 1C.

         1.4.1       Volgens die bron, hoe het wit Suid-Afrikaners gereageer op die feit
                     dat hulle eie regime vir wydverspreide veroordeling uitgesonder is?
                                                                                  (1 x 2)       (2)

         1.4.2       Identifiseer TWEE bekommernisse wat in die bron genoem word
                     oor die behandeling van kinders deur die apartheidsregime. (2 x 1)         (2)

         1.4.3       Haal 'n frase uit die bron aan wat aandui hoe die skrywer voorstel
                     dat daar oor die aard en implikasie van die behandeling van
                     kinders besin moet word.                                   (1 x 2)         (2)

         1.4.4       Verduidelik wat Marie Dyer bedoel met die stelling, 'ons "Westerse
                     Christen"-samelewing (het) beslis ons aanspraak op algemene
                     beskaafdheid' teenoor kinders verloor'.                    (1 x 2)         (2)

1.5      Gebruik Bron 1D.

         1.5.1       Volgens die bron, wat was die Black Sash se beleid as 'n
                     organisasie met betrekking tot protesaksie teen die
                     apartheidsregering? Gee EEN antwoord.             (1 x 2)                  (2)

         1.5.2       Verduidelik die term eensame opsluiting in die konteks van die
                     beleid wat deur die apartheidsregering voorgestaan is ten opsigte
                     van die hantering van anti-apartheidsbetogers.             (1 x 2)         (2)

         1.5.3       Waarom, dink jy, is Janet Small ná haar vrylating uit die tronk
                     verbied om met joernaliste te praat of om vir enige publikasie te
                     skryf?                                                    (2 x 2)          (4)

         1.5.4       Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die bron vir 'n
                     geskiedkundige wat PW Botha se regering se hantering van leiers
                     van die Black Sash navors.                              (2 x 2)            (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe effektief die strategieë van die Black Sash in die 1980's was om teen die
         apartheidsregime te mobiliseer.                                                        (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Geskiedenis/V2                               5                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: WAAROM WAS DIE MOHAPI-FAMILIE ONTEVREDE MET DIE
         MANIER WAAROP DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
         (WVK) DIE DOOD VAN MAPETLA MOHAPI IN 1976 HANTEER HET?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1       Volgens die bron, in watter dorpie is Mapetla Mohapi gebore?
                                                                                (1 x 1)         (1)

         2.1.2       Haal 'n rede uit die bron aan waarom Mohapi en ander leiers van
                     SASO en die 'BPC' in November 1974 aangehou is.          (1 x 2)           (2)

         2.1.3       Waarom, dink jy, is Mohapi in September 1975 tot King William's
                     Town beperk?                                           (1 x 2)             (2)

         2.1.4       Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die feit dat Mapetla
                     20 dae nadat hy onder polisiebewaking aangehou is, gesterf het?
                                                                                (1 x 2)         (2)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1       Identifiseer DRIE redes in die bron waarom mev. Mohapi op
                     15 April 1996 die WVK-menseregteskendingsverhore bygewoon
                     het.                                                (3 x 1)                (3)

         2.2.2       Definieer die term geregtelike doodsondersoek in jou eie woorde.
                                                                                 (1 x 2)        (2)

         2.2.3       Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: 'Daar was 'n
                     polisieman … en hy het bevestig dat hierdie man (Mohapi) nooit sy
                     lewe sou neem nie', in die konteks van Mapetla Mohapi se dood.
                                                                                (1 x 2)         (2)

         2.2.4       Verduidelik waarom Nonhle Mohapi verbaas was nadat sy die saak
                     in die Hooggeregshof verloor het                       (1 x 2)             (2)

         2.2.5       Verduidelik waarom 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar
                     sou beskou wanneer navorsing gedoen word oor hoe die WVK die
                     Mohapi-saak hanteer het.                                 (2 x 2)           (4)

2.3      Gebruik Bron 2C.

         2.3.1       Waarom sou die Mohapi-familie die sel wou besoek waarin
                     Mapetla oorlede is?                              (2 x 2)                   (4)

         2.3.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom hierdie foto 41 jaar na Mapetla Mohapi se dood in die
                     Amandla-koerant verskyn het.                               (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Geskiedenis/V2                              6                           DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

2.4      Raadpleeg Bron 2D.

         2.4.1       Haal VIER bewyse uit die bron aan wat aandui waarom Valela
                     harde woorde vir die WVK gehad het.                 (4 x 1)               (4)

         2.4.2       Identifiseer TWEE redes in die bron wat verduidelik waarom
                     sommige geregtelike doodsondersoeke suksesvol heropen is.
                                                                             (2 x 1)           (2)

         2.4.3       Verduidelik die term eerbewys ná apartheid in die konteks van
                     mense wat teen apartheid geveg het.                    (1 x 2)            (2)

         2.4.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                     kommentaar op waarna die bron as 'die skandelike toestand van
                     sake' met betrekking tot Mohapi se dood verwys.        (2 x 2)            (4)

