# History Grade 12 Paper 2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-memo-afr/7320bad0-4dad-44b9-b19b-4f93d055953c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 2 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-memo-afr/7320bad0-4dad-44b9-b19b-4f93d055953c)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V2

                                  NOVEMBER 2019

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                  2                          DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

1.     BRONGEBASEERDE VRAE

1.1   Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
      ontwikkel:
Kognitiewe                                                       Gewigstoekenning
                           Historiese vaardighede
  Vlakke                                                             van vrae
            • Onttrek inligting uit bronne
            • Selektering en organisasie van relevante inligting       30%
VLAK 1
                uit bronne                                             (15)
            • Definieer historiese begrippe/terme
            • Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                       40%
VLAK 2      • Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                       (20)
            • Analiseer bewyse uit bronne
                •    Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                •    Skakel     met    bronne     om     bruikbaarheid,
                     betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
                                                                                 30%
VLAK 3               te stel
                                                                                 (15)
                •    Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                     perspektiewe in die bronne en kom tot
                     onafhanklike gevolgtrekkings

1.2    Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
       • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
           ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
       • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
           vereistes van die vraag voldoen is.
       • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
           aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
           skrif aangedui.
       • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
           kry vir enige ander relevante antwoord.
       • Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die
           beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien
1.3    Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
       • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
       • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
          en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
          twee punte toegeken word ().
       • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
       Paragraafvraag
       Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
       die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
       toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
       paragraafvraag geassesseer word:
       • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
           die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
       • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
           was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                3                          DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

       •  Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
          die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
          holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
          ___________ •___________________________________________________
          _________________•____________________________• ________________
                                                                            Vlak 2 √√√√
       KOMMENTAAR
       Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf

       •   Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
           die kantlyn regs onder, bv. 32
                                      50
       •   Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
           antwoordeboek oorgedra word.

2.     OPSTELVRAE

2.1    Die opstelvrae vereis dat kandidate:
       •   In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
           stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
           bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
           'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
           beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
           gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.

2.2    Nasien van opstelvrae
       • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
          die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
       • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.

2.3    Globale assessering van 'n opstel
       Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
       die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte
       afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n
       oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n
       argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs
       inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie
       benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer
       sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien
       van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders
       as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
       ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende
       val:
       • Die leerder se interpretasie van die vraag
       • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoud-seleksie)
       • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n
            onafhanklike argument)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                    4                       DBE/November 2019
                                         NSS – Nasienriglyne

2.4    Assesseringsprosedures van die opstel

       2.4.1     Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

       2.4.2     Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
                 vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
                 nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument
                 ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n
                 relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die
                 nasienriglyne)
                 Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.

       2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel.

                P    Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike
                     hoofpunt.
                     Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in
                     die inleiding gemaak is, ondersteun.
                E    Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
                     waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met
                     die vraag wat gevra is.
                E    Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te
                     selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde
                     moet gegee word om argument vol te hou.
                L    Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in
                     die opstel onderhou word en samehangend geskryf is.

       2.4.3     Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel:

                • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
                  nie

                                                    ^
                • Verkeerde stelling                _________________
                • Irrelevante stelling              |
                                                    |
                                                    |
                • Herhaling                         R
                • Analise                           A√
                • Interpretasie                     I√
                • Argument                          LOA

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                 5                         DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

2.5    Die matriks

       2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle

       By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
       voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
       aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
       inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.

      (a)       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
                die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
                stel.
                                                         I      VLAK 4

      (b)       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                aanbieding bepaal.

                                                            I     VLAK 4
                                                            A     VLAK 3

      (c)       Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                            I
                                                            A
                                                                   VLAK 4
                                                                   VLAK 3        }26–27
KOMMENTAAR

Vraag herkenbaar in antwoord.
Toon soms bewys van 'n gestruktureerde en beplande argument.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
     Geskiedens/V2                                                          6                                                   DBE/November 2019
                                                                    NSS – Nasienriglyne

     NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50

                             VLAK 7              VLAK 6               VLAK 5              VLAK 4               VLAK 3               VLAK 2               VLAK 1*
AANBIEDING               Baie goed           Baie goed            Goed beplande en     Argument beplan     Toon soms bewys      Poging               Weinig of geen
                         beplande en         beplande en          gestruktureerde      en gestruktureer.   van 'n               aangewend om         poging om die
                         gestruktureerde     gestruktureerde      opstel.              Bewyse tot 'n       gestruktureerde en   antwoord te          opstel te
                         opstel. Goeie       opstel. 'n           Poog om 'n           sekere mate         beplande             struktureer.         struktureer nie.
                         sintese van         Relevante            duidelike argument   gebruik om          argument. Poog       Grootliks
                         inligting. Het 'n   argument is          te ontwikkel.        argument te         om 'n argument vol   beskrywend of
                         goed                gevolg. Bewyse       Gevolgtrekking       ondersteun.         te hou.              poog om argument
INHOUD                   gebalanseerde,      gebruik om die       gemaak uit           Slotsom bereik op   Gevolgtrekking nie   te ontwikkel. Geen
                         oorspronklike       argument te          bewyse om die        grond van bewyse.   duidelik             poging om 'n
                         argument            verdedig. Poog om    argument te                              ondersteun deur      gevolgtrekking te
                         ontwikkel met       'n onafhanklike      ondersteun.                              bewyse nie.          maak nie.
                         bewyse. Argument    gevolgtrekking uit
                         deurgaans           die bewyse te
                         volgehou en         maak om die
                         verdedig.           argument te
                         Onafhanklike        ondersteun.
                         gevolgtrekking
                         gemaak uit
                         bewyse om die
                         argument te
                         ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten
volle relevante tot         47–50                43–46
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoud-seleksie             43–46                40–42               38–39
relevante tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud          38–39                36–37               34–35                30–33               28–29
toereikend en
relevante.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of
                                                                     30–33                28–29               26–27
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit                                                                       26–27               24–25                 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. Inhoud                                                                                            20–23                 18–19                14–17
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                                  14–17                 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.

