# History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V2

                                  NOVEMBER 2016

                                     ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  2                                 DBE/November 2016
                                         NSS – Addendum

VRAAG 1:             HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE DIE SOWETO-
                     OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED?

BRON 1A

Die bron hieronder is deel van 'n artikel getiteld 'The June 16 Uprising Unshackled: A
Black Perspective' deur Nelvis Qekema. Dit fokus op hoe die Swartbewussynsfilosofie
swart Suid-Afrikaanse leerders beïnvloed het om die gebruik van die Afrikaanse taal as
onderrigmedium te betwis.

 … Die boodskap van Swart Bewussyn was eenvoudig, 'Swart man, jy is op jou eie.'
 Dit was nie vir ons nodig om enigiets by ons onderdrukkers te bedel nie. Biko het
 mense selfs op 'n praktiese manier ontmoedig (gewaarsku): 'Enige swart man wat
 'n wit man "baas" noem, is 'n nie-blanke.'

 … Ongeag hoe pynlik dit ook al mag wees, dit is 'n geskiedkundige feit dat die
 16 Junie 1976-opstande onder die direkte invloed van die Swartbewussynsbeweging
 (SBB), hulle ideologie en hulle leierskap, plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse
 Studentebeweging (SASM), 'n studentekomponent van die SBB, het op 28 Mei 1976
 hulle algemene studenteraadsvergadering gehou waar die kwessie van Afrikaans as
 onderrigmedium bespreek is. Die notule van die Algemene Studenteraad het die gees
 van die vergadering vasgevang en het beweer dat die onlangse stakings by skole teen
 die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium 'n teken was van protes teen 'n
 skoolstelsel wat 'goeie nywerheidswerkers' vir die owerhede moes produseer … 'Ons
 het besluit om die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium heeltemal te verwerp …'

 Seth Mazibuko het die volgende getuienis by sy 1977-verhoor gegee: 'Ek het op
 13 Junie 1976 hierdie vergadering bygewoon. Etlike skole van Soweto was
 teenwoordig. Die hoofspreker het aan ons verduidelik wat die doelwitte en oogmerke
 van SASM was. Hy het ook die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium bespreek en
 het die prefekte van ons skole gevra om na vore te kom en te verduidelik wat die
 posisie [by hulle skole] was. Ek het opgestaan en vir die vergadering gesê dat die
 Phefeni [Junior Sekondêre] Skool geweier het om Afrikaans te gebruik en dat hulle
 gedurende Mei 1976 klasse geboikot het.'

 … Don [Tsietsi] Mashinini het voorgestel dat alle swart skole op 16 Junie 1976 'n
 massabetoging moes hou … Die verkiesing van die nuwe [Soweto-streek] komitee vir
 SASM is toe gehou. Die volgende lede is tot die komitee verkies: President, Don
 Mashinini van Morris Isaacson; Visepresident, Seth Malibu; ekself, (Seth Mazibuko)
 Sekretaris; 'n vroulike leerder [Sibongile Mkhabela] van Naledi High School ...

                          [Uit http://azapo.org.za/the-june-16-uprising-ushackled-a-black-perspective/.
                                                                        Toegang op 5 Mei 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               3                             DBE/November 2016
                                      NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder is deel van 'n ooggetuieverslag van hoe die gebeure op
16 Junie 1976 ontvou het. Die bron is deur H Mashabela geskryf.

Skoolkinders in Soweto het vroeër daardie dag teen wit gesag in opstand gekom en
aan 'n optog deur Vilakazistraat, langs Phefeni Junior Sekondêr en Orlando West
Hoërskool in Soweto, deelgeneem. Die kinders het oor die jare heen gesien hoe die
land se wit heersers stedelike Bantoerade, stamskole en etniese skoolrade tot stand
gebring het en nou is Afrikaans as 'n onderrigmedium in die onderrig van Wiskunde,
Geskiedenis en Aardrykskunde afgedwing.