2.5      Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2D die bewyse
         in Bron 2B ondersteun met betrekking tot die uitdagings waarvoor die familie
         te staan gekom het om Mapetla Mohapi se saak verder te voer.           (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom die Mohapi-familie ontevrede was met die manier waarop die WVK
         die dood van Mapetla Mohapi in 1976 hanteer het.                                      (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Geskiedenis/V2                                7                            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3:         HOE HET HANDELSBETREKKINGE TUSSEN DIE 1970's EN 2023
                 TUSSEN CHINA EN AFRIKA ONTWIKKEL?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Volgens die bron, wat het China se handelsbetrekkinge sedert die
                     1970's 'n hupstoot gegee? Gee TWEE antwoorde.            (2 x 1)             (2)

         3.1.2       Noem DRIE faktore in die bron waarop die ekonomiese
                     verskuiwings gebaseer is wat China se handelsbetrekkinge met
                     ontwikkelde en ontwikkelende lande verstewig het.      (3 x 1)               (3)

         3.1.3       Verduidelik hoe die vrymaking van handel tot China se uitbreiding
                     in ander dele van die wêreld bygedra het.                 (1 x 2)            (2)

         3.1.4       In die konteks van China-Afrika-betrekkinge, lewer kommentaar op
                     die implikasie van die stelling, 'Alhoewel hierdie verbintenis (China
                     s'n) in die verlede deur hulp (bystand) gedryf is, word dit deesdae
                     meer deur die ekonomie gedryf en deur handel en belegging
                     ondersteun.'                                                   (1 x 2)       (2)

         3.1.5       Definieer die term globalisering in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

3.2      Gebruik Bron 3B.

         3.2.1       Volgens President Xi Jinping, noem DRIE aspekte van die
                     industriële promosie-inisiatief wat China sal implementeer om
                     samewerking met Afrika te versterk.                     (3 x 1)              (3)

         3.2.2       Verduidelik die konsep landboumodernisering in die konteks van
                     samewerking tussen China en Afrika.                     (1 x 2)              (2)

         3.2.3       Waarom, dink jy, was China gretig om landbouhulp aan
                     Afrikalande te verskaf?                         (2 x 2)                      (4)

         3.2.4       Lewer kommentaar op hoe China toewyding getoon het om
                     samewerking met Afrika te verstewig.            (1 x 2)                      (2)

         3.2.5       Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
                     wat die handelsbetrekkinge tussen China en Afrika navors. (2 x 2)            (4)

3.3      Verwys na Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
         in Bron 3A ondersteun met betrekking tot beleide wat handelsbetrekkinge
         tussen China en Afrika bevorder.                                       (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Geskiedenis/V2                               8                         DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

3.4      Raadpleeg Bron 3C.

         3.4.1       Verduidelik die simboliese verteenwoordiging van die volgende
                     elemente in die spotprent:

                     (a) Die dierevoerbak (krip) met 'n belegging van $12 miljard wat
                         deur die Afrika-koei geëet word                      (1 x 2)         (2)

                     (b) China wat die Afrika-koei melk                         (1 x 2)       (2)

         3.4.2       Lewer kommentaar op waarom die VSA as verras en geskok
                     uitgebeeld word.                                 (1 x 2)                 (2)

3.5      Bestudeer Bron 3D.

         3.5.1       Kies TWEE uitdagings uit die bron wat die Belt and Road Initiative
                     (BRI)-infrastruktuurbelegging vir Afrikalande geskep het. (2 x 1)         (2)

         3.5.2       Verduidelik die implikasie van die stelling, '… (China) het
                     skuldmoerasse gebruik om hulle invloed oor Afrikalande uit te
                     brei …,' in die konteks van China-Afrika-betrekkinge. (1 x 2)             (2)

         3.5.3       Identifiseer enige TWEE Afrikalande in die bron wat die jaarlikse
                     Belt and Road Initiative Forum in Beijing bygewoon het.   (2 x 1)         (2)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          hoe handelsbetrekkinge tussen die 1970's en 2023 tussen China en Afrika
          ontwikkel het.                                                                      (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Geskiedenis/V2                             9                          DBE/Mei/Junie 2025
                                    SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
         KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Politieke vrymaking van swart Suid-Afrikaners was die enigste fokus van die
Swartbewussynsbeweging.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die filosofie en optrede van die
Swartbewussynsbeweging gedurende die laat 1960's en 1970's. Ondersteun jou
argument met relevante historiese bewyse.                                                  [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                        NA   SUID-AFRIKA   EN    DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate die politieke wilskrag en vasbeslotenheid van leiers van
verskillende politieke partye tydens die onderhandelingsproses in 1994 tot 'n
demokratiese Suid-Afrika gelei het.

Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse.                                   [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Mikhail Gorbachev se beleide vanaf die middel-1980's het tot die opkoms van 'n nuwe
politieke bedeling in Suid-Afrika bygedra.

Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun.                                                                    [50]

                                                                           TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
