# History Grade 12 P2 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-afr/8afe3d9b-012a-4f01-9e12-f14e455ad02c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-afr/8afe3d9b-012a-4f01-9e12-f14e455ad02c)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                    GESKIEDENIS V2

                                    NOVEMBER 2019

                                       ADDENDUM

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    2                                 DBE/November 2019
                                           NSS – Addendum

VRAAG 1: WATTER   ROL   HET    DIE   SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-
         ORGANISASIE (SASO) IN DIE BEWUSMAKING VAN SWART SUID-
         AFRIKANERS GESPEEL?

BRON 1A

Die bron hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Suid-Afrikaanse
Studente-organisasie (SASO) in 1969.

Swart universiteitstudente het by die veelrassige en liberale Nasionale Unie van Suid-
Afrikaanse Studente (NUSAS) aangesluit omdat hulle uitgesproke was in hulle kritiek
teen die regering se optrede. Verskeie wit leiers het empatie (simpatie) gehad met die
swart saak deur vir hulle op te kom.

Bantu Stephen Biko het egter gevoel dat swart mense selfs in die antiregeringspolitiek
nie dieselfde prominente (belangrike) rol as wit mense gespeel het nie. Daar het dus
ontevredenheid oor die stelsel ontstaan. Biko was een van die studente wat in die
tydperk 1967–1968 die ongesonde politieke situasie in die land begin ontleed en
kritiseer het. Hy het onmiddellik die held van miljoene Afrikane wat apartheid verwerp
het, geword.

Biko is as lid van die Studenteraad (SR) van die mediese skool van die Universiteit van
Natal in Wentworth naby Durban, verkies en het in 1967 'n NUSAS-konferensie van
studente wat krities teenoor die regering was, bygewoon. Die Rhodes Universiteit, wat
die konferensiegasheer was, het geweier om gemengderas-akkommodasie en
-eetgeriewe toe te laat. Biko het woedend op hierdie insident gereageer en het
die onvolledige integrasie van studentepolitiek onder die huidige stelsel skerp
gekritiseer …

Biko en sy kollegas het gevoel dat swart mense vir hulleself moes leer praat. By die
vergadering van die Christelike Beweging van die Universiteit ('UCM'), wat in 1968 in
Stutterheim gehou is, het jong swart studente Biko se idee van 'n beweging eksklusief
vir swart mense ondersteun. Swart Suid-Afrikaanse studente het in 1969 'n eksklusief
swart beweging, die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) gestig en Biko is as
president verkies.

                 [Uit https://www.sahistory.org.za/article/formation-saso-and-black-peoples-convention.
                                                                  Toegang op 25 Februarie 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                     3                                  DBE/November 2019
                                            NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder fokus op verskillende gemeenskapsprojekte wat SASO in die
1970's bekend gestel het.

SASO het teen die vroeë 1970's begin om ander swart organisasies bymekaar te bring
en het in 1972 die Swartmense se Konvensie as die politieke organisasie gestig wat
die Swartbewussynsfilosofie ('BC') regdeur Suid-Afrika sou bevorder.

Daar word gesê dat SASO se gemeenskapsontwikkelingsprojekte sterk beïnvloed is
deur Julius Nyerere se idee van 'ujaama' (selfstandigheid) en Paulo Freire se
benadering om politieke bewustheid onder onderdrukte groepe te ontwikkel. Die doel
was om swart gemeenskappe te help om hulle eie behoeftes te bepaal en uit te leef.
SASO het nie probeer om 'n welsynsorganisasie te wees nie en gemeenskapsprojekte
is nie as 'n doel op sigself beskou nie, maar eerder as 'n manier om die sekerheid en
vertroue van mense te wen en as 'n platform vir hulle onderwys en mobilisering …

Gemeenskapsontwikkelingsprojekte het begin met die betrokkenheid van die
SASO-tak by die Mediese Skool van die Universiteit van Natal wat gepoog het om aan
plakkerskampe (informele nedersettings) en arm gemeenskappe naby Durban se
behoeftes aan skoon water, beskutting en gesondheidsdienste aandag te gee.
SASO-projekte op nasionale vlak het die bou van klein damme, die oprigting van
skoolgeboue, verskaffing van medisyne, sopkombuise en hulp aan gemeenskappe wat
hervestig is, ingesluit.

