# History Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2014-afr/526900d0-a395-47a2-ab0e-1fdec100bbf2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2014-afr/526900d0-a395-47a2-ab0e-1fdec100bbf2)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                                NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                        DBE/November 2014
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                     EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                  DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                     EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

6.       Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   3                       DBE/November 2014
                                                NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM.

VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN IN
         DIE 1970's OP DIE LEERDERS VAN SOWETO GEHAD?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Bestudeer Bron 1A.

         1.1.1        Definieer die begrip Swart Bewussyn in jou eie woorde.     (1 x 2)        (2)

         1.1.2        Wat, volgens die bron, was die bedoeling van die filosofie van
                      Swart Bewussyn?                                        (1 x 2)            (2)

         1.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      wat Biko met die volgende woorde bedoel het: 'die kragtigste
                      wapen in die hande van die onderdrukker, (is) die denke van die
                      onderdrukte'.                                              (2 x 2)        (4)

         1.1.4        Watter impak het Biko verwag moes die filosofie van Swart
                      Bewussyn op die 'swart man' hê?                    (2 x 1)                (2)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Watter stappe het die apartheidsregering gedoen om die
                      aktiwiteite van SASO en die BPC te onderdruk?    (2 x 1)                  (2)

         1.2.2        Noem TWEE uitdagings waarvoor die Swartbewussynsbeweging
                      tussen Desember 1972 en Maart 1973 te staan gekom het.
                                                                             (2 x 1)            (2)

         1.2.3        Verduidelik hoe die ondersteuners van die filosofie van Swart
                      Bewussyn op die apartheidsregering se onderdrukkende maatreëls
                      gereageer het.                                         (2 x 2)            (4)

1.3      Gebruik Bron 1C.

         1.3.1        Volgens die bron, watter rol het die volgende leiers in die
                      mobilisering van die studente in Soweto gespeel:

                      (a)   Tsietsi Mashinini                                     (1 x 2)       (2)

                      (b)   Seth Mazibuko                                         (1 x 2)       (2)

         1.3.2        Waarom, dink jy, het Mashinini 'n oproep vir massa-optogte teen
                      die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium in swart Suid-
                      Afrikaanse skole gedoen?                                (2 x 2)           (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 4                           DBE/November 2014
                                              NSS

         1.3.3        Beskryf hoe gebeure die oggend van 16 Junie 1976 in
                      Orlando-wes, Soweto verloop het.             (2 x 2)                        (4)

         1.3.4        Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat
                      'n studie maak van die impak wat die SASM-leiers gedurende die
                      1970's op die leerders van Soweto gehad het.                  (2 x 2)       (4)

1.4      Verwys na Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik die boodskap wat deur die foto oorgedra word.     (1 x 2)       (2)

         1.4.2        Wat vertel die woorde 'Na die duiwel met Afrikaans' jou oor die
                      houding van Soweto-studente teenoor die gebruik van Afrikaans as
                      'n onderrigmedium?                                        (1 x 2)           (2)

1.5      Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die visuele bewyse in Bron 1D oor die
         filosofie van Swart Bewussyn ondersteun.                               (2 x 2)           (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die invloed wat
         die filosofie van Swart Bewussyn gedurende die 1970's op swart Suid-
         Afrikaners gehad het, te verduidelik.                                                    (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                            DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig?                   (2 x 1)       (2)

         2.1.2        Hoe het die Menseregteskendingskomitee hul werksaamhede
                      verrig?                                           (1 x 2)                    (2)

         2.1.3        Definieer die konsep rekonsiliasie in jou eie woorde.         (1 x 2)        (2)

         2.1.4        Waarom, volgens die WVK, is herstellende geregtigheid as
                      belangrik beskou? Ondersteun jou antwoord met relevante redes.
                                                                                (2 x 2)            (4)

         2.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die meeste getuienis wat by die WVK aangehoor is, deur
                      vroue gelewer is.                                          (2 x 2)           (4)

2.2      Lees Bron 2B.

         2.2.1        Waarom het Rokaya Saloojee ''n blywende haat vir sommige
                      wittes' gehad? (Getuienis 1)                       (1 x 1)                   (1)

         2.2.2        Watter bewyse in die bron dui daarop dat die polisie moontlik
                      Suluman Saloojee vermoor het? (Getuienis 1)           (1 x 2)                (2)

         2.2.3        Verduidelik tot watter mate jy die inligting in Getuienis 1 as
                      bruikbaar sal beskou wanneer die moord op die anti-apartheids-
                      aktivis, Suluman Saloojee, ondersoek word.               (2 x 2)             (4)

         2.2.4        Waarom het James Simpson voor die WVK verskyn? (Getuienis 2)
                                                                            (1 x 2)                (2)

         2.2.5        Identifiseer die skuldiges in elk van die volgende:

                      (a)   Getuienis 1                                              (1 x 1)       (1)

                      (b)   Getuienis 2                                              (1 x 1)       (1)

2.3      Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 2A en Bron 2B (Getuienis 2)
         mekaar ondersteun rakende die werk van die WVK.                   (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                          DBE/November 2014
                                            NSS

2.4      Bestudeer Bron 2C.

         2.4.1        Watter persentasie wit Suid-Afrikaners het gedink dat die WVK 'n
                      'baie slegte ding' was?                                   (1 x 1)        (1)