     *     Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:

     •     Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
     •     Inhoud-seleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te
           struktureer nie                                                                                       = 1– 6
     •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer                      = 7–13

     Kopiereg voorbehou                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                               7                           DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1:             WATTER ROL HET DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-
                     ORGANISASIE (SASO) IN DIE BEWUSMAKING VAN SWART
                     SUID-AFRIKANERS GESPEEL?

1.1
1.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A - V1]
         • 'Omdat hulle uitgesproke was in hulle kritiek teen die regering se optrede'
         • 'Verskeie wit leiers het empatie (simpatie) gehad met die swart saak'
                                                                                (2 x 1)        (2)

1.1.2    [Definisie van 'n historiese konsep uit Bron 1A - V1]
         • Die Nasionale Party het in 1948 apartheid, wat mense geskei het op
            grond van hulle ras (Swartes, Indiërs, Kleurlinge en Blankes), as 'n wet
            ingestel; dit het wette geïmplementeer soos die Groepsgebiede Wet en
            andere om skeiding van Suid-Afrikaners te verseker
         • Rasse diskriminasie waar die apartheidsregering seker gemaak het dat
            wit Suid-Afrikaners beter werke en geleenthede gehad het as swart Suid-
            Afrikaners
         • Wettige verskansing van wit voorregte in die meeste sfere soos
            ekonomies, polities en maatskaplik
         • Enige ander relevante antwoord                              (enige 1 x 2)           (2)

1.1.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2]
         • Biko en sy kollegas het gevoel dat swart Suid-Afrikaners hulself moes
             verteenwoordig deur die stigting van SASO
         • Om hulle eie organisasie te stig om swart eenheid, selfstandigheid en
             solidariteit te bevorder omdat swart Suid-Afrikaners nie toegelaat is om ŉ
             rol in blanke politiek te speel nie
         • Biko en sy ondersteuners het gevoel dat 'n eksklusiewe slegs-
             swartbeweging nodig was om swart Suid-Afrikaners bewus te maak van
             hul regte
         • NUSAS het nie langer aan die behoeftes van die swart Suid-Afrikaanse
             studente voldoen nie
         • Om die apartheidsregime/ regering uit te daag met betrekking tot hul
             rassistiese beleid soos die weiering om gemengde ras akkommodasie of
             eetfasiliteite toe te laat
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)        (4)

1.2
1.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
         • 'SASO het ... begin om ander swart organisasies bymekaar te bring'
         • 'het ... die Swartmense se Konvensie as die politieke organisasie gestig ...'
                                                                              (2 x 1)          (2)

1.2.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
         • 'Julius Nyerere'
         • 'Paulo Freire'                                                       (2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                 8                         DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

1.2.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
         • ‘Skoon water, beskutting en gesondheidsdienste’
         • 'bou van klein damme'
         • 'die oprigting van skoolgeboue'
         • 'verskaffing van medisyne'
         • 'sopkombuise'
         • 'hulp aan gemeenskappe wat gevestig is'
         • ‘geletterdheidsprojek’
         • ‘Tuisonderrigskema’                                           (enige 3 x 1)          (3)

1.2.4    [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2]
             Die gemeenskapsprojekte het die volgende impak gehad:
         • Het swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe bygestaan om hulle eie
             belange vas te stel en hulle eie potensiaal vas te stel
         • Het die vertroue en selfvertroue van swart Suid-Afrikaners gewen
         • Het 'n praktiese program vir onderwys en die opheffing van swart Suid-
             Afrikaners voorsien om armoede te verlig en geletterdheid te verbeter deur
             politieke, ekonomiese en maatskaplike bewuswording
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)         (4)

1.3
1.3.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
         • 'Toe hy erken het dat agt SASO-leiers verban is omdat hofprosedures hulle
           'n platform (publisiteit) sou bied'                               (1 x 2)            (2)

