# History Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-afr/b25ec015-a963-42d0-9e59-148842ac27f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-afr/b25ec015-a963-42d0-9e59-148842ac27f3)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             SENIOR SERTIFIKAAT/
                        NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     HIST.2

                                GESKIEDENIS V2

                                NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

                     OGGENDSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                       DBE/November 2020
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
                         DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 3                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
AFDELING nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:         WAAROM HET SWART SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN 1976
                 GEPROTESTEER?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Haal TWEE politieke organisasies uit die bron aan wat in die
                      1960's verban is.                                     (2 x 1)              (2)

         1.1.2        Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde.     (1 x 2)         (2)

         1.1.3        Identifiseer TWEE bekommernisse in die bron               wat die
                      studenteleiers oor die onderwysstelsel gehad het.           (2 x 1)        (2)

         1.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die apartheidsregering Afrikaans as 'n verpligte
                      onderrigmedium by swart Suid-Afrikaanse skole ingestel het.
                                                                                  (2 x 2)        (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Waarom, dink jy, het die redakteur van The World-koerant besluit
                      om hierdie artikel te publiseer?                         (1 x 2)           (2)

         1.2.2        Hoe, volgens die bron, het die 'staking' by Phefeni Junior
                      Sekondêre Skool gewelddadig geraak?                 (2 x 1)                (2)

         1.2.3        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                      historikus wat die gebeure bestudeer wat in 1976 tot die Soweto-
                      opstande gelei het.                                       (2 x 2)          (4)

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Lewer kommentaar op die luim (stemming) van die studente in
                      die foto.                                            (1 x 2)               (2)

         1.3.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom studente van Soweto besluit het om 'n optog te
                      onderneem.                                                 (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 4                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.4      Gebruik Bron 1D.

         1.4.1        Verduidelik waarom jy dink daar verskille was tussen die amptelike
                      en nie-amptelike syfers oor die getal studente wat deur die polisie
                      in Soweto doodgemaak is.                                    (2 x 2)        (4)

         1.4.2        Hoe, volgens die bron, het studente op die apartheidspolisiemag
                      gereageer nadat hulle begin skiet het?                   (4 x 1)           (4)

         1.4.3        Waarom, volgens die bron, het die Soweto-opstande die
                      apartheidspolisie verras?                       (1 x 2)                    (2)

         1.4.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die Soweto-opstande as 'n keerpunt in Suid-Afrika se
                      geskiedenis beskou word.                                   (2 x 2)         (4)

1.5      Raadpleeg Bron 1C en 1D en verduidelik hoe die inligting in Bron 1C van
         die bewyse in Bron 1D oor die Soweto-opstande van 1976 verskil.
                                                                           (2 x 2)               (4)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         waarom swart Suid-Afrikaanse studente in 1976 geprotesteer het.                         (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                5                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 2:         HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 DIE MOORD OP POLITIEKE AKTIVISTE SOOS DIE CRADOCK VIER
                 HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig?                (1 x 2)       (2)

         2.1.2        Verduidelik waarom jy dink die WVK eerder op herstellende
                      geregtigheid as op vergeldende geregtigheid gefokus het. (2 x 2)          (4)

         2.1.3        Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK. (1 x 2)         (2)

         2.1.4        Noem enige DRIE veiligheidspolisiemanne in die bron wat om
                      amnestie vir die moord op die Cradock Vier aansoek gedoen het.
                                                                             (3 x 1)            (3)

2.2      Raadpleeg Bron 2B.

          2.2.1       Lewer kommentaar op waarom die WVK besluit het om hierdie
                      plakkaat te vervaardig.                           (2 x 2)                 (4)

          2.2.2       Noem enige TWEE misdade, in die bron, wat in 'ons verlede'
                      gepleeg is.                                        (2 x 1)                (2)

          2.2.3       Verduidelik wat geïmpliseer word met die woorde, 'LAAT ONS
                      REGUIT MET MEKAAR PRAAT … SODAT ONS DIE PAD NA
                      VERSOENING SAAM KAN STAP', in die konteks van die
                      WVK-verhore.                                          (2 x 2)             (4)

2.3       Lees Bron 2C.

         2.3.1        Noem die TWEE aktiviste in die bron wat mnr. Lotz geïdentifiseer
                      het toe hy die voertuig gestop het.                     (2 x 1)           (2)

         2.3.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom mnr. Lotz die motorvoertuig aan die brand gesteek het.
                                                                                 (2 x 2)        (4)

