# History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/8a39fa32-58e0-4a39-aa58-ac516ebe6973
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/8a39fa32-58e0-4a39-aa58-ac516ebe6973)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2025

                      GESKIEDENIS V2
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                Hierdie nasienriglyn bestaan uit 26 bladsye.

     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                   GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

1.   BRONGEBASEERDE VRAE

     1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
         te ontwikkel:

                                                                      GEWIGS-
     KOGNITIEWE
                           HISTORIESE VAARDIGHEDE                   TOEKENNING
       VLAKKE
                                                                     VAN VRAE
                     •   Onttrek inligting uit bronne.
                     •   Selektering en organisasie van                30%
        VLAK 1
                         relevante inligting uit bronne.               (15)
                     •   Definieer historiese begrippe/terme.
                     •   Interpretasie van bewyse uit bronne.
                                                                       40%
        VLAK 2       •   Verduidelik inligting verkry uit bronne.
                                                                       (20)
                     •   Analiseer bewyse uit bronne.
                     •   Interpreteer en evalueer bewyse uit
                         bronne.
                     •   Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                         betroubaarheid, eensydigheid en               30%
        VLAK 3
                         beperkings vas te stel.                       (15)
                     •   Vergelyk en kontrasteer interpretasies
                         en perspektiewe in die bronne en kom
                         tot onafhanklike gevolgtrekkings.

     1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
         geassesseer word:

          • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
            enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
            voorbeelde.
          • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
            aan die vereistes van die vraag voldoen is.
          • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
            waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
            kursiefgedrukte skrif aangedui.
          • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
            krediet kry vir enige relevante antwoord.
          • Daar word van leerlinge verwag om ŉ standpunt in te neem in die
            beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.

     1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae

          •     Gebruik ŉ regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
          •     Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
                twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
                neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
          •     Indien ŉ vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                   GESKIEDENIS V2                                       3

           Paragraafvraag
           Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
           inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
           word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
           word wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag geassesseer word:
            • Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
              teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
              beantwoord.
            • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
              in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
              beantwoord.
            • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
              paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
              soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ŉ kort kommentaar bv.

           ___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
           _________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
                                                               √√√√ Vlak 2

           Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
           • Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
             punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
                                                                  32
                                                                  50

           • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
             antwoordeboek oorgedra word.

 2. OPSTELVRAE

     2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
         • In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse
            te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
            bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks
            feite of ŉ effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
            gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ŉ opstel ŉ inleiding,
            ŉ samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ŉ slot het.

     2.2 Nasien van opstelvrae
         • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
           word deur die handboeke wat by ŉ spesifieke sentrum gebruik is.
         • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
           as dit wat ingesluit is by ŉ riglyn vir nasien van ŉ spesifieke opstel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                     GESKIEDENIS V2                        (EC/SEPTEMBER 2025)

    2.3 Globale assessering van die opstel
        Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
        benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ŉ geheel sal bepunt
        sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
        moedig die leerder aan om ŉ individuele mening aan te bied deur gebruik te
        maak van geselekteerde feitelike bewyse om ŉ argument te ondersteun. Daar
        sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ŉ beter
        punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
        antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
        van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
        leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
        inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
        ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
        volgende val:
        • Die konstruksie/daarstelling van ŉ argument.
        • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
           ondersteun.
        • Die leerder se interpretasie van die vraag.

    2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel

         2.4.1   Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.

         2.4.2   Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
                 word vir ŉ relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt (‘bullet’) in die
                 nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
                 gekontekstualiseer is en ŉ relevante slotopmerking (aangedui met ŉ
                 kolpunt in die nasienriglyn) bv. ŉ antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
                 sal daar dus 7 regmerkies wees.

         2.4.3   Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ŉ opstel.

                         Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ŉ argument/ŉ
                         duidelike hoofpunt.
                     P
                         Elke paragraaf moet ŉ punt bevat wat die hoofpunt (argument)
                         wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
                         Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                     E   waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
                         met die vraag wat gevra is.
                         Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
                     E   inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
                         voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
                         Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
                     L   deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
                         geskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)                        GESKIEDENIS V2                                     5

         2.4.4    Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
                  word:

                  • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
                     gekontekstualiseer nie
                                                                      ^
                  • Verkeerde stelling             _________________

                  • Irrelevante stelling              |
                                                      |
                                                      |

                  • Herhaling                         R

                  • Analise                           A√

                  • Interpretasie                     I√
                  • Argument                         LVA

 2.5     Die matriks

         2.5.1    Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.

                  By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
                  matriks voorsien word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet
                  beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ŉ Punt word
                  toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
                  die sewe vaardigheidsvlakke.

                  (a)   Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
                        watter mate die hoofmomente gedek is om en die
                        inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.