Namate dae en weke sonder 'n antwoord van die regering verloop het, het die Suid-
Afrikaanse Studentebeweging (SASM) besluit om 'n vreedsame protesoptog te hou uit
samehorigheid met die leerlinge wat klasse geboikot het. Woensdag 16 Junie is as
D-dag gekies. Die groot skare het groot getalle mense, onder wie die polisie, gelok met
hulle gedreunsing van slagspreuke en swaai van plakkate, sommige met boodskappe
soos 'Away with Afrikaans' ('Weg met Afrikaans'), 'Amandla Ngawethu' ('Power to the
People'/Mag aan die mense) en 'Free Azania' ('Bevry Azanië') …

'n Entjie verder het vyf wit polisiebeamptes in uniform langs mekaar in die middel van
die pad, voor 'n see van swart gesigte, gestaan. Agter hulle het nog polisiemanne in
uniform, die meeste van hulle swart en deel van die onlustepolisie, gewapen met
gewere en vergesel deur polisiehonde, uit die polisiewaens geklim.

Skielik het een van die vyf polisiebeamptes eenkant toe getree en iets opgetel wat
soos 'n klip gelyk het. Hy het die voorwerp tussen die skare ingeslinger. Die kinders
aan die voorpunt van die groep het onmiddellik uitmekaar gespat. Hulle het klippe
opgetel en weer bymekaar gekom. Hulle het 'Power, P-o-w-e-r!' (Mag) geskreeu terwyl
hulle die polisie genader het. Toe het die skietery begin.

… Agterna het almal baie geskok gelyk. Die verwarde (verbysterde) leerders het toe
na die strate teruggekeer. Met die hulp van motoriste en joernaliste het hulle die dooies
en gewondes bymekaar gemaak en hulle van die toneel verwyder.

Mbuyisa Makhubu, 'n jong aktivis, het die patetiese liggaam van Hector Pieterson, die
kind wat gesterf het, opgetel en huilend met Pieterson se beangste suster langs hom,
in die pad afgehardloop.
                                                  [Uit A People On The Boil deur H Mashabela]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               4                                 DBE/November 2016
                                      NSS – Addendum

BRON 1C

Die foto hieronder is deur die fotojoernalis, Sam Nzima, geneem. Dit toon Mbuyisa
Makhubu, wat die dooie Hector Pieterson dra, wat op 16 Junie 1976 in Soweto deur die
apartheidspolisiemag geskiet is. Aan die linkerkant van die foto is Hector Pieterson se
suster, Antoinette.

                             [Uit http://rebeccafjellanddavis.com/june16/youth-day-in-south-africa.
                                                                 Toegang op 27 April 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              5                                DBE/November 2016
                                     NSS – Addendum

BRON 1D

Hierdie bron fokus op hoe die apartheidsregering op die Soweto-opstande van
Junie 1976 gereageer het.

Die volgende dag (17 Junie 1976) het die regering die skole gesluit en die
Suid-Afrikaanse weermag op 'n gereedheidsgrondslag geplaas. Die Adjunkminister
van Bantoesake, Andries Treurnicht (met die bynaam 'Dr No'), het aangekondig: 'In die
wit gebiede van Suid-Afrika [Soweto ingesluit], waar die regering die geboue oprig, die
subsidies gee en die onderwysers betaal, is dit ons reg om oor die taalbeleid te
besluit.'

Die Minister van Justisie, Jimmy Kruger, het die leerders van kommunisme beskuldig:
'Waarom loop hulle met hulle gebalde vuiste in die lug? Dit is tog seker die teken van
die Kommunisteparty?' En Eerste Minister, John Vorster, het aangekondig: 'Die
regering sal nie geïntimideer (gedreig) word nie. Opdrag is gegee dat orde ten alle
koste gehandhaaf moet word.' Daardie koste sou die lewens van 174 swartes en twee
wittes wat daardie dag gedood is, sowel as nog honderde wat in die daaropvolgende
maande doodgemaak is, insluit. Nuus oor die skietery het oor die wêreld heen versprei
en die Suid-Afrikaanse ekonomie het die skok daarvan begin voel toe beide goud- en
diamantaandele gedaal het.

