# History Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-memo-afr/390265af-fd49-438d-86f3-ff8bdc04c8af
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-memo-afr/390265af-fd49-438d-86f3-ff8bdc04c8af)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                                NOVEMBER 2016

                                 MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 24 pages.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             2                         DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

1.     BRONGEBASEERDE VRAE

1.1   Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
      ontwikkel:
Kognitiewe                                                          Gewigstoekenning
                           Historiese vaardighede
  Vlakke                                                                van vrae
            • Onttrek inligting uit bronne
            • Selektering en organisasie van relevante inligting          30%
VLAK 1
                uit bronne                                                (15)
            • Definieer historiese begrippe/terme
            • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                          40%
VLAK 2      • Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                          (20)
            • Analiseer bewyse uit bronne
            • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
            • Skakel       met    bronne      om     bruikbaarheid,
                betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
                te stel                                                   30%
VLAK 3
            • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en                   (15)
                perspektiewe in die bronne en kom tot
                onafhanklike gevolgtrekkings

1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
       • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
           ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
       • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
           vereistes van die vraag voldoen is.
       • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
           aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
           skrif aangedui.
1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
       • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
       • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
          en word twee punte elk toegeken ();
          (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ().
       • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
       Paragraafvraag
       Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
       die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
       toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
       paragraafvraag geassesseer word:
       • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
           die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
       • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
           was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               3                          DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

       •   Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
           die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
           holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
       ___________ . __________________________ . _________________________
       _____________________________________________ . _________________
       √√√√√
       Vlak 2
       Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf

       •   Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan
           die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
                                                  50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
           antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
          die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
          kry vir enige ander relevante antwoord.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
       samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
       aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
       feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
       verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
       reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
       Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
       deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
       holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
       aangesien die klem op die volgende val:
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
            ondersteun
       • Die leerder se interpretasie van die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    4                       DBE/November 2016
                                          NSS – Memorandum

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel
       2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
       2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
             vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
             nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
             gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
             kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
             hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
       2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:

                 • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                   ^
                 • Verkeerde stelling              _________________

                 • Irrelevante stelling            |
                                                   |
                                                   |

                 • Herhaling                       R

                 • Analise                         A√

                 • Interpretasie                   1√

2.5.   Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                 die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                 stel.
                                                          I      VLAK 4

       (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                 aanbieding bepaal.

                                                             I     VLAK 4
                                                             A     VLAK 3

       (c)       Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                             I
                                                             A
                                                                    VLAK 4
                                                                    VLAK 3        }26–27
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedenis/V2                                                       5                                                    DBE/November 2016
                                                                  NSS – Memorandum

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                           VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5               VLAK 4              VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING              Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                        beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                        gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                        opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                        sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                        inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                        goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                  gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                        oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                        argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                        ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                        bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                        deurgaans           die bewyse te
                        volgehou en         maak om die
                        verdedig.           argument te
                        Onafhanklike        ondersteun.
                        gevolgtrekking
                        gemaak uit
                        bewyse om die
                        argument te
                        ondersteun.
VLAK 7

Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten            47–50               43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6

Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
                            43–46               40–42                38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5

Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
                            38–39               36–37                34–35                30–33               28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4

Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige                                                    30–33                28–29               26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3

Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
                                                                                          26–27               24–25                20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2

Vraag ontoereikend                                                                                            20–23                18–19                14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*

Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
                                                                                                                                   14–17                  0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
     •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie     = 0
     •     Antwoord sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer                         = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                           DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1:             HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE DIE SOWETO-
                     OPSTANDE VAN 1976 BEÏNVLOED?
1.1
1.1.1    [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 1A – V1]
         • 'n Filosofie wat selfvertroue, selfhandhawing en trots onder swart Suid-
            Afrikaners bevorder
         • 'n Filosofie wat deur Steve Biko en ander aktiviste gepropageer is vir
            swart Suid-Afrikaners om onafhanklik van ander rasse te wees rakende
            die stryd om gelykheid en geregtigheid
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)          (2)
1.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
          • Dit is 'n feit in die geskiedenis dat die 16 Junie 1976 opstand onder die
            direkte invloed van die Swartbewussynsbeweging, sy ideologie en sy
            leierskap plaasgevind het
          • Op 28 Mei 1976 het die Suid-Afrikaanse Studentebeweging, 'n studente
            komponent van die BCM, sy Algemene Studenteraadsvergadering gehou
            waar die punt oor Afrikaans as onderrigmedium bespreek is         (2 x 1)        (2)
1.1.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
          • Die saak oor Afrikaans as onderrigmedium                              (1 x 2)    (2)
1.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
          • Seth Mazibuko: het leierskap getoon deur die prefekte van die skole te
             mobiliseer om uit een mond te praat rakende die verwerping van Afrikaans
             as 'n onderrigmedium by skole in Soweto; leier van SASM in Soweto
          • Tsietsi Mashinini: was 'n invloedryke leier deur massa betogings op 16
             Junie 1976 uit te roep en hy was ook verantwoordelik vir die stigting van 'n
             Aksiekomitee wat die Soweto-opstand aangevoer het; leier van SASM in
             Soweto
          • Enige ander relevante antwoord                                        (2 x 2)    (4)
1.2
1.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
         • Wiskunde
         • Geskiedenis
         • Aardrykskunde                                                          (3 x 1)    (3)
1.2.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
         • Die apartheidsregering het nie omgegee vir die uitdagings wat swart
             studente/leerlinge in die gesig gestaar het oor die gebruik van die
             Afrikaanse taal nie
         • Die regering wou die studente wys dat hulle die magte gehad het om te
             besluit oor enige skoolbeleid omdat die geld wat gebruik is om skole te
             bedryf van die regering afkomstig was
         • Die apartheidsregering het nie jong swart Suid-Afrikaanse leerlinge as 'n
             bedreiging beskou nie
         • Die apartheidsregering het die mag van swart Suid-Afrikaanse studente
             onderskat
         • Enige ander relevante antwoord                                    (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               7                           DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