                                                           I      VLAK 4

                  (b)   Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
                        van die aanbieding bepaal.
                                                           I      VLAK 4
                                                           A      VLAK 5

                  (c)   Ken ŉ algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                           I     VLAK 4
                                                                              }30–33
                                                           A     VLAK 5

 KOMMENTAAR

 •      Vraag herkenbaar in antwoord.
 •      Toon soms bewys van ŉ gestruktureerde en beplande argument.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                                              GESKIEDENIS V2                                               (EC/SEPTEMBER 2025)

     NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
                            VLAK 7               VLAK 6                VLAK 5               VLAK 4              VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1

                        Baie goed
                        beplande en          Baie goed             Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging aangewend     Weinig of geen
AANBIEDING                                   beplande en           gestruktureerde      en gestruktureer.   van ŉ                                     poging om die
                        gestruktureerde                                                                                          om antwoord te
                                             gestruktureerde       opstel.              Bewyse tot ŉ        gestruktureerde en   struktureer.         opstel te
                        opstel. Goeie
                                             opstel. ŉ Relevante   Poog om ŉ            sekere mate         beplande                                  struktureer nie.
                        sintese van                                                                                              Grootliks
                                             argument is           duidelike argument   gebruik om          argument. Poog
                        inligting. Het ŉ                                                                                         beskrywend of
                                             gevolg. Bewyse                             argument te         om ŉ argument vol
                        goed                                       te ontwikkel.
                                             gebruik om die                             ondersteun.         te hou.              poog om argument
                        gebalanseerde,                             Gevolgtrekking
                                             argument te                                Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike                              gemaak uit bewyse
                                             verdedig. Poog om                          grond van bewyse.   duidelik             poging om ŉ
                        argument ontwikkel
                                             ŉ onafhanklike        om die argument te                       ondersteun deur
                        met bewyse.                                                                                              gevolgtrekking te
                        Argument             gevolgtrekking uit    ondersteun.
                                             die bewyse te                                                  bewyse nie.          maak nie.
                        deurgaans
                        volgehou en          maak om die
INHOUD                                       argument te
                        verdedig.
                                             ondersteun.
                        Onafhanklike
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit bewyse
                        om die argument te
                        ondersteun.

VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten            47–50                 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie              43–46                 40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39                 36–37                34–35                30–33                28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
                                                                       30–33                28–29                26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                         26–27                24–25               20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend                                                                                               20–23               18–19                 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                   14–17                  0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

*Riglyne vir die toekenning van ŉ punt in Vlak 1:
 • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer                     = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                            Blaai om asseblief
              Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                     GESKIEDENIS V2                                        7

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:        HOE HET DIE BEËINDIG DIENSPLIG-VELDTOG END
                CONSCRIPTION CAMPAIGN (ECC) DIE APARTHEIDSREGERING
                IN DIE 1980’s UITGEDAAG?

1.1    1.1.1     [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
                 • ‘Black Sash’                                                   (1 x 2)    (2)

       1.1.2     [Definisie van historiese konsep uit Bron 1 A – V1]
                 • Verpligte inskrywing vir diens in ŉ land se weermag
                 • Verpligte militêre diensplig vir wit mans in Suid-Afrika in die 1980’s
                 • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)    (2)

       1.1.3     [Onttrekking van bewyse uit Bron 1 A – V1]
                 • ‘Die uitbreiding van die regte van pligsgetroue gewetens-
                    beswaardes'
                 • ‘Die skep van ŉ stelsel van alternatiewe militêre diens sonder die
                    element van straf’                                          (2 x 1)      (2)

       1.1.4.    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
                 • Hulle het geglo dat apartheid wreed is
                 • Hulle het geglo dat apartheid menseregte van die meeste Suid-
                     Afrikaners skend
                 • Hulle het in vrede geglo
                 • Enige ander relevante antwoord                      (enige 2 x 2)         (4)

       1.1.5     [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
                 • Hulle wou wit oppergesag beskerm
                 • Hulle het die Suid-Afrikaanse regering se beleid van apartheid
                     ondersteun
                 • Enige ander relevante antwoord                        (enige 1 x 2)       (2)

1.2    1.2.1     [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
                 • ‘Geen Oorlog in Namibië’                                       (1 x 1)    (1)

       1.2.2     [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
                 • ‘Hulle het rockkonserte gehou’
                 • ‘Hulle het kermis gehou’
                 • ‘Hulle het anti-oorlog plakkaatuitstallings gehou’
                 • ‘Hulle het plakkers, T-hemde en pamflette gemaak om aan ŉ wye
                    verskeidenheid mense te versprei’.                (enige 2 x 1)          (2)

       1.2.3     [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B ‒ V2]
                 • Om te wys dat almal, ongeag hul agtergrond, die ECC ondersteun
                     het
                 • Om solidariteit met ECC te toon
                 • Om te wys dat mense verenig was in die stryd teen diensplig
                 • Enige ander relevante antwoord                      (enige 2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                     GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

 1.3    1.3.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
                 • Om mense uit te nooi om deel van die fees te wees
                 • Om mense in kennis te stel van die datum, tyd en plek vir die fees
                 • Om mense bewus te maak van die sprekers in die fees
                 • Om hulle te wys dat hulle teen diensplig is
                 • Enige ander relevante antwoord                      (enige 2 x 2)          (4)

        1.3.2    [Evaluering van die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1C ‒ V3]
                 Die bron is BRUIKBAAR omdat:
                 • Dit is ŉ plakkaat wat die ECC in 1985 vervaardig het
                 • Dit wys dat verskillende organisasies die ECC ondersteun het
                 • Die datum op die bron stem ooreen met die tyd toe die ECC teen
                    die apartheidsregering geveg het
                 • Enige ander relevante antwoord                       (enige 2 x 2)         (4)