Die Suid-Afrikaanse regering was nietemin bereid om, soos altyd, met die uiterste
geweld en onderdrukking met betogings af te reken. Die radikalisering (om
revolusionêr te word) van die swart jeug het duidelik geblyk uit die geweld wat in
Soweto begin het. Ouers wat gesien het hoe hulle kinders die strate invaar en hulle
lewens op die spel plaas en soms verloor, is tot aksie aangespoor. Ouers in stedelike
swart townships het vir die eerste keer ná die Versetbeweging van die 1950's begin
om nuwe politieke groepe te organiseer.

                                        [Uit The Rise and Fall of Apartheid deur L C Clark et al]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              6                               DBE/November 2016
                                     NSS – Addendum

VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE SUKSESVOL
         MET DIE HANTERING VAN DIE ONREGTE VAN DIE VERLEDE?

BRON 2A

Hierdie bron fokus op die rol wat die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK)
gespeel het in die poging om die redes vir die verdwyning van die anti-apartheidsaktivis
Nokuthula Simelane vas te stel.

… Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is na die afskaffing van apartheid
gestig as 'n manier om die skeiding (gaping) tussen die onderdrukkende Nasionale
Party en die demokratiese Suid-Afrika te oorbrug …

Die Simelane-familie het haar (Nokuthula se) saak by die WVK ingedien in die hoop dat
haar saak opgelos sou word. Vyf wit mans, Willem Helm Johannes Coetzee, Anton
Pretorius, Frederick Mong, Frederick Williams en Jacobus Ross, het om amnestie
aansoek gedoen in verband met Nokuthula se ontvoering, marteling en verdwyning. By
die WVK het 'n voormalige bevelvoerder van die Soweto Intelligensie-eenheid ('SIU'),
Willem 'Timol' Coetzee, die man wat vir die verdwyning en dood van Nokuthula
verantwoordelik was, verklaar dat Nokuthula lewend was toe hy haar laas gesien het.
Die eenheid het haar in 'n spioen verander en haar na Swaziland herontplooi
(teruggestuur).

Coetzee se argument is weerspreek deur sy kollega, Nimrod Veyi, wat erken het dat sy
gemartel en brutaal vermoor is en in die Rustenburg-omgewing begrawe is. Die WVK
het teen Coetzee se amnestie beslis met betrekking tot die marteling, maar amnestie is
aan hom toegestaan vir Nokuthula se ontvoering. Die WVK het verder amnestie
toegestaan aan die ander vier mans (Pretorius, Mong, Williams en Ross) vir haar
marteling. Tot dusver het niemand nog na vore gekom om verantwoordelikheid vir haar
verdwyning te aanvaar nie; nie die ANC of die voormalige apartheidsveiligheidsmagte
het enigiets oor haar 'verdwyning' bekend gemaak nie.

'n Lewensgrootte standbeeld van Nokuthula is op 28 November 2009 deur die
Mpumalanga-regering in Bethal opgerig en onthul om haar nalatenskap en bydrae tot
die vryheidstryd te vereer. Verder is 'n dokumentêre program oor die lewe en
verdwyning van Simelane, met die titel 'Betrayal', onder produksie van Mark Kaplan, op
10 April 2006 op SABC 1 uitgesaai.
                                      [Uit www.sahistory.org.za/people/nokuthula-orela-simelane.
                                                          Toegang op 15 Februarie 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              7                        DBE/November 2016
                                     NSS – Addendum

BRON 2B

Die spotprent hieronder deur Zapiro beeld Desmond Tutu en Alex Borraine uit wat die WVK
teen Mount Evidence ('n berg bewyse) op lei.

                                                                [Uit The Sowetan, 1 Mei 1996]

VLAKPLAAS        BOIPATONG   SHARPVILLE   NIEWOUDT    BARNARD

                                                                           VERGELDENDE
 TERWYL DIE WVK TEEN DIE BERG BEWYSE UITKLIM …                             GEREGTIGHEID

                                                       DESMOND, DIE MENSE VRA
                                                      WAAROM SY NIE DEEL VAN DIE
                                                         EKSPEDISIE IS NIE …

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              8                           DBE/November 2016
                                     NSS – Addendum

BRON 2C

Die artikel hieronder het op 11 Februarie 2016 in The Times verskyn. Die titel was 'Where
is my baby's grave?' ('Waar is my baba se graf?').