1.3.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 1C - V2]
         • Die stellings wat deur swart Suid-Afrikaanse studenteleiers gemaak is kon
             lei tot die uitbreek van geweld en sou 'n impak gehad het op die veiligheid
             van wit Suid-Afrikaners
         • Pelser beskou die Swartbewussynsfilosofie as ŉ bedreiging en beweer
             dat die SASO 8 geweld aanstig (daar word verwys na ‘brandstigting,
             verkragting en bloedige rewolusie)
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2)         (2)

1.3.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
         • 'Dit sou hulle 'n platform (publisiteit) gegee het'                    (1 x 1)       (1)

1.3.4    [Interpretasie van bewyse in Bron 1C - V2]
         • Die hardhandige behandeling op swart Suid-Afrikaners deur die
             apartheidsregime was direk verantwoordelik vir die opkoms van swart
             nasionalisme
         • Die apartheidsregime het aangehou om wit minderhede te ondersteun en
             beskerm en dit sou lei tot die opkoms van swart nasionalisme (dit lei tot
             weerstand teen apartheid)
         • Afrikaner nasionalisme onderdruk die opkoms van Afrika nasionalisme en
             dit was verantwoordelik vir die saai van swart nasionalisme
         • Enige ander relevante antwoord                                (enige 2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                               9                          DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

1.4
1.4.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
          • Om lede van SASO in te lig oor die verbanning van die agt SASO-leiers
          • Om die leiers wat verban is te eer
          • Om aan die kaak te stel hoe die apartheidsregime leiers van SASO en die
             BPC behandel het
          • Om swart Suid-Afrikaners aan te spoor om te verenig (gebalde vuis in die
             lug opgesteek) teen die verbanning van die SASO 8
          • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)          (4)

1.4.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2]
          • Die     opgeligte   vuis    verteenwoordig 'n simbool   van    mag
             (‘amandla’)/krag/eenheid
          • Verteenwoordig 'n simbool van weerstand/stryd/geveg teen wit
             oorheersing (apartheid)/veg vir vryheid
          • Enige ander relevante antwoord                        (enige 1 x 2)                (2)

1.4.3    [Vasstelling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 1D – V3]
         Die bron is BRUIKBAAR want:
         • Dit is die voorblad van 'n SASO nuusbrief (verbande uitgawe) wat in 1973
            gepubliseer is
         • Dit toon die SASO 8 wat verban is deur die apartheidsregime
         • Dit gee insig in hoe die apartheidsregime op SASO 8 reageer het/ dit toon
            die onsensitiwiteit van die apartheidsregime teenoor swart Suid-Afrikaanse
            politieke aktiviste
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)        (4)

1.5      [Vergelyking van bewyse in Bron 1C en 1D – V3]
         • Beide Bron 1C en 1D verwys na die verbanning van die SASO 8
         • Bron 1C dui die name van die SASO 8 aan wat verban is en Bron 1D toon
            die foto's van die SASO 8 wat verban is
         • Bron 1C skets die gevolge van die apartheidsregime se poging om swart
            Suid-Afrikaners te ondermyn en in Bron 1D sien ons die bewyse van swart
            Suid-Afrikaanse leiers wat die apartheidsregime uitgedaag het
         • Bron 1C verwys na 'Swart rewolusie' en in Bron 1D sien ons die voorblad
            van 'n nuusbrief wat die opgehewe gebalde vuis toon wat die begin van
            die swart rewolusie/ vryheidstryd impliseer
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                 10                          DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

1.6      [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]
         Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
         •   Biko was 'n voorstaander van die stigting van SASO as gevolg van 'n
             tekort aan integrasie van studentepolitiek in Suid-Afrika (Bron 1A)
         •   SASO was verantwoordelik vir die stigting van BPC in 1972 wat die
             bewusmaking van swart Suid-Afrikaners aangevoer het deur middel van
             die Swartbewussynsfilosofie (Bron 1B)
         •   SASO stig gemeenskapsprojekte wat beïnvloed is deur Julius Nyerere en
             Paulo Freire (Bron 1B)
         •   SASO het verskeie selfhelpprogramme regoor Suid-Afrika uitgebrei en
             gevestig om swart Suid-Afrikaners te help (Bron 1B)
         •   SASO se gemeenskapsprogramme het die lewensomstandighede van
             arm swart Suid-Afrikaners verbeter (Bron 1B)
         •   SASO was ook betrokke in geletterdheidsprogramme en 'n 'Tuisonderrig-
             skema' om swart Suid-Afrikaners by te staan (Bron 1B)
         •   SASO       het    verskeie     nuusbriewe       gepubliseer     om  hulle
             Swartbewussynsfilosofie onder sy lede te versprei (eie kennis)
         •   Die Minister van Justisie het die SASO 8 verban wat daartoe gelei het dat
             swart Suid-Afrikaners ontwaak het om weerstand te bied teen die
             apartheidsregime (Bron 1C)
         •   Die dade van SB-leiers het swart Suid-Afrikaners geïnspireer om die
             apartheidsregime uit te daag (Bron 1C)
         •   Die Maart 1973 nuusbrief van SASO het gedien as 'n inligtingsoordrag oor
             die verbanning van die SASO 8 (Bron 1D)
         •   SASO het diskriminasie aan die hand van die apartheidsregime ondervind
             (eie kennis)
         •   Enige ander relevante antwoord