1.2.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
         • Die studente wou hulle woede en teenkanting toon teen die gebruik van
             Afrikaans as 'n onderrigmedium
         • Om meer leerlinge te mobiliseer om deel te neem aan die massa aksie
         • Om aan die apartheidsregering te wys dat hulle braaf genoeg was om die
             mag van die onderdrukkende apartheidstelsel in die gesig te staar/aan te
             vat
         • Die studente wou die aandag van die land en die wêreld trek op die
             negatiewe impak wat Bantoe-onderwys op swart Suid-Afrikaanse studente
             gehad het
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)        (2)

1.3      [Vasstelling van die nut (bruikbaarheid) van bewyse in Bron 1B of 1C – V3]
            Kandidate kan of BRON 1A of BRON 1B kies:
            BRON 1A
         • Die bron voorsien spesifieke historiese datums wat deurslaggewend/
            noodsaaklik was vir die beplanning en organisering van die optog in
            Soweto
         • Die bron bevat waardevolle inligting oor die rol van leierfigure soos Don
            [Tsietsi] Mashinini, Seth Malibu, ens. in die beplanning van die Soweto-
            opstand
         • Die bron wys duidelik dat die Swartbewussynsfilosofie die studente van
            Soweto beïnvloed het om op te tree teen Bantoe-onderwys
          • Enige ander relevante antwoord

             BRON 1B
         •   Die bron is 'n ooggetuie verslag van die gebeure wat op 16 Junie 1976
             ontvou het
         •   Die bron beskryf die sleutel historiese gebeure wat tot die opstand op 16
             Junie 1976 gelei het, plaasgevind het baie duidelik en spesifiek die rol van
             SASM
         •   Die bron gee inligting oor die slagspreuke wat studente gedurende die
             protes op 16 Junie 1976 gebruik het
         •   Die bron gee inligting oor die rol wat wit polisieamptenare gespeel het
         •   Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)    (4)

1.4
1.4.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
         • Die polisie het met dodelike/brutale mag tydens die Soweto-opstand
             opgetree
         • Die trauma en pyn wat deur Antoinette Pieterson en Mbuyisa Makhubu
             ondervind is
         • Die bravade en passie van Mbuyisa Makhubu
         • Die solidariteit van swart Suid-Afrikaanse studente
         • Die pyn en trauma wat swart Suid-Afrikaanse studente ondervind het
             gedurende die Soweto-opstand
         • Enige ander relevante antwoord                               (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               8                          DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

1.4.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
          • Die foto toon hoe gehard en brutaal die apartheidsregime was in die
             behandeling van swart Suid-Afrikaanse kinders
          • Die foto het gelei tot die verdere veroordeling van die apartheidsregering
          • Dit het solidariteit in die stryd teen onderdrukking versterk
          • Dit het die stryd van swart Suid-Afrikaanse studente teen Afrikaans as
             onderrigmedium gesimboliseer
          • Dit toon die bravade van swart Suid-Afrikaanse studente teen die
             apartheidsregime
          • Enige ander relevante antwoord                                       (2 x 2)    (4)

1.5.     [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1C – V3]
         • Bron 1B skets hoe leerlinge van Soweto reageer het op die gedrag van die
            polisie terwyl Bron 1C die reaksie van Antoinette Pieterson en Mbuyisa
            Makhubu toon teenoor die dood van Hector Pieterson/die gevolge van die
            polisie se optrede
         • Bron 1B verwys na die dood van die leerlinge op 16 Junie 1976 en die
            bystand wat aan gewonde leerlinge gegee is terwyl Bron 1C toon hoe
            Mbuyisa Makhubu die lewelose liggaam van Hector Pieterson dra
         • Bron 1B beskryf die gebeure op die oggend van 16 Junie 1976 terwyl
            Bron 1C die foto toon wat geneem is op die oggend van 16 Junie 1976
         • Bron 1B beskryf die hartseer/ verdriet wat Antoinette Pieterson ondervind
            het terwyl Bron 1C die hartseer wat Antoinette Pieterson ondervind het,
            toon                                                                            (4)
         • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)