        1.3.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
                 • ‘Troepe uit’
                 • ‘Stop die oproep’                                              (2 x 1)     (2)

 1.4    1.4.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
                 • ‘Mediadekking van onrusvoorvalle’
                 • ‘Mediadekking van veiligheidsmagoteptredes’
                 • ‘Publikasie van enige ondermynende verklarings’                (3 x 1)     (3)

        1.4.2    [Verduideliking van’n historiese konsep uit Bron 1 D – V2]
                 • Dit is om die polisie en weermag meer mag te gee as wat hulle
                    normaalweg het om betogings en optogte te onderdruk
                 • Dit is ŉ situasie waarin ŉ regering bemagtig is om in staat te wees
                    om beleide deur te voer wat dit tipies nie toegelaat sal word om te
                    doen nie
                 • Mense kon gearresteer word sonder om hof toe te gaan omdat
                    hulle nie militêre opleiding wou doen nie
                 • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)     (2)

        1.4.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                 Hulle wou:
                 • Mense afskrik om by ECC aan te sluit
                 • Verhoed dat die ECC gewild raak
                 • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)     (2)

        1.4.4•   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
                 • Dit was ŉ skending van sy menseregte
                 • Hy het permanente Suid-Afrikaanse burgerskap gehad
                 • As burger het hy die reg gehad om teen die onregverdige
                     dienspligstelsel te protesteer
                 • Hy het nooit die bepalings van sy visa oortree nie
                 • Enige ander relevante antwoord                      (enige 1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                  GESKIEDENIS V2                                     9

 1.5    [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1C om te bepaal hoe hulle mekaar
        ondersteun – V3]
        • Bron 1B dui aan dat die EEC geprotesteer het teen die apartheidsregering
           se betrokkenheid by die Namibiese Oorlog en Bron 1C toon dat die EEC ŉ
           vredesfees gehou het wat ‘Stop die oproep’ en ‘Troepe Uit’ eis
        • Bron 1B dui aan dat die Troepe uit die Township-veldtog deur die ECC
           gehou is en in Bron 1C word getoon dat een van die eise van die ECC
           ‘Troepe Uit’was
        • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2)         (4)

 1.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne ‒
        V3]
        Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
        • Die End Conscription Campaign is in 1983 gestig nadat Black Sash besluit
            het om ŉ organisasie vir gewetensbeswaardes te stig (Bron 1A)
        • Sedert 1967 moes alle wit mans vir een jaar in die weermag dien (eie
            kennis)
        • Die ECC was teen die oorloë op die Suid-Afrikaanse grense en die
            gebruik van die weermag om orde in die townships te handhaaf aangesien
            hulle nie mede-Suid-Afrikaners wou doodmaak nie (Bron 1A en eie
            kennis)
        • Die ECC was gekant teen diensplig en militarisering (Bron 1A)
        • Daar was ŉ groeiende aantal jong mans wat teen nasionale diens begin
            rebelleer het (Bron 1A)
        • Die ECC het geglo dat geen persoon teen hul wil gedwing kan word om
            wapens op te neem en die lewe te neem nie (Bron 1A)
        • Die ECC het veldtogte soos ‘Geen oorlog in Namibië’ en ‘Troepe uit die
            Township’ begin om die apartheidsregering uit te daag (Bron 1B)
        • Die ECC het ook ongewone taktieke gebruik om bewustheid te verhoog
            soos konserte, plakkate (Bron 1B en Bron 1C)
        • Die ECC het verskeie veldtogte teen militêre diensplig geloods (Bron 1B)
        • Die ECC het plakkate vervaardig om jong wit mans te ontmoedig om hul
            militêre diens te doen (Bron 1C)
        • Op 24 Augustus 1993 het die Minister van Verdediging, Kobie Coetzee,
            die einde van diensplig aangekondig (eie kennis)
        • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                   GESKIEDENIS V2                   (EC/SEPTEMBER 2025)

 Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

             •   Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse, bv. toon
                 geen of min begrip oor hoe die ECC die
                 apartheidsregering gedurende die 1980’s             PUNTE
 VLAK 1
                 uitgedaag het.                                       0–2
             •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ paragraaf
                 skryf nie.
             •   Bewyse meestal relevant en hou in ŉ groot mate
                 verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor
                 hoe die ECC die apartheidsregering                  PUNTE
 VLAK 2
                 gedurende die 1980’s uitgedaag het.                  3–5
             •    Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om ŉ
                 paragraaf te skryf.
             •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ŉ
                 deeglike begrip oor hoe die ECC die
                 apartheidsregering gedurende die 1980’s
                                                                     PUNTE
 VLAK 3          uitgedaag het.
                                                                      6–8
             •   Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                 georganiseerde paragraaf en toon begrip van
                 onderwerp.                                                          (8)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                       GESKIEDENIS V2                                      11

 VRAAG 2:       HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                DAARIN GESLAAG OM SLAGOFFERS VAN POLITIEKE
                MISDADE TE HELP OM AFSLUITING TE VIND?

