# History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                GESKIEDENIS V2

                                NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                       DBE/November 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         toepas.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 3                           DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:         WATTER LESSE KAN SUID-AFRIKANERS BY BANTU STEPHEN
                 BIKO, WAT VEERTIG JAAR GELEDE GESTERF HET, LEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.         (1 x 2)       (2)

         1.1.2        Gebruik die inligting in die bron en haal DRIE komponente van die
                      filosofie van Swart Bewussyn aan.                          (3 x 1)           (3)

         1.1.3        Verduidelik, in jou eie woorde, hoe swart Suid-Afrikaners
                      sielkundige bevryding kon verkry.                  (1 x 2)                   (2)

         1.1.4        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in hierdie
                      bron vir 'n historikus wat navorsing doen oor die filosofie van Swart
                      Bewussyn.                                                      (2 x 2)       (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Selekteer TWEE bewyse uit die bron wat te kenne gee dat die
                      polisie Steve Biko as 'n bedreiging beskou het.     (2 x 1)                  (2)

         1.2.2        Waarom, volgens die inligting in die bron, het die polisie besluit om
                      in 1977 vir Steve Biko buite Grahamstad te arresteer?         (1 x 2)        (2)

         1.2.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      wat die dokters gemotiveer het om valse diagnoses te maak oor
                      hoe Biko gesterf het.                                      (2 x 2)           (4)

         1.2.4        Haal DRIE woorde uit die bron aan wat beskryf hoe Biko op
                      12 September 1977 gesterf het.                     (3 x 1)                   (3)

1.3      Raadpleeg Bron 1C.

         1.3.1        Verduidelik waarom jy dink Swartbewussynaktiviste besluit het om
                      hierdie plakkaat rond te dra.                             (1 x 2)            (2)

         1.3.2        Lewer kommentaar op die belangrikheid van die volgende in die
                      plakkaat:

                     (a) Die gebalde vuiste                                         (1 x 2)        (2)

                     (b) Die gebreekte ketting                                      (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                          DBE/November 2017
                                             NSS

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Waarom, dink jy, was Allister Sparks vasbeslote om uit te vind hoe
                      Steve Biko vermoor is?                                      (2 x 2)        (4)

         1.4.2        Noem TWEE maniere in die bron wat wys hoe Helen Zille te werk
                      gegaan het om inligting oor Biko se moord in te samel. (2 x 1)             (2)

         1.4.3        Lewer kommentaar op hoe Jimmy Kruger en dr. Hersch verskil
                      het ten opsigte van die omstandighede waaronder Steve Biko
                      gesterf het.                                        (2 x 2)                (4)

1.5      Vergelyk Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse
         in Bron 1D rakende die dood van Steve Biko ondersteun.                (2 x 2)           (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
         lesse verduidelik wat Suid-Afrikaners by Bantu Stephen Biko, wat veertig jaar
         gelede gesterf het, kan leer.                                                           (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                           DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 2:         HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 DIE MOORD VAN POLITIEKE AKTIVISTE, SOOS AHMED TIMOL,
                 HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Wat het op 22 Oktober 1971 met Ahmed Timol gebeur?            (1 x 1)       (1)

         2.1.2        Haal TWEE stukke beswarende (impliserende) bewysstukke
                      aan wat die polisie in die kattebak van Ahmed Timol se motor
                      gevind het.                                           (2 x 1)               (2)

         2.1.3        Watter bewyse in die bron dui daarop dat Ahmed Timol gemartel is
                      terwyl hy in polisie-aanhouding was? Noem DRIE bewyse. (3 x 1)              (3)

         2.1.4        Verduidelik tot watter mate jy die bewyse, gegee deur die polisie-
                      ondervraers oor hoe Timol gesterf het, as betroubaar kan beskou.
                                                                                 (2 x 2)          (4)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig?                  (1 x 2)       (2)

         2.2.2        Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK.       (1 x 2)       (2)

         2.2.3        Noem die volgende leiers van die WVK:

                      (a)   Die voorsitter                                          (1 x 1)       (1)

                      (b)   Die ondervoorsitter                                     (1 x 1)       (1)

         2.2.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die demokratiese regering op herstellende geregtigheid in
                      plaas van vergeldende geregtigheid besluit het.            (2 x 2)          (4)

2.3       Lees Bron 2C.

          2.3.1       Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem is.            (2 x 2)       (4)

          2.3.2       Lewer kommentaar op waarom Hawa Timol besluit het om voor die
                      WVK te verskyn.                                       (2 x 2)               (4)

2.4      Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse
         in Bron 2C ondersteun oor hoe die WVK die moord van Ahmed Timol hanteer
         het.                                                                  (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                          DBE/November 2017
                                             NSS