SASO was ook betrokke by geletterdheidsprogramme en 'n 'Tuisonderrigskema' as
deel van gemeenskapsontwikkeling. Die geletterdheidsprojek is in 1972 by die
Christelike Beweging van die Universiteit oorgeneem. Geletterdheid het 'n belangrike
rol in swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe gespeel, want dit het tot hulle 'politieke,
ekonomiese en maatskaplike bewusmaking' bygedra.

         [Uit https://www.blackpast.org/global-african-history/south-african-students-organisation-saso/.
                                                                  Toegang op 25 Februarie 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                      4                                 DBE/November 2019
                                             NSS – Addendum

BRON 1C

Die koerantartikel hieronder beklemtoon die redes wat die Minister van Justisie vir die
verbanning van SASO-leiers aangevoer het. Dit het op 9 Maart 1973 in die Rand Daily
Mail verskyn.

                      WAAROM PELSER DIE SASO-8 VERBAN HET
                           (Rand Daily Mail, 9 Maart 1973)

Mnr. Pelser, die Minister van Justisie, het gister die Parlement verstom (geskok) toe hy
erken het dat agt SASO-leiers (Saths Cooper, Muntu Myeza, Strini Moodley, Patrick
'Terror' Lekota, Pandelani Nefolovhodwe, Nkwenkwe Nkomo, Kaborone Sedibe en
Zihulele Cindi) verban is omdat hofprosedures hulle 'n platform (publisiteit) sou bied.

Die opposisie het met ongeloof en skok na hulle asems gesnak gedurende 'n kort
halfuur-debat oor die skokverbannings wat deur die parlementslid (LP) van die
Progressiewe Party vir Houghton, mev. Helen Suzman, aangevra is …

Nadat bewerings aangehaal is wat deur swart studenteleiers gemaak is, waarin
herhaaldelik na 'brandstigting, verkragting en bloedige rewolusie wanneer die swart
rewolusie aanbreek' verwys is, het die Minister gesê dat wanneer hierdie dinge gesê
en herhaal is, kon daar net een eindresultaat wees, moord en geweld.

Mnr. Pelser se bekentenis is uitgelok deur die leier van die opposisie, Sir De Villiers
Graaff, wat daarop aangedring het om te weet waarom hy (die Minister) nie die SASO-
leiers voor die hof gedaag het indien die beweerde stellings, wat deur die Minister
aangehaal is, deur 'n waarneembare (sigbare) handeling gepaard gegaan is nie.

Mnr. Pelser se antwoord was: 'Dit sou hulle 'n platform (publisiteit) gegee het.' Sir De
Villiers Graaff het gesê dat die minister se houding onverstaanbaar was (dit maak geen
sin nie).

Mev. Suzman het vroeër die regering gewaarsku dat hulle swart leiers kon verban,
maar dat 'ander in hulle plek sou opstaan, want die regering was verantwoordelik vir
die skep van 'n onvernietigbare (blywende) swart nasionalisme wat net 'n neweproduk
van wit nasionalisme is'.

                 [Uit http://www.historicalpapers.wits.ac.za/inventories/inv pdfo/AD2189-C9-02--jpeg.pdf.
                                                                       Toegang op 28 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    5                                DBE/November 2019
                                           NSS – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder het op die voorblad van 'n SASO-nuusbrief verskyn. Die titel was
'VERBANNINGSUITGAWE' en dit het in Maart 1973 verskyn.

                                                                         Nuusbrief
                                                                         Nuusbrief
                                                                         Vol.33––Nr.
                                                                         Vol.     Nr.1 1
                                                                         Maart
                                                                         Maart
                                                                         20 sent
                                                                         20 Sent

                  [Uit https://www.apartheidmuseum.org/sites/default/files/files/BIKO%202b.pdf.
                                                           Toegang op 27 Maart 2019 verkry.]

                 VERBANNING                                                  UITGAWE

           SWART GEBALDE VUIS IN DIE LUG OPGESTEEK

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    6                                DBE/November 2019
                                           NSS – Addendum

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         DIE MOORD OP DIE POLITIEKE AKTIVIS, ASHLEY KRIEL,
         HANTEER?

BRON 2A

Die uittreksel hieronder gee in breë trekke die redes vir die stigting van die Waarheids-
en-Versoeningskommissie (WVK).

Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het ontstaan uit die onderhandelings
tussen die Nasionale Party en die African National Congress in 1993 en 1994 in
Kempton Park, as deel van die ooreengekome oorgang na demokrasie in Suid-Afrika.
Dit is gestig om Suid-Afrika se gewelddadige en onderdrukkende (wreedaardige)
verlede te hanteer en as 'n manier om nasionale eenheid en versoening te bevorder.
Dit is gegrond op die oortuiging dat om nasionale eenheid en versoening te bou, dit 'n
rekord moes saamstel, so getrou as moontlik aan die 'aard, oorsake en omvang van
growwe menseskendings' gepleeg tussen 1 Maart 1960 en 10 Mei 1994, van die
tydperk deur die WVK-mandaat gedek. Daar is terselfdertyd gehoop dat die werk van
die WVK slagoffers van menseregteskendings in Suid-Afrika in staat sou stel om 'meer
sigbare en meer waardevolle burgers te word deur die openbare en amptelike
erkenning van hulle ervarings' en dat 'diegene wat vir menseregteskendings
verantwoordelik was, vir hul dade aanspreeklik gehou kon word'.

Om hulle mandaat uit te voer, het die WVK 'n reeks aktiwiteite onderneem, soos die
hou van 'n aantal openbare verhore waar beide die slagoffers en die oortreders
'n kans gekry het om hulle stories te vertel; die uitreik van amnestie aan oortreders van
menseregte in ruil vir 'n volledige onthulling van hulle dade; en die ontwerp van 'n
vergoedingspakket vir slagoffers van menseregteskendings.

                 [Uit https://core.ac.uk/download/pdf/58914753.pdf. Toegang op 23 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                      7                                  DBE/November 2019
                                             NSS – Addendum

BRON 2B

Die uittreksel hieronder fokus op die rol wat Ashley Kriel in die stryd teen apartheid
gespeel het en sy daaropvolgende moord deur die veiligheidspolisieman, Jeffrey
Benzien.

Ashley Kriel, wat net 20 jaar oud was, is op 9 Julie 1987 op die Kaapse Vlakte deur die
apartheidsveiligheidspolisie vermoor. Sy familie, vriende en ander aktiviste het hom as
'n held, kampioen en stryd-ikoon beskou wat vir 'n vry Suid-Afrika geveg het. En tog,
ten spyte van die tydsverloop, voer sy twee susters steeds 'n stryd om afsluiting te vind
na sy brutale dood.

In die oë van Michel Assure en Melanie Adams was Kriel 'n gebore leier wat beide
vurig en vrolik was. Hy was lid van verskeie studentegroepe terwyl hy op skool was
waar hy sy redenaars- en organisatoriese vaardighede ontwikkel het. Volgens Kriel se
susters het Ashley die jeug van Bonteheuwel georganiseer om skoolboikotte,
betogings/verset en ander optrede te onderneem, in ooreenstemming met die African
National Congress (ANC) se beroep om die land 'onregeerbaar' te maak …

Alhoewel hulle vir sy veiligheid gevrees het, was sy susters nie verbaas toe hy by die
ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), aangesluit het om teen die
apartheidsregering te veg nie. Kriel het na 'n ANC-kamp in Lusaka gegaan en later
teruggekeer, maar hy het die meeste van sy tyd bestee om in gebiede naby hulle
kindertuiste weg te kruip.

Ashley Kriel se susters glo nie dat hulle broer se moordenaar die waarheid vertel het
nie. In 'n roerende onderhoud by die ANC se kantoor in Athlone, waar Assure nou
werk, kan sy baie duidelik die afskuwelikheid onthou van hoe sy na die 'veilige huis'
waar Kriel vermoor is, gegaan het.

'Wat ek in daardie huis gesien het, het vir my 'n storie vertel. Ek het 'n bebloede
spitgraaf gevind en ek vermoed hy is met die graaf geslaan. Dit het die sny aan sy kop,
wat ek gesien het toe ek lykshuis toe is, veroorsaak. Hulle het hom wreedaardig
gemartel …'

'In die lykshuis het ek, behalwe vir die sny aan sy kop, gesien dat Ashley in 'n mooi
sterk jongman ontwikkel het en dit het my sterk gemaak,' het sy gesê met trane wat in
haar oë opwel. 'Ek het geweier om daar voor die veiligheidspolisie te knak. Ek het
geweier om vir hulle swakheid te toon. Ek het gekies om vir Ashley sterk te wees.'