1.6
1.6.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
          • Die regering het die skole gesluit
          • Plaas die Suid-Afrikaanse weermag op gereedheidsgrondslag
          • Die regering het uiterste geweld en onderdrukking gebruik             (2 x 1)   (2)

1.6.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
          • Waar die regering geboue opgerig het
          • Het subsidies toegeken
          • Het onderwysers betaal                                                (3 x 1)   (3)

1.6.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
         • Hulle het nie die persoonlike ondervinding gehad van die effek van
             Bantoe-onderwys en rasse onderdrukking nie
         • Hulle het die opstand as 'n strategie/sameswering deur swart Suid-
             Afrikaners om die regering omver te werp (Kommunistiese aanval) beskou
         • Hulle het nie omgegee vir die lewens swart Suid-Afrikaanse kinders nie
         • Wit Suid-Afrikaanse kinders was nooit onderdruk nie en het beter onderrig
             ontvang
         • Die regering wou die Afrikaanse taalbeleid verdedig                              (2)
         • Enige ander relevante antwoord                                     (1 x 2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Geskiedenis/V2                               9                         DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

 1.7   [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

       Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:

        • Swart Suid-Afrikaanse studente het bewus geraak van die gevare van
          Bantoe-onderwys (eie kennis)
        • Swart Suid-Afrikaanse studente van Soweto het 'n sin van aanmatiging
          getoon toe hulle die taalbeleid op 16 Junie 1976 uitgedaag het (Bron 1B)
        • Swart Suid-Afrikaanse studente het onafhanklik van wit Suid-Afrikaanse
          opgetree (Bron 1B)
        • Swart Suid-Afrikaanse studente het eenheid en solidariteit gedurende die
          Soweto-opstand geopenbaar (Bron 1B en 1C)
        • Swart Suid-Afrikaanse studente en hulle ouers het die inisiatief geneem om
          die apartheidsregering uit te daag om hulle self te bevry
        • Swart Suid-Afrikaanse studente was vreesloos teenoor die apartheidsregime
          (Bron 1D en eie kennis)
        • SASM was 'n Swartbewussyn geïnspireerde studente organisasie en was die
          instrument in die beplanning van die Soweto-opstand (eie kennis)
        • Onderwysers was politieke aktiviste gedurende die Soweto-opstand en was
          lede van SASO en het swart Suid-Afrikaanse studente beïnvloed met die
          idees van Swartbewussyn (eie kennis)
        • Die Soweto-opstand was hoofsaaklik 'n stryd om die denke van swart mense
          teen die indoktrinasie van Bantoe-onderwys te indoktrineer (eie kennis)
        • Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

              •   Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
                  geen of min begrip van hoe die
                  Swartbewussynsfilosofie die Soweto-opstand van                 PUNTE
VLAK 1
                  1976 beïnvloed het nie.                                         0–2
              •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
                  nie.
              •   Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate
                  verband met die onderwerp, bv. toon begrip van hoe
                  die Swartbewussynsfilosofie die Soweto-opstand                 PUNTE
VLAK 2
                  van 1976 beïnvloed het.                                         3–5
              •   Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
                  paragraaf te skryf.
              •   Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
                  van hoe die Swartbewussynsfilosofie die Soweto-
                                                                                 PUNTE
VLAK 3            opstand van 1976 beïnvloed het.
                                                                                  6–8
              •   Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                  paragraaf en toon begrip van die onderwerp.

                                                                                             (8)
                                                                                            [50]

 Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             10                          DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE SUKSESVOL
         IN DIE HANTERING VAN DIE ONREGTE VAN DIE VERLEDE?

2.1
2.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
          • Om die skeiding (gaping) tussen die onderdrukkende Nasionale Party en
            die demokratiese Suid-Afrika te oorbrug                       (1 x 2)          (2)

2.1.2    [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 2A – V1]
         • Die oortreders wou kwytskelding hê vir die politieke misdade wat teenoor
            politieke aktiviste gepleeg is bv. Nokuthula Simelane
         • Vergifnis vir politieke misdade wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)      (2)

2.1.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
          • Ontvoering
          • Marteling
          • Verdwyning
          • Moord                                                         (enige 2 x 1)    (2)

2.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
         • Coetzee het sy bewyse voorgelê om die Soweto Intelligensie-eenheid
             (SIU) te beskerm terwyl Nimrod Veyi se bewyse was om die werke van
             die SIU bloot te lê
         • Coetzee wou nie die owerhede wat die instruksies gegee het om politieke
             aktiviste te vermoor impliseer nie en wou daarom die waarheid verdoesel
             terwyl Nimrod Veyi inligting gegee het oor die plek waar die oorskot van
             Nokuthula Simelane begrawe is om amnestie te verkry
         • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2)      (4)

