# History Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-afr/18a6df77-5bb1-47d4-a7e7-af9b9973c8b6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-afr/18a6df77-5bb1-47d4-a7e7-af9b9973c8b6)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V2

                                  NOVEMBER 2013

  PUNTE: 150

  TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            2                                DBE/November 2013
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud, soos in
       die riglyndokument vervat, gebaseer is.

      VRAAG 1:          WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE
                        USSR IN 1989?
                        •    Op die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika

      VRAAG 2:          WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE
                        USSR IN 1989 OP AFRIKA?

                        •    Gevallestudie: Angola

      VRAAG 3:          HOE HET SUID-AFRIKA AS 'N DEMOKRASIE UIT DIE
                        KRISISSE VAN DIE 1990's NA VORE GETREE?

      VRAAG 4:          HANTERING VAN DIE VERLEDE EN KYK NA DIE
                        TOEKOMS: DIE WERK VAN DIE WAARHEIDS-EN-
                        VERSOENINGSKOMMISSIE

2.       Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en
         30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag toegeken word.

3.       Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord.

4.       Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hulle kennis, vaardighede
         en insig toepas.

5.       Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

6.       Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys.

7.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               3                                  DBE/November 2013
                                            NSS

VRAAG 1: HOE HET DIE VAL VAN KOMMUNISME IN DIE USSR POLITIEKE
         VERANDERINGE IN SUID-AFRIKA IN DIE 1990's BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die vrae wat volg te beantwoord.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Watter hervormings het Gorbachev ingestel toe hy in 1985 in die
                      USSR aan bewind gekom het?                              (2 x 1)            (2)

         1.1.2        Verduidelik die term Koue Oorlog in jou eie woorde.           (1 x 2)      (2)

         1.1.3        Noem TWEE gevolge van Gorbachev se hervormings in
                      Oos-Europa.                                 (2 x 1)                        (2)

1.2      Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1        Verduidelik die boodskappe wat die spotprenttekenaar oordra.
                      Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te
                      ondersteun.                                               (2 x 2)          (4)

         1.2.2        Lewer kommentaar op hoe die VSA-regering sou gereageer het
                      toe hulle hierdie spotprent gesien het.             (2 x 2)                (4)

1.3      Gebruik die inligting in Bron 1A en 1B en jou eie kennis en verduidelik hoe
         hierdie bronne mekaar ondersteun met betrekking tot politieke veranderinge
         in die Sowjetunie.                                                  (2 x 2)             (4)

1.4      Lees Bron 1C.

         1.4.1        Waarom het die val van die Berlynse Muur die NP en die ANC
                      gedwing om met onderhandelings te begin? Ondersteun jou
                      antwoord met relevante redes.                        (2 x 2)               (4)

         1.4.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
                      J Daniel met die volgende stelling te kenne gee het: '... die
                      probleem vir die wit minderhede was die regmatige strewes van die
                      swart meerderheid.'                                            (1 x 3)     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               4                                 DBE/November 2013
                                            NSS

1.5      Raadpleeg Bron 1D.

         1.5.1        Waarom, volgens De Klerk, was dit nodig om met dialoog en
                      samesprekings met 'verstandige leiers' te begin?    (1 x 2)               (2)

         1.5.2        Hoe dink jy sou die volgende op De Klerk se besluit om Nelson
                      Mandela vry te laat, reageer:

                      (a)   Die meerderheid swart Suid-Afrikaners
                      (b)   Konserwatiewe wit Suid-Afrikaners                       (2 x 2)     (4)

         1.5.3        Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron (Uittreksel 1) vir 'n
                      geskiedkundige wat die faktore bestudeer wat tot die beëindiging
                      van apartheid in Suid-Afrika gelei het.                     (2 x 2)       (4)

         1.5.4        Verduidelik of jy saamstem met Esterhuyse se siening dat die
                      African National Congress (ANC) onkant betrap is met De Klerk se
                      parlementêre toespraak op 2 Februarie 1990.              (1 x 2)          (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         uitwerking wat Gorbachev se beleid op beide die Nasionale Party-regering en
         die African National Congress gehad het, verduidelik.                                  (8)

1.7      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
         lank wees.)

         Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 1.7.1 OF VRAAG 1.7.2.

         1.7.1        Bespreek hoe die val van kommunisme in die USSR, Suid-Afrika
                      in die 1990's beïnvloed het om politieke veranderings te
                      ondergaan.                                                                (30)

                                              OF

         1.7.2        'Die ineenstorting van die Sowjetunie was die enkele belangrikste
                      faktor wat tot die afskaffing van apartheid gelei het.'

                      Evalueer hierdie stelling krities deur die inligting in die relevante
                      bronne en jou eie kennis te gebruik.                                      (30)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               5                                  DBE/November 2013
                                            NSS

VRAAG 2:             WATTER IMPAK HET DIE VAL VAN KOMMUNISME OP DIE
                     HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990's GEHAD?

Bestudeer Bron 2A, 2B en 2C om die vrae wat volg te beantwoord.

2.1      Bestudeer Bron 2A.

         2.1.1        Noem die TWEE supermoondhede wat Angola gedurende die
                      Koue Oorlog as 'n pion gebruik het.            (2 x 1)                     (2)

         2.1.2        Haal DRIE voorbeelde uit die bron aan wat te kenne gee dat
                      Angola deur die burgeroorlog geaffekteer is.        (3 x 1)                (3)

         2.1.3        Verduidelik die konsep Marxisme in jou eie woorde.             (1 x 2)     (2)

         2.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
                      die woorde: 'Hierdie magsvergryp was rampspoedig', jou oor die
                      verhouding tussen Savimbi en Dos Santos vertel.                (2 x 2)     (4)

         2.1.5        Lewer kommentaar op die politieke situasie in Angola nadat die
                      vredesooreenkoms in Mei 1991 onderteken is.             (2 x 2)            (4)

2.2      Gebruik Bron 2B.

         2.2.1        Watter boodskappe dra Zapiro oor met betrekking tot die
                      verwoesting wat deur die burgeroorlog in Angola veroorsaak is?
                                                                                 (2 x 2)         (4)

         2.2.2        Wat vertel die woorde: 'Ek sal 'n arm en 'n been gee dat hierdie
                      oorlog kan ophou!' jou oor die houding van die Angolese teenoor
                      die burgeroorlog? Ondersteun jou antwoord met relevante redes.
                                                                                (2 x 2)          (4)

2.3      Verwys na Bron 2C.

         2.3.1        Volgens die geskrewe bron, hoe het Angola probeer om hom na
                      die jare van burgeroorlog weer te herbou?             (2 x 2)              (4)

         2.3.2        Verduidelik wat die woorde 'dat 22 000 stortbakvragmotors nodig
                      was om Luanda se opgehoopte afval te verwyder' jou vertel van
                      die uitwerking van die burgeroorlog op Angolese wat in hierdie stad
                      woon.                                                       (1 x 2)        (2)

         2.3.3        Verduidelik of die visuele bron 'n ware beskrywing van Angola se
                      hervoorstelling na die 1990's gee.                        (2 x 2)          (4)

         2.3.4        Vergelyk die inligting in beide die geskrewe en die visuele bron.
                      Hoe ondersteun hierdie bronne mekaar met betrekking tot die
                      burgeroorlog in Angola?                                    (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                                 DBE/November 2013
                                            NSS

2.4      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik watter EEN van hierdie bronne jy dink die bruikbaarste vir 'n
         geskiedkundige sou wees wat oor die uitwerking van die burgeroorlog in
         Angola skryf.                                                                          (8)

2.5      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
         lank wees.)

         Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 2.5.1 OF VRAAG 2.5.2.

         2.5.1        Verduidelik hoe die beëindiging van kommunisme in die USSR tot
                      die hervoorstelling van Angola na die 1990's bygedra het.                 (30)

                                              OF

         2.5.2        Na die dood van Jonas Savimbi is die volgende gevra:
                      'Beteken sy dood die aanbreek van genesing en verligting vir die
                      getraumatiseerde Angolese'?