         2.4.2        Verduidelik waarom wit Suid-Afrikaners nie die WVK gesteun
                      het nie.                                            (2 x 2)              (4)

         2.4.3        Waarom dink jy het 'n groter persentasie swart Suid-Afrikaners
                      teenoor wit Suid-Afrikaners die werk van die WVK gesteun?
                                                                                (1 x 2)        (2)

2.5      Raadpleeg Bron 2D.

         2.5.1        Haal TWEE redes uit die bron aan wat daarop dui dat die WVK
                      gekritiseer is.                                       (2 x 1)            (2)

         2.5.2        Verduidelik waarom die meeste swart Suid-Afrikaners ongelukkig
                      was oor die bevindinge van die WVK. Gebruik bewyse uit die bron
                      sowel as jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun.   (2 x 2)         (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik of
         die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se verdeelde verlede te hanteer.
                                                                                               (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                           DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING GEHAD OP EKONOMIESE
         BETREKKINGE TUSSEN LANDE IN DIE NOORDELIKE EN
         SUIDELIKE HALFROND?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Wat, volgens die bron, is globalisering?                         (1 x 2)       (2)

         3.1.2        Identifiseer die TWEE finansiële instellings wat die dryfkrag agter
                      globalisering was.                                           (2 x 1)           (2)

         3.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      verhouding tussen globalisering en demokrasie.                (2 x 2)          (4)

         3.1.4        Verduidelik of die aanvaarding van 'n handelsliberaliseringsbeleid
                      ontwikkelende lande sou gehelp het om hulle ekonomieë te laat
                      groei.                                                      (2 x 2)            (4)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1        Hoe het Mark Malloch Brown ongelykheid beskryf?                  (1 x 2)       (2)

         3.2.2        Wat was die inkomstegaping tussen die ryk en die arm lande?
                                                                                (1 x 2)              (2)

         3.2.3        Waarom, volgens Mbeki, was dit nodig om sterk suid-suid-
                      vennootskappe op te bou?                         (1 x 2)                       (2)

         3.2.4        Verduidelik of jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sou
                      beskou wanneer die invloed van globalisering op die ontwikkelende
                      lande bestudeer word.                                      (2 x 2)             (4)

3.3      Hoe verskil die inligting in Bron 3A en Bron 3B rakende die impak van
         globalisering op ontwikkelende lande? Ondersteun jou antwoord deur
         relevante bewyse te gebruik.                                    (2 x 2)                     (4)

3.4      Bestudeer Bron 3C.

         3.4.1        Gee EEN rede vir          die   toepassing    van   die     Strukturele
                      Aanpassingsplanne.                                              (1 x 1)        (1)

         3.4.2        Verduidelik of jy saamstem met die manier waarop die Strukturele
                      Aanpassingsplanne aan ontwikkelende lande opgelê is.     (2 x 2)               (4)

         3.4.3        Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die skrywer
                      handel tussen ontwikkelde lande en armer lande as onregverdig
                      beskou het.                                            (1 x 1)                 (1)

         3.4.4        Waarom was dit nie vir ontwikkelende lande moontlik om
                      geprosesseerde goedere in te voer nie?           (2 x 1)                       (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                          DBE/November 2014
                                             NSS

3.5      Gebruik Bron 3D.

         3.5.1        Identifiseer die kontinente in die Noordelike en Suidelike Halfrond
                      soos in die bron uitgebeeld.                                (2 x 1)        (2)

         3.5.2        Noem enige TWEE produkte waarmee lande in die Suidelike
                      Halfrond met lande in die Noordelike Halfrond handel gedryf het.
                                                                                  (2 x 1)        (2)

         3.5.3        Verduidelik hoe die spotprenttekenaar die verhouding tussen lande
                      in die Suidelike en Noordelike Halfrond uitbeeld.          (2 x 2)         (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) wat die impak
         verduidelik wat globalisering op ekonomiese betrekkinge tussen lande in die
         Suidelike en Noordelike Halfrond gehad het.                                             (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               9                          DBE/November 2014
                                            NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:             SUID-AFRIKA: DIE
                 KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Verduidelik tot watter mate die interne versetbewegings in Suid-Afrika gedurende die
1980's daarin geslaag het om PW Botha se apartheidsregime uit te daag.                      [50]

VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE               NA    SUID-AFRIKA      EN    DIE
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

2014 vier die 20ste herdenking van die stigting van 'n demokratiese en vrye Suid-Afrika.

Met verwysing na die stelling hierbo, bespreek tot watter mate leierskap, toegewings
en onderhandelinge tussen verskillende politieke organisasies in 1994 tot die geboorte
van 'n demokratiese Suid-Afrika gelei het.                                                  [50]

VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
                 DIE GEBEURE VAN 1989

Die ineenstorting van die Sowjetunie het gedurende die 1990's gehelp om politieke
verandering in Suid-Afrika te bespoedig.

Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord.                                          [50]

                                                                              TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-eng/89668a5f-bd22-4e52-9e37-55411cf74229) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2014-afr/ea332f92-48ce-4d55-9cb0-0d24da82e036) — History · QP · 2014 · Afr
- [HISTORY P2 ADD GR12 SEPT2014 (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr12-sept2014-afr/eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9) — History · QP · 2014 · Afr
- [History P2 (HG) (English) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-hg-english-june-2014-qp/50718c3c-2599-4d0c-91fe-dbc300d11e58) — History · QP · 2014 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