2.1.5    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
          • Die Mpumalanga regering het 'n standbeeld opgerig ter ere van Nokuthula
             Simelane as 'n herinnering aan die rol wat sy in die bevrydingstryd
             gespeel het
          • Mark Kaplan produseer 'n dokumentêr oor die lewe en verdwyning van
             Nokuthula Simelane                                              (2 x 2)       (4)

2.2
2.2.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
          • Dit toon Desmond Tutu en Alex Boraine wat die gruweldade ondersoek
             wat in Suid-Afrika gepleeg is
          • Dit was 'n moeilike taak om al die gruweldade wat gepleeg is te ondersoek
          • Die skedels toon die gruweldade wat gepleeg is wat die WVK gepoog het
             om te ondersoek
          • Die name toon die plekke waar hierdie gruweldade wat die WVK
             ondersoek het gepleeg is
          • Die name van die oortreders (Niewoudt, Barnard) wat gruweldade gepleeg
             het en wat die WVK gepoog het om te ondersoek
          • Die boodskappe wys dat die WVK nie vergeldingsgeregtigheid soos
             getoon deur die vrou in die bron, ondersteun het nie
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             11                          DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

2.2.2    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
         (a)
         • Die verwysing na Boipatong (wat op 17 Junie 1992 gebeur het) dui die
             plek aan waar gruweldade deur koshuisinwoners wat 45 mense dood
             (politieke misdade) gelaat het, gepleeg is
         • Enige ander relevante antwoord                               (1 x 2)

         (b)
         • Die verwysing na Niewoudt dui die naam aan van 'n oortreder wat
             verantwoordelik was vir gruweldade (politieke misdade)
         • Hy is aangekla vir die marteling en moord op Steve Biko
         • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)          (4)

2.2.3    [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 2B – V3]
         Hierdie bron is bruikbaar omdat:
          • Dit toon dat die WVK gelei is deur Tutu en Boraine wie gepoog het om die
            gruweldade te ondersoek wat gedurende die apartheidsregering in Suid-
            Afrika gepleeg is
          • Dit identifiseer die hoof oortreders wat verantwoordelik was vir hierdie
            gruweldade (apartheidsmisdade)
          • Dit werp lig op die plekke waar hierdie gruweldade (apartheidsmisdade)
            gepleeg is
          • Dit impliseer dat die WVK ten gunste was van herstellende geregtigheid
            en nie vergeldingsgeregtigheid nie
          • Die WVK was oorweldig deur die aantal sake wat hulle moes ondersoek
          • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)      (4)

2.3
2.3.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
          • Dit sou openbaar wat met haar dogter gebeur het
          • Dit sou openbaar wie haar dogter ontvoer/gemartel/vermoor/begrawe het
                                                                       (enige 1 x 2)       (2)

2.3.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
          • Willem Helm Johannes Coetzee
          • Anton Pretorius
          • Frederick Barnard Mong
          • Msebenzi Timothy ‘Vastrap’ Radebe                             (enige 3 x 1)    (3)

2.3.3    [Haal bewyse uit Bron 2C aan – V2]
          • Ernestina Simelane het haar dogter gewaarsku dat ‘die polisie haar soek’
          • Ernestina Simelane het haar dogter vertel dat ‘die polisie haar wou
            arresteer’
          • Ernestina Simelane het haar dogter gewaarsku om ‘nie terug huis toe te
            kom nie’                                                     (enige 1 x 2)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              12                           DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

2.4      [Vergelyking van bewyse uit Bron 2A en 2C – V3]
         • Albei bronne 2A en 2C beklemtoon die intensie van die Simelane-familie
            om uit te vind waar hulle dogter, Nokuthula was
         • Albei bronne 2A en 2C noem die betrokkenheid van die veiligheidtak
            polisieman in die verdwyning van Nokuthula
         • Albei bronne 2A en 2C beklemtoon dat die moordenaars van Nokuthula
            wie voor die WVK verskyn het om aansoek te doen vir amnestie
         • Albei bronne 2A en 2C dui aan dat Nokuthula in Swaziland was
         • Albei bronne 2A en 2C dui aan dat Nokuthula ontvoer, gemartel en
            vermoor is
         • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2)           (4)

2.5
2.5.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
          • Dit is die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika sedert die WVK tot
             stand gekom het en dat oortreders vervolg sou word
          • Dit was die eerste keer sedert die WVK aanbevelings gemaak het dat die
             NVG op hierdie manier gereageer het
          • Die NVG het genesing in hierdie saak gebring sodat die familie van
             Nokuthula Simelane die waarheid sou geweet het oor hulle dogter se
             verdwyning
          • Enige ander relevante antwoord                                        (2 x 2)    (4)

2.5.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
          • Vervolging is aanbeveel                                                (1 x 1)   (1)

2.6      [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

         Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit.

