# History Grade 12 P2 NSC November 2020 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2020 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V2

                                  NOVEMBER 2020

                                     ADDENDUM

                                   EXEMPLAR – 2014

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  2                                DBE/November 2020
                                        SS/NSS – Addendum

VRAAG 1:         WAAROM HET SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN 1976
                 GEPROTESTEER?

BRON 1A

Die bron hieronder beskryf in breë trekke hoe die Swartbewussynsfilosofie in die
1970's swart Suid-Afrikaanse studente beïnvloed het.

Met betrekking tot die stryd teen apartheid word daar dikwels na die 1960's as die
'Silent Sixties' verwys, want leiers van die verbanne African National Congress (ANC)
en die Pan Africanist Congress (PAC) was in die gevangenis op Robbeneiland.
'n Nuwe generasie jong aktiviste, soos Bantu Stephen Biko, het die rol wat swart Suid-
Afrikaners in die anti-apartheidstryd kon speel, begin heroorweeg ... Hy was in 1968 'n
medestigter van die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO).

SASO is deur die Swartbewussynsfilosofie (SB) beïnvloed, wat swart Suid-Afrikaners
aangespoor het om hulself van die kettings van onderdrukking te bevry, na vryheid te
werk en vir hul eie stryd verantwoordelikheid te aanvaar, trots op hul erfenis te wees en
om selfvertroue te ontwikkel.

Die Swartbewussynsfilosofie het studente by skole in Soweto beïnvloed om 'n
onderwysstelsel te eis wat verteenwoordigend van Afrika en Afrikane was.
Studenteleiers, soos Tsietsi Mashinini en Seth Mazibuko, het in 1976 hulle kommer
uitgespreek dat die huidige onderwysstelsel Eurosentries (op Europese waardes,
gebruike en tradisies gegrond) was en Afrikane se prestasies ondermyn (verswak) het.
Hulle het gesmag (verlang) na die oplewing van Afrika-geskiedenis wat op temas soos
Afrika-'beskawings', swart mense se 'heroïese prestasies' en 'kulturele prestasies
(suksesse)' gefokus het.

Die instelling van Afrikaans as 'n onderrigmedium van die helfte van die
gespesialiseerde vakke by swart Suid-Afrikaanse skole is as 'n struikelblok vir die
verandering van die kurrikulum beskou. In reaksie hierop het die Suid-Afrikaanse
Studentebeweging (SASM) hoërskoolleerders aangemoedig om op te tree.
    [Uit http://www.saha.org.za/youth/black-consciousness.htm. Toegang op 10 Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 3                             DBE/November 2020
                                       SS/NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder verduidelik hoe studente van Phefeni Junior Sekondêre Skool op
Afrikaans as onderrigmedium gereageer het. Hierdie bron is uit 'n artikel geneem wat
op 19 Mei 1976 in The World, 'n Suid-Afrikaanse koerant, verskyn het. Dit is vir
duidelikheid oorgetik.

                                  THE WORLD
                                                                                  19 Mei 1976

        KINDERS GAAN VOORT MET STAKING

                            Groot optog beplan
Die staking deur studente van Phefeni Junior Sekondêre Skool in Orlando-Wes,
Soweto, teen die gedwonge gebruik van Afrikaans in hulle skool, het op die derde dag
teen 'n agtergrond van stygende geweld begin …

Die staking het gister tot geweld oorgegaan toe hulle op 'n bandopnemer van die
adjunk-prinsipaal, mnr. Nhlapo, beslag gelê het. Hy is daarvan beskuldig dat hy 'n
polisie-informant is en is met aanranding gedreig. Toe die nuwe skoolraadsvoorsitter,
mnr. Ngwenya, nie na verwagting opgedaag het om die studente toe te spreek nie, het
hulle die prinsipaal se kantoor en klaskamers met klippe bestook. Ander leerders en
onderwysers moes vir skuiling hardloop toe die klipgooiery uitgebreek het. Mnr. Nhlapo
moes deur die prinsipaal, mnr. Mpulo, begelei word toe die leerders gedreig het om
hom aan te rand.