Wat die susters wel weet, is dat Kriel deur die berugte apartheidsveiligheidspolisieman,
Jeffrey Benzien, in die rug geskiet is.

    [Uit https://mg.co.za/article/2014-04-24-murder-of-anc-guerrilla-haunts-his-sisters-27-years-after-he-
                                                          was-killed. Toegang op 24 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                                DBE/November 2019
                                       NSS – Addendum

BRON 2C

Die volgende is deel van die getuienis wat Jeffrey Benzien op 14 Julie 1997 by die
Waarheids-en-Versoeningskommissieverhore in die Bellville Gemeenskapsentrum in
Kaapstad gegee het.

MNR. BENZIEN: Dankie, Voorsitter. Voordat ek begin om my aansoek voor te lees, wil ek
graag die volgende noem:

Eerstens, vra ek enige persoon of persone wat ek leed aangedoen het om verskoning en
ek vra spesifiek die familie van Ashley Kriel om verskoning vir die dood van hulle seun en
broer. Hoewel ek ontken dat ek hom onregmatig en verkeerdelik doodgemaak het, het hy
wel as gevolg van 'n handeling van my kant af gesterf en daarvoor vra ek verskoning.

Die lewe is kosbaar en, as ex post facto (uit wat daarna gebeur het) in ag geneem word
en gebaseer op vandag se politieke situasie van versoening, was sy dood onnodig.
Verder vra ek ook dat die mense wat ek tydens ondervraging aangerand het, naamlik
Peter Jacobs, Ashley Forbes, Anwar Dramat, Tony Yengeni, Gary Kruse, Niclo Pedro en
Allan Mamba, om verskoning …

ADV. COOK: … Mnr. Benzien, tydens jou tydperk by die Terroristeopsporingseenheid, vir
watter daad of dade doen jy aansoek om amnestie?

MNR. BENZIEN: Voorsitter, aanrandings, marteling, meineed (vals getuienis) wat
gedurende hierdie ondergenoemde tydperk gepleeg is, vis-à-vis (ten opsigte van)
verdagtes wat gearresteer en ondervra is, sowel as die dood van Ashley Kriel … Ek staan
by my verklaring wat ek by die geregtelike doodsondersoek 23/87, en gedateer
15 Julie 1987, gedoen het.

Die rede waarom ek nou aansoek doen, is soos volg:
Dit is 'n oop en demokratiese forum in die nuwe Republiek van Suid-Afrika en ek hoop dat
ek die families sal kan oortuig dat ek die waarheid praat ...

VOORSITTER:
Benzien word amnestie toegestaan vir:
1.  Die wederregtelike moord op Ashley Kriel op 15 Julie 1987 …

                         [Uit http://www.justice.gov.za/trc/amntrans/capetown/capetown_benzien.htm.
                                                                    Toegang op 26 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   9                               DBE/November 2019
                                          NSS – Addendum

BRON 2D
Die foto hieronder toon mense wat 'n banier dra wat protesteer teen die WVK se
beslissing om amnestie vir die moord op Ashley Kriel toe te staan.
Die volgende woorde het op die banier verskyn: 'WVK: GEEN GEREGTIGHEID VIR
ASHLEY KRIEL NIE'.

       [Uit https://www.gettyimages.ae/photos/ashleykriel?mediatype=photography&phrase=
                       ashley%20kriel&sort=mostpopular. Toegang op 28 Maart 2019 verkry.]

Afrikaanse vertaling van die woorde op die banier:
WVK: GEEN
GEREGTIGHEID VIR
ASHLEY KRIEL NIE

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                10                                DBE/November 2019
                                        NSS – Addendum

VRAAG 3: WATTER IMPAK HET                    DIE     2018      BRICS-SPITSBERAAD               OP
         SUID-AFRIKA GEHAD?

BRON 3A

Die bron hieronder fokus op die rol wat Suid-Afrika gespeel het in die aanbieding van
die 10de BRICS-spitsberaad wat in Julie 2018 in Sandton, Johannesburg gehou is.
Hierdie artikel het op 29 Januarie 2018 op die Suid-Afrikaanse regering se webblad
(SAnews.gov.za) verskyn.