 2.1    2.1.1         [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                      • ‘Minister van Justisie, Dullar Omar’                     (1 x 1)      (1)

        2.1.2         [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V1]
                      • ŉ Groep mense wat deur die regering toevertrou is om ŉ
                         sekere taak te verrig
                      • ŉ Groep mense wat toevertrou is om ŉ saak wat van
                         nasionale belang is, te ondersoek
                      • Enige ander relevante antwoord                   (enige 1 x 2)        (2)

        2.1.3         [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A –V1]
                      • ‘Om Suid-Afrikaners in staat te stel om hul verlede op ŉ
                         moreel aanvaarbare basis te verwerk’
                      • ‘Om die saak van versoening te bevorder’                 (2 x 1)      (2)

        2.1.4         [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A ‒ V2]
                      • Alle menseregteskendings wat deur die ANC gepleeg word,
                          sal ook ondersoek word
                      • Menseregteskendings deur die ANC sal ook dieselfde
                          behandel word as dié van die NP
                      • Enige ander relevante antwoord                (enige 1 x 2)           (2)

        2.1.5         [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
                      • ‘Aartsbiskop Desmond Tutu’
                      • ‘Alex Boraine’                                           (2 x 1)      (2)

 2.2    2.2.1         [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
                      • ‘Universiteitsakademikus’
                      •   ‘Politieke aktivis’                                     (2 x 1)     (2)

        2.2.2         [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
                      • Die WVK-verslag het nooit die moordenaar geïdentifiseer nie
                      • Niemand het aansoek gedoen om amnestie as die
                          moordenaar van Rick Turner nie
                      • Niemand het na vore gekom om die waarheid oor die moord
                          op Rick Turner te openbaar nie
                      • Niemand het verantwoordelikheid vir sy dood geneem nie
                      • Enige ander relevante antwoord                  (enige 2 x 2)         (4)

        2.2.3         [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – L1]
                      • ‘Biko’
                      • ‘Neil Aggett’
                      • ‘Matthew Goniwe’
                      • ‘Sparrow Mkhonto’
                      • ‘Ashley Kriel’                                    (enige 3 x 1)       (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

        2.2.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
                • Die WVK kon nie inligting oor die dood van Rick Turner kry nie
                • Die moordenaar van Rick Turner het nie voor die WVK verskyn
                    en om amnestie aansoek gedoen nie
                • Die veiligheidspolisie het daarin geslaag om hul betrokkenheid
                    by die moord op Rick Turner weg te steek
                • Enige ander relevante antwoord                       (enige 2 x 2)        (4)
 2.3    2.3.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
                • ŉ Eenheid met ŉ uitstekende rekord van die oplos van misdade
                   het nog nooit met ŉ sterk leidraad vorendag gekom nie, wat nog
                   te sê ŉ moordenaar’
                • ‘Dit was selde dat die moordenaar van ŉ wit persoon in ŉ wit
                   woonbuurt in 1987 nie aangekeer is nie’
                • ‘Nog meer buitengewoon, toe die slagoffer deur die polisie
                   dopgehou was’
                                                                     (enige 1 x 2)          (2)
        2.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
                • Die betrokkenheid van die BSV en veiligheidspolisie was ŉ
                    geheim
                • Niemand het voor die WVK verskyn om die waarheid oor die
                    dood van Rick Turner te onthul nie
                • Die persone in magsposisies het diegene blokkeer wat die
                    waarheid oor die betrokkenheid van die BSV en die
                    veiligsheidspolisie wou onthul
                • Enige ander relevante antwoord                      (enige 1 x 2)         (2)
                     •
        2.3.3   [Bepaal die betroubaarheid van Bron 2C – V3]
                Hierdie bron is BETROUBAAR omdat:
                • Hierdie ŉ primêre bron is, ŉ transkripsie van Jann Turner, die
                   dogter van Rick Turner
                • Die datum van die verhoor (24 Oktober 1996) ooreenstem met
                   die datums waarop WVK verhore plaasgevind het
                • Dit die feit beklemtoon dat die veiligheidspolisie nooit die
                   waarheid bekend gemaak het dat hulle betrokke was by die
                   moord op politieke aktiviste nie, wat bevestg word in Bron 2B
                • Enige ander relevante antwoord                         (enige 2 x 2)      (4)

 2.4    2.4.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – L2]
                • Om die mislukkings van die WVK ten opsigte van sake soos Rick
                    Turner te wys
                • Om te wys dat die WVK nie die volle waarheid gekry het oor wat
                    met slagoffers se families gebeur het nie
                • Die inligting wat aan die WVK gegee is, het leemtes gehad soos
                    deur die skeuring getoon
                • Ten spyte daarvan dat die WVK die lig was om die gruweldade
                    van die verlede op te spoor, het dit misluk
                • Enige ander relevante antwoord                      (enige 2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2025)                       GESKIEDENIS V2                                      13

        2.4.2         [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
                      • Daar was leemtes in die bewyse wat WVK ontvang het
                      • Nie almal het na die WVK gekom om die volle waarheid te
                          vertel nie, vandaar die skeuring in die naam Waarheids-en-
                          versoeningskommissie
                      • Die WVK het gebreke gehad aangesien sommige inligting deur
                          die veiligheidspolisie geheim gehou is
                      • Die WVK het uitdagings teëgekom waardeur versoening nie
                          maklik was nie aangesien sommige waarhede nie blootgelê is
                          nie
                      • Sommige slagoffers was nie bereid om hul oortreders te
                          vergewe nie
                      • Nie almal het afsluiting by die WVK-verhore gevind nie
                      • Enige ander relevante antwoord                      (enige 1 x 2)      (2)