         2.3.3        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
                      historikus wat die moord op die Cradock Vier ondersoek. (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               6                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

2.4       Bestudeer Bron 2D.

          2.4.1       Wat, volgens die bron, was die uitkoms van die WVK-verhoor met
                      betrekking tot die Cradock Vier?                        (1 x 1)          (1)

          2.4.2       Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee waarom die WVK
                      amnestie aan die veiligheidspolisie geweier het.       (2 x 1)           (2)

          2.4.3       Verduidelik waarom jy dink Goniwe se broer oor die WVK se
                      besluit met betrekking tot die Cradock Vier bly was. (2 x 2)             (4)

2.5      Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse
         in Bron 2D ondersteun met betrekking tot hoe die veiligheidspolisiemanne
         anti-apartheidsaktiviste ondervra het.                                 (2 x 2)        (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die WVK die moord op politieke aktiviste soos die Cradock Vier
         hanteer het.                                                                          (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                            DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 3:         WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP SUID-AFRIKA GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Definieer die term globalisering in jou eie woorde.            (1 x 2)       (2)

         3.1.2        Gee TWEE voorbeelde in die bron van die effekte wat globalisering
                      op verskillende gemeenskappe wêreldwyd gehad het.         (2 x 1)            (2)

         3.1.3        Volgens die bron, waarom het baie waarnemers geglo dat baie
                      lande ' 'n onseker fase' in hul ekonomiese ontwikkeling betree het?
                      Noem DRIE faktore.                                           (3 x 1)         (3)

         3.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
                      kommentaar op Thomas Friedman se bewering 'dat globalisering
                      deesdae "verder" en "vinniger" is'.                   (2 x 2)                (4)

3.2      Lees Bron 3B.

         3.2.1        Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat globalisering
                      'ontwikkelde lande' gehelp het.                 (2 x 1)                      (2)

         3.2.2        Hoe, volgens die bron, kan lande 'tegnologie en innovering' gebruik
                      om die 'inkomste en lewenstandaarde van die armes' te verhoog?
                                                                                   (2 x 1)         (2)

         3.2.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink die lone van 'laaggeskoolde arbeiders' verlaag is.
                                                                                  (2 x 2)          (4)

3.3      Gebruik Bron 3C.

         3.3.1        Wat, volgens die bron, was Gordhan se siening van globalisering?
                                                                                (1 x 1)            (1)

         3.3.2        Identifiseer die TWEE strategieë in die bron wat Gordhan
                      voorgestel het, wat Suid-Afrika sal help om die maatskaplike en
                      ekonomiese skeidings wat deur globalisering veroorsaak is, te
                      hanteer.                                                (2 x 1)              (2)

         3.3.3        Verduidelik hoe globalisering tot toenemende            vlakke van
                      ongelykheid in Suid-Afrika bygedra het.                       (2 x 2)        (4)

         3.3.4        Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir 'n
                      historikus wat die impak wat globalisering op Suid-Afrika se
                      ekonomie gehad het, te ondersoek.                     (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

3.4      Raadpleeg Bron 3D.

         3.4.1        Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word.
                      Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
                      ondersteun.                                             (2 x 2)           (4)

         3.4.2        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      wie 'DIEGENE WAT HET' en 'DIEGENE WAT NIE HET NIE' is, in
                      die konteks van globalisering.                             (2 x 2)        (4)

3.5      Bestudeer Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in albei bronne
         mekaar ondersteun met betrekking tot die negatiewe effekte van globalisering
         op Suid-Afrika.                                                      (2 x 2)           (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die impak
          wat globalisering op Suid-Afrika gehad het, te verduidelik.                           (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                        DBE/November 2020
                                        SS/NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
         KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's

Dit was die gevolg van intense druk vanaf verskillende internasionale anti-
apartheidsorganisasies wat in die 1980's tot die uiteindelike val van die
apartheidsregime gelei het.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante historiese
bewyse.                                                                                 [50]

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE                   NA    SUID-AFRIKA     EN    DIE
         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die onderhandelingsproses tussen verskillende politieke partye het in 1994 'n
belangrike rol in die totstandkoming van 'n demokratiese Suid-Afrika gespeel.

Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun.                                                                             [50]

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
         DIE GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die val van die Sowjetunie in 1989 tot die politieke
veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het, bygedra het.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                           [50]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-memo-afr/e09773f8-40ed-4035-95b4-97ea4e82c442) — History · Memo · 2020 · Afr
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