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                •    Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                     min begrip van die rol wat die Suid-Afrikaanse Studente-
                                                                                          PUNTE
  VLAK 1             organisasie (SASO) in die bewusmaking van swart Suid-
                                                                                           0–2
                     Afrikaners gespeel het nie.
                •    Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                •    Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp,
                     bv. toon begrip van die rol wat die Suid-Afrikaanse
                                                                                          PUNTE
  VLAK 2             Studente-organisasie (SASO) in die bewusmaking van swart
                                                                                           3–5
                     Suid-Afrikaners gespeel het.
                •    Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                •    Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                     van die rol wat die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie
                     (SASO) in die bewusmaking van swart Suid-Afrikaners                  PUNTE
  VLAK 3
                     gespeel het.                                                          6–8
                •    Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                     toon begrip van die onderwerp.
                                                                                                 (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                               11                          DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
         DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVIS, ASHLEY KRIEL, HANTEER?

2.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]
         • 'Nasionale Party'
         • 'African National Congress'                                            (2 x 1)       (2)

2.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]
         • 'Om Suid-Afrika se gewelddadige en onderdrukkende (wreedaardige)
            verlede te hanteer'
         • ' 'n Manier om nasionale eenheid en versoening te bevorder' (2 x 1)                  (2)

2.1.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
         • Die WVK het nie die tyd of hulpbronne gehad om die gruweldade wat
             vanaf die instelling van apartheid gepleeg is te ondersoek nie
         • Gedurende 1960 tot 1994 het 'n groot aantal politieke gruweldade/moorde
             in Suid-Afrika plaasgevind (van die Sharpeville slagting tot demokrasie)
         • Enige ander relevante antwoord                                        (2 x 2)        (4)

2.1.4    [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2A - V1]
         • Die toestaan van amptelike kwytskelding aan persone wat politieke
            moorde gepleeg het
         • Die toestaan van amptelike kwytskelding aan oortreders wat hulle
            gruweldade, wat hulle om politieke redes gepleeg het, ten volle onthul het          [

         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 1 x 2)           (2)

2.1.5    [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2]
         • Sodat 'n regverdige oordeel gemaak kon word
         • Om die waarheid aan te hoor oor gruweldade wat gedurende die
             apartheidsregering gepleeg is sodat die gepaste besluit/beslissing deur
             die WVK gemaak kon word
         • Om toe te laat dat die stem van slagoffers en oortreders gehoor kan word
             sodat genesing en afsluiting bereik kon word
         • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)            (4)

2.2
2.2.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1]
         • '9 Julie 1987'
         • 'Kaapse Vlakte'                                                        (2 x 1)       (2)

2.2.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1]
         • 'held'
         • 'kampioen'
         • 'stryd-ikoon'
         • ‘gebore leier’
         • ‘vurig’
         • ‘vrolik’                                                        (enige 2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                              12                          DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

2.2.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2]
         • Ashley Kriel was 'n anti-apartheidsjeugleier/ politieke aktivis,
             vryheidsvegter in Kaapstad
         • Hy het die ANC ondersteun in sy stryd teen apartheid
         • Hy het organiserings-vaardighede gehad en het die jeug verenig om die
             apartheidsregime uit te daag
         • Hy het by die gewapende vleuel (MK) van die ANC aangesluit
         • Die apartheidsregering het Kriel gesien as ŉ bedreiging in die bydrae om
             Suid-Afrika ‘onregeerbaar’ te maak
         • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 2 x 2)        (4)
2.2.4    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B - V1]
         • ‘het die meeste van sy tyd bestee om ... weg te kruip’
         • ‘met die graaf geslaan’
         • ‘Kriel vermoor is’
         • 'wreedaardig gemartel'
         • 'in die rug geskiet'                                           (enige 2 x 1)        (2)
2.3
2.3.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
         • 'Peter Jacobs'
         • 'Ashley Forbes'
         • 'Anwar Dramat'
         • 'Tony Yengeni'
         • 'Gary Kruse'
         • 'Niclo Pedro'
         • 'Allan Mamba'                                                  (enige 2 x 1)        (2)
2.3.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2]
         GEREGVERDIG omdat:
         • Benzien voor die WVK verskyn en sy rol in die moord op Ashley Kriel
             erken het (het ŉ volle onthulling gedoen)
         • Benzien nie uit sy eie opgetree het nie (polities gemotiveerd)/hy bloot die
             instruksies van die leiers van die apartheidsregering geïmplementeer het
         • Enige ander relevante antwoord