Vir Ernestina Simelane is dit nou of nooit. Sy hoop dat 'n moordverhoor sal onthul wat met
haar dogter gebeur het wat 33 jaar gelede op 26 Februarie verdwyn het. Sy sal die
apartheidsveiligheidspolisiemanne, Willem Helm Johannes Coetzee, Anton Pretorius,
Frederick Barnard Mong en Msebenzi Timothy 'Vastrap' Radebe – wat Nokuthula
Simelane, die 23-jarige ANC-koerier, ontvoer het en, so glo die staat, gemartel en
vermoor het – in die oë kyk.

Mong, Pretorius en Coetzee het by die Waarheids-en-Versoeningskommissie vir haar
ontvoering en marteling om amnestie aansoek gedoen, maar nie vir Simelane se moord
nie. Radebe het nie om amnestie aansoek gedoen nie.

'Ek is alleen. Bang om soos my man dood te gaan, op soek na antwoorde wat nog nooit
gekry is nie,' het Simelane gesê. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag
aangekondig dat Simelane se beweerde moordenaars op aanklagte van moord sal
teregstaan. Radebe sal ook op aanklagte van ontvoering teregstaan.

… Dit was 'n koue oggend in Junie toe Nokuthula Simelane haar ma gebel het. 'Sy het my
gebel om te sê dat sy veilig in Swaziland is en spoedig sou terugkeer om haar toga, rok
en skoene te kom haal. Ek het vir haar gesê om dit nie te doen nie, dat daar moeilikheid
was, dat die polisie haar soek. Hulle wou haar vang om inligting te kry wat sy oor die ANC
gehad het.'

'… Ek gaan hof toe om antwoorde te kry. Ek wil antwoorde hê voordat hulle doodgaan,
voordat hulle met hulle aaklige geheime graf toe gaan. Ek gaan bed toe en droom … van
Nokuthula wat na my roep om hulp. Ek wil my baba se graf sien, met haar praat, haar
huis toe bring en haar begrawe met die waardigheid wat sy verdien. As iemand net iets
wil sê, my net kan vertel waar sy begrawe is. Hierdie mans moet my vertel sodat ek in
vrede kan sterf.'
                                                            [Uit The Times, 11 Februarie 2016]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               9                                DBE/November 2016
                                      NSS – Addendum

BRON 2D

Die uittreksel hieronder fokus op Desmond Tutu se reaksie op die Nasionale
Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om die beweerde oortreders in Nokuthula
Simelane se moord te vervolg.

Emeritus aartsbiskop, Desmond Tutu, het intussen die NVG se besluit om Simelane se
beweerde moordenaars te vervolg, verwelkom.

'Ek verwelkom die besluit van die NVG om 'n aantal verdagtes wat van die ontvoering,
marteling en moord van die jong vryheidsvegter, Nokuthula Simelane, in 1983 verdink
word, te vervolg. Dit is 'n baie betekenisvolle en historiese besluit,' het hy in 'n
verklaring gesê.

Tutu het egter die oponthoud met die vervolging bevraagteken. 'Waarom het dit hulle
so lank geneem? Waarom het die owerheid vir soveel jare hulle rug op Nokuthula se
familie, en so baie ander families, gedraai? Waarom het die pleidooi deur haar familie
dekades lank op dowe ore geval? Waarom het dit 'n belangrike aansoek by die
Hooggeregshof gekos om die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging en die
polisie sover te kry om hulle werk te doen? Waarom het opeenvolgende
Suid-Afrikaanse regerings buitengewone stappe gedoen om die reg te verydel?'