         Kandidate moet standpunt inneem en verduidelik of die Waarheids-en-
         Versoeningskommissie (WVK) as suksesvol beskou kan word in die
         hantering van die onregte van die verlede

         SUKSESVOL
         • WVK se doel was om herstellende geregtigheid te verkry (eie kennis)
         • Die WVK het 'n platform geskep vir slagoffers en oortreders om hulle
            stories te vertel (eie kennis)
         • In sommige gevalle het oortreders vergifnis nagestreef en het antwoorde
            aan families verskaf (eie kennis)
         • Oortreders kon om amnestie aansoek doen (Bron 2A)
         • Vergoeding was minimaal maar is deur party slagoffers ontvang (eie
            kennis)
         • Vergoeding het gehelp dat slagoffers weer hulle waardigheid kon behaal
            (eie kennis)
         • Die WVK is daarom beskou as suksesvol omdat dit bygedra het tot
            nasiebou en versoening (eie kennis)
         • Enige ander relevante antwoord

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               13                         DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

         NIE SUKSESVOL NIE
         • Niemand het verantwoordelikheid aanvaar vir Nokuthula Simelane se
            verdwyning nie (Bron 2A)
         • Oortreders is nie verantwoordelik gehou vir hulle dade nie omdat hulle vir
            amnestie kon aansoek doen (Bron 2A)
         • Die WVK het nie antwoorde aan almal verskaf wat vrae oor die
            verdwyning van hulle geliefdes gehad het nie (Bron 2C)
         • Die WVK is beskou as 'n heksejag wat ou wonde oopgekrap het (eie
            kennis)
         • Die WVK het nie sy doel om versoening te bring, bereik nie (eie kennis)
         • Die regering het nie opgetree volgens die aanbevelings van die WVK nie
            (Bron 2D)
         • Die Simelane-familie se siviele saak het die NVG gedwing om tot aksie oor
            te gaan (Bron 2D)
         • Die NVG het 'n jaar later gereageer toe hulle aangekondig het dat die
            oortreders vervolg gaan word (Bron 2D)
         • Daarom word die WVK twintig jaar later beskou as onsuksesvol in die
           adressering van die onregte van die verlede (eie kennis)
         • Enige ander relevante antwoord

         Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

                 • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen
                   of min begrip of die Waarheids-en-Versoeningskommissie
                                                                                      PUNTE
  VLAK 1           suksesvol was in die adressering van die onregte van die
                                                                                       0–2
                   verlede.
                 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                 • Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate verband met
                   die onderwerp, bv. toon begrip of die Waarheids-en-
                   Versoeningskommissie suksesvol was in die adressering              PUNTE
  VLAK 2
                   van die onregte van die verlede.                                    3–5
                 • Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n paragraaf te
                   skryf.
                 • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip of die
                   Waarheids-en-Versoeningskommissie suksesvol was in
                                                                                      PUNTE
  VLAK 3           die adressering van die onregte van die verlede.
                                                                                       6–8
                 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf
                   en toon begrip van die onderwerp.

                                                                                           (8)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             14                          DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3:         HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN PROGRAMME VIR
                 STRUKTURELE AANPASSING (PSA) DEUR INTERNASIONALE
                 FINANSIËLE INSTELLINGS AFRIKALANDE BEÏNVLOED?

3.1

3.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
         • Die skuldkrisis van die 1980's                                        (1 x 2)   (2)

3.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
         • Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
         • Wêreldbank                                                            (2 x 1)   (2)

3.1.3    [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 3A – V1]
         • Handelsliberalisering verwys na ontwikkelende lande wat hulle markte
           oopmaak vir buitelandse handel en belegging wat Afrika aan Westerse
           markte
         • Enige ander relevante antwoord                           (enige 1 x 2)          (2)

3.1.4    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
         • Dat noodsaaklike dienste teruggehou is van die armes
         • Die praktyk waar slegs die rykes noodsaaklike dienste kon bekostig
         • Uitdiensstelling wat 'n las op die staat geplaas het om maatskaplike hulp te
            verleen
         • Dat die staat sy verantwoordelikhede teenoor die armes laat verdwyn het
          • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)    (4)

3.2

3.2.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V1]
         • Dit het regerings gedwing om subsidies vir basiese goedere te verminder
            wat die armes seergemaak het
         • Dit het die ekonomie Afrikalande vernietig
         • Dit het die ongelykhede tussen armes en rykes vergroot
         • Dit het bygedra tot armoede en hongersnood in Afrika
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 2 x 2)        (4)

3.2.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
         • Om geld te druk
         • Om geld te leen
         • Om uitgawes te verminder en belasting te verhoog
                                                                                 (3 x 1)   (3)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              15                          DBE/November 2016
                                     NSS – Memorandum

3.2.3    [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3B – V3]
         Kandidate kan kies of die inligting in die bron BRUIKBAAR tot 'n groot
         mate is of BRUIKBAAR tot 'n mindere mate is en hulle antwoord met
         relevante bewyse ondersteun.