         NIE GEREGVERDIG NIE omdat:
         • Benzien nie die waarheid gepraat het oor die rol wat hy in die moord op
            Ashley Kriel gespeel het nie
         • Daar oorgenoeg bewyse was wat getoon het dat Kriel wreedaardig
            gemartel is toe hy deur Benzien geskiet is
         • Enige ander relevante antwoord                                   (2 x 2)            (4)
2.4      [Vergelyking van bewyse in Bron 2B en 2C – V3]
         • Bron 2B stel dit dat Ashley Kriel wreedaardig gemartel en vermoor is
            terwyl Benzien in Bron 2C ontken dat hy Kriel ‘onregmatig en verkeerdelik’
            doodgemaak het
         • Ashley Kriel se susters sê in Bron 2B dat hy geskiet is deur Jeffrey
            Benzien terwyl Benzien in Bron 2C ontken dat hy verantwoordelik was vir
            die moord op Kriel
         • Source 2B staaf dat Ashley Kriel op 9 Julie 1987 doodgemaak is en Bron
            2C staaf dat Kriel op 15 Julie 1987 doodgemaak is
         • Enige ander relevante antwoord                                     (2 x 2)          (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                               13                            DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

2.5
2.5.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2]
         • Die WVK het die familie van Ashley Kriel gefaal toe amnestie aan Benzien
             toegestaan is
         • Benzien wat verantwoordelik was vir die moord op Ashley Kriel is
             toegelaat om vry weg te stap
         • Die familie en vriende van Kriel het nie afsluiting verkry met betrekking tot
             die omstandighede van sy dood nie
         • Enige ander relevante antwoord                                  (enige 2 x 2)         (4)

2.5.2    [Vasstelling van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 2D – V3]
         Die bron is BRUIKBAAR want:
         • Dit toon dat mense teen die WVK se beslissing met betrekking tot Ashley
            Kriel se dood geprotesteer het
         • Dit toon dat nie alle mense saamgestem het met die WVK se bevinding
            met betrekking tot die moord op politieke aktiviste soos Kriel nie
         • Dit beklemtoon hoe mense gevoel het oor die WVK en hoe hulle die
            oortreders van politieke geweld gehanteer het soos diegene wat vir Kriel
            se dood verantwoordelik was
         • Die bron ooreenkom met ander bronne om aan te dui hoe die WVK die
            moord op Kriel hanteer het
         • Enige ander relevante antwoord                                   (enige 2 x 2)        (4)

2.6      [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]

         Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:

         • Die WVK is gestig om vas te stel hoe politieke aktiviste vermoor is
           (Bron 2A)
         • Die WVK is gestig om nasionale eenheid en versoening te bou om die
           ‘aard, gebeure en mate van growwe menseregteskendings' wat tussen 1
           Maart 1960 en 10 Mei 1994 deur die apartheidsregime gepleeg is (Bron
           2A)
         • Die WVK het openbare verhore gehou waar beide die slagoffers en
           oortreders van politieke misdade 'n kans gekry het om hulle storie te vertel
           (Bron 2A)
         • Die WVK het openbare verhore gehou by die Bellville
           Gemeenskapsentrum in Kaapstad om te luister na die getuienisse oor hoe
           Kriel vermoor is (Bron 2C)
         • Jeffrey Benzien het in Kaapstad voor die WVK verskyn om getuienis te
           lewer met betrekking tot die moord op Ashley Kriel (Bron 2C)
         • Die WVK het amnestie aan Benzien vir die moord op Kriel toegestaan
           (Bron 2C)
         • Die WVK het 'n platform gebied vir die ontmoeting van oortreders en
           slagoffers sodat genesing kon plaasvind (Bron 2C)
         • Die WVK het 'n platform vir genesing en versoening gebied toe hulle
           toegelaat het dat beide slagoffers en oortreders ontmoet (eie kennis)
         • Die betogers was ongelukkig oor die uitspraak van die TRC met
           betrekking tot die moord op Kriel (Bron 2D)
         • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                 14                        DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                •    Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                     min begrip van hoe die Waarheids-en-Versoenings-
                                                                                           PUNTE
  VLAK 1             kommissie die moord op politieke aktivis, Ashley Kriel,
                                                                                            0–2
                     hanteer het nie.
                •    Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                •    Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp,
                     bv. toon begrip van hoe die Waarheids-en-
                                                                                           PUNTE
  VLAK 2             Versoeningskommissie die moord op politieke aktivis,
                                                                                            3–5
                     Ashley Kriel, hanteer het.
                •    Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                •    Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                     van hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie die moord
                                                                                           PUNTE
  VLAK 3             op politieke aktivis, Ashley Kriel, hanteer het.
                                                                                            6–8
                •    Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                     toon begrip van die onderwerp.
                                                                                                (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                             15                         DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE 2018 BRICS-SPITSBERAAD OP SUID-
         AFRIKA GEHAD?

