# History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-afr/75e502c5-b1ed-4e58-af8c-be2c8be59436
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-afr/75e502c5-b1ed-4e58-af8c-be2c8be59436)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     EXEMPLAR

                                     GRAAD 12

                                  GESKIEDENIS V2

                                  NOVEMBER 2021

                                     ADDENDUM
                                   EXEMPLAR – 2014

                       Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                               DBE/November 2021
                                       NSS – Addendum

VRAAG 1:             HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) GEREAGEER
                     OP DIE APARTHEIDSHERVORMINGS WAT IN 1983 DEUR
                     PW BOTHA INGESTEL IS?

BRON 1A

Die bron hieronder verduidelik die redes waarom PW Botha, President van die
Republiek van Suid-Afrika, in 1983 hervormings ingestel het.

… vroeg in 1983 het Botha probeer om die toenemende druk op die land te verminder
deur stuksgewys 'n paar hervormings aan die apartheidsbeleid aan te bring sonder om
wit minderheidsbeheer af te staan. Hy het, soos hy dit genoem het, 'verouderde' en
'onnodige' apartheidswette, soos die verbod op gemengde huwelike en seks oor die
kleurgrens, afgeskaf om 'n nuwe beeld van hervorming (verandering) aan die wêreld
voor te hou.

Dit het amper geslaag. Die Westerse moondhede, altyd gretig om die Suid-Afrikaanse
omstandighede optimisties (positief) te lees, is vir 'n rukkie om die bos gelei om te glo
dat Botha werklik besig was om apartheid af te skaf. Maar, by nadere ondersoek, toe
Botha die grondwetlike veranderinge bekend stel wat hy beoog het om te maak, het dit
duidelik geword dat wat hy in gedagte gehad het, nie hervorming was nie, maar eerder
'n herformulering (herstrukturering) van apartheid. Hy het sy plan uiteengesit om 'n
driekamerparlement te stig, waarin die gemengde ras 'Kleurling'- en Indiër-minderhede
afsonderlike kamers sou hê om wette oor hul 'eie sake' te maak, terwyl die bestaande,
veel groter, slegs-wit-Volksraad beide 'wit aangeleenthede' en die nasie se 'algemene
sake' sou hanteer.

Die groot swart meerderheid sou intussen niks kry nie behalwe die reg om in hulle
afgeleë stam-Bantoestans te stem, en die munisipale rade sou hulle aparte swart
townships in sogenoemde 'wit' Suid-Afrika bestuur. Maar selfs hierdie stadsrade was
nie onafhanklik (vry) nie. Die wetgewing het die wit minister in staat gestel om lede te
verwyder, ander aan te stel, of om die hele raad af te dank en 'n nuwe een aan te stel.
Dit het beteken dat swart stadsrade regeringsbeleid moes implementeer eerder as om
aan hulle kiesers se wense gehoor te gee.

                                    [Uit Tutu – The Authorised Portrait deur A Sparks en MA Tutu]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               3                          DBE/November 2021
                                      NSS – Addendum

BRON 1B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 20 Augustus 1983 deur
eerw. dr. Allan Boesak by die stigting van die United Democratic Front (UDF) in die
Rocklands-gemeenskapsaal in Mitchells Plain gelewer is. Dit fokus op die stigting en
doelstellings van die UDF.

Ons het by 'n historiese oomblik aangekom. Ons het, onder beskerming van die United
Democratic Front (UDF), die breedste en belangrikste koalisie van groepe en
organisasies byeengebring wat sedert die vroeë negentien vyftigs teen apartheid,
rassisme en onregverdigheid veg.

Ons het daarin geslaag om eenheid onder vredeliewende mense te skep wat hierdie
land in baie jare nie ervaar het nie. Ek is besonder bly om te sien dat hierdie
vergadering nie 'n blote samekoms van losse individue is nie. Nee, ons verteenwoordig
organisasies wat diep in die stryd om geregtigheid, diep in die hart van ons mense,
gewortel is.

Ons is hier om te sê dat die regering se grondwetlike voorstelle onvoldoende is en dat
dit nie die wil van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se mense uitdruk nie.