2.5       Bestudeer Bron 2D.

          2.5.1       Waarom, volgens die bewyse in die bron, het die NVG besluit om
                      die doodsondersoek oor hoe Ahmed Timol vermoor is, te heropen?
                                                                              (1 x 2)            (2)

          2.5.2       Verduidelik waarom jy dink Cajee besluit het om hulde aan Hawa
                      Timol te bring.                                          (2 x 2)           (4)

          2.5.3       Lewer kommentaar op wat jy dink geïmpliseer word deur die
                      stelling: '… die doodsondersoek 'n presedent (voorbeeld) vir ander
                      families sal wees om te volg', in die konteks van die WVK-verhore.
                                                                                  (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die WVK die moord van politieke aktiviste, soos Ahmed Timol, hanteer
         het.                                                                                    (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                            DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 3:             HOE  IS   SUID-AFRIKA  SE             PLUIMVEEBEDRYF            DEUR
                     GLOBALISERING BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Lees Bron 3A.

         3.1.1        Definieer die term globalisering in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

         3.1.2        Haal DRIE maniere uit die bron aan wat te kenne gee dat
                      globalisering die menslike welstand van samelewings in die wêreld
                      beïnvloed het.                                             (3 x 1)           (3)

         3.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom internasionalisme as meer suksesvol as nasionalisme in
                      die konteks van globalisering beskou is.                   (2 x 2)           (4)

         3.1.4        Identifiseer TWEE internasionale monetêre (finansiële) instellings
                      wat die proses van globalisering ondersteun het.          (2 x 1)            (2)

         3.1.5        Waarom, volgens die inligting in die bron, het monetêre instellings
                      besluit om Suid-Afrika onder druk te plaas om sy
                      handelsbeperkings te verwyder?                              (2 x 1)          (2)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Wat het Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente aangespoor om by
                      die anti-globaliseringsverset aan te sluit?           (1 x 1)                (1)

         3.2.2        Verduidelik waarom Europese pluimveeprodusente Suid-
                      Afrikaanse pluimveeboere gekritiseer het oor hoe hulle besigheid
                      gedoen het.                                               (2 x 2)            (4)

         3.2.3        Waarom, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse regering besluit
                      om die plaaslike pluimveebedryf te beskerm?               (2 x 1)            (2)

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1        Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word.
                      Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
                      ondersteun.                                           (2 x 2)                (4)

         3.3.2        Lewer kommentaar op waarom jy dink die spotprentkunstenaar
                      besluit het om 'GOEDKOOP INVOERE' groter as 'PLAASLIKE
                      INVOERE' uit te beeld.                              (2 x 2)                  (4)

3.4      Vergelyk Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
         oor die krisis waarvoor die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf te staan gekom
         het in Bron 3C ondersteun.                                            (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                          DBE/November 2017
                                             NSS

3.5      Lees Bron 3D.

         3.5.1        Noem die unie wat by die Suid-Afrikaanse regering gepleit het dat
                      regulasies oor goedkoop pluimvee-invoere verskerp moes word.
                                                                                (1 x 1)         (1)

         3.5.2        Watter land, volgens die bron, was Suid-Afrika se grootste
                      mededinger met betrekking tot pluimvee-invoere?    (1 x 1)                (1)

         3.5.3        Verduidelik hoe die Departement van Handel en Nywerheid ('DTI')
                      en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ('DAFF')
                      probeer het om Suid-Afrika se pluimveebedryf te beskerm. (2 x 2)          (4)

         3.5.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar sou vind wanneer
                      navorsing gedoen word oor die invloed wat goedkoop invoere op
                      Suid-Afrika se pluimveebedryf gehad het.                   (2 x 2)        (4)

3.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe Suid-Afrika se pluimveebedryf deur globalisering beïnvloed is.                     (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                         DBE/November 2017
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:            SUID-AFRIKA:
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

PW Botha se pogings om die apartheidstelsel te hervorm, is deur intense
internasionale weerstand begroet.

Bespreek hierdie stelling krities, met verwysing na die verskillende vorme van
weerstand wat internasionale anti-apartheidsbewegings gebruik het om in die 1980's
die uiteindelike ondergang van die apartheidsregering te verseker.                       [50]

VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate politieke leierskap en verbintenis deur belangrike Suid-
Afrikaanse rolspelers die weg gebaan het vir die geboorte van 'n nie-rassige
demokratiese Suid-Afrika in 1994.

Ondersteun jou argumente met relevante bewyse.                                           [50]

VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                 EN    'N   NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Gorbachev se beleid van Glasnost en Perestroika het in 1989 tot die ineenstorting van
die Sowjetunie gelei wat 'n direkte uitwerking op Suid-Afrikaanse politiek gehad het.

Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argumente met relevante bewyse.        [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-eng/76d398a5-8995-4b9a-9004-cbf555040073) — History · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
