# History Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-afr/68b0acc7-585d-4cfa-adb8-36b159c98583
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-afr/68b0acc7-585d-4cfa-adb8-36b159c98583)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                                NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              2                         DBE/November 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                  DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                  AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                      EN     'N   NUWE
                  WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
         gevind word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1     Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                 EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2     Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                 wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
         insig gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                          DBE/November 2016
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:             HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE DIE SOWETO-
                     OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Wat verstaan jy onder die Swartbewussynsfilosofie?         (1 x 2)        (2)

         1.1.2        Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die
                      Soweto-opstande regstreeks deur die ideologie van die
                      Swartbewussynsbeweging beïnvloed is.               (2 x 1)                (2)

         1.1.3        Wat, volgens die bron, is op 28 Mei 1976 by SASM se algemene
                      raadsvergadering bespreek?                             (1 x 2)            (2)

         1.1.4        Lewer kommentaar oor die rolle wat Seth Mazibuko en Tsietsi
                      Mashinini in die mobilisering van die Soweto-leerders gespeel het.
                                                                                (2 x 2)         (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Haal DRIE skoolvakke uit die bron aan wat die apartheidsregering
                      wou hê swart Suid-Afrikaanse leerders in Afrikaans as die
                      onderrigmedium moes leer.                                (3 x 1)          (3)

         1.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die apartheidsregering nie op SASM se versoek
                      gereageer het om Afrikaans as onderrigmedium af te skaf nie.
                                                                                 (2 x 2)        (4)

         1.2.3        Waarom, dink jy, het leerders besluit om tydens die optog
                      slagspreuke te dreunsing en plakkate te swaai?     (1 x 2)                (2)

1.3      Raadpleeg Bron 1A en 1B. Verduidelik watter EEN van die bronne (Bron 1A
         of Bron 1B) jy dink die bruikbaarste sal wees vir 'n historikus wat navorsing
         doen oor hoe die gebeure in Soweto in Junie 1976 ontvou het.          (2 x 2)          (4)

1.4      Bestudeer Bron 1C.

         1.4.1        Watter boodskappe word deur die foto oorgedra?              (2 x 2)       (4)

         1.4.2        Verduidelik waarom hierdie foto deur Sam Nzima plaaslik sowel as
                      internasionaal 'n ikoniese beeld geword het.              (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               4                         DBE/November 2016
                                            NSS

1.5      Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
         in Bron 1C ten opsigte van die Soweto-opstande ondersteun.            (2 x 2)        (4)

1.6      Gebruik Bron 1D.

         1.6.1        Hoe, volgens die bron, het die apartheidsregering gereageer op
                      die gebeure wat in Soweto plaasgevind het?              (2 x 1)         (2)

         1.6.2        Noem DRIE redes wat Andries Treurnicht gegee het om die
                      Suid-Afrikaanse regering se taalbeleid te regverdig. (3 x 1)            (3)

         1.6.3        Waarom het die leiers van die apartheidsregime op 'n ander
                      manier as swart ouers op die Soweto-opstande gereageer? (1 x 2)         (2)

1.7      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Swartbewussynsfilosofie die Soweto-opstande van 1976
         beïnvloed het.                                                                       (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  5                           DBE/November 2016
                                               NSS

VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         SUKSESVOL MET DIE HANTERING VAN DIE ONREGTE VAN DIE
         VERLEDE?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1       Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig?                    (1 x 2)       (2)

         2.1.2       Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK-verhore.
                                                                             (1 x 2)               (2)

         2.1.3       Identifiseer die TWEE misdade waarvan die oortreders in Nokuthula
                     Simelane se saak aangekla is.                              (2 x 1)            (2)

         2.1.4       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom Willem Coetzee en Nimrod Veyi se getuienis oor die
                     verdwyning van Nokuthula Simelane mekaar weerspreek het.
                                                                                (2 x 2)            (4)

         2.1.5       Lewer kommentaar op die manier waarop Nokuthula Simelane se
                     nalatenskap herdenk is.                              (2 x 2)                  (4)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1       Verduidelik die boodskappe wat die bron oor die werk van die WVK
                     oordra. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
                     ondersteun.                                                 (2 x 2)           (4)

         2.2.2       Waarom, na jou mening, het die spotprenttekenaar verwys na:

                     (a)    Boipatong                                               (1 x 2)        (2)

                     (b)    Niewoudt                                                 (1 x 2)       (2)

         2.2.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                     waarom 'n historikus die inligting in die bron nuttig sou vind. (2 x 2)       (4)

2.3       Lees Bron 2C.

          2.3.1      Wat, volgens Ernestina Simelane, sou 'n nuwe verhoor oor haar
                     dogter se verdwyning onthul?                           (1 x 2)                (2)

          2.3.2      Identifiseer enige DRIE apartheid-veiligheidspolisiemanne wat die
                     staat beweer het vir die moord op Nokuthula Simelane
                     verantwoordelik was.                                       (3 x 1)            (3)