Die staking het Maandag begin toe studente geweier het om klas toe te gaan uit protes
teen die onderrig van hulle vakke in Afrikaans. Hulle het die skoolhoof gedreig en
Afrikaanse handboeke uitgegooi. Mnr. Mpulo het gister die leerders huis toe gestuur
nadat hulle weer eens sy bevel geweier het en hom daarvan beskuldig het dat hy 'n
polisie-informant is. Die klipgooiery het opgehou toe die prinsipaal vir die leerders gesê
het dat die skoolraadsvoorsitter weier om met hulle te praat en gesê het dat hy
[mnr. Mpulo] met hulle moes praat.

'Ek het samesprekings met die voorsitter in my kantoor gehad en hy het vir my gesê
dat as julle nie na my wil luister nie, hy nie met julle sal praat nie. Ons is aan julle kant.
Ons probeer ons bes, maar ons is besig om te misluk,' het mnr. Mpulo gesê.

                                                                    [Uit The World, 19 Mei 1976]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                               DBE/November 2020
                                      SS/NSS – Addendum

BRON 1C

Die foto hieronder toon leerders van verskeie skole in Soweto wat die oggend van
16 Junie 1976 na die Orlando Stadion gemarsjeer het. Die foto is deur Sam Nzima
geneem.

                       [Uit https://onlyeverydaysa.wordpress.com/2018/07/06/sam-nzima-a-name-to-be-
                                               remembered/amp. Toegang op 12 Augustus 2019 verkry.]

                     AFRIKAANS MOET
                     AFGESKAF WORD!

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   5                                  DBE/November 2020
                                         SS/NSS – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder fokus op hoe die apartheidsregime op die Soweto-opstande in
Junie 1976 gereageer het. Dit is deur Lauren Hutton, 'n navorser, geskryf om die
35ste herdenking van die Soweto-opstande te gedenk.

In verslae oor die gebeure van daardie dag (16 Junie 1976) is daar geskat dat 15 000
tot 20 000 leerders aan die optog deelgeneem het. Daar is nie duidelikheid oor of die
polisie sonder aanleiding (uitdaging) geskiet het en of klippe na die polisie gegooi is
wat daartoe gelei het dat die polisie op leerders geskiet het nie. Die polisie het op
leerders geskiet wat tot die dood van 'n aantal leerders gelei het (amptelike dodetal
was 23 maar nie-amptelike bronne beweer dat tot 200 leerders gedood is). Die
leerders het daarop gereageer deur die optog in 'n gewelddadige opstand te verander
deur motors te rol en voertuie, geboue en ander simbole van die apartheidsregime aan
die brand te steek.

Die betogings het landswyd versprei en tot die grootste uitbarsting van geweld teen die
onderdrukkende (wrede) staat gelei. Die regering se reaksie was om meer geweld te
gebruik in 'n poging om die onluste te onderdruk (demp) en om wet en orde te herstel.

Die Soweto-opstande het die apartheidspolisiemag onkant betrap. Die polisie was nie
gereed vir 'n optog van daardie omvang nie en die apartheidsregime het nie die
verspreiding van onrus en massa-opstande voorsien (verwag) nie ...

Die apartheidsintelligensiepersoneel en -veiligheidstrukture het misluk in die
assessering van die impak van hulle beleid op swart Suid-Afrikaners, hulle het die vlak
van ontevredenheid (ongelukkigheid) onderskat. Van al die diskriminerende
(onregverdige) wette wat ingestel is, was dit 'n beleid wat daarop gemik was om die
bedrag te verminder wat tydens 'n nasionale resessie (depressie) aan onderwys
gespandeer sou word, wat die woede van swart Suid-Afrikaners aangevuur het en tot
internasionale verdoemenis (afkeur) en skande gelei het.

Weens 'n duur oordeelsfout aan die kant van die apartheidsregime en die hernuwing
van die vryheidstryd, word 16 Junie 1976 as 'n keerpunt in Suid-Afrikaanse
geskiedenis beskou.
                 [Uit https://www.polity.org.za/article/16-june-1976-the-day-apartheid-died-2010-06-17.
                                                                  Toegang op 12 Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  6                               DBE/November 2020
                                        SS/NSS – Addendum

VRAAG 2:         HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVISTE SOOS DIE CRADOCK VIER
                 HANTEER?

BRON 2A

Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) in 1995.