        2.4.3         [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V2]
                      • Om vriendskaplike verhoudings tussen die slagoffer en die
                         oortreder te bring
                      • Eenheid tussen ŉ oortreder en die slagoffer
                      • Enige ander relevante antwoord                   (enige 1 x 2)         (2)

 2.5    [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2B en 2C om hul ooreenkomste te
        bepaal ‒ L3]
        • Bron 2C dui aan dat die moordenaars van Rick Turner nooit gevind is nie
           en Bron 2D toon dat die WVK nie altyd daarin geslaag het om die
           waarheid oor gruweldade te openbaar nie
        • Bron 2C dui aan dat Jann Turner nie afsluiting by die WVK kon vind nie,
           en Bron 2D toon dat die WVK nie altyd suksesvol was om slagoffers die
           waarheid te gee wat hulle nodig gehad het om afsluiting te vind nie
           (aangedui deur die kloof tussen waarheid en versoening)
        • Bron 2C dui aan dat slagoffers soos Jann Turner voor die WVK verskyn
           het om die waarheid/geregtigheid vir die moord op haar pa te soek,
           terwyl Bron 2D wys dat slagoffers van gruweldade ŉ platform by die WVK
           gekry het om die waarheid oor hul lyding te onthul
        • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)          (4)

 2.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse vanuit relevante bronne ‒
        V3]

        Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:

        SLAGOFFERS GEHELP OM AFSLUITING TE VIND
        • WVK was om beide oortreders en slagoffers te versoen (Bron 2A)
        • Baie gesinne het ŉ kans gehad om na vore te kom en hul kant van die
          storie te gee (eie kennis)
        • Waarheidvertelling en genesing was die twee doelwitte van die WVK
          (Bron 2A)
        • Nuwe hoop het ontstaan dat Turner se moordenaars geïdentifiseer sal
          word (Bron 2B)
        • Jann Turner het getuienis gelewer oor die moord op haar pa (Bron 2C)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                   GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

        •   Die WVK het ŉ platform aan Jann Turner gebied om die waarheid oor die
            moord op haar pa te soek (Bron 2C)
        •   Die WVK het probeer om slagoffers van politieke misdade te help om
            afsluiting te vind (Bron 2C)
        •   Sommige gesinne kon die waarheid oor die dood van hul geliefdes kry
            (eie kennis)
        •   Die slagoffers kon die oorskot vind en hul families behoorlike begrafnisse
            gee (eie kennis)
        •   Die WVK is gestig om die waarheid oor gruweldade te vind (Bron 1D)
        •   Enige ander relevante antwoord

        HET NIE SLAGOFFERS GEHELP OM AFSLUITING TE VIND NIE
        • Niemand is aanspreeklik gehou vir die moord op Rick Turner nie
           (Bron 2B)
        • Die moordenaar van Rick Turner is nooit geïdentifiseer nie (Bron 2B)
        • Die WVK het nie die reg gehad om mense te dagvaar om na die WVK te
          kom nie om slagoffers se inligting te verskaf oor waar hul geliefdes is om
          te genees (eie kennis)
        • Sommige gesinne was nie in staat om die waarheid oor die dood van hul
          geliefdes te kry nie (Bron 2C)
        • Daar was ŉ muur van stilte van die veiligheidspolisie oor die moord op
          Rick Turner (Bron 2C)
        • Die WVK kon nie nuwe inligting oor die moord op Rick Turner kry nie
          (Bron 2C)
        • Jann Turner het nie afsluiting gevind nie aangesien die waarheid nie
          bekend gemaak is nie (Bron 2C)
        • Die WVK het nie daarin geslaag om versoening vir slagoffers te bring nie,
          aangesien sommige van die politieke misdade nie blootgelê is nie
          (Bron 2D)
        • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2025)                    GESKIEDENIS V2                                 15

 Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

               •   Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse, bv.
                   toon geen of min begrip of die Waarheids-en-
                   Versoeningskommissie (WVK) daarin
                                                                     PUNTE
  VLAK 1           geslaag het om slagoffers van politieke
                                                                      0–2
                   misdade te help om afsluiting te vind.
               •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ
                   paragraaf skryf nie.
               •   Bewyse meestal relevant en hou in ŉ groot
                   mate verband met die onderwerp, bv. toon
                   begrip of die Waarheids-en-Versoenings-
                   kommissie (WVK) daarin geslaag het om             PUNTE
  VLAK 2
                   slagoffers van politieke misdade te help om        3–5
                   afsluiting te vind.
               •   Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om ŉ
                   paragraaf te skryf.
               •   Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ŉ
                   deeglike begrip of die Waarheids-en-
                   Versoeningskommissie (WVK) daarin
                   geslaag het om slagoffers van politieke           PUNTE
  VLAK 3
                   misdade te help om afsluiting te vind.             6–8
               •   Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                   georganiseerde paragraaf en toon begrip van die
                   onderwerp.                                                        (8)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                                  GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

 VRAAG 3:       HOE HET HANDELSLIBERALISERING TOT WERKSVERLIES IN
                SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF IN DIE 1990’s
                BYGEDRA?

