# History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-afr/d099ac96-a3e0-4137-bc2f-81b051b69eec)

## About this document

History · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    EXEMPLAR

                                   GRAAD 12

                                 GESKIEDENIS V2

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                2                       DBE/November 2021
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
         voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

         AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

         VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: DIE KRISIS VAN
                         APARTHEID IN DIE 1980's

         VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

         AFDELING B: OPSTELVRAE

         VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

         VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                         AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

         VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
                         WÊRELDORDE

2.       AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
         benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
         word.

3.       AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.       Beantwoord DRIE vrae soos volg:

         4.1         Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
                     EEN moet 'n opstelvraag wees.

         4.2         Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
                     wees.

5.       Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.

6.       In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
         gebruik.

7.       Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

9.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                3                          DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1:             HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) GEREAGEER
                     OP DIE APARTHEIDSHERVORMINGS WAT IN 1983 DEUR
                     PW BOTHA INGESTEL IS?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1      Verwys na Bron 1A.

         1.1.1        Noem TWEE apartheidswette in die bron wat PW Botha afgeskaf
                      het terwyl hervormings aan die apartheidsbeleid aangebring het.
                                                                                 (2 x 1)         (2)

         1.1.2        Verduidelik wat met die stelling, '… wat hy (PW Botha) in gedagte
                      gehad het, nie hervorming was nie, maar eerder 'n herformulering
                      (herstrukturering) van apartheid' geïmpliseer word.        (1 x 2)         (2)

         1.1.3        Definieer die konsep driekamerparlement in jou eie woorde. (1 x 2)         (2)

         1.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink die swart meerderheid uit die nuwe wetgewing
                      uitgesluit is.                                             (2 x 2)         (4)

         1.1.5        Identifiseer VIER wetgewende magte in die bron wat die wit
                      minister oor swart stedelike rade gehad het.       (4 x 1)                 (4)

1.2      Lees Bron 1B.

         1.2.1        Waarom, volgens die bron, het eerw. dr. Allan Boesak na die
                      stigting van die UDF as 'n historiese oomblik verwys? Gee EEN
                      rede.                                                   (1 x 2)            (2)

         1.2.2        Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die vergadering wat
                      deur die UDF saamgeroep is, nie slegs 'n byeenkoms van losse
                      individue was nie.                                       (1 x 2)           (2)

         1.2.3        Verduidelik die betekenis van eerw. dr. Allan Boesak se stelling:
                      'Die tuislandbeleid vorm die basis van die moedswillige uitsluiting
                      van 80% van ons nasie uit die nuwe politieke bedeling.'     (2 x 2)        (4)

         1.2.4        Waarom sou 'n historikus hierdie bron as betroubaar beskou met
                      betrekking tot die stigting van die UDF?                 (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                4                         DBE/November 2021
                                             NSS

1.3      Bestudeer Bron 1C.

         1.3.1        Verduidelik wat geïmpliseer word met die woorde op die plakkaat,
                      'MOENIE IN DIE APARTHEIDVERKIESINGS STEM NIE!', in die
                      konteks van die UDF se weerstand teen die instelling van die
                      driekamerparlement in 1983.                              (1 x 2)          (2)

         1.3.2        Lewer kommentaar op die slagspreek, 'VOORWAARTS NA
                      VRYHEID' wat deur die UDF ondersteuners vasgehou word in die
                      konteks van die weerstand teen PW Botha se apartheids-
                      hervormings.                                         (1 x 2)              (2)

1.4      Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C die
         inligting in Bron 1B ondersteun met betrekking tot die UDF se interne
         weerstand teen apartheidshervormings in 1983.                 (2 x 2)                  (4)

1.5      Gebruik Bron 1D.

         1.5.1        Identifiseer die kieserdeelname aan die verkiesings vir die
                      driekamerparlement (in persentasies) vir die volgende
                      gemeenskappe:

                      (a)   Indiërs                                               (1 x 1)       (1)

                      (b)   Kleurlinge                                            (1 x 1)       (1)

         1.5.2        Verduidelik die term boikot in die konteks van die UDF se reaksie
                      gedurende die verkiesings vir die driekamerparlement.      (1 x 2)        (2)

         1.5.3        Waarom, dink jy, het twee-derdes van die wit kiesers, in 'n
                      referendum wat in November 1983 gehou is, die grondwet
                      ondersteun?                                         (1 x 2)               (2)

         1.5.4        Lewer kommentaar op waarom die Amerikaanse Departement van
                      Buitelandse Sake geglo het dat Botha se hervormings ' 'n stap in
                      die regte rigting' was.                                  (1 x 2)          (2)

1.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
         paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die United Democratic Front gereageer het op die apartheidshervormings
         wat in 1983 deur PW Botha ingestel is.                                                 (8)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 5                           DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 2:         HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
                 DIE MOORD VAN DIE POLITIEKE AKTIVIS, GRIFFITHS MXENGE,
                 HANTEER?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1      Verwys na Bron 2A.