'… Ek verstaan dat 'n polisiedossier in 1996 geopen is en dat die amnestieproses met
betrekking tot die Simelane-saak in 2001 afgehandel is. Aanbevelings vir vervolging
ten opsigte van meer as 300 sake, hierdie saak ingesluit, is in 2002 by die NVG
gemaak. Minder as 'n handjievol van hierdie sake is verder gevoer. Die siviele saak
wat in 2015 deur die Simelane-familie gemaak is om die NVG te dwing om op te tree,
toon dat die regering amper onmiddellik nadat aanbevelings gemaak is, stappe gedoen
het om die waarheid en verantwoordelikheid te verbloem.'

                               [Uit http://www.tutu.org.za. Toegang op 27 Februarie 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               10                                  DBE/November 2016
                                       NSS – Addendum

VRAAG 3:             HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN PROGRAMME VIR
                     STRUKTURELE AANPASSING (PSA) DEUR INTERNASIONALE
                     FINANSIËLE INSTELLINGS AFRIKALANDE BEÏNVLOED?

BRON 3A

Hierdie bron is deel van 'n artikel deur A Ismi met die titel 'Impoverishing a Continent:
The World Bank and International Monetary Fund in Africa' ('Die Verarming van 'n
Vasteland: Die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds in Afrika'). Dit fokus op
hoe Afrikalande afhanklik geraak het van programme vir strukturele aanpassing wat
deur die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) beskikbaar gestel is.

 Die skuldkrisis in die 1980's het die regering in Washington die geleentheid gegee om
 Derdewêreld-ekonomieë 'oop te blaas' en hulle ten volle afhanklik (onderworpe) te
 maak deur die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se
 programme vir strukturele aanpassing. Ontwikkelende lande kon van 1980 af nie
 meer groot lenings terugbetaal wat by Westerse kommersiële (winsgewende) banke
 bekom is nie. Dié banke het van die middel tot laat 1970's in 'n groot uitleenmakietie
 lenings aan Derdewêreld-regerings toegestaan toe stygende oliepryse hulle koffers
 met petro-dollar gevul het.

 Die Wêreldbank en die IMF het Programme vir Strukturele Aanpassing (PSA) op
 ontwikkelende lande afgedwing wat geld moes leen om hulle skuld te betaal. Die
 Wêreldbank se PSA is in 1980 die eerste keer ingestel. Dit het die privatisering van
 industrieë (wat noodsaaklikhede soos gesondheidsorg en water insluit) afgedwing,
 asook die besnoeiing van regeringsbesteding en die oplê van gebruikersfooie, die
 liberalisering van kapitaalmarkte (wat tot onstabiele wisselkoershandel lei),
 markverwante prysbepaling (wat geneig is om die koste van basiese goedere te laat
 styg), hoër rentekoerse en liberalisering van die handel.

 PSA het verander om groter en groter areas van binnelandse beleid te dek, nie net
 fiskale, monetêre en handelsbeleid nie, maar ook arbeidswetgewing, gesondheidsorg,
 omgewingsregulasies, staatsdiensvereistes, energiebeleid en die verkryging van
 goedere deur regerings.

 Met die afdwing van hulle eie PSA in 1986 het die IMF 'een van die invloedrykste
 instellings in die wêreld' geword. Hulle 2 500 werknemers het die ekonomiese
 lewensomstandighede van meer as 1,4 miljard mense in 75 ontwikkelende lande
 voorgeskryf. Een waarnemer het dit so gestel: 'Nog nooit in die geskiedenis het 'n
 internasionale agentskap soveel mag uitgeoefen nie.'

                             [Uit http://www.halifaxinitiative.org/updir/ImpoverishingAContinent.pdf.
                                                              Toegang op 16 November 2015 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                11                                DBE/November 2016
                                        NSS – Addendum

BRON 3B

Hierdie bron is deel van 'n onderhoud, getiteld A View From Inside: The World Bank, wat
Monte Leach, redakteur van Share International, met Ismail Serageldin, visepresident vir
Omgewings- Volhoubare Ontwikkeling by die Wêreldbank, gevoer het. Die onderhoud het
gefokus op die twispunt aangaande die programme vir strukturele aanpassing.

