# History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                               GESKIEDENIS V2

                               NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                       DBE/November 2018
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 3                           DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:             HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN SUID-
                     AFRIKAANSE STUDENTE GEDURENDE DIE 1970's BEÏNVLOED?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Haal DRIE organisasies uit die bron aan wat vir die opkoms van
                      die Swartbewussynsbeweging verantwoordelik was.          (3 x 1)             (3)

         1.1.2        Waarom, volgens die bron, is die Swartbewussynsbeweging
                      gestig?                                          (1 x 2)                     (2)

         1.1.3        Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.         (1 x 2)       (2)

         1.1.4        Lewer kommentaar op hoe aktiviste van die Swartbewussyns-
                      beweging van plan was om die 'juk van onderdrukking ' in Suid-
                      Afrika te breek.                                       (2 x 2)               (4)

         1.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      rol wat SASO onder die swart Suid-Afrikaanse jeug gespeel het.
                                                                                     (2 x 2)       (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Waarom, volgens die bron, is Tiro uit die Universiteit van die
                      Noorde geskors?                                         (1 x 1)              (1)

         1.2.2        Verduidelik die invloed wat Tiro op Mashinini se politieke denke
                      gehad het.                                                 (2 x 2)           (4)

         1.2.3        Identifiseer die TWEE bevrydingsoorwinnings in die bron wat
                      gedien het om Soweto-leerders te inspireer.           (2 x 1)                (2)

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Hoe, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse polisie op die
                      leerders van Soweto gereageer?                         (1 x 2)               (2)

         1.3.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink Sam Nzima nie gestop het om Hector Pieterson te
                      help nie.                                                  (2 x 2)           (4)

         1.3.3        Noem enige TWEE maniere in die bron waarop leerders
                      gereageer het nadat hulle van Hector Pieterson se dood gehoor
                      het.                                                   (2 x 1)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                           DBE/November 2018
                                             NSS

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik waarom jy dink die redakteur van The World-koerant
                      besluit het om hierdie artikel op die voorblad te publiseer. (2 x 2)       (4)

         1.4.2        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
                      bron vir 'n historikus wat die impak van die Soweto-opstand van
                      1976 bestudeer.                                           (2 x 2)          (4)

1.5      Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
         in Bron 1D rakende Sam Nzima se rol gedurende die Soweto-opstand van
         1976 ondersteun.                                                      (2 x 2)           (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die filosofie van Swart Bewussyn Suid-Afrikaanse leerders gedurende die
         1970's beïnvloed het.                                                                   (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                           DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 2: HET    DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE  (WVK)
         SLAGOFFERS VAN POLITIEKE MISDADE GEHELP OM GENESING
         TE VIND?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Gebruik Bron 2A.

         2.1.1        Wie, volgens die bron, was vir die stigting van die WVK
                      verantwoordelik?                                   (1 x 1)                   (1)

         2.1.2        Verduidelik hoe die vrese van die volgende deur die WVK hanteer
                      is:

                      (a) Afrikaners                                                 (1 x 2)       (2)

                      (b) Die ANC                                                    (1 x 2)       (2)

         2.1.3        Definieer die konsep versoening in die konteks van die WVK.
                                                                                 (1 x 2)           (2)

         2.1.4        Identifiseer die TWEE leiers van die WVK in die bron.          (2 x 1)       (2)

         2.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe die WVK oortreders en slagoffers van politieke misdade
                      hanteer het.                                               (2 x 2)           (4)

         2.1.6        Kies TWEE bewysstukke uit die bron wat die doelstellings van die
                      WVK oordra.                                               (2 x 1)            (2)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Hoe, volgens die bron, is Rick Turner vermoor?                 (1 x 2)       (2)

         2.2.2        Verduidelik waarom jy dink dat Rick Turner se moordenaar na
                      veertig jaar 'steeds vry' is.                        (1 x 2)                 (2)

         2.2.3        Noem enige DRIE leiers, soos in die bron aangehaal, wat 'die
                      hoogste prys in die stryd vir 'n vry en demokratiese land betaal het'.
                                                                                    (3 x 1)        (3)

         2.2.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of
                      Jann Turner met die vind van haar vader se moordenaar suksesvol
                      was.                                                         (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                          DBE/November 2018
                                             NSS

2.3       Lees Bron 2C.

          2.3.1       Haal TWEE stellings uit die bron aan wat te kenne gee dat die BSV
                      vir die moord op Rick Turner verantwoordelik was.           (2 x 1)        (2)

          2.3.2       Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in die bron as
                      bruikbaar sou beskou wanneer die omstandighede waaronder Rick
                      Turner vermoor is, nagevors word.                     (2 x 2)              (4)