         2.1.1        Wie, volgens die bron, kon na vore kom om by die WVK aangehoor
                      te word?                                                (1 x 1)             (1)

         2.1.2        Definieer die konsep amnestie in jou eie woorde.              (1 x 2)       (2)

         2.1.3        Waarom, dink jy, het die verhore by die WVK internasionale nuus
                      geword?                                                  (1 x 2)            (2)

         2.1.4        Maak 'n lys van enige DRIE mandate van die WVK soos in die
                      bron genoem.                                       (3 x 1)                  (3)

         2.1.5        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom jy dink die Menseregteskendingskomitee menseregte-
                      skendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg is, ondersoek het.
                                                                                 (1 x 2)          (2)

         2.1.6        Noem TWEE voorwaardes, volgens die bron, waaraan oortreders
                      van menseregteskendings moes voldoen voordat amnestie aan
                      hulle toegestaan kon word.                           (2 x 1)                (2)

2.2      Gebruik Bron 2B.

         2.2.1        Waarom het die WVK besluit om hierdie plakkaat te ontwerp?
                                                                               (1 x 2)            (2)

         2.2.2        Lewer kommentaar op waarom jy dink die WVK die woorde, 'AS
                      JOU MA GEMARTEL IS: PA VERMOOR IS … SOU JY STILBLY',
                      in die konteks van die WVK-verhore op die plakkaat gebruik het .
                                                                                 (2 x 2)          (4)

         2.2.3        Verduidelik die konsep versoening in die konteks van die WVK.
                                                                                 (1 x 2)          (2)

2.3      Lees Bron 2C.

         2.3.1        Noem enige TWEE moordenaars in die bron wat van die moord op
                      Griffiths Mxenge beskuldig is.                        (2 x 1)               (2)

         2.3.2        Waarom, dink jy, het Dirk Coetzee die ANC-kaders (soldate) betrek
                      by (beskuldig van) die moord van Griffiths Mxenge?        (2 x 2)           (4)

         2.3.3        Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat
                      die moord van die anti-apartheidsaktivis, Griffiths Mxenge,
                      ondersoek.                                                    (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                6                           DBE/November 2021
                                             NSS

2.4      Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C die inligting
         in Bron 2B ondersteun met betrekking tot die WVK se beroep op slagoffers en
         oortreders om by openbare verhore te verskyn.                        (2 x 2)            (4)

2.5      Raadpleeg Bron 2D.

         2.5.1        Identifiseer enige TWEE oortreders in die bron wat amnestie vir die
                      moord op Griffiths Mxenge by die WVK ontvang het.          (2 x 1)         (2)

         2.5.2        Haal TWEE redes uit die bron aan waarom die WVK amnestie aan
                      die moordenaars van Griffiths Mxenge verleen het.    (2 x 1)               (2)

         2.5.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom die Mxenge-familie teleurgesteld was met die WVK se
                      besluit om amnestie vir die moord op Griffiths Mxenge toe te staan.
                                                                                   (2 x 2)       (4)

2.6      Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
         'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
         hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) die moord van politieke
         aktivis, Griffiths Mxenge, hanteer het.                                                 (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                 7                          DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 3:         WATTER IMPAK HET DIE WÊRELDWYE COVID-19-PANDEMIE OP
                 SUID-AFRIKA GEHAD?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1      Verwys na Bron 3A.