         BRUIKBAAR TOT 'N GROOT MATE
         • Dit gee insig op die redes waarom ontwikkelende lande lenings by die
           Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank gesoek het
         • Dit gee insig in die redes waarom die Internasionale Monetêre Fonds en
           die Wêreldbank op programme vir strukturele aanpassing aangedring het
         • Oor hoe programme vir strukturele aanpassing die armes geaffekteer het
         • Enige ander relevante antwoord

                                                OF

         BRUIKBAAR TOT 'N MINDERE MATE
         • Dit is slegs die siening van die adjunk president van die Wêreldbank oor
           die redes vir die implementering van programme vir strukturele aanpassing
         • Die siening oor die redes vir die implementering van programme vir
           strukturele aanpassing is nie gebalanseerd nie omdat die siening van
           diegene wat geaffekteer word, afwesig is/ nie gekonsulteer is nie
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)     (4)

3.3      [Vergelyking van bewyse uit Bron 3A en 3B – V3]
         • Beide Bron 3A en 3B lig toe hoe die van programme vir strukturele
            aanpassing op ontwikkelende nasies opgelê is
         • Beide Bron 3A en 3B lig toe hoe regerings uitgawes moes verminder om
            te kwalifiseer vir lenings by die Internasionale Monetêre Fonds
         • Beide Bron 3A en 3B lig die impak wat die strukturele
            aanpassingsprogramme op die armes gehad het, toe
         • Beide Bron 3A en 3B lig die styging van pryse op goedere toe
         • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2)    (4)

3.4

3.4.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
         • In 1997 het die groei stadiger plaasgevind tot 0,4%
         • In 1998 het per capita inkomste met 0,8% geval
         • In 1999 het die Wêreldbank 'n verdere afname van 0,4% in groei/inkomste
            geprojekteer                                                    (3 x 1)         (3)

3.4.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
         • Die skuldlas van Afrika het aansienlik toegeneem
         • Lande in Afrika het 'n swak groeikoers getoon
         • Die meerderheid van die bevolking in Afrika het nie daarin geslaag om
           hulle toegang tot onderwys, gesondheidsorg en basiese behoeftes te
           verbeter nie                                              (enige 2 x 1)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               16                            DBE/November 2016
                                      NSS – Memorandum

3.4.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
         • Skuldterugbetalings is 4,3% van Sub-Sahara-Afrika se Bruto Nasionale
            Produk
         • Die implementering van strukturele aanpassingsprogramme het die
            ekonomieë van die meeste Afrikalande verarm
         • Dit sal 'n sound ekonomiese praktyk wees omdat die terugbetaling van
            lenings onrealisties is omdat te veel geld uit Afrikalande stroom
         • Daardie hulpbronne (geld) kan gebruik word om die ekonomie met 'n volle
            persentasiepunt te laat groei
         • Afrika het enorme skuld gehad en is verarm
         • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 2 x 2)     (4)

3.5

3.5.1    [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
         • Die boodskap bevraagteken die Weste se motiewe vir die kansellering van
             die skuld van Afrikalande
         • Die bron herinner die Weste aan die ekonomiese uitbuiting van
             Afrikalande (koloniale uitbuiting, verknegting en diefstal van Afrika se
             natuurlike hulpbronne)
         • Die bron toon die onverdraagsaamheid van die Weste teenoor die
             welstand van Afrika (Die uitreiking van 'n sertifikaat van 'skuld kansellering'
             is van min waarde omdat nie al die skuld gekanselleer is nie. Afrika word
             steeds uitgebuit as gevolg van uitstaande lening terugbetalings,
             rentekoerse op daardie lenings en neokolonialisme)
         • Die bron toon die arrogante houding van die Weste teenoor die
             ekonomiese welstand van Afrika omdat die opskrif wil hê dat Afrika die
             uitbuiting van die verlede moet vergewe. Geen melding word gemaak van
             die huidige ekonomiese uitbuiting van Afrika deur die Weste
         • Enige ander relevante antwoord                                      (enige 2 x 2)   (4)

3.5.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
        (a)
        • Die Weste word uitgebeeld as lande wat bevoordeel word uit die
            ekonomiese onderwerping van Afrikalande (Weste word uitgebeeld as goed
            gevoed, goed aangetrek, het toegang tot mediese sorg, brille, ens.)
        • Die Weste word uitgebeeld as die lande wat beheer uitoefen oor die
            ekonomiese welstand van Afrikane (die Weste word uitgebeeld as groter as
            Afrika)
        • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 1 x 2)       (2)

        (b)
        • Afrikalande word uitgebeeld as lande wat swaargekry het onder die uitbuiting
            van die Weste (Die Afrikaan in die spotprent lyk ondervoed, swak en
            armoedig)
        • Afrikalande word uitgebeeld asof hulle aan die genade van die Weste
            oorgelaat is vir hulle ekonomiese welstand (Oorhandiging van 'n sertifikaat)
        • Enige ander relevante antwoord                                    (enige 1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             17                          DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

3.6     [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]

        Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit.