 3.1    3.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
                • ‘Marrakesj Algemene Ooreenkoms op Tariewe en Handel’
                • ‘Wêreldhandelsorganisasie se ooreenkoms’             (2 x 1)           (2)

        3.1.2   [Definisie van historiese konsep uit Bron 3A – V2]
                • Die opheffing van beperkings op handel in die klere- en
                   tekstielbedryf
                • Minimalisering van die regering se beperkings en regulasies in ŉ
                   ekonomie
                • Enige ander relevante antwoord                       (enige 1 x 2)     (2)

        3.1.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
                • Plaaslike produksie het afgeneem as gevolg van die Marrakesj-
                    ooreenkoms
                • Baie klerevervaardigers was traag om die nuwe mededingende
                    omgewing in die gesig te staar
                • Baie maatskappye ondervind finansiële probleme, wat tot die
                    sluiting van besighede gelei het
                • Enige ander relevante antwoord                     (enige 2 x 2)       (4)

        3.1.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
                • ‘Ondoeltreffendheid’
                • ‘Korrupsie’                                                (2 x 1)     (2)

 3.2    3.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
                • ‘Hammarsdale’                                              (1 x 2)     (2)

        3.2.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
                • ‘Dit het begin wegvreet aan Hammarsdale se ekonomie’
                • ‘Massiewe werkgewers, soos die tekstielreus die Frame-groep,
                   het uit die dorp weggetrek’
                • ‘Duisende werksgeleenthede het verlore gegaan’     (enige 2 x 1)       (2)

        3.2.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
                • Het tot swaarkry vir die gemeenskap van Hammarsdale gelei
                • Die aankoms van goedkoop goedere het tot ŉ hoë
                    werkloosheidsyfer gelei
                • Baie mense kon nie kos vir hul gesinne bekostig nie
                • Mense ly honger in Hammarsdale
                • Hammarsdale het ekonomiese resessie beleef
                • Hammarsdale het ekonomiese uitdagings ervaar
                • Enige ander relevante antwoord                      (enige 2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2025)                    GESKIEDENIS V2                                      17

        3.2.4    [Definisie van historiese konsep uit Bron 3B – V1]
                 • Die rassesegregasiebeleide in Suid-Afrika vanaf 1948 tot die
                    vroeë 1990’s
                 • Rassediskriminasie waar die apartheidsregering verseker het dat
                    wit Suid-Afrikaners beter werk en geleenthede as swart Suid-
                    Afrikaners het
                 • Enige ander relevante antwoord                      (enige 1 x 2)        (2)

        3.2.5    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
                 • Die verlies aan werksgeleenthede deur mense in Hammarsdale
                     was die laaste strooi
                 • Die situasie in Hammarsdale was sleg, en daar was geen manier
                     van ekonomiese herstel nie
                 • Die tekstielbedryf was die enigste hoop vir Hammarsdale
                 • Enige ander relevante antwoord                     (enige 1 x 2)         (2)

 3.3    3.3.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
                 • Die plakkaat dra ŉ boodskap oor dat klerefabrieke van sluiting
                     gered moet word
                 • Dit is vervaardig om die lot van werkers in klere- en
                     tekstielfabrieke uit te lig
                 • Enige ander relevante antwoord                             (2 x 2)       (4)

        3.3.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
                 • COSATU wou wys dat hulle die werkers ondersteun wie hul werk
                     verloor het
                 • COSATU was teen die sluiting van fabrieke
                 • COSATU het plaaslike vervaardigers in Suid-Afrika ondersteun
                 • COSATU wou ingryping van die regering hê
                 • Enige ander relevante antwoord                     (enige 2 x 2)         (4)

 3.4    3.4.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
                 • ‘Prys’
                 • ‘Gehalte’
                 • ‘Beskikbaarheid’                                             (3 x 1)     (3)

        3.4.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
                 Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie /SACTWU         (1 x 1)      (1)

        3.4.3    [Bepaal die bruikbaarheid van Bron 3C ‒ L3]
                 Die bron is BRUIKBAAR omdat:
                 • DHN baie werk gered het en meer werk geskep deur afleggings
                    te beëindig
                 • Mense deur DHN aansporings gegee is
                 • Dit die rol wat die Suid-Afrikaanse regering in die herlewing van
                    die klere- en tekstielsektor gespeel het, toon
                 • Biljoen rande deur die regering in die klerebedryf belê is
                 • Enige ander relevante antwoord                         (enige 2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 18

18                                  GESKIEDENIS V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

 3.5    [Vergelyking van bewyse uit Bron 3C en 3D om te bepaal hoe hulle mekaar
        ondersteun het – L3]
        • Bron 3C wys dat COSATU teen werkverliese, protesteer Bron 3D verwys
           na werkverliese
        • Bron 3C toon dat daar ŉ uitroep van die vakbond was om die
           klerebedrywe te red en Bron 3D noem dat die tekstielbedrywe deur
           staatsinmenging gered is
        • Beide bronne verwys na die redding van die tekstiel-/klerebedryf
        Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)      (4)