         3.1.1        Haal die uitwerking van die opkoms van globalisering op die
                      volgende uit die bron aan:

                      (a)   Die wêreld                                               (1 x 1)       (1)

                      (b)   Mense                                                    (1 x 1)       (1)

         3.1.2        Volgens die bron, hoe is die vrye beweging van mense, goedere
                      en dienste wat deur globalisering teweeggebring is:

                      (a)   Voordelig vir die wêreld                                 (1 x 1)       (1)

                      (b)   Nadelig vir die wêreld                                   (1 x 1)       (1)

         3.1.3        Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde.          (1 x 2)       (2)

         3.1.4        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe tegnologiese vordering bygedra het daartoe dat Covid-19 'n
                      wêreldwye pandemie word.                                   (2 x 2)           (4)

3.2      Bestudeer Bron 3B.

         3.2.1        Noem die internasionale organisasie wat die Covid-19-uitbreking
                      tot 'n wêreldwye pandemie verklaar het.                 (1 x 1)              (1)

         3.2.2        Verduidelik die term pandemie in die konteks van Covid-19. (1 x 2)           (2)

         3.2.3        Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      waarom dit vir die Suid-Afrikaanse regering nodig was om
                      maatreëls in te stel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.
                                                                                   (2 x 2)         (4)

         3.2.4        Noem TWEE hoërisikolande in die bron waarop die Suid-
                      Afrikaanse regering 'n reisverbod ingestel het. (2 x 1)                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                                8                          DBE/November 2021
                                             NSS

3.3      Raadpleeg Bron 3C.

          3.3.1       Identifiseer EEN negatiewe ekonomiese aanwyser in die bron
                      genoem, wat deur die Covid-19 pandemie vererger is.  (1 x 1)               (1)

          3.3.2       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                      hoe die Covid-19-pandemie baie swart vroue sonder enige manier
                      om 'n inkomste te verdien, gelaat het.                     (2 x 2)         (4)

          3.3.3       Waarom, volgens die bron, is meer Suid-Afrikaners nou bang vir
                      werkloosheid as vir die Covid-19 pandemie? Gee TWEE redes.
                                                                              (2 x 1)            (2)

          3.3.4       Gee TWEE redes in die bron genoem, waarom townships
                      Covid-19-brandpunte geword het.              (2 x 1)                       (2)

          3.3.5       Verduidelik die beperkings van hierdie bron vir 'n student wat
                      navorsing doen oor die ekonomiese impak wat die grendeltydperk
                      op townships en informele nedersettings in Suid-Afrika het.
                                                                                  (2 x 2)        (4)

3.4      Lees Bron 3D.

         3.4.1        Verduidelik wat die spotprenttekenaar met die byskrif, 'TUSSEN
                      DIE DUIWEL EN DIE DIEP BLOU SEE', bedoel met betrekking tot
                      die posisie van die armes.                               (1 x 2)           (2)

         3.4.2        Watter boodskappe word deur die spotprenttekenaar oorgedra met
                      betrekking tot die Covid-19-pandemie? Gebruik die visuele
                      leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.     (2 x 2)            (4)

3.5      Bestudeer Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse
         in Bron 3D ondersteun met betrekking tot die impak wat die grendeltydperk op
         armes het.                                                             (2 x 2)          (4)

3.6       Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
          'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
          watter impak die wêreldwye Covid-19-pandemie op Suid-Afrika het.                       (8)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2                             9                          DBE/November 2021
                                          NSS

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:             BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

Bespreek krities hoe Steve Biko en die filosofie van Swart Bewussyn swart
Suid-Afrikaners gemobiliseer het om in die 1960's en 1970's die apartheidsregering uit
te daag.                                                                                  [50]

VRAAG 5:             DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate toegewydheid en kompromie sleutelrolle gespeel het om
die onderhandelingsproses aan die gang te hou wat uiteindelik in 1994 tot 'n nuwe
demokrasie in Suid-Afrika gelei het.                                                      [50]

VRAAG 6:             DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE

Mikhail Gorbachev se hervormings in die Sowjetunie (Perestroika en Glasnost) het
vanaf 1989 tot die geboorte van 'n nuwe era van samewerking tussen die African
National Congress (ANC) en die Nasionale Party in Suid-Afrika gelei.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.          [50]

                                                                            TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [History P2 Nov 2021 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2021-addendum-eng/becc8caa-ed93-4752-8c5e-f4099e0322d1) — History · Addendum · 2021 · Eng
- [History P2 Add June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-june-2021-english/4b70309f-2760-4254-8778-f8fe061ab26d) — History · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2019-afr/6c023d25-b98b-4410-a87a-3b83e0ddc8b2) — History · QP · 2019 · Afr
- [History P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2018-afr/446cad9f-1c62-475f-88fd-d4d7d7143243) — History · QP · 2018 · Afr
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