Die val van apartheid en die talle voorbeelde van menseregteskendings wat in opdrag
van die regering teen sy opponente gepleeg is, het op daardie stadium 'n aantal
kritiese vrae by Suid-Afrikaners laat ontstaan. Onder die baie kwessies waaraan
aandag gegee moes word, was die behoefte om 'n instelling vir die herstel
van geregtigheid tot stand te bring wat baie slagoffers ontneem is wat gedurende die
apartheidsregering doodgemaak is. Baie soos die talle waarheidskommissies wat na
die instelling van demokrasie in Oos-Europa en Latyns-Amerika gestig is, het die
Waarheids-en-Versoeningskommissie in Suid-Afrika uit die Kempton Park-
onderhandelinge tussen die Nasionale Party en die African National Congress as deel
van die ooreengekome skikking na demokrasie in Suid-Afrika ontstaan. Dit is gestig
met die doel om 'n herstellende, eerder as vergeldende geregtigheid tot stand te bring.

Die doel van die WVK was nie om te vervolg en die skuldiges aan die regering se
onderdrukking van sy opponente te straf nie, maar eerder om genesing vir die baie
slagoffers en hulle families in die vorm van die volle onthulling van die waarheid te
bring. Die amnestieverhore wat tussen 23 Februarie en 6 Maart 1998 deur die WVK
gehou is, verteenwoordig hierdie doelwitte deur algehele amnestie aan diegene te bied
wat na vore gekom en hulle misdade bely (erken) het.

In die geval van Johan van Zyl, Eric Taylor, Gerhardus Lotz, Nicholas van Rensburg,
Harold Snyman en Hermanus du Plessis, bied die amnestieverhore meer as net
getuienis van hul misdade. Die amnestieverhore vir die moord op 'n groep
anti-apartheidsaktiviste, bekend as die Cradock Vier (Mathew Goniwe, Sparrow
Mkonto, Fort Calata en Sicelo Mhlauli), toon die omvang van geweld wat die
apartheidsregering op sy eie burgers gebruik het om enige opposisie stil te maak en
om sy gesag te handhaaf.
           [Uit https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/SMU%20-%20Saifali%20Pardawala%20-
            %20Cradock%20Four%20Research%20Paper.pdf. Toegang op 10 Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  7                                  DBE/November 2020
                                        SS/NSS – Addendum

BRON 2B
Die plakkaat hieronder is deur die WVK vervaardig. Dit het beide oortreders en
slagoffers genooi om voor die WVK te verskyn en te getuig oor die
menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is.

                                                                                    LAAT ONS
                                                                                    REGUIT MET
                                                                                    MEKAAR PRAAT.
                                                                                    DEUR DIE
                                                                                    WAARHEID TE
                                                                                    PRAAT.
                                                                                    DEUR ONS
                                                                                    STORIES VAN
                                                                                    DIE VERLEDE TE
                                                                                    VERTEL, SODAT
                                                                                    ONS DIE PAD NA
                                                                                    VERSOENING
                                                                                    SAAM KAN
                                                                                    STAP.

        [Uit http://www.saha.org.za/news/2014/September/gallery_trc_posters.htm.
                                           Toegang op 20 Augustus 2019 verkry.]

VERTALING VAN DIE PLAKKAAT:

  SOMMIGE VAN DIE MISDADE VAN ONS VERLEDE:
  MOORD ONTVOERING MARTELING.
  EEN VAN ONS HUIDIGE MISDADE:
  STILSWYE
  WAARHEID. DIE PAD NA VERSOENING.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   8                                 DBE/November 2020
                                         SS/NSS – Addendum

BRON 2C

Die bron hieronder is 'n gedeelte van 'n transkripsie (afskrif) wat fokus op die getuienis
wat mnr. Lotz op 4 Maart 1998 by die WVK-verhore in Port Elizabeth gelewer het.
Mnr. Lotz was een van die ses veiligheidspolisiemanne wat met betrekking tot die
moord op die Cradock Vier om amnestie aansoek gedoen het. Mnr. Booyens was die
kommissaris by die WVK-verhore.

Mnr. Booyens: Het julle geweet waarvoor julle op die uitkyk was?

Mnr. Lotz: Ons het vir 'n Honda Ballade (motorvoertuig) gewag.