                      Bespreek hierdie stelling krities deur die inligting in die bronne en
                      jou eie kennis te gebruik.                                                (30)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              7                                 DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 3: HOE HET DIE ONDERHANDELINGSPROSES TUSSEN DIE
         VERSKILLENDE POLITIEKE ORGANISASIES IN 1994 DIE WEG
         GEBAAN VIR SUID-AFRIKA SE EERSTE DEMOKRATIESE
         VERKIESING?

Bestudeer Bron 3A, 3B en 3C om die vrae wat volg te beantwoord.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Waarom, volgens die geskrewe bron, word 2 Februarie 1990 as 'n
                      merkwaardige dag vir Suid-Afrika beskou?               (1 x 2)           (2)

         3.1.2        Noem TWEE aankondigings wat De Klerk in sy parlementêre
                      toespraak gemaak het. (Geskrewe bron)            (2 x 1)                 (2)

         3.1.3        Verduidelik waarom dit vir De Klerk nodig was om 'drastiese
                      verandering' teweeg te bring. (Geskrewe bron)       (1 x 2)              (2)

         3.1.4        Hoe het die volgende leiers op De Klerk se toespraak gereageer:
                      (Geskrewe bron)

                      (a)   Desmond Tutu
                      (b)   Andries Treurnicht                                     (2 x 1)     (2)

         3.1.5        Verduidelik die boodskap wat in hierdie spotprent oorgedra word.
                                                                                  (1 x 2)      (2)

         3.1.6        Wat vertel die woorde: 'JY IS VRY! ... BAIE GROOTMOEDIG VAN
                      MY, NÈ', jou oor die houding van 'wit heerskappy' in Suid-Afrika?
                      (Visuele bron)                                               (2 x 2)     (4)

         3.1.7        Vergelyk die geskrewe en die visuele bronne. Verduidelik hoe
                      hierdie bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die vrylating
                      van Nelson Mandela.                                       (2 x 2)        (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Waarom was dit nodig vir leiers van die NP en die ANC om by
                      Groote Schuur te vergader? (Geskrewe bron)            (1 x 2)            (2)

         3.2.2        Lewer kommentaar op waarom jy dink die NP en die ANC baie
                      wantrouig teenoor mekaar was. (Geskrewe bron)      (2 x 2)               (4)

         3.2.3        Waarom, volgens die bron, het De Klerk aangedring dat die ANC
                      die MK moet ontbind? (Geskrewe bron)                    (1 x 2)          (2)

         3.2.4        Verduidelik of die koeranthoofopskrif bevestig wat by die Pretoria-
                      samesprekings tussen die ANC en die NP plaasgevind het. (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               8                                   DBE/November 2013
                                            NSS

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1        Hoe het mnr. Terre'Blanche gereageer op              die    veelparty-
                      samesprekings wat by KODESA gehou is?                         (1 x 2)       (2)

         3.3.2        Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink beide die Konserwatiewe Party en die Herstigte
                      Nasionale Party KODESA wou 'vernietig'.                 (1 x 2)             (2)

         3.3.3        Verduidelik of jy saamstem met die Suid-Afrikaanse
                      polisiebeampte se siening dat die regsgesindes se dreigement 'in
                      'n ernstige lig' beskou moet word.                       (1 x 3)            (3)

3.4      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         belang van beide die Groote Schuur-minuut en die Pretoria-minuut vir die
         onderhandelingsproses verduidelik.                                                       (8)

3.5      UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
         lank wees.)

         Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 3.5.1 OF VRAAG 3.5.2.

         3.5.1        Verduidelik tot watter mate die onderhandelingsproses tussen die
                      verskillende politieke organisasies die weg vir Suid-Afrika se eerste
                      demokratiese verkiesing in 1994 gebaan het.                                 (30)

                                              OF

         3.5.2        FW de Klerk se mylpaaltoespraak op 2 Februarie 1990 'was
                      moontlik die merkwaardigste dag in die geskiedenis van wit
                      minderheidsregering in Suid-Afrika'.