3.1
3.1.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
         • 'Brasilië'
         • 'Rusland'
         • Indië'
         • 'China'
         • 'Suid-Afrika'                                                (enige 3 x 1)        (3)

3.1.2    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
          • 'Sandton Konvensie-sentrum’
          • ‘Johannesburg'                                              (enige 1 x 1)        (1)

3.1.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
         • 'ontwikkelingsuitdagings'
         • 'groei van hulle ekonomieë'
         • 'aanpak van armoede’
         • ‘werkloosheid'                                               (enige 3 x 1)        (3)

3.1.4    [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2]
         • Om inklusiewe ekonomiese groei in ontwikkelende lande teweeg te bring
         • Om handel tussen opkomende en ontwikkelende lande te verseker
         • Om beleggings onder BRICS-lande te verhoog
         • Enige ander relevante antwoord                            (enige 2 x 2)           (4)

3.2
3.2.1    [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
         • Dit toon die leiers van hulle onderskeie lande wat die 10de BRICS-
            spitsberaad in Suid-Afrika bywoon
         • Dit dui op 'n noue en vriendelike verhouding tussen leiers van die BRICS-
            lande
         • Dit dui ŉ mate van eenheid/samewerking onder die verskillende leiers van
            BRICS aan
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)        (4)

3.2.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
         • Dit vertoon eenheid onder BRICS-leiers
         • Dit vertoon krag en solidariteit tussen verskeie leiers
         • Dit vertoon 'n gevoel van kameraadskap tussen BRICS-leiers
         • Enige ander relevante antwoord                             (enige 1 x 2)          (2)

3.3      [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3B – V3]
         • Beide Bron 3A en 3B beweer dat die 10de BRICS-spitsberaad in
            Sandton/Suid-Afrika gehou is
         • Bron 3A meld dat BRICS uit vyf lidlande bestaan en Bron 3B toon die
            bewyse van die vyf BRICS-leiers
         • Beide Bron 3A en 3B dui samewerking en eenheid onder BRICS-lede aan
         • Enige ander relevante antwoord                           (enige 2 x 2)            (4)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                               16                          DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

3.4
3.4.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
         • 'Arm Suid-Afrikaners'
         • 'Werklose Suid-Afrikaners'                                     (enige 2 x 1)        (2)

3.4.2    [Interpretasie van bewyse in Bron 3C - V2]
         • Daar is verwag dat nuwe werksgeleenthede in Suid-Afrika geskep sou
             word
         • Om die ekonomie van Suid-Afrika 'n hupstoot te gee
          • Om armoede te verlig
          • Om handelsbetrekkinge onder BRICS te bevorder
         • Om minder afhanklik te wees van Westerse kapitalistiese befondsing
         • Enige ander relevante antwoord                              (enige 2 x 2)           (4)

3.4.3    [Interpretasie van bewyse in Bron 3C - V2]
          • Daar is verwys na Suid-Afrika as die 'niegunsteling', want dit het die
            kleinste BBP/ekonomie in vergelyking met ander BRICS-lede
          • Dit het die kleinste bevolking vandaar het dit beperkte koopkrag
          • Suid-Afrika het nie die fiskale en ekonomiese spierkrag in vergelyking met
            ander BRICS-lidstate nie
          • Enige ander relevante antwoord                                 (enige 1 x 2)       (2)

3.4.4   [Vasstelling van die beperking van bewyse in Bron 3C – V3]
        Die bron het BEPERKINGS want:
         • Dit gee slegs die siening van Suid-Afrikaanse analiste (eensydig)/dit gee ŉ
           pro BRICS-siening
         • Daar is geen aanduiding van watter ooreenkomste geteken is nie
         • Die beleggingstransaksies het nie vermeld watter sektor van die Suid-
           Afrikaanse ekonomie by BRICS sou baat gevind het
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)          (4)
3.5
3.5.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D- V1]
        • 'Die uitdaging vir Suid-Afrika is dat BRICS Suid-Afrika se binnelandse
           ekonomie kan ondergrawe en die werkloosheid van sy burgers direk kan
           affekteer'
        • 'Baie produkte van BRICS-lande ding mee met dié van Suid-Afrika'
        • 'BRICS en Westerse kapitalistiese lande teiken almal Afrika se hulpbronne,
           wat 'n direkte bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomie inhou' (enige 2 x 1)          (2)

3.5.2   [Verduideliking van 'n historiese begrip in Bron 3D - V1]
        • Slegs 'n paar beheer die produksie/privaateienaarskap en wins-
           maksimalisering is die sleutel
        • Dit floreer op die uitbuiting en besering van werkers
        • Enige ander relevante antwoord                          (enige 1 x 2)                (2)

3.5.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D - V1]
        • 'Strukturele hindernisse’
        • ‘swak ekonomiese en politieke beleid’
        • ‘leiers se gebrek aan verbeelding het Suid-Afrika se groei beperk'
                                                                         (enige 1 x 1)         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                              17                          DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

3.5.4    [Interpretasie van bewyse in Bron 3D- V2]
         • Die instelling van hoë tariewe op Suid-Afrikaanse produkte het dit moeilik
             vir Suid-Afrika gemaak om die markte van BRICS-lidlande te betree
         • Suid-Afrika het deursigtigheid benodig op hoe tariefskedules en verborge
             interne belasting van BRICS-vennote geïmplementeer is
         • Goedkoop goedere is na Suid-Afrika uitgevoer wat 'n negatiewe impak op
             Suid-Afrika se vervaardigingsindustrie gehad het en gelei het tot hoë
             werkloosheidsvlakke
         • Suid-Afrika het BRICS-lede maklike toegang tot sy markte aangebied
         • Enige ander relevante antwoord                               (enige 2 x 2)           (4)

