# History Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2015-afr/70095d6c-e4bf-4c69-b491-04cba4ac0eeb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2015-afr/70095d6c-e4bf-4c69-b491-04cba4ac0eeb)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                                NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                         DBE/November 2015
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                  DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 3                           DBE/November 2015
                                              NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: WAAROM HET DIE VERPLIGTE INSTELLING VAN AFRIKAANS AS 'N
         ONDERRIGMEDIUM IN SWART SUID-AFRIKAANSE SKOLE TOT DIE
         SOWETO-OPSTANDE IN 1976 GELEI?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1       Verduidelik die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.       (1 x 2)       (2)

         1.1.2       Waarom, volgens die bron, is SASO gestig?                      (1 x 2)       (2)

         1.1.3       Watter rol het SASO in die laat 1960's en vroeë 1970's in swart
                     Suid-Afrikaanse gemeenskappe gespeel?                    (1 x 2)             (2)

         1.1.4       Op watter maniere het die Swartbewussynsfilosofie leerlinge
                     beïnvloed?                                          (2 x 1)                  (2)

1.2      Bestudeer Bron 1B.

         1.2.1       Noem       TWEE    opdragte   wat   die   Suid-Transvaalse
                     Streeksdepartement van Bantoe-onderwys in 1974 aan skole
                     uitgereik het.                                      (2 x 1)                  (2)

         1.2.2       Verduidelik hoe dr. HJ van Zyl se stelling strydig was met die opdrag
                     wat deur die Suid-Transvaalse Streeksdepartement van Bantoe-
                     onderwys gegee is.                                             (2 x 2)       (4)

         1.2.3       Lewer kommentaar op hoe die verskillende skoolrade gereageer het
                     op die opdrag wat deur die Suid-Transvaalse Streeksdepartement
                     van Bantoe-onderwys gegee is.                            (2 x 2)             (4)

         1.2.4       Waarom, volgens die bron, het leerlinge van sekondêre skole in
                     Soweto geweier om klasse by te woon?                    (1 x 2)              (2)
1.3      Lees Bron 1C.
         1.3.1       Watter boodskap word deur die foto oorgedra?                   (1 x 2)       (2)
         1.3.2       Gebruik die inligting in die bron om te verduidelik hoe die leerlinge
                     van Soweto op die instelling van die Afrikaanse taal as verpligte
                     onderrigmedium gereageer het.                                 (1 x 2)        (2)
         1.3.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink hierdie foto oral gepubliseer
                     sou word in die lig van die gebeure wat in Junie 1976
                     plaasgevind het.                                         (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 4                          DBE/November 2015
                                              NSS

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1       Waarom was dit vir swart Suid-Afrikaanse leiers nodig om met
                     Bantoe-onderwysamptenare te vergader? Gee TWEE redes vir
                     jou antwoord.                                          (2 x 2)               (4)

         1.4.2       Noem TWEE maniere waarop die lede van die Stedelike
                     Bantoeraad die Minister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling
                     oor die Soweto-opstand geantwoord het.                     (2 x 1)           (2)

         1.4.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of
                     MC Botha se verduideliking van die Bantoe-onderwysbeleid
                     geregverdig was in die konteks van wat op 16 Junie 1976 in
                     Soweto gebeur het.                                            (2 x 2)        (4)

1.5      Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B van
         Bron 1D verskil ten opsigte van die implementering van Afrikaans as
         'n onderrigmedium in swart Suid-Afrikaanse skole.             (2 x 2)                    (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom die verpligte instelling van Afrikaans as 'n onderrigmedium in swart
         Suid-Afrikaanse skole in 1976 tot die Soweto-opstande gelei het.                         (8)
                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                          DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 2: HET  DIE   AMNESTIEPROSES   VAN   DIE   WAARHEIDS-EN-
         VERSOENINGSKOMMISSIE   (WVK)   SUID-AFRIKA  VAN    SY
         VERDEELDE VERLEDE GENEES?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Lees Bron 2A.

         2.1.1       Hoe, volgens Desmond Tutu, moet Suid-Afrikaners die 'wonde' van
                     die verlede hanteer?                                     (2 x 1)             (2)

         2.1.2       Waarom was dit vir beide slagoffers en oortreders belangrik om die
                     verlede te hanteer?                                         (1 x 2)          (2)

         2.1.3       Definieer die volgende historiese terme in jou eie woorde:

                     (a)   Menseregte                                               (1 x 2)       (2)

                     (b)   Amnestie                                                 (1 x 2)       (2)

         2.1.4       Wat, volgens die bron, was die hoofvoorwaarde vir oortreders om
                     amnestie te verkry?                                       (1 x 2)            (2)

2.2      Bestudeer Bron 2B.

         2.2.1       Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat mnr. Snyman
                     oneerlik was.                                           (1 x 2)              (2)

         2.2.2       Lewer kommentaar op waarom amnestie nie deur die WVK aan
                     mnr. Snyman toegestaan is nie.                     (2 x 2)                   (4)

         2.2.3       Verduidelik of jy die inligting in hierdie bron as 'n betroubare
                     historiese bewys sal beskou in die konteks van die amnestieverhore
                     wat deur die WVK gehou is.                                  (2 x 2)          (4)

         2.2.4       Beskryf die benadering wat mnr. Bizos gebruik het toe hy
                     mnr. Snyman ondervra het.                          (1 x 2)                   (2)

2.3      Raadpleeg Bron 2C.

         2.3.1       Lewer kommentaar op Zapiro se uitbeelding van Harold Snyman in
                     die spotprent. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou
                     antwoord te ondersteun.                                  (2 x 2)             (4)

         2.3.2       Verduidelik waarom Harold Snyman besluit het om sy getuienis oor
                     Steve Biko se dood te verander.                          (2 x 2)             (4)

2.4      Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting
         in Bron 2C (raampie 2) ten opsigte van Snyman se pleidooi om amnestie
         ondersteun.                                                         (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 6                            DBE/November 2015
                                              NSS

2.5      Gebruik Bron 2D.

         2.5.1       Waarom is amnestie aan die vyf Suid-Afrikaanse polisiemanne
                     geweier?                                              (1 x 2)                 (2)

         2.5.2       Die Biko-familie was beide 'bly' en 'teleurgesteld' oor die uitkoms van
                     die amnestieverhoor.