 3.6    [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

        Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
        • Suid-Afrika het die GATT en die WHO onderteken, wat tot
          handelsliberalisering gelei het (Bron 3A)
        • Tariewe van ontwikkelde lande is verlaag sodat hulle hul goedere in
          ontwikkelende lande kon verhandel sonder regeringsinmenging
          (Bron 3A)
        • Suid-Afrika het begin om tariewe op die invoer van klere en
          tekstielprodukte te liberaliseer (Bron 3A)
        • Die regering het nie by handel ingemeng nie (Bron 3A)
        • Klere van lande soos China en Pakistan het Suid-Afrika sonder enige
          betaling van doeane binnegekom (Bron 3A)
        • Goedkoop klere van China, Indië en Pakistan het die plaaslike mark
          begin bestee (Bron 3A)
        • Die vraag na Suid-Afrikaanse klere en tekstielprodukte het begin afneem
          (Bron 3A)
        • Klere- en tekstielfabrieke het hul deure begin sluit (Bron 3B)
        • Die ekonomie in Hammarsdale het gedaal weens handelsliberalisering
          (Bron 3B)
        • Klere- en tekstielfabrieke het begin om hul deure te sluit en werkers af te
          lê wat ŉ negatiewe impak op die gemeenskap gehad het/wat tot armoede
          en honger gelei het/mense wat op leë mae gaan slaap (Bron 3B)
        • Jongmense kon nie werk in Hammarsdale kry nie (Bron 3B)
        • COSATU het met oor protes werkverliese begin (Bron 3C)
        • COSATU het met protes begin omdat fabrieke in KwaZulu-Natal en
          Kaapstad toegemaak het (Bron 3C)
        • Die regering moes ŉ groot bedrag geld belê om die klere-, tekstiel-,
          skoene- en leersektore te help om te herstel (Bron 3D)
        • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2025)                  GESKIEDENIS V2                            19

 Gebruik die volgende rubriek om ŉ punt toe te ken:

                 • Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse,
                   bv. toon geen of min begrip oor hoe
                   handelsliberalisering tot werkverliese
                   in Suid-Afrika se klere- en
   VLAK 1                                                     PUNTE
                   tekstielbedryf in die 1990’s bygedra
                                                               0–2
                   het.
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ
                    paragraaf skryf nie.
                 • Bewyse is meestal relevant en hou in ŉ
                   groot mate verband met die onderwerp,
                   bv. toon begrip oor hoe
                   handelsliberalisering tot werkverliese
                                                              PUNTE
   VLAK 2          in Suid-Afrika se klere- en
                                                               3–5
                   tekstielbedryf in die 1990’s bygedra
                   het.
                 • Gebruik bewyse op ŉ basiese manier om
                    ŉ paragraaf te skryf.
                 • Gebruik relevante bewyse bv.
                   demonstreer ŉ deeglike begrip oor hoe
                   handelsliberalisering tot werkverliese
                   in Suid-Afrika se klere- en
                                                              PUNTE
   VLAK 3          tekstielbedryf in die 1990’s bygedra
                                                               6–8
                   het.
                 • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ
                    georganiseerde paragraaf en toon begrip
                    oor die onderwerp.                                          (8)
                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 20

20                                 GESKIEDENIS V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
               KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

 [Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
 bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

 SINOPSIS
 Kandidate moet aandui tot watter mate die Swart Bewussynsbeweging wat deur
 Steve Biko geïnisieer is, ŉ deurslaggewende rol gespeel het om swartes aan te
 moedig om die apartheidsregering in die 1960’s en 1970’s uit te daag.

 HOOFASPEKTE
 Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

 Inleiding:   Kandidate moet standpunt inneem en aandui tot watter mate die
              Swartbewussynsbeweging wat deur Steve Biko geïnisieer is, ŉ
              deurslaggewende rol gespeel het om swartes aan te moedig om die
              apartheidsregering in die 1960’s en 1970’s uit te daag.

 UITBREIDING
 • Rede vir die stigting van die Swartbewussynsbeweging (Agtergrond)
 • SB maak swart mense bewus van die euwels van apartheid
 • SB kweek ŉ gevoel van eiewaarde en selfvertroue by swart Suid-Afrikaners
 • Dit herstel swart trots
 • Dit het die manier waarop swart Suid-Afrikaners hulself gesien het, verander
 • Dit het hulle bemagtig om apartheid te konfronteer
 • Biko het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om hulself te laat geld en dinge vir
    hulself te doen
 • Elimineer die gevoel van minderwaardigheid en daag die regering uit
 • Stigting van SASO (swart studente daag die regering uit)
 • SASO het BC-idees oor die kampusse van etnies geskeide universiteite versprei
 • SASO het swart eenheid en solidariteit bevorder
 • Studente meer polities bewus gemaak
 • Aanmoediging van studente om hulself van apartheid te bevry
 • Biko het selfbevryding bevorder
 • Hy het geglo dat assosiasie met blankes die bevrydingstryd ondoeltreffend maak
    en dat swartes hulself moet bevry
 • Selfhelpgroepe vir swart gemeenskappe gestig met ander BC-leiers
 • SB-idees is in SASO-nuusbriewe gepubliseer
 • In 1972 is die Black People’s Convention gevorm (swartes daag die regering uit)
 • Gemik daarop om swart mense van beide sielkundige en fisiese onderdrukking
    te bevry
 • Selfhelpprojekte is op die been gebring, bv. Zanempilo Clinic, Ginsburg en
    Zimele Trust Fonds
 • Het gelei tot die stigting van die Black Allied Workers Union in 1972 (swart
    werkers uitdaging apartheidsregering)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2025)                   GESKIEDENIS V2                                      21