… Die belangrikste rede vir ons byeenkoms hier vandag, is die voorsetting van die
regering se apartheidsbeleide, soos in die grondwetlike voorstelle gesien word. … Al
die basiese wette, wat die ware pilare van apartheid is, inteendeel daardie wette
waarsonder die stelsel nie kan oorleef nie – groepsgebiede, rasseklassifikasie, aparte
en ongelyke onderwys, om maar net 'n paar te noem – bly onaangeraak en
onveranderd. Die tuislandbeleid vorm die basis van die moedswillige uitsluiting van
80% van ons nasie uit die nuwe politieke bedeling. Dit is duidelik dat die onderdrukking
sal voortgaan, die apartheidslyn is glad nie alles afgeskaf nie.

  [Uit RUNNING WITH HORSES – REFLECTIONS OF AN ACCIDENTAL POLITICIAN deur A Boesak]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                   4                               DBE/November 2021
                                          NSS – Addendum

BRON 1C

Die plakkaat hieronder, in 1983 deur die UDF gepubliseer en versprei, is gemik op
Botha se oproep om verkiesings vir 'n driekamerparlement. Dit het alle wit, Kleurling en
Indiër Suid-Afrikaners aangemoedig om nie aan die apartheidverkiesings deel te neem
nie.

          [Uit https://www.saha.org.za/udf/don't_vote_in_apartheid_elections_forward_to_freedom.htm.
                                                               Toegang op 25 Februarie 2021 verkry.]

       MOENIE IN DIE APARTHEID-
       VERKIESINGS STEM NIE!                                  VOORWAARTS NA VRYHEID!

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               5                            DBE/November 2021
                                      NSS – Addendum

BRON 1D

Die bron hieronder, geneem uit 'n koerantartikel met die titel 'Indian Turnout about 20%
in South African Elections' ('Indiër-deelname aan Suid-Afrikaanse Verkiesings
ongeveer 20%'), is op 29 Augustus 1984 deur Allister Sparks vir die Washinghton Post
geskryf. Dit verduidelik waarom daar in 1984 lae deelname deur beide Indiërs en
Kleurlinge aan die driekamerverkiesings was.

Dit blyk asof ongeveer 20 persent van die geregistreerde kiesers in Suid-Afrika se
Indiër-gemeenskap vandag in die verkiesing vir 'n nuwe parlement gestem het. Dit is
deur sporadiese geweld tussen boikotters en die polisie in sommige stede gekenmerk.

Die resultate vanaand beskikbaar, dui daarop dat lede van die Indiër-gemeenskap, wat
870 000 mense sterk is, in selfs groter getalle as die Kleurling-kiesers in verlede week
se stemmery vir verteenwoordigers in die rasgeklassifiseerde driekamerparlement van
die stembusse weggebly het.

Die groter Kleurling-gemeenskap se deelname aan die verkiesing was 30 persent. Die
regering het daardie syfer aanvaarbaar verklaar om voort te gaan met planne om hulle
nuwe grondwet te implementeer, maar ander waarnemers het dit as 'n afjak (weiering)
beskou.

Aangesien baie mense wat kon stem, nie geregistreer het nie, spesifiek onder die
Kleurlinge, het leiers van die boikotbeweging vanaand beweer dat die effektiewe stem
in die twee verkiesings ongeveer 18 persent uit 'n gesamentlike bevolking van
3,5 miljoen was. Die beweging het gesê dat dit 'n 'massiewe verwerping' van die wit
minderheidsregering se nuwe grondwet was, wat die Kleurling- en Indiër-
minderheidsgroepe vir die eerste keer parlementêre verteenwoordiging gebied het,
maar voortgaan om die swart Afrika-meerderheid uit te sluit.

Wit kiesers het verlede November met 'n referendum die grondwet met 'n
tweederdemeerderheid goedgekeur en die Amerikaanse Departement van Buitelandse
Sake het die regering van President PW Botha geprys vir ' 'n stap in die regte rigting'
geneem.

                                                     [Uit Washington Post, 29 Augustus 1984]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                      6                                  DBE/November 2021
                                             NSS – Addendum

VRAAG 2:         HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 DIE MOORD VAN DIE POLITIEKE AKTIVIS, GRIFFITHS MXENGE,
                 HANTEER?

BRON 2A

Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK) in 1995.

Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) was 'n liggaam, soos 'n hof, wat na
die einde van apartheid in Suid-Afrika saamgestel is. Enigiemand wat gevoel het dat
hulle 'n slagoffer van geweld was, kon na vore kom en by die WVK aangehoor word.
Oortreders van geweld kon ook getuienis lewer en amnestie van vervolging versoek.
Die verhore was in die internasionale nuus en baie sessies is op nasionale televisie
uitgesaai. Die WVK was 'n deurslaggewende komponent van die oorgang na 'n volle
en vrye demokrasie in Suid-Afrika en, ten spyte van 'n paar leemtes, word dit oor die
algemeen as baie suksesvol beskou.