Mnr. Booyens: Ja, die voertuig het verby julle gery, wat het toe gebeur?

Mnr. Lotz: En ons het die voertuig agtervolg totdat ons gesien het dat daar geen
verkeer aan enige kant was nie. Ons het 'n blou lig op ons voertuig gesit en ons het
daardie voertuig van die pad afgetrek en vir hulle gesê dat ons hulle in hegtenis gaan
neem.

Mnr. Booyens: Dit was jy en Taylor wat die blou lig opgesit het?

Mnr. Lotz: Dit is korrek.

Mnr. Booyens: En toe? Julle het vir die mense gesê dat julle hulle in hegtenis gaan
neem?

Mnr. Lotz: Dit is korrek.

Mnr. Booyens: Het jy enige van hierdie mense herken?

Mnr. Lotz: Ek het onmiddellik mnr. Goniwe en die ander twee mense wat van Cradock
af gekom het, herken. Ons het 'n beskrywing van mnr. Mhlauli gehad. Ek het hom
herken. Ek het 'n foto van hom, wat in Kaptein van Zyl se lêer was, gesien.

Mnr. Booyens: Wat het jy toe gedoen?

Mnr. Lotz: Twee persone is in Van Zyl se voertuig gesit, hulle is geboei. Nog een is in
Taylor se voertuig gesit en die ander een het ons gevra om in die Honda Ballade agter
te bly … Kaptein van Zyl het petrol uit sy voertuig getap en ek het die voertuig aan die
brand gesteek.

    [Uit http://www.justice.gov.za/trc/amntrans/pe/cradock9.htm. Toegang op 17 Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   9                                  DBE/November 2020
                                         SS/NSS – Addendum

BRON 2D

Die koerantberig hieronder fokus op die amnestie-aansoek van die polisiemanne wat
van die moord op die Cradock Vier beskuldig is. Dit het op 14 Desember 1999 in die
Independent Online News verskyn en die titel is 'No Amnesty For Killers Of Cradock
Four' (Geen Amnestie vir die Moordenaars van die Cradock Vier Nie).

Ses voormalige Port Elizabeth-veiligheidspolisiemanne is deur die Waarheids-en-
Versoeningskommissie amnestie vir die moord op die Cradock Vier geweier.

Die ses veiligheidspolisiemanne is die wyle voormalige hoof van die veiligheidstak,
Harold Snyman, Eric Alexander Taylor, Gerhardus Johannes Lotz, Nicolaas Janse van
Rensburg, Johan van Zyl en Hermanus Barend du Plessis. Kolonel Snyman het in
1985 opdrag gegee dat Mathew Goniwe, Sparrow Mkonto, Fort Calata en Sicelo
Mhlauli doodgemaak moes word. Die vier aktiviste is ontvoer tydens hulle terugkeer na
Cradock van 'n vergadering in Port Elizabeth af. Hulle liggame is in die uitgebrande
oorblyfsels van die voertuig waarin hulle gereis het, gevind.

WVK-woordvoerder, Nhlanhla Mbatha, het gisteraand gesê dat amnestie aan die
veiligheidspolisiemanne geweier is omdat hulle nooit die volle waarheid met betrekking
tot die dood van die Cradock Vier onthul het nie. 'Die kommissie kon dus nie 'n
verband sien tussen die daad en politieke motiewe nie,' het hy gesê. Amnestie is
hieroor geweier. Al drie regters en die twee paneellede het met die besluit
saamgestem.

Goniwe se oudste broer, die 73-jarige Alex, het gisteraand gesê dat hy tevrede was
dat die WVK die moed gehad het om die ses veiligheidspolisiemanne amnestie vir die
moord op die Cradock Vier te weier.

             [Uit https://www.iol.co.za/news/south-africa/no-amnesty-for-killers-of-cradock-four-23218.
                                                               Toegang op 15 Augustus 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   10                                 DBE/November 2020
                                         SS/NSS – Addendum

VRAAG 3:         WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP SUID-AFRIKA GEHAD?

BRON 3A

Die bron hieronder beskryf die proses van globalisering.