                      Assesseer die geldigheid van hierdie stelling deur die inligting in
                      relevante bronne en jou eie kennis te gebruik.                              (30)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              9                                 DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 4: WATTER ROL HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
         (WVK) GESPEEL OM SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE TE
         GENEES?

Bestudeer Bron 4A, 4B, 4C en 4D om die vrae wat volg te beantwoord.

4.1      Verwys na Bron 4A.

         4.1.1        Definieer die konsep amnestie in jou eie woorde.             (1 x 2)     (2)

         4.1.2        Haal enige TWEE voorwaardes uit die bron aan waaronder
                      amnestie aan oortreders toegestaan is.          (2 x 2)                  (4)

         4.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis oor die
                      voorwaardes vir amnestie en verduidelik of die oortreders vrywillig
                      sou kon kies om vir amnestie aansoek te doen.              (1 x 3)       (3)

4.2      Gebruik Bron 4B.

         4.2.1        Volgens Mbeki, waarom is die stigting van die WVK as omstrede
                      beskou?                                                (1 x 2)           (2)

         4.2.2        Verduidelik waarom jy dink dat dit vir mense wat voor die WVK
                      verskyn het, belangrik was om 'die waarheid te vertel'.  (1 x 2)         (2)

4.3      Bestudeer Bron 4C.

         4.3.1        Wat, volgens Phosa, was 'n 'onaanvaarbare neiging'?          (1 x 1)     (1)

         4.3.2        Verduidelik tot watter mate die bewyse in Uittreksel 1 as eensydig
                      beskou kan word.                                            (1 x 3)      (3)

         4.3.3        Ferdi Hartzenberg het beweer dat die WVK daarop uit was om
                      Afrikaners te vernietig. Lewer kommentaar oor of jy hierdie siening
                      as billik kan beskou.                                       (2 x 2)      (4)

         4.3.4        Vergelyk Uittreksel 1 en 2. Verduidelik hoe hierdie uittreksels
                      ooreenstem met betrekking tot die amnestieproses van die WVK.
                                                                                (2 x 2)        (4)

4.4      Raadpleeg Bron 4D.

         4.4.1        Verduidelik waarom die spotprenttekenaar beide Nelson Mandela
                      en Desmond Tutu as verbaas uitbeeld.                   (2 x 2)           (4)

         4.4.2        'Waarheid' word as 'n lelike vis uitgebeeld. Verduidelik wat die
                      spotprenttekenaar wil hê jy van die WVK-proses moet dink. (2 x 2)        (4)

         4.4.3        Verduidelik tot watter mate jy die spotprenttekenaar se voorstelling
                      van die WVK-proses as bevooroordeeld sou beskou.             (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  Geskiedenis/V2                            10                                 DBE/November 2013
                                            NSS

  4.5       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en verduidelik,
            in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), die rol van die
            amnestiekomitee gedurende die WVK-proses.                                         (8)

  4.6       UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
            lank wees.)

            Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 4.6.1 OF VRAAG 4.6.2.

            4.6.1     Bespreek tot watter mate die WVK suksesvol was in die
                      versoening van Suid-Afrika met sy verdeelde verlede. Gebruik
                      relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.                     (30)

                                              OF

            4.6.2     Die oortreders wat voor die WVK verskyn het, het nie die moed
                      gehad om die waarheid bekend te maak nie.

                      Stem jy met hierdie stelling saam? Bespreek krities deur bewyse in
                      die relevante bronne en jou eie kennis te gebruik.                      (30)
                                                                                              [75]

                                                                                TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-eng/76d398a5-8995-4b9a-9004-cbf555040073) — History · QP · 2013 · Eng
- [History P2 Nov 2013 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-addendum-afr/7118480a-5e47-4c47-92f8-2f2be8d870ae) — History · Addendum · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-addendum-eng/4bd07656-c7fe-4545-b97c-684561a6cb0a) — History · Addendum · 2013 · Eng
- [History P2 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-memo-afr/eeab05e9-53a5-458d-aa52-c8c1d1d19b50) — History · Memo · 2013 · Afr
- [History P2 SG 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-sg-2013-qp/b6514bfc-c525-4628-b435-570abb3fd574) — History · QP · 2013
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