Die mandaat van die kommissie was om getuie te wees, rekord te hou en, in sommige
gevalle, die oortreders van misdade wat met menseregteskendings, reparasie
(vergoeding) en rehabilitasie verband gehou het, amnestie te gee.

Die werk van die WVK is verrig deur drie komitees: die Menseregteskendings(MRS)-
komitee het menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is, ondersoek;
die Vergoeding-en-Rehabilitasie-(RR)-komitee is toevertrou met die herstel van
slagoffers se waardigheid en om voorstelle te formuleer om met rehabilitasie te help en
die Amnestiekomitee het aansoeke om amnestie oorweeg wat volgens die bepalings
van die Wet versoek is. Teoreties is die kommissie bemagtig om amnestie toe te staan
aan diegene wat van gruweldade tydens apartheid aangekla is, solank daar aan twee
voorwaardes voldoen is: die misdade was polities gemotiveerd en die volle waarheid is
deur die persoon wat om amnestie aansoek gedoen het, gepraat. Niemand is van 'n
aanklag gevrywaar nie.

       [Uit: Du Toit, F, et al. 2006. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On (David Philip)]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               7                               DBE/November 2021
                                      NSS – Addendum

BRON 2B
Die plakkaat hieronder is deur die WVK vervaardig. Dit nooi beide oortreders en
slagoffers om voor die WVK te verskyn en te getuig oor menseregteskendings wat
tussen 1960 en 1994 gepleeg is.

                        [Uit http://www.saha.org.za/news/2014/September/gallery trc posters.htm.
                                                               Toegang op 30 Mei 2021 verkry.]

   WAARHEID. DIE PAD NA VERSOENING

AS JOU MA GEMARTEL IS:                         LAAT ONS REGUIT MET MEKAAR PRAAT.
PA VERMOOR IS                                  DEUR DIE WAARHEID TE PRAAT.
EN KINDERS ONTVOER IS,                         DEUR ONS STORIES VAN DIE VERLEDE TE
SOU JY STILBLY                                 VERTEL, SODAT ONS SAAM DIE PAD NA
                                               VERSOENING KAN STAP.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                               8                                 DBE/November 2021
                                      NSS – Addendum

BRON 2C

Die uittreksel hieronder is deel van die getuienis wat Dirk Coetzee, moordbende-
bevelvoerder by Vlakplaas, by die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) se
openbare verhoor oor die moord van politieke aktivis Griffiths Mxenge gegee het. Die
verhoor is op 5 November 1996 in Durban gehou.

MNR. JANSEN: Het jy die spanlede enige bevele gegee sover dit die metodes waarop
die moord gepleeg moes word, aangaan?

MNR. DIRK COETZEE: Ja, ek het, mnr. die Voorsitter. Ek het gesê dat hulle spesifiek
nie gewere moes gebruik nie, en dit moes soos 'n rooftog lyk, en daar is op messe
besluit, dat mnr. Mxenge met messe vermoor sou word.

MNR. JANSEN: Het jy hulle enige verdere bevele gegee oor hoe hulle te werk moes
gaan om daardie doel te bereik?

MNR. DIRK COETZEE: Hulle het sy motor weggeneem, hulle het dit in die parkeer-
terrein tussen CR Swart-plein en die landdroshof geparkeer … en ek het vertrek. Ek
het toe na Adjudant-Offisier Paul van Dyk en Konstabel Braam du Preez gegaan, wat
ek beveel het om mnr. Mxenge se motor te neem en na die Golela-grenspos te vertrek
… Ek is toe na … Brigadier Van der Hoven … en het aan hom verslag gedoen … dat
mnr. Mxenge vermoor is. Ek het gesê dat volgens 'n verslag aan my die enigste mense
wat mnr. Mxenge gesteek het Joe Mamasela, Almond Nofomela en David Tshikalanga
was.

MNR. JANSEN: En van wie op hoofkantoor sou daardie opdrag waarskynlik gekom
het?

MNR. DIRK COETZEE: Hy het vir my gesê dat die opdragte van Brigadier Skoon …
kom.

MNR. JANSEN: En wat was die doel daarvan om die motor naby die Swaziland-grens
te verbrand?