 Monte           Die programme vir strukturele aanpassing is een van die mees
 Leach:          omstrede areas van betrokkenheid vir die bank. Sommige mense sê dat
                 hulle die armes benadeel het deur regerings te dwing om subsidies op
                 basiese goedere te verminder of uit te skakel in ruil vir lenings by die
                 Wêreldbank. Is dit iets waarby die bank betrokke is?

 Ismail      Natuurlik. Maar, kom ek gaan 'n bietjie terug (om die agtergrond te
 Serageldin: verduidelik). Die bank is 'n koöp (medewerker) van lidstate. As ek 'n
             lidstaat het wat in groot moeilikheid is, wat gewoonlik die geval is, dan
             kom hulle nie op 'n voorkomende basis vir strukturele aanpassing nie …
             As hulle toestand werklik swak is, kan 'n mens op daardie tydstip regtig
             baie min doen, behalwe om die huidige situasie te probeer hanteer.
             Goeie reguit advies word nie altyd deur almal aanvaar nie, want dit is
             soms onaangenaam.

                 Ek het hierdie gesprekke in die 1980's met 'n hele paar Afrikaleiers
                 gevoer toe ek op daardie stadium in Afrika gewerk het. Dit is nie 'n
                 kwessie van ideologie nie; dit is 'n geval van rekenkunde (wiskunde). Jy
                 het uitgawes en jy het inkomste, en daar is 'n gaping tussen die twee.
                 Daar is slegs drie maniere om die gaping te vul. Een is om geld te druk,
                 wat tot hiperinflasie sal lei, en ons weet wat die gevolge daarvan is.
                 Terloops, die armes ly die meeste daaronder, want die elite sit
                 gewoonlik hulle bates om in dollars. Die tweede manier is om te leen.
                 Maar die meeste van hierdie lande het alreeds soveel lenings
                 aangegaan dat daar 'n skuldkrisis is. Hulle kan nie hulle
                 skuldverpligtinge nakom nie en teen die tyd wat hulle na ons kom, kan
                 hulle nie nog lenings aangaan nie. En daarom is die derde moontlikheid
                 om besteding te verminder en inkomste te verhoog. Daar is in openbare
                 finansies geen vierde manier om hierdie saak op te los nie …

 Monte           Sê jy dat programme vir strukturele aanpassing nie noodwendig 'n
 Leach:          slegte ding is nie, dat dit afhang van hoe dit geïmplementeer word?

 Ismail      Presies. Daar is 'n groot verskil in die manier waarop jy aanpassings
 Serageldin: doen.

                                [Uit http://www.shareintl.org/archives/economics/ec_mlview_wb.htm.
                                                              Toegang op 15 November 2015 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               12                                DBE/November 2016
                                       NSS – Addendum

BRON 3C

Hierdie bron is 'n uittreksel uit 'n artikel deur R Naiman en N Watkins met die titel 'Has
Africa "Turned the Corner" in Recent Years?' ('Het Afrika in die Afgelope Paar Jaar
"oor die Ergste" Gekom?'). Dit fokus op die impak wat programme vir strukturele
aanpassing op Afrika gehad het.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het in 1998 'n reeks publikasies en openbare
verklarings uitgereik waarin hulle beweer dat hulle krediet moet kry vir 'n 'ekonomiese
Renaissance (herlewing) in Afrika' en 'n 'ommekeer in groeiprestasie'. Die IMF en
Wêreldbank beweer dat strukturele aanpassing alreeds vrugte begin afwerp, ten
minste in mikro-ekonomiese terme. As 'n mens egter die groeiprojeksies wat onlangs
deur die Wêreldbank vrygestel is, ondersoek, vind jy dat die 'groei-ommekeer'
kortstondig was. Volgens die Wêreldbank het die reële bruto binnelandse produk
(BBP) per capita in 1996 met 1,4% gegroei, maar teen 1997 het groei tot 0,4%
verminder en in 1998 het die per capita-inkomste met 0,8% gedaal. Die Wêreldbank
projekteer 'n verdere afname van 0,4% in 1999. Kortom, indien daar 'n 'ekonomiese
Renaissance' vir Afrika was, lyk dit asof dit verby is …