        • Die skuldkrisis van die 1980's het die Weste die geleentheid gegee om
          Afrikalande te onderdruk (Bron 3A)
        • Die Wêreldbank en die IMF het programme vir strukturele aanpassing op
          Afrikalande wat geld moes leen om skuld te betaal, afgedwing (Bron 3A)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
          het privatisering van industrieë tot gevolg gehad wat regerings uitgawes laat
          verminder het en gebruikersfooie afgedwing het wat arm lande geaffekteer
          het (Bron 3A)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
          het inmenging in Afrika se interne sake tot gevolg gehad (arbeidswette wat
          aangepas moes word om ontwikkelende lande te pas) (Bron 3A)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
          het tot gevolg gehad dat die IMF die ekonomiese toestand in Afrika
          voorgeskryf het (Bron 3A)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
          het geen ekonomiese groei in Afrikalande tot gevolg gehad nie (Bron 3C)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
          het meer skuld, geen verbetering in gesondheidsorg en onderwys aan
          burgers in Afrika tot gevolg gehad (Bron 3C)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing op Afrikalande
          het tot gevolg gehad dat die skuldlas 4,3% van Sub-Sahara Afrika se BNP
          was (Bron 3C)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing toon hoe die
          Weste bevoordeel is uit die ekonomiese onderwerping van Afrika (Bron 3D)
        • Die implementering van programme vir strukturele aanpassing toon hoe
          Afrika gely het as gevolg van die ekonomiese onderwerping deur die Weste
          (Bron 3D)
        • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             18                          DBE/November 2016
                                    NSS – Memorandum

         Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:

                       • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse. bv. toon
                         geen of min begrip van hoe die implementering van
                         programme vir strukturele aanpassing (PSA) deur
                                                                                          PUNTE
           VLAK 1        internasionale finansiële instellings Afrikalande
                                                                                           0–2
                         geaffekteer het nie.
                       • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
                         nie.
                       • Bewyse is meestal relevant en hou in groot mate
                         verband met die onderwerp bv. toon begrip van hoe
                         die implementering van programme vir strukturele
                                                                                          PUNTE
           VLAK 2        aanpassing (PSA) deur internasionale finansiële
                                                                                           3–5
                         instellings Afrikalande geaffekteer het.
                       • Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
                         paragraaf te skryf.
                       • Gebruik relevante bewyse bv. toon 'n deeglike begrip
                         van hoe die implementering van programme vir
                         strukturele aanpassing (PSA) deur internasionale                 PUNTE
           VLAK 3        finansiële instellings Afrikalande geaffekteer het.               6–8
                       • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
                         paragraaf en toon begrip van die onderwerp.

                                                                                             (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            19                         DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4:         BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's SUID-AFRIKA

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate PW Botha se poging om die ‘grand’
apartheidsbeleid te hervorm te doen gekry het met massa interne weerstand van
gewone gemeenskapsorganisasies. Kandidate moet redeneer hoe massa weerstand
volgehou is wat uiteindelik die apartheidsregering gedwing het om te onderhandel met
anti-apartheidsorganisasies.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate PW Botha se hervormings
   uitgedaag is deur gemeenskapsgebaseerde organisasies omdat dit nie die
   versoeke van die meerderheid Suid-Afrikaners aangespreek het nie. Hulle moet
   toon hoe weerstand gelei het tot die val van 'grand' (groot) apartheid.

