# History Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2012-afr/016a99a3-cc8c-4a4c-8d25-0f8f44a12695
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2012-afr/016a99a3-cc8c-4a4c-8d25-0f8f44a12695)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                                NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            2                            DBE/November 2012
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud, soos in
       die riglyndokument vervat is, gebaseer is:

      VRAAG 1:          WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE
                        USSR IN 1989?
                        •    Op die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika

      VRAAG 2:          WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE
                        USSR IN 1989 OP AFRIKA?

                        •    Gevallestudie: Angola

      VRAAG 3:          HOE HET SUID-AFRIKA AS 'N DEMOKRASIE UIT DIE
                        KRISISSE VAN DIE 1990's NA VORE GETREE?

      VRAAG 4:          HANTERING VAN DIE VERLEDE EN KYK NA DIE
                        TOEKOMS: DIE WERK VAN DIE WAARHEIDS-EN-
                        VERSOENINGSKOMMISSIE

2.       Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en
         30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag toegeken word.

3.       Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord.

4.       In die beantwoording van vrae behoort kandidate hulle kennis, vaardighede
         en insig toe te pas.

5.       Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. Die
         bronne in die addedum is vertaal.

6.       Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               3                              DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 1: HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJETUNIE TOT DIE
         BEËINDIGING VAN APARTHEID IN SUID-AFRIKA IN 1989
         BYGEDRA?

Bestudeer Bron 1A, 1B en 1C en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.
         1.1.1        Waarom het die USSR nie meer die ANC se gewapende stryd
                      gesteun nie?                                    (1 x 2)                       (2)

         1.1.2        Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om die begrip
                      veelparty-demokrasie te omskryf.                            (1 x 2)           (2)

         1.1.3        Verduidelik die faktore wat die ANC gemotiveer het om met die
                      Nasionale Party te begin onderhandel.                  (2 x 2)                (4)

         1.1.4        Waarom het die UDF die volgende boodskap aan township-
                      inwoners oorgedra: 'onderhandelings 'n aanvaarbare alternatief
                      was vir die opstande'?                                (2 x 2)                 (4)
1.2      Bestudeer Bron 1B.
         1.2.1        Waarom, volgens die bron, is Mandela vrygelaat? (Uittreksel 1)
                                                                                  (2 x 1)           (2)

         1.2.2        Verduidelik tot watter mate jy sou saamstem met die stelling:
                      'Die ANC was voorheen 'n instrument van Russiese
                      ekspansionisme in Suidelike Afrika.' (Uittreksel 1)  (2 x 2)                  (4)

         1.2.3        Lewer kommentaar daarop of die ontbanning van die ANC die
                      politieke situasie in Suid-Afrika genormaliseer het. (Uittreksel 1)
                                                                                      (2 x 2)       (4)

         1.2.4        Hoe het die val van kommunisme in Oos-Europa die Suid-
                      Afrikaanse regering gedwing om 'n proses van onderhandelings
                      met die ANC te begin? (Uittreksel 2)                 (1 x 3)                  (3)

1.3      Gebruik Bron 1C.
         1.3.1        Hoe dink jy sou die volgende op De Klerk se parlementêre
                      toespraak gereageer het: (Geskrewe bron)

                      (a)    Konserwatiewe wit Suid-Afrikaners
                      (b)    Die meeste swart Suid-Afrikaners                         (2 x 2)       (4)

         1.3.2        Gebruik die inligting uit die visuele bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op die betekenis van die koerantopskrif:
                      ANC ontban
                      'Die tydperk van geweld is verby.
                      Die tyd vir heropbou en versoening het aangebreek ...'          (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              4                           DBE/November 2012
                                           NSS

1.4      Verwys na Bron 1A, 1B en 1C. Verduidelik watter EEN van die drie bronne jy
         as die bruikbaarste sou beskou vir 'n historikus wat navorsing doen oor die
         tydperk van die val van die USSR en die invloed daarvan op Suid-Afrika.
                                                                               (2 x 2)          (4)

1.5      Gebruik die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf
         van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die gevolge van die
         ontbanning van die ANC op die Suid-Afrikaanse politiek verduidelik.                    (8)

1.6      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
         lank wees.)

         Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.6.1 OF VRAAG 1.6.2.

         1.6.1        Verduidelik hoe die val van die Sowjetunie tot die beëindiging van
                      apartheid in Suid-Afrika in 1989 bygedra het.                             (30)

                                                     OF

         1.6.2        Dit was die val van die Berlynse Muur, gepaard met die
                      staatsmanskap van FW de Klerk, wat die weg gebaan het vir
                      politieke veranderings in Suid-Afrika.

                      Stem jy met hierdie stelling saam? Staaf jou antwoord deur die
                      inligting uit AL die bronne en jou eie kennis te gebruik.                 (30)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              5                            DBE/November 2012
                                           NSS

VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS ANGOLA IN SY HERVOORSTELLING NA DIE
         VAL VAN KOMMUNISME IN 1989?