Die data wat in hierdie studie ondersoek is, gee te kenne dat die IMF in Afrika gefaal
het ten opsigte van hulle eie verklaarde doelwitte en volgens hulle eie data. Groeiende
skuldlas, swak groeiprestasie en die onvermoë van die meerderheid van die bevolking
om hulle toegang tot onderwys, gesondheidsorg of ander basiese behoeftes te
verbeter, is die algemene patroon in lande wat aan IMF-programme blootgestel is.

Die kernelemente van die IMF se programme vir strukturele aanpassing het sedert die
vroeë 1980's merkwaardig bestendig gebly. Alhoewel daar die laaste jaar en 'n half al
hoe meer kritiek en oproepe vir hervorming was, het geen hervormings van die IMF of
hulle beleid te voorskyn gekom nie …

In die afwesigheid van enige hervorming by die IMF in die nabye toekoms word die
behoefte aan skuldkansellering vir Afrika al hoe dringender. In 1997 het die enorme
skuldlas 4,3% van sub-Sahara-Afrika se bruto nasionale produk (BNP) verteer. Indien
hierdie hulpbronne vir beleggings aangewend is, kon die streek hulle ekonomiese groei
met amper 'n volle persentasiepunt verbeter het – ongelukkig is dit meer as twee keer
hulle per capita-groei vir daardie jaar. Maar die skuldlas eis ook 'n ander prys op wat
miskien selfs hoër as die uitvloei van hulpbronne uit die land is: Dit verskaf die middel
waardeur dit vir die IMF moontlik is om die voorwaardes van hulle programme vir
strukturele aanpassing op hierdie uiters arm lande af te dwing.

                                [Uit http://www.cerpr.net/documents/publications/debt 1999 04.htm.
                                                            Toegang op 15 November 2015 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  13                                DBE/November 2016
                                          NSS – Addendum

BRON 3D

Hierdie spotprent het in die Eritrean News verskyn met die titel 'How The World Bank
And International Monetary Fund Destroy Africa' ('Hoe die Wêreldbank en
Internasionale Monetêre Fonds Afrika vernietig'). Die spotprenttekenaar en die
publikasiedatum is onbekend.

                         [Uit http://www.tesfanews.net/how-the-world-bank-and-the-imf-destroy-africa/.
                                                                Toegang op 10 Oktober 2015 verkry.]
        Hy sal vergewe as jy sal vergeet..
                                                             "VERGEWE DIE SKULD IN
                                                             AFRIKA"? ... JY BEDOEL OM
         Skuldkansellasie                                    DIE EEUE VAN KOLONIALE
                                                             UITBUITING, SLAWERNY EN
                                                             DIEFSTAL VAN ONS
             Die Weste                                       NATUURLIKE HULPBRONNE
                                                             TE VERGEET?

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              14                            DBE/November 2016
                                      NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Mashabela, H. 2006. A People on the Boil: Reflections on June 16, 1976 and Beyond
(Jacana Media)

http://azapo.org.za/the-june-16-uprising-ushackled-a-black-perspective/

http://rebeccafjellanddavis.com/june16/youth-day-in-south-africa

http://www.cerpr.net/documents/publications/debt 1999 04.htm

http://www.halifaxinitiative.org/updir/ImpoverishingAContinent.pdf

http://www.shareintl.org/archives/economics/ec_mlview_wb.htm

http://www.tesfanews.net/how-the-world-bank-and-the-imf-destroy-africa/

http://www.tutu.org.za

Clark, LC. et al. 2004. The Rise and Fall of Apartheid (Pearson Education)

The Sowetan, 1 Mei 1996

The Times, 11 Februarie 2016

www.sahistory.org.za/people/nokuthula-orela-simelane

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [Hist P2 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-addendum-eng/b2bcc326-318a-41a5-b678-9d4ff222da43) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-addendum-afr/6a196821-c522-4441-9d67-c264e9c098da) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