2.4      Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting oor die sluipmoord op
         Rick Turner in beide bronne eenders is.                               (2 x 2)           (4)

2.5       Bestudeer Bron 2D.

          2.5.1       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Alex Boraine gesê het dat 'Vergeldende Geregtigheid', 'uit
                      hierdie ekspedisie weggelaat is'.                          (2 x 2)         (4)

          2.5.2       Verduidelik waarom jy dink Zapiro na 'VLAKPLAAS' in die
                      spotprent verwys.                                (1 x 2)                   (2)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         of die Waarheids-en-Versoeningskommissie slagoffers van politieke misdade
         gehelp het om afsluiting te vind.                                                       (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  7                           DBE/November 2018
                                               NSS

VRAAG 3:         HOE HET GLOBALISERING NA 1990 TOT WERKSVERLIESE IN
                 SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF BYGEDRA?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Definieer globalisering in jou eie woorde.                      (1 x 2)       (2)

         3.1.2        Waarom, volgens die bron, het die werkende klas op die klere- en
                      tekstielbedryf staatgemaak?                               (1 x 2)             (2)

         3.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe Sjina die plaaslike klere- en tekstielbedryf beïnvloed het.
                                                                                      (2 x 2)       (4)

         3.1.4        Watter impak het globalisering op die volgende gehad:

                      (a) Groot maatskappye                                           (1 x 1)       (1)

                      (b) Klein en medium-ondernemings                                (1 x 1)       (1)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Haal DRIE redes uit die bron aan wat die Cape Clothing
                      Association vir die werksverliese in die klere- en tekstielbedryf
                      gegee het.                                                (3 x 1)             (3)

         3.2.2        Verduidelik waarom jy dink SACTWU nie met die Cape Clothing
                      Association se kommentaar oor werksverliese in die klere- en
                      tekstielbedryf saamgestem het nie.                    (2 x 2)                 (4)

         3.2.3        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
                      bron vir 'n historikus wat navorsing oor werksverliese in die klere-
                      en tekstielbedryf doen.                                      (2 x 2)          (4)

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

         3.3.1        Verduidelik die boodskappe wat in die plakkaat oorgedra word.
                                                                                 (2 x 2)            (4)

         3.3.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom COSATU besluit het om die plakkaat te ontwerp. (2 x 2)                 (4)

3.4      Vergelyk Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
         in Bron 3C oor werksverliese in Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf
         ondersteun.                                                           (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                         DBE/November 2018
                                             NSS

3.5      Lees Bron 3D.

          3.5.1       Wat, volgens die bron, het in 2015 met die Suid-Afrikaanse klere-
                      en tekstielbedryf gebeur?                                 (3 x 1)         (3)

          3.5.2       Hoe, volgens Eppel, is werk in Suid-Afrika se klere- en
                      tekstielbedryf geskep?                            (2 x 1)                 (2)

          3.5.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink SACTWU besluit het om die 'koop Suid-Afrikaans'-
                      veldtog te onderneem.                                      (2 x 2)        (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          hoe globalisering na 1990 tot werksverliese in die Suid-Afrikaanse klere- en
          tekstielbedryf bygedra het.                                                           (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                          DBE/November 2018
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's:             SUID-AFRIKA:
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Dit was hewige druk deur internasionale anti-apartheidsorganisasies wat tot die
politieke transformasie in Suid-Afrika gelei het.

Bespreek hierdie stelling krities deur te verwys na die verskillende vorme van
weerstand wat die internasionale anti-apartheidsorganisasies gedurende die 1980's
onderneem het, wat tot die uiteindelike ineenstorting van die apartheidsregime bygedra
het.                                                                                      [50]

VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA DIE SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Nelson Rohilahla Mandela, 'Die Vader van die Nasie', was eiehandig vir die geboorte
van 'n vry en demokratiese Suid-Afrika in 1994 verantwoordelik.

Stem jy met die stelling saam? Ondersteun jou argument deur relevante bewyse te
gebruik.                                                                                  [50]

VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG                  EN    'N   NUWE
                     WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die val van die Berlynse Muur in 1989 die weg vir die
Nasionale Party en die African National Congress gebaan het om met samesprekings
te begin.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                             [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2018 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-addendum-afr/fa6444a8-b449-46d6-992a-b81bfd0a7ad3) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [HISTORY P2 QP SEPT 2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-sept-2018-afr-d/6e5a4a14-b9fd-4574-819d-b440ed12a5a3) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-eng/76d398a5-8995-4b9a-9004-cbf555040073) — History · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
