# History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V2

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                       DBE/November 2019
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                           DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
AFDELING nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:             WATTER ROL HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-
                     ORGANISASIE (SASO) IN DIE BEWUSMAKING VAN SWART
                     SUID-AFRIKANERS GESPEEL?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Haal TWEE redes uit die bron aan oor wat daartoe aanleiding
                      gegee het dat swart Suid-Afrikaanse studente by NUSAS
                      aangesluit het.                                     (2 x 1)                (2)

         1.1.2        Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

         1.1.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Biko gevoel het dat dit nodig was om in 1969 SASO
                      te stig.                                                   (2 x 2)         (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Hoe, volgens die bron, het SASO die Swartbewussynsfilosofie
                      bevorder?                                          (2 x 1)                 (2)

         1.2.2        Noem die TWEE leiers in die bron wat SASO se
                      gemeenskapsontwikkelingsprogramme beïnvloed het. (2 x 1)                   (2)

         1.2.3        Maak 'n lys van DRIE gemeenskapsprojekte in die bron wat deur
                      SASO tot stand gebring is.                            (3 x 1)              (3)

         1.2.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op die impak wat gemeenskapsontwikkelingsprojekte
                      op swart Suid-Afrikaners gehad het.                   (2 x 2)              (4)

1.3      Bestudeer Bron 1C.
         1.3.1        Hoe, volgens die bron, het die Minister van Justisie die parlement
                      verstom (geskok)?                                           (1 x 2)        (2)
         1.3.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe Pelser die verbanning van die SASO-8 geregverdig het.
                                                                                 (1 x 2)         (2)
         1.3.3        Waarom, volgens die bron, het Pelser nie die leiers van SASO voor
                      die hof gedaag nie?                                        (1 x 1)         (1)
         1.3.4        Verduidelik wat jy dink Helen Suzman geïmpliseer het met die
                      stelling: 'die regering was verantwoordelik vir die skep van 'n
                      onvernietigbare (blywende) swart nasionalisme wat net 'n
                      neweproduk van wit nasionalisme is'.                     (2 x 2)           (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                         DBE/November 2019
                                             NSS

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik waarom jy dink SASO besluit het om hierdie nuusbrief
                      te publiseer.                                            (2 x 2)          (4)

         1.4.2        Lewer kommentaar op die gebruik van die swart gebalde vuis wat
                      op die voorblad van die nuusbrief in die lug opgesteek is. (1 x 2)        (2)

         1.4.3        Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron
                      wanneer die rol van SASO nagevors word.                   (2 x 2)         (4)

1.5      Bestudeer Bron 1C en 1D en verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
         bewyse in Bron 1D oor die SASO-8 ondersteun.                     (2 x 2)               (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol
         wat die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) in die bewusmaking
         van swart Suid-Afrikaners gespeel het, verduidelik.                                    (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                5                          DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVIS, ASHLEY KRIEL, HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Haal TWEE organisasies uit die bron aan wat tot die stigting van
                      die WVK ingestem het.                                     (2 x 1)          (2)

         2.1.2        Gee TWEE redes in die bron vir die totstandkoming van die WVK.
                                                                               (2 x 1)           (2)

         2.1.3        Verduidelik waarom jy dink die WVK die mandaat gekry het om
                      menseregteskendings wat tussen 1 Maart 1960 en 10 Mei 1994
                      gepleeg is, te ondersoek.                             (2 x 2)              (4)

         2.1.4        Definieer die term amnestie in die konteks van die WVK.      (1 x 2)       (2)

         2.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar oor waarom die WVK na die getuienis van beide
                      slagoffers en oortreders geluister het.               (2 x 2)              (4)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

         2.2.1        Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee wanneer en waar
                      Ashley Kriel vermoor is.                               (2 x 1)             (2)

         2.2.2        Hoe, volgens die bron, het aktiviste Ashley Kriel se persoonlikheid
                      beskryf?                                                    (2 x 1)        (2)

         2.2.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom Ashley Kriel 'n teiken van die apartheidsveiligheidsmagte
                      geword het.                                                (2 x 2)         (4)

         2.2.4        Noem TWEE maniere in die bron waarop Ashley Kriel se
                      menseregte geskend is.                        (2 x 1)                      (2)

2.3       Bestudeer Bron 2C.

          2.3.1       Noem enige TWEE politieke aktiviste in die bron vir wie Benzien
                      om verskoning gevra het vir hulle aanranding gedurende
                      ondervraging.                                            (2 x 1)           (2)