MNR. DIRK COETZEE: Om die indruk te skep dat die moord deur ANC-kaders, as
gevolg van 'n stryery, gepleeg is ... en toe vlug hulle terug na Swaziland en verbrand
die motor voordat hulle die grens oorsteek.

                              [Uit www.justice.gov.za/trc/report/. Toegang op 30 Mei 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                              9                            DBE/November 2021
                                     NSS – Addendum

BRON 2D

Die bron hieronder is geneem uit 'n koerantartikel met die titel, 'Coetzee Gets Amnesty
for Mxenge Murder' ('Coetzee Kry Amnestie vir Mxenge-moord') wat op
4 Augustus 1997 in die Mail & Guardian verskyn het. Dit fokus op die uitkoms van die
amnestieaansoek deur Dirk Coetzee en sy twee medepligtiges.

                     COETZEE KRY AMNESTIE VIR MXENGE-MOORD

4 Aug. 1997

MAANDAG
Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) het Maandag amnestie aan die
gewese bevelvoerder van die Vlakplaas-polisiemoordbende, Dirk Coetzee, en twee
medepligtiges vir die November 1981-moord op die Durbanse menseregteprokureur,
Griffiths Mxenge, verleen. Coetzee en twee gewese Vlakplaas-speurders, David
Tshikilanga en Almond Nofomela, is op 15 Mei aan Mxenge se moord in die Durbanse
Hoogsgeregshof skuldig bevind. Daar is verwag dat hulle Vrydag gevonnis sou word.

Gegewe die besonderhede van hulle uitspraak, het die WVK se amnestiekomitee gesê
dat daar geen twyfel was dat Coetzee op die 'advies, opdrag of bevel van een of meer
senior lede van die veiligheidstak van die gewese SA Polisie' opgetree het nie.

'Volgens die bewyse voor ons is ons tevrede dat geeneen van die aansoekers die
oorledene, Mxenge, geken het of enige rede gehad het om sy dood te veroorsaak
voordat hulle beveel is om dit te doen nie,' het die komitee gesê. 'Ons is tevrede dat
hulle gedoen het wat hulle gedoen het omdat hulle dit as hulle plig as polisiemanne
beskou het wat in die stryd teen die ANC en ander bevrydingsorganisasies gewikkel
was.'

Intussen het Mxenge se familie Maandag aangekondig dat hulle die Hoogsgeregshof
gaan vra om die amnestie om te keer. Dr. Fumbatha Mxenge, 'n tandarts van Port
Elizabeth en broer van Griffiths, het gesê dat die familie deur die WVK se besluit
teleurgestel, maar nie verras is nie. 'Ons sal hierdie besluit teenstaan. Ons gaan dit
laat ondersoek. Julle het nie die laaste hiervan gehoor nie,' het Mxenge gesê.

                                                      [Uit Mail & Guardian, 4 Augustus 1997]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                10                                DBE/November 2021
                                        NSS – Addendum

VRAAG 3:         WATTER IMPAK HET DIE WÊRELDWYE COVID-19-PANDEMIE OP
                 SUID-AFRIKA GEHAD?

BRON 3A

Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel geskryf deur S Kitenge met die titel
'Globalisation and the Covid-19 pandemic: How is Africa's economy impacted?'
('Globalisering en die Covid-19-pandemie: Hoe word Afrika se ekonomie beïnvloed?').
Dit fokus op hoe globalisering tot die verspreiding van Covid-19 bygedra het.

Sedert die opkoms van globalisering is die wêreld in nouer kontak met mekaar en
mense kan maklik met mekaar omgaan sonder enige ernstige hindernisse. Dit is beide
voordelig en nadelig (negatief) vir die sosiale, politieke en ekonomiese sfere sover dit
die welstand van mense betref. Die vrye beweging van mense, goedere en dienste wat
deur globalisering teweeggebring is, het sosio-ekonomiese ontwikkeling gestimuleer,
maar dit het ook 'n kanaal vir die verspreiding van siektes geword. As gevolg van die
tegnologiese ontwikkelings wat met globalisering geassosieer word, het 'n uitbreking,
soos Covid-19, in 'n grootskaalse pandemie ontaard wat mense regdeur die wêreld,
ongeag hulle geografiese ligging, affekteer. Volgens K Lee word globalisering
gedefinieer as die 'veranderende aard van menslike omgang/interaksie oor 'n breë
spektrum wat ekonomiese, politieke, sosiale, tegnologiese en omgewingsfere insluit ...
Die proses van verandering kan as globalisering beskryf word in die sin dat die grense
van verskillende soorte besig is om te verswak'.