                     (a)   Verduidelik waarom hulle bly was oor die uitkoms van die
                           amnestieverhoor.                                  (1 x 2)               (2)

                     (b)   Verduidelik waarom hulle teleurgesteld was oor die uitkoms
                           van die amnestieverhoor.                            (1 x 2)             (2)

         2.5.3       Waarom het die Minister van Justisie besluit om nie die
                     polisiemanne wat vir Biko se dood verantwoordelik was, te vervolg
                     nie?                                                       (1 x 2)            (2)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik of
         die amnestieproses van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK)
         Suid-Afrika van sy verdeelde verlede genees het.                                          (8)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  7                           DBE/November 2015
                                               NSS

VRAAG 3: WAAROM HET DIE BRICS-LEDE                         BESLUIT     OM     IN   2014    'N
         ONTWIKKELINGSBANK TE STIG?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1       Identifiseer die VYF BRICS-lede wat in die spotprent uitgebeeld
                     word.                                                    (5 x 1)               (5)

         3.1.2       Gebruik die visuele leidrade in die bron om die boodskappe te
                     verduidelik wat die spotprenttekenaar met betrekking tot die stigting
                     van die BRICS Ontwikkelingsbank uitbeeld.                     (2 x 2)          (4)

3.2      Raadpleeg Bron 3B.

         3.2.1       Noem die land wat vir die eerste vyf jaar toesig sal hê oor die
                     werksaamhede van die BRICS Ontwikkelingsbank.            (1 x 1)               (1)

         3.2.2       Definieer die volgende terme in jou eie woorde:

                     (a)   Ontwikkelende lande                                        (1 x 2)       (2)

                     (b)   Globalisering                                              (1 x 2)       (2)

         3.2.3       Waarom, dink jy, het President Dilma Rousseff daarop aangedring
                     dat die IMF 'n hervormingsproses onderneem?              (1 x 2)               (2)

3.3      Gebruik Bron 3C.

         3.3.1       Noem die TWEE Westers-gedomineerde finansiële instellings wat
                     Stiglitz beweer het die Ontwikkelingsbank sou kon uitdaag. (2 x 1)             (2)

         3.3.2       Waarom het Stiglitz besluit om die stigting van die BRICS
                     Ontwikkelingsbank te steun?                         (2 x 2)                    (4)

         3.3.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of jy
                     Stiglitz se siening met betrekking tot die stigting van die BRICS
                     Ontwikkelingsbank sou steun.                                    (2 x 2)        (4)

3.4      Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B en 3C mekaar ondersteun ten opsigte
         van die impak wat die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank na
         verwagting op die Wêreldbank sou hê.                                 (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                          DBE/November 2015
                                             NSS

3.5      Lees Bron 3D.

         3.5.1       Charles Kenny het beweer dat die stigting van die BRICS
                     Ontwikkelingsbank na verwagting nie 'n uitdaging vir die IMF en die
                     Wêreldbank sou wees nie. Gee TWEE redes vir sy standpunt.
                                                                                  (2 x 2)        (4)

         3.5.2       Waarom, dink jy, is beide die VSA en Europa onwillig om die IMF te
                     hervorm? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                   (2 x 2)         (4)

         3.5.3       Verduidelik hoe die ekonomieë van ontwikkelde lande beïnvloed sal
                     word indien die BRICS-lede hulle ekonomiese steun aan die IMF en
                     die Wêreldbank sou onttrek.                                (2 x 2)          (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die redes vir
         die stigting van die BRICS Ontwikkelingsbank in 2014 te verduidelik.                    (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              9                           DBE/November 2015
                                           NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                 KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

PW Botha het in die 1980's 'n reeks hervormingsmaatreëls ingestel. Ironies genoeg
was dit hierdie hervormingsmaatreëls wat 'n vlaag van massaverset teen die
apartheidsregime ontketen het.

Bespreek hierdie bewering krities met verwysing na die ontstaan van die massaverset
teen PW Botha se hervormingsmaatreëls in die 1980's.                                        [50]

VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE              NA    SUID-AFRIKA       EN    DIE
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die 25ste herdenking van FW de Klerk se grondslaggewende besluit om Nelson
Mandela uit die Victor Verster-gevangenis vry te laat, word in 2015 gevier.

In die konteks van die stelling hierbo, verduidelik tot watter mate FW de Klerk se
besluit die weg gebaan het vir 'n onderhandelde skikking wat uiteindelik in 1994 tot die
totstandkoming van 'n demokratiese Suid-Afrika gelei het.                                   [50]

VRAAG 6:         DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
                 DIE GEBEURE VAN 1989

Dit was die ondergang van kommunisme wat grootliks verantwoordelik was vir die
politieke veranderinge wat na 1989 in Suid-Afrika plaasgevind het.

Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse.            [50]

                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2015-afr/801e068e-4ab8-4710-93f4-1ff99e7f2c49) — History · QP · 2015 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-eng/76d398a5-8995-4b9a-9004-cbf555040073) — History · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