          2.3.2       Verduidelik of jy dink die WVK geregverdig was om amnestie aan
                      Benzien toe te staan vir die moord op Ashley Kriel.    (2 x 2)             (4)

2.4      Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B van
         die bewyse in Bron 2C verskil met betrekking tot die moord op Ashley Kriel.
                                                                               (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                        DBE/November 2019
                                            NSS

2.5       Gebruik Bron 2D.

          2.5.1       Lewer kommentaar op wat jy dink deur die woorde op die banier,
                      'WVK: GEEN GEREGTIGHEID VIR ASHLEY KRIEL,' geïmpliseer
                      word.                                                  (2 x 2)         (4)

          2.5.2       Verduidelik waarom jy die bewyse in hierdie bron bruikbaar sou
                      vind wanneer die omstandighede rondom die dood van Ashley
                      Kriel nagevors word.                                    (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
         verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie die moord op die
         politieke aktivis, Ashley Kriel, hanteer het.                                       (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                           DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE 2018 BRICS-SPITSBERAAD OP SUID-
         AFRIKA GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Noem enige DRIE BRICS-lidlande in die bron.                    (3 x 1)       (3)

         3.1.2        Waar, volgens die bron, is die 10de BRICS-spitsberaad gehou?
                                                                             (1 x 1)               (1)

         3.1.3        Wat, volgens Sooklal, was die DRIE sleuteluitdagings waarvoor
                      opkomende lande te staan gekom het?                    (3 x 1)               (3)

         3.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe lede van BRICS die uitdagings wat opkomende lande
                      ondervind het, sou aanpak.                                 (2 x 2)           (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.      (2 x 2)       (4)

         3.2.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op waarom jy dink BRICS-leiers mekaar se hande
                      vasgehou het.                                         (1 x 2)                (2)

3.3      Vergelyk Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
         in Bron 3B oor die 10de BRICS-spitsberaad ondersteun.                 (2 x 2)             (4)

3.4      Raadpleeg Bron 3C.

          3.4.1       Wie, volgens die bron, het baat gevind by die ooreenkoms wat by
                      die 10de BRICS-spitsberaad onderteken is?                (2 x 1)             (2)

          3.4.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
                      doel van die beleggingstransaksies wat by die BRICS-spitsberaad
                      onderteken is.                                                (2 x 2)        (4)

          3.4.3       Lewer kommentaar op waarom jy dink BRICS-lidstate na
                      Suid-Afrika as die 'nie-gunsteling' ('underdog') verwys het. (1 x 2)         (2)

          3.4.4       Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
                      wat bestudeer of Suid-Afrika by BRICS baat gevind het.     (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 8                          DBE/November 2019
                                              NSS

3.5      Lees Bron 3D.

         3.5.1        Voor watter uitdagings, volgens die bron, het Suid-Afrika as 'n lid
                      van BRICS te staan gekom?                                  (2 x 1)         (2)

         3.5.2        Definieer die term kapitalisme in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

         3.5.3        Identifiseer EEN rede in die bron wat 'Suid-Afrika se groei beperk'
                      het.                                                         (1 x 1)       (1)

         3.5.4        Lewer kommentaar op hoe           BRICS-lidlande Suid-Afrika se
                      vervaardigingsektor geraak het.                           (2 x 2)          (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
          impak wat die 2018 BRICS-spitsberaad op Suid-Afrika gehad het, verduidelik.            (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                         DBE/November 2019
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
         KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Verduidelik tot watter mate boikotte, onttrekking van beleggings en sanksies deur die
internasionale anti-apartheidsbewegings verantwoordelik was vir die uiteindelike val
van PW Botha se regime in die 1980's.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                            [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                    NA    SUID-AFRIKA      EN    DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die 25ste herdenking van die geboorte van 'n demokratiese Suid-Afrika word in 2019
gevier.

Bespreek krities die rolle wat verskillende politieke organisasies gespeel het in die
bemeestering van die uitdagings wat Suid-Afrika tussen 1990 en 1994 in die gesig
gestaar het.                                                                             [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Die val van die Berlynse Muur in 1989 het daartoe gelei dat politieke vyande, die
Nasionale Party en die African National Congress, samesprekings begin het.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse.         [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/b86194b9-4818-4f56-b6a6-1f8188552349) — History · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 (English) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-english-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/823f960e-4e82-4df5-9636-7331aa167ec2) — History · QP · 2019 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