Globalisering is 'n proses van interaksie en integrasie tussen mense, maatskappye en
regerings van verskillende nasies, 'n proses wat deur internasionale handel en
investering (belegging) gedryf word en deur inligtingstegnologie gehelp word. Hierdie
proses het wêreldwyd 'n effek op die omgewing, op kultuur, op politieke stelsels, op
ekonomiese ontwikkeling en voorspoed (rykdom) en op menslike fisiese welstand in
gemeenskappe.

Beleid en tegnologiese ontwikkelings van die laaste paar dekades het egter bygedra
tot toenemende oorgrenshandel, beleggings en migrasie wat so groot is dat baie
waarnemers glo dat baie lande 'n onseker fase in hul ekonomiese ontwikkeling betree
het. Beweging van buitelandse beleggings het vanaf 1997 tot 1999 amper verdubbel,
van 468 miljard Amerikaanse dollar tot 827 miljard Amerikaanse dollar. Thomas
Friedman, 'n ekonoom, het aangevoer dat globalisering deesdae 'verder, vinniger,
goedkoper en dieper' is.

Die huidige golf van globalisering word aangedryf deur beleide wat ekonomieë plaaslik
en internasionaal oopgemaak het. Regerings het ook vir dramatiese verlagings in
handelsversperrings (-grense) onderhandel en internasionale ooreenkomste
aangegaan om handel met goedere, dienste en belegging te bevorder. Om voordeel
uit nuwe geleenthede in buitelandse markte te trek, het korporasies buitelandse
fabrieke gebou en produksie- en bemarkingsooreenkomste met buitelandse vennote
gesluit.

Tegnologie is die ander hoofdryfkrag van globalisering. Vooruitgang in veral
inligtingstegnologie het die ekonomiese lewe vir verbruikers, beleggers en besighede
dramaties verander.
        [Uit https://www.globalization101.org/what-is-globalization/. Toegang op 24 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  11                               DBE/November 2020
                                        SS/NSS – Addendum

BRON 3B

Die bron hieronder fokus op die voormalige Goewerneur van die Suid-Afrikaanse
Reserwebank, Gill Marcus, se siening van globalisering. Dit het op 2 Oktober 2013 in
Financial News24 verskyn.

'Globalisering het ontwikkelde lande gehelp om ryker, voorspoedig en modern te word,'
het die President van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Gill Marcus, Dinsdagaand
gesê. 'Lande is in staat om tegnologie en innovering te gebruik om hulle komparatiewe
voorsprong te verander, om die waardeketting te klim en om daardeur die inkomste en
lewenstandaarde van die armes te verhoog,' het sy in 'n toespraak in Pretoria gesê.

'Die globale finansiële stelsel het ook aangepas (verander) by 'n wêreld wat 'n paar
dekades gelede ondenkbaar was. Kapitaal kan vloei van spaarders (beleggers) na
leners wat geleenthede in alle uithoeke van die planeet soek.'

Marcus het gesê dat die netto effek van groter globale integrasie is dat ongeveer 'n
miljard mense die afgelope 20 jaar uit armoede gelig is.

'En so, terwyl globalisering en sy instrumente (gereedskap), soos aanbodkettings,
tegnologie en finansies, 'n belangrike positiewe bydrae tot ontwikkeling maak, maak
hierdie selfde instrumente ook die wêreld meer kompleks, riskant en gevaarlik.'

'Soos wat kapitaal meer mobiel geword het, is beleggers in staat om hoër opbrengste
te kry deur in markte in nuwe terreine te belê.'

'Aan die ander kant het die intrede van nog 'n miljard arbeiders tot die globale
arbeidsmag werksgeleenthede vir die massa geskep, maar terselfdertyd het dit tot 'n
verlaging in die lone van laaggeskoolde arbeiders gelei.' …

         [Uit https://www.fin24.com/Economy/Marcus-Globalisation-a-boon-for-all-countries-20131001.
                                                           Toegang op 20 September 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    12                                 DBE/November 2020
                                          SS/NSS – Addendum

BRON 3C

Die bron hieronder verduidelik die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordhan,
se siening oor globalisering.

Die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het gesê dat globalisering 'n
dryfveer van groter ongelykheid in lande soos Suid-Afrika is.