3.6      [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – V3]

         Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
         • Die 10de BRICS-spitsberaad wat in Suid-Afrika gehou is, het samewerking
           tussen BRICS-lande vertoon – dit het 'n positiewe impak op Suid-Afrika
           gehad (Bron 3A)
         • Die beleggingstransaksies wat Suid-Afrika onderteken het met BRICS pak
           Suid-Afrika se swak ekonomie, waarvan verwag is om meer
           werksgeleenthede te skep, aan (Bron 3C)
         • China het 'n verbintenis aangegaan om $14,7 miljard (R196 miljard) uit te
           betaal om investering in Suid-Afrika te befonds (Bron 3C)
         • Strukturele hindernisse, swak ekonomiese en politieke beleid en die tekort
           aan verbeelding in leierskap het Suid-Afrika se groei belemmer (Bron 3D)
         • Daar is ook 'n aantal uitdagings uitgelig soos hoë tariefgrense, tekort aan
           deursigtigheid en versteekte interne belasting wat aangespreek behoort te
           word (Bron 3D)
         • Dit toon dat Suid-Afrika nie afhanklik is van sy vorige handelsvennote die
           VSA en Verenigde Koninkryk om ekonomiese bystand te verkry om sy
           ekonomie te bou (eie kennis)
         • Suid-Afrika se lidmaatskap van BRICS vertoon sy onafhanklikheid om
           ekonomiese bande met enige ander ekonomiese blok aan te gaan (eie
           kennis)
         • Enige ander relevante antwoord

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                                 18                        DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:

                •    Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
                     min begrip van die impak wat die 2018 BRICS-spitsberaad op          PUNTE
  VLAK 1
                     Suid-Afrika gehad het nie.                                           0–2
                •    Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
                •    Bewyse is meestal relevant en hou verband met die onderwerp,
                     bv. toon begrip van die impak wat die 2018 BRICS-spits-             PUNTE
  VLAK 2
                     beraad op Suid-Afrika gehad het.                                     3–5
                •    Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
                •    Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike begrip
                     van die impak wat die 2018 BRICS-spitsberaad op Suid-
                                                                                         PUNTE
  VLAK 3             Afrika gehad het.
                                                                                          6–8
                •    Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en
                     toon begrip van die onderwerp.
                                                                                                (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                             19                         DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 4

[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]

SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik tot watter mate boikotte, disinvestering en sanksies deur
die internasionale anti-apartheidsbewegings verantwoordelik was vir die val van PW
Botha se regime in die 1980's.

HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle opstelle insluit:
• Inleiding: Kandidate moet verduidelik tot watter mate boikotte, disinvestering en
  sanksies deur die internasionale anti-apartheidsbewegings verantwoordelik was vir
  die val van PW Botha se regime in die 1980's.

UITBREIDING
• Redes vir die intense druk deur die Anti-Apartheidsbeweging (AAM) in die 1970's
   en 1980's in antwoord op PW Botha se hervormings in Suid-Afrika (Agtergrond
   kortliks)
• In die1980's het die International Defence and Aid Fund (IDAF) fondse beskikbaar
   gestel vir noodtoestand inhegtenisnemings/smokkel R200 miljoen na Suid-Afrika/
   skep 'n netwerk van donateurs wat die vrylating van politieke gevangenes befonds
   het/Vanaf Januarie 1985 het IDAF 16 551 regsake (bv. detensies, gewone
   wetsvervolgings van straat-aktiviste) befonds
• Sportboikotte: In 1981 het Nieu-Seeland teen die 'rassistiese' Springboktoer
   geprotesteer/die Suid-Afrikaanse Sportraad (SACOS) het politieke skakels met die
   UDF en COSATU tot stand gebring/slagspreuk 'Geen normale sport in 'n
   abnormale gemeenskap' nie/Teen die laat 1980's is SA verban uit 90% van
   wêreldsport
• Kulturele Boikotte: Internasionale kunstenaars – slegs nie-segregasie gehore/
   Kunstenaars teen Apartheid is in Brittanje gestig deur Dali Tambo en Jerry
   Dammers/Die British Actors' Union Equity het die gebruik van televisieprogramme
   wat sy lede ingesluit het, verbied/In 1985 het die VSA se 'Artists United against
   Apartheid' geweier om in Suid-Afrika op te tree en het geld vir
   bevrydingsbewegings ingesamel/Die 1986 Freedom Festival in Londen is deur 'n
   gehoor van 250 000 bygewoon/musikante het hulle solidariteit met die mense in
   SA getoon/sprekers van die ANC, SWAPO en die British Anti-Apartheid Beweging
   het die skare toegespreek
• Akademiese Boikotte: Geleerdes het geweier om na Suid-Afrika te reis/Uitgewers
   het geweier om Suid-Afrikaanse manuskripte te publiseer en om toegang te gee tot
   informasie/Internasionale konferensies het Suid-Afrikaanse geleerdes verbied/
   Buitelandse instellings het Suid-Afrika akademiese toegang geweier en het
   geweier om Suid-Afrikaanse grade te erken/Buitelandse skole het geweier om as
   eksterne eksaminators op te tree vir tesisse wat by SA universiteite voorgelê
   is/Trinity College het sy fakulteite verbied om met Suid-Afrikaanse universiteite
   saam te werk