          2.3.3      Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat Ernestina
                     Simelane haar dogter oor haar veiligheid gewaarsku het. (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              6                        DBE/November 2016
                                           NSS

2.4      Verwys na Bron 2A en 2C. Verduidelik hoe die inligting oor Nokuthula
         Simelane se verdwyning in albei bronne ooreenkom.            (2 x 2)               (4)

2.5       Bestudeer Bron 2D.

          2.5.1       Verduidelik waarom, volgens Desmond Tutu, die NVG se besluit
                      om Simelane se beweerde moordenaars aan te kla 'betekenisvol
                      en geskiedkundig' is.                                (2 x 2)          (4)

          2.5.2       Watter aanbeveling het die WVK in 2002 aan die NVG gedoen?
                                                                          (1 x 1)           (1)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik of die WVK suksesvol was met die hantering van die onregte van
         die verlede.                                                                       (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                          DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 3:             HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN PROGRAMME VIR
                     STRUKTURELE AANPASSING (PSA) DEUR INTERNASIONALE
                     FINANSIËLE INSTELLINGS AFRIKALANDE BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Waarom, volgens die bron, het die regering in Washington besluit
                      om die ekonomieë van Derdewêreld-lande te onderdruk?
                                                                               (1 x 2)            (2)

         3.1.2        Noem die TWEE internasionale finansiële instellings in die bron
                      wat programme vir strukturele aanpassing op ontwikkelende lande
                      afgedwing het.                                           (2 x 1)            (2)

         3.1.3        Definieer die term liberalisering van die handel in die konteks van
                      globalisering.                                               (1 x 2)        (2)

         3.1.4        Verduidelik hoe die privatisering van industrieë Afrikalande
                      beïnvloed het.                                        (2 x 2)               (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Lewer kommentaar op waarom Leach beweer het dat programme
                      vir strukturele aanpassing omstrede was.             (2 x 2)                (4)

         3.2.2        Hoe, volgens Serageldin, moes die gaping tussen besteding en
                      inkomste in ontwikkelende lande gevul word?           (3 x 1)               (3)

         3.2.3        Verduidelik tot watter mate jy dink hierdie bron bruikbaar is vir 'n
                      historikus wat navorsing doen oor hoe programme vir strukturele
                      aanpassing op ontwikkelende lande afgedwing is.             (2 x 2)         (4)

3.3      Raadpleeg Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne
         ooreenkom met betrekking tot die impak wat programme vir strukturele
         aanpassing op ontwikkelende lande gehad het.                      (2 x 2)                (4)

3.4      Gebruik Bron 3C.

         3.4.1        Gee DRIE redes in die bron wat te kenne gee dat dit lyk asof die
                      'ekonomiese Renaissance' vir Afrika verby is.            (3 x 1)            (3)

         3.4.2        Haal enige TWEE bewyse uit die bron aan wat toon dat die IMF
                      Afrika in die steek gelaat het.                       (2 x 1)               (2)

         3.4.3        Lewer kommentaar op waarom jy dink skuldkansellasie vir lande in
                      Afrika noodsaaklik geword het.                            (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                           DBE/November 2016
                                             NSS

3.5      Raadpleeg Bron 3D.

         3.5.1        Verduidelik die boodskappe wat die spotprenttekenaar oor
                      skuldkansellasie oordra.                          (2 x 2)                  (4)

         3.5.2        Hoe beeld die spotprenttekenaar die volgende uit:

                      (a)   Die Weste                                              (1 x 2)       (2)

                      (b)   Afrika                                                 (1 x 2)       (2)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
          paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
          verduidelik hoe die implementering van programme vir strukturele
          aanpassing deur internasionale finansiële instellings Afrikalande beïnvloed
          het.                                                                                   (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               9                          DBE/November 2016
                                            NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                     KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Verduidelik tot watter mate PW Botha se poging om in die vroeë 1980's die beleid
van 'grand' (groot) apartheid te hervorm met grootskaalse verset deur
gemeenskapsorganisasies op voetsoolvlak begroet is.

Ondersteun jou argumente met relevante bewyse.                                              [50]

VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die geweld wat Suid-Afrika in die vroeë 1990's geteister het, het amper die
onderhandelingsproses en die geboorte van 'n demokratiese en vrye Suid-Afrika
gekelder.

Bespreek hierdie bewering krities met verwysing na die rol wat leierskap,
onderhandelinge en kompromieë in 1994 in Suid-Afrika se verkryging van demokrasie
gespeel het.                                                                                [50]

VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                    EN    'N   NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 was 'n belangrike katalisator (sneller) vir
die politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argumente deur te verwys na
relevante gebeure wat tussen 1989 en 1990 die politieke landskap in Suid-Afrika
gevorm het.                                                                                 [50]

                                                                              TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