Hy het Maandag 15 Mei 2017 by die Universiteit van Johannesburg se Konvokasie-
leierskap-seminaar gepraat oor 'Ekonomie: Die Globale Revolusie, Verstedeliking en
Digitale Transformasie en Wat Dit vir die Suid-Afrikaanse Ekonomie Beteken'.
Gordhan het beklemtoon dat met 'n toename in die vlak van stratifikasie (vlakke van
opeenvolging), die kwessie van ongelykheid aan die spits van beleid moet wees.
Hy het bygevoeg dat nuwe vorme van maatskaplike veiligheidsnette en ekonomiese
insluiting geskep moet word om hierdie maatskaplike en ekonomiese verdelings te
versag (verminder).

Dit is die effekte van globalisering, soos die uiteenlopende (verskil in) inkomstes en
werksverliese as gevolg van tegnologiese vooruitgang, wat tot groter ongelykheid in
Suid-Afrika en ander soortgelyke lande bygedra het.

'Daar is 'n besef dat globalisering in werklikheid wenners en verloorders tot gevolg het
en dat meer aandag geskenk moet word aan wie die wenners is, watter persentasie
van die bevolking hulle uitmaak en wie die verloorders is,' het Gordhan gesê.

Gordhan het gesê dat globalisering tot 'ekonomiese transformasie wat 55 miljoen Suid-
Afrikaners tot voordeel sal strek, moet lei.' Hy het verder gesê dat 'globalisering dit nie
sal doen nie, dat dit in plaas daarvan tot die invloei van goedkoop buitelandse goedere
op die Suid-Afrikaanse mark gelei het. Dit het daartoe bygedra dat baie klere- en
tekstielfabrieke moes sluit, wat weer tot hoë werkloosheidsvlakke, armoede en 'n
maatskaplike krisis gelei het'.

   [Uit https://mg.co.za/article/2017-05-22-gordhan-economic-transformation-must-benefit-all-55-million-
                                                     south-africans. Toegang op 24 Maart 2019 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    13                                 DBE/November 2020
                                          SS/NSS – Addendum

BRON 3D

Die spotprent hieronder toon die invloed wat armoede op 'DIEGENE WAT HET'
('HAVES') en 'DIEGENE WAT NIE HET NIE' (HAVE-NOTS') gehad het. Dit is in 2008
deur B Fray geteken.

 [Uit https://aftruth.com/economic/the-widening-gap-between-the-rich-and-the-poor-the-shrinking-of-the
                                      rights-of-workers-in-south-africa/. Toegang op 5 Mei 2019 verkry.]

AFRIKAANSE VERTALING:

        DIE GAPING WAT GROTER WORD …

DIEGENE WAT HET                DIEGENE WAT NIE HET NIE

                 ARMOEDE

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              14                          DBE/November 2020
                                    SS/NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

http://www.justice.gov.za/trc/amntrans/pe/cradock9.htm

http://www.saha.org.za/news/2014/September/gallery_trc_posters.htm

http://www.saha.org.za/youth/black-consciousness.htm

https://aftruth.com/economic/the-widening-gap-between-the-rich-and-the-poor-the-
shrinking-of-the rights-of-workers-in-south-africa/

https://mg.co.za/article/2017-05-22-gordhan-economic-transformation-must-benefit-all-
55-million-south-africans

https://www.fin24.com/Economy/Marcus-Globalisation-a-boon-for-all-countries-
20131001

https://www.globalization101.org/what-is-globalization/

https://www.iol.co.za/news/south-africa/no-amnesty-for-killers-of-cradock-four-23218

https://www.polity.org.za/article/16-june-1976-the-day-apartheid-died-2010-06-17

https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/SMU%20-
%20Saifali%20Pardawala%20-%20Cradock%20Four%20Research%20Paper.pdf

https://onlyeverydaysa.wordpress.com/2018/07/06/sam-nzima-a-name-to-be-
remembered/amp

The World, 19 Mei 1976.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-memo-afr/e09773f8-40ed-4035-95b4-97ea4e82c442) — History · Memo · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng
- [History P2 Nov 2018 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-addendum-afr/fa6444a8-b449-46d6-992a-b81bfd0a7ad3) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2016 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2016-addendum-afr/809cfc97-bcdd-427e-b688-04a75940b593) — History · Addendum · 2016 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