Bestudeer Bron 2A, 2B en 2C en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Noem die DRIE lande wat tussen 1987 en 1988 by die Angolese
                      burgeroorlog betrokke was.                           (3 x 1)              (3)

         2.1.2        Watter faktore het FAPLA se bondgenote gemotiveer om Angola in
                      1988 te verlaat?                                       (2 x 2)            (4)

         2.1.3        Verduidelik die verwysing na die woorde 'Uitbreiding of
                      onderhandeling' in die konteks van die konflik in Angola. (2 x 2)         (4)

         2.1.4        Waarom het Suid-Afrika by die konflik in Angola betrokke geraak?
                                                                                  (1 x 2)       (2)

         2.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die begrip
                      glasnost te definieer.                                    (1 x 2)         (2)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1        Wat het die leiers van die MPLA en UNITA verhinder om
                      konsensus te bereik?                            (1 x 2)                   (2)

         2.2.2        Verduidelik in watter opsigte die Bicesse Vredesooreenkoms van
                      1991 vir Angola van belang was.                        (2 x 2)            (4)

         2.2.3        Lewer kommentaar daarop of president Dos Santos geregverdig
                      was om met die burgeroorlog in Angola voort te gaan. (2 x 2)              (4)

2.3      Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1        Verduidelik die boodskap van die foto met betrekking tot die
                      burgeroorlog in Angola.                              (2 x 2)              (4)

         2.3.2        Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n
                      historikus wat navorsing doen oor die konflik in Angola in die
                      1990's.                                                (2 x 2)            (4)

2.4      Vergelyk Bron 2B en Bron 2C en verduidelik hoe hierdie bronne mekaar
         ondersteun met betrekking tot UNITA se rol in die Angolese konflik. (2 x 2)            (4)

2.5      Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
         AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe Kuba by die konflik
         in Angola betrokke geraak het.                                                         (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             6                            DBE/November 2012
                                          NSS

2.6      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
         lank wees.)

         Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.6.1 OF VRAAG 2.6.2.

         2.6.1        Bespreek tot watter mate hervoorstelling vir Angola moontlik was
                      na die val van kommunisme in 1989.                                       (30)

                                            OF

         2.6.2        Die einde van die Koue Oorlog het 'n nuwe era vir die geskiedenis
                      van Angola ingelui.

                      Stem jy met hierdie stelling saam? Staaf jou antwoord deur die
                      gebruik van AL die bronne en jou eie kennis.                             (30)
                                                                                               [75]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               7                             DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 3: WAT WAS DIE VERSKILLENDE STRUIKELBLOKKE WAARVOOR
         SUID-AFRIKA TE STAAN GEKOM HET OP DIE WEG NA
         DEMOKRASIE?

Gebruik Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Waarom, volgens die bron, word 2 Februarie 1990 as 'n belangrike
                      datum in die geskiedenis van Suid-Afrika beskou?          (2 x 1)           (2)

         3.1.2        Verduidelik of jy saamstem met FW de Klerk se stelling 'dat hy 'n
                      dwaas sou gewees het om nie voordeel te trek uit die gaping wat
                      die val van kommunisme in Oos-Europa verleen het nie'.    (2 x 2)           (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.
         3.2.1        Wat dink jy het Treurnicht bedoel toe hy beweer het dat De Klerk
                      'die tier in die Afrikaner wakker gemaak het'?           (1 x 2)            (2)

         3.2.2        Verduidelik of Treurnicht geregverdig was in sy kommentaar teen
                      De Klerk.                                               (2 x 2)             (4)

         3.2.3        Gee TWEE redes uit die bron wat te kenne gee dat Treurnicht
                      gekant was teen De Klerk se visie vir 'n nuwe Suid-Afrika. (2 x 1)          (2)

3.3      Gebruik Bron 3C.
         3.3.1        Verduidelik die boodskappe van die spotprent.                 (2 x 2)       (4)

         3.3.2        Lewer kommentaar daarop of die spotprenttekenaar 'n akkurate
                      weergawe van gebeure gee. Gebruik die visuele leidrade in die
                      spotprent om jou antwoord te ondersteun.              (2 x 2)               (4)
3.4      Vergelyk Bron 3B en Bron 3C. Verduidelik tot watter mate hierdie bronne
         eenders is met betrekking tot die Konserwatiewe Party se reaksie op die
         politieke veranderings in Suid-Afrika.                           (2 x 2)                 (4)
3.5      Raadpleeg Bron 3D.
         3.5.1        Volgens Uittreksel 1, waarom het die AWB die Wêreld-
                      handelsentrum ingeval?                       (1 x 1)                        (1)
         3.5.2        Verduidelik of jy saamstem met die manier waarop die
                      polisiemanne teenoor die AWB-opstokers opgetree het.
                      (Uittreksel 1)                                 (2 x 2)                      (4)
         3.5.3        Watter impak het die bestorming van die Wêreldhandelsentrum op
                      die onderhandelingsproses gehad? (Uittreksel 2)          (1 x 2)            (2)
         3.5.4        Lewer kommentaar op die belangrikheid van die oorgangsklousule
                      ('sunset clause') soos voorgestel deur Joe Slovo. (Uittreksel 2)
                                                                                    (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              8                            DBE/November 2012
                                           NSS

3.6      Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
         AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe regsgesinde groepe
         gedurende die vroeë 1990's probeer het om die onderhandelingsproses in
         Suid-Afrika te ontwrig.                                                                 (8)

3.7      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
         lank wees.)

         Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.7.1 OF VRAAG 3.7.2.

         3.7.1        Verduidelik die verskillende struikelblokke waarvoor Suid-Afrika se
                      hoofrolspelers op die weg na demokrasie vanaf 1990 tot 1994 te
                      staan gekom het.                                                           (30)

                                             OF

         3.7.2        FW de Klerk se mylpaaltoespraak van 2 Februarie 1990 het
                      effektief 'n einde aan die wit minderheidsregering in Suid-Afrika
                      gebring.

                      Stem jy met hierdie stelling saam? Staaf jou argument deur die
                      inligting uit AL die bronne en jou eie kennis te gebruik.                  (30)
                                                                                                 [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               9                              DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 4: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         SUID-AFRIKA SE VERLEDE HANTEER?

Gebruik Bron 4A, 4B en 4C en beantwoord die vrae wat volg.

4.1      Verwys na Bron 4A.

         4.1.1        Volgens Desmond Tutu, wat was die doelwitte van die WVK?
                      (Geskrewe bron)                                     (2 x 1)                    (2)

         4.1.2        Verduidelik die term versoening in jou eie woorde.
                      (Geskrewe bron)                                                 (1 x 2)        (2)

         4.1.3        Hoe het Tutu seker gemaak dat beide slagoffers en oortreders die
                      WVK-verhore bygewoon het?                                (1 x 2)               (2)

         4.1.4        Watter boodskap oor die WVK dra die spotprenttekenaar oor?
                      (Visuele bron)                                           (1 x 3)               (3)

         4.1.5        Verduidelik wat Dullah Omar aangespoor het om die volgende
                      stelling te maak: 'As ons nie uitvind wat daarin is nie, gaan dit altyd
                      by ons bly spook!' (Visuele bron)                              (2 x 2)         (4)

         4.1.6        Vergelyk die visuele en geskrewe bronne. Verduidelik hoe hierdie
                      bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die redes vir die
                      totstandkoming van die WVK.                              (2 x 2)               (4)

4.2      Gebruik Bron 4B.

         4.2.1        Waarom, dink jy, het mev. Calata besluit om haar getuienis voor
                      die WVK te lewer?                                        (1 x 2)               (2)

         4.2.2        Wat het mnr. Smith gemotiveer om te vra dat die verhoor moet
                      verdaag?                                               (1 x 2)                 (2)

         4.2.3        Verduidelik waarom jy hierdie bron as waardevol sal beskou vir 'n
                      historikus wat die werk van die WVK bestudeer.           (2 x 2)               (4)

4.3     Lees Bron 4C.

        4.3.1        Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om kommentaar
                     te lewer daarop of jy sou saamstem met FW de Klerk se stelling
                     dat 'baie gruweldade (wreedhede) van die verlede nie behoorlik
                     ondersoek is nie'.                                          (2 x 2)            (4)

        4.3.2        Hoe verskil die sienings van FW de Klerk en Cyril Ramaphosa met
                     betrekking tot die werk van die WVK? Verwys spesifiek na die
                     woord 'heksejag' in jou antwoord.                        (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               10                            DBE/November 2012
                                            NSS

4.4      Verwys na Bron 4A, 4B en 4C. Kies en verduidelik watter EEN van hierdie
         bronne jy as die bruikbaarste sou beskou vir 'n historikus wat die werk van
         die WVK bestudeer.                                                   (2 x 2)          (4)

4.5      Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer
         AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die werk van die WVK assesseer.              (8)

4.6      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
         lank wees.)

         Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.6.1 OF VRAAG 4.6.2.

         4.6.1        Bespreek hoe die Waarheids-en-versoeningkommissie probeer het
                      om Suid-Afrika van sy verdeelde verlede te genees. Gebruik
                      relevante voorbeelde uit die WVK-verhore om jou antwoord te
                      ondersteun.                                                              (30)

                                                      OF

         4.6.2        In 'n onderhoud met Tim Modise het Desmond Tutu beweer dat
                      'ons 'n redelike gedeelte van die waarheid gekry het'.

                      Gebruik die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n
                      opstel waarin jy die akkuraatheid van hierdie stelling assesseer.        (30)
                                                                                               [75]

                                                                                TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2012-memo-afr/57d227c3-6da3-41b0-b3c2-be9f492cb525) — History · Memo · 2012 · Afr
- [HIST P2 S12 QP Eng(Add)](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-s12-qp-eng-add/10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60) — History · QP · 2012 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