 •   SB het leerdes beïnvloed, wat tot die vorming van SASM gelei het
 •   Bantoe-onderwys het Afrikaans as onderrigmedium in skole in 1975 ingestel
 •   SASO en SASB het studente beïnvloed in die stigting van die Soweto-Studente
     verteenwoordigenderaad (SSVR)
 •   Beide swart onderwysers en leerders het Afrikaans verwerp aangesien hulle dit
     as die taal van die onderdrukker beskou het
 •   Die departementele omsendbrief oor Afrikaans (50/50) het die Soweto-opstand
     ontketen
 •   Op 16 Junie 1976 het studente vreedsaam teen die implementering van hierdie
     omsendbrief betoog
 •   Die polisie het gereageer deur op die betogers te skiet; die eerste slagoffer was
     die 13-jarige Hector Peterson.
 •   Aanvanklik was die Suid-Afrikaanse regering nie bekommerd oor die SBB en dit
     het gelyk in lyn met sy beleid van afsonderlike ontwikkeling
 •   SBB het sterker geword en ŉ uitdaging aan die staat gestel
 •   Dit het ŉ massabeweging geword wat apartheid wou ondermyn
 •   Biko se toesprake het swart Suid-Afrikaners aangemoedig om apartheid te
     verwerp
 •   SB-idees het die werkers aangehits om met stakings te begin
 •   SBB het disinvesterings ondersteun
 •   Verban en huisarres van Biko en ander leiers
 •   SB-leiers is verbied om in die openbaar te praat
 •   BPC-aktiviste is sonder verhoor aangehou
 •   SASO is op universiteitskampusse verbied
 •   Biko is gearresteer en ondervra
 •   Biko is in 1977 wreed deur die veiligheidspolisie vermoor
 •   Enige ander relevante antwoord

 Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met ŉ relevante slot.                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 22

22                                  GESKIEDENIS V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 5:     DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
             AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante
bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die stelling, dat die pad na
demokrasie gevul was met uitdagings wat onderhandeling byna tot stilstand gebring
het, maar die sterk leierskap en toewyding wat deur die Nasionale Party-regering en
die African National Congress getoon is tydens die onderhandelingsproses wat in
1990 begin het, het ŉ deurslaggewende rol in die fasilitering van die eerste
demokratiese verkiesings in 1994 gespeel. Kandidate moet hul argument met
relevante bewyse ondersteun.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:

Inleiding:   Kandidate moet ŉ standpunt inneem deur saam te stem of nie saam te
             stem met die stelling dat die pad na demokrasie gevul was met
             uitdagings wat onderhandelinge byna gestop het. Die sterk leierskap en
             toewyding wat beide die Nasionale Party-regering en die African
             National Congress getoon het tydens die onderhandelingsproses wat in
             1990 begin het, het egter ŉ deurslaggewende rol in die fasilitering van
             die eerste demokratiese verkiesings in 1994 gespeel. Hulle moet ŉ
             uiteensetting verskaf van die inhoud wat hulle sou gebruik om hul
             argumentasie te ondersteun.
UITBREIDING
• FW De Klerk het PW Botha in 1989 vervang en stel hervorming voor
• Vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 en ander verbanne politieke
    leiers in 1990 (leierskap deur De Klerk)
• Ontbanning van die ANC, die PAC en die SAKP en ander verbode partye
   (toegewydheid deur ANC en NP)
• Groote Schuur Minuut, 2 Mei 1990
• Politieke partye verbind hulself om geweld te beëindig en te onderhandel
   (toegewydheid deur ANC en NP)
• Geweld in die Vaal Driehoek (uitdaging)
• Handgranaataanvalle by die Melrose House Museum 24 Mei 1990 (uitdaging)
• Pretoria Minuut in Augustus 1990 – ANC het gewapende stryd opgeskort en NP
   hef die noodtoestand op (toegewydheid deur ANC en NP)
• Nagaanval op ŉ plakkerskamp in Thokoza (uitdaging)
• Die Nasionale Vredes-ooreenkoms (14 September 1990) geteken deur 27
   politieke partye – bied veiligheidsnet vir onderhandelinge
• KODESA 1 (20 Desember 1991) – 19 politieke partye behalwe vir KP en PAC
    (toegewydheid)
• Die Verklaring van Voorneme – partye het ooreengekom om ŉ nuwe grondwet op
   en tussentydse regering te stig
• Slegs-blankes referendum (toegewydheid en leierskap deur De Klerk) ‒
   De Klerk het wit mening getoets nadat hy drie tussenverkiesings aan CP verloor
   het

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 SEPT2015 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-memo-afr/9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222) — History · Memo · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-english/7ebc175c-3acc-4751-b898-2a770db59777) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2023-sesotho/478b2586-d05f-4248-a960-3b5c744dc151) — History · Addendum · 2023 · Sesotho
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2022-english/e5d10556-c154-433f-8fd2-98646e28994c) — History · Addendum · 2022 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2019-english/ee9068f3-f0ae-4df5-91cf-0f91d2112d6b) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-addendum-sept-2018-eng-d/812c8729-7ad5-4b83-a4e4-b51692a55c08) — History · Addendum · 2018 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