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedens/V2                             20                         DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

• Verbruikersboikotte: Suid Afrika het 'n ekonomiese resessie gedurende die 1980's
  beleef/anti-apartheidsgroepe het die publiek aangemoedig om SA produkte te
  boikot/ Ierse werkers het geweier om vrugte uit Suid-Afrika te hanteer/Invoer van
  natuurlike produkte uit Suid-Afrika – steenkool, yster, staal – is verbied
• Disinvestering: Dit was as gevolg van die Soweto-opstand en die dood van Steve
  Biko/ Swede was die eerste industriële land wat in SA desinvesteer het/In die
  1980's het buitelandse beleggings met 30% gedaal/ Teen 1980 het Brittanje alreeds
  van die Simonstad marinewerf (hawe) disinvesteer/General Motors en Barclays
  Bank het uit Suid-Afrika onttrek/In die 1980's het die Suid-Afrikaanse ekonomie
  gesukkel omdat beleggers die land verlaat het/Die rand is gedevalueer/
  Die uitwerking van die AAM protesaksie het 'n negatiewe effek op die Suid-
  Afrikaanse regering/Tussen 1985 en 1990 het meer as 200 Amerikaanse
  maatskappye uit Suid-Afrika onttrek/Die Universiteit van Kalifornië het beleggings
  van meer as drie miljard dollars uit Suid-Afrika onttrek
• Sanksies: In 1980's het die Sullivan Principle (werkers van alle VSA maatskappye
  moet gelyk behandel word) die basis gevorm vir desinvestering-veldtogte/Leerders-
  opstande in die 1980's het die onttrekking van VSA handelsmaatskappye
  aangevuur/In 1982 het die Verenigde Nasies (VN) apartheid veroordeel en gevra vir
  sanksies teen SA
  - In 1985 het Amerikaanse Bank – Chase Manhattan Bank bande met Suid-Afrika
      verbreek/Die Johannesburgse Aandelemark (JSE) het vir vier dae gesluit/
      Die waarde van die rand het gedaal met 35% van 54 tot 34 sent teenoor die
      dollar/In 1985 het die Europese Ekonomiese Gemeenskap nuwe beleggings in
      SA verban
  - In 1986 het die VS Kongres 'n wet aanvaar wat alle nuwe beleggings en lenings
      in Suid-Afrika verbied het/Groot maatskappye soos General Electric, Pepsi
      Cola, General Motors, Mobil en IBM het hul aktiwiteite in Suid-Afrika gestop/
      Die VSA het gedreig om wapen-verkope aan Suid-Afrika te staak/In 1986 het
      die Anti-Apartheidswet van die VSA veroorsaak dat Europa en Japan sanksies
      teen Suid-Afrika instel/Internasionale banke het vertroue in Suid-Afrika se
      ekonomie verloor
  - In 1987 het Israel gestem om nie langer hulle bestaande verdedigingskontrakte
      met SA te verleng nie/In 1988 het een vyfde van Britse en 184 van Amerikaanse
      maatskappye uit SA onttrek as gevolg van druk van aandeelhouers/Barclays
      Bank het sy aandele verkoop as gevolg van druk van die Britse publiek/Die SA
      ekonomie het aanhou stagneer en het slegs 'n groei van 1.1% getoon
• Die rol van Internasionale Vakbonde: Die AAM het 'n handelsverbod op SA
  geplaas/Die Ierse Kongres van Vakbonde het die apartheidsregime in SA
  teëgestaan
• Politieke en finansiële krisis in SA het aangehou/Westerse nasies het groot druk op
  SA geplaas om apartheid te beëindig/Die apartheidsregime het geen keuse gehad
  as om in alle erns onderhandelings met anti-apartheidsorganisasies te begin nie
• Die veldtog om Mandela vry te laat: Wembley Stadium/Verenigde Nasies/VN
  Veiligheidsraad en VN Algemene Vergadering het 'n oproep gedoen om die
  vrylating van Nelson Mandela
• Die rol van die frontliniestate: Verskaf basisse vir opleiding van vryheidsvegters;
  veroordeel Suid-Afrika se apartheidsbeleid by die VN
• Enige ander relevante antwoord
Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat.                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-memo-afr/e09773f8-40ed-4035-95b4-97ea4e82c442) — History · Memo · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-memo-afr/eeab05e9-53a5-458d-aa52-c8c1d1d19b50) — History · Memo · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2012-memo-afr/57d227c3-6da3-41b0-b3c2-be9f492cb525) — History · Memo · 2012 · Afr
- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p1-english-2024-question-paper-x05/7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5) — QP · 2024 · Eng
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