Dit is dus redelik om aan te voer dat globalisering, wat vrye beweging van mense van
verskillende stede, lande en kontinente moontlik gemaak het, die hoofbron van die
verspreiding van Covid-19 regoor die wêreld is. Dit is eenvoudig omdat tegnologiese
vordering, wat een van die grootste kragte van globalisering is, dit vir mense makliker
gemaak het om oor land, see en lug te reis, van een deel van die wêreld na 'n
volgende, sonder enige hindernisse. Indien reisigers 'n siekte, soos Covid-19, in stad
of land (A) opgedoen het, kan hulle dit maklik na 'n voorheen onbesmette stad of
land (B) versprei ...

                         [Uit https://www.policycenter.ma/sites/default/files/PB_20-37_Seleman.pdf.
                                                                   Toegang op 30 Mei 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  11                              DBE/November 2021
                                          NSS – Addendum

BRON 3B

Die bron hieronder is deel van 'n toespraak wat op 15 Maart 2020 deur President Cyril
Ramaphosa gelewer is. Die toespraak gaan oor die maatreëls wat ingestel moes word
om die verspreiding van Covid-19 in Suid-Afrika te beveg.

Mede-Suid-Afrikaners, ek praat vanaand met julle oor 'n saak van groot nasionale
belang. Die wêreld staan voor 'n mediese noodsituasie wat baie ernstiger is as wat ons
in meer as 'n eeu ondervind het. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die
koronavirusuitbreking tot 'n globale pandemie verklaar. Meer as 162 000 mense van
regoor die wêreld het nou al vir die koronavirus positief getoets. Gegewe die skaal en
die spoed waarteen die virus versprei, is dit nou duidelik dat geen land teen die siekte
immuun (veilig) is nie of dat hulle die ernstige impak daarvan sal vryspring nie.

Vanaf die begin van die uitbreking in China vroeër hierdie jaar, het die Suid-Afrikaanse
regering maatreëls ingestel om besoekers wat die land binnekom, te ondersoek
('screen') om die verspreiding van die virus te stuit en om diegene wat besmet is,
te behandel. Suid-Afrika het tans 61 bevestigde gevalle van mense wat met die virus
besmet is, en na verwagting sal hierdie getal in die komende dae en weke styg.

Na 'n uitgebreide analise van die verspreiding van die virus wêreldwyd en in Suid-
Afrika, het die Kabinet op die volgende maatreëls besluit:

Eerstens, om kontak tussen persone wat moontlik besmet is en Suid-Afrikaanse
burgers te beperk, stel ons vanaf 18 Maart 2020 'n reisverbod in op buitelanders vanaf
hoërisikolande, soos Italië, Iran, Suid-Korea, Spanje, Duitsland, Amerika, die
Verenigde Koningryk en China. Suid-Afrikaanse burgers word aangeraai om hulle van
alle vorme van reis ná of van die Europese Unie, Amerika, die Verenigde Koningryk en
ander geïdentifiseerde hoërisikolande, soos China, Iran en Suid-Korea, te weerhou.

Die waarheid is dat ons voor 'n ernstige noodsituasie staan.

Maar as ons saam optree, as ons nou optree, en as ons daadwerklik optree, sal ons dit
oorwin.

Ek bedank julle.

  [Uit https://www.gov.za/speeches/statement-president-cyril-ramaphosa-measures-combat-Covid-19 -
                                       epidemic-15-mar-2020-0000. Toegang op 6 Junie 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                    12                                DBE/November 2021
                                            NSS – Addendum

BRON 3C

Die bron hieronder is deel van 'n artikel wat Vuyokazi Futshane (projekbeampte van
Oxfam Suid-Afrika) vir die aanlyn tydskrif, The Conversation, geskryf het. Dit fokus op
die ekonomiese impak wat die grendeltydregulasies in Suid-Afrika het.