Suid-Afrika, wat die roterende voorsitterskap van die opkomende ekonomiese
groepering Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika (BRICS) oorgeneem het,
gaan in Julie 2018 die 10de spitsberaad aanbied.

Die spitsberaad, wat van 25 tot 27 Julie by die Sandton Konvensiesentrum in
Johannesburg geskeduleer is, sal sien hoe Suid-Afrika aan die ontwikkelingsprogram
en voorspoed vir lidlande bou.

Suid-Afrika se BRICS-Sjerpa (-leier) tydens die BRICS-konferensietafel vir
belangegroepe, Ambassadeur Anil Sooklal, het gesê dat 'BRICS 'n belangrike
wêreldstruktuur is en dat Suid-Afrika bevoorreg is om die spitsberaad vir 'n tweede
keer aan te bied soos wat ons die tweede dekade van samewerking betree. Ons
vergader nou al vir nege jaar op 'n spitsberaad-manier en dit sal ons 10de sessie wees.
Die eerste spitsberaad wat ons in 2013 aangebied het, was baie suksesvol met baie
tasbare (werklike) uitkomste en die gevolge van daardie spitsberaad is sigbaar in die
werk van die BRICS en die wêreldgemeenskap en ons is oortuig daarvan dat hierdie
spitsberaad dieselfde sal doen'.

Sooklal het gesê dat die spitsberaad die samewerking tussen BRICS-lede sal
aanhelp/bevorder, asook die wêreldwye impak daarvan soos wat sleuteluitdagings
waarvoor opkomende lande te staan kom, soos ontwikkelingsuitdagings, die groei van
hulle ekonomieë en die hantering van armoede en werkloosheid, aangepak word.

Volgens Sooklal het Suid-Afrika drie primêre doelwitte in die BRICS-konteks, wat is om
ontwikkeling en inklusiewe ekonomiese groei te sien, om handel met toegevoegde
waarde tussen BRICS-lande te bevorder en om beleggings te bevorder.

                        [Uit https://www.sanews.gov.za/south-africa/sa-host-10th-brics-summit-july.
                                                               Toegang op 15 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 11                              DBE/November 2019
                                         NSS – Addendum

BRON 3B

Hierdie foto toon die leiers van Indië, China, Suid-Afrika, Rusland en Brasilië by die
10de BRICS-spitsberaad wat op 25 Julie 2018 in Sandton gehou is.

                     [Uit https://www.google.com/search?q=images+of+south+african+learners+in+a+
                                         computer+class+room.m. Toegang op 15 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               12                                DBE/November 2019
                                       NSS – Addendum

BRON 3C

Die artikel hieronder fokus op die handelstransaksies wat tussen Suid-Afrika en sy
BRICS-vennote onderteken is. Die titel is 'BRICS-beleggingstransaksies – Goeie Nuus
vir Arm Suid-Afrikaners' en dit het op 25 Julie 2018 in The Sowetan verskyn.

Die ooreenkomste wat tussen opkomende markte by die BRICS-spitsberaad, wat in
die noorde van Johannesburg plaasvind, onderteken gaan word, gaan waarskynlik arm
en werklose Suid-Afrikaners bevoordeel.

Dit is volgens politieke analis, Somadoda Fikeni, wat gister gesê het dat
beleggingstransaksies broodnodige werksgeleenthede vir baie mense sal verskaf.
'Enige befondsing sal werksgeleenthede vir die gewone man op straat skep. Dit kan
net positief vir Suid-Afrika wees om deel te wees van die ontwikkeling om 'n nuwe
rigting te skep, indien dit korrek deur die regering hanteer word. Maar, dit is positief,
veral omdat Suid-Afrika afgegradeer is,' (ekonomiese afgradering deur Westerse
graderingsagentskappe) het Fikeni gesê.

Hy het gesê die feit dat Suid-Afrika deel van die BRICS-blok is, gee hom die
geleentheid vir befondsing. 'Die wêreldmag is besig om na die Ooste te skuif, weg van
supermoondhede soos die VSA,' het Fikeni gesê. Fikeni het egter gewaarsku dat
Suid-Afrika nie te oorgerus (tevrede) moet wees en dink dat BRICS-lande goeie
bedoelings het nie. 'Hulle kom met die nasionale belange van hulle lande.' China het
Dinsdag 'n verbintenis van $14,7 miljard (R196 miljard) aangegaan om beleggings in
Suid-Afrika te befonds.