UITBREIDING
• PW Botha se beleid van ‘Totale Aanslag’ en ‘Totale Strategie’
• Botha se poging om apartheid te hervorm (afskaffing van Paswette, wetgewing
   van vakbonde) deur die instelling van die Driekamerparlement in 1983
• Die stigting en reaksie van die UDF tot die Driekamerparlement-stelsel
• Die eerste veldtog van die UDF was die 'Don't Vote Veldtog (om Kleurlinge en
   Indiërs te ontmoedig om deel te neem aan die verkiesing van die
   Driekamerparlement; 'Million Signature' Veldtog teen die Driekamerparlement)
• Die toename van interne weerstand bv. Gewelddadige protes in die Vaal
   Driehoek en elders in Suid-Afrika
• Die Vaal Burgervereniging het huurboikotte georganiseer (Die Vaal townships het
   aanhoudende massa aksies onderneem; raadslede is doodgemaak; skole is
   geboikot)
• PW Botha het agtereenvolgende noodtoestande in 1985 en 1986 verklaar om die
   teenkanting teen apartheid te stuit, maar was onsuksesvol
• Die rol van vakbonde (Die stigting van COSATU was 'n keerpunte in die stryd om
   vryheid en demokrasie; Die African Food Canning Workers Union het die eerste
   nasionale staking uitgeroep)
• Hierdie stakings was bedoel om die werksomstandighede van werkers, wat
   politieke regte ingesluit het, te verbeter
• Verbruikersboikotte het 'n belangrike rol in die stryd teen Apartheid gespeel (Dit
   het die ekonomie geaffekteer; die dalende ekonomie het 'n negatiewe impak op
   wit Suid-Afrikaners gehad)
• Onderwysstryd – Onderwys Krisis Komitee, COSAS en NUSAS het die
   'Onderwys Oktrooi Veldtog' (Education Charter Campaign), ens. geloods
• Die rol van die End Conscription Veldtog (Blanke Suid-Afrikaanse mans het teen
   verpligte militêre diens opgestaan; Menige blanke Suid-Afrikaanse soldate het
   gevoel dat dit verkeerd was om opstande in die woonbuurte te onderdruk)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            20                         DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

•   Die rol van Black Sash (Hulle het apartheid teengestaan, het humanitêre bystand
    aan slagoffers van apartheid gegee)
•   Die rol van die SARK teen die apartheidsregering
•   Die rol en invloed van die Massa Demokratiese Beweging (MDM) deur weerstand
    te bied teen PW Botha se regime
•   Teen die einde van 1989 het die land onregeerbaar geword en die regering het
    begin om met die vryheidsbewegings te onderhandel
•   Enige ander relevante antwoord

Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            21                         DBE/November 2016
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 5:         DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                NA    SUID-AFRIKA         EN    DIE
                 AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet die rol wat leierskap, onderhandelings en kompromis in 1994 in die
geboorte van 'n demokratiese Suid-Afrika gespeel het, krities bespreek.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui hoe insidente van geweld wat Suid-Afrika in die
   vroeë 1990s geteister het en aandui hoe die rol van leierskap, onderhandelings en
   kompromis bygedra het tot die totstandkoming van 'n demokratie in Suid-Afrika in
   1994.

UITBREIDING
• De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond
• De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990 (Leierskap)
• Die ontbanning van politieke en burgerorganisasies soos die ANC en SAKP
• Die verwydering van beperkings op COSATU en AZAPO (Leierskap)
• De Klerk se besluit om vir Mandela uit die tronk vry te laat op 11 Februarie 1990 wat
   die weg gebaan het vir onderhandeling (Leierskap en kompromis)
• Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC afvaardiging onder
   leiding van Nelson Mandela, NP afvaardiging onder leiding van FW De Klerk)
   (Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Pretoria Minuut – 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om die wapenstryd op te hef)
   (Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Derdemag geweld in Natal tussen Inkatha, dihe ANC en die apartheidsregering
• KODESA 1 (19 politieke partye uitsluitend AZAPO, KP en PAC/300 afgevaardigdes)
   (Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Geweld begin in sommige dele van die land soos die Transvaal en Natal
• Slegs blanke referendum en sy invloed (Maart 1992) (Leierskap)
• KODESA 2 (2 Mei 1992) stort in duie. Partye kon nie saamstem oor 'n nuwe
   grondwetlike liggaam en tussentydse grondwet nie (Leierskap, onderhandelings en
   kompromis)
• NP wou minderheidsveto hê terwyl die ANC 'n tussentydse regering vir nie langer as
   18 maande wou hê en 'n gewone meerderheidsregering
• Boipatong massaslagting en sy gevolge (17 Junie 1992)
• Bisho-slagting het die onderhandelingsproses van die baan gestuur (7 September
   1992)
• Rekord van Verstandhouding geteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer
   (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) (Leierskap, onderhandelings en kompromis)
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en die uitwerking op Suid-Afrika
• Regsgesinde (AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum en sy gevolge – Junie 1993
   St James massaslagting deur APLA – Julie 1993
• Heidelberg taverne massaslagting deur APLA – Desember 1993
• Veelparty Onderhandelingsforum (Leierskap, onderhandelings en kompromis)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-eng/f3a2388d-32ff-4021-9e42-89049df3585a) — History · Addendum · 2016 · Eng
- [History P2 May June 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2016-memo-eng/c024dbbf-42d2-40d0-9d26-7bf3628ad5d3) — History · Memo · 2016 · Eng
- [History P2 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-memo-afr/e09773f8-40ed-4035-95b4-97ea4e82c442) — History · Memo · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-memo-afr/eeab05e9-53a5-458d-aa52-c8c1d1d19b50) — History · Memo · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2012-memo-afr/57d227c3-6da3-41b0-b3c2-be9f492cb525) — History · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