Armoede en ongelykheid is deur die Covid-19-pandemie vererger. Toe Suid-Afrika op
26 Maart 2020 'n streng grendeltydperk betree het, het baie informele werkers en
ongereelde werkers hulleself sonder enige manier om 'n inkomste te verdien, bevind.
Baie van hierdie werkers is swart vroue, wie se families vir oorlewing van hulle
afhanklik is. Die National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile Survey het
beraam dat ongeveer drie miljoen mense hulle werk verloor het as gevolg van die
pandemie en die amptelike werkloosheidsyfer staan nou op 'n skokkende hoë vlak van
30,1%. Suid-Afrikaners is nou banger vir werkloosheid as vir die koronavirus:
werkloosheid is meer as 'n staat van werkloosheid, dit beteken om bekommerd te
wees oor of jy daaglikse basiese noodsaaklikhede sal kan bekostig, hoe om kinders
skool toe te stuur, hoe om gesond en gevoed te bly en dit beteken om bekommerd te
wees oor hoe om toegang tot gesondheidsorg te kry indien enigiets sou gebeur …

Townships en informele nedersettings waarvan die demografiese profiel oorwegend
swart mense en mense van kleur is, wat werk verrig waar hulle swak besoldig word,
wat hulle risiko op blootstelling aan Covid-19 verhoog, het Covid-19-brandpunte
geword. Dit is weens die dinamiek, soos ruimtelike beplanning, wat die nalatenskap
van apartheid is, soos die Groepsgebiedewet van 1950 waar swart en nie-blanke
Suid-Afrikaners geforseer is om in gebiede buite groot stede en ekonomiese sentrums
te hervestig. Hierdie gebiede is steeds grootliks onderontwikkeld, oorbevolk, het swak
sanitasiegeriewe, 'n tekort aan lopende water in baie laeinkomste-gemeenskappe en 'n
swak gestruktureerde openbare gesondheidsorgstelsel. Die pandemie ontbloot hoe die
verskillende ongelykheidsfaktore voortdurend die verwoestende impak van
Covid-19 verskerp.

 [Uit https://theconversation.com/covid-19-has-hurt-some-more-than-others-south-africa-needs-policies-
                                              that-reflect-this-151923. Toegang op 26 Mei 2021 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                  13                                  DBE/November 2021
                                          NSS – Addendum

BRON 3D

Die spotprent hieronder, deur H Mangena, het op 21 April 2020 in 'n aanlyn publikasie
van die African News Agency verskyn. Die spotprent beklemtoon die uitdagings van
die armes as gevolg van die Covid-19-pandemie.

                       [Uit https://jcom.sissa.it/sites/default/files/documents/JCOM_1907_2020_A08.pdf.
                                                                                 Toegang op 30 Mei verkry.]

                                                                   DIE
     TUSSEN DIE
                                                                  ARMES
     DUIWEL EN DIE
     DIEP BLOU
     SEE
                                                                                        ARMOEDE
                                                                                           EN
                                                                                      HONGERSNOOD

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                            14                            DBE/November 2021
                                    NSS – Addendum

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Boesak, A. 2009. RUNNING WITH HORSES – REFLECTIONS OF AN ACCIDENTAL
POLITICIAN (Joho Uitgewers, Kaapstad)

Du Toit, F, et al. 2006. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On
(David Philip)

http://www.saha.org.za/news/2014/September/gallery trc posters.htm

https://jcom.sissa.it/sites/default/files/documents/JCOM_1907_2020_A08.pdf

https://theconversation.com/covid-19-has-hurt-some-more-than-others-south-africa-
needs-policies-that-reflect-this-151923

https://www.gov.za/speeches/statement-president-cyril-ramaphosa-measures-combat-
Covid-19-epidemic-15-mar-2020-0000

https://www.policycenter.ma/sites/default/files/PB_20-37_Seleman.pdf

https://www.saha.org.za/udf/don't_vote_in_apartheid_elections_forward_to_freedom.
htm

Mail & Guardian, 4 Augustus 1997

Sparks, A en Tutu, MA. 2011. Tutu – The Authorised Portrait (Macmillan,
Johannesburg)

Washington Post, 29 Augustus 1984

www.justice.gov.za/trc/report/

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 May June 2021 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-may-june-2021-addendum-afr/cde0c40d-d0cb-41ca-8f8c-286dbd12cd25) — History · Addendum · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2023 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2023-addendum-eng/115e775e-ffa7-4295-a812-c3f541a7b7bb) — History · Addendum · 2023 · Eng
- [History P2 Nov 2020 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2020-addendum-afr/134b494d-b154-4096-829d-f653e284a31e) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-addendum-eng/12189d7f-06ef-4026-899e-44679058dce8) — History · Addendum · 2019 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