Nog 'n politieke analis, Ralph Mathekga, het gesê dat BRICS-lande probeer om
finansiële soewereiniteit (onafhanklikheid) te behou. Hy het gesê dat 'BRICS 'n manier
is om finansiële ontwikkeling te bou waar BRICS lande nie nodig het om na die
Wêreldbank te gaan vir befondsing nie'. Mathekga het egter gesê dat Suid-Afrika
steeds deur ander BRICS-lande as die nie-gunsteling ('underdog') beskou word. 'Wat
gebeur, is positief, maar Suid-Afrika moet besef dat hulle steeds as die nie-gunsteling
behandel word.'

                          [Uit https://www.sowetanonline.co.za. Toegang op 15 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                13                                DBE/November 2019
                                        NSS – Addendum

BRON 3D

Die bron hieronder fokus op die uitdagings wat Suid-Afrika as lid van BRICS in die
gesig staar. Dit is deur W Gumede geskryf.

Die uitdaging vir Suid-Afrika is dat BRICS Suid-Afrika se binnelandse ekonomie kan
ondergrawe en die werkloosheid van sy burgers direk kan affekteer. Baie produkte van
BRICS-lande ding mee met dié van Suid-Afrika. BRICS en Westerse kapitalistiese
lande teiken almal Afrika se hulpbronne, wat 'n direkte bedreiging vir Suid-Afrika se
ekonomie inhou. Strukturele hindernisse, swak ekonomiese en politieke beleid en
leiers se gebrek aan verbeelding het Suid-Afrika se groei beperk.

Indien ou nywerheids- en opkomende magte 'n ekonomiese vastrapplek in Afrika kry,
kan dit moontlik Suid-Afrika se pogings om te groei, ondermyn. Ander BRICS-lande
voer alreeds vervaardigde produkte na Afrika uit, wat die insette in Afrika se beplande
infrastruktuurprogramme, soos spoorweë, insluit. Dit maak Suid-Afrika se
vervaardigingsektor, wat 'n sleutel tot werkskepping is, seer.

Baie Suid-Afrikaanse vervaardigers sê dat alhoewel produkte uit BRICS-lande
Suid-Afrikaanse markte relatief maklik inkom, hoë tariefmure dit moeilik maak vir
Suid-Afrikaanse produkte om sy BRICS-vennote se markte te betree. Nomaxabiso
Majokweni, van die oorkoepelende organisasie BUSA, het dit wat Suid-Afrika van
BRICS-lande nodig het, opgesom toe sy gesê het: 'Die balanseertoertjie is om
handelstransaksies te verslap terwyl die belange van nywerheid en vervaardiging
beskerm word. Ons soek nie voorkeur (spesiale) of gratis handelsooreenkomste nie.
Ons moet eerder streef na meer deursigtigheid van ons vennote, veral oor
tariefskedules en versteekte interne belasting.'

                        [Uit http://www.indrastra.com2016/01/opinion-south-africa-brics-challenges.
                                                              Toegang op 15 March 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              14                          DBE/November 2019
                                      NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

http://www.historicalpapers.wits.ac.za/inventories/inv pdfo/AD2189-C9-02--jpeg.pdf

http://www.indrastra.com2016/01/opinion-south-africa-brics-challenges

http://www.justice.gov.za/trc/amntrans/capetown/capetown_benzien.htm

https://core.ac.uk/download/pdf/58914753.pdf.

https://mg.co.za/article/2014-04-24-murder-of-anc-guerrilla-haunts-his-sisters-27-
years-after-he-was-killed.

https://www.apartheidmuseum.org/sites/default/files/files/BIKO%202b.pdf

https://www.blackpast.org/global-african-history/south-african-students-organisation-
saso/

https://www.gettyimages.ae/photos/ashley-kriel?mediatype=photography&phrase=
ashley%20kriel&sort=mostpopular

https://www.google.com/search?q=images+of+south+african+learners+in+a+computer
+class+room.m

https://www.sahistory.org.za/article/formation-saso-and-black-peoples-convention

https://www.sanews.gov.za/south-africa/sa-host-10th-brics-summit-july

https://www.sowetanonline.co.za

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2019-english/ee9068f3-f0ae-4df5-91cf-0f91d2112d6b) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
